Associated South African Bakeries (Pty) Ltd v Oryx & Vereinigte Backereien (Pty) Ltd en Andere [1982] ZASCA 1 (28 May 1982)

80 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Pre-emption rights — Validity of sale — Appellant sought to set aside a sale of shares by Kessler to the second respondent, asserting a right of pre-emption under a pool agreement. The second respondent claimed the sale was lawful and did not acknowledge the appellant's pre-emptive rights. The court found that the sale by Kessler was conducted in bad faith, knowing the appellant's rights, and thus the appellant was entitled to relief as the second respondent acted unlawfully in disregarding the pre-emption rights. The court a quo erred in its findings and the appellant's rights were upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1982
>>
[1982] ZASCA 1
|

|

Associated South African Bakeries (Pty) Ltd v Oryx & Vereinigte Backereien (Pty) Ltd en Andere [1982] ZASCA 1 (28 May 1982)

SAFLII
Note:
This
case was originally published by Juta and Company (Pty) Ltd. Juta
retains copyright as far as it subsists.
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAPSE
PROVINSIALE AFDELING)
In
die saak tussen:
ASSOCIATED
SOUTH AFRICAN BAKERIES (PTY)
LTD
APPELLANT
V
ORYX
& VEREINIGTE BÄCKEREIEN (PTY) LTD EN
ANDERE                 RESPONDENT
Parallel
citation:
1982 (3) SA 893
(A)
Coram:
Miller AR, Holmes Wn AR, Van Heerden Wn AR, Botha Wn AR en Hoexter Wn
AR
Heard:
March 11, 1982
Judgment:
May 28, 1982
UITSPRAAK
Case
Information
Appèl
teen 'n beslissing in die Suidwes-Afrika Afdeling (STRYDOM R). Die
feite blyk uit die uitspraak van VAN HEERDEN Wn
AR.
A
W Mostert SC (bygestaan deur A Levin ) namens die appellant: The
appellant's rights flow from a right of pre-emption. Save for

contending that it was in breach of the 'pool agreement', the
respondents have not contended that the agreement was not validly
and
properly entered into, signed or executed. The appellant's rights
were accordingly established. A right of pre-emption places
the
holder thereof in the same position in law as a prior purchaser.
Reynders v Randbank Bpk 1978 (2) SA at 637G - H; Le Roux v
Odendaal
1954 (4) SA at 442C - F; Tschirpig and Another v Kohrs 1953 SA at
289E - G; Owsianick v African Consolidated Theatres
1967 (3) SA at
318 F et seq. The second sale in the case of a double sale will be
set aside where the second purchaser was mala
fide. See Mulligan
'Double Sales and Frustrated Options' 1948 (65) SALJ at 564; Burchell
'Successive Sales' 91 SALJ at 40; De Jager
v Sisana 1930 AD at 74 and
80; Reynders v Randbank Bpk (supra at 637G - H); Kazazis v
Georghiades 1979 (3) SA at 892 - 893. Mala
fides is established not
only where there is an element of deceit but also where knowledge of
the first sale is shown. The sale
by Kessler to the second respondent
was in conflict with the right of preemption in favour of the
appellant and the existence of
that right was known to both Bremer
representing the second respondent and (obviously) to Kessler. The
appellant was entitled to
the relief sought. The Court a quo made no
finding either on the facts referred to above nor on the law. The
Court a quo refused
the appellant relief on the ground that the
second respondent was (or had been) entitled to acquire the shares in
question under
the 'pool agreement'. In so doing he ignored the
second agreement. The Court a quo erred in that the second respondent
purported
to derive its title to the shares from Kessler - not (as
would have had to have been the case) under the pool agreement from
the
appellant. No offer had been made to the second respondent in
terms of the pool agreement - nor could any such offer have been made

after appellant had sold and transferred the shares to Kessler. To
the extent to which it was found (or is inherent in the Court's

findings) that the second respondent had enjoyed rights under the
pool agreement, it had or must be deemed to have waived its rights

thereunder or, alternatively, could only assert such rights by
setting aside the sale by appellant to Kessler. The respondent's

contention in the Court a quo was that it could not be acting both
unlawfully and lawfully at (one and) the same time. This contention

was upheld by the Court. The error herein is twofold. The appellant's
cause of action is based on rights acquired from and against
Kessler
and the lawfulness or unlawfulness of the respondent's conduct
springs from the fact that it acted in defiance of the appellant's

rights in terms of an agreement with Kessler. The second error is
that the respondent was not acting nor purporting to act under
the
rights acquired by it under the first agreement. The respondent based
its claim to the shares on the fact that Kessler had
lawfully
acquired them and that it had thereafter lawfully acquired them from
Kessler. The only issue therefore was whether the
respondent was
acting unlawfully having regard to the obligation of
1982
(3) SA p895
WESSELS
AR
Kessler
under the pre-emption agreement to transfer the shares in question to
the appellant. To the extent that the respondent contended
that it
was entitled and obliged to protect its rights under the distribution
arrangements which flowed from the original 'pool
agreement' and the
tie agreements thereunder, it is clear that these distribution rights
have never been interfered with. It was,
in any event, not entitled
to protect its rights in that respect by unlawfully acquiring the
shares in disregard of the appellant's
pre-emptive rights.
S
A Celliers SC (bygestaan deur P J Henning ) namens die respondente:
Die verkoop was beide deur appellant en Kessler mala fide
in stryd
met die tweede respondent se voorkoopreg aangegaan, en die tweede
respondent het die verkoop nòg aanvaar nòg
afstand van
sy regte ten opsigte van die aandele gedoen. Derhalwe kan die tweede
respondent ingevolge sy voorkoopreg onder die
'pool agreement' die
aandele in die hande van Kessler opvolg. Of die tweede respondent die
reg gehad het om die aandele in die
hande van Kessler op te volg al
dan nie, het die tweede respondent inderdaad die aandele by Kessler
verkry, en die appellant kan
hul slegs van die tweede respondent
opeis indien hy, eerstens, nie op 'n 'reg' deur sy eie mala fides
geskep, hoef staat te maak
nie, en, tweedens, mala fides aan die kant
van die tweede respondent bewys. Vir soverre daar 'n feitegeskil op
die stukke is, moet
die aansoek beslis word op die feite deur die
respondente beweer, tesame met slegs daardie feite deur die appellant
beweer wat
erken is deur die respondente. Sien Burnkloof Caterers
(Pty) Ltd v Horseshoe Caterers (Green Point) (Pty) Ltd 1976 (2) SA te
938A
- C. Wat betref appellant se mala fides: die appellant en
Kessler was albei partye tot die 'pool agreement', en dus albei bewus

van die tweede respondent se voorkoopreg daarin vervat. Die regte van
die houer van 'n vroeëre voorkoopreg geniet dieselfde
voorrang
teenoor 'n latere koper as dié van 'n vroeëre koper of
opsiehouer teenoor 'n latere koper. Owsianick v African
Consolidated
Theatres (Pty) Ltd
1967 (3) SA 310.
Die appellant en Kessler, wat met
volle kennis van die tweede respondent se vroeëre voorkoopreg
die verkoop aangegaan het,
was dus albei mala fide en skuldig aan 'n
'species of fraud' teenoor die tweede respondent - tensy die
gewraakte verkoop met die
toestemming van, of afstanddoening van sy
regte deur, die tweede respondent geskied het. Sien De Jager v Sisana
1930 AD te 74,
80. Die appellant volg nie die voor die hand liggende
roete om aandele skriftelik en formeel aan die tweede respondent aan
te bied
nie. Geen verduideliking vir hierdie afwyking van die
ooreengekome en in die statute beliggaamde roete word aangebied nie.
Die
'waiver' wat in die plek van die voorgeskrewe prosedure kom, word
nie van die raad van direkteure van die tweede respondent verkry
nie,
maar gee voor om van al die 'beneficial holders of all the shares,
other than those beneficially held by A W K A Kessler and
Associated
South African Bakeries (Pty) Ltd ('ASAB') in the issued and paid-up
share capital of Oryx & Vereinigte Bakkerye
(Windhoek) (Edms)
Bpk' verkry te gewees het. Beide die appellant en Kessler het geweet
dat die appellant en die tweede respondent
die enigste aandeelhouers
in die eerste respondent was, en geen verduideliking vir die onware
relaas in die 'waiver' word
1982
(3) SA p896
WESSELS
AR
ooit
aangebied nie. Maar nie eers al die tweede respondent se
aandeelhouers word by die 'waiver' betrek nie: die grootste
aandeelhouer
in die tweede respondent was Oryx Bakkery Windhoek
Beherend (Edms) Bpk, 'n maatskappy waarin Bremer Meulens (Edms) Bpk
'n 37,5
per sent aandeelhouding gehad het. Die ondertekenaars van die
'waiver' sluit drie van die vier direkteure van die tweede respondent

in. Die vierde direkteur was Bremer. Die vermyding of omseiling van
Bremer is beduidend as in gedagte gehou word dat Bremer Meulens

(Edms) Bpk die konkurrent van die appellant met betrekking tot die
verskaffing van meel aan die eerste respondent was, en dat die

appellant sy verbintenis ('tie') vir verskaffing van meel aan die
eerste respondent sou verloor by vervreemding van sy aandeelhouding,

tensy hy 'n ander verbintenis beding, soos hy wel gedoen het. Indien
die tweede respondent volgens sy voorkoopreg die appellant
se aandele
gekoop het, sou hy nie die eerste respondent so 'n verdere
verbintenis laat aangaan het nie. Die afleiding uit voorgaande
is dat
appellant sy onlonende en onbevredigende belegging in die eerste
respondent wou verkoop maar die verkoop agter die rug van
die tweede
respondent (dws die volle raad van direkteure van die tweede
respondent) en in die besonder agter die rug van Bremer
wou
bewerkstellig. Appellant se mala fides by die aangaan van die verkoop
moet aanvaar word. Die appellant kan derhalwe nie die
aandele in die
tweede respondent se hande direk of indirek opvolg nie. Wat betref
tweede respondent se reg om die aandele in die
hand van Kessler op te
volg, was die gewraakte verkoop 'n kredietverkoop, en die eiendomsreg
van die aandele het op Kessler oorgegaan
op 28 Desember 1973.
McGregor's Turstees v Silberbauer 9 SC te 36; Jeffery v Pollak and
Freemantle 1938 AD te 22, 24; Bellairs
v Hodnett 1978 (1) SA te
1136G. Oor die vraag of die houer van 'n voorkoopreg, by die verkoop
van die betrokke saak, in stryd met
die voorkoopreg, aan 'n derde met
kennis, kan eis om as koper in die skoene van die derde te tree,
heers nie eenstemmigheid in
ons reg nie. In die Owsianick- saak supra
is dié vraag positief beantwoord deur OGILVIE THOMPSON en
WILLIAMSON ARR, en negatief
deur BOTHA en POTGIETER ARR. Die
benadering van OGILVIE THOMPSON en WILLIAMSON ARR vind in die huidige
geval toepassing, en die
bewoording van die voorkoopreg dui aan dat
die voorkoopreghebbende in die skoene van Kessler kan tree as koper.
Waar Kessler die
aandele vrywillig aan die tweede respondent
afgestaan het, was daar geen noodsaak om die appellant te betrek nie,
en geen noodsaak
vir litigasie nie. Die aanvaarding van die aandele
deur die tweede respondent was regmatig teenoor Kessler en teenoor
die appellant,
en die eiendomsoorgang van die gewraakte aandele kan
nie tersyde gestel word nie. Die regshulp deur die appellant aangevra
kom
in wese op 'n eis vir spesifieke nakoming van sy terugkoopreg
neer, en die Hof sou in elk geval so 'n eis in sy diskresie geweier

het.
Mostert
SC in repliek.
Cur
adv vult.
Postea
(Mei 28).
1982
(3) SA p897
Judgment
VAN
HEERDEN WN AR: Die appellant het in die Suidwes-Afrika Afdeling
aansoek gedoen om 'n bevel nisi waarvolgens, onder andere,
(a) die tweede respondent
en die derde respondent, laasgenoemde in sy hoedanigheid as
eksekuteur van die boedel van ene Kessler,
redes moes aantoon waarom
die verkoop of vervreemding en die oordrag van 15 000 aandele in die
eerste respondent, deur Kessler
aan die tweede respondent nie tersyde
gestel sou word nie;
(b) die derde respondent
redes moes aanvoer waarom hy nie gelas sou word nie om die aandele
aan die appellant aan te bied teen dieselfde
prys waarop en bedinge
waarvolgens Kessler die aandele aan die tweede respondent verkoop en
vervreem het, en
(c) die tweede en derde
respondente nie verbied sou word nie om die aandele aan iemand anders
te verkoop of te vervreem totdat die
appellant sou versuim om binne
'n tydperk van dertig dae die aanbod genoem in (b) te aanvaar.
Die
appellant se kennisgewing van mosie het verdere bedes beliggaam, maar
om redes waarop nie ingegaan hoef te word nie, is dié
nie meer
ter sake nie.
Die
aansoek is deur die eerste en tweede respondente bestry en
beantwoordende en repliserende verklarings is ingehandig. Soos ek
die
posisie verstaan, het daar by die verhoor van die aansoek nie meer 'n
rede bestaan om 'n bevel nisi uit te reik nie en het
die appellant
finale bevele aangevra. Die aansoek is egter deur STRYDOM R met koste
afgewys. Vandaar die huidige appèl wat
deur die eerste en
tweede respondente (hierna, tensy anders aangedui, die respondente
genoem) bestry word.
Die
onbetwiste agtergrondsfeite wat tot die aansoek aanleiding gegee het,
kan soos volg opgesom word:
1. Voor 29 Desember 1972
het die appellant, die tweede respondent en 'n derde maatskappy
aparte bakkerye in Windhoek bedryf. Op
bedoelde datum het die
appellant, Kessler, Bremer Meulens (Edms) Bpk ('Bremer Meulens'), die
tweede respondent, en twee ander partye
'n skriftelike
sindikaatsooreenkoms ('pool agreement') aangegaan. Daarvolgens sou 'n
maatskappy gestig word wat die drie besighede
vir eie voordeel sou
bedryf.
2. Ingevolge die
ooreenkoms sou Kessler die besturende direkteur van die nuwe
maatskappy wees; sou die appellant en die tweede respondent
in gelyke
dele houers van die aandele wees; sou 'n voorkoopsreg (wat later in
die statute van die nuwe maatskappy beliggaam is)
tussen die
aandeelhouers geld, en sou die maatskappy omskrewe gedeeltes van sy
bakkerybenodigdhede, soos meel, (hierna bloot benodigdhede
genoem)
slegs van die appellant en Bremer Meulens verkry, en sou laasgenoemde
bepaling gedurende die 'vennootskapstydperk' bly
voortduur. Hierdie
tydperk is omskryf as die tydperk waarin die appellant en die tweede
respondent gelyke aandeelhouers sou wees.
3. In uitvoering van die
ooreenkoms is die eerste respondent geïnkorporeer en is gevolg
gegee aan die ander bedinge daarvan.
Aldus het die appellant en die
tweede respondent elk die houer van 15 000 aandele in die eerste
respondent geword.
1982
(3) SA p898
VAN
HEERDEN WN AR
4. Die tersaaklike
gedeelte van die statute van die eerste respondent het soos volg
gelees:
'(a) Any member
(hereinafter called 'the transferor') proposing to transfer any share
in the company shall give a notice in writing
(hereinafter called 'a
transfer notice') to the company stating the number of shares which
the transferor wishes to transfer, and
the price which he is willing
to accept therefor.
(b) Save as hereinafter
provided such transfer notice shall be incapable of withdrawal and
shall irrevocably constitute the company
the agent of the transferor
for the purposes of transferring, selling, or disposing of the shares
comprised therein, and of executing
on behalf of the transferor all
such transfers, receipts and other documents as may be necessary to
effect registration of such
shares into the name(s) of the
transferee(s) and of receiving and giving a valid receipt for the
price of such shares as agent
for the transferor.
(c) Within seven days
after receipt of such notice the company shall make an offer
(hereinafter called 'the offer') of the shares
comprised in such
transfer notice at the cash price therein stated to the members
(other than the transferor) and as nearly as
possible in proportion
to the number of shares held by them at the date on which the offer
is made.
(d) (i) If any member
(other than the transferor) shall within 14 days of the date of the
offer, object to the price stated in the
offer, the company shall
withdraw the offer (and any acceptance received prior thereto shall
be invalid) and cause the merchant
bank, as hereinafter defined, to
certify what in its opinion is the fair selling value of all the
shares comprised in the offer
as between a willing seller and a
willing buyer.
(ii) A copy of the
merchant bank's certificate shall be served by the company upon the
tranferor as soon as possible after the certificate
has been given by
the merchant bank.
(iii) The transferor
shall be entitled, within seven days after such service upon him to
notify the company that he does not agree
the value so certified and
in such case the transfer notice given by him as aforesaid and the
offer shall be deemed to be withdrawn
and the transferor shall be
entitled to retain his shares but may thereafter only transfer them
pursuant to a new transfer notice.
(iv) If the transferor
does not so notify the company, the price certified by the merchant
bank shall thereafter be substituted
for the price stated in the
transfer notice and the offer and be conclusive and binding upon all
the members, including the transferor,
and in that event the company
shall so soon as reasonably possible make a second offer (hereinafter
called 'the second offer')
of the shares at the price so certified,
to the members (other than the transferor) as nearly as possible in
proportion to the
number of shares held by them at the date on which
the second offer is made.'
5. Omdat die eerste
respondent slegs twee aandeelhouers gehad het, is dit slegs nodig om
te meld dat die statute voorts in effek
bepaal het dat die betrokke
aandeelhouer die eerste respondent binne 21 dae in kennis kon stel
van sy voorneme om die eerste of
tweede aanbod, soos die geval mag
gewees het, te aanvaar, deur welke kennisgewing die eerste respondent
onherroeplik gemagtig sou
word om namens hom die betrokke aandele
teen die tersaaklike prys aan te koop.
6. Oorspronklik is beoog
om die eerste respondent as Oryx en Vereinigte Bäckereien
(Windhoek) (Edms) Bpk te registreer, maar
inkorporasie het met sy
huidige naam geskied, en dit is gemene saak dat in
1982
(3) SA p899
VAN
HEERDEN WN AR
'n aantal dokumente die
eerste respondent verkeerdelik met bogenoemde naam aangedui word.
7. Gedurende Desember
1973 was die appellant en die tweede respondent nog steeds die
enigste aandeelhouers van die eerste respondent.
Die direkteure van
laasgenoemde was Kessler, Leitner, Ebhardt en Bremer ('Bremer'), die
besturende direkteur van Bremer Meulens.
Die aandeelhouers van die
tweede respondent was Kessler, Leitner, Ebhardt, twee persone met die
van Schweckendiek wat blykbaar
buitelanders was, twee familielede van
Kessler, en 'n maatskappy bekend as Oryx Beherend. Vanweë 'n
65,26 persent aandeelhouding
kon laasgenoemde effektiewe beheer oor
die tweede respondent uitoefen. Kessler (63 persent) en Bremer
Meulens (37 persent) was
egter die enigste aandeelhouers van Oryx
Beherend en dit volg dus dat Kessler, wat besturende direkteur van
Oryx Beherend en die
tweede respondent was, beheer oor albei
maatskappye gehad het.
8. Op 28 Desember 1973
het die appellant en Kessler 'n skriftelike ooreenkoms ('die 1973
ooreenkoms') aangegaan. Daarvolgens het
die appellant al sy aandele
in en vorderings teen die eerste respondent aan Kessler verkoop vir
die som van R150 000. Die waarde
van die vorderings is op R149 998 en
dié van die aandele op R2 gestel. Indien die aandele aan
Kessler oorgedra sou word,
sou hy en die tweede respondent dus die
enigste en gelyke aandeelhouers van die eerste respondent gewees het.
9. Terselfdertyd is
verdere skriftelike ooreenkomste ('aksessore ooreenkomste')
onderteken. Eerstens het die eerste respondent hom
verbind om vir 'n
tydperk van 10 jaar 62 per sent van sy benodigdhede ten opsigte van
meel en koringprodukte, asook sekere ander
benodigdhede, slegs van
die appellant te verkry. Daardeur sou nieteenstaande die verstryking
van die vennootskapstydperk die eerste
respondent se verpligting
teenoor die appellant betreffende sodanige benodigdhede voortduur
(vide para 2 supra ). Geen uitdruklike
voorsiening is gemaak vir die
bestendiging van die eerste respondent se soortgelyke verpligting
teenoor Bremer Meulens nie, maar
aanvaar kan word dat Kessler en die
eerste respondent beoog het dat dit sou voortduur, en in die praktyk
is aan die (hernude) verpligting
gevolg gegee.
10. Tweedens het Kessler,
Leitner, Ebhardt en die genoemde twee familielede van Kessler 'n
afstanddoening ten gunste van die appellant
onderteken. Hulle het
hulself beskryf as die enigste 'beneficial holders' van al die
aandele in die eerste respondent, met uitsondering
van die aandele
gehou deur Kessler en die appellant, en het (a) toegestem, insoverre
toestemming nodig was, tot die verkoop deur
die appellant aan Kessler
van al eersgenoemde se aandele in en vorderings teen die eerste
respondent, en (b) afstand gedoen van
enige regte wat hulle mag gehad
het om bedoelde aandele en vorderings vanaf die appellant te koop.
Dit is gemene saak dat
die genoemde beskrywing verkeerd was, aangesien nie een van die
ondertekenaars 'n aandeelhouer van die eerste
respondent was nie, en
omdat hulle ook nie die enigste persone was wat op indirekte wyse 'n
belang in die aandele van die eerste
respondent
1982
(3) SA p900
VAN
HEERDEN WN AR
gehad het nie. Soos reeds
genoem, was die appellant en die tweede respondent die enigste
aandeelhouers van die eerste respondent,
en was benewens die genoemde
persone ook die twee Schweckendieks en Oryx Beherend aandeelhouers
van die tweede respondent. Die
Schweckendieks was in die buiteland en
hul aandeelhouding was gering, maar Oryx Beherend het meer as die
helfte van die aandele
in die tweede respondent gehou en kon dit dus
beheer. Die afstanddoening kon dus nie as een deur al die
aandeelhouers van die tweede
respondent beskou word nie. Weliswaar
het Kessler deur sy aandeelhouding in Oryx Beherend daardie
maatskappy beheer, maar Bremer
Meulens was ook 'n substansiële
aandeelhouer. Voorts het slegs drie van die vier direkteure van die
tweede respondent - en
nie ook Bremer nie - die betrokke dokument
geteken, en het dit dus ook nie 'n afstanddoening deur die direksie
van die tweede respondent
gekonstitueer nie.
11. Volgens 'n verdere
aksessore ooreenkoms het die ondertekenaars van die afstanddoening 'n
voorkoopsreg aan die appellant verleen
ten opsigte van al hul aandele
in en vorderings teen die eerste respondent. Vanweë die feit dat
nie een van hulle 'n aandeelhouer
van die eerste respondent was of
geword het nie, en dat slegs Kessler as gevolg van die ooreenkoms van
Desember 1973 sodanige aandele
en vorderings sou verkry, is dit slegs
nodig om die tersaaklike bedinge van die voorkoopsooreenkoms soos
hulle tussen Kessler en
die appellant sou geld, uiteen te sit.
Daarvolgens was Kessler nie geregtig nie om die betrokke aandele en
vorderings in en teen
die eerste respondent aan 'n derde te verkoop
of vervreem alvorens hy die aandele en vorderings aan die appellant
aangebied het
teen dieselfde prys en ooreenkomstig dieselfde bedinge
as dié waarop hy bereid was om aan 'n derde te verkoop. Enige
sodanige
aanbod moes skriftelik gemaak word met vermelding van die
naam en adres van die derde, en die appellant kon die aanbod aanvaar
binne 'n tydperk van dertig dae na ontvangs daarvan.
12. Die appellant se
motivering vir die verkoop van die aandele aan Kessler was
besorgdheid oor die finansiële posisie van
die eerste respondent
en die wyse waarop Kessler dit as besturende direkteur beheer het.
Dit was egter vir die appellant as verskaffer
van bakkerybenodigdhede
van belang om voorsiening te maak, soos wel gedoen is, vir die
voortsetting van die genoemde verpligting
van die eerste respondent
teenoor die appellant betreffende verkryging van meel, ens, en vir 'n
voorkoopsreg sodat die aandele
nie moontlik later direk of indirek
aan die appellant se mededinger (Bremer Meulens) sou toeval nie. Op
sy beurt was dit vir Bremer
Meulens van ewe groot belang dat die
eerste respondent se soortgelyke verpligting teenoor eersgenoemde sou
bly voortbestaan.
13. Ten einde gevolg te
gee aan die 1973 ooreenkoms het die appellant 'n getekende
oordragvorm betreffende sy aandele in die eerste
respondent aan
Kessler besorg. Om redes wat sal blyk, is van die vorm gebruik gemaak
om die oordrag van die aandele direk ten gunste
van die tweede
respondent te registreer.
14. Soos blyk uit wat
reeds gesê is, was Bremer Meulens nie 'n party tot die 1973
ooreenkoms of enige van sy aksessore ooreenkomste
nie.
1982
(3) SA p901
VAN
HEERDEN WN AR
Meer bepaald was Bremer
Meulens, 'n minderheidsaandeelhouer van die tweede respondent, en
Bremer, 'n direkteur van die tweede respondent,
nie 'n party tot die
afstanddoening nie.
15. Daar bestaan 'n
geskil oor die vraag of Bremer (namens Bremer Meulens) voor die
aangaan van die 1973 ooreenkoms bewus was van
die voornemens van die
appellant en Kessler. Ek sal later na hierdie geskil terugkeer. Dit
staan egter vas dat alvorens Bremer
opgetree het soos hieronder
uiteengesit, hy ten volle bewus was van die 1973 ooreenkoms asook die
aksessore ooreenkomste daartoe.
Wat vir huidige doeleindes van belang
is, is dat Bremer bewus was van die voorkoopsreg wat die appellant in
sy guns beding het.
16. Bremer beweer dat hy
gedurende of ongeveer Maart 1974 vir die eerste keer kennis gekry van
die aangaan van die 1973 ooreenkoms.
Omdat Bremer Meulens se regte
ingevolge die sindikaatsooreenkoms daardeur in gevaar gestel is weens
verstryking van die vennootskapstydperk,
het hy teenoor Kessler
beswaar gemaak teen die feit dat die appellant se aandele aan
eersgenoemde verkoop is sonder nakoming van
die voorkoopsbepalings in
die eerste respondent se statute. Sy houding was dat die tweede
respondent, en nie Kessler nie, die aandele
moes gekoop het. Hier
dien gemeld te word dat dit nie vir my duidelik is nie hoe die
aankoop van die aandele deur die tweede respondent
die verpligting
van die eerste respondent teenoor Bremer Meulens sou bestendig het.
Selfs indien dit sou gebeur het, sou die vennootskapstydperk
soos
omskryf in die sindikaatsooreenkoms verstryk het. En aangesien Bremer
slegs een van 'n aantal direkteure van die tweede respondent
was, en
Bremer Meulens slegs by wyse van 'n minderheidsaandeelhouding in die
tweede respondent 'n belang in die eerste respondent
gehad het, sou
nòg hy nòg Bremer Meulens in 'n posisie gewees het om
die eerste respondent te dwing om 'n nuwe verpligting
teenoor Bremer
Meulens aan te gaan.
17. Volgens Bremer het hy
druk op Kessler uitgeoefen en het laasgenoemde later toegestem om die
aandele en vorderings aan die tweede
respondent te verkoop vir R150
000 (alhoewel Kessler aanvanklik 'n groter koopprys wou hê).
18. Alhoewel die
oordragvorm geteken deur die appellant in die guns van Kessler
gestrek het, het die eerste respondent op grond
daarvan in die loop
van 1974 die aandele in die naam van die tweede respondent
geregistreer. Daarna was die tweede respondent die
enigste
aandeelhouer van die eerste respondent.
19. Kessler is teen die
einde van 1978 oorlede en op 4 Januarie 1979 het die appellant vir
die eerste keer bewus geword dat die
aandele soos voornoemd aan die
tweede respondent oorgedra is. Op 16 Januarie het die appellant toe
skrywes laat rig aan oa die
derde respondent. Hierin is verwys na die
appellant se voorkoopsreg, die houding ingeneem dat Kessler in
verbreking van sy kontraktuele
verpligtinge die aandele aan die
tweede respondent oorgedra het, en inligting versoek aangaande die
verkoop en oordrag daarvan.
Op 13 Februarie is namens die appellant
rapelle gestuur en ook 'n skrywe aan Bremer Meulens gerig. Daarin is
gewys op die skepping
van die voorkoopsreg wat teen Kessler en ten
behoewe van die appellant sou geld; genoem dat die tweede
1982
(3) SA p902
VAN
HEERDEN WN AR
respondent toestemming
verleen het tot die verkoop van die aandele en vorderings deur die
appellant aan Kessler, en die houding
ingeneem dat Kessler
kontrakbreuk gepleeg het deur die aandele aan die tweede respondent
oor te dra. Ook Bremer Meulens is om bogenoemde
inligting versoek.
20. Op 2 Maart het Bremer
namens Bremer Meulens laasgenoemde skrywe beantwoord. Die tersaaklike
gedeelte van die brief lees soos
volg:
'We entered into a
contract to which we were all parties and according to which a
certain precentage of flour had to be bought from
you. Subsequently
Mr Yates phoned us to tell us that you were not satisfied with the
profits and management of Mr Kessler snr.
The
next I heard was that Mr Kessler informed me that he had bought the
shares with Premier Milling. He subsequently informed the
board of
Oryx Bakery that he was prepared to transfer the shares he bought to
the holding company and he gave me the assurance
that he did not in
any way oblige himself or the company and did not undertake any
obligations that could harm our interests.'
Die
'holding company' waarna verwys is, was klaarblyklik die tweede
respondent. Duidelikheidshalwe moet ook gemeld word dat Bremer
met
die woorde 'Premier Milling' die appellant bedoel het.
'n
Deel van die aangehaalde paragraaf kom beslis vreemd voor. Dit is
duidelik dat Bremer laatstens gedurende die eerste kwartaal
van 1974
bewus was van die verkoop van aandele aan Kessler en van die feit dat
die appellant 'n voorkoopsreg teen Kessler beding
het. Die kriptiese
bewering dat Kessler vir Bremer verseker het dat geen verpligting van
hom in stryd was nie met die oordrag van
die aandele aan die tweede
respondent, val dus nie maklik te begryp nie. Ook sal opgelet word
dat geen woord gesê word nie
oor die oordrag van Kessler se
aangekoopte vorderings teen die eerste respondent.
Tot
dusver het ek dit oor die onbetwiste bewerings gehad. In die
bestrydende verklaring wat Bremer namens die eerste en tweede
respondente gemaak het - hy was toe blykbaar in effektiewe beheer van
beide - sê hy dat dit teen die einde van 1973 tot sy
aandag
gekom het dat die appellant sy belange in die eerste respondent wou
verkoop en in dié verband samesprekings met Kessler
gehad het.
In Januarie 1974 het hy gehoor dat 'n koopkontrak wel aangegaan was,
maar eers meer as 'n maand later, en na navraag
van sy kant, het hy
afskrifte van die 1973 en aksessore ooreenkomste ontvang. Hy het
besef dat die verkoping in stryd met die tweede
respondent se
voorkoopsreg plaasgevind het, maar was ook bewus dat Bremer Meulens
nie 'n aandeelhouer van die tweede respondent
nie, en slegs 'n
minderheidsaandeelhouer van Oryx Beherend, was. In 'n 'magstryd' teen
Kessler sou laasgenoemde dus sy magsposisie
as
meerderheidsaandeelhouer van Oryx Beherend en sy vermoë om die
direksie van die tweede respondent te beheer, kon aanwend.
Derhalwe
was dit vir Bremer Meulens nie prakties om die tweede respondent teen
Kessler te laat optree nie.
Bremer
het toe teenoor Kessler daarop aangedring dat die eerste respondent
se verbintenis tov benodigdhede met Bremer Meulens bestendig
moes
word en dat die appellant se aandeelhouding in die eerste respondent
nie deur Kessler nie, maar wel deur die tweede respondent,
1982
(3) SA p903
VAN
HEERDEN WN AR
verkry
moes word. As gevolg van die aandrang het Kessler ingewillig om die
aangekoopte aandele en vorderings (voortspruitende uit

leningsrekenings) teen 'n prys van R150 000 aan die tweede respondent
oor te dra, en om die genoemde verbintenis te bestendig.
Die
verkoping is later bevestig op aandeelhouersvergaderings van die
eerste en tweede respondente en met gebruikmaking van die
oordragvorm
wat die appellant op 9 Julie 1974 ten gunste van Kessler onderteken
het, is die aandele toe in die naam van die tweede
respondent
geregistreer. Ter regverdiging van hierdie optrede sê Bremer:
'... dat, nadat die
applikant (die appellant) sy voorneme om sy aandele in die eerste
respondent oor te dra, gevorm en gemanifesteer
het, die tweede
respondent geregtig was om daardie aandele te bekom...'
Ten
slotte wys Bremer op billikheidsoorwegings wat daarteen spreek dat
die appellant na verloop van ongeveer vyf jaar
'na sy eie onregmatige
poging om sy aandeelhouding in die eerste respondent aan Kessler te
verkoop, nou terugoordrag van die aandele
vanaf die tweede
respondent... (kan) eis...'
In
die repliserende verklaring word vir die eerste keer spesifiek genoem
dat Bremer (namens Bremer Meulens) toegestem het tot die
verkoop aan
Kessler. Die deponent (Yates) meld dat hy namens die appellant
teenwoordig was by 'n byeenkoms in Windhoek wat Kessler
in Oktober
1973 belê het. Aldaar het Kessler aangebied om die appellant se
belange in die eerste respondent aan te koop.
Gevra waarom Bremer nie
teenwoordig was nie, het Kessler gesê dat Bremer Meulens net 'n
indirekte minderheidsbelang in die
tweede respondent gehad het en dat
Kessler beoog het om dit - dws Bremer Meulens se aandeelhouding in
Oryx Beherend - te verkry.
Hierna, maar voordat die 1973 ooreenkomste
aangegaan is, het Yates ('n direkteur van die appellant) die aanbod
met Bremer bespreek.
Laasgenoemde het gesê dat hy geen beswaar
gehad het nie mits die eerste respondent se verbintenis met Bremer
Meulens nie
deur die voorgestelde ooreenkoms geraak sou word nie.
Die
deponent steun op 'n skrywe wat Bremer op 11 Maart 1974 namens Bremer
Meulens aan die deponent gerig het. Die tersaaklike gedeelte
lees
soos volg:
'Although I am grateful
for the assurance you and Mr Bloom have given me that your flour tie
would not be affected if you would
buy out Mr Kessler or sell to him,
but that the flour tie remains as it was in the agreement to which we
were a party when Oryx
and Vereinigte were amalgamated, our attorneys
have advised that we must have the position clarified as they cannot
advise us on
the basis of the documents you have forwarded to them.'
Opgelet
sal word dat Bremer, wat volgens sy eie erkenning in Januarie 1974
bewus was dat Kessler en die appellant in die vorige
Desember die
1973 ooreenkoms aangegaan het, verwys na 'n versekering wat namens
die appellant gegee is indien 'n koopkontrak gesluit
sou word. Dit
skep die indruk dat die versekering gegee is alvorens die koopkontrak
aangegaan is, en bied 'n mate van steun vir
die appellant se bewering
dat Bremer bewus was van die voorgenome verkoping.
Ten
aansien van die oordrag van die aandele en vorderings aan die tweede
respondent, beweer die appellant dat, aangesien Bremer
Meulens die
appellant se mededinger was, laasgenoemde nie sou toegestem
1982
(3) SA p904
VAN
HEERDEN WN AR
het
nie tot bedoelde oordrag wat Bremer Meulens se indirekte belang in
die eerste respondent sou vergroot.
Die
Verhoorhof het bevind dat daar uit die stukke 'n geskil geblyk het
aangaande die vraag of Bremer in 1973 toegestem het tot die
verkoop
of oordrag van die aandele aan Kessler, en dat dit nie in die
mosieverrigtinge besleg kon word nie. Geen melding word in
die
uitspraak gemaak nie van 'n versoek van enige van die partye dat
mondelinge getuienis aangebied kon word, of van oorweging,
deur die
Hof a quo, van die moontlikheid om mero motu die geskil deur sodanige
getuienis te laat besleg. Die aansoek is egter van
die hand gewys
omdat, soos ek die Hof se kort motivering begryp, die oordrag van die
aandele aan die tweede respondent slegs gedien
het om die appellant
se eie onregmatige vervreemding van die aandele aan Kessler ongedaan
te maak.
Die
appellant se smeekbedes was in hoofsaak gerig op positiewe afdwinging
van sy verkoopsreg. Gesien die uitsprake in Owsianick
v African
Consolidated Theatres (Pty) Ltd
1967 (3) SA 310
(A), ontstaan die
vraag of die appellant hoegenaamd op sodanige afdwinging aanspraak
kon maak, en of sy enigste remedie nie 'n
vordering vir
skadevergoeding was nie. Om verskillende redes was die advokate vir
die appellant en die respondente dit eens dat
die houer van 'n
voorkoopsreg na die sluiting van 'n koopkontrak in stryd met sy reg -
en in sekere gevalle selfs na lewering van
die koopgoed aan die
latere koper - op die merx aanspraak kan maak, en ek meen dat hulle
gelyk gegee moet word.
In
die Owsianick- saak het die volgende, deur my vereenvoudigde,
feitekompleks ter sprake gekom: 'n Huurkontrak het bepaal dat indien

die verhuurder gedurende die huurtermyn begerig sou wees om die
perseel te verkoop, sy dit eers aan die huurder moes aanbied teen
die
prys waarteen en die bedinge waarvolgens sy bereid was om die perseel
aan 'n bona fide koper of kopers te verkoop. Voor verstryking
van die
huurtermyn het die verhuurder 'n tweede huurkontrak met 'n derde
aangegaan. Daarvolgens is aan die derde 'n opsie verleen
om die
perseel aan te koop gedurende die tweede huurtermyn wat na
verstryking van die eerste termyn 'n aanvang sou neem. In 'n
aksie
wat die huurder teen die verhuurder ingestel het, is aanspraak gemaak
op 'n bevel om die verhuurder te verplig om die perseel
aan die
huurder teen die opsieprys te koop aan te bied. In haar verweerskrif
het die verhuurder ontken dat sy 'n begeerte om te
verkoop, soos
bedoel in die eerste huurkontrak, gevorm het, en in die alternatief
aangevoer dat die opsie nie voor verstryking
van die huurder se
huurtermyn uitgeoefen kon word nie. Die huurder het daarna 'n
eksepsie teen die verweerskrif aangeteken op die
grond dat dit geen
verweer teen sy aksie daargestel het nie.
Opgelet
sal word dat die vraag of die huurder op die aangevraagde bevel
aanspraak kon maak, nie direk deur die eksepsie ter sprake
gebring is
nie. BOTHA AR, met wie POTGIETER AR saamgestem het, het egter die
regte van die houer van 'n voorkoopsreg ontleed en
besluit dat,
afgesien van die verkryging van 'n interdik om sy regte te beskerm,
die houer nie lewering van die koopgoed kan vorder
alvorens
1982
(3) SA p905
VAN
HEERDEN WN AR
die
goed aan 'n derde verkoop is nie. Omdat die huurder slegs 'n opsie
verleen het, was die remedies van die houer van 'n voorkoopsreg
na
sluiting van 'n koopkontrak met 'n derde nie werklik ter sake nie,
maar BOTHA AR het tog, soos dit my voorkom, die mening uitgespreek

dat die houer in sodanige geval ook nie die koopgoed kan vorder nie.
OGILVIE
THOMPSON AR het 'n teenoorgestelde standpunt gehuldig. Hy was van
mening dat sodra die voorwaarde, wat aan 'n voorkoopsreg
slegs
latente regskrag verleen, in werking tree, die houer 'n aanspraak op
die koopgoed verkry. Sy standpunt bring dus mee dat,
indien die
voorwaardelike gebeurtenis die sluiting van 'n koopkontrak tussen die
verkoper en 'n derde is, die houer onmiddellik
na sluiting van die
koopkontrak as koper in die plek van die derde kan tree en
laasgenoemde se regte ingevolge die kontrak teen
die verkoper kan
afdwing.
WILLIAMSON
AR het dit nie nodig geag om oor die onderhawige vraag standpunt in
te neem nie, maar het tog 'n prima facie voorkeur
vir die mening van
OGILVIE THOMPSON AR uitgespreek, terwyl die vyfde lid van die Hof,
WESSELS AR, verkies het om die vraag heeltemal
links te laat.
In
Bellairs v Hodnett and Another
1978 (1) SA 1109
(A) te 1139, het
hierdie Hof na die uiteenlopende menings van BOTHA en OGILVIE
THOMPSON ARR verwys, maar voortgegaan om vir die
doeleindes van
daardie appèl bloot te veronderstel dat die houer van 'n
voorkoopsreg dit op positiewe wyse kan afdwing.
By
'n ondersoek na die regte van die houer van 'n voorkoopsreg is 'n
aanknopingspunt te vind in D 18.1.75, die tersaaklike gedeelte

waarvan soos volg lees (my vertaling):
'Indien die verkoper van
grond beding dat in geval die koper (later) begerig sou wees om te
verkoop, laasgenoemde slegs aan die
verkoper mag herverkoop, kan die
koper die actio empti instel om die beding af te dwing.'
In
kommentare op die Romeinse reg word algemeen aanvaar dat die teks op
'n voorkoopsreg (jus protimeseos ) ten gunste van die verkoper
van
goed betrekking het. Raadpleeg oa Zulueta The Roman Law of Sale te 57
- 8; Buckland A Textbook of Roman Law 3rde uitg te 495;
Moyle
Contract of Sale in the Civil Law te 176; Glück Erläuterung
der Pandekten band 16 te 156, en Puchta Pandekten 8ste
uitg te 523.
Omdat aan die houer van die reg die actio empti toegeken word, kom
dit voor dat Romeinsregtelik die houer se regte,
wanneer hy wel kon
ageer, gelyk gestel is aan dié van 'n gewone koper.
In
sy genoemde uitspraak verwys BOTHA AR nie na D 18.1.75 nie, maar
aanvaar hy dat volgens Van Zutphen Nederlandsche Practijke,
sv
'voorcoop', wat hoofsaaklik op Berlichius Conclusiones deel 2 C 40
nrs 54 en 55, steun, die houer van 'n voorkoopsreg na 'n
verkoop
(maar voor lewering) aan 'n derde die koopgoed kan opeis. BOTHA AR
gee voorts toe dat Van Zutphen die indruk skep dat in
die genoemde
omstandighede die houer in die plek van die derde kan tree en aldus
laasgenoemde se regte ingevolge die koopkontrak
kan afdwing. Van
Zutphen se opvattings word vervolgens soos volg gekritiseer
(Owsianick- saak supra te 323)
'It is clear, however,
that Van Zutphen has... wrongly imported, in relation to a
conventional 'voorkoopsreg', the legal position
applicable under the
1982
(3) SA p906
VAN
HEERDEN WN AR
Dutch law of 'naesting',
or the legal jus retractus, under which a person had, in regard to
certain immovable property, whenever
it was sold to a third party,
the right to demand that he be allowed to step in the buyer's place,
and thus also in regard to the
payment of the purchase price... The
Dutch law of 'naesting' is not part of the modern law... and there is
no procedure known to
our law whereby the grantee of a right of
pre-emption may, in the event of a sale to another in conflict with
his rights, demand
that he be allowed to step into the buyer's
place.'
Dit
is waar dat Van Zutphen waarskynlik 'n kontraktuele voorkoopsreg as
analoog tot 'n naastingsreg, wat ex lege voortvloei, gesien
het, maar
in hierdie opsig staan hy hoegenaamd nie alleen nie. So, bv, verklaar
Praelectiones Juris Civilis 18.5.12 dat 'n pactum
de retrovendendo en
soortgelyke ooreenkomste (wat 'n gewone voorkoopsooreenkoms sou
insluit) 'n vorm van naasting is. Voet 18.3.9
- 10, Schrassert
Practicae Observationes 92.4 en Van Leeuwen Censura Forensis I. IV.
20.4, spreek in dieselfde sin en so-ook Berlichius
(op cit II.40.53
ev) wat met een uitsondering waarop ek later terugkom, die
gemeenregtelike naastingsreg gelyk stel aan die naastingsreg
(jus
retractus of jus protimiseos ) wat iemand kontraktueel toeval.
Ook
latere Duitse skrywers oor die Romeinse en Duitse gemene reg laat
hulle in dieselfde trant uit. So, bv sê Glück (op
cit band
16 te 167) dat 'n naastingsreg ex contractu, testamentêr of ex
lege kan ontstaan. Wat 'n bedonge naastingsreg betref,
is dit
duidelik dat Glück dit het oor 'n voorkoopsreg in die algemeen
en nie bloot oor een wat deur die verkoper van goed
voorbehou is nie.
Raadpleeg ook Windscheid Pandecten 8ste uitg band 2 te 603 - 4.
Volgens
Van Zutphen (op cit nr 6) kan die houer van 'n voorkoopsreg in geval
van 'n verkoop in stryd met sy reg in die plek van
die derde tree
selfs al het lewering reeds geskied, indien die derde geweet het dat
die koopgoed aan die voorkoopsreg onderhewig
was. In geval van 'n
onkundige derde is die houer se enigste remedie 'n aksie vir
skadevergoeding teen die verkoper. Hy steun oa
op Berlichius (op cit
nr 64) wat inderdaad dieselfde sê. Ook Glück (op cit band
16 te 167 - 8) wat daarop wys dat 'n
kontraktuele voorkoopsreg van 'n
gemeenregtelike naastingsreg verskil in die opsig dat eersgenoemde
slegs 'n persoonlike reg, en
nie 'n saaklike een, is nie, ken aan die
houer van 'n voorkoopsreg wat in die plek van die derde tree, 'n
aanspraak op die koopgoed
toe selfs nadat lewering geskied het indien
die derde bewus was van die bestaan van die voorkoopsreg.
Alhoewel
Van Zutphen en Berlichius nie in soveel woorde so sê nie, is
die onvermydelike gevolg van hul standpunte dat die
houer van 'n
voorkoopsreg wat na 'n verkoop aan 'n derde sy reg uitoefen, die
regte en verpligtinge van die derde ingevolge die
koopkontrak
oorneem. Glück (op cit band 16 te 157) sê dan ook dat
indien die reghebbende sy voorkoopsreg uitoefen, hy
bereid moet wees
tot nakoming van al die verpligtinge wat die derde kontraktueel
teenoor die verkoper opgeloop het.
Met
die eerste oogopslag kom dit voor asof Voet 18.1.2 tot 'n mate in
stryd is met bogenoemde opvattings betreffende die effek van
'n
voorkoopsreg. Voet sê naamlik dat, indien 'n verkoper in stryd
met 'n voorkoopsreg 'n koopkontrak met 'n derde aangaan,
die
reghebbende
1982
(3) SA p907
VAN
HEERDEN WN AR
'n
aksie vir skadevergoeding het en maak nie melding van 'n reg om die
koopgoed te vorder nie. Ek stem egter saam met OGILVIE THOMSPON
AR
(Owsianick- saak supra te 319) dat Voet tap dit het oor 'n geval
waarin lewering van die koopgoed aan 'n bona fide derde reeds
geskied
het. Dit is dan ook opmerklik dat wat Voet sê, ooreenstem met
Van Zutphen (op cit nr V) se standpunt dat na lewering
die
reghebbende slegs 'n aksie vir skadevergoeding teen die verkoper het,
maar dat laasgenoemde in die volgende nommer spesifiek
die geval
uitsonder waarin die derde kennis van die voorkoopsreg gehad het.
Dit
is nog nodig om te let op BOTHA AR se stelling (Owsianick- saak supra
te 322) dat Van Zutphen (op cit nrs 4 en 6) steun op Berlichius
wat
op sy beurt dit het oor 'n konvensionele jus retractus en nie 'n
konvensionele voorkoopsreg nie, en dat dit nie duidelik is
dat die
regte van die twee soorte reghebbendes identies is nie. Dit is waar
dat aan 'n jus retractus in enge sin blykbaar saaklike
werking
verleen is, dws dit kon ook teen 'n onkundige derde afgedwing word,
maar dit blyk nie dat skrywers aan my bekend enige
verdere
tersaaklike onderskeid tussen die genoemde twee regte trek nie.
Bowendien kom dit my, met eerbied, voor dat Berlichius
in nrs 53 ev
wel skryf oor 'n voorkoopsreg in die algemeen, en nie net oor die
besondere geval waarin 'n verkoper vir hom teenoor
sy koper 'n opsie
of 'n voorkoopsreg (dws 'n jus retractus ) voorbehou het nie.
Die
voorgaande uiteensetting van die menings van skrywers oor die
Romeins-Hollandse en Duitse gemene reg kan nou soos volg saamgevat

word:
(a) Behalwe dat die houer
van 'n voorkoopsreg 'n bloot persoonlike reg het, word geen
tersaaklike onderskeid tussen enersyds, sy
reg en, andersyds, 'n
naastingsreg wat ex lege voortspruit en 'n jus retractus getrek nie.
(b) Indien 'n verkoper in
stryd met 'n voorkoopsreg 'n koopkontrak met 'n derde aangaan, kan
die koper deur 'n eensydige wilsverklaring
in die plek van die derde
tree. 'n Koopkontrak word dan geag aangegaan te gewees het tussen die
verkoper en die houer van die voorkoopsreg.
(c) Indien lewering reeds
geskied het, kan die reghebbende nie met sy persoonlike reg die
koopgoed in die hande van die derde opvolg
nie tensy laasgenoemde
bewus was van die bestaan van die voorkoopsreg.
Dit
is insiggewend om daarop te let dat die menings van skrywers soos Van
Zutphen en Glück weerklank vind in moderne regstelsels.
Volgens
die Duitse Burgerlike Wetboek kan die reghebbende nadat 'n
koopkontrak in stryd met sy reg aangegaan is, in die plek van
die
derde tree. Larenz Lehrbuch des Schuldrechts 12de uitg band 2 te 129
omskryf die statutêr gereguleerde, persoonlike voorkoopsreg
as
'n 'Gestaltungsrecht', dws
''n reg om deur 'n
eensydige, regskeppende wilsverklaring 'n koopkontrak tot stand te
bring met dieselfde inhoud as die kontrak
wat die verkoper met die
derde aangegaan het'.
Raadpleeg
ook Enneccerus-Lehmann Schuldrecht 15de uitg te 473 - 4.
Wat
die Amerikaanse reg betref, skryf Corbin Contracts band 1A te
1982
(3) SA p908
VAN
HEERDEN WN AR
473
- 4, die volgende aangaande 'n geval waarin O aan B 'n voorkoopsreg
verleen het:
'When O receives an offer
from C ('n derde), his acceptance of that offer without first
offering to B on the same terms is a breach
for which B can recover
damages, but it also has the effect of an offer to sell to B, giving
him a power of acceptance. O's promise
to make that offer is
specifically enforceable, and if B gives notice of acceptance he
consummates a contract to sell on the terms
offered by C and accepted
by O. He can get a decree for specific performance against both O and
C, unless C has already received
conveyance and is protected as an
innocent purchaser for value.'
Ek
kan geen rede vind waarom nie in die Suid-Afrikaanse reg gevolg gegee
sal word nie aan die gemeenregtelike siening van die aard
van 'n
voorkoopsreg soos opgesom in (a) tot (c) hierbo, en wat in
ooreenstemming is met die regsreëls wat huidiglik in lande
soos
Duitsland en Amerika geld. 'n Voorkoopsreg is, behalwe vir sy
persoonlike werking, beslis anoloog met die gemeenregtelike

naastingsreg en 'n jus retractus, en dit bevredig sekerlik nie die
regsgevoel nie indien 'n verkoper wat hom verbind het om indien
hy 'n
saak wil verkoop, 'n koopkontrak met 'n houer van 'n voorkoopsreg aan
te gaan, behoudens aanspreeklikheid vir skadevergoeding
sy
verpligting as't ware ongedaan kan maak nie. En wat die kennisleer
betref, het dit reeds wye erkenning in soortgelyke verband
in ons reg
gevind. Raadpleeg oa De Jager v Sisana
1930 AD 71
en Le Roux v
Odendaal and Others
1954 (4) SA 432
(N). Ek kan dus, met eerbied, nie
saamstem nie met die reedsgenoemde gevolgtrekkings van BOTHA AR
aangaande die remedies van sodanige
reghebbende.
Duidelikheidshalwe
moet gemeld word dat dit vir die doeleindes van die onderhawige appèl
nie nodig is nie om 'n mening aangaande
die volgende vrae uit te
spreek:
(i) Of die houer van 'n
voorkoopsreg 'n koopkontrak tussen hom en die verkoper tot stand kan
bring slegs nadat 'n koopkontrak met
'n derde aangegaan is en nie
ook, bv, indien die verkoper 'n aanbod aan die derde gemaak het nie.
Moontlik kan die presiese bewoording
van die voorkoopsreg in hierdie
verband van belang wees.
(ii) Of die reghebbende
in die plek van die derde kan tree indien die betrokke koopkontrak
aan bepaalde vormvereistes, soos bv in
geval van verkoop van
onroerende goed, moet voldoen.
(iii) Of die tydstip
waarop die al of nie kennis van die derde aangaande die voorkoopsreg
van belang is, verband hou met die sluiting
van die koopkontrak of
met die lewering van die koopgoed.
Ek
sê dat hierdie vrae nie vir beslegting opduik nie omdat Kessler
wel die aandele en vorderings aan die tweede respondent
verkoop het,
die kontrak vormvry aangegaan kon word, en die tweede respondent
deurgaans kennis van die appellant se voorkoopsreg
gedra het.
Ek
keer terug na die feite van die onderhawige appèl. Die
voorkoopsreg waarvoor die statute van die eerste respondent
voorsiening
gemaak het, verskil van die normale voorkoopsreg in die
sin dat 'n aandeelhouer wat sy aandele wou verkoop 'n kennisgewing
aan
die eerste respondent moes rig en dat die maatskappy daarna as
verteenwoordiger
1982
(3) SA p909
VAN
HEERDEN WN AR
van
alle aandeelhouers moes optree. Waarskynlik is die betrokke bepalings
opgestel aan die hand van 'n voorbeeld wat bedoel was
om te geld in
'n geval waarin 'n maatskappy meer as twee aandeelhouers het. Die
eerste respondent het egter slegs twee aandeelhouers
gehad en het
voorts nie 'n onafhanklike belang in 'n verkoop van aandele en
vorderings deur sy een aandeelhouer aan die ander een
gehad nie.
Indien die appellant dus in 1973 sy aandele direk aan die tweede
respondent te koop aangebied het, en laasgenoemde die
aanbod aanvaar
het, sou nie een van hulle of die eerste respondent later kapsie kon
gemaak het teen die feit dat die statute nie
streng nagekom was nie.
Trouens, die rig van die vereiste kennisgewing aan die eerste
respondent sou in sodanige geval onnodig
en ietwat absurd gewees het.
Vir huidige doeleindes kan dus veronderstel word dat die statute 'n
direkte en wedersydse voorkoopsreg
tussen die twee aandeelhouers
geskep het. So gesien, kan die kernvraag wat besleg moet word soos
volg geformuleer word: Kan A (die
appellant) teen B (die tweede
respondent) optree indien A in stryd met 'n voorkoopsreg ten gunste
van B die betrokke saak aan C
(Kessler) verkoop het met voorbehoud
van 'n voorkoopsreg in sy (A se) guns, en B daarna met kennis van
laasgenoemde voorkoopsreg
die saak van C gekoop het en lewering
ontvang het?
Namens
die respondente is betoog dat indien A mala fide opgetree het, B
geregtig was om in die plek van C te tree; dat dit vir B
onnodig sou
wees om regtens te ageer en dat hy by wyse van 'n 'kommersiële'
remedie die saak van C kon verkry; dat B nie tegelykertyd
regmagtig
en onregmagtig kon gehandel het nie, en dat A hom dus nie oor B se
buitegeregtelike optrede sou kon bekla nie. Daarteenoor
was die
grootste gedeelte van die betoog namens die appellant daarop
toegespits om aan te toon dat die appellant nie mala fide
opgetree
het nie, of alternatiewelik dat die tweede respondent afstand gedoen
het van sy regte voortspruitende uit die appellant
se verkoop van die
aandele en vorderings aan Kessler, of 'n keuse gemaak het om nie sy
regte uit te oefen nie. In besonder is betoog
dat die tweede
respondent bewus was van die appellant se voorgenome verkoop van die
aandele aan Kessler en inderdaad daartoe toegestem
het.
Soos
blyk uit para 10 hierbo, was drie van die vier direkteure van die
tweede respondent bewus van die voorgenome verkoping aan
Kessler en
het hul trouens die afstanddoening van Desember 1973 onderteken. Die
vraag wat die meeste beredeneer is, was of die
vierde direkteur,
Bremer, ook aldus bewus was en sy toestemming tot die verkoop verleen
het. Vanweë my siening van die antwoord
op bogenoemde kernvraag,
is ek bereid om vereers te veronderstel dat Bremer nie die genoemde
voorkennis gehad het nie, en dat dus
ook nie gesê kan word dat
die tweede respondent sodanige kennis gehad het nie (of dat
laasgenoemde op een of ander wyse sy
toestemming verleen of van sy
regte afstand gedoen het nie).
In
die lig van hierdie veronderstelling is dit duidelik dat nadat die
appellant sy aandele in en vorderings teen die eerste respondent

(hierna, tensy anders aangedui, bloot die aandele genoem) aan Kessler
verkoop het, die tweede respondent geregtig was om deur 'n
eensydige
1982
(3) SA p910
VAN
HEERDEN WN AR
wilsverklaring
in die plek van Kessler te tree, aldus 'n koopkontrak tussen die
appellant en die tweede respondent tot stand te
bring, en om daarna
die aandele in die hande van die appellant of Kessler op te vorder.
Of die appellant in 'n subjektiewe sin
mala fide opgetree het, sou
nie ter sake gewees het nie. Omgekeerd val dit egter nie in te sien
nie waarom kwaaie trou aan die
kant van die appellant 'n sterker reg
aan die tweede respondent sou verleen het.
Ter
motivering van die pas verkondigde stellings, is dit nodig om ietwat
uit te wei oor die aard van die kennis van 'n derde wat
by toepassing
van die kennisleer ter sprake kom. In De Jager v Sisana (supra ) is
verwys na vorige beslissings wat dit gehad het
oor die regte van 'n
koper teenoor 'n latere koper wat met kennis van eersgenoemde se
regte die betrokke saak van die verkoper
aankoop en lewering verkry.
CURLEWIS AR, wat die meerderheidsuitspraak gelewer het, het die
volgende gesê (te 74):
'Various decisions of the
Courts of South Africa were quoted to us in which the principle was
laid down that a purchaser of any
property... who buys with knowledge
of the rights of a third party to or in such property is bound
thereby, and that it would be
a species of fraud on his part if he
attempted to defeat such third party's rights.'
En
WESSELS AR het hom in 'n aparte uitspraak met verwysing na die
beslissing in Cato v Alion and Helps
1922 NPD 469
soos volg
uitgelaat:
'That case applied the
rule that a purchaser of property made in derogation of the rights of
a third party with knowledge of such
rights is a species of fraud
upon the third party and does not defeat his rights.'
Ek
stem saam met die mening uitgespreek deur SPOELSTRA WN R, in Kazazis
v Georghiades en Andere
1979 (3) SA 886
(T) te 893, dat die
verwysings na bedrog slegs dien as 'n aanknopingspunt in die
regsisteem ter onderskraging van die kennisleer,
en dat beide
Appèlregters blote kennis as voldoende beskou het. Spesifiek
wat 'n voorkoopsreg betref, dien daarop gelet
te word dat Berlichius
en Van Zutphen ter voorheen aangehaalde plaatse beide nie enige vorm
van bedrog vereis nie, maar bloot verklaar
dat die reghebbende na
lewering die saak van die kundige derde kan opvorder, en dan byvoeg
'omdat die koper [die
derde] te kwader trou was en bedrieglik gehandel het'.
Bedrog
word dus uit blote kennis regtens gekonstrueer. Ook Glück (op
cit band 16 te 168 gelees met 66 n 6) spreek in dieselfde
sin.
Dit
blyk dus dat om van bedrog of mala fides binne die raamwerk van die
kennisleer te praat - altans vir sover dit 'n verkoop in
stryd met 'n
voorkoopsreg aangaan - oorbodig is en moontlik verwarring kan skep.
Die juiste siening na my mening is dat vanweë
die kennisleer aan
'n persoonlike reg beperkte saaklike werking verleen word. Anders as
'n saaklike reg wat teen almal geld omdat
oa by wyse van fiksie
kennis daarvan aan almal toegeskryf word, het 'n voorkoopsreg dus
saaklike werking slegs teen diegene wat
daadwerklik daarvan kennis
dra (of, moontlik, optree met dolus eventualis ten opsigte van die
bestaan daarvan).
Dit
volg dus dat nie gevolg gegee kan word nie aan die respondente se
betoog dat die appellant mala fides aan die kant van die tweede

respondent moes bewys het, en nie daarin geslaag het nie omdat die
1982
(3) SA p911
VAN
HEERDEN WN AR
tweede
respondent se verkryging van die aandele in die lig van die appellant
se vroeëre kwaaie trou nie as mala fide aangemerk
kan word nie.
Al wat die appellant ter bewys van sy skuldoorsaak moes aangetoon
het, was die bestaan van sy voorkoopsreg en kennis
daarvan aan die
kant van die tweede respondent. Dit het hy gedoen. Op hul beurt het
die respondente aangetoon dat, op die voorheen
genoemde
veronderstelling, die appellant in verbreking van die tweede
respondent se voorkoopsreg en met kennis daarvan die aandele
aan
Kessler verkoop het wat ewe-eens bewus van die bestaan van bedoelde
voorkoopsreg was. Enige regte wat eers die tweede respondent
en later
die appellant vanweë die onderskeie handelinge in stryd met die
twee voorkoopsregte verkry het, het nie op mala fides
berus nie en
kon ook nie deur bewys daarvan versterk word nie.
Ek
kom nou by die betoog dat die tweede respondent deur buitegeregtelike
optrede bereik het presies dit wat hy regtens kon bereik
het.
Indien
die betoog in die lig van die feite ten volle gefundeer was, sou dit
moontlik 'n afdoende verweer teen die appellant se skuldoorsaak

daargestel het, en ek is bereid om te veronderstel dat dit die geval
sou gewees het.
Die
kern van die betoog is eerstens dat indien die tweede respondent van
sy regsaansprake en - middels gebruik gemaak het, hy, desnoods
deur
instelling van 'n aksie, oordrag van die aandele in sy naam sou kon
bewerkstellig het. Tot sover kan akkoord met die betoog
gegaan word,
want indien die tweede respondent in Kessler se skoene getree het, en
bereid sou gewees het om teen Kessler en die
appellant te ageer, sou
hy wel oordrag van die andele kon verkry het. Die tweede stut van die
betoog is egter dat deur nie op die
genoemde wyse op te tree nie,
maar wel van 'n 'kommersiële' remedie van oorreding gebruik te
maak, die appellant presies dieselfde
resultaat bewerkstellig het, en
daarmee kan ek nie saamstem nie.
Indien
die tweede respondent na die verkoop van die aandele aan Kessler deur
uitoefening van sy voorkoopsreg in Kessler se plek
getree het, sou
hy, soos blyk uit wat voorheen gesê is, aan al Kessler se
verpligtinge gebonde gewees het. Die voorkoopsreg
wat die appellant
vir homself in Desember 1973 beding het, sou dus teen die tweede
respondent gegeld het. Vanweë die 'kommersiële'
wyse waarop
die tweede respondent egter wel opgetree het, het daar nooit 'n
koopkontrak tussen die appellant en die tweede respondent
tot stand
gekom nie, en kan die appellant vanselfsprekend nie huidiglik op 'n
kontraktuele voorkoopsreg teenoor die tweede respondent
staatmaak
nie. Namens die respondente is aan die hand gedoen dat die tweede
respondent wel die aandele onderhewig aan die appellant
se
voorkoopsreg verkry het, maar die grondslag waarop dit sou gebeur
het, is nie vir my duidelik nie. Ek kan ook net nie insien
hoe so 'n
reg anders as deur 'n kontrak tussen die appellant en die tweede
respondent kon ontstaan het nie, en laasgenoemde het
deur te verkies
om nie sy voorkoopsreg regtens uit te oefen nie die totstandkoming
van sodanige kontrak gefnuik.
Die
advokaat vir die respondente het tereg, na my mening, nie munt
probeer slaan uit die feit dat die voorbehoud van 'n voorkoopsreg

deur 'n voormalige aandeelhouer in stryd met die eerste respondent se
statute
1982
(3) SA p912
VAN
HEERDEN WN AR
sou
wees nie. Die posisie is naamlik dat die voorkoopsreg waarvoor die
statute voorsiening maak slegs tussen aandeelhouers geld,
en indien
'n aandeelhouer al sy aandele verkoop en oordra, is hy
vanselfsprekend nie meer 'n aandeelhouer nie en geld bedoelde

voorkoopsreg net vir die reeds bestaande en nuwe aandeelhouers.
Daarom sou 'n voorbehoud van 'n voorkoopsreg ten gunste van iemand

wat nie meer 'n aandeelhouer is nie, indruis teen die voorkoopsreg
ontstaande uit die statute. Dit mag dus wees dat die tweede

respondent kapsie sou kon gemaak het indien die appellant die aandele
met voorbehoud van 'n voorkoopsreg aan hom aangebied het,
en dat hy -
sonder om die aanbod te aanvaar - 'n interdik teen oordrag van die
aandele aan Kessler sou kon verkry het. Maar volgens
my mening sou hy
nie eenvoudig die voorkoopstipulasie in die aanbod kon negeer het en
deur 'n aanname 'n koopkontrak sonder 'n
voorkoopsreg tot stand kon
bring nie.
Daar
is 'n verdere struikelblok in die weg van aanvaarding van die tweede
been van die betoog onder bespreking. Die vraag ontstaan
naamlik of
die tweede respondent sy voorkoopsreg sou uitgeoefen het. Ten koste
van herhaling is dit nodig om weer eens die aandag
daarop te vestig
dat drie van die tweede respondent se vier direkteure hul toestemming
tot die verkoop van die aandele aan Kessler
verleen het. In die
gewone loop van sake sou die direksie van die tweede respondent sy
voorkoopsreg moes uitgeoefen het, en indien
Bremer as die vierde
direkteur sodanige besluit sou voorgestel het, is dit hoogs
onwaarskynlik dat hy die medewerking van Kessler
en die ander twee
direkteure sou verkry het. Namens die respondente is aangevoer dat
Bremer 'n bevel sou kon verkry waarvolgens
die ander direkteure belet
sou word om teen so 'n voorgestelde besluit te stem. Dit is vir my
egter hoegenaamd nie duidelik nie
dat sodanige bevel hetsy ingevolge
art 252 van die Maatskappywet 61 van 1973, hetsy kragtens die gemene
reg, verleen sou kon word.
Eerstens was Bremer nie 'n aandeelhouer
van die tweede respondent nie. Tweedens blyk dit nie dat die ander
direkteure, behalwe
Kessler, enige voordeel uit die verkoop van die
aandele aan Kessler getrek het of op enige wyse onbehoorlik opgetree
het nie. Derdens
is daar niks wat daarop dui dat dit in belang van
die tweede respondent was dat die aandele aan die tweede respondent,
en nie aan
Kessler nie, verkoop moes word. So bv blyk dit nie dat die
koopprys van R150 000 minder was as die waarde van die aandele nie.
Trouens, soos dit my voorkom, was dit slegs Bremer Meulens wat vir
eie voordeel, en nie vir die voordeel van die tweede respondent
nie,
sou wou toesien dat die aandele aan die tweede respondent toeval.
Bremer (namens Bremer Meulens) se hele optrede was daarop
gemik om
vir die tweede respondent - en dus indirek vir Bremer Meulens as
aandeelhouer van Oryx Beherend wat op sy beurt 'n aandeelhouer
van
die tweede respondent was - 'n groter belang in die eerste respondent
te verkry met die oog op bestendiging van laasgenoemde
se verbintenis
teenoor Bremer Meulens.
Maar
al veronderstel ek ook dat Bremer die hipotetiese bevel sou kon
verkry het, is dit vir my duidelik dat hy geen regstappe sou
geneem
het nie, hetsy persoonlik of namens Bremer Meulens, om bedoelde
1982
(3) SA p913
VAN
HEERDEN WN AR
bevel
te verkry. Dit is waar dat Bremer in briewe aan Kessler die houding
ingeneem het dat die verkoop van die aandele aan Kessler
tersyde
gestel kon word, maar indien die inhoud van die briewe saam met die
bewerings in sy bestrydende verklaring gelees word,
is daar weinig
twyfel dat hy nie tot regsaksie sou oorgegaan het nie.
Ek
kom derhalwe tot die gevolgtrekking dat die tweede respondent nie
buitegeregtelik bereik het wat hy kon en sou bereik het indien
hy sy
voorkoopsreg ingevolge die statute van die eerste respondent
uitgeoefen het nie. Dit volg dus dat Kessler in verbreking van
die
appellant se voorkoopsreg die aandele aan die tweede respondent
verkoop het.
Die
appellant se smeekbedes is in effek daarop gerig om die aandele te
bekom. As finale argument is dan ook namens die respondente
aangevoer
dat 'n Hof in die uitoefening van 'n diskresie nie as't ware
spesifieke nakoming in die guns van die appellant moet beveel
nie.
Dit
is aanvaarde reg dat 'n Hof wel in gepaste gevalle kan weier om aan
'n kontraktant spesifieke nakoming toe te staan, wat dan
meebring dat
hy slegs op die alternatiewe remedie van skadevergoeding geregtig is.
Hierdie diskresie strek wyd maar moet vanselfsprekend
judisieël
uitgeoefen word: Haynes v Kingwilliamstown Municipality
1951 (2) SA
371
(A) te 378. In die Owsianick- saak supra te 320 en 325 het
OGILVIE THOMPSON en WILLIAMSON ARR aanvaar dat sodanige diskresie ook

uitgeoefen kan word wanneer die houer van 'n voorkoopsreg trag om sy
reg af te dwing. In daardie saak was egter slegs die onderlinge

regsposisies van die houer en die ander kontraktant ter sprake. In
casu geld 'n verskillende feitekompleks. Indien die appellant
deur
uitoefening van sy voorkoopsreg in die plek van Kessler sou tree, sou
daar weliswaar 'n koopkontrak tot stand kom, maar aangesien
die
aandele reeds aan die tweede respondent oorgedra is, sou die
appellant die aandele van laasgenoemde moes opvorder. Sy persoonlike

reg met saaklike werking sou dus nie as 'n bloot kontraktuele
vordering beskou kon word nie, en sou ook nie teen die ander
kontraktant
gerig wees nie.
Daar
is ook nog ander oorwegings wat my laat twyfel of die regsposisie met
betrekking tot 'n diskresie wat in sake soos die Haynes-
saak supra
geformuleer is, wel in 'n geval soos die onderhawige toepassing vind.
Vanweë die gevolgtrekking waartoe ek hieronder
kom, veronderstel
ek egter ten gunste van die respondente dat sodanige wye diskresie
wel in casu uitgeoefen kan word.
Die
omstandighede wat ter sprake kom, is die beweerde mala fide optrede
van die appellant en die verandering in die finansiële
posisie
van die eerste respondent sedert 1974 toe die aandele aan die tweede
respondent oorgedra is.
Wat
eersgenoemde aspek betref, is dit nodig om aandag te gee aan Bremer
se kennis en optrede voor en na die sluiting van die 1973
ooreenkoms.
Soos blyk uit wat net na my agtergrondsuiteensetting gesê is,
beweer Bremer dat dit teen die einde van 1973 tot
sy kennis gekom het
dat Kessler en die appellant samesprekings gevoer het met die oog op
die verkoop van laasgenoemde se aandele
in die eerste respondent.
Hoewel Bremer tydens die opstel van die bestrydende verklaring geweet
het presies wanneer die 1973 ooreenkoms
aangegaan is, vermy hy
1982
(3) SA p914
VAN
HEERDEN WN AR
om
te sê van wie hy die inligting verkry het en of dit voor of na
sluiting van die ooreenkoms gebeur het. Volgens die onbeantwoorde

bewerings van Yates in die repliserende verklaring moes Bremer se
kennis geheel of gedeeltelik op Yates se mededelings aan hom
berus
het. Onthou sal word dat volgens Yates hy voor die aangaan van die
genoemde ooreenkoms die aangeleentheid met Bremer bespreek
het, en
dat laasgenoemde die houding ingeneem het dat hy geen beswaar teen
die voorgestelde verkoop van die aandele van Kessler
gehad het nie
mits die verbintenis van die eerste respondent teenoor Bremer Meulens
nie daardeur geraak sou word nie. Die skrywe
wat Bremer op 11 Maart
1974 aan Yates gerig het, staaf mi die betrokke bewerings (vide para
20 hierbo). Bremer se verwysing na
die versekering wat Yates en Bloom
aan hom gegee het 'if you would buy out Mr Kessler or sell to him',
het naamlik na woordlui
betrekking op 'n gebeure voordat 'n
koopkontrak - die 1973 ooreenkoms - daadwerklik aangegaan is. Die
verdere verwysing in die
skrywe na die raad wat Bremer van sy
prokureurs ontvang het, spreek nie teen bedoelde konstruksie nie,
want hulle sou klaarblyklik
wou vasstel of die verbintenis van die
eerste respondent teenoor Bremer Meulens nie nadelig getref is nie
deur iets vervat in die
1973 ooreenkoms en die aanhangsels daartoe.
Ek
vind ook nie in die eerste paragraaf van die skrywe - waarin Bremer
meld dat volgens sy prokureur
'he has not received the
documents regarding the purchase of your shares that was discussed
whilst we were in Windhoek'
iets
wat my konstruksie weerlê nie. Hierdie paragraaf is goed te rym
met 'n situasie waarin Bremer en oa Yates die voorgestelde
verkoop
van die aandele bespreek het, en Bremer daarna in kennis gestel is,
of verneem het, dat die koop beklink is. Die laaste
sin van die
paragraaf waarin verwys is na Yates se herhaalde beloftes om die
dokument aan die prokureur te stuur, dui ook daarop
dat die gesprek
in Windhoek waarskynlik 'n geruime tyd voor 11 Maart 1974 plaasgevind
het.
Daar
is 'n aantal verdere aanduidings wat ten gunste van Yates se weergawe
spreek. Ek noem slegs twee. Eerstens is dit opmerklik
dat Bremer, wat
hom so bekla oor die appellant en Kessler se beweerde geknoeiery,
self meld dat hy teen die einde van 1973 kennis
van die
onderhandelinge tussen Kessler en die appellant verkry het, maar
nêrens noem dat hy toe enige beswaar teen Kessler
of die
appellant geopper het nie. Tweedens steun Bremer in die bestrydende
verklaring op 'n brief wat hy op 15 Maart 1974 aan Kessler
geskryf
het. Hierin meld hy oa dat Yates die prokureurs van Bremer Meulens
geskakel het om te hoor of die 'dokumente' - klaarblyklik
die
afstanddoening - al geteken was en gesê het dat 'dit baie
ernstig en haastig is'. Na my mening is Yates se optrede te

vereenselwig slegs met 'n stellige verwagting dat Bremer Meulens wel
die afstanddoening sou teken.
Namens
die appellant is egter sterk steun geplaas op briewe wat Bremer en sy
prokureurs in Maart 1974 aan Kessler gerig het. Die
houding wat in
hierdie briewe ingeneem is, kan nie, so is betoog, met Yates se
bewerings vereenselwig word nie. In hierdie skrywes
is naamlik die
houding ingeneem dat die verkoop van die aandele aan Kessler
onregmatig was en tersyde gestel kon word (vide para
16 hierbo),
terwyl
1982
(3) SA p915
VAN
HEERDEN WN AR
Bremer
ook sy verbasing uitgespreek het oor die 'ingewikkelde ooreenkomste'
wat in Desember 1973 aangegaan was. Daar steek pit in
die advokaat se
betoog, maar die eienaardige is, veral in die lig van die feit dat
dit die appellant was wat in stryd met die eerste
respondent se
statute opgetree het, dat Bremer nooit 'n soortgelyke skrywe aan
Yates gerig of laat rig het nie. En indien Bremer
wel, soos Yates
beweer, voorwaardelik die voorgestelde verkoop goedgekeur het, kan 'n
mens begryp waarom dit nie gebeur het nie.
'n
Moontlike verklaring vir die briewe aan Kessler en sy prokureurs is
dat Bremer bewus of bevrees was dat die 1973 ooreenkoms nie
spesifiek
vir die voortsetting van die eerste respondent se verbintenis teenoor
Bremer Meulens voorsiening gemaak het nie, en dat
hy druk op Kessler
wou uitoefen om sodanige voortsetting te verseker.
Dat
daar geen poging was om die aangaan van die ooreenkoms vir Bremer
geheim te hou nie, blyk uit 'n brief wat Kessler se prokureurs
reeds
op 31 Januarie 1974 aan Bremer se prokureurs gerig het, en waarin
gevra is dat Bremer of Bremer Meulens die ingeslote aanhangsels
D en
E moes voltooi en onderteken. Hierdie aanhangsels was onderskeidelik
die 1973 afstanddoening en die aksessore ooreenkoms met
betrekking
tot die appellant se voorkoopsreg (vide para 9 hierbo). Die indruk
wat 'n mens kry, is dat Kessler se prokureurs verwag
het dat Bremer
of Bremer Meulens sonder beswaar 'n party tot die twee ooreenkomste
sou word, en so 'n verwagting sou waarskynlik
berus het op 'n houding
wat Bremer reeds vroeër geopenbaar het.
Namens
die respondente is klem gelê op die feit dat Yates vir die
eerste keer in die repliserende verklaring die meermaal
genoemde
gesprek met Bremer in Windhoek vermeld het, en dat hy nie in die
funderende verklaring gesteun het nie op Bremer se voorwaardelike

toestemming tot die voorgenome verkoop van die aandele aan Kessler.
Soos hieronder blyk, was dit egter nie vir die appellant nodig
om
oorspronklik op sodanige toestemming te steun nie. Ek kan ook niks
sinisters daarin vind dat die gesprek eers in die repliserende

verklaring vermeld is nie. In hierdie verband dien die aandag daarop
gevestig te word dat nieteenstaande meer as een skrywe van
Yates aan
Bremer waarin spesifiek gewys is op die voorkoopsreg wat die
appellant teenoor Kessler voorbehou het, en waarin inligting
oor die
oordrag van die aandele deur Kessler aan die tweede respondent
aangevra is, Bremer nooit die houding ingeneem het dat hy
die oordrag
bewerkstellig het omdat hy nie voorkennis van die 1973 ooreenkoms
gehad het nie. Inteendeel het hy in 'n skrywe aan
die appellant
valslik beweer dat die oordrag geskied het omdat Kessler hom die
versekering gegee het
'that he did not in any
way oblige himself or the company...'
(vide
para 20 hierbo). Yates kon dus nouliks verwag het dat Bremer in die
bestrydende verklaring vir die eerste keer sou steun op
agterbakse
gedrag aan die kant van die appellant en Kessler.
Ek
meen nie dat Yates se weergawe inherent onwaarskynlik is nie. By 'n
opweging van die tersaaklike bewerings in die bestrydende
en
repliserende verklarings begunstig die waarskynlikhede na my mening
dus Yates se weergawe van die genoemde gesprek. Indien ek
egter
1982
(3) SA p916
VAN
HEERDEN WN AR
verkeerd
sou wees, kan, op die beste vir die respondente, Yates se weergawe
nie verwerp word nie.
Namens
die appellante is egter ook betoog dat omdat Yates se tersaaklike
bewerings vir die eerste keer in die repliserende verklaring
gemaak
is, dié hoegenaamd nie in ag geneem kan word nie. Indien die
bewerings as deel van die appellant se saak in die funderende

verklaring gemaak moes gewees het, sou die betoog gefundeerd gewees
het. Maar, soos reeds aangetoon, was dit nie deel van die appellant

se skuldoorsaak dat die tweede respondent wel, en die appellant nie,
mala fide opgetree het. Dit was Bremer wat in sy beantwoordende

verklaring 'n klagte van kwaaie trou aan die deur van die appellant
gelê het, en laasgenoemde was geregtig om daarop te antwoord

vir sover die klag as 'n vorm van spesiale verweer in aanmerking kon
kom. In die onderhawige verband is die vraag of die appellant
mala
fide opgetree het, van belang slegs by oorweging van die uitoefening
van die diskresie onder bespreking, en myns insiens is
dit duidelik
dat die bewyslas op die respondente gerus het om aan te toon waarom
die diskresie uitgeoefen moes word. Immers, indien
'n skuldige party
versoek dat die Hof nie spesifieke nakoming moet beveel nie, vra hy
'n tegemoetkoming, en tensy, moontlik, die
openbare belang op die
spel is, moet hy deur die nodige bewysmateriaal die grondslag vir die
tegemoetkoming lê. Derhalwe
was die appellant ten volle
geregtig om te antwoord op die beskuldiging dat hy mala fide opgetree
het.
Nie
een van die partye het die Hof a quo versoek om die geskil onder
bespreking met behulp van mondelinge getuienis op te los nie,
en
namens die respondente is sodanige aansoek ook nie aan hierdie Hof
gerig nie. Dit is reeds herhaaldelik beslis dat 'n applikant
in
mosieverrigtinge in die Reël nie kan slaag nie indien
tersaaklike en egte feitegeskille uit die stukke blyk, en dat die

applikant in sodanige geval aansoek moet doen om die aanhoor van
mondelinge getuienis. Dit is egter nie 'n reël sonder
uitsonderings
nie. In Tomkin (Pty) Ltd v Bauer
1931 TPD 292
, 'n geval
van 'n bestrede sekwestrasie-aansoek, het GREENBERG R in verband met
mosieverrigtinge in die algemeen die volgende gesê
(te 294):
'If a party against whom
the balance of probabilities lies is not prepared to claim that viva
voce evidence will disturb the balance,
it seems to me that this
attitude goes a long way towards entitling the Court to say that such
evidence will not have that effect...'
In
R Bakers (Pty) Ltd v Ruto Bakeries (Pty) Ltd
1948 (2) SA 626
(T) te
631, het 'n Volle Hof beslis dat stellings soos bogenoemde slegs van
toepassing is in gevalle waarin mosieverrigtinge statutêr

voorgeskryf word. 'n Gedeelte van die motivering in laasgenoemde saak
is - ook deur 'n Volle Hof - gekritiseer in Room Hire Co
(Pty) Ltd v
Jeppe Street Mansions (Pty) Ltd
1949 (3) SA 1155
(T) te 1159 ev, maar
die Hof het ook aanvaar dat 'n onderskeid getrek moet word tussen
gevalle waarin mosieverrigtinge statutêr
voorgeskryf word en
dié waarin die applikant uit eie keuse van dié
prosedurevorm gebruik maak. In nie een van laasgenoemde
sake is egter
verwys nie na die beslissing in Prinsloo v Shaw
1938 AD 570.
In
hierdie saak, waarin die Hof a quo 'n aansoek om 'n interdik
aangehoor het, is naamlik gesê (te 575):
'... I think the fact
that the respondent did not avail himself of the provision
1982
(3) SA p917
VAN
HEERDEN WN AR
already quoted to make an
application for the attendance and cross-examination of any of the
witnesses is an element to be taken
into consideration (see Tomkin
(Pty) Ltd v Bauer
1931 TPD 292).'
En
in nog 'n beslissing van die Transvaalse Volle Hof in Kuper v
Stellenbosch Farmers' Winery Ltd
1961 (3) SA 56
(T) sê KUPER R
(te 58):
'In motion proceedings if
a person against whom the balance of probabilities is, seeks an
opportunity to upset the balance by giving
evidence he should, save
in exceptional circumstances, be afforded that opportunity.'
Ek
vind dit onnodig om standpunt in te neem aangaande die vraag of die
stellings in die Bauer- saak supra beperk moet word tot gevalle

waarin 'n statutêre bepaling mosieverrigtinge voorskryf. Dit is
in elk geval duidelik dat algemeen aanvaar word dat minstens
in
sodanige gevalle die party teen wie die oorwig van waarskynlikhede
geld in die reël aansoek moet doen om die aanhoor van
mondelinge
getuienis indien hy 'n uitspraak teen hom wil vermy. En in die Room
Hire- saak supra te 1164 word gesê dat in
ander gevalle van
egte feitegeskille
'the Court should
ordinarily decline to decide the dispute purely on the probabilities
as disclosed in the affidavits...'.
(My
kursivering.)
Soos
reeds aangetoon, het die appellant in die onderhawige geval sy
skuldoorsaak bewys en was hy prinsipieel geregtig om deur uitoefening

van sy voorkoopsreg oordrag van die aandele te vorder. Soos ook
aangetoon, het die las op die respondente gerus betreffende die

van 'n feitlike grondslag waarop die Hof a quo sy veronderstelde
diskresie in hulle guns kon uitoefen. Die geskil onder
bespreking het
betrekking slegs op 'n vergunning aangevra deur die respondent sover
dit spesifieke remedies van die appellant betref,
en raak nie die
meriete van laasgenoemde se skuldoorsaak nie. Na my mening moet 'n
party wat sodanige vergunning aanvra, pro tanto
as applikant beskou
word en in geval van 'n feitegeskil rekende die grondslag van die
vergunning wat deur hom bewys moet word,
moet hy in die Reël
aansoek doen om die aanhoor van mondelinge getuienis - te meer in 'n
geval soos die onderhawige waarin
die oorwig van waarskynlikhede teen
hom spreek.
Aangesien
die respondente nie so 'n aansoek gerig het nie - en myns insiens die
onderhawige nie 'n geval is waarin 'n Hof mero motu
die aanhoor van
mondelinge getuienis moet beveel nie - kan die respondente dus nie
steun op die omstrede bewering dat die appellant
te kwaaie trou
opgetree het in die sin dat Bremer nie geken is nie voordat die 1973
ooreenkoms aangegaan is.
Indien
Yates die waarheid spreek, het Bremer in soveel woorde te kenne gegee
dat hy geen beswaar teen die aangaan van die 1973 ooreenkoms
gehad
het nie mits, soos reeds genoem, Bremer Meulens se verbintenis nie
daardeur geraak sou word nie. Dit was klaarblyklik die
bedoeling van
die appellant en Kessler dat die verbintenis moes bly voortbestaan,
en na my mening het hulle dus te goeie trou gehandel
toe hulle die
ooreenkoms gesluit het in die stellige verwagting dat Bremer nie
daarteen gekant was nie. Teen die respondente moet
dus veronderstel
word nie slegs dat al vier direkteure van die tweede respondent in
kennis gestel is van die voorneme om die ooreenkoms
aan
1982
(3) SA p918
VAN
HEERDEN WN AR
te
gaan nie, maar ook dat al vier daartoe toegestem het, sy dit dan ook
voorwaardelik in Bremer se geval.
Daar
is ook 'n verdere rede waarom ek, selfs indien Bremer se bewerings as
juis aanvaar word, nie die veronderstelde diskresie in
die guns van
die respondente sou uitoefen nie. Soos reeds meermale aangedui, is
Bremer se houding dat hy, namens Bremer Meulens,
deur die reg in eie
hande te neem in plaas van aksie teen die appellant in te stel,
eenvoudig kwaad met kwaad vergeld het. Soos
ook aangetoon, het hy in
die proses die voorkoopsreg wat die appellant voorbehou het tot niet
gemaak. Verder het hy, anders as
wat die appellant en Kessler in 1974
gedoen het, die aangaan van die ooreenkoms tussen Kessler en die
tweede respondent vir die
appellant geheim gehou oor 'n tydperk van
bykans ses jaar, en uiteindelik 'n blatante leuen vertel toe die
appellant navraag by
hom gedoen het. En ek meen nie dat 'n Hof
sodanige gedrag as't ware kan goedkeur deur die veronderstelde
diskresie in die guns
van Bremer Meulens, as een van die werklik
belanghebbende partye, uit te oefen nie.
Die
tweede aspek wat oorweeg moet word, is die beweerde verbeterde
finansiële posisie van die eerste respondent gedurende die
lang
tydsverloop vanaf 1974 totdat die aansoek in 1979 aanhangig gemaak
is. Hieroor hoef nie veel gesê te word nie. Die aangaan
van die
1973 ooreenkoms was nie vir Bremer geheim gehou nie, maar dieselfde
kan nie gesê word nie van die koopkontrak van
die aandele wat
in 1974 tussen Kessler en die tweede respondent aangegaan is. Dit
blyk gemene saak te wees dat Bremer nooit 'n
woord daaroor teenoor
die appellant gerep het nie, en volgens Yates het die appellant eers
in 1979 van die verkoop bewus geword.
Selfs toe die appellant hierna
navraag by Bremer gedoen het, het laasgenoemde nie beweer nie dat hy
'n oordrag van die aandele
aan die eerste respondent bewerkstellig
het vanweë die appellant se vorige optrede in stryd met die
tweede respondent se voorkoopsreg.
Inteendeel het hy in 'n skrywe aan
die appellant bewustelik die onware bewering gemaak dat die oordrag
geskied het omdat Kessler
die versekering gegee het dat hy hom nie op
enige wyse betreffende die aandele verbind het nie (vide para 20
hierbo). Ek sê
dit omdat dit gemene saak is dat Bremer reeds in
1974 insae in die 1973 ooreenkoms en die aksessore ooreenkomste
daartoe gehad
het, en dus wel deeglik bewus was van die verkoopsreg
wat die appellant teenoor Kessler voorbehou het. Soos reeds
herhaaldelik
genoem, was die ander direkteure van die tweede
respondent partye tot die aksessore ooreenkomste, en dit val dus nie
in te sien
nie waarom 'n mens simpatie sal hê vir die tweede
respondent vanweë die feit dat die aandele wat van Kessler
verkry
is gedurende die tydperk van geheimhouding moontlik in waarde
vermeerder het.
In
elk geval blyk dit dat die posisie van die eerste respondent slegs in
'n beperkte sin verbeter het, en dat op 30 Junie 1978 (die
laaste
datum waarvoor Bremer syfers verstrek) die aandeelhouersbelang steeds
R374 (negatief) was en dus nie 'n positiewe waarde
gehad het nie. Dit
is ook nodig om te meld dat verreweg die grootste belang in die
tweede respondent deur die boedel van Kessler
en Bremer Meulens gehou
word, en dat dit juis Kessler en Bremer, namens Bremer Meulens,
1982
(3) SA p919
VAN
HEERDEN WN AR
was
wat in stryd met die appellant se voorkoopsreg opgetree het.
Samevattend
is ek van mening dat indien ek 'n wye diskresie sou hê om nie
'n bevel gemik op spesifieke nakoming, in die breë
sin, te
verleen nie, ek in die lig van wat reeds gesê is dit nie ten
gunste van die respondente sou uitoefen nie. Ek kan
ook byvoeg dat
dit geensins blyk dat 'n aanspraak op skadevergoeding in die
onderhawige geval vir die appellant 'n bevredigende
alternatiewe
remedie sal wees nie.
Ten
slotte kom ek by die appellant se smeekbedes. Onthou sal word dat die
eerste daarvan gerig was op tersydestelling van die verkoop
of
vervreemding en oordrag van die betrokke 15 000 aandele deur Kessler
aan die tweede respondent, en die tweede op verlening van
'n bevel
wat die derde respondent sou verplig om die aandele aan die appellant
aan te bied teen dieselfde prys en volgens dieselfde
bedinge waarop
en waarteen Kessler die aandele aan die tweede respondent vervreem
het.
In
die eerste instansie dien opgemerk te word dat die koopkontrak tussen
Kessler en die tweede respondent nie tersyde gestel kan
word nie.
Gerieflikheidshalwe het ek tot dusver dit gehad oor die houer van 'n
voorkoopsreg wat in die plek van die derde tree,
maar daardeur wou ek
nie te kenne gee dat hy as koper die derde vervang nie. Die juiste
posisie is dat by uitoefening van 'n voorkoopsreg
na sluiting van 'n
koopkontrak met 'n derde 'n selfstandige, en nie 'n vervangende nie,
koopkontrak tot stand kom. Soos Larenz
(op cit te 132) dit stel (vry
vertaal):
'Die uitoefening van die
voorkoopsreg raak nie die geldigheid nie van die koopkontrak
aangegaan tussen die derde en die gebondene
(verkoper) nie.'
Tweedens,
en op die veronderstelling dat 'n Hof wel die oordrag van die
koopgoed aan 'n derde in stryd met 'n voorkoopsreg in 'n
bepaalde
geval tersyde kan stel, meen ek nie dat sodanige bevel in casu
verleen moet word nie. Hoewel Yates sê dat die appellant
sy
voorkoopsreg wil uitoefen, het dit nog nie gebeur nie. Indien, om een
of ander rede, die appellant teen uitoefening sou besluit,
sou 'n
tersydestelling van die oordrag geen doel gedien het nie. Op die
keper beskou, is dit uit die oogpunt van die appellant
ook nie nodig
dat die oordrag vernietig word nie. Soos blyk uit wat reeds gesê
is, was die appellant geregtig om deur uitoefening
van sy reg 'n
koopkontrak tussen hom en die derde respondent (as eksekuteur van die
boedel van Kessler) tot stand te bring, in
welke geval hy daarna
sonder meer op grond van die kennisleer oordrag van die aandele van
die tweede respondent sou kon vorder.
Wat
die tweede smeekbede betref, het die advokaat vir die appellant erken
dat dit nie toegestaan kan of behoort te word nie, en
versoek dat 'n
verklarende bevel aangaande die appellant se regte verleen word. Hy
het ook versoek dat sodanige bevel op beide
die verkoopte aandele en
vorderings betrekking moet hê. Geen beswaar teen hierdie
versoeke is namens die respondente geopper
nie. Ek hoef dus slegs te
sê dat ek sterk twyfel het of 'n Hof 'n verkoper wat in stryd
met 'n voorkoopsreg opgetree het,
kan beveel om 'n aanbod aan die
reghebbende te maak. In casu benodig die appellant in elk geval nie
sodanige bevel ten einde sy
voorkoopsreg uit te oefen nie.
Die
formulering van gepaste verklarende bevel bied probleme. Indien
1982
(3) SA p920
BOTHA
WN AR
die
appellant met bewussyn van die juiste regsposisie gehandel het, kon
hy reeds in 1979 sy voorkoopsreg uitgeoefen het. Dit kom
my dus voor
dat in effek slegs verklaar behoort te word dat die gewraakte verkoop
van die aandele en vorderings aan die tweede
respondent, en die
oordrag van die aandele in laasgenoemde se naam, in stryd met die
appellant se voorkoopsreg geskied het, en
dat geoordeel volgens die
geskilpunte geopper in die stukke, die appellant geregtig is om deur
uitoefening van sy voorkoopsreg
die aandele en vorderings op te
vorder.
Die
appellant se derde smeekbede was gerig op verkryging van 'n bevel wat
die tweede en derde respondente sou verbied om die aandele
te verkoop
of te vervreem aan iemand anders as die appellant totdat die
appellant sou versuim om binne 'n tydperk van dertig dae
die aanbod,
wat die derde respondent volgens die eerste smeekbede verplig sou
word om te maak, te aanvaar. Uit wat reeds gesê
is, volg dat
ook hierdie smeekbede nie toegestaan kan word nie.
Die
resultaat is dus dat die appèl slaag met koste, insluitende
dié van twee advokate, en dat die bevel van die Hof
a quo deur
die volgende vervang word:
'(1) Dit word verklaar
dat die verkoop deur Kessler in 1974 aan die tweede respondent van
die aandele en vorderings in en teen die
eerste respondent, en die
daaropvolgende oordrag van die aandele aan die tweede respondent,
geskied het in stryd met die applikant
se voorkoopsreg teen Kessler
voortspruitende uit die ooreenkoms aangegaan in Desember 1973, en
dat, in soverre dit die geskilpunte
aangaan wat in die stukke geopper
is, die applikant geregtig is om deur uitoefening van sy voorkoopsreg
die aandele en vorderings
op te vorder.
(2) Die eerste, tweede en
derde respondente word beveel om gesamentlik en afsonderlik die koste
van die aansoek op 'n onbestrede
basis te betaal, terwyl die eerste
en tweede respondente gelas word om gesamentlik en afsonderlik alle
oorblywende koste, meegebring
deur hul verset, te betaal.
Laasgenoemde koste sluit in dié verbonde aan die optrede van
twee advokate.
MILLER
AR en HOLMES WN AR het met VAN HEERDEN WN AR saamgestem.
Judgment
BOTHA
WN AR: Die feite en die geskilpunte in hierdie appèl blyk uit
die uitspraak van my Kollega VAN HEERDEN. Ek stem met
eerbied nie
saam met sy gevolgtrekking dat die appèl slaag nie. Na my
mening moet die appèl misluk, om die redes
wat volg.
My
Kollega bevind, op grond van die gesag wat in sy uitspraak ontleed
word, dat die appellant in beginsel aanspraak kan maak op
die
positiewe afdwinging van die voorkoopsreg wat hy teenoor Kessler
beding het (ek sal daarna verwys as die appellant se terugkoopsreg).

Sy gevolgtrekking in hierdie opsig is in ooreenstemming met dié
van OGILVIE THOMPSON AR in Owsianick v African Consolidated
Theatres
(Pty) Ltd
1967 (3) SA 310
(A) te 320G. Ek stem met die gevolgtrekking
saam. Vir die doeleindes van my beslissing is dit egter nie vir my
1982
(3) SA p921
BOTHA
WN AR
nodig
om in te gaan op 'n vertolking van die gesag wat deur my Kollega
bespreek word, of op die regswetenskaplike uitleg van wat
gebeur as
daar 'n verbreking van 'n voorkoopsreg plaasvind en die reghebbende
stappe wil doen om sy reg af te dwing in omstandighede
soos dié
van die huidige saak nie. Ek aanvaar bloot argumentshalwe dat my
Kollega se uitleg van die regsposisie in hierdie
verband korrek is.
Waar
ek van my Kollega verskil, is oor die vraag of die Hof in 'n geval
soos die huidige 'n diskresie het om die positiewe afdwinging
van sy
regte te weerhou van iemand in die posisie van die appellant, en
indien wel, oor die verdere vraag of sodanige diskresie
aan die hand
van die feite in hierdie saak teen die appellant uitgeoefen behoort
te word. My Kollega betwyfel die korrektheid van
'n positiewe
beantwoording van die eerste vraag, maar beantwoord in elk geval die
tweede vraag ontkennend. My sienswyse is dat
beide vrae bevestigend
beantwoord behoort te word.
Ten
opsigte van eise om spesifieke nakoming van 'n kontrak is dit
duidelik dat die Hof 'n diskresie het om te weier om spesifieke

nakoming te gelas. In Haynes v Kingwilliamstown Municipality
1951 (2)
SA 371
(A) te 378F is die posisie soos volg gestel:
'It is, however, equally
settled law with us that although the Court will as far as possible
give effect to a plaintiff's choice
to claim specific performance it
has a discretion in a fitting case to refuse to decree specific
performance and leave the plaintiff
to claim and prove his id quod
interest. The discretion which a Court enjoys, although it must be
exercised judicially, is not
confined to specific types of cases, nor
is it circumscribed by rigid rules. Each case must be judged in the
light of its own circumstances.'
Onder
die voorbeelde wat DE VILLIERS WN AR aangegee het van die gronde
waarop die Hof sy diskresie teen die verlening van 'n bevel
tot
spesifieke nakoming kan uitoefen, kom die volgende voor:
'(e)   where it
would operate unreasonably hardly on the defendant, or where the
agreement giving rise to the claim is
unreasonable, or where the
decree would produce injustice, or would be inequitable under all the
circumstances.'
DE
VILLIERS WN AR het 'n uittreksel uit die uitspraak van SCHREINER AR
in R v Milne and Erleigh (7)
1951 (1) SA 791
(A) aangehaal (te 379A),
wat gedeeltelik soos volg lui:
'In our law a grant of
specific performance does not rest upon any special jurisdiction; it
is an ordinary remedy to which in a
proper case the plaintiff is
entitled. But the Court has a discretion whether to grant the order
or not... generally, specific
performance will be refused where it
would be 'inequitable in all the circumstances'... 'or where from a
change of circumstances
or otherwise it would be unconscientious' to
enforce the contract specifically...'
en
het ook 'n uittreksel uit Story Equity Jurisprudence met goedkeuring
aangehaal (te 379D), wat ten dele soos volg lui:
'In truth the exercise of
this whole branch of Equity Jurisprudence respecting the rescission
and specific performance of contracts
is not a matter of right in
either party, but it is a matter of discretion in the Court: not
indeed of arbitrary or capricious
discretion dependent upon the mere
pleasure of the Judge, but of that sound and reasonable discretion
which governs itself as far
as it may by general rules and
principles, but which at the same time withholds or grants relief,
according to the circumstances
of each particular case, when these
rules and principles will not furnish any exact measure of justice
between the parties. On
this account it is not possible to lay down
any rules and principles
1982
(3) SA p922
BOTHA
WN AR
which are of absolute
obligation and authority in all cases; and therefore it would be a
waste of time to attempt to limit the principles
or the exceptions
which the complicated transactions of the parties and the
ever-changing habits of society may at different times
and under
different circumstances require the Court to recognise or consider.'
Ek
gee hierdie aanhaling hier weer omdat die benadering wat daarin
weerspieël word na my mening treffend van toepassing is
op die
omstandighede van die huidige saak.
In
die Owsianick- saak supra te 320E - G het OGILVIE THOMPSON AR beslis
dat die afdwinging van die reg van die houer van 'n voorkoopsreg
om
'n koper te word van die betrokke voorwerp onderhewig is aan die
diskresie van die Hof om 'n bevel tot spesifieke nakoming te
weier,
en WILLIAMSON AR het van dieselfde standpunt uitgegaan (te 325H -
326A). Ek kan aan geen grond dink waarop hierdie standpunt

bevraagteken hoef te word nie. As aanvaar word dat die houer van 'n
voorkoopsreg in die by ooreenkoms bepaalde omstandighede deur
'n
eensydige wilsverklaring en sonder bystand van die Hof die koper van
die betrokke voorwerp kan word, dan kan hy tog nie lewering
van die
voorwerp, dws spesifieke nakoming van die koopkontrak, afdwing sonder
'n bevel van die Hof nie, en dis klaarblyklik op
sodanige afdwinging
wat die uitlatings van OGILVIE THOMPSON AR en WILLIAMSON AR IN DIE
Owsianick- saak supra betrekking het. Daar
kan geen rede wees waarom
hierdie soort eis om spesifieke nakoming in 'n buitengewone klas moet
val wat nie onderhewig is aan die
algemene oorheersende diskresie van
die Hof soos dit in ons reg op hierdie gebied geld nie.
In
die Owsianick- saak het die Hof nie te doen gehad met 'n geval waar
die betrokke voorwerp alreeds verkoop en gelewer was aan
'n derde met
kennis van die reghebbende se verkoopsreg nie, soos in die huidige
saak wel die geval is met verwysing na die verkoop
en lewering van
die aandele deur Kessler aan die tweede respondent. Ek is egter
oortuig daarvan dat die bykomstige aanwesigheid
van 'n derde persoon
wat met kennis van die regte van die houer van die voorkoopsreg die
voorwerp verkry het, geen afbreuk doen
aan die toepaslikheid van die
Hof se diskresie om te weier om die positiewe afdwinging van die reg
as sodanig te gelas nie. Die
oorsprong van daardie reg bly steeds die
kontrak waardeur dit in die lewe geroep is, en die aangevraagde
regshulp bly steeds gerig
op die spesifieke nakoming van die kontrak,
selfs in soverre as wat die reghebbende die voorwerp in die hande van
die derde met
kennis wil opvolg, wat ook al die regswetenskaplike
verklaring mag wees wat die sogenaamde kennisleer ten grondslag lê.
Of
daar nou gesê word dat daar op grond van die derde se kennis
aan die persoonlike reg van die reghebbende saaklike werking
verleen
word (soos my Kollega VAN HEERDEN in sy uitspraak sê), of dat
die reghebbende se eis teen die derde 'n deliktuele
of quasi-
deliktuele vordering is (soos in die loop van die betoog voor hierdie
Hof aan die hand gedoen is), of op watter grondslag
die
aanspreeklikheid van die derde ook al gestel word - dit is vrae
waaroor ek geen mening hoef uit te spreek nie - die wese van
die
reghebbende se eis bly na my oordeel steeds gerig daarop om die
afdwinging van sy kontrak in forma specifica te bewerkstellig.

Gevolglik het die Hof na my mening die bevoegdheid
1982
(3) SA p923
BOTHA
WN AR
om
in die uitoefening van 'n diskresie, wanneer die omstandighede dit
regverdig, te weier om die reghebbende sy eis te laat afdwing,
ook
teen die derde met kennis, op dieselfde grondslag as wat uiteengesit
is in die hierbo aangehaalde uittreksel uit die werk van
Story.
In
soverre my benadering neerkom op 'n uitbreiding van die Hof se
diskresie tot 'n soort geval ten opsigte waarvan dit voorheen
nog nie
erken is nie, is dit miskien wesenlik om iets meer te sê oor
die bestaan van so 'n diskresie. Ek is bewus daarvan
dat VAN DEN
HEEVER AR in Preller and Others v Jordaan
1956 (1) SA 483
(A) te 500G
sy instemming betuig het met Schorer se waarskuwing:
'dat 'n Regter wat
volgens sy gesonde verstand, na goeddunk en sonder regsreëls kan
oordeel meer te vrese is as honde en slange'.
Ek
is ook bewus van die kritiek wat al uitgespreek is teen die wye
diskresie wat in die regspraak aanvaar is met betrekking tot
bevele
tot spesifieke nakoming (kyk bv De Wet en Yeats Kontraktereg en
Handelsreg 4de uitg te 190 - 191). Feit is egter dat die
erkenning
van 'n wye regterlike diskresie by eise om bevele tot spesifieke
nakoming vas en onherroeplik ingeburger is in ons reg.
Afgesien
daarvan, is my eie mening dat dit as 'n kwessie van gesonde
regsbeleid wenslik is om ten opsigte van sodanige eise aan
die Hof 'n
diskresie toe te vertrou. Gevolglik het ek geen huiwering nie om so
'n diskresie uit te brei tot 'n geval soos die huidige,
waar die
bestaansreg daarvan op grond van dieselfde oorwegings van regsbeleid
met ewe veel krag verdedigbaar is. In hierdie verband
wil ek dit waag
om die hierbo-aangehaalde waarskuwing van Schorer te probeer
beantwoord met 'n aanhaling van wat Molengraaff in
1887 gesê
het (my Kollega VAN HEERDEN het my goedgunstiglik na hierdie passasie
verwys, soos dit weergegee word in sy doktorale
proefskrif, Grondslae
van die Mededingingsreg (1958) te 285):
'Ongetwijfeld wordt bij
onze opvatting zeer veel overgelaten aan de subjectiewe meening, aan
die appreciatie van den rechter, maar
juist daarin zien wij niet het
minste bezwaar. Integendeel het behoort oe het meest eigenaardig tot
de taak van den rechter, om
daar te beslissen waar alles afhangt van
die appreciatie der omstandigheden; juist daar is de rechter het
nuttigst werkzaam en
ook het meest onmisbaar, waar wij de
onpartijdige uitspraak van vroede mannen noodig hebben; willen of
kunnen wij de uitspraak
niet aan hem overlaten, vertrouwen wij die
niet aan hem toe, wij deden waarlijk het beste door onze rechters af
te schaffen.'
Vervolgens
wend ek my tot die feite van die huidige saak. Ter aanvang is dit
nodig om aandag te skenk aan die algemene benadering
wat na my mening
gevolg behoort te word tot die bewerings wat voorkom in die beëdigde
verklarings van Yates en Bremer. As
algemene uitgangspunt kan 'n
applikant in mosieverrigtinge op finale regshulp van die soort wat
hier ter sprake is op die stukke
en sonder die aanhoor van mondelinge
getuienis aanspraak maak slegs as dit blyk dat hy op sodanige
regshulp geregtig is op grondslag
van die bewerings wat gemaak word
deur die respondent en sodanige van die applikant se bewerings as wat
deur die respondent erken
word (vgl Stellenbosch Farmers' Winery Ltd
v Stellenvale Winery (Pty) Ltd
1957 (4) SA 234
(K) te 235E - G;
Burnkloof Caterers (Pty) Ltd v Horseshoe Caterers (Green Point) (Pty)
Ltd
1976 (2) SA 930
(A) te 938A - C; Tamarillo (Pty) Ltd v B N Aitken
(Pty) Ltd
1982 (1) SA 398
(A) te 430G - 431A). Ek sal na
1982
(3) SA p924
BOTHA
WN AR
hierdie
posisie verwys as die algemene reël wat geld by
mosieverrigtinge. Op die algemene reël is daar wel
uitsonderings,
soos bv waar die bewerings of die ontkennings van die
respondent so vergesog of klaarblyklik onhoudbaar is dat die
verwerping daarvan
bloot op die stukke geregverdig is. Vir my
doeleindes is dit nie nodig om verder hierop uit te brei nie. Van
belang is dat die
algemene reël na my mening klaarblyklik ook
van toepassing is op verwere wat die respondent teen die applikant se
eise opper
in sy beantwoordende verklaring. As die respondent se
bewerings 'n verweer openbaar, dan kan die applikant op die stukke
nie slaag
nie, al sou hy sodanige bewerings in sy repliserende
verklaring ontken, en al sou die bewyslas ten opsigte van die verweer
volgens
die gewone toepaslike reëls by die respondent berus. Na
my oordeel geld dieselfde posisie met betrekking tot feite wat 'n
respondent beweer ter ondersteuning van 'n verweer dat die Hof in die
uitoefening van 'n diskresie wat aan hom toekom die applikant
sy
aangevraagde regshulp moet ontsê. Ek kan geen rede insien
waarom so 'n verweer op 'n ander grondslag behandel moet word
as
enige ander verweer nie. Trouens, indien daar enige verskil bestaan,
kan daar met krag geredeneer word dat 'n respondent se
beroep op die
diskresie van die Hof in 'n geval soos die huidige met meer
toeskietlikheid behandel behoort te word as 'n ander
verweer, op
grond van die wye en onomskrewe aard van die Hof se diskresie (vgl
die Tamarillo- saak supra te 443B - F).
In
die uitspraak van my Kollega VAN HEERDEN word daar verwys na die saak
Tomkins (Pty) Ltd v Bauer
1931 TPD 292
en daaropvolgende sake wat
betrekking het op die posisie in aansoeke om sekwestrasie en ander
mosieverrigtinge wat kragtens statutêre
bepalings voorgeskryf
word. My Kollega sê dat minstens in sulke gevalle die party
teen wie die oorwig van waarskynlikhede
geld in die reël moet
aansoek doen om die aanhoor van mondelinge getuienis indien hy 'n
uitspraak teen hom wil vermy. Ek is
nie seker dat hierdie stelling,
in die algemene terme waarin dit ingeklee is, nie ietwat verder gaan
as wat deur die sake geregverdig
word nie. Vir sy doeleindes is dit
egter nie nodig om verder daaroor uit te wei nie. Soos ek sy
uitspraak verstaan, verwys my Kollega
na die genoemde sake slegs met
die doel om aan te toon dat die algemene reël wat geld in
mosieverrigtinge, soos ek dit hierbo
geformuleer het, onderhewig is
aan uitsonderings. Op daardie beperkte grondslag hoef ek niks meer te
sê nie as dat die genoemde
sake na my oordeel geensins as 'n
analogie aangewend kan word om 'n uitsondering op die algemene reël
in die onderhawige saak
te konstateer nie. En wat betref die ander
sake, met 'n oënskynlik algemener strekking, waarna my Kollega
in hierdie verband
verwys (in die besonder, Prinsloo v Shaw
1938 AD
570
en Kuper v Stellenbosch Farmers' Winery Ltd
1961 (3) SA 56
(T)),
volstaan ek met die opmerking dat 'n nalesing van die uitsprake
daarin dit dadelik duidelik maak dat hulle nie in verband
gebring kan
word met die huidige saak nie.
In
wese kom my Kollega se benadering hierop neer: waar 'n respondent hom
beroep op die uitoefening van 'n diskresie van die aard
waaroor dit
hier gaan, vra hy 'n vergunning met betrekking tot die besondere
regsmiddels van die applikant, wat nie die meriete
van laasgenoemde
1982
(3) SA p925
BOTHA
WN AR
se
skuldoorsaak raak nie, en daarom moet so 'n respondent pro tanto as
applikant beskou word, met die gevolg dat die algemene reël
wat
by mosieverrigtinge geld, soos hierbo gestel, nie hier van toepassing
is nie. Na my eerbiedige mening is hierdie benadering
verkeerd. 'n 'n
Respondent wat hom op die soort diskresie beroep wat hier ter sprake
is, opper 'n verweer teen die bevel wat die
applikant aanvra, wat hy
ten volle geregtig is om te opper; op die keper beskou, vra hy,
volgens my oordeel, net so min 'n vergunning
as 'n respondent wat hom
daarop beroep dat die applikant se eis verjaar het, en daar is net so
min rede om van die algemene reël
af te wyk in die een geval as
in die ander. Bowendien bring 'n beroep op die Hof se diskresie in 'n
geval soos die huidige oorwegings
van billikheid en geregtigheid te
berde wat direk betrekking het op die openbare belang en openbare
beleid en die Hof se funksie
en bevoegdhede in dié verband.
Die Hof se eie betrokkenheid by 'n verweer van hierdie aard vereis
sekerlik nie dat daar
'n uitsondering gemaak moet word op die
algemene reël by mosieverrigtinge nie. Inteendeel: waar
oorwegings van openbare beleid
op die spel kom (dit is 'n aspek van
hierdie saak waarna ek later weer sal verwys), is daar des te meer
rede waarom 'n applikant
die risiko sal dra dat sy aansoek op die
stukke misluk wanneer 'n onoplosbare feitelike geskil op die stukke
ontstaan en hy nie
aansoek doen om die aanhoor van mondelinge
getuienis nie.
Teen
hierdie agtergrond is dit vir my nodig om sekere aspekte van die
beëdigde verklaring van Yates en Bremer van naderby te
beskou.
[Na
ontleding van die verklarings het die belese Appèlregter
voortgegaan soos volg.]
Die
gevolgtrekking wat na my oordeel geregverdig is uit al die voorgaande
feite, is kortom dat Yates doelbewus opgetree het op 'n
wyse wat
daarop gerig was om Bremer en Bremer Meulens te uitoorlê.
Daarteenoor
het Bremer, toe hy bewus geword het van Yates se optrede, nie daarmee
verlief geneem nie, maar stappe gedoen om sy eie
en Bremer Meulens se
belange te beskerm, deur Kessler te oorreed om die aandele aan die
tweede respondent oor te dra. In die proses
het hy net so heimlik
teenoor Yates opgetree as wat laasgenoemde teenoor hom opgetree het.
Hy het, op sy beurt, vir Yates uitoorlê.
Vir
'n Hof om in hierdie omstandighede tot die hulp van een van die
mededingende partye te kom ten einde hom in staat te stel om
die buit
waaroor daar baklei word van die ander terug te vorder, is 'n gedagte
wat my teen die bors stuit. Geregtigheid vereis
dat die partye gelaat
moet word presies net in die posisie waarin hulle hulself bevind. Die
Hof behoort hom nie in te meng in,
of enige deel te hê aan, die
soort spel en teenspel wat hier vorendag gekom het nie. In pari
delicto potior est conditio
possidentis.
Die
pas-aangehaalde spreuk geld natuurlik nie in die huidige saak in sy
geykte verband, waar dit gaan oor 'n condictio ob turpem
vel injustam
causam nie (kyk bv Jajbhay v Cassim
1939 AD 537)
; ek gebruik die
spreuk net om uiting te gee aan die benadering wat die Hof na my
oordeel behoort toe te pas op die feitelike posisie
wat hier voor hom
gelê is. Maar terselfdertyd kan daar 'n geldige analogie gevind
word tussen die toepassing van die aangehaalde
stelreël in sy
gewone samehang
1982
(3) SA p926
BOTHA
WN AR
en
die feite van die huidige saak. Die onderliggende ratio van die reël
is die openbare beleid. Soos dit in 'n Engelse beslissing
meer as 200
jaar gelede gestel is, wat aangehaal word in Jajbhay v Cassim (supra
te 551):
'All writers upon our law
agree in this, no polluted hand shall touch the pure fountains of
justice.'
Na
my mening vereis oorwegings van openbare beleid dat, waar twee partye
mekaar probeer uitoorlê het soos Yates en Bremer
hier, op die
wyse wat ek geskets het, die Hof moet weier om spesifieke nakoming
van 'n kontrak ten gunste van die een teen die
ander te gelas.
My
Kollega VAN HEERDEN sê in sy uitspraak dat Bremer, volgens sy
eie bewerings, eenvoudig kwaad met kwaad vergeld het, en
dat die Hof
nie as't ware sy gedrag kan goedkeur deur 'n diskresie ten gunste van
Bremer Meulens toe te pas nie. Na my eerbiedige
mening slaan hierdie
benadering die bal heeltemal mis. Deur die aangevraagde regshulp aan
die appellant toe te staan, moet die
Hof dan maar as't ware Yates se
gedrag 'goedkeur'. En dit is nogal Yates wat die hele petalje begin
het; Bremer het maar net gered
wat daar te redde was. In ieder geval
kan daar aan die onderliggende gedagte van die openbare beleid in
omstandighede soos die
huidige geen verskil gemaak word deur wie van
die twee partye toevallig as die eisende gedingvoerder optree nie.
Die Hof weerhou
hom daarvan om enige van die twee tot hulp te kom.
Ek
verloor nie uit die oog nie dat die tweede respondent deur die
verkryging van die aandele van Kessler in sommige opsigte in 'n
beter
posisie kon beland het as waarin hy sou gewees het as hy destyds
geregtelike stappe teen die appellant en Kessler sou ingestel
het,
soos in my kollega VAN HEERDEN se uitspraak uitgewys word. Na my
mening is dit egter nie iets waaroor die appellant hom nou
kan bekla
nie, gesien die feit dat dit hy is wat eerstens die bal aan die rol
gesit het. Ek verloor ook nie uit die oog nie dat
dit nie Kessler se
eksekuteur (die derde respondent) is wat die Hof se diskresie te
berde bring nie, maar wel Bremer, as verteenwoordiger
van die tweede
respondent, en dat dit, wat Bremer betref, in werklikheid nie soseer
gaan oor die tweede respondent se belange as
sodanig nie, maar
uiteindelik oor die belange van Bremer Meulens en homself. Die
werklikheid is egter dat die ware dramatis personae
in hierdie
gedingvoering die appellant, deur Yates, is, aan die een kant, en aan
die ander kant, Bremer Meulens, deur Bremer. By
die uitoefening van
die Hof se diskresie sien ek geen rede in waarom die Hof sy eie oë
vir die werklikheid moet sluit nie.
Die Hof se diskresie omvat ook
die oorweging van die belange van partye buitekant die kontrak waarom
dit gaan (vgl Haynes v Kingwilliamstown
Municipality (supra te 318B -
D)).
Daar
is 'n laaste oorweging wat na my oordeel van deurslaggewende belang
is om die saak finaal teen die appellant te beklink. In
sy
beantwoordende verklaring sê Bremer - en dit moet aanvaar word
- dat die appellant sy aandele en leningsrekening aan Kessler
verkoop
het teen R150 000, wat ongeveer R25 000 minder was as die boekwaarde
daarvan: Bremer sê dat die appellant R14 988
op sy
aandelekapitaal (wat vir R2 verkoop is) en R20 000 op sy
leningsrekening ingeboet het. Die rede daarvoor was, soos reeds

vermeld, dat die appellant gretig was
1982
(3) SA p927
BOTHA
WN AR
om
van 'n belegging ontslae te raak wat in daardie stadium baie swak
was. Sedertdien, in die ongeveer vyf jaar vandat die tweede

respondent die aandele van Kessler teen dieselfde prys verkry het
totdat die mosieverrigtinge aanhangig gemaak is, het die sake
van die
tweede respondent geweldig verbeter, soos blyk uit syfers wat deur
Bremer verstrek is, as gevolg van die aanwending deur
die tweede
respondent van verbeterde deskundige tegniese en finansiële
bestuur.
[Na
uiteensetting van die syfers het die belese Regter voortgegaan soos
volg.]
As
die appellant toegelaat word om nou die aandele terug te kry, dan
verkry hy 'n bate wat tans baie meer werd moet wees as wat
dit
destyds was, en dit nogal teen dieselfde weggeeprys as wat hy toe
bereid was om daarvoor te aanvaar. Selfs met inagneming van
die feit
dat Bremer nie die appellant verwittig het van die tweede respondent
se verkryging van die aandele nie, en aangenome dat
Yates se bewering
waar is dat hy eers aan die begin van 1979 van die ware toedrag van
sake te hore gekom het (Bremer sê dat
hy dit moeilik vind om
dit te aanvaar), kan ek my nie indink dat dit versoenbaar is met 'n
behoorlike uitoefening van die Hof se
diskresie om die appellant toe
te laat om homself op so 'n wyse te verryk ten koste van die tweede
respondent nie. In hierdie opsig
is dit belangrik om daarop te let
dat dit die tweede respondent is wat regstreeks benadeel sou word ten
voordele van die appellant
indien aan laasgenoemde die aangevraagde
regshulp verleen sou word, want dit is die tweede respondent wat
destyds die koopprys
van die aandele betaal het en wat nou die veel
waardevoller bate teen dieselfde lae prys aan die appellant sou moes
afstaan. By
die beoordeling van hierdie oorweging kan die manewales
van Yates en Bremer buite beskouing gelaat word. Die tydsverloop en
die
veranderde omstandighede maak dit so klaarblyklik onbillik
teenoor die tweede respondent om die appellant toe te laat om sy
regte
af te dwing dat die Hof na my oordeel bykans geen keuse het as
om sy diskresie teen die verlening van regshulp aan die appellant
uit
te oefen nie.
In
die voorafgaande bespreking het ek die saak beoordeel op grondslag
van die stukke. Dit is die grondslag waarop die geding in
die Hof a
quo gevoer is: die appellant het nooit versoek dat mondelinge
getuienis aangehoor moes word of dat die saak na verhoor
verwys moes
word nie, en die Hof a quo het sodanige stappe ook nie mero motu
oorweeg nie. In hierdie Hof is die appellant se saak
ook beredeneer
op die grondslag dat die appellant op die stukke geregtig is op die
aangevraagde regshulp. Eers heel aan die einde
van sy hoofbetoog het
die appellant se advokaat, op 'n vraag van 'n lid van hierdie Hof,
gesê dat die Hof die saak na mondelinge
getuienis moet verwys,
maar slegs indien die betoog aangaande afstanddoening, eleksie,
estoppel en berusting nie op die stukke
gehandhaaf sou word nie.
Hierdie versoek op die laaste nippertjie was as 't ware 'n
stellinginname in die laaste loopgraaf. Teen
die agtergrond van die
hele verloop van die saak en in die besondere omstandighede van
hierdie saak is ek oortuig daarvan dat dit
nie reg sou wees om nou
oorweging te skenk aan hierdie moontlikheid nie. Dit staan die
appellant vry om opnuut ander regsverrigtinge
aanhangig te maak
indien hy daartoe geadviseer word.
1982
(3) SA p928
BOTHA
WN AR
Ten
slotte: die beperkte aard van die regshulp wat my kollega VAN HEERDEN
in sy uitspraak aan die appellant verleen, in die vorm
van 'n
verklarende bevel, affekteer nie die slotsom waartoe ek in hierdie
uitspraak geraak het nie. 'n Verklarende bevel soos my
Kollega
voorstaan, het slegs sin as dit daarop gerig is om die appellant in
staat te stel om sy regte in forma specifica af te
dwing, en dit is
juis daardie resultaat wat, volgens my beskouing, die Hof in die
uitoefening van sy diskresie nie behoort toe
te laat nie.
Ek
sou derhalwe die appèl van die hand wys, met koste,
insluitende die koste van twee advokate.
HOEXTER
WN AR het met BOTHA WN AR saamgestem.
Appellant
se Prokureurs: Lorentz & Bone, Windhoek; Rosendorff, Venter &
Brink, Bloemfontein. Respondente se Prokureurs:
Theunissen & De
Wet, Windhoek; Siebert & Honey, Bloemfontein
SAFLII
Note:
This
case was originally published by Juta and Company (Pty) Ltd. Juta
retains copyright as far as it subsists.