About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 1
|
|
S v Theron (224/83) [1984] ZASCA 1; 1984 (2) SA 868 (A) (16 February 1984)
E du P
Saak nommer 224/83
IN
DIE
HOOG
GEREGSHO
F
VAN SUID-AFRIKA (
APP
è
LAFDELING
)
In
die saak tussen :
JOHANNES
CORNELIUS THERON
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
Coram
: RABIE,
HR., JOUBERT, CILLIÉ, ARR, SMUTS et GROSSKOPF, WND
ARR.
Verhoordatum
:
Leweringsdatum
:
16
Februarie 1984.
22 Maart
1984
UITSPRAAK
RABIE
,
AR
.
:
Die
appellant is deur Erasmus, Wnd. R.-P. van die Noord-Kaapse Afdeling
van die Hooggeregs-hof, en twee assessore daaraan skuldig
bevind dat
hy Andries Johannes Visser (hierna "die oorledene" genoem)
op 20 Oktober 1982 op 'n plaas in die distrik Keimoes
vermoor het.
Die verhoorhof het bevind dat daar geen versagtende omstandighede was
nie en appellant is gevolglik ter dood veroordeel.
Appellant
appelleer nou, met die verlof van die verhoorregter, teen die straf
wat hom opgelê
is.
Voordat
daar ingegaan word op die betoog van appellant se advokaat (mnr
Cooper
,
wat
appellant
ook in die hof a
quo
verteenwoordig het) aangaande die feite van die saak wat op die vraag
van versagtende omstandighede betrekking het, moet eers aandag
gegee
word aan sy betoog dat die verhoorhof hom regtens wanvoorgelig het
deur van die standpunt uit te gaan dat die las op appellant
gerus het
om te bewys dat daar versagtende omstandighede was. Die hof moes
bevind het, tul die betoog, dat by 'n skuldigbe-vinding
aan moord die
las op die Staat rus om bo redelike twyfel te bewys dat daar nie
versagtende omstandighede aanwesig was nie. In die
alternatief tot
hierdie betoog is daar aangevoer dat 'n hof by die beslissing van
die vraag of daar versagtende omstandighede
was volgens al die
getuienis wat daar voor hom is,
moet
oordeel, sonder om 'n bewyslas op óf die beskuldigde
óf
die Staat te plaas, en dat die verhoorhof gefouteer
het
deur dit nie te doen nie.
Albei
bogemelde betoe is in stryd met
die
beslissing van hierdie hof in
Rex
v. Lembete
,
1947(2) S.A. 603. In daardie saak, wat sedertdien nog
altyd
gevolg is, is beslis (
per
Greenberg, A.R., met
wie
Watermeyer, H.R., en Tindall, A.R., saamgestem het)
dat
waar 'n beskuldigde aan moord skuldig bevind is,
die
las op hom rus om te bewys dat daar by die pleeg van die
misdaad
versagtende omstandighede aanwesig was en
dat
hy hom van daardie las met bewys op 'n oorwig van
waarskynlikhede
kan kwyt. Mnr
Cooper
het betoog dat
daardie
beslissing verkeerd is en nie langer gevolg moet word nie.
Toe
die uitspraak in
Lembete
se saak
gelewer
is, het art. 338(l) van die Wet op de Kriminele
Procedure
en Dewijslcvering No. 31 van 1917 (hierna
kortweg
"die 1917-Wet" genoem), soos gewysig deur art.
61
van die Algemene Regswysigingswet No. 46 van 1935,
die
kwessie van straf by moord gereel. In sy oorspronklike vorm het art.
338(1) bepaal dat,behalwe in
twee
gevalle, die doodstraf verpligtend was waar
iemand
aan moord skuldig bevind is. Die twee gevalle
was
dié
van
'n vrou wat aan die moord van haar pasgebore kind skuldig bevind is,
en dié
van
iemand wat
onder
die ouderdom van sestien jaar was. Art. 61 van die gemelde Algemene
Regswysigingswet het vir 'n
derde
uitsonderingsgeval voorsiening gemaak, nl. Die
geval
waar -
"de
jury by schuldigbevinding van de beschuldigde aan moord krachtens
subartikel (2) van artikel
twee honderd
en
zes
de
mening heeft uitgesproken dat daar verzachtende omstandigheden zijn
(of in het geval van een verhoor zonder jury, indien het
hof van
mening is dat daar verzagtende omstandigheden zijn)
".
Subart.
(2) van art. 206, wat deur art. 34 van die
gemelde
Algemene Regswysigingswet in die 1917- Wet
ingevoeg
is, het o.m. bepaal :
"(2)
Wanneer de beschuldigde terechtstaat op een aanklacht van moord
ver-langt de rechter dat de jury, indien zij de beschuldigde
aan
moord schuldig vinden, verklaren of er naar hun mening verzachtende
omstandigheden zijn, en indien zij verklaren dat er naar
hun mening
wel verzachtende omstandig-heden zijn kan hij van hen verlangen dat
zij de omstandigheden omschrijven
....".
Dit
is duidelik dat die 1917- Wet geen uitdruklike bepalings aangaande
die las om versagtende omstandighede te bewys, bevat het
nie.
In
Lembete
se saak is egter beslis, soos reeds gesê,
dat
'n beskuldigde wat aan moord skuldig bevind is,
moet
bewys dat daar versagtende omstandighede was en
dat
hy dit met bewys op 'n oorwig van waarskynlikhede
kon
doen. Ek haal aan uit die uitspraak van Greenberg,
A.R.,
(op bl. 609-610) :
"As
far as
I
am
aware, the question of the incidence of the
onus
in regard to extenuating circumstanccs has not been decided in our
Courts. The relevant provisions are secs. 206(2) and the concluding
portion of 338(1) of Act 31 of 1917, these provisions having been
introduced by Act 46 of 1935. They are provisions in favour of
a
person convicted of murder and were introduced to mitigate the rigour
of the law as it
then
existed, which, except in cases not relevant to the present point,
allowed no verdict other than sentence of death in case
of murder.
Pri
ma
facie
,
therefore,it would not be surprising if the Legislature in
introducing these provisions, required the person convicted of murder
to prove the circumstances which would make it permissible for the
Court to pass a more lenient sentence. Whether this is the position
depends of course on the interpretation to be given to the language
of the section, and light may be also thrown on the question
by the
application of general principles in regard to the incidence of the
onus
.
The
language used points clearly, in my opinion, to the view that the
onus
rests on the accused and not on the Crown. Sec. 206(2)
requires the jury to state, if they find the accused guilty of
murder, 'whether
in their opinion there are any extenuating
circumstances'.
This
means that they are only entitled to find that there are extenuating
circumstances when they come to the con-clusion that such
circumstances exist, and are not entitled to do so merely because the
Crown has failed to prove that they do not exist. The relevant
portion of sec. 338(1) provides that 'where the jury, in convicting
the accused of murder, has in terms of sec. 206(2) expressed
the
opinion that therc are extenuating circumstances, the Court may
impose any sentence other than Lhe death sentence.' This provision
points to the same conclusion, which is also supported by the general
rule that the
onus
rests on the party who asserts the affirmative. (Phipson on Evidence
(7th ed., p. 30);
Pillay
v. Krishna and Another
(1946, A.D. December, not yet reported)).
I
think,
therefore, that the
onus
rests on the appellant to prove the existence
of
these circumstances, and that the extent of this
onus
is governed by the decision in
Ex
parte Minister of Justice
;
In
re Rex v. Bolon
(1941, A.D. 345)
, i.e. that he must prove it by a preponderance of
probability".
Die
1917- Wet is deur die Strafproses-
Wet
No. 56 van 1955 vervang. In art. 329(1) van hierdie wet is bepaal,
net soos in die ooreenstemmende
bepaling
in die 1917- Wet, nl. art. 338(1), dat, behalwe in drie gevalle, wat
in 'n voorbehoudsbepaling
genoem
is, die doodvonnis verpligtend was wanneer
iemand
aan moord skuldig bevind is. Die voorbehoudsbepaling het, vir sover
dit op versagtende omstandighede
betrekking
gehad het, soos volg gelui :
"Met
dien verstande dat ....... waar die jurie, by skuldigbevinding
van die beskuldigde aan moord kragtens sub-artikel
(2) van artikel
honderd
een-en-veertig
die mening uitspreek dat daar versagtende omstandighede is, of in die
geval van 'n verhoor sonder 'n jurie, waar die hof van oor-deel
is
dat daar versagtende omstandig-hede is, die hof 'n ander vonnis as
die doodvonnis kan oplê".
Die
bepalings van subart. 2 van art. 141 is wesenlik
dieselfde
as dié
van
art. 206(2) van die 1917- Wet,
soos
gewysig deur art. 34 van die Algemene Regswysigingswet van 1935,
hierbo genoem. Dit het, voordat dit later gewysig is (soos
hierna
vermeld), soos volg
gelui
:
"Wanneer
die beskuldigde op 'n aanklag van moord verhoor word, gelas die
regter die jurie om, indien hulle die beskuldigde
aan moord skuldig
vind, te verklaar of daar na hulle oordeel versagtende omstandighede
is, en indien hulle verklaar dat daar na
hulle oprdeel wel
versagtende omstandighede is, kan hy van hulle verlang dat hulle
daardie omstandighede opgee................
"..
Bogemelde
art. 329(1) van die Strafproseswet van 1955 is deur art. 24 van die
Wysigingswet op die Strafreg No. 16 van 1959 vervang,
maar 'n
subartikel
met dieselfde bepalings, vir sover dit op
die
kwessie van versagtende omstandighede betrekking
het,
is as subart. (l) in art. 330 van die Strafproseswet van 1955
opgeneem, terwyl die bestaande subart. (l)
van
14
van art. 330 toe subart. (2) daarvan geword het. Art. 141(2) is
onveranderd gelaat. Art. 330(1) van die 1955- Wet is deur art
10 van
die Strafreg-wysigingswet No. 96 van 1965 gewysig, maar daar is geen
verandering aangebring ten opsigte van die be-paling
dat by
skuldigbevinding aan moord die dood-vonnis opgelê
moet
word nie. Die voorbehoudsbepaling, waarvolgens 'n ander straf as die
doodstraf opgelê
kon
word by 'n bcvinding van versagtende omstandighede deur die jurie of
deur die hof (soos in art. 141(2) bepaal), is onveranderd
gelaat.
Die
bogemelde
art.
330(1) van die
Strafproseswet
van 1955 is in 1969 gewysig toe die
Wet
op die Afskaffing van Juries No. 34 van 1969
ingevoer
is. Art. 29 van hierdie wet het die voorbehoudsbepaling van subart.
(l) van art. 330 deur die
volgende
voorbehoudsbepaling vervang :
"Met
dien verstande dat wanneer 'n vrou skuldig bevind word aan moord op
haar pasgebore kind of wanneer iemand onder die ouderdom
van agtien
jaar aan moord skuldig bevind word, of waar die hof, by
skuldigbevinding van die be-skuldigde aan moord, van oordeel
is dat
daar versagtende omstandighede is, die hof 'n ander vonnis as die
dood-vonnis kan oplê."
Art.
141(2) van die Strafproseswet van 1955, waarin
voorsiening
gemaak is vir 'n bevinding van versagtende
omstandighede
deur 'n jurie, het met die invoering van
die
gemelde Wet op die Afskaffing van Juries verdwyn.
Die
Strafproseswet van 1955 is deur
die
tans geldende Strafproseswet No. 57 van 1977
vervang.
Art. 277 van 1g. wet bepaal o.m. soos volg :
"(l)
Die doodvonnis kan slegs deur 'n hoër hof opgelê
word
en -(a) moet, behoudens die bepalings van subartikel (2) , 'n persoon
opgelê word wat aan moord skuldig bevind
word ;
.........................
(2)
Waar 'n vrou skuldig bevind word aan moord op haar pasgebore kind of
waar iemand onder die ouderdom van agtien jaar aan moord
skuldig
bevind word of waar die hof, by skuldigbe-vinding van 'n persoon aan
moord, van oordeel is dat daar versagtende omstandighede
is, kan die
hof 'n ander vonnis as die doodvonnis oplê."
Hierdie
artikel bepaal, net soos art.
330(1)
van die Strafproseswet van 1955 en art. 338(1) van die 1917- Wet
(soos gewysig deur art. 61 van
die
Algemene Regswysigingswet No. 46 van 1935) gedoen
het,
dat die doodvonnis verpligtend is waar iemand aan
moord
skuldig bevind word, maar dat in die geval van
'n
bevinding van versagtende omstandighede 'n ander
vonnis
as die doodvonnis opgelê
kan
word. In hierdie
verband
is dit ook van belang om daarop te let dat,
hoewel
die wetgewer by 'n paar geleenthede, soos hierbo aangetoon, die
betrokke artikels in die 1917- Wet
18
en Strafproseswet van 1955 gewysig het, hy nooit die bepaling dat die
doodstraf in die geval van 'n skuldigbevinding aan moord
verpligtend
was, maar dat 'n ander straf in die geval van 'n bevinding van
versag-tende omstandighede opgelê
kon
word, gewysig het nie. Daar dien ook op gelet te word dat die
wetgewer wesenlik dieselfde taal in al die betrokke bepalings
gebruik
het en, verder, dat art. 277(2) van die huidige Straf-proseswet byna
woordeliks dieselfde is as die voorbe-houdsbepaling
wat in art.
330(1) van die Strafproseswet yan 1955 verskyn het.
In
die tyd wat tussen die uitspraak in
Lembete
se saak en die inwerkingtreding van die
Strafproseswet
van 1955 verloop het, is die beslissing in die
Lembete
-saak
gereeld gevolg, ook in uitsprake van hierdie hof. Kyk
R.
v. Taylor
,
1949(4) S.A. 702 (A) op bl. 712;
R.
v. Von Zell
,
1953(4) 552(A) op bl. 561;
R.
v. Malopi
,
1954(1) S.A. 390(A) op bl. 396;
R.
v. Balla
,
1955(3) S.A. 274(A) op bl. 275
i.f
.-276.
Ná
die
inwerkingtreding van
die
Strafproseswet van 1955 en, daarna, vnn die húidige
Strafproseswet van 1977 het hierdie hof voortgegaan om die reël
wat in
Lembete
se saak aangaande die bewyslas by versagtende omstandighede neergelê
is,
te volg. In
R.
v. Pethla
,
1956(4) S.A. 605(A), op bl. 608 G-H, is pertinent na
Lembete
se
saak verwys, maar weens die bekendheid van die reël en die feit
dat nog nooit daarvan afgewyk is nie, vind 'n mens dat dit
in
uitsprake gevolg word sonder dat uitdruklik na
Lembete
se saak verwys word. In
S.
v. Shabalala
,
1966(2) S.A. 297(A), op bl. 300 A-C, het Rumpff, A.R., bv. gesê
dat,
aangesien die be-wyslas om die
skuld
van 'n beskuldigde te bewys op die Staat rus, terwyl die bewyslas om
die bestaan van ver-sagtende omstandighede te bewys op die
beskuldigde rus, 'n prosedure waarvolgens die ondersoek wat by 'n
moordsaak gedoen moet word in twee fases verdeel word, meer in
die
belang van geregtigheid sal wees as 'n
prosedure
wat vereis dat 'n beskuldigde "sy getuienis aangaande
versagtende omstandighede moet lei terwyl die vraag van sy
skuld of
onskuld ondersoek word." (Vgl.
R.
v. Malopi
,
1954(1) S.A. 390(A.).) Kyk ook
die
volgende uitsprake in hierdie hof, waar daar verwat wys word na die
reël/in
Lembete
se saak neergelê
is
sonder
dat die saak se naam genoem word :
S.
v.
Manyathi
,
1967(l) S.A. 435 op bl. 437-438;
S.
v. De
Bruyn
en 'n Ander
,
1968(4) 498 op bl. 512 A; S
.
v.
Mohlobane
,
1969(1) 561 op bl. 563 D;
S.
v. Ndlovu,
1970(1)
S.A. 430 op bl. 433 H;
S.
v. Lehnberg en 'n
Ander
,
1975(4) S.A. 553 op bl. 561 G;
S.
v. Mdletshe
,
1978(4)
S.A. 75 op bl. 77 F-G;
S.
v. Mienies
,
1978(4) S.A. 560 op bl. 563 C-D;
S.
v. Mkhize
,
1979(1) S.A. 461 op bl. 463 G;
S.
v. Peterson en Andere
,
1980(1) S.A. 938 op bl. 945 H;
S.
v. Mongesi an Andere
,
1981 (3) S.A. 204
op bl. 207 C-D;
S.
v. Shoba
,
1982(1) S.A. 36 op bl. 37 H.
Die
reël aangaande die bewyslas soos neergelê
in
Lembete
se saak is, sover ek weet, vir die eerste maal in hierdie hof
bevraagteken toe daar in die saak
S.
v. Smith and Others
,
1984(1) S.A. 583 namens die verdediging betoog is dat die saak
verkeerd beslis is en dat bevind moet
word
dat die bewyslas op die Staat rus om die af-wesigheid van versagtende
omstandighede te bewys. Drie lede van die hof het dit
nie nodig
gevind om 'n beslissing oor die betoog te gee nie, terwyl die ander
twee die betoog verwerp het. Albei hierdie lede van
die hof het gewys
op die feit dat die be-slissing in
Lembete
se saak oor 'n tydperk van baie jare in talle beslissings gevolg is,
en het die mening uit-gespreek dat aanvaar kan word dat die
wetgewer
bewus was van die vertolking wat die howe aan die betrokke
wetsbepalings gegee het en dat die feit dat dié
be-palings
deurgaans in wesenlik dieselfde vorm behou is,
'n
aanduiding is dat die wetgewer die vertolking van die howe as in
ooreenstemming met sy bedoeling beskou het.
Daar
is na my mening goeie gronde vir bogenoemde benadering. Toe in art.
61 van die Alge-mene Regswysigingswet van 1935 bepaal is
dat by 'n
skuldigbevinding aan moord die hof nie verplig was om die doodvonnis
op te lê
indien
hy van oordeel was dat daar versagtende omstandighede was nie, het
die wet-gewer nie 'n omskrywing van die begrip versagtende
omstandighede gegee nie en ook niks aangaande die kwessie van
bewyslas met betrekking tot versagtende omstandighede gesê
nie.
Die wetgewer het dit aan
die
howe oorgelaat om hierdie aangeleenthede uit te werk. In hierdie
omstandighede is dit redelik om te aanvaar dat die wetgewer
sou gelet
het op die be-slissings van die howe met betrekking tot die kwessie
van die bewys van versagtende omstandighede en, verder,
dat dit
daarvan bewus sou gewees het dat volgens die howe se vertolking van
die betrokke bepaling wat deur die Algemene Regswysigingswet
van 1935
inge-voer is die bewyslas op die beskuldigde rus om die bestaan van
versagtende omstandighede te bewys. In 1955 het die
wetgewer die
bepaling wat in die gemelde wet van 1935 ingevoer is in wesenlik
dieselfde taal
in
die Strafproseswet van 1955 bpgeneem, en die howe het daarna
voortgegaan om die beslissing wat in
Lembete
se
saak met betrekking tot die kwessie van bewyslas gegee is, te volg.
Dit kan redelikerwys aanvaar word dat die wetgewer hiervan
bewus was
toe dit die Strafproseswet van 1977 aangeneem het, en die her-haling
in hierdie wet, in wesenlik dieselfde taal, van
die bepaling met
betrekking tot versagtende om-standighede wat in die Strafproseswet
van 1955 ver-skyn het, kan na my mening gesien
word as 'n aandui-ding
dat die wetgewer bedoel het dat die bepaling vertolk moet word op die
wyse waarop die howe dit in
die
verlede vertolk het. In die saak Ex
Parte
Minister
of Justice
:
In re
Rex
v. Bolon
,
1941
A.D.
345
, op bl. 359, is daarop gewys dat die volgende
reël
van wetsuitleg in verskillende Engelse sake
gevolg
is, nl. -
"when
a particular form of legislative enactment which has received
authoritative interpretation, whether by judicial decision
or by a
long course of practice, is adopted in framing a later statute, it is
a sound rule of construction to hold that the words
so adopted were
intended by the Legislature to bear the meaning which has been so put
upon them."
(Kyk ook
Steyn,
Uitleg van Wette
, 5de uitg., bl. 131.)
Mnr
Cooper
het betoog dat hierdie reël waarna daar in
Bolon
se saak verwys is maar 'n beperkte toepassingsgebied het, en ons is
na passasies in
Bourne
v. Keane
,
1919 A.C. 815
op bl. 874,
Thompson
v. Nixon
,
(1965) 2 All E.R. 74
,
Halsbury
Laws of England
,
4de uitg., band 44, par. 843, en
Union
Government v
.
Rosenberg
(Pty) Ltd
.,
1946 A.D. 120
op bl. 130 verwys. As ek die betoog reg verstaan, kom
dit daarop neer (a) dat die reël eintlik net van toepassing is
in gevalle
waar mense ooreenkomste aangegaan het of andersins regte
verkry het op die veronderstelling dat die vertolking wat die howe
oor
'n lang tydperk
aan
'n wetsbepaling gegee het, korrek is, en dat hulle benadeel sal word
as later van daardie vertolking afgewyk word, maar (b)
dat selfs in
sulke gevalle 'n vertolking nie langer deur die howe gehandhaaf sal
word nie indien dit sou blyk dat dit "plainly
outside a statute
and outside the common law" is. (Aanhaling uit
Bourne
v. Keane
,
supra
,
op bl. 874.)
Wat
hierdie betoog betref, is dit nie korrek om te sê
dat
die aanwendingsgebied van die ge-melde reël so beperk is as wat
in (a) beweer word nie. Die vraag waarom dit gaan, is of
'n afleiding
van die wetgewer se bedoeling gemaak kan word waar dit blyk
dat
'n vertolking van 'n besondere wetsbepaling oor 'n
lang
tydperk deur regterlike uitsprake bestendig is
en
daardie wetsbepaling dan in dieselfde of wesenlik
dieselfde
taal weer in 'n latere wet opgeneem word,
en
die vraag kom nie net in die beperkte gevalle
wat
deur die advokaat genoem is voor nie. Wat (b)
betref,
kan daar na my mening nie gesê
word
dat die
vertolking
wat die howe in
Lembete
se saak en daarna
aan
die betrokke wetsbepalings gegee het verkeerd is en
gevolglik
nie langer gevolg moet word nie. Afgesien van
wat
in
Lembete
se saak oor die kwessie van bewyslas gesê
is,
dien ook op die volgende oorweging gelet te word.
By
die beoordeling van die vraag of daar in 'n bepaalde geval
versagtende omstandighede was, moet die hof, soos al meermale gesê
is,
oor drie dinge besluit nl. (1) of daar omstandighede was wat op die
geestesvermoëns of gemoed van die beskuldigde kon ingewerk
het;
(2) of sodanige omstandighede, indien daar was, wel op die appellant
ingewerk het en hom beinvloed het, en (3) of, na die
oordeel van die
hof, daardie beïnvloeding van so 'n aard was dat die beskuldigde
se wandaad as gevolg daarvan as minder laakbaar
beskou kan word en hy
met minder verwyt bejeën kan word. (Kyk bv.
S.
v. Babada
,
1964(1) S.A. 26(A.) op bl. 27 G en 28 A;
S.
v. Mongesi en Andere
,
supra
,
op bl. 207 F-G.) Die ondersoek in (1) en (2) is suiwer subjektief, en
niemand
is beter as die beskuldigde in staat om oor die beinvloeding van sy
geestesvermoëns of gemoed te getuig nie. Hy weet
die beste - en
meestal sal hy waarskynlik die enigste een wees wat werklik weet -of
sy geestesvermoëns of gemoed beinvloed
is, of in welke mate dit
beinvloed is, en in hierdie omstandighede is ek nie daarvan oortuig
dat gesê
kan
word dat dit verkeerd is om van 'n beskuldigde te verlang om die
be-staan van versagtende omstandighede te bewys nie.
Uit
hoofde
van die voorgaande is ek van mening dat 'n mens by die vertolking van
art. 277 (2) van die Strafproseswet van 1977, vir sover
dit
op
die kwessie van versagtende omstandighede betrekking
het,
te doen het met 'n geval waar die reel wat in
Bolon
se
saak,
supra
,
genoem is, toepassing vind.
Dit
bring mee dat bevind moet word dat, waar 'n beskuldigde aan moord
skuldig bevind is, die las op
hom
rus om te bewys dat daar versagtende omstandighede was.
Mnr
Cooper
het verder betoog dat, in die lig van sekere betreklik onlangse
uitsprake van hierdie hof, daar bevind moet word dat dit ver-keerd
is
om te sê
dat
daar 'n bewyslas op 'n beskuldigde rus om die aanwesigheid van
versagtende omstandighede
te
bewys. Met betrekking tot hierdie betoog is ons na beslissings verwys
waarin daar o.m. gesê
is
dat hoewel daar al beslis is (soos in
S.
v. Shabalala
,
supra
)
dat 'n moordsaak in twee fases verhoor moet word - t.w., die eerste
oor die vraag of die misdaad moord bewys is, en die tweede
oor die
vraag of daar versagtende omstandighede was - daar in werklikheid
slegs "one overall proceeding and a single, albeit
composite,
verdict of guilty of murder with or without extenuating
circumstances, as the case may be", is. (Aanhaling uit
S.
v. Mavhungu
,
1981(1) S.A. 56 (A.) op bl. 65 F.) In
S.
v. Shabalala
,
supra
,
is ook gesê
(op
bl. 300 B) dat daar
een
ondersoek is, nl. of die beskuldigde skuldig is aan moord met of
sonder versag-tende omstandghede". (Kyk ook
S.
v, Shoba
,
1982 (1) S.A. 36
(A) op bl. 39 C.) Die betoog lui verder dat,
aangesien daar net één ondersoek en net één
bevinding
is, die bewyslas deurgaans op dieselfde party, nl. die
Staat, moet rus. Dit is onlogies, lui die betoog, dat in één
ondersoek, wat op één be-vinding uitloop, die bewyslas
op die Staat rus om te bewys dat die misdaad moord gepleeg
is, maar
op die bêskuldigde om die bestaan van versagtende omstandighede
te bewys. Ek stem nie saam met hierdie betoog nie.
Ek
het, met eerbied gesê, bedenkinge oor die juistheid van die
stelling in
Mavhungu
se saak wat hierbo aange-haal is, anders as wat mag blyk uit
S.
v. Hlatswayo
,
1982(4) S.A. 744(A), waar ek met die uitspraak van Holmes, A.R.,
saamgestem het. Waar 'n moordverhoor in twee fases, soos hierbo
genoem,geskied, kom dit my as twyfelagtig voor of dit heeltemal juis
is om te sê
dat
daar net één ondersoek en net een bevinding (of net één
"composite finding") is. In die
twee fases van die verhoor
is daar immers twee geskilpunte wat duidelik van mekaar te onderskei
is : die een het betrekking op
die vraag of die misdaad moord bewys
is, en die tweede op die vraag of daar versagtende omstandighede by
die pleeg van die misdaad
was. Aan die einde van die eerste fase word
die
beskuldigde, by behoorlike bewys van die elemente van die misdaad
moord, aan moord skuldig bevind, en nadat daardie bevinding
gemaak
is, volg die ondersoek na die vraag van versagtende omstandighede -
'n onder-soek wat op die kwessie van vonnis gerig is.
Nadat 'n
bevinding hieroor gemaak is, word dan die toepasiike straf opgelê.
Die hoi' maak derhalwe nie 'n bevinding soos
"skuldig aan moord
sonder versagtende omstandighede", of "skuldig aan moord
met versagtende omstandighede",
nie. Daar is in werklikheid twee
afsonderlike bevindinge, teen elkeen waarvan daar (met die nodige
verlof) geappelleer kan word.
Daar
dien ook op gelet te word dat 'n beskuldigde wat op 'n aanklag van
moord teregstaan, in die klagstaat van moord aangekla word,
en nie
van moord sonder ver-sagtende omstandighede, of moord met versagtende
om-standighede, nie. Daarbenewens moet ook vermeld
word dat ook in
daardie sake waarin daar gesê
word
dat daar by 'n moordverhoor net éen ondersoek en net eén
bevinding is, daar terselfdertyd gesê, of aan-vaar,
word dat
daar twee geskilpunte is en dat die bewyslas met betrekking tot
daardie twee geskil-punte nie op dieselfde party rus nie.
In
S.
v
.
Shabalala
,
supra
,
het Rumpff, A.R., bv. gesê
(op
bl.
300
A-B) dat, alhoewel daar net één ondersoek is, daar
"twee afsonderlike geskilpunte" is "ten opsigte
waarvan die bewyslas nie op dieselfde party lê
nie."
Die bewyslas rus op die Staat, het hy gesê, "om die skuld
van die aangeklaagde te bewys terwyl die bewys-las
op die beskuldigde
rus om die aanwesigheid van versagtende omstandighede te bewys".
Ek vind dit geensins onlogies dat die
bewyslas in die geval van die
een geskilpunt op die Staat rus en in die geval van die ander
geskilpunt op die beskuldigde nie,
tensy 'n mens kan sê
dat
die twee geskilpunte eintlik maar oor dieselfde aangeleentheid gaan.
Dit is dan ook wat
mnr
Cooper
sê, en dit neem my na 'n verdere gedeelte van sy betoog.
Hy
het hom beroep op 'n passasie in 'n artikel van M. M. Loubser,
"Versagtende Omstandig-hede by Moord : Die Gradering van
Skuld,"
in
Tydskrif
vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg
,
1977, bl. 336, waar gesê
word
dat "die faktore wat inderdaad deur die
howe
as versagtende omstandighede aanvaar word presies dieselfde faktore
is wat ook in ag geneem word by die bepaling van juridiese
skuld",
en as voorbeelde van sulke faktore is jeugdigheid, of
onvolwassenheid, en beinvloeding deur sterk drank aan ons genoem.
Die
betoog lui dan verder soos volg (ek haal aan uit die advokaat se
skriftelike betoogpunte) : "Aange-sien die bevinding
in verband
met die versagtende om-standighede deel is van die ondersoek na die
beskuldigde se skuld en die bewyslas op die Staat
rus om die
beskuldigde se skuld te bewys, is dit onlogies en kuns-matig om
terselfdertyd 'n bewyslas op 'n beskuldigde te plaas
oor 'n
aangeleentheid wat 'n integrale deel vorm
en
onskeibaar is van sy skuld ". Die betoog
kan
nie gehandhaaf word nie. Dit mag wel wees dat dieselfde faktore (soos
bv. jeugdigheid en beïnvloeding
deur
sterk drank) by die ondersoek na albei geskil-punte, soos hierbo
genoem, ter sprake kom, maar dit beteken nie dat daar in die
twee
gevalle 'n ondersoek na dieselfde vraag is nie. In die geval van die
eerste geskilpunt gaan dit, soos welbekend is, om die
vraag van skuld
as 'n element van die misdaad moord, d.w.s. "juridiese skuld",
soos dit soms genoem word, (of "legal
culpability", soos
dit in
S.
v. De Bruyn en 'n Ander
,
supra
,
op bl. 512 F genoem is), en in die geval van die tweede geskilpunt
gaan dit om omstandig-hede wat op die morele skuld of verwytbaarheid
van die beskuldigde betrekking het : kyk bv.
R.
v. Fundakubi and Others,
1948(3) S.A. 810(A), op bls 815 en 818;
S.
v.De Bruyn,
supra
,
op bl. 512 F ;
S.
v. Mongesi en Andere
,
supra
,
op
bl. 207 D-F. Die ondersoek in verband met die
twee
geskilpunte gaan nie oor dieselfde vraag nie, en
daar
kan dus nie gesê
word
dat die bewyslas in albei
gevalle
logies, of noodwendig, op dieselfde party, nl.
die
Staat, moet rus nie.
Uit
hoofde van al die voorgaande is
ek
van mening dat nie gesê
kan
word dat
R.
v. Lembete
,
supra
,
verkeerd beslis is nie, en is ek van oordeel dat
die
reël met betrekking tot die bewyslas wat in daardie
saak
neergelê
is
ook geld by die toepassing van art. 277(2)
van
die tans geldende Strafproseswet van 1977 vir sover
dit
op die kwessie van versagtende omstandighede be-trekking het.
Kk
kom nou by die tweede gedeelte van die saak, t.w., die appèl
teen die bevinding van die verhoorhof dat daar by die pleeg
van die
misdaad nie versagtende omstandighede was nie. Soos later vollediger
aangetoon word, is namens die appellant betoog dat
hierdie hof die
verhoorhof se bevinding moet tersyde stel omdat hy hom wanvoorgelig
het oor die toets wat by die bepaling van die
vraag van versagtende
omstandighede geld, en ook omdat daar in die loop van die verhoor
sekere onreëlmatighede gepleeg is.
Die
gebeure op die aand van 20 Oktober 1982, toe die oorledene
doodgeskiet is, het 'n taamlik lang voorgeskiedenis, en 'n behoorlike
oorweging van die appèl verg dat redelik volledig op daardie
ge-skiedenis gelet moet word.
Die
appellant en die oorledene het mekaar op 24 Oktober 1980 vir die
eerste maal ont-moet. Die oorledene, 'n sakeman, boer en oud-senator,
het destyds in Johanneshurg gewoon en ook op 'n plaas in die distrik
Olifantshoek geboer. Die appellant was die eienaar van vier
stukkies
aaneenliggende grond, altesaam ongeveer 39,4 hektaar groot, waarna
daar in
die
getuienis as "Malanshoek" verwys is.
(
Eintlik
was
dit net 'n gedeelte van 'n groter plaas met dieselfde naam. Wanneer
ek hieronder na "Malanshoek", of bloot "die
plaas",
verwys, is dit - behalwe waar anders aan-gedui - verwysings na die
appellant se grond.) Die appellant het op dié
grond
geboer, maar vanweë
ongunstige
weersomstandighede en die onderontwikkelde toestand van die plaas het
hy soms vir redelik lang tydperke elders 'n heenkome
gaan soek. Hy
het die grond by sy vader gekoop : een gedeelte daarvan (Lot 30)in
1959, vir £
1
000,
en die ander drie gedeeltes (Lotte 2, 15, en 24) in 1975, vir R20
000. Verbande ten gunste van die Staat is oor al die gedeeltes
geregistreer. ('n Verband van
R17
000 in die geval van Lotte 2, 15 en 24.)
Dit
het nie goed gegaan met die appellant se boerdery nie, en in Oktober
1980, toe hy die oorledene ontmoet het, was hy diep in
die skuld. Hy
was R3 820 agterstallig met die
betaling
van paaiemente op die verbande wat die Staat oor sy grond gehad het.
Hy is reeds in 1979 gemaan dat die verbande opgeroep kon word
indien
hy nie sy skuld betaal nie. Later is hy tot 31 Desember 1980 uitstel
verleen om die agterstallige bedrag te betaal. In Februarie
1980 het
die Bank van die Oranje-Vryskaat aan how gesê
dat
indien hy nie sy skuld aan hulle (R18 644-01) vóór 22
Februarie 1980 betaal nie, daar teen hom opgetree sou word.
Die
appellant kon nie betaal nie en die Bank het vonnis teen hom verkry.
In Julie 1980 is daar ten uitvoer van die vonnis beslag
op sy
roerende goed (hoofsaaklik landbou-implemente) gelê, en in
September 1980 is die goed in eksekusie verkoop. Die opbrengs
van die
ver-koping, ná
die
aftrek van onkoste, was slegs R2 452.
Intussen,
op 3 April 1980, het die appellant (wat ook nog ander skulde gehad
het as die hierbo genoem) by die Departement Landboukrediet
en
Grondbesit om geldelike hulp aansoek gedoen. Die aansoek is afgekeur.
In September 1980 is 'n verslag met betrekking tot die
appellant se
grond deur 'n
inspeksiebeampte
van die Landbank, ene Maritz, op-gestel. Maritz het die
produksiewaarde van die grond op R30 000 gestel, en die
markwaarde op
R50 000. Hy het die plaas beskrywe as " 'n twyfelagtige
ekonomiese eenheid" wat "kwalik 'n menswaardige
bestaan kon
bied." In die lig van die appellant se hoe skuldlas het Maritz
aanbeveel dat geen verdere lening aan die appellant
toegestaan moet
word
nie.
Op
24 Oktober 1980 het die appellant en die oorledene mekoar in die
Oranje Hotel op Upington ontmoet. Dit was nadat die appellant
die
oorledene
gebel en om 'n onderhoud gevra het. (Volgens die appellant se
getuienis wou geen "finansiële in-stansies"
hom in
daardie stadium meer help nie, en kon hy nie meer sy verpligtingc
nakom en nog "leef" ook nie. Die appellant het
toegegee dat
hy "daaraan ge-dink" het dat "die verbandhouers"
dalk hulle verbande kon begin oproep.) Die appeilant
het, volgens sy
getuienis, aan die oorledene " 'n beeld" van sy finansiële
posisie gegee, waarna die oorledene onderneem
het om vir hom hulp te
probeer verkry. Hulle het toe saam na die plaaslike tak van di e
Landbank gegaan, waar die oorledene met
die bestuurder in sy kantoor
gaan praat
het.
Die oorledene het na 'n tydjie uitgekom en aan die appellant gesê
dat
hy nie vir hom hulp kon verkry nie. Hy (die oorledene) het toe te
kenne gegee dat hy bereid was om die appellant te help. Die
appellant
het voorgestel dat die oorledene sy skulde moet oor-neem en dat daar
dan 'n verband ten gunste van dic oorledene oor
die appellant se
grond geregistreer word. Die oorledene het geantwoord dat hy nie
soveel geld be-skikbaar gehad het nie, waarop
die appellant (volgens
sy getuienis) toe voorgestel het dat die oorledene sy grond moet
huur. Die twee van
hulle
het dieselfde middag na die appellant se grond gaan kyk en die
volgende more het hulle weer by die Oranje Hotel ontmoet.
By
daardie geleentheid het die appellant, in sy eie
handskrif,
'n dokument, in die vorm van 'n brief aan die
oorledene,
opgestel en onderteken. Die dokument, waarna
daar
in die getuienis as die "opsie-dokument" verwys is
en
wat ek ook so sal noem, (met korrigering van 'n aantal
spel-
en grammatikale foute) lui soos volg :
"Geagte
Dr.
Ek skets
vir u my posisie van my eiendom en
my
wens aan u.
Die
posisie van my eiendom
:
Groot 46
morg.
Waarvan
die volgende beplant is :
(i)
4 jaar oue wingerd
5½
morg
(ii)
1 jaar oue wingerd
6
morg
(iii)
6 morg lusern - lusern (iv) 3 morg kaal grond van voornemens om
katoen te beplant. (v) 'n Verdere moontlikheid om nog 10 morg
in die
toekoms reg te kry vir die aan-plant van wingerd.
Die
posisie van laste
:
Landboukrediet
en
Grondbesit
±
R18
000,00
Landbank
±
3
000,00
Bank
OVS
±
18
000,00
Oranje
Koop.
Bpk.
±
3
700,00
SAD
BPK. R600 per
jaar
±
4
000,00
Wesbank
±
4
500,00
Barclays
Bank
±
400,00
R51
600,00
HULP
Om
hulp van LANDBOUKREDIET en LANDBANK te kry lyk onmoontllk. Om my
grond op hierdie tyd-stip deur 'n openbare likwidasie verkoop
te
ver-loor sal my ouers wat reeds hoog in die ouder-dom is heeltemal
vernietig en my liefde vir dit ook vernietig. En dit is wat
ek al die
jare voor gewerk het te ontneem - op so 'n wyse.
Wens
om hulp
:
My
wens aan u as dit u behaag is om my ver-pligtinge en laste van my oor
te neem en wel soos volg :
Dat
ek aan u 'n opsie om te koop vir 5 jaar gee met die reg aan u om dit
te verleng met 'n verdere vyf jaar teen die bedrag van
R51 600,00
wat
gelyk is aan =
X.
Ek beloof
en is my wens om my dienste voltyds aan die grond te gee om dit op te
bou en te verbeter teen vergoeding van R250,00 per
maand. En om ter
enige tyd raad en advies en opdragte van uself en MNR R COMPION te
aanvaar en saam met hom beplanning te doen
wat tot opbou van die
eiendom kan wees.
(Get.)
J.C. THERON
J.
C. THERON
GETUIE
:
(GET.)
R.V. DRURY
(GET.)
A KOTZE
=
X
My
totale verpligting op bladsy 1 vermeld met ander woorde u het die
opsie om my gronde lotte 2, 30, 24 en 15 totaal 46 morge te
MALANSHOEK vir 'n bedrag gelyk-staande aan my bestaande skuld soos op
31 Oktober 1980 oor te neem. Enige bedrag wat u in die tussentyd
op
vermelde skuld afbetaal gaan van die koopprys af. Ek is bereid om die
grond op my naam te
hou
solank u dit verlang en ook nog verder
finansiële
hulp van vermelde instansies
te
aanvaar en aansoek te doen, so u bly
dan
verantWoordelik vir alle kapitaal
en
rente betalings op sodanige bestaande
sowel
as nuwe lenings.
Die
totale koopprys sal en mag nie die
bedrag
van R52 000,00 (Twee-en-vyftig
duisend
rand) oorskry nie maar mag minder
wees
as my verpligtinge aan my vermelde finansiele
instansies
is die bedrae soos naastenby
beraam
soos vir 31 Oktober 1980.
Ek
onderneem ook om geen verdere finansiële
verpligtinge
in my naam aan te gaan soos
vanaf
die 24ste dag van Oktober 1980.
(
GET.)
J.C. THERON GETUIE
: (GET.) R.V. DRURY (GET.) A. KOTZE
NS. Sou u
die opsie nie uitoefen nie maar in
tussentyd
sekere van die lening en of rente betaling moes maak om 'n verpligte
likwidasie-verkoping te vermy bly ek sodanige gelde
aan u verskuldig
op aanvraag."
Ek
sal later in die uitspraak weer na die appellant se getuienis oor
hierdie dokument verwys. In hierdie stadium kan egter kortliks
vermeld word wat die aard van daardie getuienis was. Dit was nl. dat
hy deur die oorledene voorgesê
was
wat om te skryf; dat hy dele van die dokument verskeie male moes
oor-skryf en dat hy "suf" was van die skryf; dat
hy nie
besel het dat hy 'n opsie aan die oorledene verleen het nie; dat dit
eers teen die einde van 1981, toe die oorledene aan
hom gesê
het
dat hy die opsie gaan uitoefen, "deurgedring" het dat daar
in die dokument van 'n opsie gepraat is; dat dit nooit
die bedoeling
was dat hy 'n opsie oor sy grond aan die oorledene
sou
gee nie; dat die oorledene gesê
het
dat hy die opsie bloot as "sekuriteit" wou hê; dat
die oorledene hom talle male verseker het dat die opsie nooit
uitge-oefen sou word nie; dat albei die partye verstaan het dat die
opsie slegs uitgeoefen sou word as hy (die appellant) nie sy
verpligtinge nakom nie.
Op
dieselfde dag waarop die opsie-dokument opgestel is, het die
oorledene en die appellant na die kantoor van mnr S. Malan, 'n
prokureur op Upington, gegaan. Malan het getuig dat die oorledene hom
oor
die
dokument geraadpleeg het en dat hy aan die oorledene
gesê
het
dat hy twyfel of dit 'n "afdwingbare opsie" was en, verder,
dat die ooriedene benadeel kon word
as
die appellant nie al sy skulde opgegee het nie. (Die appellant het
inderdaad versuim om 'n skuld van R4 000 op te noem.) Hy het
die
oorledene toe aange-raai om 'n "beter kontrak" te laat
opstel. Die oorledene hek hom toe gevra om dit te doen, en
met die
oog daar-op is die appellant se transportaktes 'n paar dae later na
sy kantoor toe gebring. (Die beoogde dokument is egter
nooit opgestel
nie. Malan het getuig dat hy verdere inligting benodig het, maar dat
dit nooit aan hom verskaf is nie.)
Op
30 Oktober 1980, d.w.s., enkele dae ná
die
byeenkoms in prokureur Maian se kantoor, het
die
oorledene 'n brief aan die appellant oorhandig. Die appellant het die
brief gelees en dit daarna onder-teken. Dit lui soos volg
:
"Geagte
mnr. Theron,
Hicrmee
bcvestig ek u aanstelling as bestuurder - in 'n voltydse hoedanigheid
van die plaas MALANSHOEK - Groot ±
46
morg teen 'n vergoeding van R250,00 per maand soos vanaf 1 November
1980.
Alle
uitgawes wat in oorleg met my en/of MNR REINERT COMPION aangegaan
moet word - en alle inkomste en produksie is vir my rekening
alleen.
Ek
het besluit om u aanbod ten opsigte van die koopopsie te aanvaar -
soos skrifte-lik aan my prokureurs MALAN & VENNOTE te
Upington
oorhandig - en hulle is ver-soek om dit so gou as moontlik behoorlik
op skrif te stel.
Ek
het reeds gister die
volle
bedrag wat u aan BANKOVS verskuldig is deur
middel
van
MALAN
& VENNOTE aan BANKOVS gestuur ter volle vereffening van hul
rekening. Die ander verskuldigde bedrae geniet tans my aandag.
U
word vriendelik versoek om in mede-werking met MNR REINERT COMPION
en/of myself die
volle
potensiaal van die grond so gou
moontlik tot sy volle reg te ontwikkel. U moet
asseblief
die
volle potensiaal van die arbeid in diens ontwikkel en alle koste tot
die minimum beperk. Alle goeie wense. A.J. VISSER."
Die
appellant het ingevolge die bepalings van hierdie dokument, waarna
daar in die getuienis as die "aanstellingsbrief"
verwys is,
op
Malanshoek
as bestuurder gaan werk teen 'n vergoeding
van
R250 per maand.
Op
9 Desember 1981 het prokureur Malan in opdrag van die oorledene aan
die appellant skriftelik kennis gegee dat die oorledene die
opsie om
die appellant se grond vir R51 600 te koop, uit-oefen. Malan het in
sy brief ook gesê
dat
die oor-ledene reeds 'n aansienlike deel van die verplig-tinge wat hy
moes nakom indien hy die opsie sou uit-oefen, nagekom
het. Die
appellant het getuig dat die oorledene hom teen die einde van
November of aan die begin van Desember 1981 mondeling meegedeel
het
dat hy die opsie gaan uitoefen omdat hy (die appellant) hom op
daardie tydstip te veel geskuld het. Die appellant se reaksie
hierop
was, volgens sy getuienis,
soos
volg : "Ek het dit aan hom gestel dat dit nie ons ooreenkoms
gewees het nie en wat wil hy met die grond maak, hy het nie
'n seun
nie, hy self is 'n hoogge-leerde persoon, sy skoonseuns
is
hooggeleerd en in goeie betrekkings." (Die appellant, kan hier
gesê word, was net tot by standerd 6 op skool.) Hy
het verder
aan die oorledene gesê, aldus sy getuienis, "dat dit nie
ons ooreenkoms gewees het nie en dat die grond al
is wat ek het."
In
hierdie selfde tyd - November 1981 -het die appellant by die
Departement Landbou en Visserye om 'n lening aansoek gedoen. Hy
is op
6
Januarie
1982 in kennis gestel dat die aansoek nie geslaag het nie.
Op
8 Januarie 1982 het die oorledene die appellant besoek en aan hom
gesê
dat
hulle 'n koopkontrak moet laat opstel. Die appellant se antwoord was
dat die oorledene "wel kan koop, maar dan moet hy
koop teen
huidige markwaarde." (Aldus 'n beëdigde verklaring van die
appellant in die hof-verrigtinge waarna hieronder
verwys word.) Die
appellant het daarna sy prokureur, mnr J.C. van Niekerk van Keimoes,
gaan raadpleeg. Van Niekerk het, met verwysing
na die opsie-dokument,
gesê
dat
dit "vir hom lyk" asof die appellant "gebind" is.
Die appellant se reaksie hierop was dat hy "ander
regshulp
gaan
inwin."
Op
18 Januarie 1982 het Van Niekerk aan Malan 'n brie'f geskryf waarin
hy sê
dat
die appellant "alle aanspreeklikheid om transport te gee"
ontken. Verder is in die brief gesê
:
"Wat betref die deelsaai of te wel die huurooreenkoms tussen die
partye, synde die enigste ware ooreenkoms tussen hulle,
verg my
kliënt verslagdoening en afrekening deur u kliënt vir die
eerste jaar van die ooreenkoms................
".
Op
4 Februarie 1982 is daar, ná
'n
dringende aansoek deur die oorledene, 'n bevel
nisi
deur
'n regter van die Noord-Kaapse Afdeling van die Hooggeregshof in
Kimberley uitgereik wat die appellant
gelas
het om op 26 Februarie 1982 redes aan te voer waarom hy nie verbied
moet word om enige gelde wat hy vir oeste op Malanshoek
verkry het,
in sy eie bankrekening in te hetaal nie en, verder, waarom hy nie
gelas moet word om, teen nakoming deur die oorledene
van sy
verpligtinge, Malanshoek in die naam van die oorledene te laat
registreer nie. Die appellant het 'n beëdigde verklaring
ter
bestryding van die oorledene se aansoek by die hof ingedien. In
hier-die verklaring het hy o.m. gesê
dat
hy en die oor-ledene nooit bedoel het dat daar werklik 'n opsie sou
wees nie. Ek haal aan uit die verklaring:
"By
Upington aangekom het hy toe 'n papier uit sy tas gehaal en gesê
ek
moet skryf en hy het toe die dokument wat ek die vorige middag aan
hom gegee het voor hom gehad. Hy het toe reeds gesê
dat
hy darem een of ander sekuriteit moes hê
en
dat ek 'n opsie aan hom moes gee waarop ek hom meegedeel het dat ek
onder geen omstandighede vir hom 'n opsie kan gee nie, aangesien
my
prokureur die vorige dag nog vir my meegedeel het dat hy wel 'n koper
het vir meer as die bedrag van my skulde. Hy het my toe
die
versekering gegee dat die opsie wat hy wil hê
nooit
uitgevoer sal word nie, aangesien hy nie belangstel daarin om te koop
nie, maar net daarin belangstel om my te help."
Die
"sogenaamde opsie", het hy ook gesê, was
"gesimuleerd aangesien die bedoeling tussen my
en
die Applikant was dat hy slegs sou huur en be-weer ek dat hierdie
sogenaamde opsie geen werklike opsie is nie." Hy het verder
gesê
dat
die oorledene hom male sonder tal die versekering gegee het dat hy
nie daarin belang gestel het om te koop nie en dat hy nooit
die opsie
sou uitoefen nie. Elders in die verklaring het hy egter gesê
dat
albei die partye verstaan het dat die opsie slegs uitgeoefen sou word
"as ek nie my verpligtinge teenoor applikant (d.w.s.
die
oorledene) nakom nie."
Op
di e keerdag van die bevel
nisi
is die saak vir die doel van
die aanhoor van mondelinge getuienis tot 23 Augustus 1982 uitgestel
en die bevel is verleng.
Op 18
Maark 1982 het Van Niekerk 'n brief aan Malan geskryf waarin hy hom
gevra het om die oorledene te probeer oorreed om, "al
is dit dan
ook net uit menslikheidsoorwegings, die gronde van mnr Theron te koop
teen 'n realistiese prys en nie teen 'n weggeeprys
van R52 000 nie."
Volgens Malan het die oorledene die voorgestelde prys van R92 000 as
"be-laglik" beskou.
In
April 1982 het appellant die plaas, waar hy toe nog ingevolge die
bogemelde
aanstellingsbrief
gewoon en geboer het, verlaat, en in die begin van Mei 1982 het hy in
die drankwinkel van die hotel op Upington
begin werk. Hy is toe ook
weer getroud. (Dit was sy derde huwelik. Sy eerste twee vrouens is
albei gedurende hul
huwelik
met hom oorlede.) Hy het, volgens sy getuienis, besluit om die
boerdery te laat vaar en liewer 'n goeie prys vir sy grond
te kry. Op
'n vergadering van die Land-boukredietraad op 26 Mei 1982 het hy
verklaar : "Ek is nou klaar met die boerdery."
In
Mei-Junie 1982 het die appellant dr. J. J. Blom, 'n geneesheer op
Keimoes, gaan spreek
omdat,
soos hy dit gestel het, sy senuwees "gespanne" was. Dr Blom
het getuig dat die appellant in 'n "spanningstoestand"
was
en dat hy kalmeerpille aan hom voorsien het. Volgens 'n rekening van
dr Blom is daar ook op 13 September 1982 pille aan die
appellant
voorsien, maar nóg dr Blom nog die appellant het ge-tuig dat
die appellant die geneesheer in September gespreek
het. Albei het van
net een of twee besoeke in Mei of Junie gepraat. Dr Blom het in
antwoord op vrae van die advokaat gesê
dat die
appellant se toe-stand nie sodanig was dat hy sielkundige of
psigiatriese behandeling nodig gehad het nie. Hy het ook gesê
dat
die appellant nie "ongebalanseerd" was of die indruk gegee
het dat hy iets "onbesonne" kon doen nie.
In
die tyd toe die appellant inge-volge die bepalings van die gemelde
aanstellingsbrief op die plaas was, en ook daarna, het die
oorledene
baie verbeterings daarop aangebring : die huis is ver-beter, en daar
is 'n dam gebou, wingerd aangeplant en 'n duur drupstelsel
aangelê.
Daar was getuienis voor die hof dat die verbeterings ongeveer R80 000
sou be-dra het. Die appellant was bereid om
toe te gee dat die bedrag
van R50 000 tot R60 000 kon gewees het.
Op
13 Augustus 1982, d.w.s., tien dae vóór die hofsaak
tussen die appellant en die oorledene in die hooggeregshof
in
Kimberley hervat sou word, het prokureur Van Niekerk, die appellant,
die oor-ledene en prokureur Maian in lg. se kantoor op
Upington
byeengekom om te kyk of hulle oor sekere punte met mekaar kon
ooreenkom en sodoende die hof-verrigtinge kon verkort. Malan
het
vooraf 'n lysie van punte opgestel waaroor hy graag erkennings wou
verkry, en toe hy vir Van Niekerk vra of hy dieselfde gedoen
het, het
lg. gesê
dat
hy eintlik gekom het om te vra "of ons nie die saak kan skik
nie." Die
byeenkoms
is toe vir 'n uur verdaag, en Malan het met die oorledene gepraat. Ná
die
uur om was, het Van Niekerk na Malan gekom, en Malan het hom toe
meege-deel dat die oorledene wou hê
dat
daar eers "vrede" gemaak moet word voordat daar aan 'n
skikking gedink word. Van Niekerk het toe die appellant gaan
haal, en
daar het hy (die appellant) en die oorledene me-kaar die hand gegee.
By hierdie hyeenkoms het Van Niekerk die bedrag van
R65 000 genoem as
" 'n syfer waarop geskik kan word." Die oorledene was nie
daarvoor te vinde nie. Die appellant het
nie Malan se getuienis oor
wat op die byeenkoms van 13
Augustus
1982 plaasgevind hct, betwis nie. Hy het egter gesê
-
en dit strook nie met Malan se getuienis nie - dat die oorledene se
houding teenoor hom "self-versekerd en ongenaakbaar"
was.
Die oorledene,het hy gesê, "wou geen ooreenkoms aanvaar
nie, onder-handelings nie." Hy het boegegee dat hy
die oorledene
die hand gegee het, soos die oorledene versoek het.
In
die loop van die daaropvolgende paar dae het daar gesprekke tussen
prokureurs Van Niekerk en Malan plaasgevind, en Van Niekerk
het toe
'n dokument opgestel wat bedoel was om 'n skikking van die geskil
tussen die partye te bewerkstellig. Volgens
hierdie
dokument sou die oorledene die bedrag van R52 000 aan die appellant
betaal, maar daar sou in ag geneem word dat die oorledene
reeds R31
612-80 aan verskeie instansies ten hehoewe van die appellant betaal
het. Die appellant sou op sy beurt die grond transporteer
aan 'n
maatskappy wat deur die oorledene geregistreer sou word. Malan het
die dokument deur-gegaan en toe paragraaf 11(a) daarvan
deurgehaal.
Hy het aan die oorledene gesê
dat
hy hom nie kon adviseer om die klousule te aanvaar nie, gesien die
feit dat hy reeds 'n klomp geld betaal. het en alles sou
kon verloor
as hy enige bepaling van die beoogde ooreenkoms nie stiptelik nakom
nie. Die
paragraaf
lui soos volg :
"(11)
Ingeval die koper versuim om op die vervaldatum enige van die terme
of voorwaardes van hierdie kontrak na te kom, sal
die verkoper of sy
agent die reg hê
om
of : (a) Die verkoping te kanselleer deur
'n
geregistreerde brief geadresseer aan die koper, waarna die koper alle
bedrae betaal aan die verkoper of sy agent in terme hiervan
sal
verbeur, sonder benadeling van die verkoper se ander regte en
remedies en die reg om skade-vergoeding te eis."
Die
oorledene het toe die dokument, soos deur Malan
gewysig,
onderteken. Dit was op 19 Augustus 1982.
Malan
het daarna die appellant gebel en hom gevra
om
na sy kantoor toe te kom. Die appellant het gekom en Malan het hom
toe gevra om die dokument te lees en om op die paragraaf wat
gewysig
is, te let. Die appellant het die dokument gelees en het toe geweier
om dit te onderteken. Malan het daarna vir Van Niekerk
gebel en aan
hom gesê
wat
gebeur het. 'n Dag of twee daarna het hy ook die appellant gebel en
hom gevra "wil jy tog nie maar asseblief die ding teken
nie."
Die appellant het geweier, waarop Malan aan hom gesê
het
dat hy moet besef dat indien hy die hofsaak verloor, hy die koste sal
moet betaal -ook die oorledene s'n. Die appellant het
steeds
geweier
om te teken. Volgens Malan het die appellant, sover hy kon onthou,
nie teen iets spesifeks in die dokument beswaar gemaak
nie. Hy kon
nie presies onthou wat die appellant gesê
het
nie, maar sy her-innering was dat hy iets gesê
het
soos "hy sien nie kans om alles wat hy het af te teken nie."
Die appellant se getuienis oor
hierdie
punt was dat hy die dokument net gelees het tot by die paragraaf wat
deurgehaal was, en dat hy toe aan Malan gesê
het
dat hy nie bereid was om dit te onderteken nie aangesien die
oorledene "altyd sy sin kry." Toe hy dit gesê het,
het die appellant getuig, het hy verwys na 'n geleentheid toe die
oorledene iets deurgehaal het in 'n dokument wat vir gebruik
deur 'n
bank bedoel was.
Op 23
Augustus 1982, die uitgestelde keerdag van die bevel
nisi
, was
daar niemand in die hof wat die appellant verteenwoordig het nie. Die
appellant self was ook nie daar nie. Hy het getuig dat
hy nie die
dienste van 'n prokureur en advokaat kon bekostig het nie en dat hy
nie geweet het dat hy self kon verskyn nie. Die
bevel
nisi
is
bekragtig en die appellant is gelas om die koste te betaal. My het
getuig dat hy "verbitterd" was toe hy van die hof
se bevel
verneem het.
Op
'n dag gedurende die eerste twee weke van Augustus 1982 (d.w.s., vóór
die hofverrig-tinge op die 23ste van daardie
maand)het die oorledene
mnr Hermanus van der Merwe, 'n boer van die distrik Keimoes wat toe
in 'n hospitaal in Johannesburg was,
in die hospitaal besoek en hom
gevra of hy 'n byeen-koms tussen hom en die appellant kon reël.
Die oor-ledene het te kenne
gegee, het Van der Merwe getuig, dat sake
tussen hom en die appellant "redelik troebel" was en dat hy
(die oorledene)
gemeen het dat daar dalk 'n "oplossing" kon
wees as huile die saak kon bespreek. Van der Merwe het toe so 'n
byeenkoms
gereël en op 'n
Saterdagaand
in die eerste of tweede week van September het die oorledene, sy
swaer (mnr Gert Compion),
die
appellant, die appeilant se vrou en Van der Merwe
toe
in Van der Merwe se huis byeengekom. Van der
Merwe
se getuienis oor wat die aand plaasgevind het,
lui
o.m. soos volg :
"Kan
u dalk net vir ons vertel hoe die byeenkoms toe daar verloop het
--Met die aankoms van mnr Gert Compion het hy toe gevra
of ons iets
wil drink. Dadelik het ons ingewillig om saam met hom 'n koppie kee
te drink.
HOF
: Wie het gevra? -- Dr. Visser. Nadat ons klaar die tee gedrink het,
het ek gevra ek is gewoond so 'n by-eenkoms of 'n vergadering
word
altyd geopen met 'n gebed. Dadelik het dr. Visser gevra dat ons dit
liewer aan
einde
moes docn, waarop beskuldigde gevra het dat ons dit liewer aan die
begin moes doen. Gevolglik het ek toe met gebed ons byeenkoms
geopen.
Daarna het dr. Visser eerste aan die woord gekom. Hy het op daardie
moment probeer om 'n oorsig te gee hoedat sake ontwikkel
het tussen
hom en die be-skuldigde, maar terwyl hy daarmee op dreef was, het die
beskuldigde vir hom gevra 'Wat het dit daarmee
te doen?' Van daar af
kon ons elkeen aanvoel dat sake nie verloop soos ons verwag het nie.
Dr. Visser het opgestaan vanuit sy sitplek
en 'n bietjie na die
suidekant beweeg. Agter hom, ek is nie seker of dit 'n tafeltjie was
en of dit 'n ge-wone stoel was nie, maar
in elk geval, dit was 'n
meubelstuk wat reg agter dr. Visser gestaan het. Beskuldigde, wat ook
sy plek verlaat het, het na hom
toe beweeg en onder daardie wat hy
nou sy
selfbeheersing
verloor het (Hof kom
tussenbei)
Is
dit nou die heskuldigde?
—
Ja,
beskuldigde het sy selfbeheersing verloor, want ons kon dit almal
aanvoel
dat
hy nou baie verbitterd is. Hy het hom voor die bors 'n stoot agteroor
ge-gee ... (Hof kom tussenbei)
Wie? --
Beskuldigde het dr. Visser 'n stoot voor die bors gegee sodat hy oor
die meubelstuk geval het.
Agteroor?
—
Agteroor."
Nadat
die oorledene geval het, het Van der Merwe
verder
getuig, het die appcllant heelwat gepraat en
aan
die oorledene gesê
-
"dat
hy hom sal jag soos 'n voëltjie en dat hy nie een trossie druiwe
sal afsny nie."
Volgens
Van der Merwe het die oorledene hierop nie 'n
woord
gesê
nie.
Die appellant het in verband met
hierdie
byeenkoms getuig dat hy "gehoop" het dat hy
sy
grond sou terugkry van die oorledene en dat hy nie kon aanvaar dat hy
sy grond sou verloor nie. Volgens die appellant het die
oorledene by
die aanvang van die verrigtinge aan hom gesê
dat
hy die eerste kon praat, maar dat sy antwoord daarop was dat hy
uitgenooi was
om
die verrigtinge by te woon en dat die oorledene
op
derhalwe "moet sê
wat/sy
hart is." Die oorledene,
het
hy getuig, het "dit toe duidelik gestel dat hy
aan
sy twee vriende (d.w.s., Van der Merwe en Compion)
wil
vertel wat op die laaste hofsitting in Kimberley
plaasgevind
het." Sy verdere gekuienis in hierdie
verband
- getuienis wat nie met dié
van
Van der Merwe
strook
nie - was dat hy aan die oorledene gesê
het
dat
hy verwag het dat hy sou vertel het van alles wat gebeur het van die
dag af toe hulle mekaar by die Oranje Hotel op Upington
ontmoet het
en,verder, dat hy die oorledene gegryp en weggestamp het nadat die
oorledene "minagtend" in sy gesig gelag
het. Hy het verder
gesê
dat
hy nie kon ontken dat hy aan die oor-ledene gesê
het
dat hy hom soos 'n voëltjie sou jag en dat hy nie 'n trossie
druiwe op die plaas sou afsny nie, en in kruisondervraging
het hy
saamgestem met die stelling dat wanneer iemand 'n ander dreig dat hy
hom soos 'n voëltjie sal jag, hy daarmee te kenne
gee dat hy hom
sal doodmaak. Volgens hom het die woorde "net uitgekom",
aangesien hy normaalweg nie sulke woorde gebruik
nie.
Sowat
'n week ná
hierdie
byeenkoms
by
Van der Merwe se huis, het die appellant, volgens
sy
eie getuienis, 'n pakkie met 20 patrone vir sy,303 geweer gekoop. In
antwoord op sy advokaat se
vraag
oor waarom hy die patrone gekoop het, het hy
gesê
:
"Ek
wou graag weer teruggaan na dr. Visser om alleen met hom te gaan
praat en het ek in my binneste 'n gevoel gehad dat as
ek by hom kom,
hy moontlik my kan skiet en die geweer dan as enigste wapen, as daar
nog lewe in my is, gaan ek my verdedig."
Die
appellant het voortgegaan om te sê
dat
hy homself
as
Esau gesien het en die oorledene as Jacob, wat sy
eersgeboortereg
deur bedrog in die hande gekry het,
en
hy het vir die hof lang stukke uit die boek Genesis, wat op Esau en
Jacob betrekking het, voorgelees. Hy het in hierdie verband
ook gesê
dat,
net soos Esau vir Jacob bedrieg het, so het die oorledene ook die hof
in Kimberley bcdrieg. Hier kan ook bygevoeg word dat
die appellant in
kruisverhoor toegegee het dat die oorledene nooit tevore gedreig het
om hom te skiet nie. (Hy het in kruisondervraging
beweer dat die
oorledene hom eendag - in November of Desember 1981 - met 'n kierie
wou slaan, maar hy het toegegee dat hy nooit
sy advokaat daarvan
vertel het nie, en daar is weinig rede om hierdie getuienis as
geloof-waardig te beskou.)
Op 21
September 1982 het die oorledene 'n dagvaarding teen die appellant
uitgereik vir die betaling van R5 700, synde die opbrengs
van druiwe
en lusern wat die appellant ten behoewe van die oor-ledenc verkoop
het, mnar wat hy in sy eie hankrekening inbetaal
het. Die appellant
het die saak nie ver-dedig nie, en op 15 Oktober 1982 is vonnis by
verstek vir die gemelde bedrag ten gunste
van die oorledene verleen.
Die
hofbevel wat die oorledene op 23 Augustus 1982 teen die appellant
verkry het, is later, op versoek van die oorledene, gewysig
en die
gewysigde
bevel is op 14 Okkober 1982 deur die adjunk-balju, ene Pieters, op
Upington aan die appellant beteken. Die wysiging het
behels dat die
balju die nodige dokumente kon onderteken om oordrag van die
appellant se grond in die naam van die oorledene te
laat registreer
indien die appellant sou weier om dit te doen. Volgens Pieters het
die appellant gesê dat hy nie die oordragdokumente
sou
onderteken nie. Die appellant het getuig dat hy geweier het om die
dokumente te onderteken omdat hy "verontreg" gevoel
het.
Die oorledene, het hy gesê, het hom nie by hulle ooreenkoms
gehou nie, maar het hom bedrieg en sy grond deur 'n valse
voorwendsel
bekom.
Gedurende
September 1982 het die
appellant,
volgens sy eie getuienis, tweemaal na die oorledene op die plaas gaan
soek. Die eerste keer was gedurende die week ná
die
byeenkoms in Van der Merwe se huis, en die tweede gedurende die
daarop-volgende week. Die oorledene was albei kere afwesig.
Albei
besoeke was gedurende die dag. By een van hier-die geleenthede, het
die appellank gesê, het hy sy geweer saamgeneem.
Hy het na die
oorledene gaan soek, het hy getuig, omdat hy geglo het dat "as
ons twee alleen bymekaar kan wees, ons kon die
ding uitpraat of
redeneer of uitworstel, dat daar vir ons aan albei kante 'n oplossing
sou kom." In Oktober 1982, sowat 'n
week voor die skietvoorval
op die 20ste, het die appellant sy suster gevra om hom te bel as sy
sien dat
die
oorledene op die plaas is. Hy het aan haar gesê dat hy met die
oorledene wou gaan praat. Die suster woon in 'n huis op
'n gedeelte
van die oorspronklike plaas Malanshoek, en sy kan van daar af sien as
iemand met die pad na die huis op Malanshoek
ry.
Op
19 Oktober 1982 het die appellant en 'n mnr Johannes Von Wielligh, 'n
boer in die distrik Keimoes, mekaar in die hotel op Upington
raakgeloop. Von Wielligh het die appellant gevra wat met die hof-saak
tussen hom en die oorledene gebeur het, en die appellant
het toe aan
hom gesê
dat
hy "alles verloor het" en ook nog die hofkoste - glo sowat
H13 000 -moet betaal. Die appellant het toe ook gesê
dat
hy die oorledene 'n "pak slae" gaan gee.
Ek
kom nou by die gebeure op 20 Oktober 1982. Die appellant se suster
het hom die oggend om ongeveer 10-uur by die hotel op Upington,
waar
hy ge-werk het, gebel en aan hom gesê
dat
sy gesien het dat die oorledene met sy bakkie na die huis op
Malanshoek ry. (Soos hierbo vermeld, het die appellant sy suster
'omtrent 'n week tevore gevra om hom te laat weet as sy sien dat die
oorledene op die plaas is.) Nadat hy die aand weer sy suster
gebel
het om seker te maak dat die oorledene nog op die p.laas was, het hy
na haar huis toe gery. Daar het hy sy geweer en patrone,
wat hy in 'n
hangkas gebêre het, geneem. (Dit was toe omtrent 8.30 nm,
volgens die appellant.) Die
appellant
het getuig dat sy suster hom gevra het wat hy gaan doen toe hy die
geweer en patrone neem en dat sy aan hom gesê
het
om nie "iets verkeerd" te doen nie. Sy antwoord aan haar
was, volgens sy getuienis, "dat dit alles van dr. Visser
afhang
wat daar gedoen gaan word."
Die
appellant het hierna na Malanshoek toe gery, (Die afstand tussen
Upington en die plaas is, so blyk dit, ongeveer 44 km.) Hy
het egter
nie tot by die huis gery nie, maar het by die "filterkamer",
'n geboutjie sowat 100 meter van die huis af,
stilgehou. Hy het sy
geweer geneem, 'n klompie patrone in sy broeksak gegooi en na die
huis toe gestap. Hy het 'n flits by hom
gehad maar het dit nie
gebruik toe hy na die huis toe gestap het nie. Daar was "so 'n
halfmaantjie" gewees, het hy gesê.
(Die flits, kan hier
bygevoeg word, was magneties en kon, indien effens deur die appellant
vasgehou, aan die metaal van die geweer
vas-klou.) In antwoord op 'n
vraag van sy advokaat oor waarom hy by die filterkamer stilgehou het
en nie tot by die huis gery het
nie, het die appellant geantwoord :
"Ek kan nie met sekerheid sê
hoekom
ek dit gedoen het nie." Toe hy gevra is of hy op hierdie
antwoord kon "uitbrei", het hy gesê
:
"Korrek. Ek kan vir die hof noem dat ek daarna gedink het hoekom
en toe het ek tot
die
gevolgtrekking gekom ek kon dalk gedink het ek kon vir dr Visser wek
as hy dalk lê
of
ek kan hom op sy hoede stel. Ek sou hom graag in 'n kalm atmosfeer
wou ontmoet het." In antwoord op 'n verdere vraag van
sy
advokaat het hy gesê
dat
hy geweet het dat die oor-ledene 'n rewolwer het. By die huis
aangekom, het hy eers daaromheen gestap, en nadat hy vasgestel
het
dat die oorledene nie onder die afdak op die stoep, waar hy meermale
geslaap het, aan die slaap was nie, het hy na die venster
van die
oorledene se slaapkamer, aan die noordekant van die huis, gestap. Die
oorledene was op daardie oomblik blykbaar aan die
slaap in daardie
kamer. Die venster was op 'n skrefie oop, en die appellant
het
voor die venster gaan staan om met die oorledene te praat. (In
antwoord op 'n vraag van die hof het die appellant gesê
dat
hy die oorledene deur die venster wou roep, "waar ons naby
mekaar kon wees".) Hy het sy hand deur 'n skrefie gesteek
om die
skroef op die skuifraampie los te draai en die venster van binne af
oop te stoot. (In kruisverhoor het hy gesê
dat
hy nie kon sê
hoekom
hy nie teen die venster geklop het as hy die oorledene se aandag wou
trek nie.) Toe hy die venster oopstoot, het dit 'n geluid
gemaak en
hy kon toe hoor dat die oorledene van sy bed af opspring. Die
oorledene het toe, volgens die appellant, die venster
toegetrek
en die knip opgesit en toe weg van die venster af beweeg. 'n Bietjie
later het die oorledene terugge-keer, die venster
oopgestamp en aan
die appellant gesê dat hy hom sou "vrek" skiet. Die
appellant het toe, aldus sy getuienis, drie
"ligstraaltjies"
in sy rigting sien kom en 'n "brandpyn" in sy sy gevoel.
Die "lig-straaltjies" was,
volgens sy getuienis, skote uit
die oorledene se rewolwer. Die oorledene het toe weer die venster
toegetrek. (Dit het later geblyk
dat die appellant daardie aand 'n
oppervlakkige wond aan die maag toegedien is. Sy getuienis dat hy
buite die oor-ledene se kamervenster
geskiet is, is deur die
verhoorhof verwerp. Ek verwys later vollediger hierna.) Nadat die
venster toegetrek is, het die appellant
(aldus sy getuienis) die
oorledene deur die venster gesien. Hy het toe sy geweer gelig, die
oorledene se gesig "oor die loop
van die geweer" gesien, en
die sneller getrek. Die skoot het egter nie af ge-gaan nie. (Die
polisie het later 'n onafgevuurde
,303-patroon voor die kamervenster
opgetel. Die appellant het na aanleiding van hierdie getuienis in
kruisverhoor gesê
:
"dan moes daar 'n patroon in die loop gestoot gewees het.")
Daarna het die appellant 'n ruit van die slaapkamervenster
met sy
geweer stukkend
gestamp.
(Toe hy gevra is waarom hy dit gedoen het, was sy antwoord : "Ek
wou seker graag die venster oopge-maak het.")
Die oorledene was
toe nie meer in die kamer nie. Die appellant (aldus sy getuienis) het
nie ge-sien dat die oorledene uit die kamer
uitgaan nie, maar, het hy
gesê, "ek het seker die geskuifel van sy voete waargeneem
en besef hy gaan die huis dieper
in." Die appellant het toe na
die glasdeur aan die oostekant van die huis gestap. ("Op daardie
tydstip", het hy
getuig,
"het
ek geen vrees in my gehad nie ------ Dit was net
alles
dood in my gewees.") Hy het 'n ruit stukkend gekap, die deurslot
van die binnekant af oopgesluit en toe in die huis ingegaan.
(In
kruis-verhoor het die appellant gesê
dat
hy nie kon verklaar wat hy in die huis wou gaan doen het nie. Dit was
buite sy "menslike beheer" dat hy dit gedoen
het, het hy
gesê. Miskien, het hy gese, het hy
d
it
gedoen vanweë
die
"drang" wat daar by hom was om by die oorledene "uit
te kom.") Toe hy in die huis kom, het hy gehoor die
badkamerdeur
gaan oop en hy het: toe besef dat die oorledene in die badkamer was.
Hy het die oorledene toe gevra "om sy rewolwer
uit te gooi en
uit te kom". Kort daarna, het hy gesê, "het die
deur
oopgegaan en ek het 'n skoot gehoor. Daarna het die deur weer
toegegaan en ek het voor die deur gaan staan. As ek my kon herinner,
het ek weer vir hom gevra om uit te kom." (Hy het geglo, het die
appellant in antwoord op 'n vraag van die verhoorregter gesê,
"ons kan die ding op 'n ander manier uit die weg uit
ruim.")
Die oorledene het nie uitgekom nie, en die appellant het toe (volgens
sy getuienis) sy "geweer gelig en blindelings
deur die deur
geskiet." Hy het gehoor die oorledene "gil" in die
badkamer, maar, het hy bygevoeg, "Ek kan nie
vir die hof sê
hoekom
hy gegil het nie." Die oorledene het toe,met sy rewolwer in die
hand, by die badkamerdeur uitgekom. Die appellant het
die rewolwer
met sy geweer uit die oorledene se hand weggeslaan. Die rewolwer het
af-gegaan, en hy het toe met sy geweer na die
oorledene se gesig
gestamp. Die oorledene het toe weer in die badkamer ingegaan en die
appellant het toe vir. die tweede maal 'n
skoot deur die badkamerdeur
geskiet. Hy het toe nie 'n geluid gehoor nie. Hy is toe uit na buite,
na die suidekant van die huis,
en het die badkamervenster gebreek om
te kyk wat van die oorledene geword het. "Ek het vermoed",
het hy getuig, "dat
ek hom dalk raakgeskiet het." Die
oorledene het blykbaar op die toilet gesit : die appellant het(aldus
sy
getuienis) net die knie van die oorledene gesien. ("Ek kan nie
aan die hof sê
of
ek daar voor die venster met hom gepraat het nie. Ek kan dit nie
bevestig of ontken nie", het hy bygevoeg.) Die appellant
het toe
weer in die huis ingegaan en tot by die badkamer geloop. ("Daar
kan ek weer eens nie be-vestig of ontken dat ek met
hom gepraat het
nie", het hy bygevoeg.) Hy het toe "weer die geweer gelig
en blindelings deur die deur geskiet, en toe
het hy 'n "brulgeluid"
gehoor. (Die getuienis toon dat die oorledene in die badkamer
raakgeskiet is en 'n ernstige wond
in sy onderlyf toegedien is.) Die
oorledene
het
daarop by die badkamerdeur uitgekom en die geweer
by
hom gegryp. Die appellant se hoofgetuienis oor
wat
hierna gevolg het, lui soos volg :
"Ek
het die geweer
uit
sy hand ge-draai en hom met die geweer gestamp weg van my af. Ek kan
nie vir die Hof sê
of
ek hom met die kolf gestamp het of met die middel van die geweer nie.
HOF
:
Waar stamp jy hom toe? -- Teen sy kop.
Die
mag waarmee ek hom ge-stamp het, het my ook van balans af-geruk en ek
het half bo-op hom geval. Daarna het alles blitsvinnig gebeur.
Ek het
weggegaan van hom af en daar-die tyd moes ek my geweer weer herlaai
het. Ek het weer na hom gevuur.
Waar was
hy toe? -- Hy was op die grond voor my gewees. Ek het met die flits
gelig en 'n oop wond voor sy ge-sig gesien. Ek glo
ek het op daardie
tydstip besef dat ek hom doodgeskiet het of geskiet het en ek het
omge-draai en teruggestap kar toe."
Teen
die einde van sy hoofgetuienis is aan die appellant enkele vrae
gestel in verband met sekere getuienis wat Jan Boer, 'n
13-jarige
Kleurling-seun, afgelê
het.
Jan Boer het getuig dat hy op die betrokke dag saam met die oorledene
na die plaas toe gery het, dak hy daardie aand in 'n
vertrek in die
huis geslaap het, en dat hy gewek is deur skote wat in die huis
geskiet is. ('n Ondersoek ná
die
voorval het be-wys gelewer van vier skote wat met die rewolwer
ge-skiet is. Die appellant het vier skote in die huis geskiet,
en aan
die oostekant van die huis is twee doppies gevind waarvan hy nie 'n
verklaring kon gee nie.) Jan Boer het toe by die vertrek
uitgeloer en
gesien
wat daar in die eetkamer aangaan. Hy het o.m. gesien, het hy getuig,
dat die oorledene op die vloer lê, en hy het gehoor
hoe die
oorledene soebat "help my, los my." Hy het ook gesien, het
hy getuig, hoe die appellant oor die oorledene staan,
met sy geweer
na die oorledene se kop gerig, en hy het gehoor dat die appellant aan
die oorledene sê, net voordat hy hom
geskiet het, "Ek het
jou mos gesê
ek
gaan jou dood-skiet." Die appellant het met betrekking tot
hierdie getuienis van Jan Boer gesê
dat
hy dit nie kan erken of ontken nie. Jan Boer, kan hier bygevoeg word,
het ook getuig dat die elektriese lig in die eetkamer
gebrand het en
dat die appellant dit afgeskakel het toe
hy
die huis verlaat het. Die appellant het gesê
dat
hy hom nie kon voorstel dat hy die lig aangeskakel het nie, maar dat
hy nie kon onkken of "bevestig" dat hy dit gedoen
het nie.
Volgens hom kon hy in die lig van sy magnetiese flits (hierbo
genoem), wat, met effense hulp van sy kant, aan die geweer
vasgeklou
het, in die huis rondkyk.
Ek
verwys voorts na 'n paar aange-leenthede waaropr die appellant
gekruisvra is. Die eerste is die vraag waarom hy die aand na die
oor-ledene toe gegaan het. Hy hel beweer dat hy die oor-ledene in 'n
"kalm atmosfeer" wou ontmoet het, dat hy met hom
wou
gepraat het voordat dit dalk te laat was,
en
dat hy gemeen het dat daar 'n soort "versoenings-byeenkoms"
tussen hom en die oorledene sou plaasvind. Hierop is hy
gevra waarom
hy, indien hy so 'n byeenkoms beoog het, 'n geweer en patrone met hom
saamgeneem het. Sy antwoord hierop was : "Hoekom
en waarom weet
ek nie, maar ek het 'n gevoel in my gehad dat daar kan geweld van
dokter se kant af kom. Daarom het ek my voorberei
dat ons man teen
man kan optree en nie soos in die verlede dat ek heeltemal op die
agtergrond moet wees en hy alleen 'n sê
het
nie. As hy my daar-die aand wou skiet, dat ek hom met dieselfde munt
kon terugbetaal. Daarom het ek my geweer vir selfverdediging
geneem."
Toe hy daarop gewys is dat dit die eerste maal is dat hy te kenne gee
dat hy geweld van die kant van die oorledene
gevrees het, het hy gesê
dat
die oorledene hom by 'n geleentheid in November of Desember 1981 met
'n kierie wou geslaan het. Hy het toegegee, soos reeds
hierbo gesê,
dat hy nooit sy advokaat van hierdie insident vertel het nie. Hy het
verder gesê
dat
hy nooit die bedoeling gehad het om die oorledene te gaan dood nie,
maar dat hy gevoel het dat as die oorledene "nie tot
ander
insigte kom nie, sou ons gaan tot die uiterste." Met betrekking
tok die feit dat hy die oorledene wel gedood het, het
hy gesê
dat
hy nie kon verklaar hoe hy "tot daardie gedag-te (gekom) het
nie." Wak die aand daar gebeur het,
het
hy gesê, "was iets buite my beheer. Dit is iets wat in my
gebreek het wat ek nie kon verklaar hoe kon ek dit gedoen
het nie en
waarom ek dit gedoen het nie.
Dit het
net gebeur..... ".
Die
appellant is verder gevra waarom hy, indien hy gemeen het dat die
aand 'n versoenings-byeenkoms sou wees, nie die oorledene
vooraf
gebei het en aan hom gesê
het
dat hy na hom toe kom nie. Sy antwoord hierop was dat as hy die
oorledene gebel het, die oorledene sou gesorg het dat hy wegkom,
want, het hy gesê, die oorledene was 'n lafaard. Toe hy daarop
gewys is dat hy vroeër in sy getuienis te kenne gegee
het
dat hy hom minderwaardig teenoor die oorledene gevoel het, gesien
laasgenoemde se geleerdheid en vername posisie, het hy gesê
dat
hy later besef het dat, waar hy en die oorledene alleen by mekaar
was, hy die oorledene se meerdere was, geestelik sowel as
fisies. Met
"woorde of krag, man teen man", het hy gesê, het hy
gehoop om die oorledene "tot ander insigte
te bring."
In
verband met die vraag waarom hy by
die
filterkamer stilgehou het en nie tot by die huis gery het nie, het
die appellant gesê
:
"Soos ek dit reeds aan die hof gestel het, ek kan nie met
sekerheid
sê
hoekom
dit gebeur het nie. Toe ek daar-na daaroor gedink het, was dit omdat
ek hom sou wek indien ek sou ry tot by die huis."
Hy was bang
dat die oorledene hom sou skiet, het hy gesê, want die
oorledene het "geleentheid genoeg gehad om hom voor
te berei dat
hy my wel kon geskiet het as ek uit die kar geklim het." Toe hy
gevra is of hy nie bang was dat hy geskiet sou
word as hy soos 'n
inbreker die oorledene se venster oopmaak en daar met 'n geweer in
die hand staan nie, het hy geantwoord : "Toe
was die kans of die
hoop daar dat ek gelyke dele teenoor hom het."
Ek
het hierbo daarop gewys dat die appellant se getuienis dat hy buite
die oorledene se slaapkamervenster gestaan het toe hy in
die maag
ge-skiet is, deur die verhoorhof verwerp is. Die ge-tuienis het
getoon dat die koeël wat die appellant beseer het
'n knoop aan
sy safari-baadjie versplinter het. Stukkies materiaal wat
onteenseglik van daardie knoop afkomstig was, is op die
dag ná
die
skiet-voorval op die mat in die eetkamer van die huis gevind. Dit het
in min of meer 'n sirkel met 'n deursnee van omtrent 12
duim gelê.
Die appellant kon nie vir die hof sê
hoe
daardie stukkies knoop daar gekom het nie.
Ná
'n
verdaging het hy die volgende as moontlike verduideliking aangebied,
nl. : hy het altyd sy safari-baadjie soos 'n hemp by sy
broek
ingesteek, en die stuk-kies van die knoop, wat buite die huis
stukkend ge-skiet is, kon in sy klere bly vassteek het en toe
later
in die huis uitgeval het toe sy klere "outomaties" sou
"opgeskuif" het toe hy die oorledene met die geweer
gestamp
het. Die verhoorhof het die verduideliking verwerp en bevind dat die
oorledene in die huis, by of naby die punt waar die
stukkies knoop
gevind is, raak-geskiet is.
Die
aand na die voorval het die appellant na die polisiekantoor op
Keimoes gegaan. Daar het hy
sers.
A. J. Scholtz gevra of hy die telefoon kon ge-bruik, en hy het toe 'n
nommer op Upington gebel. Hy het aan die persoon met
wie hy gepraat
het, gesê
dat
hy die oorledene geskiet het. Hy het ook gesê
dat
hy van Upington af gegaan het om die oorledene "met die vuis te
kom slaan", maar dat die oorledene hom toe eerste
geskiet het,
en toe "skiet ek hom dood." (Aldus Scholtz.)
Dr.
Blom, hierbo genoem, het die appellant die betrokke aand om 9.40
gesien, en het oor sy besering en algemene toestand getuig.
(9.40 nm.
was sowat 'n uur nadat die appellant daardie aand op
die
plaas gekom het.) Sy getuienis was dat appellant geskok en gespanne
was, maar nie in 'n groter graad as wat 'n mens sou verwag
het in die
geval van iemand wat kort tevore 'n "spannende ondervinding"
deurgemaak het en wat miskien ook gevrees het
dat sy wond ernstige
gevolge kon hê
nie.
Mnr
Cooper
het dit aan dr Blom gestel dat die appellant daardie nag "blykbaar
ge-knak" het. Die getuie se antwoord was : "Nee,
ek kan nie
sê
hy
was geknak nie. Dit was nie 'n persoon wat buite beheer was nie."
Ek
gaan nou oor tot die behandeling van mnr
Cooper
se betoog met betrekking tot die verhoorhof se bevinding dat daar nie
versagtende om-standighede was nie. Die advokaat het in die
eerste
plek aangevoer dat die hof hom wanvoorgelig het met
betrekking
tot die toets wat by die beoordeling van die
vraag
van die al of nie bestaan van versagtende omstandigde aangewend word.
Die beweerde wanvoorligting kom voor in die laaste sin
van die
volgende passasie in die hof se uitspraak oor versagtende
omstandighede - die passasie wat die hof se behandeiing
van
die kwessie van versagtcnde omstandighede afsluit :
"Die
Hof moet ook subjektief die omstandighede benader, soos die
be-skuldigde dit sou gedoen het. Die Hof het nie bevind dat
daar
bedrog deur dr. Visser gepleeg is nie en die Hof het bevind dat die
beskuldigde nie ge-glo het dat hy bedrieg was nie. Hy
het net
eenvoudig besluit dat hy nie
sy
plaas sal afgee nie, wat ook al die omstandighede, en dat hy daarvoor
sal veg tot die einde. Daarom het hy ge-weier om die skikkingsakte
te
teken op die laaste moment en die hofbevel te verontagsaam.
Dy
die toenaderingsvergadering was hy deur die getuie Hermaans van der
Merwe gemaan om nie met sy houding voort te gaan nie. Hy
het
eenvoudig met sy planne voortgegaan en die moord beplan.
'n
Mens mnot dan ook die goordende instansies en di e norme van die
maat-skappy in aanmerking neem, anders ont-staan daar chaos
in die
maatskappy."
Daar
is betoog dat die verhoorhof
hom
wanvoorgelig het omdat hy by die beoordeling van
die
vraag of daar versagtende omstandighede was,
verkeerdelik
op die belange van die gemeenskap gelet het, en ons is in hierdie
verband na
S.
v. Witbooi
,
1982(1) S.A. 30 (A.) en
S.
v. Arnols
,
1980(2) P.H., H. 103 (A) verwys. Indien die sin letterlik opgevat
word, sou dit steun aan die advokaat se betoog kon verleen,
maar ek
meen nie dat dit so opgevat moet word nie.
Die
hof het daarop gewys dat, volgens sy be-vinding, die appellant nie
werklik geglo het dat hy bedrieg was nie, maar dat hy "net
eenvoudig besluit het dat hy nie sy plaas sal afgee nie, wat ook al
die omstandighede", en dat, hoewel hy deur Van der Merwe
"gemaan
(is) om nie met sy houding voort te gaan nie",
hy
"eenvoudig met sy planne voortgegaan en die moord beplan (het)".
Ek meen gevolglik dat die verhoor-regter in die gewraakte
sin wou sê
dat
die appellant se besluit om,ten spyte van die gemelde oorwegings, eie
reg te gebruik en sy wil met 'n geweer te probeer afdwing,
nie 'n
omstandigheid is wat sy optrede moreel minder laakbaar maak nie. Ek
meen nie dat dit 'n verkeerde oorweging sou wees nie,
en hoewel dus
gesê moet word dat die gewraakte woorde nie goed gekies is nie,
meen ek nietemin nie dat dit tot die toepassing
van 'n verkeerde
toets gelei het nie.
Namens
die appellant is verder betoog
dat
die verhoorhof se bevinding oor die geloofwaar-digheid van die
appellant "ontsenu (is) vanweë" die verhoorregter
se
afdaling in die arena in so 'n mate dat sy regterlike oordeel deur
die stof van die konflik geaffekteer is" (aanhaling
uit die
advokaat se skrifte-like betoogpunte), dat die verhoorregter se
"inmeng-ing" 'n uitwerking op sy twee assessore
gehad het,
en dat hierdie hof gevolglik die verhoorhof se bevinding dat daar nie
versagtende omstandighede was nie, moet tersyde
stel en sy eie
bevinding vir dié
van
die verhoorhof moet substitueer.
Ter
ondersteuning van hierdie betoog
het
mnr
Cooper
ons na 'n hele aantal passasies in die notule verwys waar, aldus die
betoog, die verhoorregter leidende vrae aan die appellant
gestel het,
of die appellant in die rede geval het, of aanmerkings oor sy
getuienis gemaak het, of hom ondervra het op 'n wyse
wat toon dat hy
die appellant se getuienis nie met 'n oop gemoed aangehoor het nie.
Ek
is nie voornemens om die passasies waarna ons verwys is, een vir een
ke vermeld en te bespreek nie. Om dit te doen, sou hierdie
uitspraak,
wat reeds lank is, uitermate verleng, en dit sou ook, gesien die
gevolgtrekking waartoe ek oor die hele
aangeleentheid
gekom het, geen nut hê
nie.
Ek vind dit voldoende om die volgende te sê. Daar is baie vrae
deur die verhoorregter gevra wat nie gevra hoef te gewees
het nie, of
nie gevra moes gewees het nie, en daarbenewens is sommige van hulle
gevra op 'n wyse wat, om dit kort te stel, nie
in ooreenstemming is
met die waardigheid wat van 'n regteriike amptenaar verwag word en
wat normaalweg in ons howe gehandhaaf of
na-gestreef word nie. Soos
reeds
gesê,
meen ek egter nie dat dit enige nut sal hê
om
verder op hierdie aan-geleentheid in te gaan nie. Daar is na my
oordeel nie grond vir die betoog dat vrae wat deur die assessore
gevra
is, toon dat die verhoorregter se "inmenging" 'n
"uitwerking" op hulle gehad het nie. Ek is ook daarvan
oortuig dat nie met reg gesê
kan
word dat die verhoorhof se bevindinge oor die appellant se
geloof-waardigheid deur die verhoorregter se optrede "ontsenu"
is nie. Daardie bevindinge - asook die bevindinge oor die appellant
se getuienis met betrekking tot die kwessie van versagtende
omstandighede in die algemeen -is gegrond op (a) erkende of
onbetwiste feite soos vermeld in die getuienis van die appellant
self,
of van ander getuies asook op afleidings wat uit daardie
getuienis gemaak kan word; (b) waarskynlikhede; en (c)
gevolgtrekkings
wat met reg na aanleiding van teen-strydighede in die getuienis van
die appellant gemaak kan word, en daar kan na
my mening nie gesê
word
dat die verhooregter se optrede tot enige ongeregtigheid gelei het
nie. Ek is ook daarvan oortuig dat, selfs indien hierdie
hof hom
verplig sou voel om die bevin-ding van die verhoorhof tersyde te stel
en self oor die kwessie van versagtende omstandighede
te besluit, ek
tot dieselfde bevinding as die verhoorhof sou ge-raak.
In
mnr
Cooper
se skriftelike betoog-punte word aangevoer dnt daar
voldoende bewys is –
"(i)
dat Appellant geglo het dat die oorledene op 'n bedrieglike wyse sy
plaas van hom verkry het;
(ii)
dat as gevolg van (i) Appellant
oorheers
is deur 'n sterk gevoel van diepe verontregting en frustrasie wat sy
selfbeheersing opmerklik verlaag het; en
(iii)
dat hy op 20 Oktober 1982 in 'n
krisis
verkeer het waarin hy on-voldoende selfbeheersing oor hom-self gehad
het",
en
dat gevolglik bevind moes gewees het - en dat
hierdie
hof nou moet bevind - dat daar versagtende
omstandighede
was. Die verhoorhof het bevind dat
die
appellant nie werklik geglo het dat hy bedrieg
was
nie, en dat sy eintlike ontevredenheid verband
gehou
het met die prys wat hy
vir
sy grond sou kry.
Na
my mening is daar nie goeie rede om te sê
dat
hierdie bevinding verkeerd is nie. Inteendeel, ek meen dat dit deur
die gekuienis geregverdig word. Wat die gee van die opsie
betref,
toon die getuienis dat die appellant self die betrokke dokument
opge-stel het, en al sou dit ook so wees dat dit, of ge-deeltes
daarvan, aan hom deur di e oorledene gedikteer was, moes hy nogtans
noodwendig geweet het wat in die dokument staan. Nadat die
dokument
opgestel is, het dit weer in Malan se kantoor ter sprake gekom. Hy
moes noodwendig weer gehoor het dat dit oor 'n opsie
gaan. 'n Paar
dae later (op 30 Oktober 1980) het hy
die
aanskellingsbrief van die oorledene ontvang waarin die oorledene hom
meegedeel het dat hy besluit het om sy "aanbod ten
opsigte van
'n koopopsie te aan-vaar." Die appellant moes dus weereens besef
het dat hy 'n opsie aan die oorledene gegee het.
Die appellant het
onder meer getuig dat hy nooit besef het dak die opsie-dokument 'n
opsie bevat het nie tot die tyd - in November
of Desember 1981 - toe
die oorledene "gepraat het van 'n opsie wat hy gaan uit-oefen."
Toe eers, se hy, het dit tot hom
"deurge-dring dat in daardie
geskrewe dokument dit genoem is van 'n opsie." Die getuienis is
klaarblyklik verwerplik,
gesien die feite hierbo genoem. Dit is ook
nie al nie : dit is teenstrydig met die appellant se ge-tuienis dat
die oorledene hom
male sonder tal gesê het dat hy nie die opsie
sou uitoefen nie. Hierdie getuienis hou immers in dat die appellant
geweet
het van
die
opsie. Die verhoorhof se bevinding dat die appellant se
ontevredenheid eintlik met die opsie-prys in verband gestaan het,
word
deur verskeie feite gestaaf. In Januarie 1981, toe die
oorledene, ná
die
uitoefening van die opsie, aan die appellant gesê
het
dat hulle 'n koopkontrak moet laat opstel, het die appellant gesê
dat
die oorledene kan koop,
maar
dan teen die markwaarde van die grond. In Maart 1982,het die
appellant se prokureur voorgestel dat die oorledene die appellant
se
grond vir R92 000 moet koop, en nie vir die "weggeeprys"
van R52 000 nie. In April 1982, toe die appellant die plaas
verlaat
het, het hy verklaar dat hy klaar is met die boerdery en liewer 'n
goeie prys vir sy grond wou kry. In Augustus 1982, tydens
die
gepoogde skikking van die dispuut tussen die partye, het die
appellant se prokureur die bedrag van R65 000 genoem as 'n bedrag
waarop daar geskik kon word. In September 1982, tydens die byeenkoms
in Van der Merwe se huis, het
die
appellant se vrou vir Van der Merwe gevra of hy nie dink dat "volgens
billike grondpryse dit (d.w.s. die opsieprys) ver
te min was nie".
Hierdie vraag is nie vir die appellant self, of in sy
teenwoordig-heid, gevra nie, maar dit koon m.i. nogkans
wat in
gesprekke tussen die appellant en sy vrou gesê
is.
Hy het self gesê
sy
vrou "ken die hele storie."
Met
betrekking tot die betoog dat die appellant geleidelik deur 'n sterk
gevoel van ver-ontregting en frustrasie oorheers is en
dat sy
"self-beheersing opmerklik verlaag" het, is ek van mening
dat daar nie getuienis is wat toon dat hy hom ooit
nie
behoorlik kon beheer nie. Daar is getuienis dat hy in Mei of Junie
1982 in 'n toestand van spanning verkeer het en dat dr Blom
hom van
kalmeerpille voor-sien het, maar dr Blom se getuienis (hierbo
vermeld) toon geensins dat die appeliant se toestand sodanig
was dat
hy homself nie behoorlik kon beheer nie. Die getuienis oor die
appellant se optrede in die maande wat daarop gevolg het,
koon m.i.
dat hy bewustelik en doelgerig te werk gegaan het om sy sin te kry
en, soos hy dit gestel het, die oorledene "tot
ander insigte"
te bring. In September 1982, ná
die
byeenkoms in Van der Merwe se huis, waar hy aan die
oorledene
gesê
het
dat hy hom soos 'n voëltjie sou jag, het hy patrone vir sy
geweer aangeskaf. Daar-na het hy twee maal na die oorledene
op die
plaas gaan soek, een keer (aldus sy getuienis) met sy ge-weer by hom.
'n Week voor 20 Oktober het hy sy suster gevra om
hom te bel as sy
die oorledene op die plaas sien, en nadat hy van haar gehoor het dat
die oorledene op die plaas was, het hy van
Upington af gery en sy
geweer en patrone gaan haal by die huis waar sy suster gewoon het.
Vandaar het hy na die plaas toe gery,
en toe hy daar aangekom het,
het hy 'n ent van die huis af stilgehou en toe in die donker na die
huis
toe gestap sodat die oorledene nie van sy aan-koms bewus moet word
nie. Hierdie gedrag van die appellant getuig van bewuste
en berekende
optrede oor 'n betreklik lang tydperk, en bied hie grond vir 'n
betoog dat die appellant in 'n toestand was waar hy
homself nie
behoorlik kon beheer nie.
Die
verdere betoog dat die appellant op 20 Oktober in 'n "krisis"
verkeer het "waarin hy onvoldoende selfbeheersing
oor homself
gehad (het)", word ook nie deur die getuienis geregverdig nie.
Toe hy die betrokke oggend van sy suster gehoor
het dat sy gesien het
dat die oorledene na die plaas toe
ry,
het hy die aand weer gebel om seker te maak dat die oorledene nog op
die plaas was, en daarna het hy sy geweer en patrone hy
sy suster se
huis gaan haal en na die plaas toe gery. Dit was doelbewuste,
be-plande optrede, en nie die gevolg van enige skielike
krisis waarin
hy hom bevind het nie. Dieselfde geld vir sy optrede nadat hy op die
plaas aangekom het : hy loop in die donker na
die huis sodat die
oorledene nie van sy aankoms bewus moet word nie, en daarna skuif hy
die venster van die oorledene se slaapkamer
oop. Hy het beweer dat hy
die aand as 'n geleentheid vir versoening gesien het, dat hy in 'n
"kalm atmosfeer"
met
die oorledene by die venster wou praat, en dat hy sy geweer maar net
vir selfverdediging saamgeneem het. Dit is klaarblyklik
onware
getuienis. Hy het ook getuig dat sy verwonding by die venster iets in
hom laat "breek" het en dat hy daarna nie
beheer oor sy
handelinge gehad het nie. Die verhoorhof het be-vind dat hy nie voor
die venster verwond is nie, maar wel in die
eetkamer, en m.i. kán
nie gesê
word
dat hierdie bevinding verkeerd is nie. Maar al sou dit ook so wees
dat hy voor die venster raakgeskiet is, toon die getuienis
geensins
dat, soos hy beweer het, sy handelinge daarna buite sy beheer en vir
hom onverklaarbaar was nie. Toe die oorledene uit
die
slaapkamer
na die badkamer toe gegaan het, het appellant die stoepdeur
oopgebreek en in die huis ingegaan. Hy het gehoor dat die
badkamerdeur oopgaan - ge-tuienis wat toon hoe deeglik hy van alles
bewus was. Hy het drie maal deur die badkamerdeur geskiet ter-wyl
die
oorledene daarin was, en hy het goed geweet dat hy dit doen. Hy moes
noodwendig geweet het dat hy die oorledene ten minste
een maal in die
badkamer raakgeskiet het. Daarna het hy die oorledene aange-rand,
soos deur die beserings aan die oorledene se
kop (twee skeurwonde aan
die voorkop en 'n ingedrewe skedelfraktuur) en bolyf (veelvuldige
skaaf- en kneusmerke) bewys word, en
toe hy uiteindelik aan die
oor-ledene sê
"Ek
het jou mos gesê
ek
sal jou doodskiet", en hom toe doodskiet, was dit die uitvoering
van 'n dreigement wat meer as 'n maand tevore geuiter was.
Ten slotte
kan in hierdie verband bygevoeg word dat toe dr Blom die appellant
die aand ná
die
voorval gesien het, hy nie tekcns gevind het dat die appellant
"geknak" was of in 'n toestand verkeer het waar hy
hom nie
kon beheer nie.
Uit
hoofde van die voorgaande word die appèl afgewys.
P.J.
RABIE
HOOFREGTER.
JOUBERT,
AR.
CILLIÉ,
AR.
Stem
saam.
SMUTS,
AR.
GROSSKOPF,AR.