About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2012
>>
[2012] ZAFSHC 137
|
|
Meeding v Hoer Tegniese Skool Sasolburg (A134/2011) [2012] ZAFSHC 137 (2 August 2012)
VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Appèl Nr. : A134/2011
In
die appèl tussen:-
M
M MEEDING
..........................................................................
Applikant
en
HoëR
TEGNIESE SKOOL SALSOBURG
............................
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
HANCKE, WND RP et JORDAAN, R
_____________________________________________________
AANGEHOOR:
IN KAMERS
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
JORDAAN, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
2 AUGUSTUS 2012
_____________________________________________________
[1] Die applikant doen aansoek om verlof om te appelleer
na die Hoogste Hof van Appèl teen ‘n uitspraak gegee
deur
hierdie hof op appèl vanaf die Landdroshof.
[2] Na ontvangs van die aansoek is die partye versoek
om, ooreenkomstig die dicta vervat in paragraaf 3 van die uitspraak
in die
saak,
LAW SOCIETY, NORTHERN PROVINCES v MOGAMI
2010 (1) 186 (SCA), skriftelike betoogshoofde in te dien sodat die
aansoek in kamers besleg kan word en is die partye uitgenooi
om,
indien hulle daarteen beswaar het, hierdie hof sodanig in kennis te
stel. Beide partye het klaarblyklik daarin berus en het
skriftelike
betoogshoofde geliasseer.
[3] Wat die agtergrondsfeite onderliggende aan die saak
betref blyk dit volledig uit die uitspraak deur hierdie hof gelewer
in die
voormelde appèl en is dit nie nodig om dit weer te
herhaal nie.
[4] Die gronde van die huidige aansoek kom in breë
ooreen met die gronde waarop gesteun is tydens die appèl. In
besonder
is baie sterk gesteun op die uitspraak in
FISHOEK
PRIMARY SCHOOL v GW
2010 (2) SA 141
(SCA) vir die argument
dat die huidige applikant as die moeder van die kind ten opsigte
waarvan skoolfooie gevorder is, synde geskei
van die vader van die
betrokke kind en in terme van welke egskeidingsbevel die vader gelas
is om skoolfooie te betaal, nie aanspreeklik
is vir betaling sodanige
fooie nie en daarvan vrygestel is. Dit is ook voorts ge-argumenteer
dat hierdie hof sowel as die hof van
eerste instansie fouteer het
deur te bevind dat die applikant en haar vorige eggenoot gesamentlik
en afsonderlik aanspreeklik is
vir sodanige skoolfooie.
[5] Ek ag dit nie nodig om weer volledig te handel met
elk van die argumente wat tans asook in die hof tydens die appèl
ge-argumenteer
is nie. Die enigste vraag wat nou ter sprake is, is
die vraag of daar ‘n redelike vooruitsig bestaan dat ‘n
ander hof
tot ‘n ander bevinding sal geraak op enige van
voormelde gronde.
[6] Ek is oortuig dat die appèl sowel as hierdie
aansoek berus op ‘n totale waninterpretasie van die dicta en
bevindinge
in laasgemelde beslissing. Na heroorweging van al
voormelde argumente is ek nie alleen nie oortuig dat ‘n ander
hof nie tot
‘n ander bevinding sal raak nie maar inderdaad tot
die teendeel oortuig. In die lig daarvan is daar myns insiens geen
vooruitsigte
op sukses in ‘n voorgenome verdere appèl
nie en moet die aansoek afgewys word met koste.
[7] Wat ontstellend is, is die feit dat die applikant
aanvanklik aangespreek was vir betaling van skoolfooie in die bedrag
van R3
600,00. Hierdie vordering is deur haar bestry en het uitgeloop
op ‘n volle verhoor waarin sy uiteindelik onsuksesvol was.
As
gevolg van haar onsuksesvolle verdediging van die saak is sy gelas om
die koste van die verhoor te betaal. Weens die feit dat
daar
ge-appèlleer is teen daardie bevel is verdere koste opgeloop
en was die appèl weer eens onsuksesvol en die applikante
weer
eens gelas om die koste van die onsuksesvolle appèl te betaal.
Daarna het hierdie aansoek gevolg wat uit die aard van
die saak
verdere koste teweegbring. Dit is tans onbekend of dit weens die
applikante se eie volhardende opposisie tot die eis was
dat al
hierdie stappe geneem is of, alternatiewelik, sy gehandel het op
regsadvies van haar regsverteenwoordiger(s). Indien laasgenoemde
die
geval is, is ek van mening dat die applikante belas is met die
aanspreeklikheid van nie net die skoolfooie nie maar ook die
addisionele koste wat deur die vorige prosesse opgeloop is tot op
hede. Myns insiens is die waninterpretasie van die Fishoek-beslissing
sodanig klaarblyklik foutief dat daar redelikerwys ge-argumenteer kan
word die advies daarop gebasseer duidelik foutief was tot
nadeel van
die applikante. Die moontlikheid bestaan derhalwe dat die applikante
weens duidelike foutiewe advies tot haar nadeel
in die litigasie
betrokke geraak het en die verskeie koste bevele teen haar opgeloop
het. Die applikante self is klaarblyklik ‘n
leek en sou nie
noodwendig bewus wees van die implikasies van die voortsetting van
hierdie verrigtinge tot op hierdie stadium nie.
In die lig daarvan is
ek van mening dat die applikante ten minste bewus gemaak word van die
uitspraak van hierdie hof gegee op
appèl sowel as van híerdie
uitspraak ten einde haar posisie te oorweeg en die nodige stappe te
neem indien so ge-adviseer.
[8] In die lig van die voormelde is ek van mening dat
die volgende bevele verleen behoort te word:
8.1 Hierdie uitspraak sowel as die uitspraak van hierdie
Hof gegee op appèl moet deur die prokureurs vir die applikante
deur
middel van die balju persoonlik op die applikante beteken word
en bewys van sodanige betekening moet sonder versuim voorgelê
word aan hierdie agbare hof binne ‘n redelike tyd.
8.2 Die aansoek om verlof om te appèlleer word
afgewys met koste.
_______________
A.F. JORDAAN, R
Ek
stem saam.
_______________________
S. P. B. HANCKE, WND RP
Namens
die appellant: Adv. C. D. Roux
In
opdrag van:
R
C Christie Incorporated Attorney
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. P G Leeuwner
In
opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
/eb