About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2012
>>
[2012] ZAFSHC 184
|
|
Mbele and Another v S (A207/11) [2012] ZAFSHC 184 (27 September 2012)
VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Appèlnommer:
A207/11
In
die appèl tussen:-
BONGANI MBELE
.........................................................
Eerste
Appellant
SIFISA
DLUDLU
..........................................................
Tweede
Appellant
en
DIE
STAAT
...........................................................................
Respondent
_____________________________________________________
HOF:
KRUGER
et
MOCUMIE, RR
et
DANZFUSS, WND R
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
3 SEPTEMBER 2012
_____________________________________________________
GELEWER OP:
27 SEPTEMBER 2012
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
KRUGER, R
_____________________________________________________
[1] Hierdie is ‘n
appèl deur beskuldigdes 2 en 3 (appellante 1 en 2) teen hulle
skuldigbevinding in die Rondgaande
Hof, Harrismith. Daar was ses
beskuldigdes op verhoor op 19 klagtes. Beskuldigdes 4, 5 en 6 is op
alle aanklagte onskuldig bevind
en ontslaan. Die klagtes spruit voort
uit sewe vragmotorkapings gevalle. Klagte 1 betref bendebedrywighede
soos bedoel in artikel
9(2)(a) van die Wet op Georganiseerde Misdaad
121 van 1998, en klagtes 18 en 19 betref die onwettige besit van
vuurwapens en ammunisie.
[2] Beskuldigde 1 is
skuldig bevind op alle klagtes 1 – 17, maar nie op klagtes 18
en 19, betreffende die besit van vuurwapens
en ammunisie, nie.
Beskuldigde 2 (eerste appellant) is skuldig bevind aan alle klagtes 1
– 19. beskuldigde 3 (tweede appellant)
is slegs skuldig bevind
aan klagtes 14, 15, 16 en 17 (die sewende kapingsinsident).
[3] Die verhoorhof het
beskuldigde 1 se aansoek om verlof om te appelleer afgewys, en hy het
dit nie verder gevoer nie. Die verhoorhof
het ook beskuldigde 2 se
aansoek om verlof tot appèl afgewys, en hy het ‘n
petisie na die Hoogste Hof van Appèl
gerig wat toegestaan is.
Die skuldigbevindings van beskuldigde 2 (eerste appellant) op alle
klagtes 1 – 19 is dus voor hierdie
hof. Beskuldigde 3 (tweede
appellant) is soos vermeld slegs skuldig bevind aan klagtes 14, 15,
16 en 17 en die verhoorhof het sy
aansoek om verlof om te appelleer
toegestaan.
[4] Dit is dienlik om,
soos die verhoorhof ook gedoen het, te begin by klagtes 14 – 17
en met die tweede appellant se saak.
Die verhoorhof het verlof tot
appèl toegestaan, omdat daar ook ‘n vierde persoon saam
met beskuldigdes 1 en 3 in die
voertuig was, wat beskuldigde 2 kom
oplaai het, toe die beskuldigdes na die sewende kaping gearresteer
is. Die verhoorhof het bevind
dat beskuldigde 3 se teenwoordigheid in
die voertuig dalk op ‘n onskuldige wyse verduidelik kan word.
DIE GETUIENIS TEEN
BESKULDIGDE 3 OP KLAGTES 14 – 17
[5] Klagte 14 betref die
kaping van ‘n vragmotor waar Petrus Nene die klaer was op 15
Junie 2009. Petrus Nene getuig dat hy
op daardie dag sy perd en
sleepwa vanaf Johannesburg na Durban bestuur het. Hy het geen vrag
gehad nie en sy twee susters was saam
met hom. By die Villiers tolhek
was daar ‘n probleem met sy kaart. Die dame by die tolhek het
hom laat deurry, maar hy moes
terugstap en sy bestuurderslisensie vir
haar gaan toon. Toe Nene terugklim in sy voertuig, was daar ‘n
persoon agter hom
wat ‘n vuurwapen op hom gerig het. Daardie
persoon het saam met hom in die trok geklim. Daar was drie rowers;
twee het aan
die linkerkant van die vragmotor ingeklim. Hulle het hom
en sy twee susters vasgebind en op die bed in die trok laat lê.
Een van die rowers het die trok bestuur tot by die Frankfort afrit.
Hulle het langs ‘n windmeule gestop en vir Nene en sy
twee
susters beveel om af te klim. Een persoon het daar by hulle drie
agtergebly en die ander twee het weggery. Na ‘n lang
tyd het
Nene daarin geslaag om homself los te maak en die vuurwapen van hulle
bewaker af te neem. Nene het vir een van sy susters
na die pad
gestuur om verbygaande voertuie te probeer stop. Nene en sy suster
het die rower met sy eie skoenveters vasgebind. Na
ses ure het die
polisie aangekom. Nene het beskuldigde 2 uitgewys as hulle bewaker op
‘n uitkenningsparade. Nene kon ook
beskuldigde 1 uitwys omdat
beskuldigde 1 ‘n baie abnormale oog het, waarvan die ooglid
hang en hy kon dit net halfpad oopmaak.
Nene het getuig dat
beskuldigde 2 op sy selfoon gepraat het tydens die roof en
aanhouding. Hy het gehoor beskuldigde 2 sê
op die foon dat
hulle moet terugkom en hom kom haal, want hy kry koud. Nene het
beskuldigde 2 se selfoon aan die polisie gegee.
[6] In kruisondervraging,
namens beskuldigde 1, sê Nene dat hy op die uitkenningsparade
vir beskuldigde 1 uitgewys het, sowel
as ene Samuel Tsotetsi, wat nie
‘n beskuldigde voor die hof was nie. Hy wys egter beskuldigde 2
in die hof uit as die persoon
wat hom en sy twee susters aangehou
het. Hy noem glad nie beskuldigde 3 se naam nie.
[7] Inspekteur Van der
Merwe het getuig dat hy die nag van 15 Junie 2009 om kwart voor
twaalf deur sy stasiebevelvoerder gebel is
om na die polisiestasie te
gaan waar beskuldigde 2 reeds in arres was. Hy het beskuldigde 2
ondervra. Beskuldigde 2 se selfoon
het kort-kort gelui en Inspekteur
Van der Merwe het afgelei dat hy met ene Wiseman praat (beskuldigde 1
heet Wiseman). Inspekteur
Van der Merwe het uit die gesprekke, wat
deur ‘n kollega vir hom getolk is, afgelei dat beskuldigde 1 op
pad was om vir beskuldigde
2 te kom oplaai. Inspekteur Van der Merwe
is toe weg om beskuldigde 1 te gaan inwag. Dit was eenuur in die
oggend. Inspekteur Van
der Merwe, Inspekteur Mokoena en beskuldigde 2
het op ‘n grondpad ingetrek en in die donker gesit en wag.
Beskuldigde 2 se
selfoon het kort-kort gelui en hulle kon vasstel
waar beskuldigde 1 was. Beskuldigde 2 het telkens self gepraat oor sy
selfoon.
Die voertuig het verbygekom. Van der Merwe het dit
agtervolg. Die ander voertuig het weggejaag. Hy moes 160 km/h ry om
by te hou
en het die voertuig ingehaal. Van der Merwe het die
voertuig van die pad afgedruk. Toe stop die voertuig. Daar was drie
insittendes
in die voertuig. Hulle het die drie persone laat uitklim
en hulle gevisenteer. By beskuldigde1 is twee selfone gekry, een met
‘n
simkaart en een sonder ‘n simkaart. Bewysstuk 3 is die
foon met die simkaart. Die een sonder die simkaart is bewysstuk 4.
[8] Op die toneel sit Van
der Merwe toe die gebreekte simkaart wat hy langs beskuldigde 1 gekry
het in bewysstuk 4. Vanaf beskuldigde
2 se foon bel hy toe die nommer
wat die heeltyd vir beskuldigde 2 gebel het. Toe lui bewysstuk 4, wat
by beskuldigde 1 gevind is,
met die gebreekte simkaart daarin.
Beskuldigde 2 was toe in die voertuig by die polisie op die toneel.
Die ander persoon wat saam
met beskuldigde 1 was, was beskuldigde 3.
Die polisie het niks by hom gekry nie. Die polisie het die bestuurder
van die motor later
vrygelaat. Die verhoorhof het verlof tot appèl
toegestaan, omdat daar moontlik verwarring kon wees tussen
beskuldigde 3
en die bestuurder van die voertuig.
[9] Adjudant Offisier
Mosia was op patrolliediens op 15 Junie 2009, toe hy om 22h00 ‘n
oproep vanaf die Villiers polisiestasie
kry. Langs die pad het hy
twee vroue gekry wat hom van die kaping vertel het en ook meegedeel
het dat die kaper onder bewaking
was. Hulle het beskuldigde 2 daar
gekonfronteer. Hulle is polisiestasie toe waar hy beskuldigde 2,
beskuldigde 2 se selfoon en
pistool aan Inspekteur Van der Merwe
oorhandig het. Later die nag het Inspekteur Van der Merwe hulle gebel
en laat weet dat hy
‘n voertuig met die verdagtes agtervolg.
Mosia en sy kollega het by die jaagtog aangesluit. Waar Van der Merwe
die ander
voertuig laat stop het, het Mosia en sy kollega net vir
moontlike bystand gestop. Daar was drie persone in die Conquest
voertuig
wat Inspekteur Van der Merwe afgetrek het. Mosia was nie by
die arrestasie betrokke nie. Adjudant Offisier Mosia impliseer nie
vir beskuldigde 3 nie, want hy wys niemand uit nie.
[10] Adjudant Offisier
Bierman getuig dat die bestuurder van die Conquest voertuig, Sabelo,
wat gearresteer was saam met beskuldigdes
1, 2 en 3, se
verduideliking vir sy teenwoordigheid saam met beskuldigde 1,
nagegaan is en bevestig is. Die polisie het hom toe
vrygelaat.
[11] ‘n Verdere
oorweging wat in ag geneem moet word, is die getuienis van
beskuldigde 3. Hy getuig dat op die nag van 15
Junie 2009 het
beskuldigde 1 hom gebel en gesê daar is iemand wat ‘n
probleem met sy voertuig het. Beskuldigde 3 neem
toe vir beskuldigde
1 na een van beskuldigde 3 se vriende (Sabelo) wat ‘n motor
het. Sabelo was nie bereid om alleen met
beskuldigde 1 te gaan nie en
beskuldigde 3 moes ook saamgaan. Toe hulle verby Heidelberg is, het
beskuldigde 3 aan die slaap geraak.
Hy het wakker geword toe die
polisie die motor gestop het. By die polisiestasie is Sabelo, die
bestuurder van die motor vrygelaat.
In kruisondervraging namens
beskuldigde 1 sê beskuldigde 3 dat toe beskuldigde 1 daar
aangekom het in die nag, het hy ‘n
BMW voertuig bestuur en
daarmee is hulle na Sabelo. Op ‘n vraag wat verkeerd was met
die BMW sê beskuldigde 3 dat dit
oorverhit het. Dit word dan
aan hom gestel dat hy in hoofgetuienis gesê het dat beskuldigde
1 vir hom sou gesê het
dat ‘n ander persoon, wat
beskuldigde 1 ken, ‘n probleem met ‘n voertuig het. Op
hierdie vraag van die verhoorregter
antwoord beskuldigde 3 dat hy
nooit gesê het dat daar is iemand wat ‘n probleem met ‘n
motor het nie. “He
only said to me he needs transport”.
Hierdie getuienis is teenstrydig met wat beskuldigde 3 in sy
hoofgetuienis gesê
het “He told me that there is somebody
who has just called him and that that somebody is having a problem
with his vehicle”.
Beskuldigde 3 sê die tolk het dalk ‘n
fout gemaak. Adv Reyneke, vir beskuldigde 1, stel dit dat die storie
van die
motor was op 12 Junie, nie op 15 Junie nie en dit wil voorkom
of beskuldigde 3 daarmee saamstem. In kruisondervraging deur die
Staat blyk dit dat dit beskuldigde 2 was wat beskuldigde 1 gebel en
vir vervoer gevra het. Volgens beskuldigde 3 is hy en beskuldigde
1
toe na Sabelo, wat hulle twee na beskuldigde 2 toe geneem het.
[12] Op al die getuienis
is beskuldigde 3 se weergawe dat hy ‘n onskuldige party was,
redelik moontlik waar. Daar was moontlik
‘n fout met die
vertolking. Wat pla oor die skuldigbevinding van beskuldigde 3 is die
teenwoordigheid van die bestuurder
van die voertuig waarin
beskuldigdes 1 en 3 was. Daardie bestuurder het teen nagenoeg 160
km/h van die polisie weggejaag. Al wat
uit die rekord blyk, is dat
die polisie die bestuurder se verduideliking aanvaar het. Wat daardie
verduideliking was, weet mens
nie. Daar is geen ander getuienis wat
beskuldigde 3 verbind nie, soos byvoorbeeld selfoongetuienis nie. Die
gesprek in die tronk
wat beskuldigde 4 gehoor het waarin beskuldigde
3 homself sou inkrimineer, is deur die verhoorhof buite rekening
gelaat. Daar is
onvoldoende getuienis om te bevind dat beskuldigde 3
se weergawe nie redelik moontlik waar is nie. Hy moet die voordeel
van die
twyfel kry. Beskuldigde 3 is op sy ontslag geregtig.
[13] Die ander klagtes
waaroor daar nie twyfel oor beskuldigde 2 se skuld is nie, betref die
sesde kapingsinsident, klagtes 11,
12 en 13, waar die klaer Percy
Malinga was, wat op 12 Junie 2009 plaasgevind het. Volgens
beskuldigde 2 se selfoonstate, waaroor
Bierman getuig het, toon dat
hy en beskuldigde 1 om tien voor sewe in die aand in dieselfde area
was, naby die Bothasberg toring.
Die state het ook getoon dat
beskuldigde 2 die klaer se selfoon gebruik het wat geroof was.
[14] Wat die ander vyf
kapingsinsidente betref, sê die verhoorhof die volgende:
“
Ek het tot
die gevolgtrekking gekom dat beskuldigdes 1 en 2 se aandadigheid aan
al sewe die gevalle van kaping bo redelike twyfel
bewese is. Ek
verloor nie uit die oog dat beskuldigde 2 se teenwoordigheid op die
toneel, anders as die van beskuldigde 1, net
in twee van die gevalle
deur selfoon getuienis gestaaf word. Dit is egter duidelik dat die
verbintenis tussen beskuldigdes 1 en
2 so nou is dat dit aanvaar kan
word dat hy ook by die ander gevalle betrokke was.”
[15] Mnr Mohlala, namens
die Staat, regverdig die skuldigbevindings van beskuldigde 2 op die
basis van die soortgelyke aard van
die insidente:
31
“
It is
submitted that there is a striking similarity between the facts
relating to the offences in counts 11 to 17 and the facts
relating to
the offences in counts 2 to 9.
31.1 The offences were committed in
the same area, namely Villiers area or areas in the vicinity thereof.
31.2 The offences were committed at
approximately the same time, namely between 17:00 and 19:00.
31.3 The offences were committed by
more or less the same number of people, namely three people.
31.4 After each robbery the victims
were kept captive by one of the robbers armed with a firearm, and the
following morning a vehicle
would come to fetch the captor. (except
count 2).
31.5 After each robbery the victims
are kept captive in the veld not far from the road.
31.6 At least three of the trucks were
found the following day (the day after the robbery) at Vivo,
Beitbrigde and Musina on their
way to Musina and the drivers had
mentioned that they got the trucks from accused 1 in the court
a
quo
who had a strong link with the first Appellant.
31.7 The victims were kept captive in
more or less the same area:
See:
S v D
1991
(2) SACR 543
(A) at 546 G – 547 B
S v Masilela
1987 (4)
SA 1
(A) at 5 B – E
S v M
1985 (1) SA 1
(A) at 4 A
Goldberg v Standard General
Insurance
1980 (3) SA 200
(A) at 207
R v Bond
1906 (2) KB 398
at
424.
32
It is, therefore, submitted that
considering the evidence as a whole the State succeeded to prove
beyond reasonable doubt the first
Appellant was one of the robbers in
counts 2 to 13.”
In
S v D
(
supra
) het die hof bevind dat die reeks verkragtings en rowe
opvallende ooreenkomste vertoon het, veral ook omdat die aanvaller
telkens
vir sy slagoffers gesê het “Sleep down”.
Dis ‘n ongewone frase en is markant. In
S v MASILELA EN
‘N ANDER
(
supra
) was daar getuienis dat ‘n
betrokke persoon nie by die een misdryf betrokke was nie. Die
misdrywe was dus nie in alle gevalle
deur dieselfde persone gepleeg
nie (5 B – F). Daar was nie sprake van ‘n bende wat altyd
uit dieselfde groep bestaan
het nie (5 F). By
S v M
(
supra
) was daar onvoldoende getuienis van soortgelyke feite
betreffende tyd en plek, kenmerke van optrede, nie. In
GOLDBERG
se saak (
supra
) het dit gegaan oor die normale of gewone
optrede van ‘n persoon waaruit afleidings gemaak kan word.
[16] Die vraag is of die
soortgelyke feite getuienis beskuldigde 2 se deelname aan al die
kapingsgevalle bo redelike twyfel bewys.
Die kapings het almal in
dieselfde area plaasgevind. Die
modus operandi
was soortgelyk.
Beskuldigde 1 was telkens betrokke by die ontslae raak van die
gekaapte voertuie. Daar is geen basis om by daardie
bevinding in te
meng nie. Beskuldigde 2 se skuldigbevindings op klagtes 2 – 17
is in orde.
[17] Wat klagte 1 betref,
is die vraag of die beskuldigdes skuldig is aan ‘n oortreding
van artikel 9(2)(a). Beskuldigde 2
is skuldig bevind aan onder andere
sewe klagtes van roof met verswarende omstandighede en menseroof.
Roof en menseroof is misdrywe
bedoel in Bylae 1. Al sewe misdrywe is
gepleeg na die datum van inwerkingtreding van Hoofstuk 4. Die sewe
misdrywe het almal plaasgevind
binne ‘n periode wat korter as
drie jaar is. Al sewe misdrywe is gepleeg op verskillende
geleenthede. Bygevolg voldoen die
optrede van beskuldigde 2 aan die
omskrywing van “patroon van kriminele bende-aktiwiteite”.
[18] Beskuldigde 2 het
verskeie handelinge verrig wat daarop gemik is om twee of meer
rooftogte te pleeg binne die tydperk in die
woordomskrywings artikel
vervat en wel op verskillende geleenthede. Hy is dus skuldig aan
oortreding van artikel 9(2)(a) van die
gemelde Wet. Vir doeleindes
van ‘n skuldigbevinding van oortreding van hierdie subartikel
is dit nie nodig om te bewys dat
die beskuldigde ‘n lid was van
‘n kriminele bende nie. Gevolglik moet beskuldigde 2 se appèl
teen sy skuldigbevinding
op klagte 1 misluk.
VONNIS
[19] Die beskuldigdes is
soos volg gevonnis:
Beskuldigde
1
Beskuldigde
2
Beskuldigde
3
Klagte
1
4
4
Klagte
2
16
16
Klagte
3
15
15
Klagte
4
5
5
Klagte
5
15
15
Klagte
6
5
5
Klagte
7
15
15
Klagte
8
5
5
Klagte
9
15
15
Klagte
10
5
5
Klagte
11
15
15
Klagte
12
5
5
Klagte
13
5
5
Klagte
14
15
15
15
Klagte
15
5
5
5
Klagte
16
5
5
5
Klagte
17
5
5
5
Klagte
18
15
Klagte
19
6
maande
Effektief
23
23
15
[20]
BEVEL
1. Eerste appellant se
appèl teen sy skuldigbevinding en vonnisse word afgewys en sy
skuldigbevinding en vonnisse word bekragtig.
2. Tweede appellant
(beskuldigde 3) se appèl slaag en sy skuldigbevinding en
vonnisse op klagtes 14, 15, 16 en 17 word tersyde
gestel.
_____________
KRUGER, R
Ek stem saam.
_______________
B.C. MOCUMIE, R
Ek stem saam.
_______________________
F.W.A. DANZFUSS, WND R
Namens
die appellante: Adv P W Nel
In
opdrag van:
Bloemfontein
Justice Centre
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv M A Mohlala
In opdrag van:
Direkteur Openbare
Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/sp