Randum Chemicals Bk v Premier van die Vrystaat Provinsie (190/2005) [2012] ZAFSHC 113 (11 June 2012)

55 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Civil Procedure — Amendment of pleadings — Application for amendment of particulars of claim — Plaintiff seeking to amend claim to assert locus standi despite cession of debt to bank — Defendant opposing amendment on grounds of contradiction with cession agreement and lack of locus standi — Court held that delay in application for amendment not sufficient reason to refuse amendment, and that modern trend favors allowing amendments to ensure proper ventilation of disputes.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2012
>>
[2012] ZAFSHC 113
|

|

Randum Chemicals Bk v Premier van die Vrystaat Provinsie (190/2005) [2012] ZAFSHC 113 (11 June 2012)

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer: 190/2005
In
die saak tussen:-
RANDUM
CHEMICALS BK
.............................................................
Eiser
en
PREMIER VAN DIE VRYSTAAT PROVINSIE
......................
Verweerder
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
10 MEI 2012
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
DAFFUE, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
11 JUNIE 2012
_____________________________________________________
INLEIDING
[1] Eiser doen aansoek om die
wysiging van sy besonderhede van vordering welke aansoek deur
verweerder geopponeer word. Die wysiging
het ten doel om te beweer
dat alhoewel eiser sy boekskulde aan die Bank gesedeer het in
securitatem indebiti
as
teenprestasie vir bankfasiliteite deur die Standard Bank van
Suid-Afrika Beperk (“die Bank”) aan dit toegestaan,
dit
steeds
locus standi
het
om as skuldeiser in die onderhawige geding op te tree. Verweerder het
op verskeie gronde beswaar aangeteken teen die voorgenome
wysiging en
het met daardie besware volhard in argument. Ek handel hierinlater
volledig met die omvang van die voorgenome wysiging
en die aard van
die besware.
AGTERGROND
[2] Eiser het reeds so lank gelede as 20 Februarie 2004
aksie teen verweerder ingestel onder saaknr. 621/2004 en is vonnis
ten gunste
van eiser verleen op 1 April 2004. Daarvolgens is onder
andere verlof aan eiser verleen om die Hof te nader, op dieselfde
stukke,
behoorlik aangevul, vir ‘n bevel tot betaling, na bewys
daarvan, van reeds gelede skade. Hierna en wel op 21 Januarie 2005
is
aksie teen verweerder ingestel waarin eiser skadevergoeding vorder in
die bedrag van R57 324 381.02, alternatiewelik R46 490
000.00 tesame
met rente en koste. Die aksie word verdedig,
[3] Op 1 April 2005 is ‘n verweerskrif geliasseer.
Daarna is gewysigde verweerskrifte geliasseer, die laaste waarvan op
1
Julie 2009. Eers met die laaste wysiging is ‘n spesiale pleit
ingevoeg ingevolge waarvan eiser se gebrek aan
locus standi
vir die eerste keer geopper is.
[4] Die verstekvonnis in saaknr 621/2004 is soos ek
meegedeel is eers op 30 April 2009, vyf jaar nadat vonnis toegestaan
is, tersyde
gestel.
[5] Die saak is op ‘n stadium ter rolle geplaas
vir verhoor vanaf 5 Mei 2009 tot en met 29 Mei 2009, maar is op 5 Mei
2009
sine die
uitgestel by ooreenkoms.
[6] Twee en ‘n half jaar na die laaste wysiging
van verweerder se verweerskrif en wel op 31 Januarie 2012 het eiser
kennis
gegee van voorneme om die besonderhede van vordering te wysig.
Na liassering van ‘n kennisgewing van beswaar het eiser
voortgegaan
om formeel aansoek te doen om wysiging ooreenkomstig
Hofreël 28(4) welke aansoek by ooreenkoms tussen die partye
uitgestel
is om op 10 Mei 2012 geargumenteer te word.
RELEVANTE BEWERINGS IN DIE PLEITSTUKKE SOOS OP
DATUM
[7] Dit is eiser se saak dat sy tender om sekere
chemiese skoonmaakmiddels aan en namens verweerder te verskaf op 28
Desember 2000
aanvaar is ingevolge waarvan eiser vir ‘n periode
van vyf jaar, dit wil sê tot en met 27 Desember 2005, die
alleenreg
bekom het om die middels op bestelling van alle Provinsiale
Departemente en goedgekeurde instellings te lewer. Dit is voorts
eiser
se saak dat verweerder kontrakbreuk gepleeg het deurdat die
betrokke Provinsiale Departemente en ander goedgekeurde instellings

teenstrydig met die kontrak nie die middels uitsluitlik by eiser
bestel en aangekoop het nie. Bygevolg eis eiser sy beweerde reeds

gelede skade in die bedrag van R57 324 381.02, alternatiewelik R46
490 000.00.
[8] In sy mees onlangs gewysigde verweerskrif wat op 1
Julie 2009 geliasseer is steun verweerder afgesien van ‘n pleit
op
die meriete ook op twee spesiale pleite. Die tweede spesiale pleit
is relevant tot hierdie verrigtinge. In terme daarvan het eiser
dit
ontdaan van die reg om aksie teen verweerder in te stel kragtens ‘n
skriftelike sessie-ooreenkoms gedateer 26 Maart 2001
ingevolge
waarvan eiser al sy reg, aanspraak en belang op en in alle boek- en
ander bestaande en toekomstige skulde en eise van
watter aard ook al
wat aan eiser verskuldig is of word en op alle regte van aksie wat
daaruit voortspruit, aan en ten gunste van
Standard Bank van
Suid-Afrika Beperk gesedeer het.
[9] In die voorgenome wysiging steun eiser op dieselfde
sessie-ooreenkoms aangeheg tot verweerder se gewysigde verweerskrif,
maar
versoek dat die besonderhede van vordering gewysig word om die
volgende te vervat:
9.1 dat op ‘n behoorlike interpretasie van die
sessie dit slegs betrekking het op daardie debiteure wie se name van
tyd tot
tyd op eiser se lys van debiteure verskyn en waarvan
verweerder nie een is nie en boekskulde wat by die eiser ontstaan het
weens
die lewering van goedere en dienste deur eiser in die gewone
loop van sake aan gewone handelsdebiteure aan wie eiser krediet
verleen
het, bedrae deur eiser op klante se rekening gedebiteer en
bedrae in eiser se rekeningboek gereflekteer as aan eiser verskuldig

en betaalbaar te wees en sluit dit nie die vorderingsreg teen
verweerder in nie, aangesien dit ‘n vorderingsreg is wat aan

eiser as ‘n afsonderlike regspersoon persoonlik kleef. Daar
word daarop gesteun dat verweerder nie in die bogenoemde sin
‘n
handelsdebiteur van eiser is nie en vorder eiser nie debiete van
verweerder nie, maar skade weens kontrakbreuk.
9.2 In die alternatief tot voormelde steun eiser daarop
dat dit nie die bedoeling van eiser en die Bank was om eiser se
vorderings
vir skadevergoeding gely weens kontrakbreuk aan die Bank
as sessionaris te sedeer nie en is die eis teen verweerder uitgesluit
van die sessie.
9.3 In die verdere alternatief steun eiser daarop dat
indien die betrokke vorderingsreg wel aan die Bank gesedeer is, die
Bank uitdruklik,
alternatiewelik stilswyend toegestem dat eiser die
betrokke aksie teen verweerder mag instel.
9.4 In ‘n verdere alternatief steun eiser daarop
dat die Bank as sessionaris die reg om in terme van die sessie aksie
vir
die verhaal van skadevergoeding in te stel, gekanselleer het
en/of sodanige reg uitdruklik of stilswyend geabandoneer en/of
daarvan
afstand gedoen het.
[10] Verweerder opper die volgende gronde van beswaar:
10.1 Die bewerings vervat in die voorgenome wysiging is
botsend en teenstrydig met die sessie-ooreenkoms en is die
regskonklusies
waartoe eiser kom, foutief.
10.2 Die sessie-ooreenkoms is reeds in 2001 aangegaan en
die aksie ingestel in 2005 sonder vermelding van die sessie en die
beweerde
bedoeling van die partye daartoe, terwyl die huidige
bewerings eers in 2012 gemaak word. Verweerder steun dus daarop dat
die bewerings
so ver van die werklikheid verwyder is dat dit nie
bewysbaar is nie en daarom eksipieërbaar is.
10.3 Voorts word daarop gesteun dat die sessionaris eers
gevoeg moet word tot die huidige verrigtinge en die sessie-ooreenkoms
weens
die botsende bewerings eers gerektifiseer word voordat eiser se
bewerings oorweeg of regsgevolge daaraan gegee kan word.
10.4 Dit word ook daarop gesteun dat die nuwe bewerings
strydig met die skriftelike sessie-ooreenkoms is en dat geen
getuienis daaromtrent
gelei kan word sonder rektifikasie daarvan nie
en is die voorgenome wysiging bygevolg eksipieërbaar.
10.5 Dit is voorts verweerder se saak dat die huidige
eis na bewering ontstaan het voor 2005 en dat die beweerde
toestemming regtens
onhoudbaar is omdat die Bank se eis reeds voor
die datum waarop sodanige toestemming en/of magtiging verleen is,
verjaar het.
10.6 Dit is ook verweerder se saak dat eiser op datum
van instel van die aksie oor geen
locus standi
beskik het nie
en kon die probleem ook nie
ex post facto
met die beweerde
toestemming ondervang word nie.
10.7 Verweerder het ook ander besware geopper met
betrekking tot die vaagheid van die bewerings ten aansien van wie
sogenaamde toestemming
of magtiging namens die Bank sou gegee het, of
sodanige persone daartoe gemagtig was, ensovoorts.
REGSBEGINSELS MET BETREKKING TOT DIE WYSIGING VAN
PLEITSTUKKE
[11] Vertraging met die loods van ‘n aansoek om
wysiging is nie op sigself voldoende rede om die wysiging te weier
nie. Tog
is dit so dat daar normaalweg vereis word dat die vertraging
onder eed verduidelik word. In
OBLOWITZ BROS v GUARDIAN
INSURANCE CO LTD
1924 CPD 64
is ‘n aansoek om ‘n
verweerskrif te wysig 18 maande nadat dit geliasseer is en sonder
enige verduideliking vir die
vertraging geweier. Indien die party wat
die wysiging aanvra nie
mala fide
is nie en die ander party
nie deur die voorgenome wysiging benadeel sal word nie, behoort die
laat aansoek op sigself nie te veroorsaak
dat die aansoek geweier
word nie. Vergelyk
FIAT SA (PTY) LTD v BILL TROSKIE MOTORS
1985 (1) SA 355
(O) te 357E. Dit moet vermeld word dat die vertraging
in hierdie geval twee en ‘n half jaar is, maar dat verweerder
skynbaar
ook voete gesleep het deurdat die vonnis wat ten gunste van
eiser verleen is op 1 April 2004, eers vyf jaar daarna tersyde gestel

is. Verweerder se nuutste wysiging van sy verweerskrif is ook jare na
liassering van die oorspronklike verweerskrif aangebring.
Daar is ook
nie gewag gemaak daarvan dat verweerder enigsins benadeel is vanweë
die vertraging met die bring van hierdie aansoek
nie.
[12] Die Hoogste Hof van Appèl het beslis dat die
volgende oorwegings van toepassing is wanneer ‘n party op ‘n

laat stadium van die verrigtinge ‘n wysiging aanvra. Die
aanhaling kom uit die kopstuk, synde ‘n geparafraseerde
weergawe
van paragrawe [36], [34], [43] en [42]:

The first matter which the applicant
has to prove is that he did not delay his application after he became
aware of the evidentiary
material upon which he proposes to rely.
Furthermore he must explain the reason for the amendment and show
prima facie
that he has something deserving of consideration, a triable issue. A
triable issue is
(a)
a dispute which, if it is proved on the basis of the evidence
foreshadowed by the applicant in his application, will be viable
or
relevant, or
(b)
a dispute which will probably be established by the evidence thus
foreshadowed. Although, in the case of a timeous and less disruptive

application, it will often not be appropriate to require the
applicant to indicate how he proposes to establish his amended case,

an applicant's prospects of succeeding with his new cause will
properly be an element in the exercise of the Court's discretion

where the application is moved at an advanced stage of the
proceedings. The greater the disruption caused by an amendment, the

greater the indulgence sought and, accordingly, the burden upon the
applicant to convince the Court to accommodate him.”
CIBA-GEIGY (PTY) LTD v LUSHOF FARMS (PTY) LTD EN
'N ANDER
2002 (2) SA 447
(SCA) te 450A - C.
[13] Verweerder het nóg in die
kennisgewing van beswaar, nóg in antwoord op eiser se formele
aansoek om wysiging en
ook nie in die skriftelike betoogshoofde of in
argument voor my ‘n punt daarvan gemaak dat die wysiging so
laat gebring word
sonder enige behoorlike verduideliking dat dit
summier op grond daarvan van die hand gewys behoort te word nie.
Indien hierdie
aspek behoorlik geventileer en ook gemotiveer is deur
verweerder, sou ek ernstige oorweging daaraan geskenk het om die
aansoek
summier op daardie basis van die hand te wys. Dit is egter so
dat die moderne tendens is om ‘n wysiging toe te staan indien

dit sal veroorsaak dat ‘n behoorlike ventilasie van alle
dispute tussen die partye plaasvind. Dit is voorts ook so dat artikel

34 van die Grondwet bepaal dat elkeen die reg het dat ‘n geskil
wat deur die toepassing van die reg besleg kan word, in ‘n

billike openbare verhoor beslis word. Die Hof het ‘n wye
diskresie om wysigings toe te staan. Vergelyk
THEKWENI
PROPERTIES (PTY) LTD v PICARDI HOTELS LTD (AND OTHERS AS THIRD
PARTIES)
2008 (2) SA 156
(D & K) te
para [9].
[14] Dit moet ook in ag geneem word
dat ‘n aansoek soos die onderhawige nie bestem of bedoel is om
feitedispute tussen die
partye te besleg nie. Soos vermeld in
CIBA-GEIGY
,
loc
cit
, moet die applikant om wysiging
slegs
prima facie
kan
aantoon dat ‘n “triable issue” voorhande vir
beslegting is.
DIE SESSIE-OOREENKOMS EN DIE REGSBEGINSELS
DAAROMTRENT
[15]
Die Sessie ten gunste van die Bank onder die
opskrif “Sessie van Boekskulde ten gunste van Standard Bank van
Suid-Afrika Beperk”,
kortliks geparafraseer, bepaal dat as
teenprestasie vir bankfasiliteite toegestaan deur die Bank, eiser al
sy reg, aanspraak en
belang op en in alle boek- en ander bestaande en
toekomstige skulde en eise van watter aard ook al wat aan eiser
verskuldig is
of word en op alle regte van aksie wat daaruit
voortspruit aan en ten gunste van die Bank verpand, sedeer, afstaan
en oordra as
‘n voortdurende dekkingsekuriteit ten opsigte van
alle bedrae geld wat op daardie stadium of in die toekoms aan die
Bank
geskuld is of verskuldig sou raak. Die sekuriteit wat deur die
betrokke sessie verskaf word, vervang of benadeel nie enige ander

sekuriteit wat die Bank op daardie stadium of in die toekoms mag hou
nie en is aanvullend daartoe. Eiser onderneem om die Bank
te voorsien
van ‘n staat waarin die totale bedrag van die gesedeerde skuld
asook die name en adresse van die debiteure en
die bedrag wat deur
elke debiteur verskuldig is aan die Bank te verstrek. Die Bank mag te
alle tye self of deur middel van sy genomineerdes
of agente alle
bedrae wat aan eiser betaalbaar is of word invorder. Indien enige
skuld deur eiser ingevorder word, sal dit onmiddellik
aan die Bank
oorbetaal word. Eiser onderneem dat dit, totdat kennis tot die
teendeel deur die Bank gegee word, as die Bank se agent
sal optree
vir die invordering van alle gelde wat aan eiser betaalbaar is of mag
word. Alle sodanige gelde wat aan die Bank betaal
sal word en indien
die Bank dit vereis, sal gedeponeer word in ‘n spesiale
rekening in die Bank se naam oor welke rekening
die Bank alleen
beheer het.
[16] Verweerder se regspan het in hul betoogshoofde in
detail ingegaan op die regsposisie met betrekking tot sessie en tot
die gevolgtrekking
gekom dat die bewoording van die onderhawige
sessie-ooreenkoms sodanig is dat dit niks anders as ‘n
uit-en-uit sessie is
nie. In sy mondelinge betoog het Mnr. Viljoen
egter sonder enige omhaal van woorde toegegee dat dit nie korrek kan
wees nie en
dat ‘n sessie
in securitatem debiti
voorhande is.
[17] Mnr. Danzfuss het namens eiser
aangevoer dat die bewoording van die onderhawige sessie-ooreenkoms
identies is met die sessies
in
MARIGOLD ICE CREAM CO
(PTY) LTD v NATIONAL CO-OPERATIVE DAIRIES LTD
1997 (2) SA 671
(W) en
COOPERS & LYBRAND AND OTHERS v BRYANT
[1995] ZASCA 64
;
1995
(3) SA 761
(A). In
COOPERS & LYBRAND
,
lo
c
cit
, het die eiser, Bryant, twee aparte
bankrekenings by die Standard Bank gehad, ‘n persoonlike
rekening sowel as ‘n besigheidsrekening,
op welke laasgenoemde
rekening hy oortrekkingsfasiliteite gehad het en op grond waarvan ‘n
sessie van debiteure ten gunste
van die bank verskaf is. Die Appèlhof
het bevind dat, op ‘n behoorlike interpretasie van die
sessie-ooreenkoms, Mnr.
Bryant en die bank nooit bedoel het om sy
eise van ‘n persoonlike aard wat niks met sy besigheid te doen
het, aan die bank
te sedeer nie. Die hof het egter verder gegaan en
soos volg bevind te 768J:

From the nature and
purpose of the said cession, including its context as a whole,
the intention of the parties was that it
was intended to relate
to business debts
including
claims other than book debts
.”
(my beklemtoning)
Die saak is onderskeibaar van die onderhawige geding
deurdat die Appèlhof bevind het dat Mnr. Bryant se persoonlike
eis onverwant
is aan sy handelsdebiteure en nie onderhewig aan die
sessie was nie. Anders as wat Mnr. Danzfuss geargumenteer het
ondersteun die
saak hom nie betreffende die interpretasie van die
sessie-ooreenkoms met betrekking tot ander eise, afgesien van
boekskulde.
In
MARIGOLD
,
loc cit
, moes ‘n spesiale pleit soortgelyk aan die een
wat deur verweerder in hierdie saak geopper is, besleg word. Die saak
was
op verhoor en verskeie getuies het namens Standard Bank getuig
met betrekking tot die bedoeling van die Bank in soverre dit die

sessie-ooreenkoms betref. Die getuies was dit eens en het die hof ook
bevind dat die Bank nooit bedoel het om sessie te neem van
eise
anders dan boekskulde nie en het die hof soos volg gekonkludeer te
677G:

T
he evidence of
the background to and circumstances of the cession and of the conduct
of the plaintiff and the bank in relation to
it would, I consider,
have been sufficient to dispose of the defendant's special defence.
The Vereeniging agreement and the recession
effected by it places the
plaintiff's case beyond attack on the issue of its
locus
standi
.”
[18] Met verwysing na ‘n artikel van Belinda van
Heerden waarin sy argumenteer dat met die uitsluiting van moontlike
gevolge
soos verjaring en nadeel, daar geen rede bestaan waarom
substitusie van ‘n sessionaris gelas kan word voor
litis
contestatio
nie, het die Hof voortgegaan en die volgende aan die
hand gedoen te 678H:

The case dealt with
by Van Heerden and in most of the decisions to which she refers is
one where the cedent's incorrect procedure
in suing in its own name
when the right of action vests in the cessionary is remedied by
substituting the cessionary as the correct
plaintiff. There can be no
difference in principle where the plaintiff remains the same and the
cessionary of first instance, by
revesting the right of action in the
plaintiff, steps out of the picture.”
Die Hof gaan dan ook voort en verwys na die
ongerapporteerde uitspraak van Howie, R (soos hy toe was) in
SIMONSIG
LANDGOED AND COASTAL WINES (PTY) LTD v THERON, VAN DER POEL, BRINK EN
ROOS
(KPA 26 Augustus 1991). Die geleerde regter (Howie, R)
het opgemerk in laasgenoemde saak dat alhoewel die sessiedokumente
verwys
na “skuld en boekskulde en alle en enige gelde en
bedrae”, dit duidelik uit ander dokumente was dat eiser se
regsverteenwoordigers
en die bank self op heelwat geleenthede na ‘n
sessie van boekskulde verwys het en dat dit hulle bedoeling was dat
slegs boekskulde
gesedeer sou word. Die Hof het ook aanvaar dat dit
sekerlik nie gewone handelspraktyk is dat ‘n skuldenaar ‘n
toekomstige
eis gegrond op professionale nalatigheid waarvan niemand
ten tye van die sessie weet, aan sy bank as sekerheidstelling sou
sedeer
nie. Toe die betrokke sessie verkry is, was die eisers nie
eers bewus van die bestaan van die vorderingsregte wat tydens die
verhoor
ter sprake geword het nie. Die Hof het afgesluit deur te
bevind dat op die veronderstelling dat eisers die beweerde
kansellasie
of herroeping van die sessie sal kan bewys, dit slegs
eisers en niemand anders nie kan wees wat hierdie vorderingsregte kan
afdwing.
Vergelyk die aanhaling in
MARIGOLD
,
loc
cit
, te 679B – 680B.
[19] Soos reeds
vermeld het Mnr. Viljoen toegegee dat die sessie voorhande nie ‘n
uit-en-uit sessie is nie en bygevolg is
dit onnodig om die sake
waarop gesteun is in die betoogshoofde en wat uitsluitlik op
uit-en-uit sessies van toepassing is, te oorweeg.
Anders as met ‘n
uit-en-uit sessie is daar nie enige twyfel nie dat ‘n eis wat
gesedeer is
in securitatem debiti
outomaties terugval na die sedent sodra die
versekerde skuld uitgewis is en is dit onnodig om ‘n sogenaamde
terugsessie te
bewerkstellig. Vergelyk
NATIONAL BANK OF
SOUTH AFRICA LTD v COHEN'S TRUSTEE
1911 AD 235
te 246 en 247
en
GROBLER v OOSTHUIZEN
2009 (5) SA 500
(HHA) te para
[20] 509B – E.
[20] Dit is nie nodig om nou ‘n
finale uitspraak hieroor te gee nie maar dit wil voorkom asof eiser
met inagneming van die
bewoording van die sessie-ooreenkoms in elk
geval self aksie sou kon instel totdat die sessionaris tot die
teendeel kennis gee.
Vergelyk
THEKWENI PROPERTIES (PTY)
LTD v PICARDI HOTELS LTD
,
loc cit
,
te
paras [33] – [37] 163B – G. Klaarblyklik kan so ‘n
optrede geregverdig word deurdat dit ondenkbaar en onwaarskynlik
is
dat die partye ooit bedoel het dat die bank telkens in die gewone
loop van sake sy prokureurs opdrag moet gee om elke debiteur
se skuld
in te vorder. So interpretasie sal besigheidswerksaamheid (“business
efficacy”) inhou.
[22] In soverre die verweerder sterk
steun op die toepaslikheid van die
parol
evidence
reël moet dit kortliks
hanteer word. Mnr. Viljoen het benadruk dat sodra ‘n ooreenkoms
in skrif beliggaam is, enige bewering
daarmee teenstrydig regtens
irrelevant is om die bedoeling of die terme van die ooreenkoms te
beweer. In die afwesigheid van onduidelikheid
of dubbelsinnigheid van
die gekose woorde, is die primêre uitlegreël van
toepassing en moet aan die normale betekenis
van die woorde gevolg
gegee word. Mnr. Viljoen is heeltemal korrek wat die erkende en
gevestigde regsbeginsels betref, maar ek
stem nie met hom saam nie
insoverre hy daarop aanspraak maak dat verweerder dit daarop kan
beroep
in casu
omdat
verweerder immers nie ‘n party tot die sessie-ooreenkoms is
nie. Vergelyk die uitspraak van Lewis, wnd AR (soos sy toe
was) in
AUSSENKEHR FARMS (PTY) LTD v TRIO TRANSPORT CC
2002 (4) SA 483
(HHA) te 493G –
J
:

[25] Where the
parties dispute the meaning of a term then a court must
necessarily look to the wording of the provision itself
to determine
its correct construction. But where they agree on its meaning, even
though the provision appears objectively to reflect
a different
understanding, it would be absurd to insist on binding them to a term
upon which neither agrees only because of a third
party's insistence
on reliance on the apparent meaning of the provision.
[26] Accordingly, in my view, it should not be open to the defendant
to contend that, although the parties intended the cession
to
constitute security only for the overdraft, it covered also all other
debts owed or that might in future be owed to the bank.
And
similarly, where the parties have agreed that the cession will
be extinguished when the overdraft ceases to exist, it
should
not be open to the defendant to argue that the re-cession must be in
writing in order for it to take effect.”
NIE-VOEGING VAN DIE SESSIONARIS
[23] Die verweerder steun daarop dat die Bank nie gevoeg
is nie en dat die aansoek vanweë wanvoeging van die hand gewys
behoort
te word. Uit die aard van die saak is moontlike nie-voeging,
in teenstelling met wanvoeging, van toepassing. Na my oordeel is die

nie-voeging van die sessionaris nie fataal vir hierdie aansoek nie.
Indien die aansoek toegestaan sou word, sal verweerder steeds
die
volste reg hê om sy verweerskrif ooreenkomstig die bepalings
van hofreël 28(8) te wysig deur onder andere nie-voeging
te
pleit. Ek het kennis geneem dat die aansoekstukke aan die Bank
afgelewer is en dat dit eiser se bedoeling is om personeel van
die
Bank as getuies te roep tydens die verhoor van die saak. Indien die
wysiging toegestaan sou word, word geen regte van die Bank
daardeur
geaffekteer nie. Dit het nie die effek dat die Bank ontdaan word van
sy vorderingsregte wat dit duidelik en ondubbelsinnig
in terme van
die sessie-ooreenkoms ontvang het nie. Geen finale bevel met
betrekking tot die dispute tussen die partye word gemaak
nie en moet
die partye op verhoor gaan sodat die verhoorhof uitspraak kan lewer
na aanhoor van al die getuienis en argumente.
EKSIPIEëRBAARHEID VAN DIE BESONDERHEDE VAN
VORDERING IN GEWYSIGDE VORM
[24] Ek meen dat eiser gelyk gegee moet word dat ek nie
die voorgenome wysiging oorkrities moet bejeen nie en is dit ook nie
nodig
om op hierdie stadium geloofwaardigheidsvraagstukke wat deur
verweerder geopper word te oorweeg nie. Die pleitstukke is bloot daar

om die geskilpunte tussen die partye te bepaal en sal hulle volle
geleentheid kry om tydens die verhoor van die saak getuienis
aan te
bied aangaande die geskilpunte en wel binne die raamwerk soos omlyn
deur die pleitstukke. Vergelyk die toets van toepassing
by eksepsies
in
SOUTH AFRICAN NATIONAL PARKS v RAS
[2001] 4 ALL SA
380
(K) te 385h – 386e.
VERJARING VAN DIE EIS
[25] Met inagneming van die interpretasie wat eiser
plaas op die sessie-ooreenkoms, wat nie summier afgemaak kan word as
regtens
onhoudbaar nie, is ek van oordeel dat die aanspraak op
verjaring nie in die weg staan van die voorgenome wysiging nie. Ek
beklemtoon
weer eens dat eiser slegs ‘n
prima facie
saak
moet uitmaak dat die dispuut verhoorbaar of “triable” is.
Verjaring kan in elk geval spesiaal gepleit word deur
verweerder,
indien so geadviseer, en dit sal dan die verhoorhof se taak wees om
dit te besleg.
GEVOLGTREKKING EN KOSTE
[26] Ek is bygevolg van oordeel dat eiser ‘n
behoorlike saak uitgemaak het en dat verlof verleen behoort te word
om die besonderhede
van vordering te wysig soos versoek. Die enigste
uitstaande kwessie is die koste van die aansoek. Ek aanvaar dat die
geding omvangryk
is en dat baie op die spel is vir beide partye. Die
eis beloop etlike miljoene rande. Ek het my bedenkinge of dit werklik
nodig
was dat twee advokate betrek word aan beide kante om ‘n
interlokutore aansoek te hanteer. Twee senior advokate verteenwoordig

verweerder. Ek sou dit ernstig oorweeg het in die uitoefening van my
diskresie om slegs die koste van een advokaat toe te laat,
maar is
deur beide Mnre. Danzfuss en Viljoen daarop gewys dat hulle nie ‘n
probleem het dat die koste van twee advokate toegelaat
word nie. Mnr.
Danzfuss het geargumenteer dat die opponering onredelik was en dat
die aansoek met koste toegestaan behoort te word.
Mnr. Viljoen het
aan die hand gedoen dat die aansoek met koste afgewys behoort te
word, maar indien ek sou besluit om die wysiging
toe te staan, eiser
gelas behoort te word om die koste van opponering te betaal omdat nie
bevind kan word dat dit sonder goeie
rede was nie. Eiser verlang ‘n
vergunning. Die algemene reël is dat die party wat die
vergunning vra aanspreeklik is
vir die koste veroorsaak deur die
aansoek. Daarvan kan afgewyk word as die opposisie onredelik is. Ek
het reeds daarop gewys dat
eiser onnodig lank gewag het om die
wysiging aan te vra en in die proses voete gesleep het. Ek is ook nie
oortuig dat verweerder
onredelik was deur die aansoek te opponeer
nie. Eiser se wysiging het tot inhoud ‘n aanspraak dat die
sessie-ooreenkoms anders
geïnterpreteer moet word as wat uit die
bewoording daarvan blyk vir redes aangevoer en voorts word daar op
bewerings gesteun
wat grens daaraan om as vaag en verwarrend en selfs
eksepieërbaar beskou te word. Onder die omstandighede is ek van
oordeel
dat die opponering redelik was en behoort eiser die koste
daarvan te dra.
BEVEL
[27] Bygevolg word die volgende bevele verleen:
1. Verlof word aan eiser verleen om sy besonderhede van
vordering binne 10 dae vanaf datum hiervan te wysig ooreenkomstig die
kennisgewing
van wysiging wat op 31 Januarie 2012 geliasseer is;
2. Eiser word gelas om die verweerder se koste verbonde
aan die opponering van die aansoek te betaal, insluitende die koste
van
twee advokate.
_____________
J.P. DAFFUE, R
Namens
die eiser: Adv. F.W.A. Danzfuss SC
Bygestaan
deur:
Adv.
J.G. Gilliland
In
opdrag van:
Vermaak
& Dennis
BLOEMFONTEIN
Namens
die verweerder: Adv. H.P. Viljoen SC
Bygestaan
deur:
Adv.
J.Y. Claasen SC
In
opdrag van:
Staatsprokureur
BLOEMFONTEIN
/sp