TA De Swart h/a Leeuwkop v Honiball en Anders (2988/2005) [2012] ZAFSHC 149 (19 July 2012)

62 Reportability
Personal Injury Law - Road Accident Fund

Brief Summary

Delict — Negligence — Road traffic accident — Plaintiff claimed damages for collision involving his vehicle and defendant's truck — Plaintiff alleged negligence on part of truck driver and roadworks contractor — Defendants denied negligence and raised contributory negligence by plaintiff's employee — Court found that both parties exhibited negligence contributing to the accident — Plaintiff's claim partially successful, with apportionment of damages due to shared fault.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2012
>>
[2012] ZAFSHC 149
|

|

TA De Swart h/a Leeuwkop v Honiball en Anders (2988/2005) [2012] ZAFSHC 149 (19 July 2012)

VRYSTAAT
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer : 2988/2005
In
die saak tussen:-
T A DE SWARDT h/a
LEEUWKOP FUEL
.
......................................
Eiser
en
M J HONIBALL
..........................................................
Eerste
Verweerder
SA NATIONAL ROADS
AGENCY LTD
..................
Tweede
Verweerder
THEODOR WILLEM VAN
DEN HEEVER N.O.
....................
Derde
Party
(In sy verteenwoordigende
hoedanigheid as
likwidateur van
Black
Top Surfaces (Edms) Bpk
(In Likwidasie))
_____________________________________________________
CORAM:
VAN
ZYL, R
GELEWER OP:
19 JULIE 2012
_____________________________________________________
AGTERGROND EN
PLEITSTUKKE:
[1] Eiser het eerste
verweerder; alternatiewelik, tweede verweerder; alternatiewelik,
eerste verweerder en tweede verweerder gesamentlik
en afsonderlik
gedagvaar vir die betaling van skadevergoeding in die bedrag van R875
419-40, tesame met rente daarop en koste.
Hierdie vordering spruit
voort uit ‘n botsing wat plaasgevind het op 18 November 2004 te
die N1-nasionale pad tussen Bloemfontein
en Ventersburg. Die botsing
het plaasgevind tussen ‘n voorhaker met registrasienommers en
-letters CVH 905 FS met twee leunwaens
met registrasienommers en
letters BNF 225 FS en DNF 226 FS (hierinlater gesamentlik na verwys
as “die voorhaker”) en
‘n Nissan trok met
registrasienommers en letters BFY 467 FS (hierinlater na verwys as
“die Nissan”). Aldus die
besonderhede van vordering was
eiser te alle tersaaklike tye hiertoe die eienaar van die voorhaker;
alternatiewelik het eiser die
risiko van die verlies daarvan gedra,
terwyl eerste verweerder die eienaar was van die Nissan, welke Nissan
ten tyde van die plaasvind
van die botsing bestuur was deur ‘n
werknemer van eerste verweerder, wie binne die omvang en in die
uitvoering van sy werksverpligtinge
jeens eerste verweerder opgetree
het. Dit is volgens die besonderhede van vordering eiser se saak dat
die botsing veroorsaak is
deur die uitsluitlike nalatigheid van die
bestuurder van die Nissan; alternatiewelik, deur die uitsluitlike
nalatigheid van tweede
verweerder; in die verdere alternatief, deur
die gesamentlike nalatigheid van die bestuurder van die Nissan en
tweede verweerder.
[2] Ten opsigte van die
beweerde nalatigheid van die bestuurder van die Nissan, is dit in
paragraaf 7 van die besonderhede van vordering
beweer dat hy in die
volgende opsigte nalatig was:

7.1
He
failed to keep a proper lookout;
He entered the roadway at a time and
place where it was unsafe to do so;
He entered the roadway from a
stationary position right in front of plaintiff’s vehicle;
He failed to avoid the collision
when, by the exercise of reasonable care, he could and should have
done so.”
Ten opsigte van die
beweerde nalatigheid van tweede verweerder, is die volgende bewerings
van sodanige nalatigheid in paragraaf
8 van die besonderhede van
vordering gemaak:

8.1
It
caused road works to be executed to the National Road at a place
where the collision occurred without providing adequate warning
signs
to traffic;
It failed to adequately mark the
roadway;
It failed to ensure that traffic
remained in their correct lanes;
Second Defendant;
alternatively
Second Defendant and it’s agents jointly and severally,
failed to ensure that the road surface was adequately cleaned
and
free of stones and debris, to ensure such road surface was safe to
drive upon;
It failed to adequately protect the
dangerous situation that it created.”
[3] Dit moet reeds op
hierdie stadium vermeld word dat eiser sy vordering teen eerste
verweerder op 26 Januarie 2009 teruggetrek
het. Ek meen egter dat ten
einde die uiteindelike verloop van die verhoor in behoorlike
perspektief te plaas, dit steeds nodig
en doelmatig is om ook met
eerste verweerder se pleitstukke te handel.
[4] Verdermeer moet ook
uitgewys word dat Black Top Surfaces (Edms) Bpk aanvanklik as die
derde party gevoeg was, maar dat dit intussen
blyk gelikwideer te
wees, aangesien die derde party by wyse van `n kennisgewing in terme
van Hofreël 15(3) op 8 Januarie 2009
deur Theodor Willem van den
Heever N.O. is sy verteenwoordigende hoedanigheid as likwidateur,
vervang is.
[5] In eerste verweerder
se verweerskrif het hy beweer dat ene Mnr Ras die bestuurder van die
voorhaker was, wie ‘n werknemer
van eiser was en te alle
tersaaklike tye hiertoe binne die aard en omvang van sy diensbestek
jeens eiser opgetree het, terwyl verweerder
se Nissan bestuur was
deur ene Mnr Diza. In die verweerskrif is ontken dat Mnr Diza nalatig
was in sy bestuur van die Nissan trok
en is dit voorts gepleit dat
indien sy nalatigheid bewys sou word, eerste verweerder ontken dat
dit ‘n oorsaak van die botsing
was. Dit is voorts deur eerste
verweerder beweer dat Mnr Ras in sy bestuur van die voorhaker,
nalatig was, welke nalatigheid die
uitsluitlike oorsaak van die
botsing was. In die alternatief is gepleit dat indien bevind sou word
dat Mnr Diza nalatig was in
sy bestuur van die Nissan trok en dat
sodanige nalatigheid ‘n oorsaak van die botsing was, die
nalatigheid van Mnr Ras in
sy bestuur van die voorhaker ‘n
bydraende oorsaak van die botsing was. Gevolglik is gepleit dat eiser
se vordering teen eerste
verweerder van die hand gewys moet word met
koste; alternatiewelik, dat dit verminder word met sodanige bedrag as
wat die Hof reg
en billik ag met inagneming van die bepalings van die
Wet op Verdeling van Skadevergoeding, 34 van 1956, tesame met
sodanige kostebevel
as wat die Hof reg en billik mag ag.
Eerste verweerder het
verdermeer ‘n teeneis teen eiser geliasseer, gebaseer op Mnr
Ras se beweerde nalatige bestuur van die
voorhaker, welke nalatigheid
aldus eerste verweerder se teeneis, die uitsluitlike oorsaak van die
botsing was. In eerste verweerder
se teeneis is derhalwe
skadevergoeding in die bedrag van R32 401-79, tesame met rente daarop
en koste vanaf eiser gevorder.
[6] Tweede verweerder het
ook ‘n verweerskrif geliasseer, die inhoud waarmee ek aanstons
sal handel. Daaropvolgend het tweede
verweerder ook die Hof genader
vir verlof om ‘n derde party kennisgewing soos voorsien in
Hofreël 13 na die sluiting
van pleitstukke op die derde party te
beteken, welke verlof op 28 Junie 2007 verleen is, tesame met
gepaardgaande aanvullende regshulp.
[7] In tweede verweerder
se derde party kennisgewing is, onder andere, die bestaan van `n
skriftelike kontrak tussen tweede verweerder
en die derde party met
betrekking tot die uitvoering van padwerke op die N1-nasionale pad
tussen Bloemfontein en Ventersburg deur
die derde party, beweer. Die
tersaaklike terme daarvan is as volg deur tweede verweerder gepleit:

11.
The material express, alternatively
implied, further alternatively tacit terms of the mandate were
inter
alia
, as follows –
The Third Party would protect the
works properly and would so arrange his operations that no danger
and the least possible inconvenience
were caused to the public and
to vehicle and pedestrian traffic. For this purpose it would
inter
alia
, provide and maintain sufficient road signs, lights,
barricades, fending and guarding as may be necessary or required by
the
engineer or by any act, regulation or statutory authorities;
All operations required in
connection with the execution of the completion of the works and
temporary works, would as far as
the provisions of the contract
permit, not unnecessarily or in any improper manner encroach upon
the use of public roads or
upon access to private property, and the
Third Party would indemnify the Second Defendant against any
claims, demands, damage
and/or legal costs that could arise in this
regard.
The Third Party indemnified that the
Second Defendant against any liability in respect of damage to or
physical loss of the
property of any person or injury to or death
of any person.”
Verdermeer is die
volgende tersaaklike bewerings en regshulp voortspruitend daaruit,
deur tweede verweerder in die derde party kennisgewing
gepleit:

14.
In light of the allegations contained
in the Plaintiff’s particulars of claim, and the contract of
works concluded between
Second Defendant and Third Party, the Third
Party and/or its employees, acting within the course and scope of
their employment
with and as servants of the Third Party, was/were
negligent in the respects as alleged against the Defendants.
15.
In terms of the agreement, the Second
Defendant is entitled to an indemnification from Third Party in the
event of the above Honourable
Court finding that its employees were
negligent.
WHEREFORE
the Second Defendant
claims as against the Third Party:
An order declaring that the Third
Party indemnify the Second Defendant for any liability which it
might incur
vis-à-vis
the Plaintiff;
An order declaring the Third Party to
be jointly and severally liable to the Plaintiff to the extent of
such damages as the Plaintiff
may prove against the Second
Defendant;
Costs of suit;
Further and/or alternative relief.”
[8] In die derde party se
verweerskrif tot tweede verweerder se derde party kennisgewing, het
die derde party die sluiting van die
tersaaklike kontrak erken. Die
derde party het voorts sy kwytskelding van tweede verweerder met
betrekking tot enige aanspreeklikheid
jeens eiser wat teen tweede
verweerder bevind mag word, erken.
Met betrekking tot
nalatigheid en kousaliteit, het die derde party as volg gepleit:

16.
Without detracting from the generality
of anything pleaded above the Third Party denies each and every
alleged ground of negligence
which the Plaintiff attributes to the
Second Defendant which the Second Defendant is in turn attributing to
the Third Party whilst
the Third Party furthermore pleads, albeit in
the alternative, as follows:
In the event of it being found that
the Third Party or any of its employees were negligent, the Third
Party denies that such
negligence contributed to the Plaintiff’s
damages;
In the
alternative
, in the
event of it being found that the Third Party or its employees were
in fact negligent and that such negligence contributed
to the
Plaintiff’s damages, the Third Party pleads that the
Plaintiff,
alternatively
the employee of the Plaintiff, who
was driving the Plaintiff’s vehicle in question, was also
negligent and that such
negligence also contributed to the
Plaintiff’s damages;
The Plaintiff,
alternatively
the Plaintiff’s said employee was negligent in one or more or
all of the following respects:
16.3.1 The driver of the Plaintiff’s
vehicle failed to keep a proper lookout;
The driver of the Plaintiff’s
vehicle was travelling too fast in the circumstances;
The driver of the Plaintiff’s
vehicle drove the Plaintiff’s vehicle without any,
alternatively due consideration
for the rights of other road
users;
The driver of the Plaintiff’s
vehicle failed to avoid the collision whilst, with the exercise of
reasonable skill and
care, he could and should have done so.
The Plaintiff is vicariously liable
for the conduct of the Plaintiff’s said employee as the said
employee was acting within
the course and scope of his employment
with the Plaintiff and/or in furtherance of the interests and
objectives of the Plaintiff.
WHEREFORE
the Third party prays
that the Second Defendant’s claim against the Third Party be
dismissed with costs.”
[9] Nadat tweede
verweerder sekere wysigings aan sy verweerskrif tot eiser se
besonderhede van vordering aangebring het, het tweede
verweerder se
pleit in antwoord op eiser se bewerings van nalatigheid deur tweede
verweerder, welke ek reeds in paragraaf 2 hierbo
aangehaal het, onder
andere as volg gelees:

10.
AD PARAGRAPH 8:
The Second Defendant admits that on
18 November 2004 and on the N1 National Road between Bloemfontein
and Ventersburg certain
road works were being executed.
The Second Defendant has no
knowledge of the alleged allegations that the collision occurred
where the road works were executed
and accordingly denies that the
road works were the cause of the collision, as alleged or at all.
In the event of the Honourable Court
finding that the road works were the cause of the collision, Second
Defendant denies any
negligence on its part in this regard. In
amplification of this denial, the Second Defendant pleads that it
had appointed the
Third Party as a competent independent
subcontractor to execute the works...
Alternatively
and in the
event that the Court finds that the road works were the cause of
the collision and there was negligence as pleaded
by the Plaintiff,
the Second Defendant pleads as follows:
10.4.1 The Third Party was appointed
as a sub-contractor to conduct the road works and was obliged to
ensure that all safety measures
were taken to conduct such road works
in a safe manner.
That any such negligence as found
by the Honourable Court is attributable to the Third Party.
Further alternatively
, and in
the event of the Honourable Court finding that the Second Defendant
was negligent, which is denied, it is denied that
such negligence
contributed to the collision.
Further alternatively
, and in
the event of the Honourable Court finding that the Second Defendant
was negligent, which is denied, and that such negligence

contributed to the collision, which is denied, the Second Defendant
pleads that the driver of the Plaintiff’s vehicle,
acting in
the course and scope of his employment with the Plaintiff, was
negligent in one or more of the following respects:
He failed to keep a proper lookout;
He failed to keep his vehicle under
proper control;
He failed to apply the brakes of
his vehicle timeously or at all prior to the collision;
He failed to avoid a collision when
he could and should have done so;
He drove too fast in the
circumstances;
He drove the vehicle without due
consideration of other road users;
He failed to keep a proper follow
distance behind First Defendant’s motor vehicle.
10.7 In the premises, the Plaintiff’s
claim falls to be reduced in accordance with the provisions of the
Apportionment of
Damages Act, No. 34 of 1956.”
Gevolglik het tweede
verweerder in sy verweerskrif gevorder dat eiser se vordering van die
hand gewys word; alternatiewelik verminder
word ooreenkomstig die
bepalings van die Wet op die Verdeling van Skadevergoeding, 34 van
1956, met `n gepaardgaande gepaste kostebevel.
UITSTEL EN SKEIDING
VAN GESKILPUNTE:
[10] Die oggend waarop
die verhoor ‘n aanvang moes neem, dit wil sê 29 November
2011, het Mnr Snyman, namens eiser,
Mnr Den Hartog, namens tweede
verweerder en Mnr Maritz, namens die derde party, my in kamers
genader en by ooreenkoms tussen die
partye versoek dat die saak
uitgestel word na 30 November 2011, koste om oor te staan vir latere
beregting. Die rede(s) vir hierdie
versoek sal ek later hierin mee
handel. Ek het wel sodanige bevel verleen.
Duidelikshalwe moet
vermeld word dat daar geen verskyning namens eerste verweerder was
nie (hoewel eerste verweerder se teeneis
nie teruggetrek was nie).
Waar ek dus hierinlater na “die partye” verwys, is dit
die partye wat wel ten tyde van die
verhoor voor die Hof
verteenwoordig was.
[11] By die hervatting
van die hofverrigtinge op 30 November
2011
,
het Mnr Snyman teenoor my aangedui dat daar verdere Reël
37-samesprekings gehou was tussen die partye op Dinsdag, 29 November

2011, om 15h00 tot 16h00, ‘n notule ten opsigte waarvan aan my
opgehandig is. Hoewel daar reeds ten tyde van die aanvanklike
Reël
37-samesprekings op 19 Januarie 2009 ooreengekom was dat die
beregting van meriete en kwantum geskei word, het dit uit
voormelde
notule geblyk dat die partye ooreengekom het dat sekere (verdere)
geskilpunte geskei en apart bereg word, ten opsigte
waarvan Mnr
Snyman ‘n konsepbevel aan my opgehandig het. Ek het gevolglik
‘n bevel in terme van Hofreël 33(4)
ooreenkomstig die
konsepbevel verleen, wat as volg gelees het:

By agreement
between the plaintiff, second defendant and third party, it is
ordered:
The following issues are separated
for adjudication:
The degree to which negligence on
the part of the first defendant’s driver and of the
plaintiff’s driver respectively,
caused or contributed to the
collision and to the plaintiff’s damages, if at all; and
The extent to which any inadequacy
in the provision of warning signs and/or road markings, at the time
and place of the collision,
caused or contributed to the collision
and the plaintiff’s damages, if at all.
2. All issues about wrongfulness and
negligence on the part of the second defendant, together with issues
about the interpretation
and effect of indemnities given to the
second defendant by the third party, stand over with the question of
quantum of the plaintiff’s
damages, for later adjudication.”
[12] Dit het ook uit die
notule ten opsigte van hierdie verdere Reël 37- samesprekings
geblyk, soos deur Mnr Snyman bevestig,
dat eiser se
locus standi
en dus sy eienaarskap van die voorhaker, nie meer in dispuut was nie.
(Die plaasvind van die botsing, en die tyd en plek ten opsigte

daarvan, was egter steeds in dispuut.) Daar was voorts ooreengekom
dat eiser verantwoordelik sal wees vir die samestelling van
`n nuwe,
beperkte bundel bewysstukke, gegewe die beperking van die
geskilpunte.
GETUIENIS NAMENS
EISER:
[13] Mnr Snyman het
daarop die getuienis van twee getuies namens die eiser aangebied.
Duidelikshalwe kan reeds op hierdie stadium
vermeld word dat Mnr Den
Hartog by die sluiting van eiser se saak aansoek gedoen het om
absolusie van die instansie.
Uit die totaliteit van
beide die getuienis van die eerste getuie, Mnr De Swardt, synde die
eiser wie die eienaar/risiko-draer van
die voorhaker was en die
getuienis van Mnr Ras, die tweede getuie, wie die bestuurder van die
voorhaker was, het dit geblyk dat
die botsing tussen die voorhaker en
die Nissan plaasgevind het op 18 November 2004 om ongeveer 16h00 in
helder sonlig omstandighede.
(Duidelikheidshalwe moet vermeld word
dat daar in die getuienis na eerste verweerder se trok verwys is as
`n “Bedford”,
maar is almal dit eens dat bedoel is `n
verwysing te wees na die “Nissan”.) Die botsing
plaasgevind op die N1-hoofweg
tussen Winburg en Ventersburg, terwyl
die voorhaker met geen vrag op die leunwaens in ‘n noordelike
rigting gereis het, met
ander woorde in die rigting van Ventersburg,
ongeveer tussen 10 en 17 kilometer vanaf Ventersburg. Vanweë
padwerke aan die
tersaaklike roete, wat klaarblyklik onder andere
behels het dat die plek waar die botsing plaasgevind het en die
onmiddellike omgewing
daarvan die padoppervlak nuut geteer was, was
daar ten tyde van die plaasvind van die botsing geen padmerke of
padlyne op die teerpad
geverf waar die botsing plaasgevind het en in
die onmiddellike omgewing daarvan nie. Daar was ook geen ander
padtekens of waarskuwingstekens
by die plek van botsing of in die
onmiddellike omgewing nie. Die volgende dag, dit wil sê die dag
na die botsing, het beide
getuies vanaf Parys na Bloemfontein op
dieselfde roete gereis, waartydens dit geblyk het dat daar toe
intussen, dit wil sê
sedert die plaasvind van die botsing,
inderdaad sekere padlyne op die teerpad geverf was op die plek waar
die botsing plaasgevind
het en ook in die onmiddellike nabye omgewing
daarvan. Dit het ook duidelik sodanig geblyk uit sekere foto’s
wat deur Mnr
De Swardt die dag na die voorval geneem was en ten
opsigte waarvan hy getuig het, welke foto’s deel vorm van
Bewysstuk “A”.
Beide getuies het getuig dat hierdie
padlyne in die middel van die teerpad geverf was, met ‘n
sperstreep aan die kant van
die verkeer wat in ‘n noordelike
rigting, met ander woorde vanaf Winburg in die rigting van
Ventersburg, reis, en met ‘n
gebroke streep, dit wil sê
stippellyne, aan die kant van die verkeer wat in ‘n suidelike
rigting vanaf Ventersburg
na Winburg reis. Hierdie geverfde padlyne
is duidelik sigbaar op, onder andere, foto’s 7, 8, 12, 14, 21,
24, 25 en 29 van
Bewysstuk “A”, welke foto’s ook
deur Mnr De Swardt geneem was die dag na die voorval. Wat hierdie
spesifieke
geverfde lyne betref, was beide getuies dit ook eens dat
dit ooreengestem het met hoe hierdie lyne voor die plaasvind van die
padwerke
op die plek van die botsing en in die onmiddellike omgewing
daar uitgesien het. Beide getuies was dit verdermeer eens dat die
ryvlak
aan die kant van die pad waar die voorhaker gery het, met
ander woorde vir verkeer wat in ‘n noordelike rigting beweeg,
voor
die ongeluk sodanig breed was dat dit voorsiening gemaak het vir
twee bane wat by wyse van ‘n stippellyn verdeel was. Gegewe
die
plek waar die middellyne op die teerpad geverf was die dag na die
voorval, was die baan vir die noordelike verkeer steeds breed
genoeg
vir twee bane. Die baan vir verkeer wat in ‘n suidelike rigting
beweeg, was vantevore ‘n enkelbaan en nadat
die middellyne
geverf is die dag na die plaasvind van die botsing, was dit steeds ‘n
enkelbaan. Altwee getuies het ook getuig
dat voor die padwerke
plaasgevind het en derhalwe voor die dag van die botsing, daar aan
beide kante van die pad ook ‘n geel
streep geverf was wat
voorsiening gemaak het vir ‘n smal skouer aan die kant van die
pad.
[14] Volgens beide
getuies het hulle die tersaaklike pad gereeld gery en was hulle bewus
daarvan dat daar padwerke op verskillende
stadiums op verskillende
gedeeltes van die tersaaklike pad plaasgevind het. Met verwysing na
foto’s 7 en 8 van Bewysstuk
“A”, het Mnr De Swardt
getuig dat die botsing plaasgevind het in die omgewing waar sy motor
op foto 7 aan die linkerkant
van die pad geparkeer staan, wat Mnr Ras
ook in sy getuienis bevestig het. Albei die getuies het ook
verduidelik dat die pad soos
gereflekteer op foto’s en 7 en 8
‘n geleidelike opdraande vorm en aan die bopunt daarvan, min of
meer waar die boom
aan die regterkant van die pad op foto 7,
Bewysstuk “A”, sigbaar is, ‘n kruin vorm met ‘n
duik/afdraende
agter dit, waarna die pad ‘n draai na links
vorm. Indien ‘n persoon in ‘n noordelike rigting reis
oppad na daardie
kruin, sal ‘n vragmotor aan die ander kant van
die kruin, met ander woorde in die duik, nie vir die bestuurder wat
in ‘n
noordelike rigting reis, sigbaar wees nie. Vir verkeer
wat in ‘n suidelike rigting reis en nog suid van die kruin is,
sal
aankomende verkeer wat in ‘n noordelike rigting reis, ook
nie sigbaar wees nie. Waar die suidelike verkeer egter bo-op die

kruin kom, is daar ‘n stippellyn en staan dit sodanige
suidelike verkeer vry om ‘n ander voertuig wat in dieselfde

rigting beweeg, verby te steek indien dit veilig is.
[15] Uit die totaliteit
van spesifiek Mnr Ras se getuienis, met insluiting van kruisverhoor,
het dit geblyk dat volgens sy
viva voce
getuienis die botsing
as volg plaasgevind het. Hy het teen ongeveer 80 tot 85 kilometer per
uur teen die tersaaklike opdraande
in ‘n noordelike rigting
gery in die linkerbaan van die twee beskikbare bane vir noordelike
verkeer, waarop hy die Nissan
voor hom opgemerk het, ook in die
linkerkantste baan van die twee noordelike bane, welke Nissan op ‘n
afstand van ongeveer
tweehonderd tot tweehonderd-en-vyftig meter voor
hom was en stadig beweeg het teen ongeveer 40 kilometer per uur. Mnr
Ras het besluit
om die Nissan verby te gaan en het hy dus die proses
begin om na regs te beweeg om agter die Nissan uit te kom en hom
verby te
gaan in die regterkantste baan van die twee linkerbane. Mnr
Ras het verduidelik dat dit met ‘n swaar voertuig soos wat hy

bestuur het, ‘n tydsame proses is om aldus regs te beweeg ten
einde ‘n ander voertuig verby te gaan. Toe hy op ‘n

afstand van ongeveer vyftig meter agter die Nissan was, in ‘n
posisie waar die voorhaker as sulks se regter voorwiel al oor
die
denkbeeldige stippellyn na die regterkantste baan van die twee
linkerbane beweeg het, maar met die twee leunwaens in ’n
skuins
posisie steeds in die linkerkantste baan van die twee linkerbane, was
hy in ‘n posisie om aankomende verkeer te sien.
Hy het toe
opgemerk dat daar twee vragmotors op ‘n afstand van ongeveer
tweehonderd tot tweehonderd-en-vyftig meter van voor
in ‘n
suidelike rigting beweeg het, langs mekaar. Mnr Ras het probeer om te
rem ten einde terug te beweeg agter die Nissan
in. In die verband het
hy verduidelik dat die remmerke wat op die foto’s sigbaar is
(waaromtrent Mnr De Swardt ook getuig
het), in besonder soos sigbaar
op foto 14 van Bewysstuk “A”, die remmerke is van die
leunwaens, aangesien die voorhaker
as sulks ‘n ABS-remsisteem
het en die remme daarvan dus nie sou sluit nie. Dit is waarom hierdie
remmerke, aldus sy verduideliking,
hoofsaaklik nog in die linkerbaan
van die twee noordelike bane voorkom. Mnr Ras se rem-aksie om die
botsing te probeer vermy deur
terug te beweeg agter die Nissan in,
was egter nie suksesvol nie en het hy die Nissan aan sy regter
agterkant getref met die voorhaker
se linker voorkant. (Hierdie impak
op die voorhaker is dan ook gereflekteer op sekere foto’s van
Bewysstuk “A”
waaromtrent Mnr De Swardt getuig het.)
Vanweë die impak, het Mnr Ras beheer oor die voorhaker verloor
en het dit na die regterkant
van die pad oor die baan van die
aankomende verkeer beweeg, waarna dit aan die regterkant van die pad
in die veld tot stilstand
gekom het. Die leunwaens het steeds in die
rigting van Ventersburg gekyk nadat dit tot stilstand gekom het, maar
die voorhaker
het geknipmes en teruggekyk in die rigting van Winburg.
Volledigheidshalwe kan vermeld word dat die posisie en toestand
waarin
die voorhaker tot stilstand gekom het, ook gereflekteer is op
sekere van die foto’s van Bewysstuk “A”,
waaromtrent
Mnr De Swardt getuig het. Die Nissan het langs die pad
aan die linkerkant van die pad tot stilstand gekom, in ‘n
posisie
waar dit ook omgeswaai het en teruggekyk het in ‘n
suidelike rigting. Die twee aankomende vragmotors het, aldus Mnr Ras
se
getuienis, ongeskonde daarvan afgekom en weet hy nie wat van
hierdie vragmotors geword het nie.
[16] Mnr Ras het ook
getuig dat hy hierdie bepaalde pad ongeveer twee tot drie keer per
week heen en weer gery het. Volgens sy herinnering,
het hy ongeveer
twee dae voor die plaasvind van die botsing die pad die laaste keer
gery. Soos reeds gemeld, was dit Mnr Ras se
getuienis (soos die van
Mnr De Swardt), dat die aard van die middellyne soos dit geverf was
die dag na die botsing, dieselfde was
as wat dit vantevore was
voordat die padwerke plaasgevind het. In die verband het Mnr Ras ook
kennis gedra daarvan dat voordat
die padwerke plaasgevind het, die
middellyne sodanig geverf was dat daar in die omgewing van die
botsing `n stippellyn vir verkeer
in `n suidelike rigting was en kon
sodanige verkeer dus, indien dit veilig was, `n voertuig verbygaan.
Soos ook reeds gemeld,
het Mnr Ras getuig dat daar op die plek waar die botsing plaasgevind
het en in die onmiddellike omgewing
daarvan, geen padlyne of padmerke
op die teeroppervlak geverf was nie. Daar was ook geen padtekens of
waarskuwingstekens wat aandui
dat daar padwerke plaasvind of wat
byvoorbeeld die verbygaan van ‘n ander voertuig verbied nie.
Mnr Ras het egter pertinent
gedurende kruisverhoor deur Mnr Den
Hartog getuig dat hy opgemerk het dat daar nie padlyne op die teerpad
geverf was nie, maar
selfs indien daar padlyne geverf was of ander
padtekens aangebring was, sou dit geen invloed op sy optrede gehad
het nie –
hy sou steeds onder dieselfde omstandighede die
Nissan verbygegaan het.
[17] Verdermeer was sy
spesifieke getuienis ten tyde van kruisverhoor as volg:

Mnr Den
Hartog:
Mnr u het ‘n baie belangrike opmerking gemaak tydens u
getuienis in hoof toe u gepraat het oor remme en die verskil tussen

‘n sedan-voertuig en ‘n swaar motorvoertuig. U het gesê
as jy ‘n swaar motorvoertuig ry, moet jy verder
vooruit dink en
jy moet gaan dink wat doen daardie ou voor jou, is dit korrek? .....
Dit is heeltemal reg.
Korrek, nou goed. U ry nou ‘n
pad wat u baie goed ken, u weet daar is twee bane vir u en daar is
een baan vir aankomende verkeer.
U sig vorentoe is beperk as gevolg
van ‘n pad wat draai en as gevolg van ‘n opdraande en ‘n
afdraande, is dit
korrek? .... Dit is reg, ja.
U weet ook dat die aankomende voertuie
ook nie kan sien tot hulle op die koppie is soos wat u getuig het
nie, is dit korrek?.....
Dis reg.
Nou is daar nie lyne op die pad nie, u
besef dit is ‘n gevaarlike situasie omdat daar nie lyne op die
pad is nie, is dit korrek?
..... Ja.
Moet u nie u optrede as ‘n
bestuurder aanpas by daardie omstandighede nie? Nou is daar nie lyne
nie, u weet hier is ‘n
draai, u sig is beperk, u weet die sig
van die aankomende voertuie is beperk, wag nou maar net tot ek oor
die koppie is voor ek
die trok verbygaan? ..... Dit is ‘n
moontlikheid, maar ek het mos nou gedag dit was veilig vir my gewees
soos ek gesien het.
Daar het nie voertuie gekom totdat ek feitlik op
hierdie voertuig was nie.
Maar dit was toe nou nie veilig
volgens u getuienis...... Ja.
Want u weet daar kan ‘n voertuig
daar agter daardie koppie wees. U kan hom nie sien nie, maar u is
tevrede om die kans te
vat? .... Wel, daardie dag was ek tevrede.
Sê nou dit was donker en dit het
gereën?.... Nee.
Sou u dit nie gedoen het nie?.... Nee.
Nou is daar nie lyne nie, dit is ‘n
gevaarsituasie wat bestaan? ..... Ja.
En as ‘n mens in ‘n
gevaarsituasie is dan moet jy stappe neem om die gevaar te
beperk...... Dis waar.
Is dit korrek? ..... Dit is reg.
En u het nie? U het gegaan ten spyte
van u wete dat daar moontlik verkeer van voor kan kom? Daar is nie
lyne nie, u weet dit. ......
Ja.
Desnieteenstaande vat u maar die kans?
..... Ja. Ek sou verbygegaan het soos wat dit vir my in die verlede
veilig was, so het die
padtekens vir my gesê ek mag verbygaan.
Die trokke wat van vooraf gekom het,
op u weergawe, u ken nou immers die pad van die teenkant af, sou u
gedoen het wat hulle gedoen
het, verbygesteek het terwyl u nie kon
sien nie? ..... Hoe kan ek sê, as jy van daardie rigting afkom,
is dit moeilik om
te bepaal, so ek weet nie. Ek weet nie wat het hy
gesien nie.
As ons kyk in beginsel na foto 7, op
die stadium toe u hulle gewaar het, toe was hulle heeltemal geregtig
om langs mekaar te wees,
is dit korrek? Want dit was ‘n
stippellyn vir hulle, hy kon verbygegaan het. ...... Dit is reg, ja.
So die twee aankomende trokke het
eintlik niks verkeerd gedoen nie, stem u saam? Of daar nou ‘n
lyn was of nie, hy was geregtig
om verby te gaan? ..... As dit veilig
is, is hy geregtig om verby te gaan teen die opdraande, dit is ‘n
stippellyn.
Of daar ‘n lyn daar is en of
daar nie ‘n lyn daar is nie, hy sou dieselfde gedoen het want
die lyn laat hom toe om ‘n
ander voertuig verby te steek? So
lyn of geen lyn nie, dit sou geen verskil gemaak het nie, stem u
saam? ...... Dit is reg”.
[18] Volledigheidshalwe
moet vermeld word dat Mnr Ras ook ten tyde van
kruisverhoor gekonfronteer is met die inhoud van ‘n
ongeluksverslag, sowel
as die inhoud van ‘n beëdigde
verklaring van hom, afskrifte waarvan aangeheg was tot Bewysstuk “A”.
Dit
is gedoen op die basis dat sekere bewerings wat daarin voorkom,
strydig is met die
viva voce
getuienis
van Mnr Ras met betrekking tot die wyse waarop die botsing sou
plaasgevind het. Vanweë die feit dat geloofwaardigheid
in die
meeste gevalle nie ‘n rol speel by die oorweging van ‘n
aansoek om absolusie na sluiting van eiser se saak nie,
asook vanweë
die feit dat Mnr Den Hartog se argument ter ondersteuning van tweede
verweerder se aansoek om absolusie gebaseer
was op die
viva
voce
getuienis van en namens eiser
aangebied, met ander woorde op eiser se eie weergawe, ag ek dit
onnodig om met die inhoud van die
ongeluksverslag en die beëdigde
verklaring van Mnr Ras en/of Mnr Ras se antwoorde op vrae ten opsigte
daarvan, te handel.
TWEEDE VERWEERDER SE
AANSOEK OM ABSOLUSIE VAN
DIE INSTANSIE:
[19] Mnr Den Hartog het
in sy aansoek om absolusie van die instansie betoog dat dit duidelik
uit die getuienis blyk dat Mnr Ras
die tersaaklike pad en meer in
besonder die gedeelte van die pad waar die botsing plaasgevind het,
baie goed geken het. Hy het
presies geweet wat die omstandighede
normaalweg daar is, met ander woorde toe daar nog padlyne op die
teeroppervlak geverf was.
Hy kon sien dat daar nie padlyne geverf was
nie, maar omdat hy die omstandighede op die pad geken het, sou hy
steeds dieselfde
gedoen het selfs indien daar padlyne geverf was
en/of ander padtekens aangebring was. Mnr Ras het ook toegegee dat
die aankomende
verkeer, selfs indien daar padlyne geverf sou gewees
het, binne hul regte opgetree het, deurdat daar vantevore ‘n
stippellyn
vir suidelike verkeer was en die dag na die ongeluk steeds
weer sodanige stippellyn geverf was. Hoewel dit dus moontlik so kan
wees dat die aankomende vragmotor wat in die noordelike verkeer se
baan inbeweeg het, nie ‘n behoorlike uitkyk gehou het deur
dit
eers te doen wanneer dit veilig is nie, sou sodanige vragmotor
waarskynlik presies dieselfde gedoen het selfs indien die padlyne
wel
geverf was. Mnr Den Hartog het gevolglik betoog dat alwaar dit
duidelik Mnr Ras se getuienis is dat die aanwesigheid van padlyne,

padmerke en/of ander padtekens geen verskil sou maak nie, daar geen
getuienis is op grond waarvan tweede verweerder op sy verdediging

geplaas behoort te word om getuienis aan te bied oor padlyne of
padtekens wat daar was of nie daar was nie, aangesien dit die saak

nie verder sal neem nie. Hy het derhalwe gesubmiteer dat daar geen
getuienis is waarop ‘n Hof kan bevind dat die afwesigheid
van
padlyne of padtekens enigsins kousaal bygedra het tot die plaasvind
van die botsing nie.
[20]
Mnr Maritz het Mnr Den Hartog se aansoek om absolusie van die
instansie ondersteun. Uiteraard is die derde party ook afhanklik
van
die toestaan van sodanige absolusie ten gunste van tweede verweerder
vir doeleindes van die derde party se
lis
met tweede verweerder. Mnr Maritz het
insgelyks betoog dat daar geen getuienis deur die eiser aangebied is
wat eers
prima facie
aanduidend is van ‘n kousale verband tussen
die afwesigheid van padlyne en padtekens en die plaasvind van die
botsing nie.
[21] Mnr Snyman het in sy
betoog in antwoord op Mnr Den Hartog se aansoek om absolusie van die
instansie, saamgestem dat die enigste
vraag is of daar ‘n
kousale verband is tussen die afwesigheid van padlyne en padtekens en
die plaasvind van die botsing.
As daardie bevinding nie gemaak kan
word nie, moet, aldus sy betoog, absolusie van die instansie wel
verleen word. Hy het daarop
verwys na die toegewing deur Mnr Ras dat
die aanwesigheid van padlyne en padtekens geen verskil sou gemaak het
in sy optrede en
derhalwe met betrekking tot die plaasvind van die
botsing nie en het Mnr Syman dus toegegee, na my mening heeltemal
tereg, dat
hy nie enige sinvolle betoog aan my kan voorhou om die
aangeleentheid ten gunste van eiser verder te neem nie.
[22] By oorweging van die
vraag of absolusie van die instansie by sluiting van ‘n eiser
se saak verleen moet word, aldan nie,
behoort geloofwaardigheid nie,
behalwe in uitsonderlike omstandighede, ‘n rol te speel nie. In
ERASMUS SUPERIOR COURT PRACTICE,
F.B.J FARLAM E
T AL,
op
p. B1-292A tot B1-293 is dit opsommenderwys met verwysing na gesag as
volg verwoord:

In deciding
whether absolution should be granted at the close of the plaintiff’s
case, it must be assumed that in the absence
of very special
considerations, such as the inherent unacceptability of the evidence
adduced, the evidence is true. Questions of
credibility should not
normally be investigated at this stage of the proceedings, except
where the witness have palpably broken
down and where it is clear
that what they have stated, is not true.”
[23] In die onderhawige
geval is dit wel so dat Mnr Ras, soos ook deur Mnr Den Hartog aan die
hand gedoen, sekerlik nie een van
die beste getuies was nie en in
sekere opsigte het dit voorgekom dat hy moontlik nie meer behoorlik
kan onthou wat gebeur het nie
en/of was hy onseker oor sy getuienis.
Ek meen egter dat vir doeleindes van die oorweging van die aansoek om
absolusie van die
instansie, soos ook deur Mnr Den Hartog toegegee,
sy getuienis as waar en korrek aanvaar moet word.
[24] Wat betref die
benadering tot ‘n aansoek om absolusie van die instansie by
sluiting van ‘n eiser se saak, is dit
as volg gestel deur Harms
AR in
GORDON LLOYD PAGE & ASSOCIATES v RIVERA
2001 (1) SA
88
(SCA) op p. 92 E – 93 A:

The test for
absolution to be applied by a trial court at the end of a plaintiff’s
case was formulated in Claude Neon Lights
(SA) Ltd v Daniël
1976
(4) SA 403
(A) at 409 G – H in these terms:
‘…
..when
absolution from the instance is sought at the close of plaintiff’s
case, the test to be applied is not whether the
evidence led by
plaintiff establishes what would finally be required to be
established, but whether there is evidence upon which
a Court,
applying its mind reasonably to such evidence, could or might (not
should, nor ought to) find for the plaintiff. ….’
This implies that a plaintiff has to
make out a
prima facie
case – in the sense that there is
evidence relating to all the elements of the claim – to survive
absolution because
without such evidence no court could find for the
plaintiff…… As far as inferences from the evidence are
concerned,
the inference relied upon by the plaintiff must be a
reasonable one, not the only reasonable one….. The test has
from time
to time been formulated in different terms, especially it
has been said that the court must consider whether there is ‘evidence

upon which a reasonable man might find for the plaintiff’ –
a test which had its origin in jury trials when the ‘reasonable

man’ was a reasonable member of the jury…. Such a
formulation tempts to cloud the issue. The court ought not to be

concerned with what someone else might think; it should rather be
concerned with its own judgment and not that of another ‘reasonable

person or court’. Having said this, absolution at the end of a
plaintiff’s case, in the ordinary course of events,
will
nevertheless be granted sparingly, but when the occasion arises, the
court should order it in the interests of justice”.
[25] Gegewe die
totaliteit van die getuienis aangebied deur en namens die eiser en
die toegewings gemaak deur Mnr Ras, is daar na
my mening inderdaad
geen getuienis, nie eers `n
prima facie
saak, waarop bevind
kan word dat die afwesigheid van padlyne of padtekens enigsins ‘n
bydra gemaak het, met ander woorde kousaal
verbind kan word, tot die
plaasvind van die botsing nie. Op Mnr Ras se eie getuienis sou hy, en
waarskynlik ook die bestuurders
van die aankomende vragmotors, op
presies dieselfde wyse opgetree het selfs indien daar padlyne,
padmerke en/of padtekens was.
Die botsing sou dus in sodanige
omstandighede in ieder geval steeds plaasgevind het.
[26] Dit is dus duidelik
dat absolusie van die instansie verleen moet word ten opsigte van die
tweede geskilpunt vervat in die Reël
33(4)-bevel.
[27] Wat betref die
eerste geskilpunt in die Reël 33(4)-bevel, synde die graad van
nalatigheid aan die kant van eerste verweerder
se bestuurder en eiser
se bestuurder onderskeidelik in die veroorsaking van die botsing, was
al drie regsverteenwoordigers dit
eens dat hierdie aspek eers
relevant sou raak indien ek die bestaan van ‘n kousale verband
sou bevind tussen die afwesigheid
van die padlyne en die padtekens
aan die een kant en die plaasvind van die botsing aan die ander kant.
Gegewe die absolusie van
die instansie bevel wat ek voornemens is om
te maak ten gunste van tweede verweerder, meen ek dat dit dus onnodig
en irrelevant
is om enigsins ‘n bevinding te maak op die eerste
geskilpunt in die Reël 33(4)-bevel vervat. Insoverre dit egter
moontlik
nodig mag wees of nodig mag word dat dit in die toekoms
beslis word, hoewel dit onwaarskynlik is, sal ek veiligheidshalwe
hierdie
geskilpunt
sine die
uitstel.
[28] Wat betref eerste
verweerder se teeneis teen eiser, het Mnr Snyman aan die hand gedoen
dat absolusie van die instansie ten
gunste van eiser daaromtrent
verleen behoort te word, met geen kostebevel nie. Ek is dit eens dat
dit die gepaste bevel is onder
die omstandighede.
KOSTE:
A.
Gedingskoste:
[29] Al drie
regsverteenwoordigers was dit eens dat indien ek absolusie van die
instansie ten gunste van tweede verweerder verleen,
dit met koste
verleen moet word, synde verwysend na die gedingskoste. Hulle was dit
ook eens dat in sodanige geval eiser dan ook
aanspreeklik behoort te
wees vir die betaling van die derde party se gedingskoste. Ek stem
met hierdie submissie saam en is dus
voornemens om dit aldus te
gelas.
B.
Verspilde koste van
27 Januarie 2009 en van 29 November 2011 onderskeidelik:
[30] Volgens al die
regsverteenwoordigers, was bogemelde datums die enigste uitsteldatums
waartydens gelas is dat koste oorstaan
vir latere beregting en is
daar geen ander oorgestane kostebevele nie. Ek is dus slegs gevra om
die verspilde koste ten opsigte
van hierdie twee datums te bereg. Die
advokate het my op volledige wyse toegespreek ten opsigte van die
gebeure en faktore wat
hulle onderskeidelik betoog het my bevinding
behoort te bepaal. Hoewel ek my deeglik vergewis het van die inhoud
van hul onderskeie
betoë, is ek nie voornemens om dit in detail
te herhaal nie, maar sal die tersaaklike aspekte daarvan tog blyk uit
die wyse
waarop ek met die gebeure wat na my mening tersaaklik is by
die bepaling van die gepaste kostebevele, hieronder mee gaan handel.
B1. 27 Januarie 2009
[31] Dit was die betoog
van Mnr Snyman dat tweede verweerder beide die eiser en die derde
party se verspilde koste teweeggebring
deur die uitstel op 27
Januarie 2009, behoort te betaal. Beide Mnre Den Hartog en Maritz het
betoog dat die verspilde koste teweeggebring
deur die uitstel op 27
November 2009, koste in die geding behoort te wees op die basis dat
nie enige van die partye werklik op
daardie stadium gereed was om met
die verhoor voort te gaan nie en geen spesifieke party derhalwe
aanspreeklik was vir daardie
uitstel nie.
[32] Mnr Den Hartog het
ten tyde van sy betoog vermeld dat gedurende of omtrent 18 Desember
2008 namens eiser gepoog was om Reël
37-samesprekings te hou.
Vanweë die feesseisoen wat toe reeds op hande was, was nie al
die tersaaklike regsverteenwoordigers
beskikbaar om dit by te woon
nie, waarop dit eventueel op 19 Januarie 2009 plaasgevind het.
Hierdie feite blyk nie in dispuut te
wees nie en aanvaar ek dit dus
ter agtergrond. Hierdie Reël 37- samesprekings het derhalwe
plaasgevind enkele dae voor die
verhoor ‘n aanvang moes neem op
27 Januarie 2009. Uit die Reël 37-notule ten opsigte van daardie
samesprekings, soos
dit voorkom op bladsye 492 tot 501 van die
geïndekseerde pleitstukke, blyk die volgende aspekte waarna die
advokate ook in
hul betoë verwys het en wat na my mening
tersaaklik is vir doeleindes van die beregting van die koste:
Eiser het sekere navrae
in terme van Reël 37(4) aan tweede verweerder gerig, ten
opsigte waarvan genotuleer is dat tweede
verweerder onderneem het om
die navrae te beantwoord teen 21 Januarie 2009.
Die derde party het die
volgende beweerde benadeling in paragraaf 3 van die notule laat
notuleer:

3.1
The
Plaintiff’s discovery affidavit had not been served on the
Third Party, but was only telefaxed to it on 8 January 2009.
The
discovered documents were only provided to the Third Party on 13
January 2009.
3.2 The Plaintiff’s discovery
was inadequate and a notice in terms of Rule 35(3) would be served on
the Plaintiff by no later
than 21 January 2009.
3.3 The Third Party only received the
Second Defendant’s discovery affidavit by telefax on 14 January
2009.
3.4 The Second Defendant’s
discovery was inadequate and the Third Party’s attorneys have
already requested proper discovery
in a letter. A notice in terms of
Rule 35(3) will be served on the Second Defendant by no later than 21
January 2009.”
Dit is ook in paragraaf
5 genotuleer dat alle partye toestem dat betekening kan geskied via
e-pos en faksimilee.
Wat betref die
voorbereiding van bundels, is die volgende in paragraaf 13
genotuleer:

The
Plaintiff will prepare the bundle of documents for use by the
parties, the witnesses and the Court and the Defendant and Third

Party are invited to indicate whether they want to supplement the
bundle. The Plaintiff undertook to provide its bundle by 21 January

2009.”
[33] Ten tyde van Mnr
Snyman se betoog, het hy uitgewys dat die ooreenkoms dat die saak op
27 Januarie 2009
sine die
uitgestel word met koste om oor te
staan, voortgespruit het uit ‘n voorstel tot dien effekte deur
tweede verweerder se prokureur
van eerste instansie. In die verband
het hy verwys na ‘n skrywe van laasgenoemde prokureur aan die
ander partye se prokureurs
van eerste instansie, gedateer 21 Januarie
2009, welke aan my opgehandig is en na aanleiding waarvan hy sekere
submissies gemaak
het. Hoewel dit ‘n redelike lywige skrywe is,
ag ek dit noodsaaklik om die inhoud daarvan hierin te herhaal:

1.
The
Third Party’s letter dated 16 January 2009 has reference.
It appears from the discussions
between the various parties that it is inevitable that the matter
cannot proceed due to the voluminous
amount of documents required by
the Third Party from Second Defendant and Plaintiff. The Third Party
also states in its letter
dated 16 January 2009 that the matter is
not right for hearing.
The Second Defendant is at present
using all resources in an attempt to obtain the necessary
documentation, make copies thereof,
collate same and provide the
necessary bundles.
Both Plaintiff and Third Party are
seeking an order that their costs be paid in the event of a
postponement as they allege that
they are not to blame for the state
of affairs.
Save for the allegations levelled at
the Second Defendant insofar as it may be at fault, Second Defendant
does not believe that
Plaintiff and Third Party are entirely
innocent for the existing state of affairs, for the following
reasons:
Ad Plaintiff:
A pre-trial was only arranged in the
last three weeks before trial and had this been done prior to the
vocation period and/or
six weeks as provided for in the Rules, the
situation as it stands could have been avoided.
The Third Party alleges that
plaintiff’s discovery is inadequate and consequently the
Plaintiff is also at fault.
The Plaintiff has only undertaken to
withdraw its claim against the First Defendant on the 20
th
January 2009, thereby prejudicing Second Defendant and Third Party
in not allowing them to consult with First Defendant’s

witnesses and/or gain access to the First Defendant’s
documents.
Ad Third Party:
Until the pre-trial, the Third Party
has taken no steps to enforce discovery and/or obtain discovery
affidavits from either
the Plaintiff or the Second Defendant.
It is trite law that a dilatory
party to litigation is not entitled to rest on its laurels and
await the coming of the trial
date to raise its complaints of
non-compliance by other parties without having used the machinery
of the court rules to enforce
any such non-compliance.
The masses of documents called for
by the Third Party from Plaintiff and/or Second Defendant may very
well prove to be irrelevant
and/or superfluous in the
circumstances.
Having regard to all of the above, it
is our instructions to record the following proposals to both
Plaintiff and Third Party:
The matter be postponed
sine die
;
Costs to be reserved.
7. Should any of the parties not be
amenable to the aforesaid proposal, the contents of this letter will
be brought to the attention
of the presiding Judge and particularly
the fact that the three sets of legal teams will have to travel to
Bloemfontein merely
to argue an issue of costs which can be argued at
any later stage. A punitive cost order will accordingly be sought
against any
party not agreeing to the aforesaid proposal.”
[34] Mnr Snyman het
betoog dat die kruks van die saak egter is dat die derde party op
daardie stadium dokumente vanaf tweede verweerder
versoek het, welke
dokumente handel met die kontraktuele verhouding wat tussen die derde
party en tweede verweerder geheers het
op datum van die plaasvind van
die botsing, welke dokumente tweede verweerder nie aan die derde
party verskaf het nie en inderdaad
eers die week voor die huidige
verhoor beskikbaar gemaak is deur tweede verweerder. (Dit is die
dokumente waarna gedurende die
advokate se betoë verwys is as
die “ ongeveer 2000 bladsye”.) Daardie dokumente het dus,
aldus mnr Snyman se betoog,
slegs met die
lis
tussen tweede
verweerder en die derde party gehandel en het eiser geen verpligting
ten opsigte van die blootlegging daarvan gehad
nie. Aldus Mnr Snyman
se verdere betoog, was eiser nie op daardie stadium enige
dokumentasie aan tweede verweerder of die derde
party verskuldig nie,
nieteenstaande die bewerings in hierdie verband in beide die Reël
37-notule en die skrywe van 21 Januarie
2009 nie. Ter stawing hiervan
het Mnr Snyman daarop gewys dat daar op geen stadium ‘n Reël
35(3) kennisgewing op eiser
beteken was vir doeleindes van sodanige
verdere blootlegging nie.
[35] Addisioneel tot
voormelde, het Mnr Snyman ook betoog dat tweede verweerder die
antwoorde wat hy in terme van Reël 37(4)
onderneem het om op 21
Januarie 2009 aan eiser te verskaf, waarna ek reeds in paragraaf 32
hierbo verwys het, ook nie verskaf het
nie en dat eiser dit eers op
Maandag, 28 November 2011, dit wil sê ‘n dag voor die
aanvang van die huidige verhoor,
ontvang het.
[36] Mnr Snyman het
gevolglik betoog dat tweede verweerder die party is wat nie gereed
was om op verhoor te gaan op 27 Januarie
2009 nie en dat dit dus die
party is wat aanspreeklik behoort te wees vir beide eiser en die
derde party se verspilde koste ten
opsigte van daardie datum.
[37] Ek het deeglik
oorweging geskenk aan Mnr Snyman se betoog. Ek meen egter dat daar
duidelik sekere dispute tussen die partye
bestaan het op daardie
stadium wat nie deur blote betoog uit die weg geruim kan word nie.
Hoewel Mnr Snyman betoog dat dit net
tweede verweerder was wat op
daardie stadium versuim het om tersaaklike dokumentasie aan die derde
party te verskaf, blyk dit duidelik
uit die Reël 37-notule dat
die derde party op daardie stadium van mening was dat eiser se
blootlegging nie net laat geskied
het nie, maar ook onvolledig was.
Addisioneel hiertoe, het tweede verweerder by wyse van die skrywe van
21 Januarie 2009, aspekte
uitgewys op grond waarvan namens tweede
verweerder beweer is dat eiser saam met die ander partye
verantwoordelik was daarvoor dat
die aangeleentheid nie op daardie
stadium ryp vir verhoor was nie. Wat tweede verweerder se antwoorde
in terme van Reël 37(4)
betref, blyk daar ook ‘n dispuut
hieromtrent te bestaan. Mnr Den Hartog het aan my `n dokument
bevattende sodanige antwoorde
verskaf, tesame met ‘n dekskrywe
deur tweede verweerder en twee bewyse van faksimilee versendings, op
grond waarvan Mnr Den
Hartog betoog het dat die Reël 37(4)
antwoorde inderdaad, soos ooreengekom was ten tyde van die Reël
37-samesprekings,
per faksimilee aan eiser verskaf was op 21 Januarie
2009. Aangesien dit egter namens eiser beweer was dat hierdie
antwoorde nie
ontvang was nie en omdat tweede verweerder se prokureur
op daardie stadium nie ‘n afskrif van die antwoorde wat reeds
verskaf
was kon verkry nie, is ‘n nuwe dokument bevattende
sodanige antwoorde opgestel en geliasseer op 25 November 2011, `n
afskrif
waarvan in my hofleêr was. Mnr Den Hartog het voorts
verduidelik dat na die liassering van laasgenoemde dokument, is die
oorspronklike dokument egter weer in die leêr van tweede
verweerder se plaaslike korrespondent opgespoor. Mnr Snyman het
daarop die twee dokumente vergelyk en uitgewys dat daar `n verskil in
die antwoorde is wat in paragraaf 9 van die onderskeie dokumente

verskaf is. Hoe dit ook al sy, wat duidelik is, is dat daar ook ‘n
dispuut tussen die partye bestaan wat die tydige verskaffing
van
hierdie antwoorde betref.
[38] Wanneer ek al die
voormelde aspekte oorweeg, ingesluit die klaarblyklike dispute wat
tussen die partye bestaan het ten opsigte
van hul onderskeie
aanspreeklikheid of verantwoordelikheid vir die feit dat die
aangeleentheid nie op daardie stadium op verhoor
kon gaan nie, meen
ek dat die betoë van Mnr Den Hartog en Mnr Maritz waarskynlik
die korrekte is. Aldus hulle betoë was
daar op daardie stadium,
dit wil sê kort voorafgaande en tydens die plaasvind van die
(laat) Reël 37-samesprekings en
die enkele dae voorafgaande die
verhoor, ‘n spreekwoordelike geskarrel tussen die partye om aan
die een kant die aangeleentheid
poog ryp te druk vir verhoor en aan
die ander kant oor en weer spreekwoordelik modder te gooi oor waarom
die aangeleentheid nie
ryp is vir verhoordoeleindes nie. Dit blyk vir
my duidelik uit die kontemporêre dokumente wat op daardie
stadium tot stand
gekom het, in besonder die Reël 37-notule en
die skrywe van 21 Januarie 2009, dat daar waarskynlik skuld, in ‘n
meerdere
of mindere mate, voor die deur van elk van die partye gelê
het wat veroorsaak het dat die aangeleentheid nie gereed was om
op
verhoor te gaan nie.
[39] Ek stem derhalwe met
Mnr Den Hartog en Mnr Maritz saam dat die verspilde koste
teweeggebring deur die uitstel van die verhoor
op 27 Januarie 2009,
koste in die geding moet wees.
B2. 29 November 2011
[40] Wat die verspilde
koste teweeggebring deur die uitstel van 29 November 2011 betref, het
Mnr Snyman toegegee dat die oggend
se verspilde koste gedeeltelik
teweeggebring was deur eiser. Hy het egter betoog dat tweede
verweerder en die derde party vanweë
die redes wat ek hieronder
sal vermeld, ook gedeeltelik aanspreeklik behoort te wees vir die
verspilde koste van die oggend en
het hy aan die hand gedoen dat dit
dus deur al drie partye gedra behoort te word. Vanweë die feit
dat eiser se bundels teen
13h00 die middag aan die ander partye
beskikbaar gestel was en aangesien die middag van 29 November 2011
egter toe deur al die
partye benut was om die aanvullende Reël
37- samesprekings te hou, waarna ek reeds vroeër in hierdie
uitspraak verwys
het, het hy betoog dat selfs indien slegs eiser
aanspreeklik gehou sou word vir die oggend se verspilde koste, dit
nie reg en billik
sal wees dat eiser ook verantwoordelik moet wees
vir die betaling van die middag se verspilde koste nie – dit
behoort onder
die omstandighede deur die partye gedeel te word.
Teenoor voormelde, was
dit die submissies van beide Mnr Den Hartog en Mnr Maritz dat eiser
aanspreeklik behoort te wees vir die
verspilde koste van die dag,
deurdat die uitstel teweeggebring was deur eiser se versuim om gereed
te wees om met die verhoor voort
te gaan en het hulle voorts betoog
dat die middag se verdere Reël 37-samesprekings bloot
voortvloeiend was uit die feit dat
eiser veroorsaak het dat die
partye nie die middag in die hof kon wees nie.
[41] Dit blyk gemeensaak
te wees en het Mnr Snyman toegegee dat die vier bewysstukbundels van
eiser nie voorafgaande die aanvangsdatum
van die verhoor aan die
ander partye beskikbaar gestel was nie en was dit ook nie die oggend
van 29 November 2011, toe die verhoor
‘n aanvang moes geneem
het, gepagineer en gereed om aan die ander partye beskikbaar gestel
te word nie. (`n Mindere probleem,
maar tog ook voor die deur van die
eiser, is dat nie al die pleitstukke van eiser en die hof behoorlik
en ooreenstemmend met mekaar
geïndekseer en gepagineer was nie.)
Gevolglik het Mnr Snyman tereg toegegee dat die oggend se verspilde
koste, hoewel volgens
sy submissie sleg gedeeltelik, teweeggebring
was deur eiser. Sy betoog dat die ander twee partye ook gedeeltelik
aanspreeklik behoort
te wees vir die oggend se verspilde koste, het
Mnr Snyman op die volgende gebaseer:
Die blootlegging van die
“ongeveer 2 000 bladsye” wat nog deurentyd deur tweede
verweerder aan die derde party verskuldig
was, is eers ongeveer ‘n
week voor die verhoor deur tweede verweerder beskikbaar gemaak,
sonder dat tweede verweerder aangedui
het welke van die dokumentasie
relevant is en welke tweede verweerder voornemens is om te gebruik
tydens die verhoor. Verdermeer
het Mnr Snyman ook daarop gewys dat
eiser ‘n kennisgewing van wysiging vanaf tweede verweerder
ontvang het en was dit vir
eiser noodsaaklik om te weet of tweede
verweerder van voornemens was om met die wysiging voort te gaan,
aldan nie, en kon die
verhoor nie voortgaan alvorens uitsluitsel
daaromtrent aan eiser gegee was nie, wat nie gebeur het nie.
Wat die derde party
betref, het Mnr Snyman toegegee dat die derde party se dokumentasie
in orde was, maar dat daar ‘n soortgelyke
situasie as in die
geval met tweede verweerder bestaan het, deurdat die derde party ook
‘n kennisgewing van aansoek om
wysiging geliasseer het, ten
opsigte waarvan die derde party eers aan eiser moes aandui of daar
voortgegaan word met die wysiging,
aldan nie, voordat daar met die
verhoor voortgegaan kon word.
[42] Mnr Den Hartog het
ten tyde van sy betoog hieromtrent daarop gewys dat tweede verweerder
inderdaad gedurende Oktober 2012 aanvullende
blootlegging gedoen het,
maar dat dit uit ongeveer 3 500 bladsye dokumente bestaan het. Vanweë
die feit dat geen bewysstukbundels
vanaf eiser verkry was soos wat in
die oorspronklike Reël 37- samesprekings ooreengekom was nie,
het dit tweede verweerder
genoodsaak om sy eie bundels saam te stel,
welke bundels die “ongeveer 2 000 bladsye” behels het –
dus is dit
nie korrek as beweer word dat tweede verweerder nie
aangedui het welke van die blootgelegde dokumentasie hy voornemens is
om te
gebruik nie. Hierdie bundels was ongeveer tien dae voor die
verhoor beskikbaar gemaak, gepagineer en geïndekseer. Mnr Den
Hartog het toegegee dat by die aanvang van die verhoor op 29 November
2011, tweede verweerder aanvanklik te min bundels beskikbaar
gehad
het, maar het hy daarop gewys dat daar toe twee addisionele kopieë
verkry is en was hierdie probleem teen 11h00 die
oggend uitgesorteer
en was tweede verweerder dus toe gereed om met die verhoor voort te
gaan. Eiser het egter toe aangedui dat
sy gepagineerde bundels steeds
nie gereed en beskikbaar was nie, voortspruitend waaruit die uitstel
tot 30 November 2011 toe versoek
en verleen was. Mnr Den Hartog het
dus betoog dat eiser verantwoordelik was vir die uitstel en derhalwe
aanspreeklik moet wees
vir die verspilde koste van 29 November 2011.
[43] Wat die derde party
en meer spesifiek die voorgenome wysiging waarna Mnr Snyman verwys
het, betref, het Mnr Maritz daarop gewys
dat hy die oggend van 29
November 2011 dit pertinent in kamers op rekord gestel het dat indien
eiser sou beweer dat dit die voorgenome
wysiging is wat die oponthoud
met betrekking tot die aanvang van die verhoor en die uiteindelike
uitstel na die volgende dag veroorsaak,
dit nie ‘n korrekte
bewering sou wees nie. Mnr Maritz het voorts daarop gewys dat hy dit
daardie oggend in kamers spesifiek
gestipuleer het dat indien die
voorgenome wysiging enigsins ‘n probleem sou wees vir eiser wat
tot ‘n oponthoud van
die verhoor sou aanleiding gee, Mnr Maritz
die wysiging sou laat vaar. Mnr Maritz het derhalwe betoog dat eiser
uitsluitlik verantwoordelik
was vir die uitstel van die verhoor op 29
November 2011 en dus aanspreeklik behoort te wees vir die verkwiste
koste daardeur veroorsaak.
[44] Na my mening is dit
dus `n gegewe dat eiser se verhoorbundels nie net nie voor die tyd
aan die ander partye beskikbaar gestel
was nie, maar dat dit ook die
oggend waarop die verhoor ‘n aanvang moes neem op 29 November
2011, steeds nie beskikbaar en
gepagineer was nie. Die verhoor kon
nie ‘n aanvang neem sonder dat dit gedoen is nie. Wat tweede
verweerder se bundels betref,
was dit tydig aan die ander partye
beskikbaar gestel en met betrekking tot die tekort aan twee bundels
die oggend van die verhoor,
was hierdie probleem teen 11h00
uitgesorteer, op welke tydstip eiser se bundels steeds nie gereed en
beskikbaar was nie. Wat tweede
verweerder en die derde party se
kennisgewing van wysigings betref, is dit inderdaad so dat Mnr Maritz
pertinent die derde party
se houding met betrekking tot die
voorgenome wysiging in kamers op rekord gestel het soos deur hom
herhaal ten tyde van sy betoog.
Eiser kan dus na my mening nie nou
gehoor word om te sê dat dit enigsins ‘n oponthoud kon
veroorsaak het nie. In ieder
geval, indien eiser op 29 November 2011
gereed was om met die verhoor voort te gaan, kon Mnr Snyman by die
aanvang daarvan in die
ope hof aangedring het op uitsluitsel met
betrekking tot tweede verweerder en die derde party se voorgenome
wysigings, wat hy nie
kon doen nie, juis omdat eiser nie gereed was
om met die verhoor voort te gaan nie.
[45] Gevolglik is ek
oortuig dat dit duidelik is dat die uitstel uitsluitlik teweeggebring
was deur die skuld van eiser.
[46] Die feit dat eiser
se bundels die middag beskikbaar was en die middag eventueel toe ook
gebruik was om aanvullende Reël
37- samesprekings te hou, welke
die beperking van geskilpunte tot gevolg gehad het, is na my mening
irrelevant vir doeleindes van
die beslissing wie aanspreeklik is vir
die verspilde koste van 29 November 2011. Die feit bly staan dat die
Reël 37- samesprekings
nie die oorsaak was dat die partye nie
die middag van 29 November 2011 in die Hof was nie – eiser was
steeds die oorsaak
daarvan. Die blote feit dat die tyd toe nuttig
deur die partye gebruik was, doen nie afbreuk aan die oorspronklike
rede waarom
die saak uitgestel was op 29 November 2011 tot 30
November 2011 nie. Die feit dat die bundels ook teen 13h00 beskikbaar
en gelewer
was, is insgelyks irrelevant, want toe was die uitstel
reeds versoek en verleen. Derhalwe behoort eiser na my mening ook
aanspreeklik
te wees vir die middag se verspilde koste.
BEVEL:
[47] Gevolglik word die
volgende bevele gemaak:
Met betrekking tot die
geskilpunt uiteengesit in 1(b) van die Reël 33(4)-bevel, word
absolusie van die instansie ten gunste
van tweede verweerder
verleen.
Eiser word gelas om
tweede verweerder en die derde party se gedingskoste te betaal.
Met betrekking tot die
geskilpunt in 1(a) van die Reël 33(4)-bevel, word die
beslissing daarvan
sine die
uitgestel.
Ten opsigte van eerste
verweerder se teeneis teen eiser, word absolusie van die instansie
ten gunste van eiser verleen, met geen
kostebevel nie.
Wat betref die verspilde
koste teweeggebring deur die uitstel op 27 Januarie 2009, word dit
gelas koste in die geding te wees,
welke koste dus voortspruitend
uit die bevel in paragraaf 2 hierbo, deur eiser betaal moet word.
Wat die verspilde koste
van 29 November 2011 betref, word dit gelas dat dit deur eiser
betaal moet word.
____________
C. VAN ZYL, R
Namens die Eiser: Adv M.
Snyman
In opdrag van:
Goodrick & Franklin
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens die Tweede
Verweerder: Adv A.P. den Hartog
In opdrag van:
Lovius Block Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens die Derde Party:
Adv J.D. Maritz SC
In opdrag van:
Webbers Prokureurs
BLOEMFONTEIN