About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2012
>>
[2012] ZAFSHC 122
|
|
Bothma-Botha Transport (Edms) Bpk v S Bothma & Seun Transport (Edms) Bpk (3092/2010) [2012] ZAFSHC 122 (21 June 2012)
VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Saaknommer: 3092/2010
In
die saak tussen:-
BOTHMA-BATHO
TRANSPORT (EDMS) BPK
..............................
Eiser
en
S BOTHMA & SEUN
TRANSPORT (EDMS) BEPERK
........
Verweerder
AANGEHOOR OP:
12 en 13 JUNIE 2012
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
HANCKE, WND RP
_____________________________________________________
GELEWER OP:
21 JUNIE 2012
_____________________________________________________
[1] Die verweerder is ‘n
vervoermaatskappy wat deur Mnr. Bothma (senior) in 1965 geregistreer
is. Sy drie seuns het later
betrokke geraak by hierdie besigheid
waarvan die twee oorlewende seuns, Mnr. Pelham Bothma en Mnr. Tertius
Bothma, dit uiteindelik
bedryf het. Op ‘n stadium het hulle weë
geskei en het Tertius Bothma die eiser-maatskappy tot stand gebring,
waarvan
hy tans die enigste direkteur is. Die besigheid wat deur die
verweerder bedryf is, het verskeie bates gehad wat onder die partye
verdeel is. Dispute tussen die partye het aanleiding gegee tot ‘n
arbitrasie voor Eloff R, welke verrigtinge geskik is.
[2] Die
skikkingsooreenkoms het die volgende term bevat met betrekking tot
die Standerton stoortenks wat die onderwerp van die huidige
aksie
uitmaak:
“
Ten opsigte
van die Standerton stoortenks van Omnia sal Bothma-Batho Transport
(Edms) Bpk (eiser) self sy kliënte faktureer
ten opsigte van die
tenks deur Bothma-Batho Transport (Edms) Bpk (eiser) gebruik. S
Bothma & Seun Transport (Edms) Bpk (verweerder)
sal self vir sy
kliënte, FFS, faktureer ten opsigte van die stoortenks wat
Bothma & Seun Transport (Edms) Bpk (verweerder)
se kliënte
van tyd tot tyd sal gebruik. Bothma & Seuns Transport (Edms) Bpk
(verweerder) sal die pro rata uitgawes plus
10% bestuursfooi ten
opsigte van die bestuur van die stoortenks oorbetaal binne sewe dae
na lewering van ‘n faktuur van Bothma-Batho
Transport (Edms)
Bpk (eiser) welke uitgawes ooreenkomstig die tenkkapasiteit
persentasie wat Bothma & Seun Transport (Edms)
Bpk (verweerder)
se kliënte gebruik van tyd tot tyd.”
(Die
partye se invoeging is myne.)
[3] Die betrokke skikking
was egter nie die einde van die dispute tussen die partye nie. ‘n
Verdere skikkingsooreenkoms, gedateer
6 Desember 2007, synde
aanhangsel “A” tot die besonderhede van vordering, lui
soos volg:
“
5. Die
partye kom verder ooreen dat die respondent (verweerder) nie deur die
applikant (eiser) verantwoordelik of aanspreeklik gehou
kan word ten
opsigte van enige addisionele uitgawes tot die bedrae soos
uiteengesit word in klousule 6 en 7 soos hierna uiteengesit
is.
6. Die partye kom ooreen dat vir
sodanige tydperk as wat die respondente (verweerder) die reg het op
die gebruik van (3) drie tenks
in terme van die ooreenkoms met Omnia
dan in daardie geval sal die respondent (verweerder) hulle kliënt
faktureer vir die
verhuring van die tenkkapasiteit van die drie tenks
wat tans R250 000.00 (BTW uitgesluit) bedrae. Die applikante (eiser)
sal die
respondente (verweerder) se kliënt sodanig faktureer ten
opsigte van die pro rata uitgawes asook die administrasiefooi van
10%
dat die verhaling van die respondente (verweerder) se kliënt
teenoor die respondente (verweerder) nie meer sal wees as
die bedrag
van R190 000.00 (BTW uitgesluit) nie met dien verstande dat indien
die fakture gelewer, vir die verhuring van die tenkkapasiteit
sou
verhoog of verlaag, die fakturering ten opsigte van die uitgawes met
sodanige fluktuasie aangepas sal word.”
[4] Eiser het huidiglik
twee vorderings teen die verweerder ingestel. Ten opsigte van die
eerste vordering word sy skuldoorsaak
soos volg in sy besonderhede
van vordering uiteengesit:
“
4.
On a proper interpretation of
Clause
6
of the agreement, the Plaintiff would be entitled to payment of
the increase in the amount of the invoices rendered to the client
of
the Defendant.
4.1 The amount of
R245 000-00
(two hundred and forty five thousand rand) referred to in
Clause 6
of the agreement, is determined by multiplying the capacity of the
pertinent tanks with the amount of
R19-00
(nineteen rand) per
cubic meter [and rounded]. The total capacity of the tanks amounts to
12 909m
3
(twelve thousand nine hundred and nine cubic
meter).
4.2 From the 1
st
of July
2008 to the 30
th
of February 2009 the Defendant has
increased the invoices rendered to its client calculating the amount
payable at
R33-85
(thirty three rand eighty five cents) per
cubic meter, thus increasing the amount from the prior tariff of
R19-00
per cubic meter, resulting in a total sum of
R436
969-65
(four hundred and thirty six thousand nine hundred and
sixty nine rand and sixty five cents) per month.
5.
The Defendant however failed to make
the agreed adjustment and increase in payment to Plaintiff. The
amount payable to Plaintiff
is calculated as follows:
5.1
R436 969-65
per month minus
R245 271-00
(two hundred and forty five thousand two hundred
and seventy one rand), which was actually discounted between the
parties, in the
sum of
R191 698-65
(one hundred and ninety one
thousand six hundred and ninety eight rand and sixty five cents).
5.2 This amount is multiplied by 8
(eight), reflecting the months during which payment was withheld.
5.3 The total sum of
R1 533 589-20
(one million five hundred and thirty three thousand five hundred
and eighty nine rand twenty cents) is thus due and payable to
Plaintiff.”
[5]
Die huidige saak gaan primêr oor die interpretasie van klousule
6 van die skikkingsooreenkoms aangegaan tussen die partye
op 6
Desember 2007. Dit is van belang om die goue reël van
interpretasie van ‘n kontrak in gedagte te hou, naamlik om
die
gemeenskaplike bedoeling van die partye vas te stel soos uitgedruk in
die term van die ooreenkoms.
RAND RIETFONTEIN ESTATES
LTD v COHN
1937 AD 317
te 326.
[6] As
‘n algemene reël sal dit onnodig wees om ekstrinsieke
getuienis in aanmerking te neem by die uitleg van ‘n
kontrak
wat duidelik en ondubbelsinnig is.
RICHTER
v BLOEMFONTEIN TOWN COUNCIL
1922 AD
57
te 70. Die eerste stap in die uitleg van ‘n kontrak is om
die gewone grammatikale uitleg van woorde in hulle gewone
grammatikale
betekenis te heg.
AEGIS
ASSURANCE BPK v VAN DER MERWE
2001
(1) SA 1274
(T);
CINEMA CITY (PTY) LTD v MORGENSTERN
FAMILY ESTATES (PTY) LTD AND OTHERS
1980(
1) SA 796
(A) te
803.
[7] Die regsposisie word
as volg opgesom deur Joubert AR in
COOPERS & LYBRAND AND
OTHERS v BRYANT
[1995] ZASCA 64
;
1995 (3) SA 761
(A) te 768A – E:
“
The correct
approach to the application of the ‘golden rule’ of
interpretation having ascertained the literal meaning
of the word or
phrase in question is, broadly speaking, to have regard:
1. To the context in which a word or
phrase is used with its interrelation to the contract as a whole,
including the nature and
purpose of a contract...;
2. To the background circumstances
which explain the genesis and purpose of a contract, i.e. to matters
probably present to the
minds of the parties when they contracted...;
3. To apply extrinsic evidence
regarding the surrounding circumstances where the language of a
document is on the face of it ambiguous,
by considering previous
negotiations and correspondence between the parties subsequently
conduct of the parties showing the sense
in which they acted on the
document, save direct evidence of their own intentions.”
[8]
Ten
opsigte van die opwaartse aanpassing van die bedrag waarop eiser
geregtig sou wees, het Mnr. Ellis, namens die eiser, aan die
hand
gedoen dat dit een van twee betekenisse kan hê, naamlik
eerstens, dat die eiser geregtig is op slegs ‘n verhoging
van
sy 10% bestuursfooi op die verhoging, dit wil sê ‘n
bedrag van R153 358,92 of tweedens, dat die eiser geregtig
is op die
volle verhoging in huurgeld, dit wil sê R1 533 589,20. Die
eiser beweer dus dat dit geregtig is op òf die
administrasiefooi òf op volle verhoging van huurgeld.
[9]
Wat
die eerste moontlikheid betref, is daar soos hierinlater aangedui,
teveel onsekerhede waaruit hierdie bestuursfooi sou bestaan.
In ieder
geval was dit nooit die eiser se skuldoorsaak, soos uiteengesit in
die pleitstukke nie en is dit ook nie tydens die verhoor
“gecanvass”
nie.
[10] Dit
blyk
uit klousule 6 dat terwyl verweerder die gebruiksreg het van die drie
tenks ingevolge die ooreenkoms met Omnia, sal die verweerder
hulle
fraktureer vir die verhuring van die tenkkapasiteit, van die drie
tenks wat op daardie stadium R250 000, 00 (uitgeslote BTW)
beloop
het. Verder is die eiser geregtig om verweerder se kliënt te
fraktureer ten opsigte van die
pro rata
uitgawes asook die administrasiefooi van 10% welke
verhaling beperk is tot die verhaling van die verweerder se kliënt
teenoor
die verweerder tot ‘n maksimum bedrag van R190 000,00.
Dit is egter die voorbehoudsbepaling dat indien die fakture wat
gelewer
word vir die verhuring van die tenkkapasiteit sou verhoog of
verlaag, die fakturering ten opsigte van die uitgawes met sodanige
fluktuasie aangepas sou word. Dit is van belang om daarop te let dat
hierdie gedeelte verwys na uitgawes wat verhoog moet word
na gelang
van die fluktuasie van die fakturering van die huur. Verder verwys
die klousule na
pro rata
uitgawes, wat daarop dui dat die administrasiefooi
iets afsonderlik is en mag dit nie meer as die plafonbedrag van R190
000,00 beloop
nie.
[11]
Die vraag ontstaan hoe die uitgawes
pro
rata
toegedeel word? Is dit ‘n
vasgestelde maandelikse bedrag wat in verhouding met die huurinkomste
betaalbaar is? Of is dit werklike
uitgawes wat
pro
rata
in verhouding met belang verhaal
word? Die vraag ontstaan ook hoe die uitgawes “aangepas”
kan word met die fluktuasie
waarmee die huur verhoog word as dit
werklike maandelikse uitgawes sou beloop, wat nie sin maak nie.
[12] Die eiser vorder nou
die volle verhoging in huurgeld, terwyl die kontrak en spesifiek die
laaste deel van klousule 6, nie daarvoor
voorsiening maak nie. Nog ‘n
moontlikheid is dat die verwysing na uitgawes na die plafonbedrag
verwys. Die probleem is egter
dat die 10% administrasiefooi deel van
die plafonbedrag vorm. Dit is twee aparte bedrae wat nie saam meer
mag wees as die plafonbedrag
per maand nie.
[13] Die klousule se
bepaling dat “indien fakture vir verhuring van die
tenkkapasiteit sou verhoog of verlaag die fakturering
ten opsigte van
die uitgawes met sodanige fluktuasie aangepas sal word” beteken
dat die plafonbedrag met dieselfde eskalasie
aangepas word as wat die
huurbedrag per m
3
mee aangepas is. Dit sou beteken dat die
aanpassing van R19,00 per m
3
na R33,85 per m
3
met
‘n sekere persentasiepunt sal styg, naamlik 78,16%. Op die
bedrag van R190 000,00 beloop dit R148 504,00 wat ‘n
totaal gee
van R338 504,00 (R190 000,00 + R148 504,00) wat op die oog as
buitensporig voorkom.
[14] Die betoog dat die
fakturering slegs kan verander as die kapasiteit verminder
(byvoorbeeld een minder tenk) of verhoog met
nog tenks wat bykom,
blyk nie korrek te wees nie, indien ag geslaan word op die bewoording
van klousule 7 wat voorsiening maak
vir die geval waar slegs twee
tenks se kapasiteit beskikbaar is. Dit bevat dieselfde term as
klousule 6 maar met die aanpassing
van die plafonbedrag
versus
die mindere bedrag.
[15] In beginsel, indien
die verweerder meer huur ontvang vir die tenkkapasiteit, bestaan daar
moreel gesproke geen rede waarom
die eiser nie geregtig sou wees om
‘n aanpassing in verhouding met die verhoging in die
huurinkomste van die maksimum bedrag
wat verhaal kan word ten aansien
van uitgawes en administrasiefooi te maak nie. ‘n Struikelblok
is egter die feit dat die
fluktuasie slegs verband hou met “uitgawes”
terwyl die plafonbedrag bestaan uit
pro rata
uitgawes en die
10% administrasiefooi. Hoe hierdie uitgawes dan verhoog, is dus nie
duidelik nie.
[16] Die interpretasie
dat eiser geregtig is op die volle verhoging van huurgelde blyk dus
strydig te wees met die bewoording van
klousule 6. Dit blyk dat met
hierdie klousule die partye beoog het om eerder ‘n formule daar
te stel om die R190 000,00 waarop
die eiser geregtig is, aan te pas
in die geval waar die kapasiteit van die tenks van die verweerder sou
wysig. In soverre gebruik
gemaak kan word van ekstrinsieke getuienis,
is dit van belang om te let op Mnr. Bothma se toegewing dat paragraaf
6 nie handel
met die verhoogde geld wat FFS aan verweerder betaal
nie, maar bevind dat dit inderdaad die bedoeling van die partye was
nie.
[17]
Die leemte dat klousule 6 nie daarvoor voorsiening maak dat eiser
geregtig is op die verhoging in huurgelde nie, is inderdaad
besef
deur eiser se prokureur, Mnre. De Beer en Claasen, soos blyk uit
hulle skrywe van 4 November 2008, dit wil sê 11 maande
na die
ondertekening van die skikkingsooreenkoms, toe hulle voorstel dat die
bestaande ooreenkoms tussen die partye gewysig behoort
te word. Dit
is ook insiggewend dat in kruisverhoor Mnr. Bothma toegegee het dat
die doel van hierdie skrywe was om die skikkingsooreenkoms
te wysig
om voorsiening te maak dat die verhoogde bedrag aan eiser betaalbaar
moes wees. Vergelyk
COOPERS & LYBRAND AND OTHERS v
BRYANT
,
supra
, te 768D – E.
[18] Verder van belang is
die skrywe gedateer 11 November 2008 waarin FFS dit duidelik maak dat
die verhoogde huur aan verweerder
betaalbaar sou wees en dat eiser
die bedrag van R190 000,00 sou ontvang. Eiser het versuim om op
hierdie skrywe te reageer ondanks
die feit dat hy bewus was van die
verhoging van R33,85. In plaas van om FFS te faktureer vir die
verhoogde huur, soos wat eiser
beweer hy geregtig was, gaan eiser
voort om FFS slegs vir die R190 000,00 te faktureer.
[19] As gevolg van die
lomp bewoording van hierdie skikkingsooreenkoms en die optrede wat
daarmee gepaardgegaan het, is ek van mening
dat eiser nie sy saak op
‘n oorwig van waarskynlikhede bewys het nie.
[20]
Wat eiser se tweede vordering betref, is dit ‘n deliktuele
vordering vir die betaling van skadevergoeding vir ekonomiese
skade
wat eiser sou gelei het deur die beweerde onregmatige en skuldige
optrede van die verweerder. In hierdie verband het Mnr.
Ellis gesteun
op die beslissing van
ADMINISTRATEUR,
NATAL v TRUST BANK VAN AFRIKA BPK
1979
(3) SA 824
(A) wat tot die effek is dat nalatige veroorsaking van
suiwer ekonomiese skade wel as ‘n aksiegrond in die
Suid-Afrikaanse
Reg erken word.
[21] In hierdie verband
is daar gesteun op die getuienis van Mnr. Bothma dat hy ten einde die
eiser se finansiële uitgawes
ten opsigte van die opgradering van
die stoortenks te herwin, ‘n mondelinge ooreenkoms aangegaan
het met beide Sasol en FFS
ingevolge waarvan hulle elkeen sekere
finansiële bydraes sou maak. Dit is dan ook eiser se saak dat
die verweerder se onregmatige
optrede daarin bestaan dat hy deur die
aangaan van ‘n ooreenkoms met FFS om verhoogde huurgeld in die
bedrag van R33,85 te
betaal, aan te voer dat die eiser nie geregtig
is op enige addisionele vergoeding om die kapitale uitleg aan die
opgradering van
die tenkfasiliteit te verhaal nie, dit vir eiser
onmoontlik gemaak het om daardie koste verhaal.
[22] Verdermeer is dit
eiser se saak dat daar ‘n regsplig op die verweerder gerus het
om die intree van moontlike finansiële
skade by die eiser te
beperk, vanweë die kontraktuele verhouding tussen die partye wat
tot stand gebring is deur die skikkingsooreenkoms,
na die aanleiding
van die arbitrasie voor Eloff, R en die daaropvolgende
skikkingsooreenkoms wat aanleiding gegee het tot die huidige
verrigtinge.
[23] Dit blyk nie uit die
getuienis dat verweerder hom op enige stadium bemoei het met die
eiser se onderhandelinge met FFS en Sasol,
met betrekking tot die
opgradering nie, aangesien die verweerder geen deel daaraan gehad het
en ook nie daarby betrokke was nie.
[24] Dit blyk ook dat FFS
al ‘n jarelange kliënt is van die verweerder en is dit ook
so aan Mnr. Bothma gekommunikeer
dat FFS verkies om eerder met
verweerder besigheid te doen as met die eiser. Daar is dus geen
aanduiding van enige onregmatige
optrede aan die kant van die
verweerder nie. Hierdie eis kan dus ook nie slaag nie.
[25] Bygevolg word beide
die eiser se vorderings van die hand gewys, met koste.
__
____________________
S.P.B. HANCKE, WND RP
Namens die eiser: Adv. P.
Ellis SC
Bygestaan deur:
Adv. P. Leeuwner
In opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens die verweerder:
Adv. C. Acker
In opdrag van:
Vermaak en Dennis
BLOEMFONTEIN
/sp