About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2012
>>
[2012] ZAFSHC 194
|
|
S v Hoopster (325/2012) [2012] ZAFSHC 194 (18 October 2012)
VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Hersiening Nr: 325/2012
In
die saak tussen:-
DIE
STAAT
en
LUCAS
TUMELO HOOPSTER
_____________________________________________________
CORAM:
HANCKE, WND RP
et
DAFFUE, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
DAFFUE, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
18 OKTOBER 2012
_____________________________________________________
[1] Hierdie is ‘n spesiale hersiening ingevolge
die bepalings van Artikel 304(4) van die Strafproseswet, 51 van 1977
(“die
Wet”).
[2] Die beskuldigde is aangekla van die diefstal van ‘n
voorwerp na verwys as ‘n “bushcutter” ter waarde
van R1 500. Hy het op 24 Augustus 2012 skuldig gepleit waarna hy
ingevolge die bepalings van Artikel 112(1)(a) van die Wet skuldig
bevind en gevonnis is tot 9 maande gevangenisstraf, welke vonnis in
geheel opgeskort is vir ‘n tydperk van 3 jaar op voorwaarde
dat
die beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan die oortreding van
diefstal gepleeg binne die tydperk van opskorting nie.
[3] Indien ‘n beskuldigde in ‘n summiere
verhoor skuldig pleit aan die ten laste gelegde misdryf en die pleit
deur die
aanklaer aanvaar word, kan die voorsittende beampte, indien
hy/sy van oordeel is dat die misdryf nie gevangenisstraf of ‘n
ander vorm van aanhouding sonder die keuse van ‘n boete, of ‘n
boete wat meer is as die bedrag van tyd tot tyd in die
Staatskoerant
bepaal (tans R1 500,00) regverdig nie, die beskuldigde slegs uit
hoofde van sy/haar pleit skuldig bevind en enige
geoorloofde vonnis
oplê, behalwe gevangenisstraf of ‘n ander vorm van
aanhouding sonder die keuse van ‘n boete
of ‘n boete van
meer as die afgekondigde bedrag wat tans R1 500,00 is, of andersins
volgens Wet met die beskuldigde handel.
Vergelyk artikel 112(1)(a)
van die Wet.
[4] Dit is duidelik dat die verrigtinge in die
onderhawige geval nie ooreenkomstig die reg was soos bedoel in
artikel 304(4) nie
en dat die geleerde Landdros korrek opgetree het
deur die aangeleentheid na die Hooggeregshof te verwys ten einde die
vonnis tersyde
te stel.
[5] Die verrigtinge is meganies opgeneem maar die
oorkonde daarvan is nie na die Hooggeregshof versend nie. Daar is dus
geen aanduiding
welke versagtende en verswarende omstandighede deur
die Landdros in ag geneem is nie en meer bepaald is die persoonlike
omstandighede
van die beskuldigde nie tans tot die kennis van hierdie
hof nie. Onder die omstandighede is dit onvanpas om nou ‘n
vonnis
op te lê wat die hof
a quo
moes opgelê het
en is die enigste remedie om die aangeleentheid terug te verwys met
die opdrag om daarmee te handel op ‘n
gepaste wyse.
[6] Bygevolg word die volgende bevele gemaak:
1. Die vonnis opgelê op 24 Augustus 2012 word
hersien en tersyde gestel;
2. Die aangeleentheid word na die Landdros te Kroonstad
terugverwys met die opdrag om die nodige reëlings te tref dat
die beskuldigde
weer voor hom gebring word en na oorweging van alle
versagtende en verswarende omstandighede ‘n gepaste vonnis op
te lê
ooreenkomstig die bepalings van artikel 112(1)(a) van die
Strafproseswet, 51 van 1977.
______________
J. P. DAFFUE, R
Ek
stem saam.
_______________________
S. P. B. HANCKE, WND RP
/eb