Human Boerdery BK v Smith NO en Anders (1438/2012) [2012] ZAFSHC 81 (26 April 2012)

45 Reportability
Insolvency Law

Brief Summary

Insolvency — Ownership of movable property — Application for delivery of cattle — Applicant claiming ownership of 155 calves delivered under an installment agreement — Respondents disputing ownership and identification of cattle — Court finding that applicant failed to adequately identify the cattle and substantiate ownership claims — Urgency of application not established — Application dismissed with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2012
>>
[2012] ZAFSHC 81
|

|

Human Boerdery BK v Smith NO en Anders (1438/2012) [2012] ZAFSHC 81 (26 April 2012)

VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Saaknommer: 1438/2012
In
die saak tussen:-
HUMAN
BOERDERY BK
..........................................................
Applikant
en
RE SMITH N.O.
.............................................................
1ste
Respondent
B ST CLAIR COOPER
N.O.
..........................................
2de
Respondent
T V MATSEPE N.O.
.......................................................
3de
Respondent
S
M RAMPOPORP N.O.
................................................
4de
Respondent
(in
hulle hoedanighede as voorlopige kurators
van
die insolvente boedel
BENNIE VAN NIEKERK
BOERDERY TRUST
)
ABSA BANK
..................................................................
5de
Respondent
FARMSECURE
LIVESTOCK (EDMS) BPK
..................
6de
Respondent
AANGEHOOR OP:
20 APRIL 2012
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
HANCKE, WND RP
_____________________________________________________
GELEWER OP:
26 APRIL 2012
_____________________________________________________
[1] Die applikant doen
huidiglik aansoek om ‘n bevel ingevolge artikel 84 gelees met
artikel 83 van die Insolvensiewet, Nr.
24 van 1936, teen die
voorlopige kurators in die insolvente boedel van Bennie van Niekerk
Boerdery Trust vir die lewering van 155
kalwers. Die aansoek was
aanvanklik ter rolle geplaas vir 12 April 2012 waarna Molemela R dit
uitgestel het na 20 April 2012 ten
einde die respondente ‘n
geleentheid te gee om funderende eedsverklarings te liasseer.
[2] Mnr. Zietsman, namens
die eerste tot vierde respondente, asook Mnr. De Bruin, namens die
vyfde respondent, het twee aspekte
in geskil geplaas, naamlik
eerstens eiendomsreg en identifikasie van die kalwers, en tweedens,
die dringendheid van die aangeleentheid.
[3]
Wat eersgenoemde betref, moet ‘n litigant, ten einde te kan
slaag met ‘n aansoek ingevolge artikel 84 van die
Insolvensiewet
bewys dat hy die eienaar van die roerende saak was
soos op datum van sekwestrasie en dat daardie roerende bates gelewer
was aan
die Bennie van Niekerk Boerdery Trust ingevolge ‘n
transaksie bekend as ‘n “afbetalingsooreenkoms”
soos
bedoel in paragrawe (a), (b) en (c)(i) van die definisie van
“instalment agreement”
soos
uiteengesit in artikel 1 van die Nasionale Kredietwet, Wet 34 van
2005.
[4] In
die geval van ‘n vervangbare saak soos beeste in hierdie geval,
moet die nodige identifikasie aangetoon word waardeur
die eiendomsreg
bevestig kan word. Van der Merwe:
Sakereg
,
2de Uitgawe, p. 47.
[5]
Waar die skuldoorsaak van ‘n vindikatoriese aard is, is die
bewyslas op die eienaar om op ‘n oorwig van waarskynlikhede
aan
te toon dat hy die eienaar is van die saak en die respondente in
besit daarvan is.
CHETTY v NAIDOO
1974 (3) SA 13
(A) te 20 C – D.
[6] Die houding van die
voorlopige kurators is dat daar tot dusver slegs die bewering van
eiendomsreg van die applikant was, tesame
met ‘n faktuur waarin
die inskripsie per pen aangebring is, wat soos volg lees:

Hierdie
diere bly die eiendom van Human Boerdery BK tot volledige betaling
plaasvind.”
Die faktuur self dui
egter geen identifikasie aan ten aansien van die betrokke 155 kalwers
nie.
[7] In die huidige saak
is die identifikasie van die betrokke diere van kardinale belang is.
Dit is belangrik om daarop te let dat
die applikant beweer dat sy
beeste

... have
triangular shaped indentations on the top and the side of the left of
the cattle’s ear”
[8] Op 15 Maart 2012,
d.w.s. nog voordat die voorlopige kurators op die toneel was, het
Mnr. Nico Gutter namens die applikant teenoor
amptenare van Absa Bank
aangedui dat daar ‘n keep is aan die onderkant van die
regteroor asook dat daar twee kepe is aan
die regteroor.
[9] In ‘n verdere
verklaring wat saam met die repliek geliasseer is van prokureur Kotze
ten einde die verskil te verduidelik,
meld hy dat hy met Mnr. Gutter
gekonsulteer het en dat daar ‘n misverstand tussen hom en die
advokaat wat die verklaring
opgestel het, ontstaan het.
[10] Insiggewend is dat
in die opponerende verklaring die voorlopige kurators daarop wys dat
die applikant glad nie met hierdie
aspek handel in repliek nie en so
ook nie die advokaat wie na bewering die prokureur misverstaan het
nie. Wat meer is, is dat die
applikant, in ‘n eedsverklaring
wat afgelê is op 27 Maart 2012 die identifikasie soos volg
beskryf:

Al die
beslote korporasie se kalwers wat gelewer is, is gemerk met ‘n
knip in die oor.”
[11] In die repliek wat
deur die applikant geliasseer is, word daar glad nie gehandel met die
laaste beskrywing hierbo na verwys
nie. So ook bevestig die applikant
nie in sy repliek bewerings wat Mnr. Gutter vir prokureur Kotze
meegedeel het nie. Dieselfde
geld ook ten aansien van die misverstand
tussen Mnr. Kotze en die advokaat.
[12] Dit blyk verder dat
die vervoerkontrakteur, Mnr. De Beer, toe hy vir Mev. Gutter om
identifikasiemerke gevra het, sy te kenne
gegee het dat daar geen
identifikasiemerke van die kalwers bestaan nie.
[13] Daar is ook ‘n
verwysing na oranje oorplaatjies, welke oorplaatjies egter aangebring
is deur Absa nadat Mnr. Gutter op
15 Maart 2012 teenoor Absa sekere
uitwysings gemaak het. Hierdie oorplaatjies was nooit deel van die
identifikasiemerke van die
applikant se beeste soos deur die
applikant aan die trust gelewer nie.
[14] Na aanleiding van
die voormelde probleme het Mnre. Matsepes Ingelyf, synde die
prokureur van die kurators, op 3 April 2012
‘n skrywe gerig aan
die applikant se prokureurs waar daar onder andere die volgende
vermeld word:

Die skrywer
hiervan bevestig dat daar baie onduidelikhede is, en is die kurators
in hierdie stadium slegs in ‘n posisie om
die feite hierin te
beoordeel sodra ons die getuienis van alle relevante partye hierin
ontvang en getoets het.
Die skrywer hiervan bevestig dat
gegewe hierdie omstandighede ons aanbeveling aan krediteure is dat ‘n
ondervraging gehou
moet word, inteendeel ons het reeds ‘n datum
met die Meester van die Hooggeregshof gereël, vir die hou van
sodanige
ondervraging op 2 - 3 Mei 2012.
Dit blyk egter in hierdie stadium dat
die enigste manier waarop die kurators sinvol ‘n beslissing kan
maak in hierdie aangeleentheid
is ten einde alle partye in hierdie
verband behoorlik te ondervra ingevolge die bepalings van artikel 152
van die Insolvensiewet,
Wet 24 van 1936 soos gewysig.”
[15] Verder wat die
dringendheid betref, steun die applikant daarop dat die omstandighede
waaronder die beeste in die voerkraal
aangehou word, veel te wense
oorlaat. In die stukke is daar ‘n verwysing na ‘n verslag
van Dr. Albertyn, wat ‘n
inspeksie uitgevoer het na aanleiding
van prokureur Kotze se versoek daartoe op 4 April 2012.
[16] In hierdie verband
is die volgende gedeeltes van ‘n skrywe gedateer 5 April 2012
van Mnre. Symington & De Kok gerig
aan Mnre. Piet Kotze en
Vennote van belang:

1. Ons
verwys na die bogemelde asook die telefoniese gesprek tussen Mnr.
Carshagen en Mnr. Piet Kotze op 5 April 2012.
2. Na aanleiding van ons telefoniese
gesprek sal ons dit waardeer indien u vir ons kan voorsien met ‘n
verslag van die veearts,
wat namens u kliënt die voerkraal in
die bogemelde boedel besoek het.
3. Soos u bewus is, is dit
Donderdagmiddag 15h00 hier voor die paasnaweek en sal ons graag
stappe wil neem indien dit blyk dat optrede
vanaf die voorlopige
kurators geverg word ten aansien van die beeste in die voerkraal.
4. Ons kan net meld dat daar volgens
die voorlopige kurators behoorlik na die beeste omgesien word en is
dieselfde personeel wat
die voorlopige sekwestrasiedatum in beheer
was, steeds in beheer.”
[17] Ondanks die versoek
om ‘n verslag van die veearts aan die kurators beskikbaar te
stel, het die applikant egter verkies
om daarna, sonder verskaffing
van die verslag op daardie stadium, die huidige aansoek te rig. In
elk geval blyk dit dat die bewerings
van Dr. Albertyn in verskeie
opsigte weerspreek word deur die getuienis van die
voerkraalbestuurder, Mnr. Du Toit.
[18] Na my mening bestaan
daar in die omstandighede geen grondslag om op ‘n dringende
basis die hof te nader om ‘n bevinding
te maak ten aansien van
die vraag of die applikant geregtig is op teruggawe van die beeste
ingevolge artikel 84 van die Insolvensiewet
nie. Dieselfde geld ook
wat die regsgeldigheid al dan nie, van die vyfde respondent se
aansprake betref. Nadat ‘n behoorlike
insolvensie-ondervraging
gehou is, behoort die voorlopige kurators in ‘n beter posisie
te wees ten einde self hierdie beslissing
te neem, waarna die
applikant, as hy nie tevrede is daarmee nie, die hof kan nader vir
gepaste regshulp.
[19] In die lig van die
voorgaande is ek van mening dat daar nie ‘n behoorlike saak
uitgemaak is vir die verlening van die
aangevraagde regshulp op die
gronde waarop gesteun is in die stukke nie. Mnr. De Bruin, namens die
vyfde respondent, het ook ‘n
argument voorgehou ten opsigte van
die moontlike gebrekkige aard en omvang van die getuienis ten einde
eiendomsreg te bewys. In
die lig van die slotsom waartoe ek kom, is
dit nie nodig om met hierdie argumente te handel nie.
[20] Wat koste betref,
alhoewel daar sprake is van verwytbare optrede aan die kant van die
applikant, is ek van mening dat dit nie
van sodanige aard is dat dit
‘n bestraffende kostebevel regverdig nie. Die kostebevel moet
dus getakseer word op ‘n
party-en-party skaal. Daar bestaan
geen rede dat die koste van die aansoek op 12 April 2012 wat
oorgestaan het, asook die koste
vir die loods van die teenaansoek
deur die voorlopige kurators ten einde magtiging te verkry in terme
van artikel 18(3) van die
Insolvensiewet ten einde hierdie aansoek te
opponeer, ook nie deel sal wees van die kostebevel nie.
[21] Bygevolg word die
aansoek van die hand gewys met koste, welke koste sal insluit die
verkwiste koste van 12 April 2012 asook
die koste verbonde aan die
loods van die teenaansoek deur die voorlopige kurators.
__
____________________
S.P.B. HANCKE, WND RP
Namens die applikant:
Adv. A.J.R. van Rhyn SC
Bygestaan deur:
Adv. S. Tsangarakis
In opdrag van:
Steyn Meyer Ingelyf
BLOEMFONTEIN
Namens die eerste tot
vierde
respondente: Adv. Paul
Zietsman SC
In opdrag van:
Saffy & Assosiate
BLOEMFONTEIN
Namens die vyfde
respondent: Adv. J.P. de Bruin SC
In opdrag van:
Symington & De Kok
BLOEMFONTEIN
/sp