Molaba and Another v S (A328/2011) [2012] ZAFSHC 151 (16 August 2012)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Armed Robbery — Appeal against conviction and sentence — Appellants convicted of armed robbery and related charges — Evidence presented included eyewitness testimony and police identification — Appellants claimed they were coerced into participation — Court found sufficient evidence of guilt beyond reasonable doubt for charges 1 to 4, but insufficient evidence for charges 5 and 6 regarding possession of firearms — Appeal against convictions on charges 1 to 4 dismissed; appeal against convictions on charges 5 and 6 upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2012
>>
[2012] ZAFSHC 151
|

|

Molaba and Another v S (A328/2011) [2012] ZAFSHC 151 (16 August 2012)

VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Saak nommer. : A328/2011
In
die saak tussen:
NTJA
JONAS MOLABA
...................................................
1ste
Appellant
(Beskuldigde 2 hof
a
quo)
JOSEPH NTONI
.................................................................
2de
Appellant
(Beskuldigde 3 hof
a
quo
)
en
DIE STAAT
...........................................................................
Respondent
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
HANCKE, WND RP
et
KRUGER, R
et
MOCUMIE, R
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
13 AUGUSTUS 2012
_____________________________________________________
GELEWER OP:
16 AUGUSTUS 2012
[1] Die appellante is
skuldig bevind aan die volgende aanklagte en dienooreenskomstig
gevonnis:
Aanklag 1
: Roof
met verswarende omstandighede – 15 jaar gevangenisstraf;
Aanklagte 2, 3 en 4
:
Poging tot moord – 15 jaar gevangenisstraf;
Die hof
a
quo
(Moloi, R) het gelas dat 10 jaar van hierdie vonnis saam uitgedien
moet word met die vonnis opgelê ten opsigte van aanklag
1;
Aanklag 5
:
Oortreding van die bepalings van artikel 3, gelees met artikels 1,
120(1)(a), 103, 117, 121, en met bylaag 4 van die Wet op Beheer
van
Vuurwapens, Wet 60 van 2000, gelees met artikel 250 van die
Strafproseswet;
Aanklag 6
:
Oortreding van die bepalings van artikel 90, gelees met artikels 1,
103, 117, 120(1)(a) en 121 gelees met bylae 4 van die Wet
op Beheer
van Vuurwapens, Wet 60 van 2000, gelees met artikel 250 van die
Strafproseswet.
Laasgenoemde klagtes is
saamgeneem vir doeleindes van vonnis en is 10 jaar gevangenisstraf
opgelê. Dit is verder gelas dat
5 jaar van hierdie vonnis saam
moet loop met vonnis opgelê ten opsigte van aanklag 1.
[2] Die effektiewe vonnis
ten opsigte van elkeen van die drie beskuldigdes was dus 25 jaar
gevangenisstraf.
[3] Die eerste appellant
kom in hoër beroep teen die skuldigbevindings en vonnisse hom
opgelê ten opsigte van aanklagte
1 tot 6. Die tweede appellant
kom in hoër beroep teen die skuldigbevindings op aanklagte 5 en
6 en die vonnisse hom opgelê
ten opsigte van aanklagte 1 tot 6.
[4] Dit blyk volgens die
getuienis van Tieho Hanford Mofokeng dat hy in diens was van Coin
Sekuriteit te Bethlehem en dat hulle
gedurende die oggend van 21
September 2009 geld moes optel by SA Funeral Home te Namahadi asook
te Sedibeng Shell vulstasie te
Phuthaditjhaba, waarna hulle bank toe
is. Aldaar het getuie ‘n kartondoos en ‘n trommel
bevattende geld uitgehaal en
‘n knoppie gedruk sodat die
personeel van Standard Bank kon oopmaak. Die volgende oomblik het hy
‘n persoon in ‘n
blou oorpak opgemerk wat hom genader het
en ‘n vuurwapen op hom gerig het. Die persoon het op hom
geskiet en hy het binne
in die deur van Standard Bank geval.
[5] Hy getuig dat die
koeël hom aan die linkerkant van die buik getref het en aan die
regterkant uitgekom het. Die persoon
wat hom geskiet het was lank en
vergesel deur ‘n kort persoon wat ingekom het by die deur en
die karton gevat het, terwyl
die lang persoon die deur van die bank
vasgehou het.
[6] Hy getuig dat hy vir
elf maande gehospitaliseer was en dat die senuwees afgeskiet tot so
‘n mate dat die dokters van mening
was dat hy nie sou herstel
nie. As gevolg van die voorval kan hy nie meer oortyd werk nie en
verdien hy tans R2 500,00 minder as
voor die insident.
[7] Kaptein Motaung,
verbonde aan die Misdaadintelligensie- eenheid van die polisie getuig
dat hy die oggend van 21 September 2009
aan diens was. Hulle het
inligting gehad ten opsigte van die beplande gewapende roof wat sou
plaasvind, asook van die rowers se
name wat daarby betrokke sou wees.
Op ‘n stadium is die geldwa by hulle kantore verby en het hulle
dit gevolg op ‘n
afstand van 800m vanaf die veediefstal-eenheid
se kantore in die rigting van Standard Bank. Op ‘n afstand van
100m –
200m het hy vir enige Mandosa, synde beskuldigde 1,
agterop die bakkie geïdentifiseer, welke persoon ‘n
kakiesak by
hom gehad het.
[8] Op ‘n stadium
het beskuldigde 1 die sak oopgemaak en ‘n vuurwapen daaruit
gehaal, terwyl die ander twee persone
besig was om die geldtrommel
oop te maak. Beskuldigde 1 het toe die vuurwapen in die polisie se
rigting afgevuur en het hulle terselfdertyd
die gerolde geldsakke op
die grond gegooi. Die polisie het teruggeskiet en ook hierdie
voertuig agtervolg tot waar dit stilgehou
en 6 mans afgeklim het.
Twee van die mans het die geldtrommels gedra terwyl beskuldigde 1 ‘n
sak onder sy blad gehad het.
Op ‘n stadium het getuie die
drywer identifiseer as Molabo, synde die eerste appellant. Adjudant
Offisier Begezi wat saam
met hom was het skote afgevuur aangesien vyf
van die rowers af gehardloop het in ‘n sloot in, terwyl ‘n
sesde persoon
tussen die huise ingevlug het.
[9] Getuie getuig dat 2de
appellant aan hom bekend is as Margot en dat hy een van die
geldtrommels by hom gehad het toe die bakkie
tot stilstand gekom het.
Hy is dan ook in besit gevind van die geroofde geldtrommel.
[10] Adjudant Offisier
Begezi getuig dat die 2de appellant in die toilet ingegaan het met
die geldtrommel en dat hy die geldtrommel
asook chirurgiese maskers
wat in rooftogte gebruik word, in sy besit gehad het. Hy getuig dat
tydens die vlug, hy deurgaans in
sy sig was en dat hy hom aangetref
het terwyl hy op die geldtrommel gesit het. Wat 1ste appellant betref
het hy op geen stadium
te kenne gegee dat hy gekaap was nie.
[11] Adjudant Offisier du
Plessis getuig dat hy die 1ste appellant aangetref is waar hy in ‘n
hoenderhok weggekruip het, alwaar
hy gearresteer is. Du Plessis het
‘n Nokia selfoon, ‘n identiteitsdokument, ‘n
paspoorthouer en twee FNB kwitansies
waarop selnommers met die name
van Mandoza (synde die naam van beskuldigde 1) en Moya in die 1ste
appellant se besit gevind.
[12] Kaptein Thebo Samuel
Ramosoeu, in diens van die Suid-Afrikaanse Polisiediens getuig dat
die 1ste appellant ‘n spontane
mededeling aan hom gemaak het
tot die effek dat hy saam met die ander twee beskuldigdes was. Dit
het die staatsaak afgesluit.
[13] Die 1ste appellant
getuig in sy eie verdediging en verklaar dat hy wel op die toneel was
maar dat hy gekaap was en bang was
vir die polisie voertuig want hy
het gedink dié kom help om hom te kaap. Hy getuig ook dat hy
nie vir beskuldigde 1 en 2de
appellant geken het nie. Hy getuig dat
hy die betrokke dag die Izuzu-bakkie (met vervalste FS-nommerplate)
geleen het om stene
op te laai toe hy gekaap is. Hy verklaar ook dat
2de appellant hom gedreig het om nie ‘n verklaring aan die
polisie te maak
nie.
[14] Tweede appellant
getuig dat hy op soek was na ‘n tradisionele dokter toe hy
aldaar gearresteer is. Adjudant Offisier
Begezi het hom geneem na ‘n
geldtrommel in die toilet. Hy getuig dat hy in besit was van die
chirurgiese maskers aangesien
hy op daardie stadium aan varkgriep
gely het.
[15] Wat die uitkenning
van die appellante betref blyk dit dat hulle goed bekend was aan die
polisiebeamptes, dat die voorval helder
oordag plaasgevind het en dat
die appellante hulleself op die toneel geplaas het. Me Kruger, namens
die appellante, het dan ook
nie aangevoer dat die hof
a quo
enige wanvoorligting begaan het ten opsigte van sy feite- of
geloofwaardigheidsbevindinge nie. Nie alleen was die
uitkenningsgetuienis
geloofwaardig en betroubaar nie, maar bestaan
daar voldoende waarborge vir die korrektheid daarvan. Die 1ste
appellant se appèl
ten opsigte van aanklagte 1 tot 4 kan dus
nie slaag nie.
[16] Ten opsigte van die
appellante se skuldigbevinding aan aanklagte 5 en 6, blyk dit dat die
hof
a quo
die skuldigbevindings gebasseer het aan die hand van
leerstuk van gemeenskaplike oogmerk. In hierdie verband is die
opmerkings
Nugent A.R. in
S v MBULI
2003 (1) SASV 97
(HHA) op 114 te para [71] van belang:

[71] ...
Their contravention of the relevant section in those circumstances
does not arise from an application of the principles
applicable to
common purpose (which is concerned with liability for joint activity)
but rather from an application of ordinary
principles relating to
joint possession.”
[17] Die regsposisie word
in dieselfde uitspraak soos volg opgesom op 115 c – e:

In
my
respectful view, Marais J set out the correct legal position …
when he said the following in
S
v Nkosi
1998
(1) SACR 284
(W)
at
286
h
-
i
:
'The
issues which arise in deciding whether the group (and hence the
appellant) possessed the guns must be decided with reference
to the
answer to the question whether the State has established facts from
which it can properly be inferred by a Court that:
(a)
the
group had the intention (
animus
)
to exercise possession of the guns through the actual detentor and
(b)
the actual
detentors had the intention to hold the guns on behalf of the group.
Only if both
requirements are fulfilled can there be joint possession involving
the group as a whole and the detentors, or common
purpose between the
members of the group to possess all the guns.'
...
Mere knowledge by the others that he
was in possession of a hand grenade, and even acquiescence by them in
its use for fulfilling
their common purpose to commit robbery, is not
sufficient to make them joint possessors for purposes of the Act.”
[18] Me Ferreira, namens
die staat, het ook verwys na
S v MOTSEMA
2012 (2) SACR
96
(GSJ) waar Joffe R teenoor para [29] die volgende verklaar:

[29] In my
judgment the disapproval in
Mbuli
of
the obiter dictum in
Khambule
was
indeed necessary for the decision, and constitutes a part of the
ratio decidendi. I therefore conclude that, on the basis of
S
v Nkosi
and
S
v Mbuli
,
the law may now be stated as follows:
1. There is no rule of law to the
effect that, when an armed robbery is committed by two or more
persons with a common purpose to
commit the armed robbery, joint
possession of the weapons used in the robbery is to be inferred.
2.  Joint possession of the
weapons can only be inferred if the facts proved leave no room for
any reasonable inference other
than that:
(a)
each
participant in the common purpose to rob, who had physical control of
a weapon, intended not merely to use
it, but also to possess it, both
for himself and also on behalf of one or more other participants; and
(b)
each
alleged joint possessor, who did not himself have physical
control of a weapon, intended that one or more of the weapons
should not merely be used, but should also be possessed by another

participant on his behalf.”
Ek stem saam met
voorgaande.
[19] Dit blyk uit die
getuienis dat die
enigste
persoon wat in besit was van die
vuurwapen in die huidige saak, beskuldigde 1 was. Hy was dan ook die
enigste persoon wat hierdie
vuurwapen gebruik het. Daar is dus nie
sprake van fisiese besit deur enige van die appellante en regverdig
dit ook nie die enigste
redelike afleiding dat hulle die nodige
animus
gehad het om hierdie vuurwapen te besit nie. Bygevolg
het die staat nie die appellante se skuld bo ‘n redelike twyfel
bewys
ten opsigte van aanklagte 5 en 6 nie.
[20] Wat vonnis ten
opsigte van aanklagte 1 – 4 betref, het die hof
a quo
die bepalings van die Strafregwysigingswet, Wet 105 van 1997 deeglik
oorweeg en bevind dat daar nie wesentlike en dwingende omstandighede

bestaan wat die oplegging van ‘n ligter vonnis as die
voorgeskrewe minimum vonnis regverdig nie. Volgens die getuienis van

Mofokeng (para [6]) was hy ernstig gewond, en was dit blote geluk dat
nie een van die klaers noodlottig gewond was nie. Ek is geensins

oortuig dat die hof in enige opsig ‘n wanvoorligting in hierdie
verband begaan het nie.
[21] Bygevolg word die
volgende bevele verleen:
1. Die 1ste appellant se
appèl ten opsigte van sy skuldigbevinding aan aanklagte 1 –
4 word van die hand gewys;
2. Beide appellante se
appèl ten opsigte van aanklagte 5 en 6 slaag en word beide se
skuldigbevindings en vonnisse ten opsigte
van hierdie aanklagte ter
syde gestel.
3. Die resultaat vir die
voorgaande is dat die effektiewe vonnis van elk van die appellante
dus 20 jaar gevangenisstraf sal wees.
_______________________
S. P. B. HANCKE, WND
RP
Ek stem saam.
_____________
KRUGER, R
Ek stem saam.
________________
B. C. MOCUMIE, R
Namens die appellante: S.
Kruger
In opdrag van:
Bloemfontein Regssentrum
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent:
Adv. A. M. Ferreira
In opdrag van:
Die Kantoor van die
Direkteur:
Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/eb