About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2012
>>
[2012] ZAFSHC 166
|
|
Farmsecure Livestock (Edms) Bpk v Absa Bank Bpk en Anders; Absa Bank Beperk v Van Niekerk N.O (772/2012) [2012] ZAFSHC 166 (6 September 2012)
VRYSTAAT HOë HOF, BLOEMFONTEIN
(REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA)
AANSOEK
NO: 772/2012
In
die saak tussen:
FARMSECURE
LIVESTOCK (EDMS) BEPERK
..............................
APPLIKANT
en
ABSA BANK
.......................................................................
1STE
RESPONDENT
BENJAMIN
PETRUS VAN NIEKERK N.O.
........................
2
DE RESPONDENT
MARIA
VAN NIEKERK N.O.
.
..............................................
3
DE RESPONDENT
(Tweede
en Derde Respondente in hul
hoedanighede
as trustees van die
BENNIE
VAN
NIEKERK BOERDERY TRUST, IT 119/2001
)
JAN STEPHANUS HUGO
4 DE RESPONDENT
DIE
BALJU VAN DIE HOOGGEREGSHOF
EN LANDDROSHOF, DISTRIK WINBURG
5 DE RESPONDENT
(MNR
P W SMITH)
en
AANSOEK
NO: 596/2012
In
die saak tussen:
ABSA BANK BEPERK
...................................................................
.APPLIKANT
en
BENJAMIN PETRUS VAN NIEKERK N.O.
........................
1STE RESPONDENT
MARIA
VAN NIEKERK N.O.
...............................................
2
DE RESPONDENT
FARMSECURE
LIVESTOCK (EDMS) BEPERK
.................
3
DE RESPONDENT
AANGEHOOR
OP:
24 AUGUSTUS 2012
UITSPRAAK
DEUR:
CLAASEN, WND R
GELEWER
OP:
6 SEPTEMBER 2012
[1]
Hierdie is ʼn aansoek om verlof om te appelleer teen die
uitsprake in aansoek 596/2012 en aansoek 772/2012. In aansoek
596/2012 het Absa Bank Beperk aansoek gedoen om sy sekuriteit soos
verleen deur die Bennie van Niekerk Boerdery Trust, kragtens
notarieel algemeen verbande nommers BN3738/2007 en BN7428/2011,
perfek te maak en die Balju gemagtig word om op die trust se roerende
bates, tot ʼn bedrag van R41 280 000,00 beslag te lê en aan
Absa Bank Beperk te oorhandig. Farmsecure Livestock (Edms)
Beperk het
as ʼn verdere Respondent tot die aansoek toegetree, is aldus
gevoeg en het Farmsecure die aansoek opponeer.
[2]
In aansoek 772/2012 het Farmsecure Livestock (Edms) Beperk ʼn
aansoek teen onder andere Absa Bank Beperk geloods. Dat Absa
Bank
Beperk verbied word om met enige van die beeste wat met Farmsecure se
geregistreerde brandmerk gemerk is en waarvan Farmsecure
die eienaar
is, te handel en dat sodanige beeste aan Farmsecure oorhandig word.
[3] Alle partye was dit eens dat die beeste versorg moes word en die
wat markgereed is, bemark en verkoop moet word. Dat enige
noemenswaardige vertraging katastrofiese finansiële verliese vir
enige moontlike belanghebbende party tot gevolg sou hê.
Alle
partye het dadelik ʼn uitspraak versoek. In beide sake is ʼn
ex
tempore uitspraak gelewer en het die redes later gevolg.
Absa Bank Beperk se aansoek is toegestaan en Farmsecure Livestock
(Edms)
Beperk se aansoek is afgewys.
[4] Farmsecure Livestock (Edms) Beperk het in beide aansoeke aansoek
gedoen om verlof om teen die uitsprake te appelleer. En stel
hoofde
is die oggend van die aanhoor van die aansoek om verlof om te
appelleer, deur mnr. Duminy opgehandig. Die vraag in beide
sake is of
die beeste, waarop beslag gelê is, deel uitmaak van die trust
se roerende bates. Die teenpool of die beeste met
Farmsecure se
brandmerk gemerk, die eiendom van Farmsecure is. Die samehang tussen
die twee aansoeke berus op die eienaarskap van
die betrokke beeste.
Die bepalende vraag is of ʼn ander Hof tot ʼn ander
gevolgtrekking mag kom as wat die Verhoorhof gekom
het.
[5] Die kerntoets vir verlof om te appelleer is of daar ʼn
redelike vooruitsig op sukses op appèl is, of daar ʼn
redelike vooruitsig is dat ʼn ander Hof anders mag beslis.
Verdere vereistes hou verband met die belangrikheid van die saak
vir
die partye en of dit enige praktiese effek op die geskil tussen die
partye sal hê. Intussen is die beeste verkoop en
die geld in
trust by ʼn prokureurskantoor belê.
[6]
Mnr. Duminy steun vir Farmsecure se aanspraak op die kontrak wat op
21 Junie 2010
met
die trust gesluit is en die bepaling in klousule 5.1.17 daarvan dat
die trust die vee binne sewe dae na die “
aankoop
ooreenkoms”,
met Farmsecure se
geregistreerde brandmerk te merk. Die kernbepaling vir doeleindes van
eiendomsreg, volgens mnr. Duminy, word gesteun
op klousule 6 waar in
klousule 6.1.1 die trust erken dat eiendomsreg van die vee, totdat
die vee herverkoop is en totdat die koopprys
ten volle betaal is, in
Farmsecure vestig.
[7]
Opvallend is dat die “
aankoop
ooreenkoms”
identifiseer word as
aanhangsel “
X1
”
tot die kontrak. Alle aankope van vee sal volgens
die ooreenkoms in so ʼn aankoop ooreenkoms beliggaam word. In
geeneen van
die twee huidige onderskeie aansoeke is die aanhangsel
“
X1
”
aangeheg
of voorgelê nie. In aansoek 705/2012 heg die trust wel sekere
aanhangsels “
A
”
en “
B
”
aan. Dit is egter geen aankoop ooreenkoms nie. In
laasgenoemde aansoek verduidelik die trust dat die trust by
individuele of instansies
vee aankoop en dat eiendomsreg deur die
verkopers voorbehou word totdat hulle betaal is. (Aanhangsels “
C1
”
en “
C2
”
pagina 77-75; sien ook aanhangsels “
O3
”
en “
O4
”
,
pagina 192 – 193, aansoek 596/2012). Die vee wat Farmsecure
finansier, die eiendom van Farmsecure bly totdat dit bemark
is.
Farmsecure verklaar in hulle opponerende beëdigde verklaring tot
aansoek 705/2012 dat Farmsecure eienaar word van die
vee wat deur
Farmsecure “
gekoop word”
(nie finansier word nie)”.
[8]
Mnr. Duminy argumenteer dat nie-nakoming van die kontrak deur die
trust, nie die beginsel van eiendomsverkryging, soos ooreengekom,
affekteer nie. Mnr. De Bruin meld tereg dat eiendomsreg van roerende
sake nie by blote ooreenkoms oorgedra word nie. Daar moet
ʼn
erkende vorm van lewering plaasvind. Mnr. Duminy gee die beginsel toe
en steun op die verskyningsvorm van
constitutum
possessorium
as leweringsvorm.
[9]
Sedert
1 Desember 2011
finansier Absa die aankoop van vee deur die trust.
ʼn Soortgelyke faktuur word aan Absa voorgelê van aankope
deur die
trust waarna Absa die bedrae aan die trust oorbetaal. (Sien
aanhangsels “
AB1
”
tot “
AB86
”
,
pagina 146 – 234, aansoek 772/2012). Dit is nie betwis dat die
voerkraal die vee vetmaak en verkoop oor ʼn periode van
110 tot
120 dae nie.(Aansoek 772/12, p. 245, par. 9.17.2). Farmsecure het
finansiering gestaak gedurende
September
2011
. Die on-duidelikheid of enige van
die vee waarop Farmsecure aanspraak maak in elk geval nog gedurende
middel
Februarie 2012
(ongeveer
150 dae later) nog teenwoordig kon wees, kon nie in argument
opgeklaar word nie. Dit is duidelik dat alle vee, selfs nadat
Absa as
finansierder toegetree het, nog steeds met Farmsecure se brandmerk
gemerk is, dan tog duidelik vir ander redes as om beeste
te
identifiseer wat finansier of aangekoop is deur Farmsecure. Die 210
dae waarna Mnr. Duminy verwys het handel met die tydperk
waarbinne
die trust enige gelde van Farmsecure ontvang, moet terugbetaal.
(Aansoek 772/2012, p. 73 bylae “
AF
”
en “
FC
”
;
p. 244, par. 9.13.)
[10]
Ek kon in argument geen duidelikheid kry presies hoe Farmsecure
eienaarskap bekom het nie. Dat hulle nie self by verkopers
aangekoop
het nie, is duidelik. Dat hulle finansiering aan die trust verskaf
het, is duidelik. Mnr. Duminy verduidelik dat die
aanbring van die
brandmerk die uiterlike manifestasie verteenwoordig van die trust se
veranderde bedoeling van besit om die vee
nou namens Farmsecure te
besit en dat Farmsecure dan terselfdertyd eienaarskap bekom. Wat is
die duidelike regsgrond of
causa
wat vereis word dat die trust as eienaar voortaan
die saak as blote besitter dit namens Farmsecure as eienaar besit?
Klousule 4
van die ooreenkoms waarop mnr. Duminy steun, reël die
aankoop van vee. Óf Farmsecure koop die vee direk in
Farmsecure
se eie naam van die verkopers, betaal die verkopers, hulle
lewer die vee en Farmsecure verkry eiendomsreg; òf die trust
word gemagtig om spesifieke vee namens Farmsecure aan te koop. Mnr.
Duminy steun geensins op die alternatiewe been dat die trust
as
Farmsecure se agent opgetree het nie. Duidelik het Farmsecure nie
enige vee direk by verkopers aangekoop en die verkopers betaal
nie.
Klousule 6, waarop mnr. Duminy steun, handel met eiendomsreg en moet
in konteks met klousule 4 gelees word. Dit is slegs
daardie
vee wat die trust erken en toestem dat dit die
eiendomsreg daarvan in Farmsecure vestig.
[11]
Die slotsom blyk onteenseglik dat Farmsecure fondse tot die trust se
beskikking gestel het en die kontrak poog om vir Farmsecure
saaklike
sekerheid te skep, weens hierdie finansiële hulp wat aan die
trust verleen is. Behalwe die kontrak tussen Farmsecure
en die trust,
is die enigste ander kontraksvorm wat ter sprake is, die van ʼn
koopkontrak. Daar het geen koopooreenkoms van
vee bestaan waar
Farmsecure ʼn kontraksparty was nie. Dit was waarskynlik “
suiwer
ʼn metode om die voertuig (in casu vee) as saaklike sekuriteit
aan te wend ten einde die lening wat die bank (in casu
Farmsecure)
aan Hoosain (in casu die trust) maak, te verseker.”
(
BANK WINDHOEK BEPERK
v RAJIE EN ‘N ANDER 1994(1) SA 115 A op 149 B; NEDCOR BANK LTD
v ABSA BANK LTD 1998(2) SA 830 WLD)
.
[12]
Mnr. Duminy betoog dat daar niks bedrieglik in die transaksie tussen
die trust en Farmsecure was nie. Almal was bewus van die
situasie,
maar die
bona fide
van
die partye verhoed nie ʼn Hof om by ontleding van die feite ʼn
afwesigheid van ʼn regskonklusie te bevind nie. (
McADAMS
v VIANDER’S TRUSTEE & BELL N.O.
1919 AD 207
op 228; BANK
WINDHOEK BEPERK (
SUPRA)
op 143 I – 144 E; NEDCOR BANK (
SUPRA)
P. 835 H – J
).
[13]
Mnr. Duminy het gesteun op die artikel van Professor Van der Merwe en
Dr. L D Smith in
STELLENBOSCH LAW REVIEW
1999(3) P. 303 EN VOLGENDE
dat dit vir
die handelsverkeer nodig is dat handelaars finansies benodig en
finansiers sekuriteit benodig. Dat hierdie ooreenkoms
dat eiendomsreg
van die vee by Farmsecure berus gehandhaaf moet word. Die betrokke
artikel behandel die
NEDCOR-
saak en die praktyksituasie by vloerplanne met
nuwe en tweedehandse voertuie. Nuwe voertuie se vloerplan lewer geen
probleem op
nie. Die finansierder koop by die vervaardiger die
voertuie, verkoop dit aan die handelaar met voorbehoud van
eiendomsreg. By tweedehandse
voertuie het die
NEDCOR
-
beslissing nie die eienaarskap van die finansierder erken nie. In
laasgenoemde geval koop die handelaar by derdes die voertuie
aan, wat
dit aan die handelaar lewer en die handelaar benodig finansies hom
hulle te betaal en die finansierder verskaf hierdie
finansies onder ʼn
vloerplan dat die voertuie die eiendom word van die finansierder. Dit
kan nie regtens gedoen word nie. Dit
is ʼn blote
finansieringsooreenkoms en ʼn poging om aan die finansierder
saaklike sekerheid te verskaf. Die artikel se
uitgangspunt in hulle
kritiese bespreking is, “
here and
throughout this article the assumption is that transfer of movables
on credit, with reservation of ownership, is effected
through a sale
transaction.”
(Voetnoot 2, pagina
303). Daar is reeds daarop gewys dat Farmsecure nêrens op die
stukke betrokke was by ʼn koop en verkoop
transaksie van die vee
nie. Op die minste dat die trust die vee wat hulle aangekoop het,
weer aan Farmsecure verkoop het. Die
causa
vir die veranderde wilsbesluit dat die trust nou
ophou om as eienaar te besit maar namens Farmsecure as eienaar die
vee besit, ontbreek.
[14]
Mnr. Duminy is reg dat die Verhoorhof bevind het dat die trust nooit
die bedoeling gehad het om die vee te hou en in eiendomsreg
aan
Farmsecure oor te dra nie en dat dit ʼn gewone leningstransaksie
was wat gesimuleer is as ʼn kooptransaksie met die
vee as
sekuriteit. Die bevindings is nie versoenbaar met Van Niekerk se
oorspronklike getuienis in die Absa- aansoek en Absa Bank
se kontrak
in aansoek nommer 596/2012 nie. Dat hierdie getuienis van Van Niekerk
nie in die uitspraak behandel is nie. Ek het die
aspek versigtig
oorweeg. Die blote herhaling deur of
ipse
dixit
van Van Niekerk, dat Farmsecure
die eienaar van die vee is, wat aangekoop is, is nie van so ʼn
aard of rede dat eienaarskap
as gevolg daarvan in Farmsecure vestig
nie. Ek is nie oortuig dat daar ʼn redelike vooruitsig bestaan
dat ʼn ander Hof
anders mag beslis nie. Ek maak derhalwe die
volgende bevel:
[1]
Die aansoek om verlof in aansoek 596/2012 en aansoek 772/2012 word
afgewys met koste, koste om die koste van twee advokate in
te sluit.
__________________________________
J
Y CLAASEN, WND R
Namens
die Applikant: Adv. W R E Duminy SC
Adv.
P Zietsman SC
In
opdrag van :
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
Eerste Respondent: Adv. J P de Bruin SC
Adv.
P J de Wet
In
opdrag van :
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN