About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2012
>>
[2012] ZAFSHC 181
|
|
Bothma-Botha Transport (Edms) Bpk v S Bothma & Seun Transport (Edms) Bpk (3092/2010) [2012] ZAFSHC 181 (20 September 2012)
VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Saak nommer. : 3092/2010
In
die saak tussen:
BOTHA-BATHO
TRANSPORT (EDMS) BPK
..........................
Applikant
en
S BOTHMA & SON
TRANSPORT (EDMS) BPK
.................
Respondent
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
HANCKE, WND RP
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
12, 13, 15, 21 JUNIE 2012
_____________________________________________________
GELEWER OP:
20 SEPTEMBER 2012
[1] Hierdie is ‘n
aansoek om verlof om te appelleer teen die gehele uitspraak van
hierdie hof gelewer op 21 Junie 2012. Die
applikant (eiser in die hof
a quo)
het twee vorderings teen die respondent (as verweerder)
ingestel, welke vorderings beide van die hand gewys is met koste.
[2] Wat die eerste
vordering betref, is in die uitspraak daarmee gehandel (sien para [4]
– [19]).
[3] Wat die tweede
vordering betref is dit ingeklee as ‘n deliktuele vordering vir
die betaling van skadevergoeding vir skade
wat eiser sou gelei het
deur die beweerde onregmatige en skuldige optrede van die verweerder.
[4] Die eerste vordering
is afhanklik van die interpretasie van ‘n skikkingsooreenkoms
wat tussen die partye aangegaan is.
Dit behels, na my mening,
ingewikkelde regsvrae wat nie ‘n klinkklare antwoord eenkant of
anderkant toe het nie. Na my mening
is daar wel redelike uitsigte op
sukses dat ‘n ander hof tot ‘n ander bevinding kan kom as
wat hierdie hof gekom het.
Weens die ingewikkeldheid hiervan, is ek
van mening dat dit die aandag behoort te geniet van die Hoogste Hof
van Appèl.
[5] Soos in die uitspraak
aangetoon, is daar nie voldoende getuienis om onregmatige optrede aan
die kant van die respondent aan
te toon nie. Na my mening bestaan
daar geen vooruitsigte op sukses in hierdie verband nie.
[6] Bygevolg word die
volgende bevele verleen:
(a) Verlof word aan die
applikant verleen om teen die afwysing van die eerste vordering te
appelleer, en wel na die Hoogste Hof
van Appèl.
(b) Die koste van hierdie
aansoek sal koste in die appèl wees.
_______________________
S. P. B. HANCKE, WND
RP
Namens die applikant:
Adv. P Ellis SC
bygestaan deur Adv. PG
Leeuwner
In opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent:
Adv. C Acker
In opdrag van:
Vermaak & Dennis
BLOEMFONTEIN
/eb