Vlok v Engen Petroleum Ltd (3459/2009) [2012] ZAFSHC 52 (22 March 2012)

60 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Costs — Taxation — Interpretation of court order — Applicant sought review of taxation of costs following judgment against first and second respondents — First respondent ordered to pay costs of application against it, while second respondent was successful in its defense and awarded costs — Dispute arose regarding the interpretation of the court order and allocation of costs — Court held that the taxation master failed to properly distinguish between costs attributable to each respondent, necessitating a reassessment of the taxed amounts to align with the court's intention.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2012
>>
[2012] ZAFSHC 52
|

|

Vlok v Engen Petroleum Ltd (3459/2009) [2012] ZAFSHC 52 (22 March 2012)

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Aansoek Nr. : 3459/2009
In
die aansoek van:-
JACQUES
VLOK
.
................................................................................
Applikant
(1ste
Respondent in die hoofaksie)
en
ENGEN
PETROLEUM LIMITED
.........................................
Respondent
(Applikant in die hoofaksie)
_____________________________________________________
CORAM:
KRUGER, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
22 MAART 2011
_____________________________________________________
UITSPRAAK OP HERSIENING VAN TAKSASIE
_____________________________________________________
I
INLEIDEND
[1] Hierdie is ’n hersiening van taksasie. Ten
einde verwarring te voorkom word die partye beskryf soos in die
hoofaksie.
Die applikant het die eerste respondent aangespreek vir
betaling van ‘n petrolrekening, en die tweede respondent as
borg.
Jordaan, R het op 9 September 2010 vonnis gegee soos volg:

2. Against 1
st
Respondent;
a) The 1
st
Respondent to pay the amount of
R750 000-00
plus interest at the rate of
15,5%
per annum from
1 June
2009
till date of payment.
b) 1
st
Respondent to pay the costs of the application in
respect of the claim against 1
st
Respondent.
3. Against 2
nd
Respondent;
a) The 2
nd
Respondent to pay the amount of
R2385,58
plus interest at prime +
2%
per annum from
30 March 2007
till date of payment.
b) Applicant to pay the costs in respect of the claim against 2
nd
Respondent.”
Wat die verweer betref wys Mnr Maree namens die
applikant daarop dat die respondente se Opponerende Beëdigde
verklaring in
die hoofaksie aan dui dat die 1ste Respondent in die
hoofaksie slegs op die geldigheid al dan nie van die sertifikaat wat
sertifiseer
welke bedrag verskuldig is gesteun het. Die 2de
Respondent se verweer was dat hy onthef is van sy borgstelling en was
hy suksesvol
met hierdie verweer wat meegebring het dat ‘n
kostebevel in sy guns verleen is.
[2] Dus, wat die koste betref, is die eerste respondent
gelas om die koste van die aansoek ten opsigte van die eis teen die
eerste
respondent, te betaal. Wat die tweede respondent se koste
betref, is applikant gelas om dit te betaal. Taksasie is deur die
takseermeester
Mnr Paul Modise gedoen op 9 September 2011. Daarin is
eerste respondent gelas om aan applikant te betaal:
Mcintyre & Van Der Post – R 34 784,85
Lanham-Love Prokureurs – R
107 857,85
R
142 642,70
[3] Wat die tweede respondent se koste betref, waar die
Hof gelas het dat applikant tweede respondent se koste betaal, is die
kosterekening
onderling geskik.
[4] Al wat dus relevant is, is die bedrag wat eerste
respondent aan applikant moet betaal. Die probleem ontstaan by die
interpretasie
van die hofbevel met betrekking tot die bedoeling oor
die toedeling van koste aan die tweede respondent. Die eerste
respondent
se prokureurs, Schoeman Maree, veg in hulle aansoek om
hersiening van taksasie 46 items aan.
[5] Die takseermeester, Mnr Modise is nie meer in die
staatsdiens nie, en in sodanige geval is die huidige praktyk by
hierdie hof
dat die regter en die partye probeer om konsensus te
bereik oor hoe om met die aangeleentheid te handel. Ek het beide
prokureurs
gespreek en hulle was dit eens dat hier nie ’n
gestelde saak nodig was nie en dat ek die Hersiening van Taksasie in
kamers
sonder enige betoog kan afhandel met gebruik van die volgende
dokumente:
(i) Die twee getakseerde rekeninge met die
takseermeester se notas daarop soos getakseer op 9 September 2011.
(ii) Kennisgewing van Hersiening van Taksasie ingevolge
Hofreël 48(1) gedateer 5 Oktober 2011.
(iii) Antwoord op Kennisgewing van Hersiening van
Takasie ingevolge Hofreël 48(1) gedateer 9 Maart 2012.
(iv) Applikant se Replikasie gedateer 12 Maart 2012.
[6] Wat die interpretasie van die Hofbevel betref, sê
Mnr Maree namens eerste respondent dat die algemene reël wanneer

geskilpunte onderskeibaar is, elke geskilpunt sy eie koste dra, met
verwysing na
ESTATE WEGE v STRAUSS
1932 AD 76
te 86.
[7] Mnr Gerdener, namens die respondent in die taksasie
(Engen, applikant in die Hoofaansoek) se standpunt is dat Engen
geregtig
was om die twee respondente saam aan te spreek soos bedoel
in Hofreël 10(1). Verder sê Mnr Gerdener dat die hof nie
geredelik inmeng met die uitoefening van die takseermeester se
diskresie nie. Omdat die tweede respondent substantieel suksesvol
was
in die Hoofaksie, sê Mnr Gerdener dat die hof se bedoelding was
dat tweede respondent se koste uitgesluit moes word by
bepaling van
die koste wat eerste respondent aan applikant moet betaal.
Dit is moeilik om toe te gee aan die deskundige kennis
van die takseermeester waar die redes vir die takseermeester se
besluit nie
voor die hof is nie, soos hier, waar die partye
ooreengekom het dat daar nie ‘n gestelde saak hoef te wees nie.
II
BEGINSELS
[8] Waar die koste van meerdere partye bepaal word,
omdat net seker partye se kostes toegelaat is, geld die volgende
beginsels:
(i) Waar koste maklik onderskeibaar en identifiseerbaar
aan ‘n spesifieke respondent toegedig kan word, moet die
takseermeester
daardie onderskeide tref.
(ii) Waar die koste nie maklik onderskei kan word,
byvoorbeeld op watter party se saak ‘n advokaat se betoog
betrekking het,
word eenvoudig die helfte toegelaat. Dit is dikwels
moeilik, of onmoontlik om te bepaal watter gedeelte van ‘n
advokaat se
betoog op een applikant of respondent se saak betrekking
het, en watter deel op die ander.
(iii) Dokumente met ‘n standaard formaat wat oor
die algemeen ‘n gemiddelde aantal bladsye beslaan ten spyte van
die
hoeveelheid respondente en wat in elk geval opgestel sou moes
word, word ten volle toegelaat, soos byvoorbeeld ‘n
Kennisgewing
van Mosie of Enkelvoudige Dagvaarding.
(iv) Die partye kan dikwels ooreenkom watter persentasie
van ‘n betrokke party se koste toegelaat moet word, en dan sal
die
takseermeester daardie ooreenkoms aanvaar en dienooreenkomstig
takseer.
(v) Mens moet in gedagte hou dat die
takseermeester nie noodwendig
die
litigasie ervaring het wat hom of haar instaat stel om te beoordeel
welke feitlike bewerings of submisisies op watter respondent
(of op
albei) betrekking het nie.
(vii) Partye moet nie buite
verhouding vergoed word vir die werk wat hulle gedoen het nie (
PAYEN
COMPONENTS SOUTH AFRICA LTD v BOVIC GASKETS CC AND OTHERS
1999 (2) SA 409
(W)
). Eweneens moet parye nie
vergoed word vir meer as wat die hof bedoel het dat hulle vergoed
word nie.
[9] Dit wil voorkom of die takseermeester op sterkte van
die argument ten behoewe van die applikant, wat in die antwoord op
die
kennisgewing van die hersiening van taksasie herhaal word,
aangedui het dat die applikant in die hoofaksie geregtig is op sy
volle
koste van die geheel van die aansoek ondanks die bevel wat deur
die verhoorhof gemaak is. Dit lyk of die takseermeester se denke
was
dat die koste aangegaan moes word, maak nie saak of daar een of twee
respondente was nie. Hierdie uitgangspunt gee nie gevolg
aan die
bedoeling van die hof toe hy die kostebevel gemaak het, en uitdruklik
slegs ‘n
gedeelte
van die koste toegelaat het.
III
MCINTYRE & VAN DER POST REKENING
[10]
Item 2
Bloemfontein prokureur ontvang Kennisgewing van
Mosie, Funderende Eedsverklaring en Aanhangsels en gaan dit deur
.
Die beswaar is dat slegs 30 bladsye van die Funderende
Eedsverklaring en 53 blaaie van die aanhangsels van toepasing is op
eerste
respondent. 128 bladsye is deur die takseermeester toegelaat.
Die stukke is deur die opdraggewer opgestel, en moes deur die
Bloemfontein
korrespondent deurgelees word.
Die hof het slegs die koste ten opsigte van die eerste
respondent toegelaat. Hierdie is ‘n geval waar koste ten
opsigte van
die eerste en tweede respondente duidelik onderskeibaar
is. Net 30 bladsye van die Funderende Eedsverklaring moes toegestaan
gewees
het, en net 53 bladsye van die aanhangsels. Dit beteken dus
dat R1 455,00 afgetakseer moet word.
[11]
Item 3
Afskrifte gemaak vir self en betekening
.
Dieselfde proses moet hier geld.
30 plus 53 bladsye se afskrifte x 3 moet toegelaat word.
[12]
Item 18 – 21
Betekening op die tweede respondent
.
By hierdie items is die bedrae deur die takseermeester
afgetakseer ten opsigte van betekening op die tweede respondent. Niks
is
toegelaat nie. Daar is dus nie ‘n rede om beswaar teen
hierdie items aan te teken nie.
[13]
Items 24
Telefoniese konsultasie met opdragewende prokureur
.
Hier was ‘n beswaar. Die takseermeester se nota sê
oor hierdie R 118,30 en R 21,20 “Allowed due to settlement”.

Hierdie item word dus nie weer oorweeg nie. ‘n Party kan nie by
‘n hersiening van taksasie besware teen items opper
waarteen
nie by taksasie beswaar gemaak is nie (Reël 48(1)).
[14]
Item 25
Ontvang en deurlees van applikant se Aanvullende
Verklaring met aanhangsels, 101 bladsye
.
Die takseermeester het die volle bedrag van R 3 585,50
toegelaat. Die beswaarmaker sê hier moes slegs helfte toegelaat
gewees
het. Die item is nie maklik deelbaar nie, en slegs die helfte
moet toegelaat word. Hierdie bedrag moet halveer word.
[15]
Item 26
Kopiee
.
Hierdie item loop saam met item 25 en die bedrag moet
ook halveer word.
[16]
Item 31
Tweede respondent se Antwoordende Eedsverklaring
.
Die hoof Antwoordende Eedsverklaring is deur tweede
respondent gemaak, en eerste respondent het dit net bevestig. Hier is
nie ‘n
duidelike onderskeid en die koste moet halveer word.
Dus: R 2 946,50 ÷ 2 = R 1 473,25.
[17]
Item 32
Kopieer van Antwoordende Eedsverklaring
.
Hierdie item loop saam met item 31, en moet ook halveer
word.
[18]
Item 47
Repliserende Verklaring
.
Hierdie koste is in totaal toegelaat, Mnr Maree sê
slegs vier bladsye is aan eerste respondent gewy.
Hierdie item is nie maklik onderskeibaar nie, en slegs
die helfte moes toegelaat gewees het.
Dus: R 2 520,50 ÷ 2 = R 1 260,25.
[19]
Item 63
Deurlees van Applikant se Betooghoofde
.
Hierdie bedrag moet halveer word.
Dus: R 688,00 ÷ 2 = R 344,00.
[20]
Item 65
Kopiee
.
Hierdie volle bedrag was reeds afgetakseer.
[21]
Item 66
Deurlees Respondent se Betooghoofde
.
Hier moet die helfte afgetakseer word.
Dus: R 602,00 ÷ 2 = R 301,00.
[22]
Item
67
Kopiee
.
Hierdie
item loop saam met item 66, net helfte moet toegelaat word.
Dus: 28 ÷
2 = 14 bladsye.
IV
LANHAM-LOVE PROKUREURS REKENING
(Opdraggewende Prokureur van Engen)
[23]
Item
1
Telefoonoproep – instruksie van kliënt
.
Hier is
R710,00 toegelaat. Hier moet die helfte afgetakseer word.
Dus: R
710,00 ÷ 2 = R 355,00.
[24]
Item
2
Deurlees van aanhangsels tot die aansoek
.
Vir 85
Bladsye was R 3 017,50 was toegelaat. Hier is dit duidelik bepaalbaar
watter bladsye op die eerste respondent betrekking
het, en watter op
die tweede respondent. Hier moes slegs 53 bladsye toegelaat word.
Dus: 53
Bladsye = R 1 881,50.
[25]
Item
3
Opstel van Funderende Eedsverklaring
.
Hier is 36
bladsye toegelaat, slegs 30 moes toegelaat gewees het. Dit is ‘n
onderskeid wat duidelik bepaalbaar is.
Dus: 36
Bladsye = R 6 390,00,
Word: 30
Bladsye = R 5 325,00.
[26]
Item
5
Advokaat skik Funderende Eedsverklaring
.
36 bladsye
was toegelaat teen R 1 278,00, slegs 30 moes tegelaat gewees het.
Dus: 30
Bladsye = R 1 065,00.
[27]
Item
6
Afskrifte gemaak van aanhangsels by Funderende
Eedsverklaring
.
Die
Aanhangsels by die Funderende Eedsverklaring is reeds hierbo bespreek
in die Mcintyre & Van Der Post Rekening, item 2. Slegs
53 bladsye
van die aanhangsels het betrekking op eerste respondent.
Slegs 53
bladsye x 3 moet toegelaat word.
[28]
Item
8
Opstel van Kennisgewing van Mosie
.
Die
beswaarmaker sê hy moet slegs die helfte betaal. Feitlik die
geheel van die Kennisgewing van Mosie handel met die eerste

respondent. Een paragraaf handel met die tweede respondent. Die
Kennisgewing van Mosie is ’n standaard tipe dokument, waarvan

die koste in die geheel toegelaat moet word omdat dit, veral in
hierdie geval, ‘n baie klein verskil maak dat twee respondente

betrokke was. Die koste is tereg toegelaat deur die takseermeester.
[29]
Item
10
Advokaat se koste vir skik van Funderende
Eedsverklaring
.
Die
Advokaat se fooi is nie deelbaar nie. R 5 130,00 moet deur twee
gedeel word, en slegs helfte van die advokaat se fooi moet toegelaat

word omdat slegs die eerste respondent se koste toegelaat is.
[30]
Items
13 - 17
Applikant se Aanvullende Eedsverklaring
.
Net soos
by item 25 op McIntyre & Van Der Post se rekening, moet hierdie
bedrae halveer word:
Item 13 =
R 2 769,00 ÷ 2 = R 1 384,50.
Item 14 =
R 3 017,50 ÷ 2 = R 1 508,75.
Item 15 =
R 245,50 ÷ 2 = R 122,75.
Item 16 =
R 710,50 ÷ 2 = R 355,25.
Item 17 =
R 603,50 ÷ 2 = R 301,75.
[31]
Item
18
Afskrifte van aanhangsels by hierdie verklarings
.
Hierdie
items is dieselfde as McIntyre & Van Der Post se rekening, item
26, en moet ook halveer word. Slegs drie stelle is geëis.
Dus: R
561.60 ÷ 2 = R 280,50.
[32]
Item
24
Deurlees van die respondente se Antwoordende
Eedsverklaring
.
Hierdie
item is soortgelyk aan item 31 op McIntyre & Van Der Post se
rekening. Hier is nie ‘n duidelike onderskeid tussen
die dele
wat op eerste respondent betrekking het, en dele wat met tweede
respondent se saak handel nie. Die bedrag moet halveer
word.
Dus: R 3
017,50 ÷ 2 = R 1 508,75.
[33]
Item
25
Afskrifte van die respondente se Antwoordende
Eedsverklaring
.
Hierdie
item loop saam met item 24 en moet halveer word.
[34]
Item
26
Waardeerder se betaling en deurlees van sy rekening,
ten opsigte van ‘n waardasie by die Repliserende
Eedsverklaring
.
Hierdie
item betref ‘n waardasie van Erf 726, Barret Straat, Frankfort.
Bede 3 van die Kennisgewing van Mosie handel met ‘n

Dekkingsverband wat die eerste respondent gegee het oor daardie erf.
Bede 4 van die Kennisgewing van Mosie handel met ‘n

Sekuriteitswaarborgverband wat die eerste respondent oor daardie
selfde erf gegee het. Dus het hierdie waardasie betrekking op
die
saak teen eerste respondent. Daar is wel ‘n persoonlike
borgakte (bladsy 124 van die hofstukke) wat die tweede respondent

geteken het. Dit het op die oog af niks met die waardasie te doen
nie. Hierdie was koste van die eerste respondent en is tereg
deur die
takseermeester toegelaat. Die bedrae van R 106,50 vir die deurlees,
en uitgawe R 1 500,00 is tereg toegelaat.
[35]
Item
27
Aanhangsels tot Repliserende Eedsverklaring
.
Die nie
moontlik vir ‘n takseermeester om hier onderskeide te tref oor
watter dele betrekking het op die eerste respondent,
en watter met
die tweede respondent handel, en hierdie eis moet halveer word.
Dus: R 1
562,00 ÷ 2 = R 781,00.
[36]
Item
28
Opstel van applikant se Repliserende Eedsverklaring
.
Hierdie
item loop saam met item 27 en moet halveer word.
Dus: R 3
372,50 ÷ 2 = R 1 686,25.
[37]
Item
30 en 31
Twee konsultasies met Advokaat om Repliserende
Eedsverklaring te skik
.
Twee items
van elke 3 ure word geëis.
Die
praktiese oplossing is om slegs een toe te laat wat dieselfde effek
sal hê as om die koste te halveer. Dus moet ten opsigte
van
items 30 en 31 slegs R 2 130,00 toegelaat word.
[38]
Item
32
Deurlees van Repliserende Eedsverklaring soos geskik
deur Advokaat
.
Hierdie
bedrag moet halveer word.
Dus: R
674,50 ÷ 2 = R 337,25.
[39]
Item
38
Afskrifte van aanhangsels tot Applikant se
Repliserende Eedsverklaring
.
Die
beswaarmaker meen dat geen van die aanhangsels op die eerste
respondent betrekking het nie. Die aanhangsels het egter wel
betrekking
op die eerste respondent; byvoorbeeld bewys ten opsigte
van die eiendom waar beide respondente betrokke was.
Hierdie
item loop saam met item 27, en moet halveer word.
[40]
Item
39
Advokaatsfooie vir oorweging van die Antwoordende
Eedsverklaring en skik van Repliserende Eedsverklaring
.
Die
takseermeester het die volle bedrag toegelaat. Die beswaarmaker sê
hierdie bedrag moet
pro
rata
verdeel
word.
Dit is nie
moontlik om ‘n onderskeid te tref nie, en die item moet halveer
word.
Dus: R 16
245,00 ÷ 2 = R 8 122,50.
[41]
Item
44
Advokaatsfooie vir skik van Antwoordende
Eedsverklaring
.
Dit is nie
moontlik om ‘n onderskeid te tref, en die bedrae moet halveer
word.
Dus: R 1
710,50 ÷ 2 = R 855,25.
[42]
Item
49
Betooghoofde van Advokaat
.
Dit is nie
moontlik om ‘n onderskeid te tref tussen watter dele op die
eerste respondent betrekking het, en watter op die
tweede nie. Die
takseermeester het die volle bedrag toegelaat. Die eis moet halveer
word.
Dus: R
731,00 ÷ 2 = R 365,50.
[43]
Item
50
Afskrifte van Betooghoofde
.
Dieselfde
oorwegings as by item 49 geld. Net drie stelle afskrifte moet
toegelaat word.
Dus: R
136,00 ÷ 2 = R 68,00.
[44]
Item
53
Deurlees van respondente se Betooghoofde
.
Dit
takseermeester het die volle bedrag toegelaat. Dis nie moontlik om ‘n
onderskeid te tref nie. Die eis moet halveer word.
Dus: R
602,00 ÷ 2 = R 301,00.
[45]
Item
54
Afskrifte van Betooghoofde
.
Die bedrag
moet halveer word.
Dus: R
28,50 ÷ 2 = R 14,00.
[46]
Item
55
Reis en bywoning van hof
.
McIntyre &
Van Der Post (Bloemfontein Prokureurs) het nie die hof bygewoon nie.
Dus was
Lanham-Love Prokureurs (die korrespondent) geregtig om
die hof by te woon.
Hierdie
koste moet halveer word.
Dus: R 1
704,00 ÷ 2 = R 852,00.
[47]
Item
56
Reiskoste van Gauteng Advokaat
.
Die
deurlees van die rekening val weg. Die takseermeester het die uitgawe
van R 8 487.27 vir vlug- en reiskoste toegelaat. Normaalweg
is ‘n
party nie geregtig op die reiskoste van ‘n buite-advokaat by ‘n
hof waar ‘n balie is nie. Die beswaarmaker
bied R3,50 per
kilometer aan. Vir 1000km is dit dus = R 3 500,00
.
Hier moet dus R 3 500,00 toegelaat word.
[48]
Item
59
Advokaatsfooie vir voorbereiding en betoog
.
Die aantal
ure wat die advokaat in die hof is affekteer nie sy fooi nie, en ook
nie of daar een of twee respondente is nie. Omdat
slegs een
respondent se koste toegelaat is deur die hof, moet slegs helfte van
die item toegelaat word.
Dus: R 22
230,00 ÷ 2 = R 11 115,00.
V
KOSTE VAN HERSIENING VAN TAKSASIE
Ingevolge
Eenvormige Reël 48(7) kan ek ‘n bedrag bepaal vir die
koste van die Hersiening van Taksasie. Die koste van
hierdie
hersiening was betreklik gering, en ek meen dat dit billik is dat die
prokureurs van die applikant in die hoofaansoek gelas
word om R500,00
aan die eerste respondent in die Hoofaansoek te betaal.
VI
BEVEL
1. Die
bedrae of verhoudingsgedeeltes wat by die onderskeie items
afgetakseer moet word, of toegelaat moet word, word by die
individuele
items hierbo aangedui.
2. Die
respondent word gelas om R500,00 aan die applikant te betaal as koste
van die Hersiening van Taksasie.
_______________
A. KRUGER, R
Geen verskynings.
/wm