About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2012
>>
[2012] ZAFSHC 135
|
|
Adoro v S (21/2011) [2012] ZAFSHC 135 (2 August 2012)
VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Saak nommer. : 21/2011
In
die saak tussen:
SELLO
PETER ADORO
............................................................
Applikant
en
DIE STAAT
...........................................................................
Respondent
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
HANCKE, WND RP
_____________________________________________________
GELEWER OP:
2 AUGUSTUS 2012
[1] Die applikant is aan
die volgende misdrywe skuldig bevind en soos volg gevonnis:
●
Moord
- 25 jaar gevangenisstraf:
●
Gewapende
roof - 15 jaar gevangenisstraf;
●
Onwettige
besit van ‘n vuurwapen – 15 jaar gevangenisstraf;
●
Onwettige
besit van ammunisie – 2 jaar gevangenisstraf.
[2] Dit is gelas dat die
vonnisse saam met die vonnis op die moordaanklag uitgedien moet word,
bygevolg is die applikant se effektiewe
vonnis 25 jaar
gevangenisstraf.
[3] Die applikant doen
nou aansoek om verlof om te appelleer teen sy opgelegde vonnis. Dit
is die saak van die applikant dat die
hof
a quo
die erns van
die misdryf en die morele verwytbaarheid oorbeklemtoon het en nie
genoegsame gewig geheg het aan die feit dat hy skuldig
gepleit het en
onomwonde sy betrokkenheid by die dood van die oorledene erken het;
verder dat hy berou getoon het vir sy dade en
sy bereidwilligheid te
kenne gegee het om teen sy mede-beskuldigdes te getuig.
[4] Die motief vir die
moord in die huidige saak was uitsluitlik vir finansiële gewin.
Die applikant het opgetree as ‘n
professionele sluipmoordenaar
en blyk dit ook dat hy by ander moorde betrokke was wat hy teen
vergoeding gepleeg het. Indien hierdie
hof fouteer het, dan was dit
in die guns van die applikant om nie lewenslange gevangenisstraf op
te lê nie.
[5] Na my mening bestaan
daar nie redelike vooruitsigte op sukses nie. Die aansoek kan dus nie
slaag nie.
[6] Bygevolg word die
aansoek van die hand gewys.
_______________________
S. P. B. HANCKE, WND
RP
Namens die applikant:
Prokureur P. L. Van der Merwe
In opdrag van:
Bloemfontein Regsentrum
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent:
Adv. J. M. De Nysschen
In opdrag van:
Die Kantoor van die
Direkteur:
Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/eb