About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2012
>>
[2012] ZAFSHC 120
|
|
Visser NO en 2 Anders v Visser en Ander (2029/2012) [2012] ZAFSHC 120 (21 June 2012)
VRYSTAAT HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Saak Nr. : 2029/2012
In die aansoek tussen:-
REGINA CATHARINA
VISSER N.O.
.
................................
Eerste
Applikant
CAROLINA MAGRIETA
NESER N.O.
.
............................
Tweede
Applikant
JOHAN GEORGE
STEENKAMP N.O.
...............................
Derde
Applikant
[In hulle onderskeie
hoedanighede as
gemagtigde Trustees van
die THOMAS
CORNELIUS VISSER
TESTAMENTÊRE
TRUST]
en
GERT PETRUS VISSER
................................................
Eerste
Respondent
KOPANONG
MUNISIPALITEIT
..................................
Tweede
Respondent
GELEWER DEUR:
SNELLENBURG, AJ
AANGEHOOR:
31 MEI 2012
GELEWER:
21
JUNIE 2012
[1] Hierdie is ‘n
bestrede aansoek waarin die applikante opsommenderwys die volgende
regshulp vorder, te wete:
(i) dat verklaar word dat
die koopkontrak vir sekere grond tussen wyle Thomas Cornelius Visser
en die eerste respondent gekanselleer
is;
(ii) dat die eerste
respondent of enige persoon wat namens hom die onroerende eiendom
bekend as Plaas Liebenbergspan Nr. 127,asook
Onderverdeling 1 van die
Plaas Liebenbergspan Nr. 127, geleë in die distrik Fauresmith,
okkupeer, gelas word om die onroerende
eiendomme te ontruim binne 14
dae na toestaan van die bevel tot uitsetting;
(iii) dat die Balju vir
die distrik van Colesberg/Philippolis gemagtig word om alle redelike
stappe te neem om die uitsettingsbevel
uit te voer indien die eerste
respondent versuim om daaraan te voldoen; en -
(iv) dat die eerste
respondent die koste van die aansoek betaal op die skaal wat
toepassing vind tussen prokureur en kliënt.
[2] Op of ongeveer 2
September 1986, te Bloemfontein, het wyle Thomas Cornelius Visser
[wyle Visser] en die eerste respondent twee
afsonderlike skriftelike
kontrakte met mekaar aangegaan en gesluit, te wete:
‘
n
opsiekontrak wat aan die eerste respondent die onherroeplike opsie
verleen het om die onroende eiendomme bekend as as Plaas
Liebenbergspan Nr. 127 en Onderverdeling 1 van die Plaas
Liebenbergspan Nr. 127, geleë in die distrik Fauresmith [die
onroerende eiendom] aan te koop, onderhewig daaraan dat die opsie
uitgeoefen moes word voor 12h00 op die 31ste Januarie 2007; en-
‘
n
huurkontrak ingevolge waarvan die eerste respondent die onroerende
eiendom huur van wyle Visser, vir ‘n huurtermyn wat
‘n
aanvang geneem het op 1 September 1986 en sou verstryk op 16 April
2007.
[3] Op 17 Desember 1992
het wyle Visser en die eerste respondent beide die opsiekontrak en
die huurkontrak, by wyse van afsonderlike
skriftelike addendums,
gewysig.
[4] Die dispuut in die
onderhawige geval noodsaak nie die aanhaling van al die terme van die
gemelde kontrakte soos gewysig nie.
Die relevante terme word later
aangehaal.
[5] Wyle Visser is
oorlede op 19 November 1998. In terme van die gesamentlike testament
van wyle Visser en sy eggenote, die eerste
applikant, is die Thomas
Cornelius Visser Testamentêre Trust gestig en is hulle boedels
saamgesmelt.
[6] Die applikante is op
6 Junie 2005 in terme van artikel 6(1) van die Wet op Beheer oor
Trustgoed 57 van 1988, deur die Meester
van die Hooggeregshof (nou
bekend as die Vrystaat Hoë Hof, Bloemfontein) gemagtig om as
trustees van die Trust op te tree.
Die onroerende eiendom is
diensooreenkomstig in die naam van die applikante in hulle
hoedanigheid as trustees van die Trust registreer.
[7] Die opsie is
behoorlik deur die eerste respondent uitgeoefen op 17 Maart 2006. Die
regsgeldige bestaan van die opsiekontrak
op die datum van
uitoefening, asook die uitoefening van die opsie het die onderwerp
van ‘n aansoek gevorm wat die eerste
respondent genoodsaak was
om teen die applikante uit te reik as gevolg van ‘n dispuut
tussen die partye. Die uiteinde van
die aansoek was ‘n bevel
deur die hof, by ooreenkoms tussen die partye, wat onder andere gelas
het dat die opsie regsgeldiglik
uitgeoefen is en dat ‘n
koopkontrak met die terme soos uiteengesit in die opsie ooreenkoms
tussen die eerste respondent en
die Trust tot stand gekom het.
[8] In terme van klousule
4 gelees met klousule 5 van die opsiekontrak het die huurkontrak, met
uitsondering van die bepalings van
klousule 4 daarvan, onmiddellik
verval met die uitoefening van die opsie (en die gevolglike
totstandkoming van die koopkontrak).
Die eerste respondent se
okkupasie van die onroerende eiendom uit hoofde van die
huurooreenkoms het gevolglik ook verval, maar
het die eerste
respondent in terme van en onderhewig aan die bepalings van die
koopkontrak onmiddellik okkupasie van die onroerende
eiendom verkry.
[9] In terme van klousule
5 van die opsiekontrak [koopooreenkoms] is die eerste respondent
verplig om vir die tydperk vanaf uitoefening
van opsie tot en met
registrasie van die onroerende eiendom in sy naam, okkupasierente te
betaal. Die okkupasierente is berekenbaar
en betaalbaar soos bepaal
in klousule 4 van die huurooreenkoms.
[10] Klousule 4, soos
deur die addendum gewysig, lees as volg:
“
4.1
Die huurgeld ten opsigte van die eiendom is soos volg:
4.1.1 Gedurende die
eerste 3 (DRIE) jaar na die aanvangsdatum, R35 000.00 (VYF EN
DERTIG DUISEND RAND) per jaar.
4.1.2 Gedurende elke
siklus van 3 (DRIE) jaar wat volg op die tydperk bedoel in 4.1.1
(bereken pro rata vir die gedeeltelike drie
jaar siklus wat op 1
Augustus 2004 ‘n aanvang neem), is die huurgeld so ‘n
bedrag as waarop die partye nie later nie
as op 1 Augustus van die
jaar waarin die drie jaar siklus ‘n aanvang neem, skriftelik
ooreenkom (die huurvasstelling gemaak
te word in goeie trou op die
basis van 50% (VYFTIG PERSENT) van die redelike jaarlikse huurgeld
vir die eiendom) van tyd tot tyd:
Met dien verstande dat indien die
partye nie aldus ooreenkom nie –
4.1.2.1 elkeen van die
partye nie later nie as op die eersvolgende 20ste dag van Augustus ‘n
waardeerder soos bedoel in die
Wet op Waardeerders, 1982 moet aanstel
en die ander party van die aanstelling in kennis moet stel;
4.1.2.2 elke party die
waardeerder wat hy aanstel opdrag moet gee om die huurwaarde van die
eiendom vas te stel;
4.1.2.3 die huurgeld per
jaar gelyk is aan 50% (VYFTIG PERSENT) van die huurgeld ingevolge
4.1.2.2 vasgestel, of indien die waardeerders
verskillende
huurwaardes vasgestel het, 50% (VYFTIG PERSENT) van die gemiddelde
van die twee vasstellings;
4.1.2.4 indien enige
waardeerder nie die aanstelling kan of wil aanvaar nie, of versuim om
die waardasie te maak en die partye voor
die eersvolgende 30ste dag
van September van die waarde in kennis te stel, geld die vasstelling
van die waardeerder wat wel aldus
gehandel het, tensy die partye
skriftelik anders ooreenkom;
4.1.2.5 indien geen
huurvasstelling gemaak word soos bedoel in 4.1.2.4 nie, die proses
van waardering herhaal word met 14 (VEERTIEN)
dae tyd vir die
aanstelling van die waardeerders en ‘n verdere 21
(EEN-EN-TWINTIG) dae vir die maak van die huurvasstelling,
die
tydperke bereken te word vanaf die eersvolgende 1ste dag van Oktober.
4.2 Vir doeleindes van
4.1.2, beteken “huurwaarde” die geskatte bedrag wat die
eiendom sou opbring as dit op die ope
mark deur middel van vrywillige
openbare verhuring verhuur word.
4.3 Die Huurder betaal
die huurgeld ten opsigte van die termyn 1 MAART 1992 tot 31 JULIE
1992 nie later nie as 31 JULIE 1992 en,
vanaf 1 AUGUSTUS 1992, die
Huurder die jaarlikse huurgeld in gelyke dele sesmaandeliks agteruit,
die eerste betaling gemaak te
word nie later nie as 31 JANUARIE 1993
en daarna sesmaandeliks nie later nie as onderskeidelik die laaste
dag van JULIE en die
laaste dag van JANUARIE van elke jaar gedurende
die huurtermyn en die laaste betaling gemaak te word op die
verstrykingsdatum.
4.4 Huurgeldbetalings
geskied vry van bankkommissie en sonder aftrekking of
skuldvergelyking aan die Verhuurder by die Verhuurder
se adres bedoel
in 15.1.1 of sodanige ander adres waarvan die Verhuurder die Huurder
skriftelik in kennis mag stel.”
[11] Die derde drie-jaar
siklus het ‘n aanvang geneem op 1 Augustus 2010.
[12] Die applikante het,
handelend aldus hulle uit hoofde van die bepalings van klousule 4 van
die huurooreenkoms (ten einde ‘n
ooreenkoms te bereik aangaande
die vasstelling van die huur wat vir die drie-jaar siklus moes geld),
opdrag deur Mnr Wimpie Nel
gegee aan Mnr JS Hugo, ‘n
geregistreerde professionele waardeerder en taksateur, om die
huurwaarde van die onroerende eiendom
te bepaal. Mnr Hugo het die
waardasie gelewer op 10 Augustus 2010. Uit hoofde van die waardasie
bepaal Mnr Hugo dat die redelike
huur per hektaar R90.00 beloop,
gevolglik R629 550.00 per jaar ten aansien van die geheel van
die onroerende eiendom.
[13] Die applikante het
nie die eerste respondent in kennis gestel van die aanstelling van
die waardeerder nie. Die applikante handel
ook nie met die datum
waarop die eerste respondent ingelig is van die waardasie nie.
[14] Die feite toon dat
die eerste respondent, op ‘n datum nadat die applikante reeds
hul waardasie ontvang het, deur sy prokureurs
van rekord insgelyks
aan Mnr JS Hugo opdrag gegee het om `n waardasie van die redelike
jaarlikse huur vir die onroerende eiendom
te doen. Mnr Hugo het op 20
Oktober 2010 bepaal dat die redelike huur per hektaar vir die
onroerende eiendom, R75.00 per hektaar
beloop, gevolglik die bedrag
van R524 625.00 per jaar vir die onroerende eiendom. Ek handel
later met hierdie waardasies.
[15] Die kruks waarom die
aansoek sentreer, behels die bepalings van klousule 4 van die
huurooreenkoms.
[16] By die interpretasie
van 'n kontrak vereis die spreekwoordelike ‘goue reël van
interpretasie’ soos uiteengesit
in
COOPERS & LYBRAND
AND OTHERS v BRYANT
[1995] ZASCA 64
;
1995 (3) SA 761
(A) op 767E – 767F,
dat die gewone grammatikale betekenis aan die gebesigde woorde geheg
moet word.
“
According
to the ‘golden rule’ of interpretation the language in
the document is to be given its grammatical and ordinary
meaning,
unless this would result in some absurdity; or some repugnancy or
inconsistency with the rest of the instrument.”
Wanneer die korrekte
betekenis vasgestel is moet die volgende benadering gevolg word:
“
The
correct approach to the application of the 'golden rule' of
interpretation after having ascertained the literal meaning of the
word or phrase in question is, broadly speaking, to have regard:
(1) to the context in
which the word or phrase is used with its interrelation to the
contract as a whole, including the nature and
purpose of the
contract…;
(2) to the background
circumstances which explain the genesis and purpose of the contract,
ie to matter probably present to the
minds of the parties when they
contracted…;
(3) to apply extrinsic
evidence regarding the surrounding circumstances when the language of
the document is on the face of it ambiguous,
by considering previous
negotiations and correspondence between the parties, subsequent
conduct of the parties showing the sense
in which they acted on the
document, save direct evidence of their own intentions.”
Die metodiek wat
toepassing vind is treffend saamgevat in
ENGELBRECHT v SENWES
2007 (3) SA 29
(SCA) te para 7:
“
The
intention of the parties is ascertained from the language used in its
contextual setting and in the light of admissible evidence.
…”
Soos vermeld in RH
Christie & GB Bradfield,
Christie’s The law of contract
in South Africa
, 6de uitgawe op p 215:
“
The
key to understanding the modern law is the concept of the common
intention of the parties, which may be a very different thing
from
the actual intention locked up in the mind of each party at the time
of contracting, and even more different from what, after
a dispute
has arisen, each party honestly or dishonestly maintains his
intention then to have been. In pursuing either of these
latter
concepts the court is on slippery ground but the language of the
contract to which both parties have accented or must be
taken to have
assented offers a firmer footing, so it is there that the common
intention must be sought and in order to take proper
advantage of
this firmer footing the inquiry must start with the grammatical or
ordinary sense of the words.”
[17] Die bedoeling van
die partye is duidelik en ondubbelsinnig. Die eerste respondent moet
okkupasiehuur betaal vir die onroerende
eiendom totdat dit in sy naam
geregistreer word teen vyftig persent van die redelike jaarlikse
huurgeld vir onroerende eiendom
van tyd tot tyd. Die redelike
jaarlikse huurgeld is die geskatte bedrag wat die eiendom sou opbring
as dit op die ope mark deur
middel van vrywillige openbare verhuring
verhuur word.
[18] Klousule 4 bepaal
hoe die vasstelling van die redelike huur wat betaalbaar sal wees vir
die drie-jaar siklus bereken moet word.
Die uitleg van klousule 4
stel duidelik dat die partye skriftelik moet ooreenkom wat die
redelike jaarlikse huurgeld vir die drie-jaar
siklus moet wees (voor
1 Augustus van die jaar waarin die drie-jaar siklus ‘n aanvang
gaan neem) en, by ontstentenis aan
`n skriftelike ooreenkoms word die
prosedure voorgeskryf vir die vasstelling van die redelike jaarlikse
huur (wat geld vir die
drie-jaar siklus), naamlik elkeen van die
partye moet met kennis aan die ander party nie later nie as op die
eersvolgende 20ste
dag van Augustus ‘n waardeerder, soos in die
vooruitsig gestel deur die klousule, aanstel om die huurwaarde vas te
stel.
Die vasstelling van die huur moet in goeie trou tussen die
partye plaasvind.
[19] Die applikante
handel glad nie met of daar enigsins
bona fide
in terme van
die eerste stap gehandel is ten einde die redelike huurwaarde te
bepaal, soos wat die ooreenkoms duidelik vooropstel
nie. Indien die
stukke in geheel gelees word is dit duidelik dat die applikante
geensins die eerste stap gevolg het nie, maar eerder
die mening
huldig dat die verkryging van die waardasie ingevolge klousule 4, die
voorgeskrewe wyse was waarop ooreengekom moes
word op die nuwe
huurwaarde vir die volgende drie-jaar siklus. Dit is egter nie korrek
nie. Klousules 4.1.2.1 tot 4.1.2.5 is slegs
van toepassing indien die
partye nie instaat is om, handelend in goeie trou, skriftelik ooreen
te kom op die redelike huurwaarde
nie.
[20] Die applikante se
saak is dat die twee waardasies deur Mnr Hugo beide
arbitrio
boni viri
gedoen is ingevolge die bepalings
van klousules 4.1.2.1 en 4.1.2.2 en dat by gebrek aan ooreenkoms
tussen die partye met betrekking
tot die huurvasstelling, moet die
huur kragtens klousule 4.1.2.3 vasgestel word deur vyftig persent van
die gemiddeld van die twee
vasstellings te neem, nieteenstaande
(ongeag) dat dieselfde waardeerder die vasstellings gemaak het.
Die applikant konstateer dat die waardasies elk ‘n
waardasie in eie reg is wat op verskillende tydperke gedoen is en die
redelike
huur vir sodanige tydperke reflekteer. Indien die gemiddeld
van die twee waardasies nie geld nie, dan doen die applikante aan die
hand dat die eerste respondent steeds nie geregtig is om arbitrêr
te besluit welke waardasie se huurvasstelling moet geld
nie. In so
geval doen die applikante aan die hand dat die eerste waardasie se
vasstelling behoort te geld.
[21] Die eerste
respondent se saak daarteen is dat Mnr Hugo sy eerste waardasie
vervang het na gelang van verdere inligting wat
relevant is tot
vasstelling van die redelike huurwaarde van die onroerende eiendom en
dat die huurwaarde dus deur ‘n waardeerder
soos bedoel in
klousule 4 vasgestel is. Eerste respondent beroep homself ook daarop
dat dit nooit die partye tot die huurooreenkoms
se bedoeling kon wees
dat die gemiddeld van dieselfde waardeerder se waardasies geneem moes
word vir doeleindes van vasstelling
van die redelike huurwaarde nie.
[22] Die applikante se
optrede skyn nie in goeie troue wees nie, nog minder het die
applikante in terme van die ooreenkoms waarop
dit wens te steun vir
die beweerde kansellasie gehandel met betrekking tot vasstelling van
die redelike huurwaarde. Geen poging
om die huur vas te stel by wyse
van ooreenkoms, soos gemeld, is deur die applikante gevolg nie.
Daarna stel die applikante ‘n
waardeerder aan sonder om die
eerste respondent in kennis te stel daarvan.
[23] Die
kennisgewingsvereiste het kennelik ten doel om die ander party in te
lig aangaande die besonderhede van die waardeerder
wat die party
aanstel om die huurwaarde te vas te stel. Niks sou die partye
verhoed, indien kennis gegee word deur een party van
die aanstelling
van ‘n bepaalde waardeerder, om beide dieselfde waardeerder aan
te stel vir doeleindes van die waardasie
nie. In so geval sal dit
waarvoor klousule 4.1.2.3 voorsiening maak, glad nie voordoen nie.
Dit sal absurd wees as ‘n waardeerder
in so geval twee
verskillende voorstellings maak. Die partye het verseker nie so
absurde geval in gedagte gehad nie.
[24] Klousule 4.1.2.3
veronderstel dat die partye elk ‘n waardasie verkry het by
hulle eie waardeerder. Die klousule self
verwys na “die
waardeerders”. Dit veronderstel in die konteks van die klousule
nie dieselfde waardeerder nie.
[25] Die
kennisgewingsvereiste in klousule 4.1.2.1 negeer die applikante se
konstruksie in geheel. Die partye tot die huurooreenkoms
het duidelik
nie die gemeenskaplike bedoeling gehad dat dieselfde waardeerder twee
verskillende vasstellings maak nie. Die gemeenskaplike
bedoeling word
bevestig deur die inhoud van klousule 4.1.2.4, naamlik dat indien
enige waardeerder nie die aanstelling kan of wil
aanvaar nie, of
versuim om die waardasie te maak en die partye voor die 31ste dag van
Oktober diensooreenkomstig in kennis te stel,
geld die vasstelling
van die waardeerder wat wel aldus gehandel het, tensy die partye
skriftelik anders ooreenkom.
[26]
Selfs al sou daar egter meriete in die applikante se uitleg van die
relevante klousule wees, naamlik dat dieselfde waardeerder
verskillende waardasies op afsonderlike tye kan doen en dat indien
dit
arbitrium
boni viri
gedoen
is, die gemiddeld van die waardasies dan geneem moet word ten einde
die huurwaarde vas te stel, meen ek nie dat dit in die
omstandighede
van hierdie aansoek relevant is nie.
[27]
Die waardeerders wat aangestel word in terme van die klousule tree
kennelik op as deskundiges om die redelike huurwaarde vas
te stel. As
sodanig het niks Mnr Hugo verhoed om sy waardasie reg te stel, indien
hy aan die hand van verdere of bykomende inligting
van mening was dat
sy oorspronklike waardasie verkeerd was en aanleiding gegee het tot
‘n ooglopende onbillike resultaat,
of dat sy aanvanklike
waardasie nie die redelike huurwaarde weergegee het nie. Dit is
inderdaad dan ook die getuienis van Mnr Hugo,
naamlik dat hy sy
vorige waardasie “vervang” het en dat hy Mnr Nel, wie die
opdrag namens die applikante gegee het,
daarvan in kennis gestel het.
Die applikante beweer bloot dat daar nie sprake van ‘n
vervangende waardasie kan wees nie,
omrede die eerste respondent
nooit daarop gesteun het in korrespondensie namens hom in die
aangeleentheid nie. Die waardeerder
self het, soos gemeld, die
applikante se verteenwoordiger (Mnr Nel) in kennis gestel van die
wysiging van sy vasstelling deur die
vervanging van die waardasie.
Die applikante handel glad nie met die bewerings nie. Mnr Nel het
gewoon geen getuienis voor die
hof geplaas nie. Die eerste respondent
se weergawe moet in hierdie verband aanvaar word.
1
Dit
moet deurgaans ingedagte gehou word dat die redelike huur in goeie
trou vasgestel moet word.
[28] Daar kan in lig van
die omstandighede nie sprake wees van twee waardasies nie, eerder ‘n
gewysigde vasstelling wat die
redelike huurwaarde reflekteer. Dit is
irrelevant hoe die waardeerder eindelik in die posisie verkeer het om
te besef dat sy waardasie
nie die redelike huur reflekteer het nie.
Toevallig in die aangeleentheid het hy opdrag van die eerste
respondent gekry om ‘n
waardasie te doen wat hy reeds vroeër
vir die applikante gedoen het, maar met meer inligting.
[29]
Ek meen ook dat die eerste respondent geregtig sou wees om die
waardeerder te versoek om sy waardasie reg te stel op grond
daarvan
dat die waardeerder se oordeel onredelik uit geoefen was. Die
waardeerder self het die mening gehuldig,
ergo
die
“vervangede waardasie”.
2
[30] Dit is gemene saak
tussen die partye dat die eerste respondent die maandelikse huur in
ooreenstemming met die berekeninge in
terme van die gewysigde
vasstelling van 20 Oktober 2010 betaal. Die eerste respondent was nie
in versuim om die bepalings van die
koopkontrak en, in besonder die
verpligting om okkupasiehuur te betaal, na te kom nie. Die applikante
was derhalwe nie by regte
om, óf die eerste respondent op
terme te plaas, óf om die ooreenkoms te kanselleer nie.
[31] In lig van my
bevinding is dit nie nodig om te beslis of die applikante se
aanmaning aan die eerste respondent voldoende was
en hulle geregtig
sou maak om die kontrak te kanselleer indien die versuim nie
aangesuiwer is nie.
[32] Namens die eerste
respondent is aan die hand gedoen dat indien ek die aansoek van die
hand wys, dit gepaard moet gaan met `n
spesiale kostebevel sodat die
applikante gelas word om die koste van die aansoek te betaal op die
skaal wat geld tussen prokureur
en kliënt.
[33] Die eerste
respondent se argument is gebaseer op die submissie dat die
applikante besig is met vertragingstaktiek. In dié
verband het
die eerste respondent vanweë `n dispuut aangaande die
vasstelling van die koopprys van die onroerende eiendom,
`n verdere
aksie uitgereik wat te rolle geplaas was om aangehoor te word deur
Murray Wnd R, twee hofdae nadat hierdie aansoek geargumenteer
sou
word.
[34] Mnr Du Toit het
tydens argument namens die applikante aangedui dat die partye
ooreengekom het om die aksie uit te stel sodat
die onderhawige
aansoek geargumenteer kan word. Die aksie sou inderdaad wegval indien
die applikante sou slaag met hierdie aansoek.
Die koste van die
uitstel van daardie aksie staan oor vir latere beregting.
[35] Ek meen nie dat
daardie gronde in hierdie verrigtinge ‘n spesiale kostebevel
regverdig nie. Die eerste respondent sal
geregtig wees om daardie
gronde aan die hof voor te hou, indien so geadviseer, wanneer die
koste vir die uitstel van die aksie
beredeneer word.
[36] Gevolglik word die
aansoek van die hand gewys met koste.
_______________________
N. SNELLENBURG, WND R
Namens
die applikante: Adv F du Toit SC
Bygestaan deur
Adv G Jacobs
In opdrag van:
McIntyre & Van der
Post
BLOEMFONTEIN
Namens die eerste
respondent: Adv Paul Zietsman SC
In opdrag van:
Symington & De Kok
BLOEMFONTEIN
NS/sp
1
Plascon-Evans
Paints Ltd v Van Riebeeck Paints (Pty) Ltd
[1984] ZASCA 51
;
1984 (3) SA 623
(A) te
634E – 635C.
2
Bekker
v RSA Factors
1983 (4) SA 568
(T); Perdikis v Jamieson
2002 (6) SA
356
(W).