ABSA Bank Bpk v Van Niekerk NO and Others (596/2012) [2012] ZAFSHC 46 (22 March 2012)

62 Reportability
Banking and Finance

Brief Summary

Execution — Perfecting security — Application for perfection of security under notarial bonds — Applicant (Absa) sought to perfect security over movable assets of a trust (respondents) due to concerns over increased debts owed to a third party — Legal issue arose regarding the enforceability of the debts and the necessity of notice under the National Credit Act — Court held that the notarial bonds did not constitute a credit agreement as defined by the Act, and thus the perfection of security was valid despite the absence of formal notice requirements.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2012
>>
[2012] ZAFSHC 46
|

|

ABSA Bank Bpk v Van Niekerk NO and Others (596/2012) [2012] ZAFSHC 46 (22 March 2012)

VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Saaknommer: 596/2012
In die aansoek van:-
ABSA BANK BEPERK
...........................................................
Applikant
en
BENJAMIN PETRUS VAN
NIEKERK N.O.
................
1ste
Respondent
MARIA VAN NIEKERK
N.O.
.......................................
2de
Respondent
FARMSECURE
LIVESTOCK (EDMS) BEPERK
.........
3de
Respondent
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
8 MAART 2012
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
CLAASEN, WND R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
22 MAART 2012
_____________________________________________________
[1] Hierdie is ‘n
keerdatum van ‘n perfekteringsaansoek waarkragtens applikant
(Absa) kragtens twee notariële verbande,
wat B.J. van Niekerk
N.O. en Maria van Nierkerk N.O. (die trust), as verbandgewers,
ooreengekom het om roerende bates van die trust,
as sekuriteit vir
enige verskuldigdheid van die trust teenoor Absa, te verbind. Die
eerste notariële verbandooreenkoms is
in 2007 aangegaan en die
tweede notariële verbandooreenkoms is in 2011 aangegaan.
[2] Daar is twee verdere
ooreenkomste tussen Absa en die trust aangegaan waarkagtens Absa geld
aan die trust geleen en voorgeskiet
het. Die twee kredietooreenkomste
is aan die einde van 2011 aangegaan en word as “Revolving Loan
Facility Agreement”
en “Overdraft Facility Agreement”
beskryf. Dit is gemeensaak dat daar op die “Revolving Loan
Facility Agreement”,
die trust ‘n bedrag van R25 100
155,57 plus rente aan Absa verskuldig is en dat die trust op die
“Overdraft Facility
Agreement”, ‘n bedrag van R3
450 738,68 plus rente aan Absa verskuldig is. Die sertifikaat van
prima facie
verskuldigdheid is by die stukke aangeheg. Die
opeisbaarheid en betaalbaarheid is egter in geskil. Vir die
opeisbaarheid verwys
Absa na klousule 21 (“Events of Default”)
van die “Revolving Loan Facility Agreement” wat onder
andere
handel met wanvoorstelling en omstandighede wat redelikerwys
waarskynlik ‘n wesenlike nadelige effek of invloed mag hê.

By die plaasvind van so ‘n “Events of Default” kan
Absa aan die trust kennis gee en word die volle bedrae dan
opeisbaar
en betaalbaar. Klousule 21 bevat geen voorskrifte oor die
vormvereistes van hierdie kennisgewing nie.
[3] Absa steun verder op
klousule 10 van die notariële verbandakte van 2011 waarkragtens
Absa mag perfekteer

if in the
opinion of the said mortgagee its security hereunder requires to be
perfected by possession”
en dat Absa dan oor ‘n
volmag beskik wat

the
mortgagor hereby irrevocable authorises and empowers the mortgagee in
rem suam, then or at any time thereafter without any authority
or
consent from the mortgagor to take possession and to hold in pledge
... any of the assets bonded hereunder...”
[4] Mnr. De Bruin
argumenteer dat in die omstandighede selfs voordat enige geld
opeisbaar of betaalbaar is, in terme van die krediettransaksies,
mag
perfektering plaasvind. Verder, wat die bepalings betref rakende
“Default” wat binne vyf dae herstelbaar is, dat
die
gebreke wat ontstaan het, onremedieërbaar is. Dieselfde argument
kan logies deurgetrek word deur te argumenteer dat selfs
indien alle
bedrae op ‘n bepaalde moment, kragtens die “Revolving
Loan Facility Agreement” en die “Overdraft
Facility
Agreement” ten volle betaal is en daar geen gelde verskuldig is
nie, maar in die toekoms daarop getrek kan word,
die bank dan nog
steeds kan voortgaan in bepaalde omstandighede om sy sekuriteit te
perfekteer.
[5] Wat Absa die opinie
laat vorm het, dat dit nodig is om perfektering te verkry, is die
feit dat aan die bank deur die trust en
hul rekenmeester ‘n
verskuldigdheid aan Farmsecure van R22 miljoen voorgehou is en toe
skielik word ‘n verskuldigdheid,
nadat die geld geleen is, van
R38 miljoen aan Farmsecure voorgehou. Die vee wat voorgehou was as
sekuriteit, se getalle is op 6
500 bees voorgehou. Dit was genoegsame
sekuriteit vir beide Absa se skuld en Farmsecure se oorspronklike
beweerder verskuldigdheid,
maar nie nadat Farmsecure se
verskuldigdheid na R38 miljoen verhoog is nie. In repliek verwys Absa
verder na verslae, vanaf Vleissentraal
ontvang, wat die trust aan
hulle voorgehou het, daar op 29 November 2011, Farmsecure aanspraak
maak op 2 582 beeste. Op 15 Desember
2011 is die aanspraak op 1 855.
Op 4 Januarie 2012 is Farmsecure se aanspraak 998 bees, maar op 1
Februarie 2012 is dit skielik
1 898 bees. Ongeag dat Farmsecure
sedert September 2011 geen fondse meer tot die trust se beskikking
gestel het om vee aan te koop
nie. Daar was verder ‘n veiling
van die trust se vee wat op 14 Februarie 2012 sou plaasvind.
[6] Hierdie bekommernisse
is met die trust bespreek en is ‘n skriftelike magtiging aan
Absa verleen deur die trustees om Absa
te magtig om besit van die
roerende bates van die trust te neem. Later het die trust die
dokumente repudieer omrede die trust nie
geweet het wat
“perfektering” beteken nie.
[7] Die bevel van Kruger
R is egter by ooreenkoms tussen die partye en hul
regsverteenwoordigers verleen.
[8] Farmsecure Livestock
(Edms) Beperk het aansoek gedoen om as ‘n derde respondent toe
te tree en is Farmsecure as derde
respondent in die aansoek gevoeg.
[9] Die trust het
eerstens die beweerde dringendheid aangeval. Daar is nie met groot
oortuiging argumenteer dat die aangeleentheid
nie dringend is nie.
Die basis was dat Absa te alle relevante tye geweet van hierdie
kommersiële veiling wat op 14 Februarie
2012 sou plaasvind en
dat die ander bewerings van dringendheid nie veel substansie om die
lyf het nie. Ek meen egter dat met die
inligting wat Absa verkry het,
hulle bekommernis redelik en korrek verwek is. Dat dit ‘n
redelike optrede in die omstandigheid
was om so spoedig moontlik
hulle sekuriteit te perfekteer. Daar is kennis gegee, alhoewel baie
kort, maar is die tussentydse bevel
verleen, by ooreenkoms, terwyl
die trust verteenwoordig was deur ‘n prokureur en ‘n
advokaat en is die kennisgewing
van mosie by ooreenkoms gewysig ten
einde die trust te akkommodeer. Ek meen dat die argument dat die
aangeleentheid nie dringend
was nie, nie korrek is nie.
[10] Die grootste aanslag
en oorweging, deur die trust, vir die opheffing van die tussentydse
bevel, is op die Nasionale Kredietwet,
Wet 34 van 2005, baseer. Die
trust het gesteun op die definisie van ‘n kredietfasiliteit, ‘n
krediettransaksie asook
op die begrip van ‘n versekerde lening.
Ek meen egter dat die notariële verband nie ‘n
kredietfasiliteit is nie,
want dit is nie ‘n ooreenkoms
waarkragtens die partye ooreengekom het dat Absa geld aan die trust
sal voorskiet of namens
die trust bedrae sal betaal en waarkragtens
ooreengekom is dat dit die trust se verpligtinge om terug te betaal,
uitgestel word
en ooreengekom is op rente en fooie wat betaalbaar is
ten aansien van die bedrae wat betaal moet word. Die trust sou nooit
op die
notariële verbandooreenkoms die bank kon aanspreek om die
trust geld te leen en voor te skiet nie.
[11] Wat ‘n
krediettransaksie betref, omskryf die Wet agt vorme van
krediettransaksies. ‘n Notariële verband word
nie
spesifiek genoem nie. Wel ‘n normale verband oor onroerende
goed. Die trust steun egter op die definisie van ‘n
“secured
loan”. Weereens meen ek dat die geld nie geleen en voorgeskiet
is kragtens die notariële verbandooreenkoms
nie.

... in terms
of which a person advances money or grants credit to another...”
Dit is slegs kragtens die
“Revolving Loan Facility Agreement” en die “Overdraft
Facility Agreement” wat
geld geleen en voorgeskiet is.
[12] Dit is duidelik dat
die huidige 2011 notariële verband beslis verly en aangegaan is
as gedeeltelike sekuriteit vir die
verskuldigdheid van die trust op
die wentelkredietooreenkoms asook op die oortrokke rekening. Alhoewel
die 2007 notariële
verband aangegaan is lank voor die
wentelkrediet- en oortrokkerekeningooreenkoms, is hy steeds van
toepassing omdat daarin enige
toekomstige skulde van die trust
teenoor die Bank versekureer word.
[13] Beide die betrokke
notariële verbande is algemene notariële verbande. Hulle
verleen derhalwe geen saaklike sekerheid
nie. Indien daar spesifieke
goedere onder beide notariële verbande verseker was, sou die
bepalings van Wet 57 van 1993 daarop
van toepassing gewees het en sou
die Bank dan alleenlik ‘n saaklike sekerheidsreg gevestig het.
1
[14] Die houer van ‘n
algemene notariële verband geniet geen saaklike sekerheid in die
bates wat die onderwerp van die
verband is nie. Dit is al gesê
dat so ‘n verbandhouer geen groter sekuriteit besit as die
persoonlike eerlikheid van
die skuldenaar nie.
2
[15] Niks verhoed die
verbandgewer, voor perfektering, om hierdie bates te vervreem of te
verwyder nie. Sodra dit vervreem of verwyder
is, val dit buite die
bepalings van die notariële verband. Die verbandhouer kan dit
nie opvolg in die hande van die nuwe verkryger
of kan nie die
beslaglegging daarvan verhoed deur ‘n krediteur van die
skuldenaar nie. Die enigste vorm van waarde van ‘n
algemene
notariële verband tree eers by insolvensie van die verbandgewer
na vore.
[16] In die afwesigheid
van ‘n perfekteringsooreenkoms kan ‘n houer van ‘n
algemene notariële verband nie
besit van die bates van die
skuldenaar verkry ten einde ‘n saaklike sekerheid te vestig
nie. Daarom die algemene voorkoms
van sodanige perfekteringsklousules
in algemene notariële verbande.
[17] Indien die trust
korrek is dat die Wet wel op die betrokke notariële verbandaktes
van toepassing is, sou die effek van
nie-kennisgewing wees dat weens
die nie-vermelding van nakoming van die kennisgewing soos voorsien in
artikel 129 van die Kredietwet
die aksie totaal onontvanklik is en
indien daar wel vermelding daarvan was, kon die effek dan gewees het
dat dit slegs uitgestel
kon word tot tyd en wyl die nodige
kennisgewing gegee is.
[18] Mnr. De Bruin se
betoë is myns insiens korrek dat die huidige aansoek nie handel
met die afdwinging van ‘n skuld
kragtens die
wentelkredietooreenkoms of die oortrokke rekeningooreenkoms nie, maar
met die reg wat in die notariële verbandooreenkoms
verleen word
om sekuriteit in die vorm van ‘n saaklike pandreg te skep met
goedkeuring van die hof. Deur die ooreengekome
bevoedgheid om nou
daardie sekuriteit aan te wend deur die verpande bates te verkoop
omskep nie die notariële verbandooreenkoms
in ‘n
versekerde lening soos voorsien in die Kredietwet nie. Indien al die
prosedures van die Kredietwet nagekom moet word,
alvorens ‘n
skuldeiser in terme van ‘n klousule in ‘n notariële
verband sy sekuriteit wens te perfekteer,
sal dit ‘n
onmoontlike situasie skep siende dat daar nooit op enige stadium, op
‘n dringende basis, regshulp aan verbandhouer
verleen kan word
om, waar omstandighede dit noodsaak, sy sekuriteit te perfekteer nie.
Artikel 129 handel met ‘n “debt
enforcement by ...
judgment” en soos voormeld is die huidige aansoek glad nie ‘n
aansoek waar die skuld kragtens die
wentelkredietooreenkoms en die
skuld kragtens die oortrokke rekeningooreenkoms by wyse van ‘n
vonnis versoek word nie.
[19] Die posisie kan
waarskynlik anders gewees het as die bank, tegelyk met sy
perfekteringsaansoek, ook aansoek gedoen het vir
vonnis en afdwinging
van die bedrag verskuldig kragtens die wentelkredietooreenkoms en die
oortrokke rekeningooreenkoms of die
notariële verband bepaal het
dat perfektering eers kan plaasvind wanneer die twee voormelde
kredietooreenkomste se betaling
opgevorder word deur ‘n vonnis.
[20] Die volgende beswaar
van die trust was dat daar nie behoorlik, ooreenkomstig die
wentelkredietooreenkoms kennis gegee is om
die
wentelkredietooreenkoms te kanselleer nie.
[21] Alhoewel die
wentelkredietooreenkoms voorgelê is en daar beweer is dat dit
nou gekanselleer is weens die repudiasie deur
die trust, is die
kansellasie al dan nie en die afdwinging van die
wentelkredietooreenkoms al dan nie, nie deel van die huidige
aansoek
nie. Wat voor die hof is, is die perfektering van die bank se
sekuriteit en nie afdwinging van die wentelkrediet- of oortrokke

rekening weens die repudiasie en kansellasie daarvan nie. Dit sal in
‘n aparte aksie of aansoek hanteer moet word indien
die bank
vonnis, vir die verskuldigde bedrae weens kansellasie van die
wentelkrediet en die oortrokke rekening, wens te verkry.
[22] Die volgende aanval
van die trust was dat die bank nie redelik opgetree het in sy
diskresie om te besluit om die sekerheid
te perfekteer, dit nie
arbitrio
bono viri
geskied
het nie. Verskeie redes word voorgehou waarom die bank se
diskresionêre bevoegdheid nie behoorlik uitgeoefen is nie.
Die
bank het egter, voordat hulle die hof genader het, die toestemming
van die trust gekry om besit van die bates te neem omrede
hulle
bekommerd geraak het oor die sekuriteit waaroor hulle beskik. Hierdie
toestemming is later teruggetrek deur die trust, omdat
die trust
beweer het dat hy nie geweet het wat die woord “perfektering”
beteken nie. By die aanhoor van die dringende
aansoek, het die trust
egter, waar hy regsverteenwoordiging gehad het, en ook vooraf
regsverteenwoordiging gehad, toegestem tot
die perfektering. Voorts
is ook reeds gehandel met die klaarblyklike wanvoorstelling deur die
trust rakende die verskuldigdheid
van die trust aan Farmsecure en ook
die belang van Farmsecure in die betrokke beeste. Ek meen dat in
daardie omstandighede dit
‘n redelike diskresionêre
uitoefening van die bank was om hulle sekuriteit te perfekteer.
[23] Die volgende
argument van die trust, waarom die bevel nie verleen moes word of
opgehef moes word, is dat die bank nie in staat
is om hulle
sekuriteit behoorlik te identifiseer nie. Dit is gemeensaak dat al
die vee gebrandmerk is met Farmsecure se brandmerk
en dat daar
moontlik ander eienaars se vee tussen die betrokke vee is.
[24] Absa bank het wel
geweet dat Farmsecure ‘n belang in vee het, maar nooit enige
erkenning van eienaarskap van Farmsecure
met betrekking tot enige vee
erken het nie. Wat gebeur het, is dat ‘n hofbevel verkry is
waarkragtens die balju gemagtig
word om die roerende bates van die
trust op beslag te lê en dit aan Absa bank te oorhandig. Dit is
wat gebeur het. Absa bank
het opgedaag by die plaas saam met die
balju, maar is dit die balju wat versoek het dat die onroerende goed
van die trust uitgewys
moet word en op die versoek is ‘n
uitdruk van die vee in die voerkrale aan die balju verskaf en het die
balju daarop beslaggelê.
Daar is nooit op daardie stadium
uitgewys aan die balju dat die vee nie die eiendom van die trust is
nie. Later het Mnr. Van Niekerk
self opgedaag, gedurende hierdie
uitwysingsproses en nooit beswaar gemaak of aangetoon dat die trust
nie eienaar van die betrokke
beeste is waarop beslaggelê is
nie. Dit is hierdie vee wat deur die balju aan die trust oorhandig
is. Uit die stukke blyk
dit daar ooreengekom is met die trust dat die
vee eerder in die voerkrale moet aanbly en daar versorg word en
verder dat van die
werknemers van die trust, wat bekwaam en bevoeg is
in die hantering van vee in voerkrale, tydelik in diens van Absa bank
gestel
word ten einde die vee behoorlik versorg en markgereed te kry
wat in die voerkrale is. Gedurende al hierdie reëlings was die

trustee teenwoordig en het regsverteenwoording gehad en was die trust
en hulle prokureur van oordeel dat dit in die beste belang
van al die
partye is.
[25] Dit is deur die
advokate vermeld dat waar persone wel roerende bates identifiseer
het, dit aan sodanige persone teruggegee
is en is Farmsecure ook
uitgenooi om hulle eienaarskap te bewys, wat hulle tot op hede nie
gedoen het nie, maar word op die teenargument
gesteun dat Absa die
eienaarskap van die trust se bates moet bewys, aangesien hulle slegs
op die trust se bates kan beslag lê.
[26] Wat die eienaarskap
van Farmsecure betref, word in ‘n ander aansoek daarmee
gehandel en was al die vee, tydens beslaglegging,
in besit van die
trust en was daar ‘n vermoede, dat die besitter die eienaar van
die betrokke beeste is. Die bewyslas is
dan op die persoon wat die
besitter se eiendomsreg betwis.
3
Die weergawe van die
trust verskil egter wesenlik van die weergawe van Farmsecure oor wat
in die praktyk gevolg is, rakende eienaarskap
van die betrokke vee.
Farmsecure steun klaarblyklik uitsluitlik op die brandmerk wat
aangebring is en die ooreenkoms wat in totaal
verwerp word deur die
verduideliking wat die trust voorgelê het. In Farmsecure se
aansoek, rakende sy eienaarskap, sal daarmee
meer volledig gehandel
word.
[27] Soos voormeld het
Farmsecure aansoek gedoen om as ‘n derde respondent toe te tree
en is sodanige voeging toegestaan.
[28] Die kernbeswaar van
Farmsecure is die wanvoeging deurdat Absa bank nie vir Farmsecure
gevoeg het en nie hulle volledige openbaarmarkingsplig
teenoor die
hof nagekom het nie. Dat die hof nie die tussentydse bevel sou
verleen, indien Absa bank hul plig van noodsaaklike
voeging en
openbaarmaking nagekom het nie.
[29] Farmsecure sê
hul het ‘n direkte wesenlike belang in die gevraagde regshulp
gehad, moes gevoeg word en veral in
die uitvoering van die bevel word
hulle belange direk geraak.
[30] Volgens Farmsecure
het ‘n werknemer van die trust die veegetalle verskaf en is
daar nie ‘n inventaris deur die
balju opgestel nie, maar is ‘n
rekenaaruitdruk aan hom verskaf waarop die beeste reflekteer is. Die
trust self het geen identifikasie
gedoen en die bank het ook geen
identifikasie gedoen nie. Bloot die rekenaaruitdruk is by die relaas
aangeheg en is sodanige beeste
aan die balju en daarna aan die bank
oorhandig.
[31] Farmsecure se saak
is dat al die vee waarop beslaggelê is en die brandmerk van
Farmsecure het die eiendom van Farmsecure
is. Sedertdien is van die
vee bemark, met hierdie brandmerke en is Farmsecure glad nie in
hierdie transaksie geken nie.
[32] Dit is Farmsecure se
saak dat die beeste waarmee gehandel is Farmsecure se eiendom is.
Hulle aanspraak is derhalwe baseer op
die grondslag dat Farmsecure
eienaar word en bly van alle beeste en skape wat deur hulle finansier
is tot dit herverkoop en ten
volle betaal is. Hulle beswaar is veral
geleë teen die uitvoering van die hofbevel. Die hofbevel self
magtig Absa bank slegs
om op bates van die trust beslag te lê,
maar in die uitvoering van die hofbevel is op die eiendom van
Farmsecure beslaggelê
en gehandel.
[33] Die algemene
beginsels is duidelik dat enige persoon ‘n noodsaaklike party
is en gevoeg behoort te word indien so persoon
‘n direkte of
substansiële belang in enige bevel het of as sodanige bevel se
uitvoering die ander party kan benadeel.
Dit blyk duidelik uit die
stukke dat Absa te alle relevante tye bewus was dat Farmsecure ‘n
belang in die beeste in die voerkraal
het. Die hele kontrak wat Absa
met die trust aangegaan het, was juis dan om die trust se
verskuldigdheid, rakende hierdie finansiering
wat Farmsecure teenoor
die trust verrig het, geleidelik af te los.
[34] Die kern van Absa
bank se standpunt is dat hulle nog nooit, ongeag die verwysing na
Farmsecure, enige eiendomsreg van Farmsecure
op die vee erken het
nie. In die aansoek van Farmsecure self, word meer volledig met die
aanspraak van Farmsecure, rakende die
eienaarskap van die vee,
gehandel. Dat hulle ‘n belang gehad het, staan vas, maar nie
hulle eienaarskap in die huidige aansoek
nie. Hulle beswaar is teen
Absa se houding dat al die beeste op die plaas waarop die balju
beslag gelê het, die eiendom van
die trust is, tensy ander
aanspraakmakers op behoorlike gefundeerde wyse hulle eiendomsreg in
enige bees op die plaas kan bewys.
Dit is vermeld in betoog dat
Farmsecure uitgenooi is om hulle eienaarskap te bewys met die nodige
dokumentasie en betaling, maar
tot op hede is daarop nie reageer nie.
[35] Die bank se
standpunt is dat applikant nie geweet het of kennis gedra het dat van
die vee in die voerkrale inderdaad die eiendom
van Farmsecure is nie.
Die trust het ook die applikant nie onder die indruk gelaat dat
Farmsecure eienaar van sekere van die vee
is nie. Uit die verklarings
wat afgelê is in aansoek 772/2012 het die applikant uit sy pad
gegaan om te verseker dat daar
nie op vee van derde partye beslaggelê
word nie. In die aansoek self het Absa slegs ‘n bevel gevra dat
die balju op
roerende bates van die trust moet beslag lê. Selfs
die veiling van die vee was die vee altyd voorgehou as die trust se
bates
en is dit ook op grond daarvan verkoop en op die opbrengs
aanspraak gemaak. Al die finansiële state toon die vee as die
trust
se bate en eiendom aan.
[36] Soos vermeld het
Farmsecure nou inderdaad toegetree tot die aksie, voor bekragtiging
van die bevel. Ek is nie oortuig dat die
bank bewustelik op vee gaan
beslag lê het waarvan Farmsecure die eienaar is of was nie en
kon die bank ook nie in die omstandighede,
soos uit die verskillende
aansoeke blyk, moontlik bewus of redelikerwys daarvan bewus moes
gewees het dat daar vee is wat inderdaad
die eiendom van Farmsecure
is nie.
[37] Weens voormelde
redes het ek die bevel van Kruger R bekragtig.
___________________
J.Y. CLAASEN, WND R
Namens die applikant:
Adv. J.P. de Bruin SC
Adv. P. De Wet
In opdrag van:
Symington & De Kok
BLOEMFONTEIN
Namens eerste en tweede
respondente: Adv. A.
Danzfuss SC
Adv. J. Zietsman
In opdrag van:
Christo Dippenaar
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens derde respondent:
Adv. P. Zietsman SC
Adv. N. Snellenburg
In opdrag van:
Honey Prokureurs
BLOEMFONTEIN
/sp
1
INTERNATIONAL
SHIPPING CO (PTY) LTD v AFFINITY (PTY) LTD AND ANOTHER
1983
(1) SA 79
(K) op 84.
2
HARE
v TRUSTEE OF HEATH
(1884) 3 SC 32.
3
McADAMS
v FIANDER’S TRUSTEE AND BELL NO
1919
AD 207
op 232;
K & D MOTORS v WESSELS
1949
(1) SA 1
(A)
op 11;
RUSKIN, NO v
THIERGEN
1962 (3) SA 737
(A)
op 745.