About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2012
>>
[2012] ZAFSHC 156
|
|
Matali and Others v S (A338/2010) [2012] ZAFSHC 156 (30 August 2012)
VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Appèlnommer: A338/2010
In
die appèl tussen:-
PAPI
DESMOND MATALI
.............................................
Eerste
Appellant
MOHAU
ISHMAEL MOKOENA
..................................
Tweede
Appellant
PULE
SIMON KHOELE
..................................................
Derde
Appellant
en
DIE
STAAT
...........................................................................
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
VAN DER MERWE, R
et
JORDAAN,
R
et
MOLEFE, WND R
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
VAN DER MERWE, R
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
20 AUGUSTUS 2012
_____________________________________________________
GELEWER OP:
30 AUGUSTUS 2012
_____________________________________________________
[1] Die drie appellante is in die Rondgaande Hof te
Sasolburg elk skuldig bevind aan huisbraak met die opset om te roof
en roof
(aanklag 1) en moord (aanklag 2). Elke appellant is op
aanklag 1 gevonnis tot 5 jaar gevangenisstraf en op aanklag 2 tot 20
jaar
gevangenisstraf, maar is gelas dat die vonnisse samelopend
uitgedien moet word. Die appellante se appèlle teen
skuldigbevindings
en vonnisse is voor ons met die verlof van die
verhoorhof.
[2] Die agtergrond van die aangeleentheid is dat ‘n
huisbraak gepleeg is te ‘n drankwinkel. Die oorledene, wie te
die
drankwinkel gewerk het, het gewoon in ‘n kamer in die
kompleks waarin die drankwinkel gehuisves is. Twee-en-twintig kaste
bier sowel as persoonlike besittings van die oorledene is geroof. Na
die roof is die oorledene dood aangetref in sy kamer.
[3] Die eerste appellant en die derde appellant het in
hul getuienis erken dat hulle die huisbraak beplan en uitgevoer het.
Hul
voer op appèl slegs aan dat hul op aanklag 2 nie aan moord
skuldig bevind moes gewees het nie maar wel aan strafbare manslag.
Die tweede appellant voer aan dat hy op geeneen van die aanklagte
skuldig bevind behoort te gewees het nie.
[4] Die tweede appellant het getuig dat hy slegs na die
inbraak by die aangeleentheid betrokke geraak het, toe hy deur die
eerste
en die derde appellante versoek is om te help om die kaste
drank te dra. Beide die eerste en die derde appellant het egter in
getuienis
bevestig dat die tweede appellant ten volle deelgeneem het
aan die beplanning en uitvoering van die inbraak. Die verhoorhof het
hierdie getuienis oorweeg met die versigtigheid wat geverg word by
die beoordeling van die getuienis van mede-daders, maar dit
aanvaar.
Ek is geensins oortuig dat die verhoorhof in hierdie verband fouteer
het nie. Die tweede appellant se getuienis was duidelik
leuenagtig.
Behalwe dat die eerste en derde appellante mekaar gestaaf het, word
hul getuienis wat die tweede appellant betrek wesenlik
gestaaf deur
die onbetwiste getuienis dat die tweede appellant ‘n leidende
en aktiewe rol gespeel het daarin om die buit
te verkoop.
[5] Slegs die derde appellant het getuienis aangebied
aangaande hoe die oorledene se dood veroorsaak sou gewees het. Hy het
getuig
dat terwyl die drie appellante in die kamer van die oorledene
was, die eerste en tweede appellante vir die oorledene in sy komberse
toegewikkel het en die bed waarop die oorledene gelê het op die
oorledene omgekeer het. Hierdie getuienis kan nie redelik
moontlik
waar wees nie. Dit blyk uit die mediese getuienis dat die oorledene
gesterf het as gevolg van ‘n fraktuur van sy
nek en
subaragnoidale bloeding aan weerskante van die skedel. Die oorledene
kon nie hierdie beserings opgedoen het deur bloot te
val van ‘n
bed van ‘n normale hoogte nie. Die derde appellant se getuienis
bied ook geen verduideliking vir die teenwoordigheid
van bloed van
die oorledene op sy skoen nie.
[6] Soos gemeld, het die drie appellante saamgesweer om
die onderhawige huisbraak te pleeg. Ek is bereid om te aanvaar dat
daar
‘n redelike moontlikheid bestaan dat hul nie aanvanklik
voorsien het dat hul teenstand gedurende die uitvoering van die
huisbraak
sou teëkom nie. Dit is egter duidelik dat die drie
appellante saam te werk sou gaan in die uitvoering van hul plan en
dus
tesame na die oorledene se kamer sou gaan. Dit is inderdaad die
getuienis van die derde appellant. Die aard en erns van die oorledene
se beserings is aanduidend daarvan dat hy deur meer as een van die
appellante aangerand is. Ten minste toe die aanranding op die
oorledene ‘n aanvang geneem het, het sodanige van die
appellante wat nie fisies daaraan deelgeneem het nie, die
moontlikheid
van die dood van die oorledene by afleiding inderdaad
voorsien, maar roekeloos daaromtrent voortgegaan met die uitvoering
van hul
plan. Op hierdie basis is elk van die appellante skuldig aan
die veroorsaking van die dood van die oorledene, ongeag wie presies
die aanranding op die oorledene fisies uitgevoer het. Sien
S v
MALINGA AND OTHERS
1963 (1) SA 692
(A) op 695 A – C en
S v MADLALA
1969 (2) SA 637
(A) OP 640 G – H. Die
geweld wat op die oorledene toegepas moes gewees het ten einde die
gemelde beserings en sy dood te
veroorsaak, is sodanig dat opset om
te dood ten minste in die vorm van
dolus eventualis
teenwoordig
was. Gevolglik is aldrie appellante na my oordeel tereg aan moord
skuldig bevind.
[7] Gevolglik word die appèlle van die hand gewys
en die skuldigbevindings en vonnisse bekragtig.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE, R
Ek stem saam.
_________________
A. F. JORDAAN, R
Ek stem saam.
___________________
D. S. MOLEFE, WND R
Namens
die eerste appellant: Adv. J D Reyneke
In
opdrag van:
Regsentrum
BLOEMFONTEIN
Namens
die tweede appellant: Adv. L M Tsabalala
In
opdrag van:
Regsentrum
BLOEMFONTEIN
Namens
die derde appellant: Adv. P W Nel
In
opdrag van:
Regsentrum
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. S Georgi
In
opdrag van:
Die
Direkteur:
Openbare
Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/eb