About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2012
>>
[2012] ZAFSHC 106
|
|
Joubert v Groenewald (A337/11) [2012] ZAFSHC 106 (24 May 2012)
VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Appèlnommer: A337/11
In
die appèl van:-
JOHANNES
J JOUBERT
..........................................................
Appellant
en
A H GROENEWALD
.............................................................
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
DAFFUE, R
et
MURRAY, WND R
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
14 MEI 2012
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
DAFFUE, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
24 MEI 2012
_____________________________________________________
INLEIDING
[1] Die onderhawige geding is ‘n beginselsaak
tussen appellant (eiser in die hof
a quo)
en respondent
(verweerder in die hof
a
quo), synde twee boere van die
Heilbron distrik in die Vrystaat Provinsie wat eens op goeie voet en
in vrede met mekaar geleef het.
Onvrede het ingetree na die herstel
van die grensdraad tussen die partye se twee plase en die aandrang
deur die een teenoor die
ander op betaling van die helfte van
sodanige koste.
[2] Eiser het in Oktober 2007 dagvaarding uitgereik teen
verweerder in die Landdroshof Heilbron vir betaling van die bedrag
van
R1 575,51, synde die helfte van die herstelkoste. Eiser steun op
‘n mondelinge ooreenkoms tussen die partye ingevolge waarvan
‘n
gedeelte van die grensdraad herstel sou word en elkeen
verantwoordelik sou wees vir betaling van die helfte van die
herstelkoste.
In die alternatief tot die kontraktuele eis steun eiser
op ongeregverdigde verryking.
[3] In sy verweerskrif het verweerder aangevoer dat daar
nooit ‘n ooreenkoms tussen die partye tot stand gekom het met
betrekking
tot die herstelwerk aan die grensdraad nie, dat eiser dit
uit eie beweging, maar op ‘n onbehoorlike en onvakkundige wyse,
gedoen het en ook versuim het om te voldoen aan die bepalings van
artikel 10 van die Omheiningswet 31 van 1963. Die omvang van
die
herstelkoste is ontken en dus ook enige aanspreeklikheid teenoor
eiser.
[4] Die verhoor het op 1 September 2011, bykans vier
jaar na die sluiting van pleitstukke en meer as ses jaar na ontstaan
van die
dispuut, ‘n aanvang geneem en na aanhoor van die
getuienis het die hof
a quo
in ‘n uitspraak gedateer 8
September 2011 eiser se eis van die hand gewys met koste.
[5] Eiser het appèl aangeteken teen die uitspraak
van die hof
a quo
en steun op verskeie gronde van appèl.
Die gronde van appèl kan soos volg saamgevat word:
5.1 Die hof
a quo
het fouteer deur nie te bevind
dat daar ‘n ooreenkoms tussen eiser en verweerder ontstaan het
met betrekking tot die herstel
van die grensdraad nie.
5.2 Die hof
a quo
moes die weersprekings en
onwaarskynlikhede in verweerder se getuienis in ag geneem en tot die
bevinding gekom het dat eiser se
weergawe meer waarskynlik is.
5.3 Die hof
a quo
moes bevind het dat eiser sy
uitgawes met betrekking tot die herstel van die grensdraad behoorlik
bewys het en bygevolg dus ook
die helfte daarvan wat van verweerder
gevorder is kragtens die ooreenkoms tussen die partye.
[6] Gerieflikheidshalwe sal deurgaans in hierdie
uitspraak verwys word na die partye soos in die hof
a
quo
. Adv. Claasen SC het vir eiser voor ons
verskyn en adv, Cilliers namens die verweerder. Hulle was nie
betrokke in die landdroshofverhoor
nie.
BEVINDINGS VAN DIE HOF
A
QUO
[7] Die hof
a quo
het
tereg bevind dat die eiser en die verweerder twee botsende weergawes
op rekord geplaas het. Eiser het getuienis aangebied oor
die
ooreenkoms tussen die partye met betrekking tot die herstel van die
grensdraad en hul aanspreeklikheid ten opsigte van die
herstelkoste
in gelyke dele. Verweerder daarenteen het getuig dat eiser hom by
geleentheid daarop gewys het dat hy die grensdraad
wou regmaak waarop
verweerder aan hom gesê het
“hy moet maar aangaan”
of soos die hof
a quo
genotuleer
het
“gaan voort”
.
[8] Die hof
a quo
het
bevind dat dit haar taak was om te bepaal of ‘n ooreenkoms tot
stand gekom het en om dit te kon doen, moes vasgestel word
of daar
“’n sogenaamde ‘meeting of the minds’
tussen die partye is”
. Sy gaan dan soos volg
voort:
“
Indien die hof sou bevind dat daar wel ‘n
ooreenkoms tot stand gekom het is die saak soveel makliker om te
beslis.”
[9] Die hof
a quo
het nie uitdruklik genotuleer
dat ‘n negatiewe afleiding gemaak is nie, maar wel bevind dat
sy sou verwag het dat die eiser
ten minste sy vrou sou roep om te
getuig oor die ontmoeting toe die ooreenkoms volgens eiser gesluit
is.
[10] Die hof
a quo
is ook nie oortuig dat eiser
sy skade bewys het nie. Volgens die hof
a quo
het eiser getuig
dat hy materiaal gebruik het wat hy in voorraad op sy plaas gehad
het, maar kon hy nie een enkele faktuur voorlê
wat pertinent op
die materiaal wat aangewend is vir die herstelwerk van toepassing is
nie. Bygevolg is bevind dat eiser nie daarin
geslaag het om sy eis te
bewys nie.
EVALUERING VAN DIE UITSPRAAK VAN DIE HOF
A QUO
,
DIE GETUIENIS EN DIE ARGUMENTE VAN DIE PARTYE
[11] Dit is duidelik uit die uitspraak van die hof
a
quo
dat geloofwaardigheid en waarskynlikhede geensins in ag
geneem is nie. Ek sou verwag dat, gegewe die korrekte gevolgtrekking
dat
twee botsende weergawes voorhande was, die getuienis ge-evalueer
sou word ooreenkomstig die geykte reg.
[12] Dit is gepas om die volgende weldeurdagte
benadering van hoe ‘n hof twee weersprekende weergawes moet
benader volledig
aan te haal:
“
[5] On the central
issue, as to what the parties actually decided, there are two
irreconcilable versions. So, too, on a number of
peripheral areas of
dispute which may have a bearing on the probabilities. The technique
generally employed by courts in resolving
factual disputes of this
nature may conveniently be summarised as follows. To come to a
conclusion on the disputed issues a court
must make findings on
(a)
the
credibility of the various factual witnesses;
(b)
their
reliability; and
(c)
the
probabilities. As to
(a)
,
the court's finding on the credibility of a particular witness will
depend on its impression about the veracity of the witness.
That in
turn will depend on a variety of subsidiary factors, not necessarily
in order of importance, such as (i) the witness' candour
and
demeanour in the witness-box, (ii) his bias, latent and blatant,
(iii) internal contradictions in his evidence, (iv) external
contradictions with what was pleaded or put on his behalf, or with
established fact or with his own extracurial statements or actions,
(v) the probability or improbability of particular aspects of his
version, (vi) the calibre and cogency of his performance compared
to
that of other witnesses testifying about the same incident or events.
As to
(b)
,
a witness' reliability will depend, apart from the factors mentioned
under
(a)
(ii),
(iv) and (v) above, on (i) the opportunities he had to experience or
observe the event in question and (ii) the quality, integrity
and
independence of his recall thereof. As to
(c)
,
this necessitates an analysis and evaluation of the probability or
improbability of each party's version on each of the disputed
issues.
In the light of its assessment of
(a)
,
(b)
and
(c)
the court will
then, as a final step, determine whether the party burdened with the
onus
of proof has
succeeded in discharging it. The hard case, which will doubtless be
the rare one, occurs when a court's credibility
findings compel it in
one direction and its evaluation of the general probabilities in
another. The more convincing the former,
the less convincing will be
the latter. But when all factors are equipoised probabilities
prevail.”
STELLENBOSCH FARMERS' WINERY GROUP LTD AND ANOTHER
v MARTELL ET CIE AND OTHERS
2003 (1) SA 11
(HHA) te p. 14 I –
p. 15 D.
[13] Soos vermeld het die hof
a
quo
geen geloofwaardigheidsbevindings
gemaak nie en ook nie waarskynlikhede beoordeel nie. As ‘n hof
van appèl is ons dus
geregtig en bevoeg om indien dit
aangewese is, ‘n geloofwaardigheidsbevinding te maak en in elk
geval om die waarskynlikhede
en onwaarskynlikhede te analiseer en te
evalueer aan die hand van die getuienis. Vergelyk
STELLENBOSCH
FARMERS' WINERY GROUP
loc cit
te p. 15 F – I.
[14] In soverre die hof
a quo
moontlik ‘n
negatiewe afleiding gemaak het vanweë eiser se versuim om sy
eggenote as getuie te roep, ‘n aspek
wat nie uitdruklik blyk
uit die uitspraak nie, is daar in hierdie verband fouteer. Dit is
gemeensaak dat die partye se vrouens
eenkant gestaan en gesels het en
dus nie direk betrokke was by die gesprek tussen die partye toe die
ooreenkoms, aldus eiser, bereik
is nie.
[15] Die hof
a
quo
het hoegenaamd nie ag geslaan op
verweerder se versuim om eiser se aanspraak dat ‘n ooreenkoms
tot stand gekom het om die
grensdraad te herstel, te betwis voor
uitreik van die dagvaarding nie. In twee skrywes aan verweerder, een
deur eiser self en een
deur sy prokureur binne enkele maande nadat
die herstelwerk gedoen is, is gesteun op die totstandkoming van ‘n
ooreenkoms
met betrekking tot die herstel van die grensdraad. Daar is
nooit op hierdie skrywes geantwoord deur verweerder nie, maar het sy
prokureur op 18 Julie 2006, ses maande na die skrywe van eiser se
prokureur, ‘n brief aan eiser se prokureur laat bekom waarin
gerapporteer is dat verweerder nie tevrede is met die wyse waarop die
draad gespan is nie en dat dit die rede is vir die weiering
van sy
betaling. Indien daar nie sprake van ‘n ooreenkoms was soos
eiser beweer nie sou mens verwag dat verweerder dit toe
reeds deur
middel van sy prokureur aldus op rekord geplaas het. Vergelyk
McWILLIAMS v FIRST CONSOLIDATED HOLDINGS (PTY) LTD
1982 (2) SA 1
(A) te 10 B – H;
HAMILTON v VAN ZYL
1983 (4) SA 379
(E) te 388 E – H;
SUN RADIO AND
FURNISHERS v REPUBLIC TIMBER & HARDWARE (PTY) LTD
1969
(4) SA 378
(T) te 381 D
. Verweerder se stilswye in
omstandighede waar hy die beweerde ooreenkoms moes betwis spreek
boekdele. Dit sal saam met die waarskynlikhede
en teenstrydighede
waarna later verwys word, oorweeg word. Sowat 18 maande later en in
sy verweerskrif geliasseer in Desember 2007
word daar
ex
facie
die dokumentasie en die
pleitstukke voor die hof vir die eerste keer daarop gesteun dat daar
nie ‘n ooreenkoms tussen eiser
en verweerder tot stand gekom
het soos eiser beweer nie.
[16] Met verwysing na moontlike
waarskynlikhede, onwaarskynlikhede en teenstrydige bewerings en die
hof
a quo
se
versuim om dit te oorweeg, word op die volgende gewys:
16.1 Eiser het reeds in sy ongedateerde brief aan
verweerder waarna hierbo verwys is op rekord geplaas dat volgens
inligting ontvang
vanaf die vorige eienaar van sy plaas, die betrokke
gedeelte van die grensdraad kragtens ‘n vroeëre ooreenkoms
tussen
die eertydse bure, verweerder se verantwoordelik was. Eiser
het ook hieroor getuig en alhoewel hoorsê, is daar nie beswaar
gemaak deur verweerder se prokureur nie. Sy weergawe is nooit in
twyfel getrek nie, hetsy ter beantwoording van die brief of in
kruisverhoor.
16.2 Dit blyk eweneens uit die betrokke brief van eiser
aan verweerder dat eiser se arbeider deur verweerder aangespreek is
weens
die feit dat eiser se diere die weiveld langs verweerder se
mielielande benut en so skade berokken vanweë die
“ondiensbare
heining”
. Eiser het aanvanklik ‘n 1.2 meter
hoë Bonnox tipe heining opgerig om die probleem te probeer
ondervang, maar sonder
sukses. Dit is nie betwis nie. Die
voortdurende probleem het aanleiding gegee tot die ooreenkoms in die
middel van 2005.
16.3 Verweerder het hom weerspreek. Op ‘n stadium
was dit sy weergawe dat die grensdraad nog goed genoeg was en dat
daar geen
rede was om dit te herstel of oor te span nie. Teenstrydig
daarmee het hy wel erken dat die grensdraad nie reg was nie, dat daar
dus wel fout daarmee was en dit vervang moes word.
16.4 Volgens verweerder was hy by eiser aan huis toe
eiser hom meedeel dat hy die grensdraad gaan oorspan waarop hy gesê
het
eiser moet maar voortgaan daarmee. Dit was om en by Junie 2005 en
eiser se vader was ook teenwoordig. Volgens verweerder is dit
al
ooreenkoms wat hy met eiser bereik het met betrekking tot die herstel
van die grensdraad. Op daardie stadium het eiser geen
indikasie gegee
watter gedeelte van die grensdraad herstel gaan word en was daar ook
nooit ooreengekom tussen hom en eiser watter
deel van die grensdraad
eiser se verantwoordelikheid vir herstelwerkdoeleindes en watter syne
was nie. Verweerder se prokureur
het versuim om enigsins aan eiser te
stel dat daar nooit ‘n ooreenkoms tot stand gekom of gesprekke
by die grensdraad plaasgevind
het soos eiser getuig het nie, maar dat
die enigste relevante gesprek in eiser se huis plaasgevind het en dat
sy vader boonop teenwoordig
was en getuienis hieromtrent sou kon
lewer. Die noodwendige afleiding is dat verweerder se prokureur nooit
sodanige instruksies
voor eiser se kruisverhoor gehad het nie.
16.5 Dit het uit die verweerder se getuienis geblyk dat
hy gebruik gemaak het van notas wat hy op ‘n stadium gemaak
het, lank
na die gebeure en op sy weergawe moontlik iewers in 2006,
omdat hy bang was dat hy sekere dinge vergeet. Hy getuig dan ook
“ek
kan my nie indink of onthou dan dat ons by die draad ontmoet het en
spesifiek daar ooreengekom het nie”
. Op ‘n
stadium het hy wat betref die sluiting van die ooreenkoms, soos deur
eiser beweer, soos volg geantwoord:
“... Ek sê nie
dit is onmoontlik nie.”
16.6 Verweerder het op sy eie weergawe ‘n werker
gaan aflaai by die gedeelte van die grensdraad wat herstel moes word.
Indien
sy weergawe aanvaar word dat hy nie eens geweet het watter
gedeelte van die draad eiser wou herstel nie, is dit onverklaarbaar
hoe hy sou weet waar om sy werker af te laai. Dit is ook ondenkbaar
dat hy ‘n werker aan eiser beskikbaar sou stel sonder
om te
weet waarvoor en dan nie eens navraag te doen nie. Verweerder se
antwoorde in kruisverhoor, onder andere dat hy bang vir
moeilikheid
was en om die vrede te bewaar is lagwekkend en onwaarskynlik, indien
nie leuenagtig.
16.7 Die waarskynlikhede is oorweldigend dat daar ‘n
ooreenkoms tot stand gekom het soos eiser beweer, maar dat, toe hy
versoek
is om sy gedeelte te betaal, verweerder nie tevrede was met
die kwaliteit van die herstelwerk nie. Sy verskoning dat hy gemeen
het dat ‘n draad van die gehalte wat hy agterna aan eiser
uitgewys het, synde ‘n sewe-lyn draad, gespan sou word, kan
nie
enige water hou nie in die lig van al die getuienis. Dit was nie die
ooreenkoms wat eiser op sy weergawe met hom gesluit het
en soos
vermeld nooit deur verweerder voor instel van die aksie betwis is
nie.
16.8 Dit dien ook vermeld te word dat een van die terme
van die ooreenkoms waarop eiser steun, was dat die grensdraad bloot
funksioneel
moes wees vir die inkamping van beeste en skape. Dit moes
ook herstel word deur die aanbring van vyf lyne dubbeldoringdraad op
die bestaande posisie en met gebruikmaking van waar prakties moontlik
bestaande materiale en in die bestaande posisie.
16.9 Volgens verweerder het eiser, nadat hulle die
rekening vir die een helfte van die herstelkoste bespreek het, aan
hom gesê
dat hy maar die rekening kan opskeur. Dit is nooit aan
eiser gestel ten einde hom ‘n geleentheid te gee om daarop te
reageer
nie. Dit wil voorkom asof verweerder se prokureur ook nie met
sulke instruksies bedien is nie.
16.10 Eiser het getuig dat verweerder aangebied het om
twee rolle doringdraad te verskaf in stede van betaling wat hy toe
aanvaar
het, maar het die lewering van die doringdraad nie
gematerialiseer nie. Dit sal nodig wees om die verweer van skikking
wat in verweerder
se betoogshoofde en tydens die argumente voor ons
vir die eerste keer geopper is, in oorweging te neem. Vir doeleindes
hiervan
word op rekord geplaas dat nieteenstaande verweerder se
aanbod met betrekking tot die twee rolle doringdraad, hy nooit
dienooreenkomstig
presteer het nie. Sy verskoning dat eiser te vinnig
stappe geneem het, is soos Mnr. Claasen aangevoer het, nie alleen
onwaarskynlik
nie, maar blatant onwaar. Meer as twee jaar het
verstryk vanaf die datum van die aanbod tot en met uitreiking van
dagvaarding.
16.11 Eiser het geredelik toegegee dat die herstelwerk
nie van ‘n hoë kwaliteit was nie; dat dit beslis nie SABS
standaard
is nie en dat dit slegs funksioneel is om diere te verhoed
om van die een plaas na die ander te beweeg. Dit blyk ook uit die
foto’s
wat as bewysstukke ingedien is dat die draad nie van
dieselfde hoë gehalte is as die sewe-lyn draad wat verweerder
laat afneem
en waarvan foto’s ook voor die hof
a quo
geplaas is nie.
16.12 Dit is duidelik dat eiser van die materiaal wat
aangewend moes word om die draad te herstel in voorraad gehad het.
Ten einde
by ‘n prys uit te kom, het hy gebruik gemaak van
fakture wat aankope verteenwoordig van dieselfde tipe materiaal en
nie noodwendig
van die materiaal wat gebruik is nie. Met inagneming
van die toegewings wat verweerder gemaak het, is ek tevrede dat die
berekening
deur Mnr. Claasen gedoen en op grond waarvan eiser se eis
teen verweerder R1 084,63 behoort te wees, korrek is.
16.13 Met inagneming van die onwaarskynlikhede en
teenstrydighede in verweerder se weergawe tesame met sy onsekerheid
en selferkende
gebrek aan ‘n onafhanklike geheue is ek oortuig
daarvan dat die hof
a quo
moes bevind het dat eiser daarin
geslaag het om die ooreenkoms waarop hy steun te bewys. In
teenstelling met verweerder se weergawe
het eiser ‘n logiese en
waarskynlike weergawe voorgehou, het hy toegewings gemaak waar nodig
en was hy beslis, op die punt
en seker van homself. Ek is voorts
tevrede dat die helfte van die herstelkoste minder beloop as die R1
575,51 waarop eiser aanvanklik
gesteun het en dat die eis verminder
behoort te word na die bedrag van R1 084,63. Ek is ook tevrede dat
alhoewel die herstelwerk
aan die grensdraad
ex facie
die
foto’s en die getuienis van beide partye nie van hoogstaande
kwaliteit is nie, die grensdraad soos Mnr. Claasen geargumenteer
het
funksioneel is en minstens wesenlike nakoming van eiser se
kontraktuele verpligtinge daarstel. Verweerder self het getuig dat
die grensdraad tot en met die verhoor – ‘n periode van
ses jaar - skape en beeste uitgehou het en dus funksioneel is,
maar
volgens hom is hy bekommerd oor wat die situasie na twintig jaar sal
wees.
VERWEERDER SE AANSPRAAK OP SKIKKING
[17] Mnr. Cilliers het in sy betoogshoofde sowel as in
mondelinge argument voor ons die verweer van skikking geopper met
betrekking
tot eiser se weergawe dat verweerder hom twee rolle draad
aangebied het as betaling, wat hy aanvaar het, en verweerder se
weergawe
dat eiser hom versoek het om die rekening wat aan hom
gelewer is op te skeur. Volgens Mnr. Cilliers kan eiser op sy eie
weergawe
nie steun op die oorspronklike beweerde ooreenkoms nie en
was hy verplig om of lewering van twee rolle doringdraad, of die
markwaarde
daarvan te vorder.
[18] Die doel met die uitruil van pleitstukke is om die
geskilpunte te bepaal en partye sal streng tot hulle pleitstukke
beperk
word indien ‘n afwyking daarvan nadeel aan die ander
party mag veroorsaak of voorkom dat ‘n behoorlike ondersoek
plaasvind.
Dit is so dat ‘n hof wel ‘n wye diskresie het
binne voormelde beperkings. Pleitstukke is vir die hof gemaak en nie
die hof vir pleitstukke nie. Innes HR het die aspek soos volg
opgesom:
“
And where a party has had every facility to
place all the facts before the trial Court and the investigation into
all the circumstances
has been as thorough and as patient as in this
instance, there is no justification for interference by an appellate
tribunal, merely
because the pleading of the opponent has not been as
explicit as it might have been.”
ROBINSON v RANDFONTEIN ESTATES G M CO LTD
1925 AD 173
te 198.
Milne R het per geleentheid die aangeleentheid soos volg
saamgevat:
‘
The purpose of pleading is to clarify the
issues between the parties and a pleader cannot be allowed to direct
the attention of
the other party to one issue and then, at the trial,
attempt to canvass another.”
KALI v INCORPORATED GENERAL INSURANCES LTD
1976 (2) SA 179
(D&K) te 182 A.
[19] Verweerder het nie aansoek
gedoen tydens die verhoor vir die wysiging van sy verweerskrif nie en
Mnr. Cilliers het ook nie
nou op appèl probeer om die nodige
wysiging aan te vra nie. Sy argument is dat eiser uit sy eie die
getuienis getender het,
dat dit by noodwendige implikasie eiser se
saak is dat die geskil rondom die kontrak bygelê is en dat dit
die einde van die
appèl is sonder dat dit nodig is om enige
wysiging aan te bring. As gesag vir sy standpunt het hy gesteun op
PITOUT v NORTH CAPE LIVESTOCK CO-OPERATIVE LTD
1977 (4) SA 842
(A) te 850 A – B. Elke saak
moet egter op sy eie feite beoordeel word. Dit is duidelik dat ‘n
skikkingsooreenkoms dieselfde
uitwerking het as
res
iudicata
en gevolglik aksie op die
oorspronklike skuldoorsaak uitsluit, behalwe waar die
skikkingsooreenkoms uitdruklik of dan by noodwendige
implikasie
bepaal dat by nie-nakoming van die bepalings daarvan ‘n party
op sy oorspronklike vorderingsreg kan terugval.
Vergelyk
VAN
ZYL v NIEMANN
1964 (4) SA 661
(A) te 669.
[20] Mnr. Claasen het in die eerste
plek geargumenteer dat ‘n party wat op skikking staatmaak, dit
nie alleenlik uitdruklik
moet pleit nie, maar ook moet bewys. Dit is
nooit geopper in die pleitstukke of die korrespondensie of die
getuienis in die hof
nie en is daar ook nie enige melding daarvan in
die landdros se uitspraak nie. Hy het steun probeer vind in
CRAUSE
EN ANDERE V OCEAN BENTONITE CO (EDMS) BPK
1979 (1) SA 1076
(O). Ek is nie oortuig van sy argument dat die uitspraak van Van
Heerden R in
CRAUSE
loc cit
eiser se saak
begunstig nie.
Die gevolgtrekking van die geleerde
regter verskyn te p. 1088B en is in lyn met
VAN
ZYL
loc cit.
[21] Ek is nie bereid om Mnr. Cilliers gelyk te gee dat
ons op grond van die uitlating wat eiser gemaak het, kan en moet
bevind
dat ‘n skikking plaasgevind het en dat hy nie op sy ou
skuldoorsaak met sukses aksie kon instel nie. Indien die saak
behoorlik
geventileer is soos wat dit gedoen sou gewees het indien
daar in die verweerskrif op skikking staatgemaak is as ‘n
verweer,
is dit net logies dat met eiser daaroor gekonsulteer sou
wees en sou waarskynlik ‘n meer volledige weergawe voor die hof
geplaas gewees het wat onder andere sou kon insluit dat uitdruklik of
stilswyend ooreengekom is dat indien verweerder nie binne
‘n
redelike tyd presteer nie, eiser geregtig sou wees om op sy ou
skuldoorsaak terug te val. Dit sou ook kon uitkristalliseer
dat die
skikking onderhewig was aan ‘n opskortende of ontbindende
voorwaarde. Ek kan egter nie hieroor spekuleer nie, maar
wat vasstaan
is dat daar beslis benadeling vir eiser sal wees indien ons die
aangeleentheid hanteer soos deur Mnr. Cilliers geargumenteer.
Vanweë
die feit dat hierdie verweer nie behoorlik gepleit is nie, kan dit
nie bereg word en ook nie bevind word dat verweerder
op wie die
bewyslas sou rus, hom van sy bewyslas gekwyt het nie.
EISER SE BEWEERDE WANPRESTASIE
[22] Mnr. Cilliers het voorts
geargumenteer dat eiser nie bewys het dat hy behoorlik presteer het
ooreenkomstig die ooreenkoms waarop
hy steun nie. Mnr. Claasen se
argument is dat verweerder hom nie op onbehoorlike prestasie en
nie-nakoming van eiser se kontraktuele
verpligtinge kan beroep nie
omdat verweerder nie in sy verweerskrif gesteun het op die
exceptio
non adimpleti contractus
as ‘n
verweer nie. Dit is wel so dat die eiser erken het dat die grensdraad
swak herstel is sonder om toe te gee dat dit nie
funksioneel is nie.
Dit blyk ook dat die sparretjies
(“droppers”)
wel
hier en daar uit posisie is, maar is dit sekerlik moontlik om die
sparretjies met baie min moeite in posisie te plaas. Vir ‘n
periode van ses jaar vanaf die herstel tot die landdroshofverhoor was
die grensdraad immers funksioneel en het dit sy doel gedien.
[23] Dit is insiggewend dat respondent wat na bewering
so sterk voel dat die grensdraad ordentlik gespan moes word, en
bereid was
om die draad op eie koste oor te span, dit in ‘n
tydperk van ses jaar nie gedoen het nie en dan die verskoning aanbied
dat
eiser eers die swak heining moes verwyder. Die vraag mag tereg
gevra word waarom verweerder wat dan so ernstig is oor ‘n
netjiese draad nie self die grensdraad verwyder en met ‘n nuwe
vervang nie.
[24] Op die onbetwiste getuienis het
geen diere in die afgelope ses jaar oor die grensdraad beweeg of die
probleme veroorsaak wat
verweerder vantevore met eiser se beeste
gehad het nie. Dit moet dus aanvaar word, en die hof
a
quo
moes dit ook aanvaar het, dat die
grensdraad funksioneel is en dat eiser sy kontraktuele verpligtinge
wesenlik nagekom het. Dit
is duidelik dat nuwe doringdraad gebruik is
en dat verskeie ysterpale en sparretjies vanweë die vrot
toestand daarvan vervang
moes word met nuwes.
[25] Weens die bevinding waartoe ek kom is dit onnodig
om die alternatiewe eis van verryking volledig te oorweeg. Ek is dit
eens
met mnr. Claasen dat, indien geen ooreenkoms tussen die partye
tot stand gekom het nie, al die vereistes vir ‘n eis op grond
van verryking teenwoordig is deurdat eiser die grensdraad wat
gemeenskaplike eiendom is, verbeter het. Die uitgawes aangegaan het
ten doel gehad om noodsaaklike, alternatiewelik nuttige verbeterings,
aan te bring en is verweerder verryk met die koste daarvan
ten koste
van eiser wat dienooreenkomstig verarm is.
GEVOLGTREKKING
[26] Die hof
a quo
moes bygevolg bevind het dat
eiser sy saak op ‘n oorwig van waarskynlikhede bewys het en met
inagneming van die toegewings
wat verweerder gemaak het met
betrekking tot die
quantum
van die eis, moes vonnis in die
bedrag van R1 084,63 teen verweerder ten gunste van eiser verleen
gewees het met koste. Eiser het
ook rente gevorder op die gevorderde
bedrag vanaf 15 Oktober 2005 tot datum van betaling teen 15,5% per
jaar
a tempore morae
. Mnr. Claasen het nòg in sy
betoogshoofde nòg in sy mondelinge betoog voor ons
geargumenteer dat indien ons in eiser
se guns beslis, hy geregtig is
op moratore rente. Moratore rente is egter gevorder in die eiser se
dagvaarding en in par. 2.9 van
die Kennisgewing van Appèl het
eiser uitdruklik beweer dat die hof
a quo
moes bevind het dat
verweerder die geëiste bedrag tesame met rente en koste moes
betaal. Mnr. Cilliers het nie enige argumente
hieroor gevoer nie en
bloot geargumenteer dat die appèl van die hand gewys behoort
te word met koste. Die eiser se faktuur
is gedateer 15 Oktober 2005
maar volgens eiser se ongedateerde aanmaningsbrief is die rekening
eers teen die einde van November
2005 aan verweerder gelewer. Daar is
onsekerheid oor die presiese datum en ook wanneer die eis opeisbaar
was. Ek is bygevolg van
oordeel dat rente eers gehef behoort te word
vanaf datum van betekening van die dagvaarding, synde 19 November
2007.
[27] Bygevolg word die volgende bevele gemaak:
1. Appellant se appèl slaag met koste.
2. Die hof
a quo
se bevel word vervang met die
volgende:
(a) Die verweerder word gelas om aan eiser die bedrag
van R1 084,63 te betaal.
(b) Betaling van rente teen 15,5% per jaar
a tempore
morae
op die bedrag van R1 084,63 vanaf 19 November 2007 tot en
met datum van betaling.
(c) Verweerder word gelas om die koste van die geding te
betaal.
_____________
J.P. DAFFUE, R
Ek stem saam.
_________________
H. MURRAY, WND R
Namens
die appellant: Adv. J.Y. Claasen SC
In
opdrag van:
Webbers
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. H.J. Cilliers
In
opdrag van:
Cornelius & Vennote
p/a Goodrick & Franklin Ing
BLOEMFONTEIN
/sp