Van Niekerk NO en Ander v ABSA Bank Bpk en Anders (705/2012) [2012] ZAFSHC 45 (22 March 2012)

45 Reportability
Land and Property Law

Brief Summary

Execution — Sale in execution — Interference with farming activities — Applicants sought an interdict against ABSA Bank and others to prevent interference with their farming operations and access to their property following a preliminary perfection order. The trust alleged that ABSA acted beyond the scope of the court order by seizing movable assets and appointing a collateral manager without consent, thereby disrupting their farming activities and damaging their reputation. ABSA contended that the applicants' request effectively sought to nullify the existing court order. The court held that the applicants failed to establish their case due to factual disputes and that ABSA's actions were reasonable and necessary for the control of the movable assets, resulting in the dismissal of the application with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2012
>>
[2012] ZAFSHC 45
|

|

Van Niekerk NO en Ander v ABSA Bank Bpk en Anders (705/2012) [2012] ZAFSHC 45 (22 March 2012)

VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Saaknommer: 705/2012
In die aansoek van:-
BENJAMIN PETRUS VAN
NIEKERK N.O.
.....................
1ste
Applikant
MARIA VAN NIEKERK
N.O.
.
...........................................
2de
Applikant
en
ABSA BANK BEPERK
...............................................
1ste
Respondent
JAN STEPHANUS HUGO
...........................................
2de
Respondent
FARMSECURE
LIVESTOCK (EDMS) BEPERK
.........
3de
Respondent
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
8 MAART 2012
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
CLAASEN, WND R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
22 MAART 2012
_____________________________________________________
[1] Op 8 Maart 2012 het
ek uitspraak hierin gelewer en vermeld dat my redes later verskaf sal
word. Hiermee my redes.
[2] Hierdie aansoek is op
20 Februarie 2012 geloods nadat die eerste respondent (Absa) ‘n
voorlopige perfekteringsbevel op
13 Februarie 2012 verkry het, welke
bevel per ooreenkoms met applikante verleen is. Die bevel
nisi
is later verleng, by ooreenkoms, ten einde al die partye geleentheid
te gee om hulle stukke te liasseer en die verdere aansoek
van
Farmsecure, aansoek 772/2012 te akkommodeer. Hierna sal na die
applikante as “die trust” verwys word.
[3] Die trust het die hof
op ‘n dringende basis genader vir ‘n bevel waarom Absa
Bank en die tweede respondent, onder
andere, nie verbied moet word om
in te meng met die boerdery-aktiwiteite van die applikante,
applikante se plaas Mandalay te betree
sonder vooraf verkreë
toestemming nie, nie hulle personeel of werknemers op die plase aan
te bring of daarop toe te laat nie,
met die applikant se krediteure
in aanraking te kom op ‘n wyse wat die applikante se goeie naam
en reputasie skaad nie, enige
roerende item wat die eiendom van
enigiemand anders as applikante s’n is, in besit of beslag te
neem of dit te merk, enige
vee of ander roerende goed wat op Mandalay
gevind word, beslag te lê of te merk indien die respondente
sodanige roerende
item nie positief kan identifiseer as die eiendom
van die applikante nie en dat respondente gelas word om die
applikante se plaas,
naamlik Mandalay, en alle ander plase waarop die
applikante boer te die distrik Winburg summier te ontruim en te
verlaat en dit
nie te besoek sonder die vooraf verkreë
toestemming van die applikante nie.
[4] Die trust se saak is
dat Absa beslaggelê het op al die roerende bates op die plaas
ongeag wie die eienaars is en dat so
‘n optrede nie deur die
hofbevel van Kruger R gesanksioneer is nie. Die trust beweer dat
hierdie bevel wat hulle verlang
behoort te slaag want wat Absa doen,
word nie deur die tussentydse bevel gemagtig nie. Dat die bank verder
gegaan het as wat die
hofbevel hulle magtig, deurdat hulle ‘n
kollaterale bestuurder aangestel het om die trust se
boerdery-aktiwiteite te beheer
en te bestuur; welke persoon weer twee
ander werknemers van die trust, naamlik Posthumus en Du Toit,
aangestel het om voortaan
opdragte van die bank uit te voer; dat
werknemers van die bank hul intrek geneem het in die fasiliteite van
die trust, sonder dat
toestemming daarvoor gevra is en dat wagte by
die ingangshek geplaas word wat besoekers kontroleer wat steurend
inwerk op die trust
se gebruik van die plaas; die bank op alle
roerende bates beslaggelê het ongeag hul daarop gewys is dat
sommige van die bates
nie die trust se eiendom is nie en skape met ‘n
tatoeëermerk gemerk het wat onuitwisbaar is. Die bank het voorts
beslaggelê
op die opbrengs van die veiling van 14 Februarie
2012 waar die betrokke vee nie die eiendom van die trust was nie en
ry die bank
se verteenwoordigers op die plaas rond sonder die trust
se toestemming en veroorsaak ook ‘n steurnis vir die trust se
boerderybedrywighede.
Laastens dat die bank se prokureurs inmeng met
skuldeisers van die trust en buite-persone kontak terwyl die hofbevel
nie hulle
aldus magtig nie. Hulle stuur die hofbevel aan
derde-persone en dit skaad die reputasie van die trust.
[5] Dit is gemeensaak dat
die bank toegangsbeheer by die toegangshek tot die trust se plaas
toepas en dat dit nie uitdruklik in
die hofbevel gemagtig is nie. Dit
is gemeensaak dat die skape by wyse van ‘n tatoeëermerk
gemerk is. Dit is verder gemeensaak
dat die bank, sonder dat dit
uitdruklik in die hofbevel gemagtig is, ‘n kollaterale
bestuurder aangestel het en dat hy beheer
oor die voerkrale geneem
het en laastens is dit verder gemeensaak dat die implemente op die
trust se plaas gemerk is, welke merkery
ook nie spesifiek deur die
hofbevel gemagtig is nie. Die trust beweer dat Absa op alle vee
beslaggelê het, wat duidelik insluit
vee wat nie die trust se
vee kon wees nie. Dit is strydig met die hofbevel wat net verwys na
“roerende bates” waarvan
die trust die eienaar is.
[6] Absa se standpunt is
dat om gevolg te gee aan die aangevraagde regshulp die effek sal hê
dat die bevel wat reeds verleen
is, van nul en gener waarde is,
aangesien dit die bevel totaal ongedaan sal maak. Absa kan nie besit
of beheer oor die roerende
bates verkry, indien hulle nie op die
plaas Mandalay kan kom nie. Effektiewe beheer word gevolglik Absa
ontneem. Indien die amptenary
en werknemers die plaas moet verlaat,
het dit presies dieselfde effek. Die Balju, as amptenaar van die hof,
het besit van die roerende
bates geneem en Absa het die bates vanaf
die Balju ontvang.
[7] Die bank se standpunt
is dat hierdie aansoek niks anders as ‘n appèl of ‘n
hersiening van die voorlopige
bevel wat verleen is, uitmaak nie en
dat dit op grond daarvan alleen afgewys behoort te word.
1
[8] Aangesien die aansoek
vir finale regshulp is, behoort die
PLASCON
EVANS
-beginsel
daarop van toepassing te wees, waar daar feitegeskille ontstaan. Die
bank wys op ‘n verskeidenheid van feitegeskille
wat uit die
stukke ontstaan het, soos dat die trust beweer dat Absa Bank parate
eksekusie toepas wat deur die respondent ontken
word, die klagte oor
die wagte word erken, maar dat dit redelik en noodsaaklik is om
beheer uit te oefen oor die in- en uitbeweeg
van roerende bates, die
bewering dat Absa beheer oor ander bates op die plaas, ongeag wie die
eienaar is, word deur Absa ontmoet
dat die bates wat uitgewys is en
waarop beslaggelê is, uitgewys is deur die plaasbestuurder,
Mnr. Posthumus, en blyk dit
ook dat die eerste applikant daar
opgedaag het tydens hierdie proses en geen aanduiding gegee het dat
die bates waarop beslaggelê
word nie die trust se bates is nie.
Sy bewering dat hy geen kennis van enige aard ontvang het voordat
Absa die notariële verbandooreenkoms
afgedwing het nie, word
ontken en is daar gewys op gesprekke wat die bank met die deponent
gevoer het, sy tekening van skriftelike
toestemming om besit te neem
van die bates, die onwaarskynlikheid dat hy nie verstaan het wat
perfektering beteken nie, waarom
hy dan sou gevra het dat Absa net
hulle optrede moet oorhou tot na die naweek aangesien hy die naweek
‘n verjaardagpartytjie
op die plaas gaan hou, die feit dat die
persone op applikant se plaas gebring is en dat daar inderdaad
uitdruklik toestemming verleen
is en die feit van inmenging met
skuldeisers ‘n geval is waar slegs Absa steun op die sessie en
skuldeisers daarvan in kennis
gestel het. Absa noem verder dat die
voorlopige bevel by ooreenkoms bekom is en dat Absa, op versoek van
die applikante, nie die
bates van die applikante se plaas verwyder
het nie en dat dit noodwendig ‘n gevolg het dat Absa die plaas
moes betree ten
einde besit en beheer van die trust se roerende bates
oor te neem. Daar was net geen ander wyse andersins nie. Waar derde
persone
wel hulle eienaarskap aangetoon het, is sodanige roerende
goed wel aan hulle gelewer.
[9] Dit blyk ook uit die
stukke dat die aanstellings van die werknemers met goedkeuring en
instemming van die eerste applikant en
die eerste applikant se
prokureurs geskied het. Dit sou juis volgens hulle bydra daartoe dat
persone wat weet hoe voerkrale werk,
beheer en kontrole uitoefen.
[10] Almal is dit eens
dat hierdie aangeleentheid nie vir ‘n getuienis verwys kan word
nie en het applikante die risiko geloop
dat die saak afgewys kan word
slegs weens hierdie feitegeskille wat duidelik voorsienbaar is. Slegs
daarom behoort die aansoek
afgewys te word.
[11] Sekerlik kan ‘n
hofbevel nooit uitdruklik iedere en elke handeling magtig wat in ‘n
bepaalde geval behoorlike kontrole
en beheer oor ‘n respondent
se roerende bates verteenwoordig nie. Daar behoort ‘n praktiese
en realistiese benadering
gevolg te word en in die huidige
omstandighede, veral met die ooreenkoms dat die diere op die plaas
moet aanbly, is al die optredes
van Absa myns insien nie onredelik in
die omstandighede nie en is dit redelik noodsaaklik gewees om
behoorlike kontrole en beheer
oor hulle besit van roerende bates uit
te oefen. Die tatoeëermerke op die skape was bloot vir
identifikasiedoeleindes en vir
geen ander rede nie, so ook die merk
van die implemente.
[12] Weens bogemelde
redes het ek die aansoek afgewys met koste.
___________________
J.Y. CLAASEN, WND R
Namens die applikante:
Adv. A. Danzfuss SC
Adv. J. Zietsman
In opdrag van:
Christo Dippenaar
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens eerste respondent:
Adv. J.P. de Bruin SC
Adv. P.J.T. de Wet
In opdrag van:
Symington & De Kok
BLOEMFONTEIN
Namens derde respondent:
Adv. P. Zietsman
Adv. N. Snellenburg
In opdrag van:
Honey Prokureurs
BLOEMFONTEIN
/sp
1
VAN
RENSBURG AND ANOTHER NNO v NAIDOO AND OTHERS NNO;
NAIDOO AND
OTHERS NNO v VAN RENSBURG NO AND OTHERS
2011
(4) SA 149
(SCA) op 161 B – E.