S v Boshielo (145/83) [1984] ZASCA 13 (16 March 1984)

58 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Intent — Appellant convicted of murder, attempted murder, and arson after setting fire to a house with occupants inside, resulting in the death of his father — Appellant's claim of lack of intent rejected — Evidence supported finding of dolus eventualis. The appellant, Lazarus Puleng Boshielo, was convicted of murder, attempted murder, and arson for setting fire to a house where his father and two others were present, leading to his father's death from severe burns. The appellant admitted to starting the fire but denied intent to kill, claiming he only intended to scare the occupants. The trial court found sufficient evidence of intent, leading to his conviction. The legal issue was whether the appellant possessed the requisite intent for the charges against him, particularly in light of his claim that he did not intend to kill. The court held that the evidence established the appellant's awareness of the potential consequences of his actions, thus supporting a finding of dolus eventualis, and affirmed the convictions.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 13
|

|

S v Boshielo (145/83) [1984] ZASCA 13 (16 March 1984)

Saaknommer: 145/83
WHN
LAZARUS PULENG BOSHIELO
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
JOUBERT
, AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
LAZARUS PULENG BOSHIELO
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
Coram
: JOUBERT, NICHOLAS, ARR., et GROSSKOPF, Wn
AR.
Verhoor
: 24 Februarie 1984 Gelewer: 16
Maart 1984
UITSPRAAK JOUBERT
, AR. :
/Die
2
Die appellant, 'n 28 jarige Swartman, is in die Transvaalse
Provinsiale Afdeling voor VAN DYK, R. aangekla op vier klagtes. Klagte
1 is
moord deurdat hy op 21 April 1981 te Toitskraal in die distrik Moutse 'n huis
waarin sy vader Koos Boshielo (die oorledene)
geslaap het aan die brand gesteek
het as gevolg waarvan die oorledene ernstige brandwonde opgedoen het na aan=
leiding waarvan hy
op 24 April 1981 in die Philadelphia Hospitaal oorlede is.
Klagte 2 is poging tot moord op 'n Swartvrou, Sina Boshielo, wat op dieselfde
datum in gemelde huis was toe die appellant dit aan die brand gesteek het.
Klagte 3 is ook 'n poging tot moord op 'n
/Swartdogter
3
Swartdogter, Anna Molomo, (13 jaar oud) wat op dieselfde datum
in gemelde huis was toe die appellant dit aan die brand gesteek het.
Klagte 4
slaan op brandstigting deur die appellant ten aansien van gemelde huis op
dieselfde datum.
By die aanvang van die verhoor het die appellant op al die klagtes onskuldig
gepleit. Hy het wel erken dat hy die nag van 20/21 April
1981 'n kombers by die
gemelde huis aan die brand gesteek het. Hy het egter geweier om die basis van sy
verweer uiteen te sit. Hy
is verhoor en is op al vier klagtes skuldig bevind.
Op
/klagte
4
klagte 1 is hy skuldig bevind aan moord met versagtende
omstandighede en gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf. Op klagtes 2 en 3 is
hy
gevonnis tot 5 jaar gevangenisstraf op elkeen daarvan. Op klagte 4 is hy 2 jaar
gevangenisstraf opgelê. Die vonnisse op
klagtes 2,3 en 4 loop gelyktydig
met die vonnis op klagte 1.
Met verlof van die Hoofregter kom die appellant nou na hierdie Hof in
hoër beroep teen sy skuldigbevindings en vonnisse.
Die oorledene het twee huise gehad wat ongeveer 12 na 15 meter van mekaar op
dieselfde perseel geleë is. Daar is om die perseel
'n draadheining met 'n
groot hek
/vir
5
vir motorvoertuie sowel as 'n klein hek vir voetgangers. In die
een huis het die oorledene se eerste vrou Jane en hul drie minderjarige
kinders
gewoon terwyl die appellant in Pretoria gewerk het. Ek sal voortaan na hierdie
huis as „huis nr 1" verwys. Die oorledene
het Sina Boshielo as 'n tweede
vrou geneem en sy het met hul kind Anna Molomo ongeveer 2 maande voor die
brandstigting in die huis
waar die brand plaasgevind het, gaan woon. Ek sal
voortaan na hierdie huis as „huis nr 2" verwys. Jane het huis nr 1 verlaat
en daar het baie bitter en kwaai gevoelens tussen die oorledene en sy kinders by
Jane, insluitende
/die
6
die appellant, ontstaan.
Huis nr 2 het uit twee vertrekke bestaan, nl. 'n voorhuis met 'n opening na
'n slaapkamer. Daar is net een buitedeur met 'n venster
aan elke kant daarvan.
Die venster regs van die buitedeur is by die voorhuis. Dit het 'n staalraam
sonder glasruite gehad. 'n Groen
kombers het as 'n gordyn gedien. Die venster
links van die buitedeur is by die slaapkamer. Dit het 'n staal= raam met
glasruite gehad.
Die buitedeur kon van binne met 'n werwel toegemaak word. Van
buite kon dit met 'n skuifslot toegemaak word. Die nag van 20 April
1981
/was
7
was die buitedeur slegs van binne toegemaak toe die oorledene
en Sina Boshielo in die slaapkamer en Anna Molomo in die voorhuis geslaap
het.
Huis nr 2 het grondmure en 'n sinkdak.
Die oorledene het voordat hy die betrokke nag gaan slaap het die groot hek
toegemaak en gesluit met 'n slot aan 'n ketting. Op daardie
stadium was die
appellant se motorkar op die perseel geparkeer by huis nr 1. Appellant het die
betrokke naweek sy drie minder= jarige
broers kom besoek.
/Gedurende
8
Gedurende die nag is Sina Boshielo sowel as Anna Molomo gewek
toe die appellant aan die slaapkamer se venster geklop het om die sleutel
van
die groot hek te vra. In kruisondervraging het Sina Boshielo gesê dat die
appellant mooi met die oorledene gepraat het.
Laas= genoemde het te kenne gegee
dat hy sou opstaan en die sleutel vir die appellant gee. Sina Boshielo het haar
kop met 'n kombers
bedek. Die volgende wat sy gehoor het,is toe Anna Molomo
skree daar is 'n brand. Sy het gesien dat die gordyn by die voorhuis se
venster,
die buitedeur en die slaapkamer se venster brand. Die
/oorledene
9
oorledene wat reeds gekleed was, het die buitedeur oopgeruk en
na buite gevlug. Sy het net 'n damesbroekie aangehad toe sy uit die
huis vlug.
Sy het brandwonde aan haar voete en linkerarm opgedoen. Anna Molomo se getuienis
het haar in wesenlike opsigte ondersteun.
Anna Molomo het probeer om 'n venster
oop te maak maar sy kon nie. Sy het 'n kombers om haar gehang maar toe dit by
die buitedeur
vlam vat, het sy dit laat val. Sy het toe ongedeerd na buite
gevlug.
Die oorledene se broer Piet Boshielo wat daar naby woon, het spoedig op die
toneel verskyn en met
/hulp
10
hulp van 'n paar mense het hulle daarin geslaag om die brand
met grond te blus. Naby die buitedeur het hy 'n 5 liter plastiese emmertjie
sien
staan. Dit het na petrol geruik. Hy het gesien dat die appellant die groot hek
se slot met 'n byl stukkend kap. Daarna het die
appellant in sy motorkar deur
die groot hek weggery.
Die ondersoekbeampte Disego Mampane het huis nr 2 na die voorval besoek. Hy
het gevind dat die buitedeur van hout is en dat aan die
regterkant is dit van bo
tot onder gebrand. Die twee vensters het tekens van brand getoon. Die glasruite
van die een venster
/was
11
was stukkend. Aan die muur en die dak binnekant die huis het
hy kolle gesien wat deur vlamme veroorsaak is. Daar was geen meubels
in die huis
nie. Buitekant van die muur af na die lapa is daar met mis gesmeer. Hy kon
brandmerke vanaf albei vensters en die buitedeur
kry. By die vensters is beesmis
gesmeer en dit het ook gebrand.
Dr Ninaber, die deeltydse distriksgeneesheer, het getuig dat hy die oorledene
onder sy sorg en behandeling gehad het vanaf die oggend
van 21 April 1981 totdat
die oorledene op 24 April 1981 oorlede is. Die oorledene het ongeveer 65%
brandwonde, hoofsaaklik 2e graad
s'n,
/min
12
min of meer oor sy hele liggaam gehad. Hy het geen ander
beserings gehad nie. Sy toestand het progressief verswak vanwee komplikasies
as
gevolg van die brand= wonde wat die oorsaak van sy dood was. Volgens dr Ninaber
is 'n mens wat meer as 50% 2e graadse brandwonde
het, se kanse op oorlewing baie
swak. In kruisondervra= ging het hy beweer dat dit baie hoogs onwaarskynlik is
dat daar 'n ander
doodsoorsaak was. Daar is geen lyk= skouing op die oorledene
gehou nie. Ek sal weer hiermee handel.
Die appellant se relaas van die gebeure was dat hy in die vroeë
oggendure van 21 April 1981 met sy
/motorkar
13
motorkar na Pretoria moes terugkeer om te gaan werk. Die groot
hek was egter met 'n ketting en 'n slot deur die oorledene gesluit
sodat hy nie
sy motorkar van die perseel kon verwyder nie. Volgens hom het hy verskeie kere
aan die venster van die slaapkamer by
huis nr 2 gaan klop en die oorledene vir
die sleutel van die slot gevra. Die oorledene het elke keer vir hom gesê:
"
wag ek kom". Hy het na sy motorkar gegaan en nadat hy oor die
aangeleentheid gepeins het, het hy besluit om omtrent 'n beker se petrol
van sy
motorkar in die geel plastiese emmer af te tap. Hy het 'n koppie geneem en
hierdie
/petrol
14
petrol slegs op die groen kombers gegooi wat by die venster
van die voorhuis as gordyn gedien het. Hy het dit aan die brand gesteek.
Hy het
ontken dat hy elders by huis nr 2 ook petrol gegooi het. Hy het ontken dat hy
die buitedeur en die venster met die glasruite
gebrand het. Hy het buitekant
gestaan toe die oorledene gevolg deur Sina Boshielo en Anna Molomo by die
buitedeur na buite gevlug
het. Hy het toe 'n byl geneem waarmee hy die slot
oopgebreek het en toe het hy met sy motorkar na Pretoria vertrek.
/By
15
By 'n opweging van die getuienis as 'n geheel is dit na my
oordeel duidelik dat die appellant se weer= gawe van die omvang van die
brandskade verwerp moet word waar dit oor hierdie aspek bots met die getuienis
van Sina Boshielo, Anna Molomo, Piet Boshielo en Disego
Mampane. In die lig
daarvan asook op die waarskynlikhede van die geval moet sy bewering dat hy slegs
petrol op die groen kombers
gegooi het en slegs dit aan die brand gesteek het,
verwerp word. Uit die aanvaarbare getuienis is die enigste redelike afleiding
te
maak dat die appellant ook petrol op die regterkant van die buitedeur asook
op
/die
16
die slaapkamer se venster met glasruite gegooi het en dat hy
dit aan die brand gesteek het.
Die appellant was bewus daarvah dat die oorledene saam met Sina Boshielo en
Anna Molomo in huis nr 2 die betrokke nag was. Hy het
ontken dat hy die
bedoeling gehad het om hulle te dood anders „sou hulle nie by my verby
gekom het nie". Weliswaar het hy nie
opset as oogmerk (
dolus directus
)
gehad nie soos blyk uit die feit dat hy nie die buitedeur van buite met die
skuif= slot toegemaak het nie. Die appellant beweer
dat hy die petrol aangewend
het en die brand gestig het om
/hulle
17
hulle skrik te maak sodat wanneer hul besig sou wees om die
brand te blus hy die geleentheid sou kry om die slot van die groot hek
oop te
breek. Dit is egter onsinnig want hy kon in elk geval gegaan het en die slot
oopgebreek het sonder om die brandstigting te
pleeg. Hy het by die enigste drie
ontsnappingsplekke van huis nr 2 petrol gegooi en dit aan die brand gesteek. Na
my mening het die
Verhoorregter tereg bevind dat die appellant opset by
moontlikheidsbewussyn (
dolus eventualis
) gehad het.
Daar is namens die appellant groot klem gelê op die feit dat geen
lykskouing op die oorledene gehou is
/om
18
om die oorsaak van sy dood vas te stel nie. Daar is aangevoer
dat die Staat nie bo redelike twyfel hom van die bewyslas gekwyt het
as sou die
oorledene se dood deur die brandwonde veroorsaak gewees het nie. In die lig van
die aard en strekking van die mediese
getuienis van dr Ninaber is dit na my
mening duidelik dat die Staat wel bo redelike twyfel bewys het dat die oorledene
dood is as
gevolg van die komplikasies wat die 2e graadse brandwonde teweeg
gebring het.
Dit is namens die appellant betoog dat daar 'n onbehoorlike verdubbeling van
klagtes plaasgevind het
/wat
19
wat gelei het tot 'n verdubbeling van skuldigbevindings. Volgens die betoog
het die appellant slegs één handeling verrig
nl. die veroorsaking
van die brand, met één opset sodat die appellant slegs aan
opsetlike saakbeskadiging (klagte 4)
skuldig bevind kon word of in die
alternatief aan aanranding van die oorledene onder klagte 1. Hierdie betoog
verloor egter uit die
oog dat regtens 'n wederregte= like handeling, soos
brandstigting, met meer as een opset gepleeg kan word, bv. opset om 'n saak te
beskadig sowel as opset om 'n slagoffer te dood. Dit bring mee dat 'n
beskuldigde regtens skuldig bevind kan word aan opsetlike
/saakbeskadiging
20
saakbeskadiging sowel as aan moord of poging tot moord. Die vermelde betoog
namens die appellant kan derhalwe nie aanvaar word nie.
Na my mening het die
Staat bo redelike twyfel bewys dat die appellant opsetlik en wederregtelik huis
nr 2 aan die brand gesteek het.
Daar= benewens het die Verhoorregter, soos reeds
vermeld, tereg bevind dat die appellant die opset om te dood (
dolus
eventualis
) ten aansien van die oorledene, Sina Boshielo en Anna Molomo
gehad het.
Die Verhoorregter het derhalwe die appellant tereg skuldig bevind op klagtes
1, 2, 3 en 4. Die
/bevinding
21
bevinding betreffende die aanwesigheid van versagtende
omstandighede is tereg nie voor hierdie Hof betwis nie. Die baie bitter en
kwaai
gevoelens wat daar tussen die oorledene en die appellant bestaan het toe die
brand= stigting gepleeg is, het die morele verwytbaarheid
van die appellant
verminder en derhalwe versagtende omstandig= hede daargestel.
Wat oplegging van vonnis ten aansien van klagte 1 betref, het die
Verhoorregter tereg die betrokke moord as 'n ernstige misdaad beskou.
Hy het
egter 'n baie ernstige mistasting begaan toe hy rekening gehou het
/met
22
met „die impak wat dit gemaak het klaarblyklik op die
gemeenskap as ek kyk na diehoeveelheid mense wat die hof bywoon, wat van
Toitskraal 'n paar honderd kilometer van Pretoria, die hof bywoon, dat ek, hoe
graag ek beskuldigde ook wil tegemoet kom, nie anders
kan as om hom 'n swaar
gevangenisstraf op te lê nie". Ongeag die feit dat daar geen getuienis
volgens die oorkonde was as sou
die toeskouers inderdaad van Toitskraal gekom
het om die verhoor van die appellant by te woon nie, kan die aan= wesigheid of
afwesigheid
van toeskouers by hofverrigtinge nooit 'n faktor wees om in ag te
neem by die oorweging van 'n gepaste vonnis nie. Om rekening te
hou met die
aantal
/van
23
van die toeskouers by 'n verhoor sou nie net tot ernstige
wanpraktyke aanleiding gee om 'n regterlike beampte by vonnisoplegging
onbehoorlik
te beinvloed en druk op die regspleging uit te oeEen nie maar sou
dit ook 'n veroordeelde op 'n uiters onregverdige wyse kon benadeel.
Die
vonnisse wat die Verhoorregter opgelê het, moet derhalwe tersyde gestel
word en dit staan hierdie Hof vry om self die gepaste
vonnisse op te lê.
Al die relevante feite betreffende die omstandighede met betrekking tot die
pleging van die misdade en die
persoonlike omstandighede van die appellant is by
wyse
/van
24
van getuienis voor hierdie Hof. Hierdie Hof sal ook rekening
hou met die belange van die samelewing.
Na my mening is gepaste vonnisse op klagtes 1, 2, 3 en 4, gevangenisstraf van
10, 5, 5 en 1 jaar respektiewelik terwyl die vonnisse
op klagtes 2,3 en 4
saamloop met die vonnis op klagte 1.
Die resultaat is dan soos volg : 1. Die appèl teen die
skuldigbevindings op klagtes 1,2,3 en 4 word afgewys.
/2. Die
25
2. Die appèl teen die vonnisse wat die Verhoorhof ten opsigte van
klagtes 1,2,3 en 4 opgelê het, slaag in die mate dat
sodanige vonnisse
deur die volgende vonnisse vervang word, nl.
(1)
klagte 1 gevangenisstraf
van 10 jaar
(2)
klagte 2 gevangenisstraf van 5
jaar
(3)
klagte 3 gevangenisstraf van 5
jaar
(4)
klagte 4 gevangenisstraf van 1
jaar
met dienverstande dat die vonnisse op klagtes
2,3 en 4 moet saamloop met die vonnis op klagte 1.
C.P. JOUBERT, AR.
NICHOLAS, AR. )
Stem saam. GROSSKOPF, Wn AR.
)