Mahlaku v S (LA186/05) [2012] ZAFSHC 51 (22 March 2012)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal — Application for leave to appeal against convictions and sentences — Applicant convicted of murder and rape — Evidence presented included eyewitness accounts and DNA linking applicant to the crimes — Applicant's claims of innocence rejected — Court finds no reasonable possibility of another court arriving at a different conclusion regarding both the convictions and the sentences imposed — Application for leave to appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2012
>>
[2012] ZAFSHC 51
|

|

Mahlaku v S (LA186/05) [2012] ZAFSHC 51 (22 March 2012)

VRYSTAAT
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer : LA186/05
In
die saak tussen:-
PULE MAHLAKU
....................................................................
Applikant
en
DIE STAAT
.........................................................................
Respondent
CORAM:
VAN
ZYL, R
AANGEHOOR OP:
15 DESEMBER 2011
_____________________________________________________
GELEWER OP:
22 MAART 2012
_____________________________________________________
[1] Applikant doen
aansoek om verlof om te appelleer teen sy skuldigbevindings op ‘n
aanklag van moord en ‘n aanklag
van verkragting, sowel as die
opgelegde vonnisse.
[2] Ten opsigte van
aanklag een, is dit beweer dat applikant op of omtrent 1/2 November
2003 in die distrik van Odendaalsrus wederregtelik
en opsetlik vir
Ntaoleng Maria Msimanga (hierinlater na verwys as “
die
oorledene
”) ‘n volwasse vrou, gedood het. Ten opsigte
van aanklag twee is dit beweer dat applikant op of omtrent 1/ 2
November
2003 in die distrik van Odendaalsrus die oorledene, wie op
daardie stadium nog in lewe was, verkrag het. Nadat ek applikant op
beide die aanklagte skuldig bevind het, is hy ten opsigte van aanklag
een gevonnis tot twintig jaar gevangenisstraf en ten opsigte
van
aanklag twee is hy gevonnis tot tien jaar gevangenisstraf.
[3] Ten tyde van sy
pleit, het applikant se regsverteenwoordiger aangedui dat applikant
verkies om geen pleitverduideliking ten
opsigte van die aanklag van
moord te maak nie. Wat die verkragting betref, het applikant erken
dat hy met die oorledene geslagsgemeenskap
gehad het, maar dat dit
met haar toestemming geskied het.
[4] Aldus die weergawe
van die relevante staatsgetuies was applikant vroeër die aand
van die voorval by ‘n stokvel geleentheid,
waar die oorledene
en sekere van hierdie getuies ook was. Nadat die oorledene en die
applikant die stokvel verlaat het, het die
staatsgetuies, Lucia en
Bihipapang, applikant in die teenwoordigheid van die oorledene gesien
in omstandighede waar hy haar met
‘n kierie aangerand het.
Voorts was daar getuienis dat oorledene se liggaam die volgende dag
in ‘n mielieland aangetref
is, onder andere met die kierie wat
vroeër die aand in applikant se besit was, ook in die
onmiddellike omgewing van haar lyk.
[5] Teenoor voormelde was
dit applikant se weergawe dat hy geensins daardie aand by die stokvel
geleentheid teenwoordig was en/of
die oorledene aangerand het nie.
Dit blyk dan ook uit sy aansoek om verlof om te appelleer dat
applikant van oordeel is dat ek
fouteer het om in die verband die
weergawe van die staatsgetuies te aanvaar en sy weergawe te verwerp.
Me Kruger, namens applikant,
het tydens haar betoog volstaan met die
gronde van die aansoek om verlof om te appelleer soos uiteengesit in
applikant se aansoek
as sulks. Mnr. Zwini, namens die staat, het aan
die hand gedoen dat ek nie fouteer het met my bevindings in die
verband nie en
dat ek tereg applikant se weergawe verwerp het.
[6] Ek het my weer
deeglik vergewis van die totaliteit van die tersaaklike getuienis
hieromtrent, soos ek ook volledig daarmee gehandel
het in my
uitspraak. Ek is van oordeel dat daar nie ‘n redelike
moontlikheid dat ‘n ander Hof tot ‘n ander gevolgtrekking

sal kom wat betref my bevinding dat die identifisering van applikant
onder die omstandighede geloofwaardig en betroubaar was en
dat
applikant se weergawe in die verband nie redelik moontlik waar kan
wees nie.
[7] Wat die verkragting
as sulks betref, het ek reeds gemeld dat applikant self erken het dat
hy gemeenskap met die oorledene gehad
het. Addisioneel daartoe was
daar ook DNA getuienis wat applikant in die verband met die oorledene
verbind.
[8] In my uitspraak het
ek tot die volgende gevolgtrekking gekom:

Die
kumulatiewe effek van hierdie omstandigheidsgetuienis opgeweeg teen
die ongeloofwaardige weergawe van die beskuldigde wat alreeds
aan die
hand van die direkte getuienis teen hom verwerp is, is sodanig dat ek
van mening is dat dit die enigste redelike afleiding
is dat dit die
beskuldigde is wat die oorledene daar in die mielieland verkrag het
en toe vermoor het.”
Na my mening bestaan daar
geen redelike moontlikheid dat ‘n ander Hof tot ‘n ander
gevolgtrekking as bogemelde sal kom
nie en kan die aansoek om verlof
om te appelleer ten opsigte van die skuldigbevindings dus nie slaag
nie.
[9] Wat die opgelegde
vonnisse betref, is die bepalings van Artikel 51 van die
Strafregwysigingswet, Wet 105 van 1997, van toepassing.
In terme
daarvan is lewenslange gevangenisstraf die voorgeskrewe minimum
vonnis ten opsigte van die aanklag van moord, terwyl tien
jaar
gevangenisstraf die voorgeskrewe minimum vonnis ten opsigte van die
verkragting is, tensy ek bevind dat daar wesenlike en
dwingende
omstandighede bestaan wat die oplegging van `n mindere vonnis
noodsaak en regverdig. Ek het in my uitspraak daarmee,
sowel as met
die elemente van strafoplegging gehandel, synde die persoonlike
omstandighede van die applikant, die aard en erns
van die misdryf en
die belange van die gemeenskap. Ek het toe ten gunste van applikant
bevind dat wat die moord aanklag betref,
daar wel sodanige wesenlike
en dwingende bestaan en applikant tot 20 jaar gevangenisstraf
gevonnis. Ek het nie sodanige wesenlike
en dwingende omstandighede
bevind wat betref die aanklag van verkragting nie, maar ek het wel
die kumulatiewe effek van die vonnisse
getemper deur te gelas dat dit
samelopend uitgedien moet word.
[10] By behoorlike
heroorweging van bogemelde aspekte wat die vonnisse betref, meen ek
dat daar nie ‘n redelike moontlikheid
bestaan dat ‘n
ander Hof tot die gevolgtrekking sal kom dat die opgelegde vonnisse
skokkend swaar en onvanpas is soos deur
applikant in sy aansoek om
verlof beweer nie. Applikant se aansoek om verlof om te appelleer
teen die opgelegde vonnisse, kan derhalwe
ook nie slaag nie.
[11] Gevolglik word
applikant se aansoek om verlof om te appelleer teen sy
skuldigbevindings, sowel as die opgelegde vonnisse, van
die hand
gewys.
___________________
C. VAN ZYL, R
Namens die Applikant Adv.
S. Kruger
In opdrag van:
Die Regshulpraad
BLOEMFONTEIN
Namens die Respondent:
Adv. L. Zwini
In opdrag van:
Direkteur van Openbare
Vervolging
BLOEMFONTEIN