Potgieter v High Point Trading 733 t/a High Point Bridging (2270/2010) [2012] ZAFSHC 70 (19 April 2012)

45 Reportability
Insolvency Law

Brief Summary

Insolvency — Application for sequestration — Respondent's appeal against final sequestration order — Applicant alleging respondent's factual insolvency — Respondent contending insufficient evidence of insolvency — Court finding no reasonable prospects of success on appeal — Final sequestration order upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2012
>>
[2012] ZAFSHC 70
|

|

Potgieter v High Point Trading 733 t/a High Point Bridging (2270/2010) [2012] ZAFSHC 70 (19 April 2012)

VRYSTAAT
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Aansoeknommer : 2270/2010
In
die aansoek tussen:-
CORNELIUS JOHANNES
POTGIETER
Gebore en getroud
buite gemeenskap van goed
.................................
Applikant/Respondent
en
HIGH POINT TRADING
733 BK t/a
HIGH POINT BRIDGING
.......................................
Respondent/Applikant
CORAM:
VAN
ZYL, R
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
16 MAART 2012
_____________________________________________________
GELEWER OP:
19 APRIL 2012
_____________________________________________________
[1] Respondent het as
applikant onder bogemelde aansoeknommer ‘n aansoek gerig vir
die sekwestrasie van applikant as respondent.
Nadat ‘n
voorlopige sekwestrasiebevel verleen was, het applikant respondent se
vordering van ‘n finale sekwestrasiebevel
geopponeer. ‘n
Finale sekwestrasiebevel is egter wel deur my verleen.
[2] Applikant/Respondent
doen nou aansoek om verlof om te appelleer teen laasgenoemde bevel
deur my verleen en teen die geheel van
my uitspraak daaromtrent. Vir
doelmatigheidsredes sal ek verder in hierdie uitspraak verwys na die
partye soos gesiteer in die
sekwestrasie-aansoek.
[3] Soos tereg deur Mnr
Cilliers, namens applikant, by die aanvang van sy betoog uitgewys, is
die toets wat in ‘n aansoek
om verlof om te appelleer toegepas
moet word, die vraag of daar redelike vooruitsigte bestaan dat ‘n
ander hof, synde die
Hof van appél, tot ‘n ander
gevolgtrekking sal kom wat die hof
a quo
se bevindings en
gevolgtrekkings betref. Sien
S v ACKERMAN
1973 (1) SA 765
(A)
op 767 A;
BOTES AND ANOTHER v NEDBANK LIMITED
1983 (3) SA 27
(A) op 28 C - D
[4] Dit blyk uit die
kennisgewing van appèl dat die voorgenome appèl van
respondent daarop gebaseer is dat ek fouteer
het wat betref die
volgende feite en/of regsvrae:
FEITLIKE INSOLVENSIE:
Aldus die kennisgewing
van aansoek om verlof om te appelleer is fouteer deur te bevind dat
applikant bewys het dat respondent feitelik
insolvent is. Hierdie
gronde van respondent se aansoek om verlof om te appelleer, is aldus
voormelde kennisgewing op die volgende
gebaseer:

1. In
besonder het die Agbare Regter fouteer deur te bevind dat Applikant
in paragraaf 11.2 van die funderende eedsverklaring beweer
het dat
Respondent
de
facto
insolvent was (uitspraak, par 23).
2. Daar ‘n aanspraak was op die
roerende goed waarop beslag gelê is, en gevolglik afgelei kan
word dat daar nie andersins
voldoende vervreembare goed gevind kon
word ter voldoening van die vonnis nie (uitpsraak, par 23).
3. Dit word pertinent in paragraaf
14.1 van die funderende eedsverklaring beweer dat Respondent
insolvent is, en nie in staat is
om sy skuld te betaal nie en daar
dus ‘n basis vir feitlike insolvensie geskep is.
4. Die Agbare Regter in die lig van
voorgaande fouteer het deur in te gaan op die vraag van feitlike
insolvensie, terwyl hierdie
basis nie duidelik in die funderende
eedsverklaring geopper is nie en/of op grond van toelaatbare
getuienis geopper is nie, en
daar dus geen noodsaak was om op hierdie
basis te antwoord nie.”
[5] Wat bogemelde betref,
het Mnr Grewar, namens respondent, betoog dat die bewerings van
feitelike insolvensie wat in die funderende
verklaring gemaak is,
geskoei is op ‘n gewaande daad van insolvensie in terme van
Artikel 8(b) van die Insolvensiewet, 24
van 1936 (hierinlater na
verwys as “die Wet”), dit terwyl ek bevind het dat daar
nie ‘n behoorlike saak deur
applikant uitgemaak is ter bewys
van die pleging van sodanige daad van insolvensie nie. Mnr Grewar het
verder betoog dat selfs
indien wel aanvaar sou word dat applikant
beweer het dat respondent feitelik insolvent is, sodanige bewering in
ieder geval nie
genoegsaam was om ‘n aansoek om sekwestrasie te
fundeer nie, aangesien, aldus sy argument, applikant dan feitelike
redes
vir hierdie gevolgtrekking moes gee. In die verband het Mnr
Grewar spesifiek gesteun op
CORNER SHOP (PTY) LTD v MOODLEY
1950 (4) SA 55
(T) op 59 A – F, sowel as die ander twee sake
waarna ek ook reeds verwys het in paragraaf 21 van my uitspraak. Mnr
Grewar
het betoog dat hierdie uitsprake nie steun bied aan ‘n
applikant waar daar nie duidelik gesteun word op feitelike
insolvensie
en ‘n basis daarvoor gelê word nie. Alwaar
daar nie ‘n spesifieke bewering is dat respondent se laste sy
bates
oorskry nie, is ‘n blote bewering van
de facto
insolvensie ‘n opinie sonder enige basis daarvoor, welke
ontoelaatbaar is en in welke omstandighede respondent nie op sy
hoede
geplaas was om op hierdie bewering as basis van die aansoek te
antwoord nie. Mnr Grewar het in die verband verwys na die
uitspraak
in
REX v THEUNISSEN
1948 (4) SA 34
(KPA).
Mnr Cilliers het in
antwoord op voormelde betoë verwys na die bewerings in paragrawe
11.1, 11.2 en 14.1 van die funderende
verklaring waarin daar
pertinent, onder andere, beweer is dat dit uit die inventaris blyk
dat daar nie genoegsame roerende bates
is om aan applikant se eis te
voldoen nie, dat respondent
de facto
insolvent is (hoewel daar beweer word
“deurdat
hy ingevolge Artikel 8(b) van die Insolvensiewet, 24 van 1936, ‘n
daad van insolvensie begaan het”
), dat daar
afgelei
kan word dat
die Balju nie andersins voldoende vervreembare goed kon vind om aan
die vonnis te voldoen nie en, spesifiek in paragraaf
14.1, waar dit
beweer is dat respondent tans insolvent is en nie in staat is om sy
skuld te betaal nie. Op gronde van voormelde
het Mnr Cilliers betoog
dat die bevindings wat ek hieromtrent in paragrawe 21 tot 23 van my
uitspraak gemaak het inderdaad korrek
is in die verband.
[6] Na behoorlike
oorweging van die onderskeie argumente, die regspraak waarna verwys
is, die aansoekstukke en my uitspraak, in
besonder wat betref
paragrawe 21 tot 23 daarvan, is ek oortuig dat daar nie redelike
vooruitsigte is dat ‘n ander hof tot
‘n ander
gevolgtrekking sal kom wat hierdie aspekte betref as wat ek in
voormelde paragrawe van my uitspraak gedoen het nie.
Addisioneel tot
dit wat ek reeds in my uitspraak vermeld en bevind het, en met
verwysing na die argument deur Mnr Grewar dat die
afleiding wat
applikant in paragraaf 11.2 van die funderende verklaring gemaak het
dat die Balju nie andersins voldoende vervreembare
goed kon vind om
aan die vonnis te voldoen nie, hoorsê getuienis daarstel
deurdat dit nie uit die relaas as sulks blyk nie,
meen ek dat hierdie
betoog nie kan opgaan nie. Die afleiding wat applikant hier gemaak
het was gebaseer op inligting wat wel in
die relaas vervat was en
voortspruitend waaruit applikant ‘n afleiding gemaak het. Dit
kan dus nie hoorsê getuienis
daarstel nie. Indien respondent
nie met hierdie afleiding saamgestem het nie, het dit uiteraard vir
respondent vrygestaan om dan
juis hierdie afleiding te weerlê
met ‘n bewering dat hy wel oor voldoende vervreembare goed
beskik, wat nie gedoen
is nie; inteendeel, respondent het nie eers
pertinent hierdie bewering in sy opponerende verklaring ontken nie.
DIE VONNIS EN DIE AARD
VAN DIE VORDERING:
[7] Die tweede basis van
respondent se aansoek om verlof om te appelleer is gebaseer op die
vonnis en die aard van applikant se
beweerde vordering teen
respondent, deurdat fouteer is om te bevind dat applikant se
vordering bewys is en/of dat daar ‘n
geldige vonnis is. Dit is
op die volgende gronde ooreenkomstig die kennisgewing van aansoek om
verlof om te appelleer gebaseer:

5. Die
Agbare Regter fouteer het deur te bevind dat al waarop die Respondent
in die antwoord steun is die bewering dat ‘n
vonnis
verkeerdelik verleen is.
6. Die Agbare Regter het fouteer deur
te bevind (par 25 van die uitspraak) dat die bedoeling van die
hofbevel was om vonnis te verleen
teen beide Verweerders en dat die
afwesigheid van ‘n “s” net ‘n tikfout was.
7. Die Agbare Regter het fouteer deur
te bevind dat toestemming tot vonnis die onderliggende gebreke
korrigeer as synde ‘n
nuwe basis vir vonnis; die onderliggende
kontrakte irrelevant is en die vonnis gevolglik nie verkeerdelik
verleen is nie (uitspraak
par 14).
8. Die Agbare Hof het fouteer deur te
bevind dat daar ‘n geldige vonnis was weens die feit dat ‘n
lasbrief tot uitwinning
uitgereik en uitgevoer is op grond van
hierdie vonnis (uitspraak, par 26).
9. Die Agbare Hof het fouteer deur te
bevind dat die Applikant reeds ‘n aansoek om tersydestelling
van die vonnis moet loods
en daar nie ‘n redelike vooruitsig
vir sodanige tersydestelling bestaan nie (uitspraak par. 27 en 28).
10. Die Agbare Hof fouteer het deur
nie in terme van die Hof se inherente diskresie sekwestrasie te weier
in die lig van die feit
dat die Applikant die Agbare Hof met vuil
hande genader het weens die faktore soos in paragraaf 4 hierbo gelys
deur dus te steun
op gesimuleerde kontrakte terwyl Applikant se ware
bedoeling was om ‘n krediettransaksie aan te gaan as
kredietverlener,
onder omstandighede waar sodanige kontrakte onwettig
was.”
[8] Ter aanvang moet
vermeld word dat die grootste deel van voormelde gronde negeer word
deur die feit dat ek in paragraaf 26 van
my uitspraak bevind het, met
verwysing na gesag, dat die aansoek benader moet word uit die oogpunt
dat die vonnis (en die regstappe
wat daaruit voortgevloei het)
geldend en bindend is totdat dit deur ‘n bevoegde hof tersyde
gestel word. Addisioneel tot
die gesag waarna ek reeds in
laasgenoemde paragraaf verwys het, sien ook
BUHRMAN v SIDERIS AND
ANOTHER
1950 (2) SA 366
(T).
[9] Wat betref die
regspraak waarna in paragraaf 2.1 van die betoogshoofde namens verwys
is, was dit gevalle waar daar juis aansoek
gedoen is vir die
tersydestelling van die tersaaklike lasbriewe, welke juis nie in die
onderhawige geval deur respondent gedoen
is nie.
[10] Verdermeer, soos
tereg deur Mnr Cilliers ten tyde van sy betoog uitgewys, het
respondent deurentyd in sy opponerende verklaring
die vonnis
aangeveg, maar op geen stadium openbaar dat hy skriftelik toegestem
het tot die vonnis nie. Toe applikant genoodsaak
was om as gevolg van
respondent se aanveg van die vonnis daarmee te handel in sy
repliserende verklaring, het respondent ook op
geen stadium aansoek
gedoen om te dupliseer ten einde hierdie toestemming tot vonnis te
verduidelik of die geldigheid daarvan aan
te veg nie. Hierdie feite,
tesame met die feit dat respondent tot op datum van die beregting van
die bestrede aansoek op geen stadium
aansoek gedoen het vir die
tersydestelling van die vonnis en/of die lasbrief nie, is vir my,
soos deur Mnr Cilliers ook betoog,
aanduidend van sy gebrek aan
bona
fides
.
[11] Wat die ander
aspekte betref, meen ek dat dit volledig mee gehandel is in paragrawe
24 tot 37 van my uitspraak, waarby ek volstaan.
[12] Na my mening het
respondent dus ook nie met betrekking tot hierdie gronde in die
kennisgewing van aansoek om verlof om te appelleer
redelike
vooruitsigte op sukses op appèl nie.
[13] Gevolglik word
applikant/respondent se aansoek om verlof om te appelleer van die
hand gewys met koste.
_____________
C. VAN ZYL, R
Namens die
Applikant/Respondent: Adv D.M. Grewar
In opdrag van:
N.C. Rijkheer Ing.
BLOEMFONTEIN
Namens die
Respondent/Applikant: Adv H.J. Cilliers
In opdrag van:
Christo Dippenaar
Prokureurs
BLOEMFONTEIN