S v Makhwanya (270/1983) [1984] ZASCA 3 (27 February 1984)

62 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Consideration of mitigating factors — Appellant convicted of murder alongside co-accused, with allegations of involvement in a ritualistic killing for financial gain — Appellant appeals death sentence, arguing trial court erred in finding no mitigating circumstances due to his belief in witchcraft — Court finds appellant's claims of fear and belief in witchcraft unconvincing, noting he is a practitioner of the same and actively participated in the crime — Appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 3
|

|

S v Makhwanya (270/1983) [1984] ZASCA 3 (27 February 1984)

LL
Saak No. 270/1983
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen:
PETRUS MAKHWANYA
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: CORBETT, VILJOEN ARR et HEFER WN AR
VERHOORDATUM
: 16 FEBRUARIE 1984
LEWERINGSDATUM
: 27 FEBRUARIE
1984
UITSPRAAK
/
HEFER WN AR
...
2.
HEFER WN AR
:
In die Hooggeregshof van Venda het die appel-
lant as beskuldigde no 1 saam met drie ander be-
skuldigdes tereggestaan
op 'n aanklag van moord. Die
aantyging teen hulle is soos volg deur die
geleerde
verhoorregter opgesom:
"Die Staat se saak berus op die bewer-ing dat ene Simon, blykbaar 'n soort
toor-dokter, van die Rand af gekom het om die oorledene
"te koop"; dit wil
sê om hom te laat doodmaak en sy liggaamsdele aan die Rand vir rituele
doeleindes te verkoop. In hierdie
verband, aldus die Staat se saak, sou
beskuldigde nr. 1 en die kinders van die oorledene, dit wil sê
beskuldigdes nrs. 2, 3
en 4 ingestem het en gehelp het met die uitvoering van
die plan om oorledene
/dood ...
3. dood te maak."
Appellant en beskuldigdes nos 2 en 4 is skuldig bevind. Anders as in die
geval van die ander twee veroordeeldes, het die verhoorhof
geen versagtende
omstandighede ten opsigte van die appel-lant bevind nie.
Appellant appelleer
nou teen die doodvon-nis wat hom opgelê is en in besonder teen die
be-vinding dat daar nie versagtende omstandighede
was nie. In hierdie Hof is
slegs aangevoer dat die verhoorhof gefouteer het in die bedoelde bevind-ing deur
die appellant se geloof
in toorkuns en sy vrees vir Simon Netshikweta, die
toordokter na wie
/in ...
4.
in die aangehaalde gedeelte uit die uitspraak verwys is, te
onderskat.
Dié betoog kan egter nie slaag nie. Die verhoorhof was so
min beindruk met die appellant se getuienis in verband met sy geloof
in toorkuns
en sy beweerde vrees vir Simon Netshikweta dat die ge-leerde regter opgemerk
het:
"Hierdie beskuldigde, wat sedert 1940 met Johannesburg in aanraking is en ook
daar van tyd tot tyd gewerk het en wat ons ge-sien en
gehoor het, is hoegenaamd
nie meer primitief nie en kan nie meer as primitief beskou word nie. Hy self het
algemene stellinge gemaak
wat daarop sou dui dat 'n mens bang is vir die "moloi"
of vir die toorkuns, maar hy het geensins aangevoer
/dat ...
5.
dat hy ooit in werklikheid enige vrees hoegenaamd in verband met die voorval
self gehad het nie. Dit het vir geen oomblik gelyk of
hy in werklikheid 'n man
is wat vrees het vir toorkuns, selfs in die algemeen, nie ...
Die Hof glo nie dat hy so danig bang is vir Simon nie. Die Hof glo ook nie dat
hy enige vrees vir toorkuns gehad het nie. Eintlik
het hy met baie min
oortuiging in hierdie rigting gepraat."
Hierdie
opmerking was volkome geregverdig. Die appellant het sy aandadigheid aan die
moord deurgaans ontken en is slegs in die algemeen
uitgevra oor sy geloof in
toorkuns en sy vrees vir toordokters. Die
/geleerde ...
6.
geleerde regter het tereg opgemerk dat dit te be-twyfel is of hy, selfs
algemeen gesproke, enige werklike vrees vir toordokters het.
Dit bring mee dat
die feitebasis vir die hele betoog aangaande versagtende omstandighede totaal
ontbreek.
Bowendien blyk dit uit die aanvaarde ge-tuienis dat die appellant
self 'n toordokter is, dat Netshikweta hom en die ander twee veroordeeldes
met
'n belofte van geld oorreed het om die oorledene te -dood sodat sekere
liggaamsdele as "medisyne" verwyder kon word, en dat die
appellant self druk op
die ander beskuldigdes uitgeoefen het om die bose daad te ver-rig. In gepaste
omstandighede kan die geloof
in
/toorkuns ...
7.
toorkuns natuurlik wel as versagtende omstandighede aangemerk word maar waar
die beskuldigde self 'n be-oefenaar daarvan is, kan ek
hoegenaamd nie aanvaar
dat sy morele strafwaardigheid verminder word weens die feit dat "he was a firm
believer in the dark craft
practised by him" (per Schreiner AR in
Rex v
Fundakubi and Others
1948 (3) SA 810
(AD) op p 819), nie veral waar die
klaarblyklik oorwegende rede vir sy deelname aan die moord die persoonlike gewin
was wat hy daaruit
sou put. (Vgl
S v Sibanda
1975 (1) SA 966
(RAD) op p
967;
S v Ngubane
1980 (2) SA 741
(AD) op p 746.)
/Die ...
8. Die appèl word afgewys.
J.J.F.HEFER WN
AR
CORBETT AR
STEM SAAM
VILJOEN AR