S v Basson (357/1983) [1984] ZASCA 8 (5 March 1984)

82 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Identity of perpetrator — Appellant convicted of murder and attempted robbery based on testimony of a single witness — Appellant argued that the trial court erred in accepting the witness's credibility without proper scrutiny — Appellant found not to have testified in his own defense, raising doubts about the reliability of the evidence against him — Court held that the trial court failed to apply the necessary caution in evaluating the single witness's testimony, leading to a wrongful conviction.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 8
|

|

S v Basson (357/1983) [1984] ZASCA 8 (5 March 1984)

LL
Saak No. 357/1983
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen:
PAUL BASSON
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: KOTZé, JOUBERT ARR et HEFER WN AR
VERHOORDATUM
:
20 FEBRUARIE 1984
LEWERINGSDATUM
: 5 MAART 1984
UITSPRAAK
/
HEFER WN AR
......
2.
HEFER WN AR
:
Die appellant is skuldig bevind aan moord son-der
versagtende omstandighede en aan 'n poging tot roof nadat die verhoorhof bevind
het dat hy ene Floors Eiman die aand van 5 Augustus 1982 dodelik met 'n mes
verwond het en boonop gepoog het om hom te be-roof. Op
die eerste aanklag is hy
ter dood veroor-deel en op die tweede tot vyf jaar gevangenisstraf. Met die
nodige verlof kom hy nou in
hoër beroep teen sy skuldigbevinding en vonnis
op beide aanklagte. Dit was gemene saak by die verhoor dat die oorledene die
betrokke aand by die huis van ene Klaas Waat in Sesbrugge woongebied naby
Upington gedrink het
/saam ...
3.
saam met ander waaronder die appellant en ene
Johnny Apollis. Willem Padmaker het in dieselfde straat gewoon skuins oor Klaas
Waat
se huis. Om ongeveer halftien die aand het die oorledene, nadat hy die
drinkplek verlaat het, by Padmaker se erf ingestrompel en
by 'n latrine agter in
die erf neergeslaan. Kort daarna het Poppy van Wyk en Nicolaas Koopman gesien
dat die appellant ook die erf
binnekom, na die oor-ledene gaan en aan sy klere
vroetel. Van Wyk het gehoor dat hy vir die oorledene vra "Flokkie, Flokkie wie
het
jou gesteek?" Sy en Koopman is beide na die toneel en daar het hulle gesien
dat die oorledene wonde in die bors gehad het. (Een
/daarvan ...
4.
daarvan het sy hart binnegedring en hom uiteindelik sy lewe gekos.) Koopman
het vir Padmaker gaan wakker maak en die twee is na die
nabygeleë huis van
Job Plaatjies waar hulle die oorledene se suster van sy besering verwittig het.
Kort na Koopman en Padmaker
het die appellant en Johnny Apollis ook by Plaatjies
se huis opgedaag. Daar het die appellant ten aanhore van Plaatjies en ander
vir
Johnny versoek om die mense te vertel wat hy gedoen het. Johnny het nie
gereageer nie en stom, kop onderstebo bly staan selfs
toe Nicolaas Koopman hom
reguit gevra het of hy die oorledene gesteek het.
Die oorledene is dieselfde aand hospitaal
/toe
...
5.
toe geneem waar hy behandel is maar nogtans op 14 Augustus beswyk het. Die
volgende dag is die appellant en Johnny Apollis beide gearresteer.
By arrestasie
het laasgenoemde 'n mes wat deur sy suster te voorskyn gebring is, aan die
ondersoek-beampte oorhandig.
Die enigste geskilpunt by die verhoor was die
identiteit van die moordenaar. Johnny Apollis was 'n staatsgetuie en volgens hom
was
dit die appellant wat die oorledene in die straat, na-dat hy hom om geld
gevra en sy sakke deursoek het maar niks gevind het nie,
met die mes gesteek het
wat later, soos reeds genoem, aan die polisie oor-
/handig ...
6.
handig is. Hy het verduidelik dat die appellant die mes onmiddellik na die
aanranding neergegooi het en agter die oorledene aan is
in Padmaker se erf in
met die opdrag aan hom (Johnny) om die mes op te tel. Johnny het dit gedoen en
die appellant gevolg na waar
die oorledene gelê het. Weer eens in opdrag
van appellant is hy later saam met hom na Plaatjies se huis. Op pad daarheen het
die appellant die mes geneem maar na die besoek aan Plaatjies het hy dit weer
aan Johnny oorhandig om te bêre. Johnny het dit
op sy beurt aan sy suster
oorhandig en toe die polisieman hom daar-om gevra het, is dit te voorskyn
gebring.
/Appellant ...
7.
Appellant self het nie voor skuldigbevind-ing getuig nie. Toe Johnny
gekruisvra is, is dit egter aan hom gestel dat hy self in 'n
argument met die
oorledene betrokke geraak het by Klaas Waat se huis, dat die oorledene die
drinkplek verlaat het, dat Johnny die
appellant se mes geleen het, dat hy toe
daarmee agter die oorledene aan is, dat 'n uitroep van die oorledene kort daarna
gehoor is
en dat appellant toe gaan kyk het wat aangaan en die oorledene
aangetref het waar hy by Padmaker se latrine gelê het. Johnny
het al
hierdie be-werings ontken.
/Die ...
8.
Die verhoorhof het Johnny se getuienis aan-
vaar en
verder soos volg geredeneer:
"Beskuldigde word deur die direkte getuienis van Johnny geïnkrimineer asook
deur indirekte getuienis, byvoorbeeld dat sy mes
gebruik is, dat hy op die
toneel was toe die oorledene beseer is, dat hy eerste by was by oorlêdene
nadat hy geval het en dat
hy Johnny probeer oorreed het om die skuld op hom te
vat. In die lig hiervan is beskuldigde se versuim om te getuig van belang.
....
Die regsposisie is, volgens advokaat Boshoff tydens 'n argument verduidelik het,
aan die beskuldigde verduidelik en die beskuldigde
het verstaan en verkies om
nie te getuig nie. Na ons mening het die beskuldigde nie kans gesien om die
getuienis te weer-
/spreek ...
9.
spreek nie en die rede daarvoor is ook voor die hand liggend. Hy sien nie kans
om die toets van kruisverhoor te deurstaan nie. Na
ons mening is hier-die
versuim van die beskuldigde om te getuig stawing vir Johnny se getuienis dat
beskuldigde inderdaad die werklike
aanrander van die oorledene
is."
Die hof se benadering soos dit uit hierdie
uittreksel uit die uitspraak blyk, openbaar verskeie mistastings. Ek noem enkele
daarvan.
Die feit dat die appellant eerste by was toe die oorledene geval het,
was nie net op sigself totaal neutraal nie maar was, wanneer
dit behoorlik
oorweeg word in same-hang met wat hy gedoen het toe hy by die oorledene
/gekom ...
10. gekom het, 'n faktor wat sterk twyfel laat ontstaan dat hy
die persoon kon gewees het wat die oorledene beseer het (soos ek aanstons
sal
aandui). Wat die feit betref dat appellant se mes gebruik is om die oorledene te
beseer, moet nie uit die oog verloor word nie
dat Johnny Apollis die persoon is
wat van-af die betrokke aand totdat hy tien dae later ge-arresteer is, in besit
van die mes was
en dat die vraag of sy besit daarvan onskuldig was, afhang van
die aanvaarbaarheid van sy verduideliking in daardie verband. En,
wat betref die
appellant se sogenaamde poging om Johnny Apollis te oorreed om die skuld op hom
te neem, moet in gedagte gehou word
/dat ...
11.
dat appellant se aandrang by Johnny om die mense te vertel wat hy gedoen het
slegs as inkriminerend be-skou kan word indien Johnny
se verhaal waar is dat hy
onskuldig was.
Die basiese fout wat die verhoorhof in laasgenoemde twee
opsigte gemaak het, was dat feite aanvaar is as indirek bewese onafhanklik
van
Apollis se getuienis, maar wat inderdaad geheel en uitsluit-lik van sy
geloofwaardigheid afgehang het. Dit kon gevolglik nóg
as stawing van sy
getuienis nóg as bykomende getuienis aangewend word. Soos die Staat se
advokaat in hierdie Hof uiteindelik
raak-gesien en toegegee het, was daar geen
getuienis oor
/die ...
12.
die identiteit van die moordenaar afgesien van Apollis s'n nie en die
oorweging van die getuienis moes gevolglik geskied het op die
basis dat die
Staat se saak op die getuienis van 'n enkelgetuie berus het. Die benadering in
so 'n geval is be-kend (
S v Webber
1971 (3) SA 754
(AD) op p 758;
S v
Sauls and Others
1981 (3) SA 172(AD)
op p 180) en al wat ek wil byvoeg tot
die regterlike uit-latings wat reeds in daardie verband gemaak is, is dat die
versigte oorweging
van 'n enkelgetuie se getuienis wat geverg word, nie 'n blote
konstatering deur die verhoorhof behels van die voor die hand liggende
feit dat
versigtige oorweging nodig is nie.
/In ...
13. In menige geval blyk so 'n konstatering weinig meer as
lippetaal te wees instede daarvan dat die uit-spraak getuig, nie alleen
van
bewustheid van wat ver-eis word nie, maar van positiewe toepassing daarvan.
Indien 'n hof die getuienis inderdaad versigtig oor-weeg,
kan immers verwag word
dat aanduidings daarvan, in die vorm van 'n sorgvuldige en kritiese ontleding,
in die uitspraak sal verskyn,
veral waar die getuienis nie bo kritiek staan nie.
(Vgl
S v Singh
1975 (1) SA 227
(N) op p 228.)
In die onderhawige geval
het die verhoor-hof weens die dwaling waarna reeds verwys is, Johnny Apollis se
getuienis nie as die van
'n enkelgetuie
/beskou ...
14.
beskou nie maar tog te kenne gegee dat dit versigtig benader moes word,
enersyds, omdat hy betreklik jonk was en, andersyds, weens
die feit dat hy "deur
be-skuldigde as die oorledene se aanrander uitgewys word". Maar van werklike
versigtige oorweging getuig die
uitspraak nie. Veel eerder openbaar dit 'n
neiging om elke denkbare rede vir die aanvaard-ing van sy getuienis op te diep
en te beklemtoon.
Slegs drie punte van moontlike kritiek word behandel, naamlik
die feit dat die mes in Johnny se besit ge-vind is, sy stilswye ten
aanhore van
appellant se beskuldigings dat hy die oorledene gesteek het en die feit dat hy
op 'n wesenlike aspek deur 'n ander staats-
/getuie ...
15.
getuie, Jacobus Cloete, weerspreek is (waarmee
ek later handel). Ek is nie van voorneme om die wyse waarop die Hof die eerste
twee
punte afgemaak het, breedvoerig te bespreek nie en volstaan deur op te merk
dat deeglike oorweging van Apollis se ver-duidelikings
aan die hand veral van
die waarskynlikhede opsigtelik ontbreek. Wat boonop nog meer opmerklik is, is
dat die algemene waarskynlikheid
van die Staat se weergawe nêrens bespreek
word nie.
En dit is juis die algemene waarskynlikhede wat, afgesien van ander
oorwegings, sterk twyfel laat oor die appellant se aandadigheid
aan die voorval.
Hy was 'n vriend van die oorledene; hulle het saam gewerk
/en ...
16.
en die betrokke aand het hulle saam gedrink. Vol-gens Apollis het die
appellant die oorledene by die drinkplek om geld gevra. Die
oorledene het te
kenne gegee dat hy niks gehad het nie en kort daar-na vertrek met die appellant
agterna en Johnny op sy beurt op
appellant se hakke. Buite in die straat het die
appellant die oorledene weer vir geld gevra en sy sakke deursoek en uitgedop en
toe
hy niks vind nie, sy vriend goedsmoeds met 'n mes byge-dam wat tot op
daardie stadium onder sy klere verberg was. Dit gedoen, gooi
hy die mes in die
straat neer maar beveel Johnny dadelik om dit op te tel terwyl hy self agter die
oorledene aan is. By die
/beseerde ...
17.
beseerde persoon by die latrine opgedaag, maak hy (volgens Koopman en Poppy
van Wyk) voordat buite-staanders opdaag teenoor wie hy
enige skyn kan pro-beer
skep, die oorledene se hemp los, kyk na sy beserings en vra hom herhaaldelik wie
hom gesteek het. En toe
die bure en Johnny kort daarna op-daag, verlang die
appellant Eeitlik onmiddellik dat Johnny die mense moes vertel wat hy gedoen
het. Bisarre optrede soos dié word nie verwag van 'n per-soon wat self
aandadig was aan die aanranding nie; maar die verhoorhof
het die
onwaarskynlikheid daar-van weggeredeneer deur o a te kenne te gee dat die
appellant moontlik bloot wou vasstel of die
/oorledene ...
18.
oorledene hom geëien het toe hy hom aangerand het. So eenvoudig is dit
egter nie. Die onwaarskynlik-heid strek verder. Indien
Apollis die waarheid
praat, moes die appellant onmiddellik nadat hy die oorledene gesteek het nie net
op die blink gedagte gekom
het om Johnny te beskuldig nie maar terselfder-tyd,
asof hy dit vooraf fyn beplan het, 'n slinkse strik vir Johnny gestel het deur
die mes neer te gooi en hom te beveel om dit op te tel. Sulke vindingrykheid is
nie waarskynlik nie veral waar Johnny self getuig
dat die appellant dermate deur
drank aangetas was dat hy "so half sleeptong ge-praat het" en "so effens
geslinger" het.
/Ewe ...
19.
Ewe onwaarskynlik is Apollis se verduide-liking oor sy stilswye ten aanhore
van die appellant se herhaalde geimpliseerde maar onverbloemde
be-skuldigings
dat dit hy was wat die oorledene gesteek het. Deurgaans het hy geswyg, sê
hy, (en die verhoorhof het sy verduideliking
aanvaar) omdat hy bevrees was dat
die appellant hom net so wreed soos die oorledene sou aanrand indien hy met die
waar-heid sou uitkom.
Sy beweerde vrees is totaal on-aanvaarbaar. Die eerste
beskuldiging is gemaak ten aanhore van al die omstanders op die toneel waar
die
oorledene gelê het. Op daardie stadium was die mes in Apollis se besit en
hy het bowendien die
/voordeel ...
20.
voordeel gehad van 'n hele aantal omstanders wat hom te hulp kon snel indien
die appellant hom te lyf sou gaan. Dieselfde geld vir
sy stilswye later by
Plaatjies se huis. Op daardie stadium was die mes nou wel volgens hom in die
appellant se besit maar nogmaals
was hy en die appellant in teenwoordig-heid van
'n aantal volwasse mans en dit is nouliks denkbaar dat appellant in hulle
teenwoordigheid
tot geweld sou oorgaan en die mes te voorskyn sou bring om
daardeur onteenseglik te openbaar dat hý waar-skynlik die oorledene
se
aanrander was.
Nadat hulle Plaatjies se huis verlaat het, stap Apollis maar
weer saam met die appellant, neem
/gedweë ...
21.
gedweë maar weer die mes en gaan daarmee huis toe waar hy dit aan sy
suster oorhandig om weg te steek. Dit, sê hy, het
hy gedoen om die mes as
bewysstuk te bewaar en, wanneer nodig, aan die polisie te oorhandig. Maar hy
rapporteer wat gebeur het aan
niemand nie en hy doen niks omtrent die
verdoemende mes nie totdat hy gearresteer word en daarvoor ge-vra
word.
Terloops mag op hierdie stadium gevra word waarom, indien hy die
appellant gevrees het, het hy aanvanklik die mes opgetel toe die
appellant agter
die oorledene aan is en geen bedreiging was nie, en waarom drentel hy agter die
appellant aan na waar die
/oorledene ...
22.
oorledene lê?
Die dag na Johnny en appellant se arres-tasie het die
voorval plaasgevind waarby Jacobus Cloete betrokke was en waarna vroeër
verwys is. Apollis se verhaal was dat die appellant hom in die selle gevra het
om die "saak op hom te neem" omdat die appellant alreeds
betrokke was by 'n
ander messtekery op ene Jacob Abrahams. Volgens hom het daardie gesprek ten
aanhore van ander prisoniers, waaronder
Jacobus Cloete, plaasgevind. Cloete was
ook 'n staatsgetuie. Sy weergawe was dat appellant wel gevra het dat Johnny sy
aandadigheid
aan die dood van die oorledene moes erken maar nie
/omdat ...
23.
omdat hy reeds by 'n ander saak betrokke was nie (Abrahams se naam is nie
eens genoem nie); die rede vir die versoek, volgens Cloete,
was dat Johnny,
in-dien hy skuldig bevind sou word, net na 'n verbetering-skool gestuur sou
word. Boonop, sê Cloete, het die
appellant, toe Johnny nie sy
aándadigheid wou erken nie, aan hom gesê dat hy (appellant)
onskuldig is en dat Johnny
weet dat hy onskuldig is. Daarop het Johnny, weer
soos hy die aand van 5 Augustus by Plaatjies se huis gedoen het, sy kop laat sak
en geswyg.
Die verhoorhof het die klaarblyklike weer-spreking tussen Apollis
en Cloete oor wat in die selle
/gebeur ...
24.
gebeur het totaal onderskat. Trouens, die Hof se sienswyse was dat hulle
mekaar nie werklik weerspreek het niel Blykbaar is uit die
oog verloor dat
Johnny pertinent gevra is of die appellant nie in die sel beweer het dat hy
onskuldig was nie, en dat Johnny dit
ontken het. Die blote weerspreking is egter
nie die belangrike nie. Wat meer gewig dra, is die feit dat die appellant in
Johnny se
gesig gesê het dat hy geweet het dat die appellant onskuldig
was, en Johnny se daaropvolgende onverduidelike stil-swye.
Uit wat reeds
gesê is, blyk my sienswyse dat die enigste staatsgetuie wat getuig het oor
die
/identiteit ...
25.
identiteit van die oorledene se aanrander, hoegenaamd nie 'n
betroubare getuie was nie. En die feit dat die appellant nie getuig het
nie,
maak geen verskil nie. Sy skuldigbevinding was derhalwe nie gereg-verdig
nie.
Die appèl slaag en die skuldigbevinding en vonnis op beide aanklagte
word tersyde gestel.
J.J.F. HEFER WN AR
KOTZè AR
STEM SAAM
JOUBERT AR