About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2012
>>
[2012] ZAFSHC 121
|
|
Van der Vyver v S (A161/2011) [2012] ZAFSHC 121 (21 June 2012)
VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Appèlnommer :
A161/2011
In
die appèl van:-
STEPHANUS
JOHANNES VAN DER VYVER
.........................
Appellant
en
DIE
STAAT
...........................................................................
Respondent
CORAM:
HANCKE, WND RP
et
VAN DER MERWE, R
et
MOLOI, R
AANGEHOOR OP:
18 JUNIE 2012
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
HANCKE, WND RP
_____________________________________________________
GELEWER OP:
21 JUNIE 2012
_____________________________________________________
[1] Na sy
skuldigbevinding is die appellant deur die hof
a quo
op 25
Februarie 2009 soos volg gevonnis:
“
Aanklag 1 –
Veediefstal – 10 jaar gevangenisstraf (640 beeste)
Aanklag 2 – Diefstal – 3
jaar gevangenisstraf (Plaas implemente)
Aanklag 3 – Veediefstal –
10 jaar gevangenisstraf (519 beeste)
Aanklag 4 – Brandmerk van vee –
6 maande gevangenisstraf
Aanklag 11 – Veediefstal –
18 maande gevangenisstraf (2 beeste)
Aanklag 19 – Veediefstal –
18 maande gevangenisstraf (3 beeste)
Aanklag 23 – Veediefstal –
18 maande gevangenisstraf (1 bees)
Aanklag 30 – Veediefstal –
18 maande gevangenisstraf (1 bees)
Aanklag 31 – Diefstal – 2
jaar gevangenisstraf (Lusern R65 000)
Aanklag 32 – Diefstal – 2
jaar gevangenisstraf (Lusern R27 000)
Aanklag 33 – Diefstal – 5
jaar gevangenisstraf (R280 000 – Opbrengs aartappeloes)
Aanklag 34 – Veediefstal –
5 jaar gevangenisstraf (75 koeie)
Aanklag 35 – Diefstal – 4
jaar gevangenisstraf (R120 000)
Aanklag 36 – Brandmerk van vee –
6 maande gevangenisstraf
Aanklag 37 – Bedrog – 4
jaar gevangenisstraf (R400 000)
Aanklag 38 – Diefstal – 1
jaar gevangenisstraf (R4 000)
Aanklag 39 – Veediefstal –
2 jaar gevangenisstraf (77 beeste)
Aanklag 40 – Diefstal – 5
jaar gevangenisstraf (R80 000)
Aanklag 41 – Diefstal – 5
jaar gevangenisstraf (R200 000)”
[2] Die hof
a quo
het verder gelas dat vyf (5) jaar gevangenisstraf op aanklag 1 en een
(1) jaar gevangenisstraf op aanklag 2 samelopend met die
vonnis op
aanklag 3 uitgedien moet word en dat die vonnisse op aanklag 4, 11,
19, 23, 30, 31 tot 41 saam met die vonnis op aanklag
3 uitgedien moet
word. Die effektiewe vonnis is dus sewentien jaar gevangenisstraf. Hy
is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen
te besit.
[3] Tydens die aansoek om
verlof om te appelleer, het die hof
a quo
verlof verleen om
teen die vonnis te appelleer op die basis dat daar
“’
n
redelike vooruitsig is dat ‘n ander hof op appèl
moontlik tot ‘n ander bevinding kan kom spesifiek wat die
kumulatiewe vonnis betref.”
[4] Wat die oplegging van
die vonnisse ten opsigte van die individuele aanklagte betref, is
geen kritiek deur Mnr. Reyneke namens
die appellant, geopper nie; na
my mening tereg aangesien daar inderdaad nie enige fout daarmee
gevind kan word nie. Die enigste
vraag is of die kumulatiewe vonnis
van sewentien (17) jaar gevangenisstraf nie te swaar is in die
omstandighede nie.
[5] Daar is verskeie
verswarende omstandighede teenwoordig. Daar was nege verskillende
klaers betrokke wat groot vermoënskade
gelei het as gevolg van
die appellant se slinkse, berekende en meedoënlose optrede. Die
appellant het in ‘n vertrouensverhouding
met die onderskeie
klaers gestaan. Een van die klaers, Mnr. Kotze, het self finansiële
probleme ondervind wat sy vee dringend
wou verkoop. Dit het nie die
appellant gekeer om hierdie klaer ernstig te benadeel nie.
Wat die omvang van die
bedrag alhier tersake betref, was daar ‘n bedrag van R4 miljoen
betrokke, terwyl die getal vee 1 318
beloop het.
Wat die klaers betref,
sluit dit in Lesotho burgers wat nie vermoënde mense is nie wat
deur die appellant genooi was om hulle
beeste by hom te laat wei met
die wete dat hy hulle beeste gaan verkoop en die geld vir homself
aanwend, wat uiters laakbaar is.
Die appellant is ook nie ‘n
algehele eerste oortreder nie, aangesien hy ‘n vorige
veroordeling vir bedrog het.
[6] Aan die anderkant van
die skaal is die feit dat die appellant 43 jaar oud is. Hy was
werksaam as bemarkingsbestuurder van Vleissentraal,
waarna hy sy eie
besigheid bedryf het saam met ‘n boerdery, maar weens sy
egskeiding hy sy besighede en boerdery verloor
het. Hy was ook ‘n
slaghuisbestuurder en later boukontrakteur. Daarna, gedurende
September 2001, het hy verhuis na die plaas
Wilgedraai, waar hy
geboer tot en met sy arrestasie op 1 Julie 2005.
Dit blyk dat hy na sy
arres vir twee en ‘n half maande verhoorafwagtend was en dat
dit vir hom ‘n traumatiese ervaring
moes wees, aangesien hy
sowat 27 kilogram gewig verloor het.
[7] Wat vergelykende
vonnisse betref, het Me Liebenberg, onder andere, verwys na die
volgende beslissings:
S v VAN DER WALT
2003 JDR 0101 (T), ‘n diefstal waarby R2 miljoen betrokke was
en twintig slagoffers wat hoofsaaklik pensionarisse was. ‘n
Vonnis van vyftien (15) jaar gevangenisstraf is daar opgelê.
S v PRICE AND
ANOTHER
2003 (2) SASV 551 (HHA), waarby bedrog ten bedrae van
R1 945 000 betrokke was en die 49-jarige oortreder vyftien (15) jaar
gevangenisstraf
opgelê is.
Op appèl is die
eerste appellant se appèl van die hand gewys, terwyl die
tweede appellant se vonnis gewysig is na
tien (10) jaar
gevangenisstraf.
S v JANSSEN
2010 (1) SASV 237 (ECG), 144 klagtes van bedrog waarby R1,5 miljoen
betrokke was. ‘n Vonnis van agt (8) jaar gevangenisstraf
is
opgelê.
[8] Mnr. Reyneke, namens
die appellant, het veral sterk gesteun op die saak van
S v
HECKROODT EN VIER ANDER
(saaknommer 2/2007) waar 923 klagtes
van bedrog ten bedrae van R50 miljoen ter sprake was. Hy is tot
vyftien (15) jaar gevangenisstraf
gevonnis waarvan tien (10) jaar
gevangenisstraf opgeskort is op sekere voorwaardes. Die
mede-beskuldigdes in daardie saak is soortgelyke
vonnisse opgelê,
maar is een van hulle vyftien (15) jaar gevangenisstraf opgelê
waarvan vyf (5) jaar gevangenisstraf
opgeskort is.
[9] Indien al die feite
en omstandighede in die huidige saak in ag geneem word, is ek van
mening dat die kumulatiewe effek van sewentien
(17) jaar
gevangenisstraf te swaar is en sodanig onvanpas is dat dit hierdie
hof geregtig maak om daarmee in te meng. Dit is egter
ernstig genoeg
dat die appellant steeds ‘n relatiewe langtermyn
gevangenisstraf moet uitdien, veral in aggenome die verswarende
omstandighede hierbo na verwys. Soos reeds gemeld, kan daar nie fout
gevind word met die vonnisse wat opgelê is ten opsigte
van die
individuele klagtes, asook die onbevoegheidsverklaring om ‘n
vuurwapen te besit nie.
[10] Bygevolg slaag die
appèl tot die mate dat
(a) die effektiewe vonnis
van sewentien (17) jaar gevangenisstraf tersyde gestel word;
(b) dit gelas word dat
die appellant se vonnisse so samelopend uitgedien word dat sy
effektiewe vonnis twaalf (12) jaar gevangenisstraf
beloop, welke
vonnis teruggedateer word tot 25 Februarie 2009.
______________________
S.P.B. HANCKE, WND RP
Ek
stem saam.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek stem saam.
____________
K.J. MOLOI, R
Namens die appellant:
Mnr. J.D. Reyneke
In opdrag van:
Bloemfontein Regsentrum
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent:
Adv. E. Liebenberg
In opdrag van:
Direkteur van Openbare
Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/sp