Maseko v S (A274/2010) [2012] ZAFSHC 112 (7 June 2012)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted of rape of his 14-year-old daughter and sentenced to life imprisonment — Appellant's appeal based on alleged misapplication of sentencing principles and lack of substantial and compelling circumstances — Evidence included DNA results linking appellant to the crime — Court found no merit in the appeal, confirming the conviction and sentence as appropriate given the severity of the crime and the absence of compelling reasons to deviate from the prescribed minimum sentence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2012
>>
[2012] ZAFSHC 112
|

|

Maseko v S (A274/2010) [2012] ZAFSHC 112 (7 June 2012)

VRYSTAAT HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Saak Nr. : A274/2010
In die appèl van:-
KHUZANI JAMES
MASEKO
.........................................................
Appellant
en
DIE STAAT
................................................................................
Respondent
CORAM
:
HANCKE, WND RP
et
SNELLENBURG, WND R
UITSPRAAK
:
SNELLENBURG, WND R
AANGEHOOR
:
4 JUNIE 2012
DELIVERED
:
7 JUNIE 2012
[1] Die appellant is op
12 Februarie 2009 skuldig bevind in die streekshof, Bethlehem, op een
klag van verkragting en gevonnis tot
lewenslange gevangenisstraf in
terme van Deel 1 van Bylaag 2 van die Strafregwysigingswet 105
van 1997  [Wet 105 of 1997].
Geen bevel is verleen uit hoofde
van Wet 60 van 2000 nie en die appellant word geag, in terme van die
bepalings van artikel 103(1)(g)
van Wet 60 van 2000, om onbevoeg te
wees om ‘n vuurwapen te besit .
[2] Die appellant het as
gevolg van die lewenslange vonnis wat opgelê is outomaties die
reg op appèl teen die skuldigbevinding,
vonnis en bevel van
die hof benede. Die appellant oefen deur hierdie appèl daardie
regte uit en appelleer teen die skuldigbevinding,
die vonnis en die
gepaardgaande bevele.
[3] Die klag van
verkragting spruit voort uit ‘n insident wat plaasgevind het
gedurende die nag van 7 tot 8 Mei 2005 te Verkykerskop,
distrik van
Witsieshoek toe die klaagster, Jabulile Maseko (gebore op 20
September 1990), 14 jaar oud op daardie stadium, deur
haar vader
verkrag is in die huis wat deur hulle bewoon is. Die klaagster, die
appellant en haar broer en suster deel ‘n
slaapkamer. Die
appellant slaap op ‘n bed en die drie kinders op matrasse op
die vloer.
[4] Die getuienis toon
dat die klaagster se vader, die appellant, die aand by die huis
aangekom het onder die invloed van drank
nadat sy reeds geslaap het.
Sy is wakker gemaak om vir die appellant oop te sluit en het hy haar
op ‘n stadium versoek om
sy skoene, broek en hemp uit te trek,
maar sy het geweier. Die appellant het daarna in sy bed geklim waarna
die klaagster die kers
doodgemaak het en gaan slaap het. Hierna het
die appellant in die klaagster se bed geklim, haar mond met ‘n
doek toegedraai,
haar ontklee en toe verkrag.
[5] Die klaagster het die
volgende oggend, sonder om enige iemand anders by die huis in te lig
van wat gebeur het, na haar onderwyseres,
Sarah Namdagane Matebula
gegaan en aan die dame verduidelik wat gebeur het die vorige aand.
Die onderwysers het haar ondersoek
en ‘n bloedkol op haar
damesbroekie opgemerk waarna sy die polisie ontbied het.
[6] By die hospitaal is
monsters geneem, onder andere van vloeistowwe op die klaagster se
damesbroekie, wat vir ontleding gestuur
is. Dit is tydens die verhoor
erken dat die monsters behoorlik geneem, verseël en ontleed is,
asook dat ‘n bloedmonster
van die vader geneem is wat insgelyks
ontleed is. Die uitslae van die toetse, wat nie betwis is nie, toon
dat die appellant se
semen gevind is op die klaagster se
damesbroekie.
[7] Daar is geen meriete
in die appèl teen die skuldigbevinding nie. Die appellant se
weergawe is een van ‘n algehele
ontkenning. Die klaagster sowel
as die eerste rapport se getuienis is in alle wesenlike opsigte
bevredigend en word dele daarvan
daarbenewens gestaaf deur die
appellant se getuienis. Die klaagster se getuienis as enkelgetuie is
deur die hof benede as sodanig
evalueer. Die kruks van die saak is
dat die DNS toetse toon dat die appellant se semen op die klaagster
se damesbroekie (haar onderklere)
gekry is. Daar is geen
verduideliking verskaf deur die appellant waarom sy semen op die
klaagster se onderklere is nie. Op ‘n
totaliteit van die
getuienis het die staat bo redelike twyfel bewys dat die appellant
die klaagster verkrag het soos aangekla.
[8] Die toets met
betrekking tot ‘n appèl teen vonnis is geyk, naamlik het
die verhoorhof ‘n mistasting begaan
met die oorweging van die
vonnis of het dit die vonnis diskresie op ‘n onredelike wyse
uitgeoefen. Wek die vonnis, in die
omstandighede van die saak, ‘n
gevoel van skok of is dit skokkend onvanpas.
S v PIETERS
1987 (3) SA 717
(A). Vonnis is primêr in die diskresie van die
verhoorhof. Indien die verhoorhof gevolglik sy diskresie behoorlik en
redelik
uitgeoefen het, sal ‘n hof van appèl geen
bevoegdheid hê om in te meng nie.
[9] Waar die misdaad
waaraan die appellant skuldig bevind is resorteer onder artikel 51
van Wet 105 of 1997, is die vertrekpunt
vir die oplegging van ‘n
gepaste vonnis uiteengesit in
S v MALGAS
2001 (1) SACR
469
(SCA). Howe het nie meer ‘n onbelemmerde diskresie om enige
vonnis op te lê wat dit meen gepas is waar die Parlement

spesifieke minimum vonnisse voorskryf vir spesifieke misdade nie. Die
hof wat ‘n vonnis moet oplê moet gevolglik die
vonnis
verrigtinge benader op die grondslag dat die minimum vonnis die
gepaste vonnis is tensy daar wesenlike en dwingende omstandighede

teenwoordig is wat die afwyking van die voorgeskrewe minimum vonnis
regverdig. Die oorwegings is weer onlangs deur die Hoogste
Hof van
Appèl bevestig in
S v MATYITYI
2011 (1) SASV 40
(SCA) para 10.
[10] ‘n Vonnis van
lewenslange gevangenisstraf van vir verkragting wat resorteer in Deel
1 van Bylaag 2 van Wet 105 van 1997
kan nie aangemerk word om
skokkend onvanpas te wees indien daar nie wesenlike en dwingende
omstandighede teenwoordig is nie. Wesenlike
en dwingende
omstandighede mag wel teweeggebring word waar die voorgeskrewe
minimum vonnis sodanig is dat die oplegging, gegewe
die omstandighede
van die saak, ‘n onreg teweeg sal bring. Dit hoef nie ‘n
skokkende onreg te wees nie.
DIRECTOR OF PUBLIC PROSECUTIONS,
KWAZULU-NATAL v NGCOBO AND OTHERS
2009 (2) SASV 361 (SCA)
para 14:

namely
that a departure from the prescribed minimum sentence is justified
if, in imposing it, an injustice would result. The imposition
of a
prescribed sentence need not amount to 'a shocking injustice'. If
imposing the minimum sentence would be an injustice it should
be
departed from.”
In die, tot op hede,
ongerapporteerde uitspraak in die saak van
DANIËL MATLOKO
EN ANDER v DIE STAAT
[FSB Saaknommer A109/2011] deur ‘n
Volbank van hierdie afdeling bevind Van der Merwe, R as volg te para
[6]:

These
prescribed sentences can of course be departed from if that is
justified by substantial and compelling circumstances. Such

substantial and compelling circumstances are present when in all the
circumstances of a particular case the imposition of the prescribed

sentence would be disproportionate to the crime, the criminal and the
needs of society and therefore unjust. But substantial and
compelling
circumstances must be considered with the real recognition thereof
that the legislature has ordained a particular prescribed
sentence
that should ordinarily and in the absence of weighty justification be
imposed.”
Die hof verwys dan ook na
die
MALGAS
-beslissing,
supra
te 477e-f;
S
v VILAKAZI
2009 (1) SA SASV 552 (SCA) te560-562 en
MATYITYI
,
supra.
[11] Die verhoorhof het
duidelik die toepaslikheid van die
MALGAS
beginsels
ingedagte geneem tydens die vonnisoplegging, maar dit beteken nie
sondermeer dat die verhoorhof nie ‘n mistasting
begaan het of,
soos gestel, die vonnis-diskresie op ‘n onredelike wyse
uitgeoefen het nie.
[12] Ek is, vir die redes
wat volg, van mening dat die verhoorhof wel misgetas het met die
evaluering van die kumulatiewe effek
van die versagtende en ander
omstandighede van hierdie saak en in besonder rakende of die minimum
voorgeskrewe vonnis van lewenslange
gevangenisstraf proporsioneel is
tot die misdaad, die misdadiger en die gemeenskap se belange.
[13] Die appellant se
persoonlike en ander versagtende omstandighede sluit in dat hy 54
jaar oud is en op daardie ouderdom voor
die hof gestaan het as eerste
oortreder. Hy is die broodwinner en het 7 kinders. Hy is
ge-emplojeer.
[14] Dit blyk uit die
verhoorhof se bevindings tydens die vonnisoplegging dat hy die
appellant se ouderdom as versagtende omstandigheid
afsonderlik
beoordeel het en toe verder buite rekening gelaat het. Die ander
oorweging wat bespreek is, is die moontlike invloed
van drank. Geen
getuienis is gelei met betrekking tot die emosionele of ander
nagevolge van die verkragting vir die slagoffer nie.
[15] Die verhoorhof het
korrek die erns van die misdaad oorweeg. Dit word ook dan deur die
wetgewer erken, synde die minimum voorgeskrewe
vonnis.
[16] Dit is ‘n
betreurenswaardige realiteit dat seksuele misdrywe teen vrouens
aanhou toegeneem en onrusbarende proporsies
aanneem. Dit mag nie
misken word nie.
[17] In
MATYITYI,
supra
met verwysing in para 10 na die opmerkings in
S v
DE BEER
[SCA Saak Nr 121/04, 12 November 2004,
ongerapporteerde uitspraak, para 18] word die erns van die tipe
misdaad beklemtoon:

Rape
is a topic that abounds with myths and misconceptions.
1
It is a serious social problem about which, fortunately, we are at
last becoming concerned. The increasing attention given to it
has
raised our national consciousness about what is always and foremost
an aggressive act. It is a violation that is invasive and

dehumanising. The consequences for the rape victim are severe and
permanent. For many rape victims the process of investigation
and
prosecution is almost as traumatic as the rape itself.”
and further in para 17:

Furthermore,
courts generally do not have the necessary experience to generalise
or draw conclusions about the effects and consequences
of a rape for
a rape victim.
2
As Muller & Van der Merwe put it: ‘It is extremely
difficult for any individual, even a highly trained person such as
a
magistrate or a judge, to comprehend fully the range of emotions and
suffering a particular victim of sexual violence may have

experienced. Each individual brings with himself or herself a
different background, a different support system and, therefore,
a
different manner of coping with the trauma flowing from the abuse’.”
3
[18] Die Hoogste Hof van
Appèl rig dan ook die ferm boodskap aan persone wat hulself
skuldig maak aan die tipe misdrywe [te
para 20]:

As
this court has previously sought to make clear, women in this country
‘have a legitimate claim to walk peacefully on the
streets, to
enjoy their shopping and their entertainment, to go and come from
work, and to enjoy the peace and tranquillity of
their homes without
the fear, the apprehension and the insecurity which constantly
diminishes the quality and enjoyment of their
lives’ (S v
Chapman).
[1997] ZASCA 45
;
[1997 (2) SACR 3
(SCA)].”
[19] Lewenslange
gevangenisstraf is die swaarste vonnis wat opgelê kan word. In
die verband het die Hoogste Hof van Appèl
in
RAMMOKO v
DIRECTOR OF PUBLIC PROSECUTIONS
2003 (1) SASV 200 (SCA) (‘n
saak waar lewenslange gevangenisstraf bekragtig is) vanaf para 12,
die volgende te sê gehad
wat relevant is in die onderhawige
saak:
"For the rape of a
girl under the age of 16 years (as in the present case) the
prescribed sentence is life imprisonment. However,
the Court's
discretion to impose a different sentence has not been eliminated by
the Act, but in the absence of weighty justification
the prescribed
sentence must be imposed (
Malgas
in para [25]). In the matter
of
S v Boesman Mahomotsa
(case No 85/2001, 31 May 2002, yet to
be reported), [intussen rapporteer as
S v MAHOMOTSA
2002 (2)
SACR 435
(SCA)] a case where the respondent, a 23-year-old man, had
raped two 15-year-old girls, I had occasion to say the following:

[17]
The rapes that we are concerned with here, though very serious,
cannot be classified as falling within the worst category of
rape.
Although what appeared to be a firearm was used to threaten the
complainant in the first count and a knife in the second,
no serious
violence was perpetrated against them. Except for a bruise to the
second complainant's genitalia, no subsequently visible
injuries were
inflicted on them. According to the probation officer - she
interviewed both complainants - they do not suffer from
any
after-effects following their ordeals. I am sceptical of that but the
fact remains that there is no positive evidence to the
contrary.
These factors need to be taken into account in the process of
considering whether substantial and compelling circumstances
are
present justifying a departure from the prescribed sentence.”
What emerges from this is
that the fact that a victim may be under the age of 16 years is not
the only criterion necessary for the
imposition of a sentence of life
imprisonment. Further in the Boesman Mahomotsa case (in para [18]):

Even
in cases falling within the categories (of rape) delineated in the
Act there are bound to be differences in the degree of their

seriousness. There should be no misunderstanding about this: they
will all be serious but some will be more serious than others
and,
subject to the caveat that follows, it is only right that the
differences in seriousness should receive recognition when it
comes
to the meting out of punishment. As this Court observed in S v
Abrahams
2002 (1) SACR 116
(SCA) ''some rapes are worse than others
and the life sentence ordained by the Legislature should be reserved
for cases devoid
of substantial factors compelling the conclusion
that such a sentence is inappropriate and unjust'' (para [29]).”
The objective gravity of
the crime, therefore, plays a role, indeed an important role.
[13] Life imprisonment is
the heaviest sentence a person can be legally obliged to serve.
Accordingly, where s 51(1) applies, an
accused must not be subjected
to the risk that substantial and compelling circumstances are, on
inadequate evidence, held to be
absent. At the same time the
community is entitled to expect that an offender will not escape life
imprisonment - which has been
prescribed for a very specific reason -
simply because such circumstances are, unwarrantedly, held to be
present. In the present
matter evidence relating to the extent to
which the complainant has been affected by the rape and will be
affected in future is
relevant, and indeed important. Such evidence
could have been led from the complainant's mother, her school teacher
or a psychologist.
No attempt was made to do so.”
[20] Dit moet in ag
geneem word, soos gestel ter aanvang van hierdie uitspraak, dat die
wesenlike en dwingende omstandighede ook
teweeggebring kan word waar
die lewenslange gevangenisstraf wat voorgeskryf word ‘n onreg
veroorsaak gegewe die omstandighede
van die spesifieke saak omrede
dit buite verhouding is tot die misdaad, die misdadiger en die
gemeenskap se behoeftes. Na my mening
is dit juis die geval.
[21] Dit blyk nie dat die
versagtende omstandighede kumulatief oorweeg is nie en het die
verhoorhof glad nie oorweging gegee aan
die vraag of in lig van al
die omstandighede in die saak die minimum voorgeskrewe vonnis nie
buite verhouding (disproporsioneel)
tot die misdaad, die appellant en
die belange (behoeftes) van die gemeenskap sal wees nie.
[22] Die appellant se
vergryp in hierdie saak is ernstig en die vonnis sal uiting gee
daaraan. Die vonnis wat opgelê word
sal steeds die erns van die
misdaad waaraan die appellant skuldig bevind is reflekteer en ook die
gemeenskap se belange in ‘n
swaar vonnis vir hierdie tipe
misdryf in ag neem en daaraan uiting gee.
[23] Die omstandighede
van hierdie saak egter in totaliteit geneem met die kumulatiewe effek
van die versagtende omstandighede is
ek oortuig daarvan dat ‘n
vonnis van lewenslange gevangenisstraf te ingrypend en swaar is om
geregverdig te wees in die omstandighede.
[24] Met die feite in
oorweging sal dit nie disproporsioneel wees tot die misdaad of die
gemeenskap se belange as die vonnis tersyde
gestel word en vervang
word met ‘n vonnis van 15 jaar gevangenisstraf nie.
[25] Gevolglik verleen ek
die volgende bevele:
Die appèl teen
die skuldigbevinding misluk en word afgewys;
Die appèl teen
die opgelegde vonnis van lewenslange gevangenisstraf slaag en die
hof
a quo
se bevel word tersyde gestel en vervang met die
volgende bevel:
Die beskuldigde word
gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf. Die beskuldigde is kragtens
artikel 103(1)(g) van Wet 60 van 2000, onbevoeg
om ‘n vuurwapen
te besit
3. Die vonnis moet geag
word opgelê te gewees het op 12 Februarie 2009.
_______________________
N. SNELLENBURG, WND R
Ek stem saam en dit word
gelas.
______________________
S.P.B. HANCKE, WND RP
Namens die appellant:
Mnr. P.L. van der Merwe
In opdrag van:
Bloemfontein Regsentrum
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent:
Adv. F.J. Pienaar
In opdrag van:
Die Direkteur: Openbare
Vervolgings
BLOEMFONTEIN
1
A
Nicholas Groth
Men who Rape – The Psychology of the
Offender (
1979)
2
S
v Gerber
2001 (1) SACR 621
(W) ([2002]
1 All SA 43)
; S v R 1993 (1)
SACR 209 (A) (1993 (1) SA 476).
3
Pages
653 - 4.