About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2012
>>
[2012] ZAFSHC 136
|
|
Mokhoabane v S (28/2005) [2012] ZAFSHC 136 (2 August 2012)
VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Saak nommer. : 28/2005
In
die aansoek tussen:
BUTI
SAMSON MOKHOABANE
..............................................
Applikant
(Beskuldigde 2 in die hof
a quo
)
en
DIE STAAT
...........................................................................
Respondent
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
HANCKE,WND RP
_____________________________________________________
GELEWER OP:
2 AUGUSTUS 2012
[1] Die applikant is op
25 April 2005 in die Rondgaande Hof te Virginia skuldig bevind aan
aanklag 1 (huisbraak met die opset om
te roof en roof met verswarende
omstandighede), en aanklag 3 (moord).
[2] Ten opsigte aanklagte
1 is hy tot 15 jaar gevangenisstraf en lewenslange gevangenisstraf
opgelê ten opsigte van aanklag
3. Hy doen nou aansoek om verlof
om te appelleer slegs teen sy vonnis.
[3] ‘n Soortgelyke
aansoek is alreeds gerig deur twee van sy mede-beskuldigdes, naamlik
beskuldigdes 3 en 5, welke aansoek
van die hand gewys is. Die
applikant was tydens die verhoor beskuldigde 2 gewees.
[4] Die huidige aansoek
is daarop gebasseer dat die hof
a quo
nie die tydperk wat die
applikant verhoorafwagtend was in ag geneem het nie en ook nie
genoegsame gewig geheg het aan sy persoonlike
omstandighede nie.
Daarteenoor is die volgende faktore, naamlik die erns van die
misdade, die gemeenskapsbelang, die voorkoms van
die misdade,
afskrikking, vergelding en rehabilitasie en die beplande aanval
volgens die applikant se betoog oorbeklemtoon.
[5] Die slagoffer in
hierdie saak was 87 jaar oud gewees. Die beskuldigdes het op ‘n
Saterdagmiddag tussen 13h15 en 14h00
helder oordag die oorledene se
huis binnegedring en is die oorledene volgens die mediese getuienis
vir ‘n geruime tyd gewurg.
Die dokter het getuig dat maksimum
geweld gebruik is ten opsigte van haar borskas en dat selfs op haar
gespring is. Die oorledene
se beserings het ingesluit kneusings,
skaafplekke van die bors, regter-voorarm, die voorkom, gesig,
agterkop, nek, frakture van
die sleutelbeen en rug en was daar byna
nie ‘n plek op haar liggaam waar sy nie beseer was nie.
[6] ‘n Gewigtige
oorweging wat tel in die guns van die applikant is die feit dat hy
tydens die voorval 20 jaar oud was. In
die uitspraak is gehandel met
die jeugdigheid van die applikant, en die ander beskuldigdes.
[7] Inaggenome egter al
die feite en omstandighede is ek van mening dat daar nie redelike
vooruitsigte is dat ‘n ander hof
tot ‘n ander bevinding
sal raak ten opsigte van vonnis nie. Daar is ook ‘n aansoek om
kondonasie wat na mening toegestaan
behoort te word.
[8] Bygevolg word die
volgende bevele verleen:
8.1 Die aansoek om
kondonasie word toegestaan;
8.2 Origens word die
aansoek van die hand gewys.
_______________________
S. P. B. HANCKE, WND
RP
Namens die applikant:
Prokureur J. D. Reyneke
In opdrag van:
Bloemfontein Regsentrum
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent:
Adv. M. Strauss
In opdrag van:
Die Kantoor van die
Direkteur:
Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/eb