BK Tooling (Edms) Bpk v Scope Engineering (Edms) Bpk [1978] ZASCA 1 (15 November 1978)

82 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Performance — Acceptance of defective performance — Appellant contracted with respondent for the manufacture of rubber moulds, delivering two sets of blocks — Respondent claimed payment for the second set, which was found to be defective — Appellant contended that acceptance of the first set precluded claims for defects in the second set — Court held that acceptance of a defective performance does not discharge the obligation to pay unless the acceptance constitutes a waiver of rights — Respondent entitled to a reduced contract price reflecting the cost of rectifying defects, as the appellant had prevented the respondent from completing the work.

SAFLII Note: This case was originally published by Juta and Company (Pty) Ltd. Juta retains copyright
as far as it subsists.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

BK TOOLING (EDMS) BPK APPELLANT
v
SCOPE PRECISION ENGINEERING (EDMS) BPK RESPONDENT

Parallel citation: 1979 (1) SA 391 (A)

Coram: Jansen AR, Kotzé AR, Diemont AR, Klopper Wn AR en Trengove Wn AR

Heard: September 16, 1977
Judgment: September 15, 1978


UITSPRAAK



Case Information
Appèl teen 'n beslissing in die Transvaalse Provinsiale Afdeling (DE VILLIERS R).
Feite wat nie tot hierdie verslag van belang is nie, is uit die uitspraak van JANSEN
AR weggelaat.
R D Claassen namens die appellant: Dit blyk duidelik dat die kontrak volgens aard
sowel as volgens die bedoeling van die partye as een geheel is en derhalwe
ondeelbaar. Vgl De Wet en Yeats Kontraktereg en Handelsreg 2de uitg te 97 - 98 en
Collen v Rietfontein Engineering Works 1948 (1) SA te 435. Dit volg dus dat enige
gebreke in enige van die twee stelle blokke sal die kontrak in sy geheel affekteer.
Wat betref die eerste deel van die Hof a quo se tweede bevinding, nl dat appellant
die tweede stel blokke as voldoende prestasie aanvaar het, kan dit nie opgaan nie,
en wel om die volgende redes: Dit was nooit respondent se saak gewees op die
pleitstukke nie. Ten einde te kan slaag op die basis dat daar wel aanvaarding
namens appellant was, moes respondent bewys dat appellant afstand gedoen het
van enige reg wat hy sou gehad het om prestasie te verwerp. Sien H A Millard & Son
(Pty) Ltd v Enzenhofer 1968 (1) SA op 334H; Hepner v Roodepoort-Maraisburg
Town Council 1962 (4) SA op 778H. Volgens bogenoemde sake moet 'n party
uitdruklik by wyse van gedrag afstand doen van sy regte op 'n wyse wat
onversoenbaar is met 'n begeerte om die goedere terug te gee of om prestasie te
weier. Aangesien
1979 (1) SA p396
hierdie "aanvaarding van prestasie" nooit deel van respondent se saak was nie, is
respondent se getuies nooit daaroor gekruisvra nie. Daar kan dus nie gesê word dat
daardie aspek behoorlik gedek is deur die getuienis of deur die kruisondervraging
nie en respondent kan dus ook nie op hierdie stadium daarop staatmaak of sy
pleitstukke dienooreenkomstig wysig nie. Sien Robinson v Randfontein Estates 1925
AD op 198. Wat betref die tweede (alternatiewe) been van die bevinding, nl dat
appellant nie die werk deur iemand anders of homself ten koste van respondent kon
laat regmaak nie sonder om respondent self 'n geleentheid te gee om dit te herstel,
is dit ook foutief. Die saak van Reid v Springs Motor Metal Works (Pty) Ltd 1943 TPD
154 is wel van toepassing. Daarvolgens blyk dit dat daar geen verpligting op
appellant was om die goedere na respondent terug te neem vir herstel nie. In die
onderhavige geval was daar nooit sprake van 'n gebruik of 'n onderneming dat die
goedere na respondent teruggebring moes word vir herstel nie. Die beginsel wat
geld vir 'n gebruik in 'n besondere bedryf kom daarop neer dat die werk nie voltooi
kan word sonder die medewerking van die werksaanbesteder nie, soos bv in die
geval van 'n pak klere wat gemaak moet word om aan 'n bepaalde persoon te pas,
soos toegepas in Wessels v Kemp 1921 OPD 58; Theunissen v Burns 21 SC 421; of
'n stel valstande, soos toegepas in Kruger v Boltman 1933 (1) PH A3; of 'n
kunsbeen, soos in Shiels v Minister of Health 1974 (3) SA 276. In die onderhawige
geval was die samewerking van die appellant geensins nodig nie en derhalwe was
dit nie nodig om respondent 'n kans te gun om die goedere te herstel nie. Daar was
ook nooit getuienisgelei of sprake van 'n gebruik in hierdie verband in hierdie
besondere bedryf nie. Sien verder in hierdie verband die regsbeginsels soos
uiteengesit in Dominion Earthworks v M J Greeff Electrical Contractors 1970 (1) SA
op 237F - G.
Respondent se saak is dat hy die kontrak ten volle voltooi het ooreenkomstig die
oorspronklike kontrak en spesifikasies. Ten einde te kan slaag in hierdie aksie moet
hy bewys: (i) wat die inhoud van die kontrak was en (ii) dat hy dit wel sodanig en
behoorlik voltooi het. Sien Wegerle v Pretoria Machinery Sales 1943 TPD 319;
MacFarlane v Crooke 1951 (3) SA 256. 'n Kontrakteur in respondent se posisie kan
egter 'n bevel van absolusie vryspring en staatmaak op die leerstuk van quantum
meruit en wel onder die volgende omstandighede: (i) dat die werksaanbesteder
(appellant) voordeel getrek het uit die werk gedoen deur die kontrakteur
(respondent); (ii) dat die respondent bona fide geglo het dat hy sy kontrak ten volle
nagekom het; (iii) dat daar 'n bona fide geskil is ten aansien van die behoorlike
voltooiing van die kontrak. Sien in die verband Hauman v Nortje 1914 AD 293; Kam
NO v Udwin 1940 WLD 137; 1939 WLD op 348 - 9; MacFarlane v Crooke 1951 (3)
SA op 260D - E; Sifris en Andere NNO v Vermeulen Broers 1974 (2) SA 218;
Katzenellenbogen NO v Cawood 1965 (4) SA op 320G - H; (iv) in hierdie opsigte is
die bewyslas dan ook op respondent om te bewys wat die omvang van die werk is
wat nie voltooi is nie en ook wat die koste van herstel daarvan sal wees. Sien die
Wegerle- saak supra op 323 - 324. Daar kan nie gesê word nie dat respondent op 'n
oorwig van waarskynlikhede bewys het wat òf die omvang van die werk was wat
herstel moes word òf wat die tarief van vergoeding moet wees. In die vooropstelling
is dit duidelik dat respondent nie voldoen het
1979 (1) SA p397
aan die vereistes vir 'n vergoeding op 'n quantum meruit basis nie. Bygevolg moes
die uitspraak van die Hof a quo een van absolusie van die instansie wees.
Katzenellenbogen se saak supra op 320E - 321A; H A Millard and Son se saak
supra.
C Botha namens die respondent: Alhoewel daar toegegee word dat die tweede stel
blokke nie voldoen het aan die spesifikasies nie, het die appellant die stel aanvaar
as voldoende prestasie. Dat 'n skuldenaar sy kontraktuele verpligtinge nakom as die
skuldeiser met iets minder genoeë neem, blyk uit De Groot Inleiding 3.42.5; Van der
Walt v Minnaar 1954 (3) SA op 939A - B; Montesse Township and Investment
Corporation v Standard Bank of SA Ltd 1964 (3) SA op 227B - C. Andersins het die
appellant dit vir respondent onmoontlik gemaak om die tweede stel te voltooi deur
(a) dit te verwyder voor dit afgewerk was; (b) te weier om dit aan die respondent vir
voltooiing terug te besorg. Vir wat die posisie is as prestasie onmoontlik gemaak
word deur die optrede van die skuldeiser, sien De Wet en Yeats Kontraktereg 3de
uitg op 121, 122; Muller v Crawley 1907 ORC 12, waar die Hof quantum meruit
toegelaat het in 'n geval waar die verweerder die eiser verhinder het om die kontrak
te voltooi; Benjamin v Meyers (l) 1946 CPD op 662; Grunow NO v Sieberhagen 1959
(3) SA op 906H, 907A. Indien daar bevind word dat daar nie behoorlike prestasie
was nie, kom quantum meruit ter sprake. Sien Hauman v Nortje 1914 AD op 301,
302; Breslin v Hichens 1914 AD op 315. In die besonder moet dit blyk dat die
respondent bona fide geglo het dat hy sy verpligtinge nagekom het. Dat die bona
fide geloof moes bestaan het ten tyde van die oorhandiging van die werk, blyk uit
Kam No v Udwin 1940 WLD op 140, 141. In Grunow NO v Sieberhagen 1959 (3) SA
op 906H, 907A is gesê dat 'n kontrakteur nie opsetlik weier om 'n kontrak te voltooi
as die ander party hom verhinder om dit te doen nie. In die huidige geval was die
respondent nie mala fide en het nie opsetlik die werk onvoltooid gelaat nie: (a) dit is
duidelik dat die respondent te alle tye die tweede stel wou klaarmaak; (b) die stel is
deur Borsboom op sy aandrang verwyder terwyl Groot nog daaraan gewerk het en
Borsboom het sy tevredenheid daarmee uitgespreek; (c) Groot het aangebied om
die gebreke uit die weg te ruim. Dit word aanvaar dat die bewyslas op die
respondent rus om aan te toon wat dit sal kos om die gebreke uit die weg te ruim ten
spyte van die bedenkinge uitgespreek in Dominion Earthworks v M J Greeff
Electrical Contractors 1970 (1) SA op 237.
Wat betref die aspek van aanvaarding het die respondent se saak steeds gebly dat
hy sy verpligtinge onder die ooreenkoms nagekom het. Een manier hoe hy dit kan
nakom is as die appellant sy werk aanvaar soos dit is. Sien Van der Walt v Minnaar
1954 (3) SA op 939A - B. Andersins word betoog dat die geskilpunte by die verhoor
uitgebrei is en dat hulle behoorlik uitgepluis is. Sien Shill v Milner 1937 AD op 105;
Marine & Trade Insurance Co Ltd v Van der Schyff 1972 (1) SA op 44H - 45F. Die
kwessie van aanvaarding aldan nie hou verband met die bona fides wat by quantum
meruit vereis word. Dat quantum meruit nie gepleit hoef te word nie blyk uit
MacFarlane v Crooke 1951 (3) SA op 260D. As daar beswaar was oor die getuienis
van aanvaarding moes dit by die lei daarvan geopper gewees het. Die appellant
beweer dat die Verhoorhof gevolg moes gegee het aan die beginsel vervat in Reid v
Springs Motor Metal Works
1979 (1) SA p398
JANSEN AR
(Pty) Ltd 1943 TPD 154. Op die Hof se feitebevinding dat die respondent nie die
werk aangebied het as voltooi nie, maar dat die appellant dit kom verwyder het voor
dit afgerond is, is die saak nie van toepassing nie.
Claassen in repliek.
Cur adv vult.
Postea (September 15).

Judgment
JANSEN AR: Dit is 'n appèl teen 'n vonnis van R3 600 met koste, wat die respondent
maatskappy (eiser) teen die appellant maatskappy (verweerder) in die Transvaalse
Provinsiale Afdeling verkry het. Alvorens die aard van die eis in besonderhede te
behandel, moet egter in breë trekke gewys word op die omstandighede wat tot die
geding aanleiding gegee het. By die bespreking daarvan sal dit gerieflik wees om
merendeels in plaas van na die partye te verwys, van die hooffigure te praat wat die
onderskeie maatskappye deurgaans verteenwoordig het, nl mnr Cornelius Groot en
mnr Cornelius Johannes Borsboom. Groot het deurgaans namens die eiser
maatskappy (respondent) opgetree, en Borsboom namens die verweerder
maatskappy (appellant). Beide is gekwalifiseerde instrument-makers en hul
besighede is op Vereeniging.
Teen die einde van 1973 het Borsboom van Paulstra South Africa (Pty) Ltd (hierna
Paulstra genoem), wat besigheid te Rosslyn doen, 'n tekening (bew A22) ontvang
van 'n rubbermonteerstuk vir die montering van die kragbronne (enjins) in sekere
Ford motors. Skynbaar sou Paulstra sodanige monteerstukke giet om aan die
motormaatskappy te verskaf, en daarvoor sou hy vorms, gemaak uit staal, nodig hê.
Borsboom sou vir die vervaardiging en verskaffing van die vorms tender.
Die tekening het volle afmetings verskaf, en dit het in die algemeen 'n toleransie van
0,5 mm toegelaat. Die monteerstuk sou ietwat ingewikkelde rondings en vlakke hê.
Basies sou dit egter simmetries wees en sou dit moontlik wees om 'n vorm te maak
wat bestaan uit twee identiese helftes wat opmekaar pas soos die twee doppe van 'n
okkerneut.
Dat by afkoeling rubber in 'n mate krimp, sou egter mee rekening gehou moes word.
In die onderhawige geval was die plan om natuurlike rubber te gebruik, en dit word
aanvaar dat dit 'n maksimum van 2 persent krimp. Met dit voor oë het Borsboom die
nodige tekeninge vir die vervaardiging van 'n vorm gemaak en teen die einde van
1973 het hy Groot versoek om die uitholwerk te doen vir 'n staalvorm (twee helftes
wat opmekaar pas) om 'n enkele monteerstuk mee te giet. Dié vorm sou as prototipe
dien. Nadat Borsboom daarmee tevrede was, het hy dit aan Paulstra om
goedkeuring voorgelê. Lg het dit aanneemlik gevind en het op 8 Maart 1974 twee
vorms, elk geskik om 16 monteerstukke gelyktydig te giet, van Borsboom teen R5
000 elk bestel. Twee afsonderlike bestelvorms is gebruik, waarop oa gestaan het:
"Delivery = 20 May 1974 latest. The purchaser reserves the right to cancel the
whole or part of this order at any time after the mentioned delivery date for
goods not yet received."
Om 16 monteerstukke gelyktydig te giet sou elke vorm dus basies uit twee helftes
moes bestaan, elk met 16 holtes wat presies op die 16 holtes in die ander pas. Daar
sou dus 32 holtes moes wees, elk dieselfde as dié in die
1979 (1) SA p399
JANSEN AR
prototipe. Borsboom se ontwerp het egter nie twee soliede plate wat op mekaar sou
pas beoog nie, maar wel dat die vorm uit vyf "blokke" sou bestaan, elk bestaande uit
twee helftes wat op mekaar pas. Die holtes sou dus dienooreenkomstig versprei
moes word. Dit volg dat die vyf "blokke" in een of ander vorm van apparaat
aangebring moes word, maar die presiese aard daarvan blyk nie.
Borsboom was van voorneme om met gebruik van sy eie materiaal self (dws met sy
eie werknemers in sy eie werkswinkel) al die werk te doen, behalwe deel van die
uitholwerk. Die ruwe uitboor kon hy geredelik doen, maar hy het nie 'n geskikte
masjien gehad om die oorblywende werk te doen nie, nl om al die kontoere van die
holtes in die prototipe in die staal blokke te reproduseer nie.
Gevolglik het hy Groot opdrag gegee om hierdie oorbly wende werk te doen. Groot
het 'n besonder geskikte stempelsnyer (die-sinker), met 'n hidroliese kopieerstilus
toegerus, gehad. Hy sou die metode kon volg om eers 'n model van die monteerstuk
van staal te maak en dan daarvan 'n afdruk in staalplastiek, as model van een helfte
van die vorm. Deur die kontoere van die holte in die staalplastiekvorm met die stilus
te volg, sou hy dan die stempelsnyer kon gebruik om identiese holtes in die
staalblokke te sny. Groot het die kontrak met Borsboom in 'n brief van 8 Maart 1974
bevestig:
"We thank you for your verbal enquiry and have pleasure in quoting as
follows.
Die sinking of 32 only rubber moulds.
Price for one mould (one top and one bottom impression).... R150.
Material to be supplied by yourselves pre-machined as discussed with
Mr C Borsboom.
Delivery: 9 weeks after receipt of order and material."
Mettertyd het Borsboom, soos hy sy eie voorafgaande werk voltooi het, die "blokke"
aan Groot gelewer, maar eers op 19 Junie 1974 het Borsboom die eerste stel van
vyf "blokke" van Groot terug ontvang. Dit is gemene saak dat deel van die vertraging
aan Borsboom self te wyte was aangesien hy oa die werk op een stadium laat staak
het vanweë 'n moontlike verandering in die ontwerp van die rubbermonteerstuk. Met
ontvangs van die "blokke" het Borsboom die volgende afleweringsnota onderteken:
"Please receive/Ontvang asseblief:
16 only rubber mould - topand bottom impressions
R150 each
Total
R2 400
Die sinking and grinding
Order: Mr C Borsboom. Payment will be made one week after receipt of
moulds.
Invoiced
Received by: (Sgd) C J Borsboom."
Borsboom het die blokke aanmekaargesit, die gietvorm voltooi en dit aan Jonqueres,
die algemene bestuurder van Paulstra, aan dieinde van Junie of begin Julie gelewer.
Borsboom het egter nie Groot betaal ooreenkomstig die nota op die afleweringsnota
nie en Groot was onwillig om met die werk op die tweede stel blokke aan te gaan.
Bowendien is Groot toe vir 'n maand oorsee en het eers ongeveer 20 Julie 1974
teruggekeer. Teen hierdie tyd was Borsboom onder groot druk van Paulstra en hy
was bang dat Paulstra sy kontrak kon kanselleer. Hy het reeds probeer om die
oorblywende vyf blokke van Groot terug te kry, maar dié wou hulle nie gee nie. Groot
is egter oorreed om die werk voort te sit en op 12 Augustus 1974 het Borsboom
1979 (1) SA p400
JANSEN AR
die oorblywende blokke in ontvangs geneem. Groot wou hul aanvanklik egter nie
sonder betaling afgee nie en Borsboom, ten einde die blokke te kan wegneem, het 'n
promesse vir R4 800, betaalbaar op 16 Augustus 1974, aan Groot gegee. Dit was
uitgemaak aan die eiser-maatskappy as nemer en deur Borsboom namens die
verweerder-maatskappy as maker onderteken. Borsboom het ook sy handtekening
agterop geplaas, skynbaar in sy persoonlike hoedanigheid.
Borsboom is dadelik na sy eie werkswinkel terug en het tot in die nag gewerk om die
vorm vir Paulstra aanmekaar te sit en te voltooi. Volgens Borsboom het hy die vorm
die volgende dag aan Paulstra gelewer. Jonqueres 'n ingenieur, en toe
vervaardigingsbestuurder by Paulstra, is ietwat onseker oor die presiese datum:
"... it was the 15th... middle August, I think the 12th or 13th of August... the
date I think it was the 14th of August".
Hoe dit ook al sy, op 15 Augustus het Paulstra die vorm getoets deur die eerste 16
monteerstukke te giet. Geen van die 16 het aan die spesifikasies voldoen nie en
Paulstra was nie bereid om die vorm te aanvaar nie. Die foute is aangestip op 'n
inspeksieverslag (bew A17) en Jonqueres het Borsboom gebel en hom meegedeel
dat hulle die vorm verwerp het. In sy hoofgetuienis sê Jonqueres (hy is deur
verweerder geroep) die volgende:
"The same day we checked the parts immediately we phoned him and we told
him the mould is wrong, can you immediately repair it and we had to wait
about a month before we had 12 cavities repaired then apparently he could
not at all improve on this... (indistinct) the repair of the cavity and I must say
that our customer Ford Motor Company, wanted to make sure that it was true
that it would take so long for this fault to... an employee from Ford Motor
Company went to see Mr Borsboom and was with Mr Borsboom throughout
the month to see the volition (sic) of the repair. Every second day he was with
Mr Borsboom at the place where the mould was being repaired. And he
agreed that this could not be improved on, this is why after one month we said
okay we accept 12 cavities let us start production."
Onder kruisverhoor sê hy:
"Now, you have said when the second set was delivered to you in September,
you found that four cavities were not completed? - Yes, but because we told
Mr Borsboom not to complete them because we had no time to wait any
longer. We did... we knew that we were going to take the mould with four
cavities not completed.
Yes. Have you got a clear recollection of the number that were not completed,
or is it... (witness intervenes)... No, I don't remember.
Could it have been four half cavities, in other words... (witness intervenes)...
No, no, there were four complete cavities, because we make 16 cavities, we
checked the 16 cavities if you want, and we took of the 16 we find 12 good,
the 12 good and wepresent the 12 good and we stopped production of the
other four."
Nou ook kan reeds op die volgende wat hy ook in kruisverhoor gesê het, gewys
word:
"Yes. Now, in your findings of your inspection as reflected in exh A17...?...
Yes, yes?
Are these measurements, are they the actual measurements of the rubber
product? - Yes
You did not try to calculate from your... (witness intervenes) - No.
... your measurements of the rubber product what the measurements of the
steel mould should have been? - No, because I knew that Mr Borsboom had
given his sub-contractor a drawing of the mould, taking into account the
shrinkage of two per cent.
Oh, you worked on that assumption? - It was true because you can see it.
But you did not actually relate these measurements to the actual steel
moulds? - No,
I knew that the mould was wrong because the measurements of the
(inaudible) were wrong.
1979 (1) SA p401
JANSEN AR
............................................................................................................................
.................
Now, when you tested the cavities, you did it by way of testing the rubber
cast, not so? - Yes.
Did you measure each and every case, each and every radius, or did you
make a spot check? - No, we check everything. We check every part because
we want and we were so much in a hurry to give a sample to the customer
that we wanted at least to find one part right to tell the customer we have got
the mould we have got the sample can you please approve it, but we could
not find any part right."
Hiermee moet die volgende passasie in ondervraging deur die Verhoorregter
vergelyk word:
"Now, is it proper for your purposes to inspect these moulds, to take the
measurements from the rubber mould, in other words would the
measurements be properly to give you an idea whether the moulds are
correct or not? - Yes.
Within the given tolerance? - Yes. Due to the... elaborate shape of the cavity it
is very difficult to actually check the mould, You can check the mould, but it
takes you... it is going to take you three, four days to check sixteen cavities.
Ja - The best way to do it on a particular way is to make the part and knowing
that when the rubber cools down, you know when we make the... when we
make a rubber part we must cure the rubber and when the rubber, the rubber
parts cools down, the rubber shrinks, it shrinks of a maximum of 2 per cent
when it is a rubber. Now, if you take the measurements of the part and you
add 2 per cent on each measurement, you have the measurement of the die,
of the mould. This is a proper way of checking the die by checking this
answer, but by knowing that you must add 2 per cent."
Jonqueres het ook onder kruisverhoor, verwysend na item 15 op die
inspeksieverslag, gesê:
"Yes, if that item, that fault had been the only fault on these moulds, would
you have rejected them? - Yes. Anything is rejectable, even one dimension of
the... only one dimension would have been...
Yes? - We would have rejected the part."
Jonqueres se getuienis is hoegenaamd nie betwis nie.
Om terug te keer na Borsboom en Groot. Laat die Vrydagmiddag, 16 Augustus
1974, het Groot vir Borsboom gebel insake betaling. Gemoedere het hoog geloop en
dinge het uitgeloop op 'n uitskellery. Dit skyn duidelik te wees dat Borsboom gesê
het die werk was hopeloos en dat hy nie daarvoor sou betaal nie. Groot het egter
aangebied om gebreke te herstel waarop Borsboom, volgens hom, gesê het:
"ek het alle vertroue in jou verloor ek sal dit definitief nie na jou toe terugbring
nie, ek sal dit op 'n ander plek laat herstel, en die koste sal daarvan afgedra
word... van julle koste afgetrek word".
Volgens Groot, het Borsboom gesê:
"die werk is skokkend, dit is hopeloos, en nog 'n paar lelike woorde en ons
gaan definitief nie betaling kry nie en ons gaan hoor van sy prokureurs".
In der waarheid het Groot egter die inisiatief geneem. Op 21 Augustus, in opdrag
van Groot, bel mnr Steyn, 'n prokureur, Borsboom en na aanleiding van hul gesprek
ontvang Borsboom die volgende brief, gedateer 21 Augustus 1974, van Steyn:
"Ons bevestig hiermee die telefoniese gesprek vanoggend om 11 vm toe die
skrywer u verwittig het dat u of die dies wat deur ons kliënt gesny is moet
aanvaar soos hulle is en die ooreengekome prys van R4 800 betaal, of u
moet die dies aan ons kliënt terug besorg met 'n spesifikasie van hoe hulle
verander moet word. U het daarop geantwoord dat u die dies sal aanvaar en
op of voor Vrydag 23 Augustus 1974 'n vooruitgedateerde tjek vir veertien dae
aan ons by ons kantore sal aflewer vir die volle kontrakprys van R4 800."
Hierop antwoord Borsboom se prokureur op 27 Augustus 1974:
"Ons ageer namens BK Tooling (Edms) Bpk en kliënt het u skrywe van 21
deser aan ons oorhandig vir aandag en beantwoording.
In die eerste plek ontken ons kliënt dat hy met u ooreengekom het dat hy die
vorms
1979 (1) SA p402
JANSEN AR
sal aanvaar en verder ontken hy dat hy aan u gesê het dat hy aan u 'n
vooruitgedateerde tjek vir R4 800 sal stuur. Inderdaad wat gebeur het is dat u
aan ons kliënt gesê het hy moet u kliënt se rekening betaal en hierop het
kliënt geantwoord dat hy nog daaroor sal besluit.
Ten tweede is ons kliënt nie bereid om die vorms aan u kliënt terug te gee
sodat hulle hulle gebrekkige werk kan herstel nie. Die rede hiervoor is dat ons
kliënt oortuig daarvan is dat u kliënt nie instaat sal wees om die werk
behoorlik te doen nie.
Die oorspronklike reëling met u kliënt was gewees dat sodra ons kliënt betaal
word vir die vorms sal hy ook u kliënt se rekening betaal en ons mag meld dat
ons kliënt die vorms oorhandig het aan 'n ander firma om die gebrekkige werk
te herstel en die koste daarvan volgens kwotasie beloop 'n bedrag van R2
880. Die bedrag sluit nie in die koste wat ons kliënt gehad het om toe te sien
dat u kliënt se gebrekkige werk behoorlik herstel word nie.
Ons tree weer later met u in verbinding en ons mag meld dat enige aksie wat
u op hierdie stadium mag instel verdedig sal word."
Steyn lewer repliek op 30 Augustus 1974:
"In antwoord op u skrywe van 27 deser is die skrywer absoluut verbaas dat u
kliënt nou die inhoud van die telefoniese gesprek op 21 Augustus ontken.
Daar was geen sprake daarvan dat u kliënt nog sal besluit of hy gaan betaal
of nie. U kliënt het spesifiek onderneem om 'n vooruitgedateerde tjek te
verskaf op of voor Vrydag, 23 Augustus, en ons het dieselfde dag ons kliënt
tot daardie effek verwittig.
Wat betref die bewering dat die vorms nie volgens spesifikasie is nie, vind ons
kliënt dit uiters eienaardig dat die eerste stel vorms wat volgens presies
dieselfde spesifikasies gemaak is, aanvaar is. Indien daar moontlik enige
gebreke in in die tweede stel vorms, is ons kliënt bereid om die gebreke
onmiddellik te herstel op hulle koste.
Ons kliënt ontken dat u kliënt volgens hulle kontrak geregtig is om die vorms
deur 'n ander firma te laat verander en die koste daarvan van die kontrakprys
af te trek.
Dit word hiermee op rekord geplaas dat die bogemelde vorms ten tye van die
skryf hiervan by 'n ander firma in Vereeniging is en dat daar nog geen
veranderings daaraan aangebring is nie.
Andersins eis ons kliënt betaling van die volle kontrakprys binne vier dae
vanaf die datum by gebreke waaraan dagvaarding uitgereik word."
Die verwysing in die voorlaaste paragraaf van Steyn se brief na " 'n ander firma" is
vermoedelik na "Engravers trading as Aureco Engravers (Pty) Ltd", 'n besigheid
gevoer deur ene Auret en deur hom beskryf as
"gravering op 'n groot mate... op 'n klein mate die-sinking en net gravering en
rubber stempels".
Dit word nie betwis dat Borsboom reeds die Maandag (19 Augustus 1974) die vyf
blokke na Auret geneem het nie om reggemaak te word. Borsboom het ook van
Auret 'n skriftelike "kwotasie", gedateer 19 Augustus 1974, ontvang. Dit het gelui:
"Modify to specification 32 mould inputs at each R90. Total R2 880" (bew
A23). Dit is ook deur Auret onderteken. Vermoedelik is dit hierdie kwotasie
waarna in die brief van verweerder se prokureur, gedateer 27 Augustus 1974,
verwys word. (Dit moet miskien nou by voorbaat genoem word dat by die
verhoor Auret deur die eiser as getuie geroep sou word, en dat Auret sou sê
dat die werklike kwotasie slegs R45 (soos hy "dink") per holte (albei halwes)
was en dat bew A23 nie die werklike toedrag van sake weergegee het nie.)
Dit is teen hierdie agtergrond dat eiser dagvaarding laat uitrek het. Gesien die
kwessies wat sou ontstaan, is dit nodig om taamlik volledig uit die daaropvolgende
pleitstukke aan te haal. Die deklarasie lui:
"1.On 8 March 1974 and at Vereeniging, the parties entered into an
agreement which was partly oral and partly in writing. Plaintiff was
represented by Mr C Groot and defendant was represented by Mr C J
Borsboom.
1979 (1) SA p403
JANSEN AR
2.In terms of the said agreement plaintiff had to do the die-sinking of 32
rubber moulds on two sets of steel block (each consisting of five steel blocks)
at an agreed price of R150 per mould.
3.(a)It was also an express, alternately an implied, term of the said agreement
that the said work had to be done according to certain sketches copies of
which are annexed and marked 'A' and 'B' and according to a sample which
plaintiff made and which defendant had approved.
(b)Furthermore it was an express, alternatively implied, term that plaintiff was
to be allowed a tolerance of 1/2 millimetre in the milling of the moulds.
4.The written part of the said agreement was embodied in a quotation, dated
8 March 1974, a copy of which is annexed and marked 'C'.
5.Plaintiff has duly performed its obligations in terms of the said agreement
and did deliver the first set of five blocks on 19 June 1974 and the second set
on 12 August 1974.
6.On 12 August 1974 plaintiff, represented by the said Mr Groot, and
defendant, represented by the said Mr Borsboom, agreed that the total
contract price of R4 800 would be paid to the plaintiff on or before 16 August
1974.
7.On 6 November 1974 defendant paid an amount of R1 2000 into Court
which amount has been paid over to plaintiff.
8.Despite demand defendant refuses the balance of R3 600 which is due and
payable.
Wherefore plaintiff claims an order against defendant for:
1.Payment of the amount of R3 600.
2.Interest at 6 per cent per annum a tempore morae on the said amount of R3
600.
3.Costs of suit.
4.Alternative relief."
Die verdere besonderhede op versoek verstrek, lees soos volg:
"1.Ad para 1 of the declaration:
(a)The written part of the agreement was embodied in the quotation dated 8
March 1974 annexed to the declaration and marked 'C' and also in the two
sketches which were annexed to the declaration and marked 'A' and 'B'.
(b)The oral terms of the contract are stated in para 3 of the declaration.
2.Ad para 2:
(a)The work had to be completed within nine weeks after defendant had
delivered the pre-machined material to plaintiff.
(b)Defendant had to supply the material.
3.Ad para 3:
(a)The sample was manufactured at the end of 1973.
(b)Defendant approved of the sample at the end of 1973.
(c)The approval was oral.
(d)Mr C J Borsboom approved of the sample.
(e)The terms mentioned in para 3 of the declaration were oral (except for the
sketches).
4....
1979 (1) SA p404
5.Delivery was taken by Mr C J Borsboom.
6.Ad para 6:
(a)This agreement was concluded at Vereeniging.
(b)The parties were represented by Messrs C Groot and C J Borsboom
respectively.
(c)This agreement was oral.
(d)The terms of this agreement have been set out fully."
Dit blyk ook dat "C" die brief is van 8 Maart 1974 wat reeds hierbo aangehaal is.
Hierop het die verweerder soos volg gepliet:
"1.1Die bewerings in paras 1, 2, 3 (a) en 4 van eiser se deklarasie word
erken.
1.2Verweerder sê dat verder mondeling ooreengekom was dat verweerder
eiser vir die werk sou betaal sodra verweerder betaling ontvang vir die
betrokke vorms wat deur 'n derde party van verweerder bestel was.
2.Iedere en elke bewering in para 3 (b) word ontken.
3.Behoudens te erken dat eiser die eerste stel van vyf blokke op 19 Junie
1974 aan verweerder gelewer het en die tweede stel op 12 Augustus 1974,
ontken verweerder ieder en elke verdere bewering in para 5 en sê dat eiser
se werk defektief was tot so 'n mate dat die blokke onbruikbaar was.
4.Behoudens te erken dat gesegde mnr Groot namens eiser die bedrag van
R4 800 as die totale kontraksom genoem het op 16 Augustus 1974, ontken
verweerder iedere en elke bewering in para 6 genoem.
5.1Verweerder erken die bewerings in para 7 genoem.
5.2Verweerder sê verder dat die som van R1 200 adekwate vergoeding is vir
die werk deur eiser gedoen en dat eiser nie geregtig is op enige verdere
betaling nie.
6.Behoudens te erken dat hy weier om R3 600 te betaal, ontken verweerder
iedere en elke bewering in para 8.
7.Verweerder bied aan koste tot by inbetaling in die Hof deur verweerder van
die bedrag van R1 200.
8.Origens versoek verweerder dat eiser se eis van die hand gewys word met
koste."
Nadere besonderhede is deur die eiser aangevra:
"1.Ad para 1.2 thereof:
(a)When and where was the additional oral agreement entered into and
who represented the parties?
(b)Who was the 'third party'?
(c)Has the defendant in fact received any payment from the third party?
If so, particulars are required as to the time and amount of the
payment.
2.Ad para 3 thereof:
Defendant is requested to state in full detail in what respects plaintiff's work
was defective and in what respects the moulds were unserviceable.
Ad para 5.2 thereof:
On what basis does defendant allege that R1 200 is adequate
1979 (1) SA p405
compensation for plaintiff's work? Defendant is requested to state in detail
how the amount is calculated."
Hierop het die verweerder soos volg geantwoord:"Verweerder verskaf die
volgende besonderhede tot sy pleit na aanleiding van eiser se versoek
daartoe:
1.Ad paras 1 en 2 daarvan:
(a)Te Vereeniging gedurende Maart 1974 en ene Groot het namens
eiser opgetree en ene Borsboom namens verweerder.
(b)Paulstra South Africa (Pty) Ltd.
(c)Ja, betaling is ontvang nadat verweerder die goedere behoorlik aan
gemelde Paulstra gelewer het.
2.Ad para 3 daarvan:
Die blokke was nie volgens spesifikasie gemaak nie en die groottes daarvan
het wesenlik verskil van die spesifikasies aan eiser verskaf.
3.Ad para 5.2 daarvan:
Dit het verweerder R3 600 gekos om die werk wat eiser moes gedoen het, in
die toestand te kry waarin dit behoort te wees."
Later het die verweerder nog besonderhede verstrek waarin die gebreke in die werk
meer spesifiek gestel is en ook gesê is dat "die blokke was nutteloos soos verskaf".
'n Voorverhoor notule lui soos volg:
"Behalwe om te bevestig dat die partye 'n gesamentlike bundel van
dokumente sou saamstel vir gebruik ten tye van die verhoor van hierdie saak
kon daar op geen ander aspekte ooreengekom word nie."
Hierna het die verweerder nog besonderhede vir doeleindes van verhoor verstrek.
Oa is daarin beweer dat die eerste volledige vorm op 31 Julie 1974 aan Paulstra
gelewer was, dat geen spesifieke betaling van Paulstra ontvang is nie - slegs
betaling van 'n lopende rekening tussen hulle, dat die eerste stel blokke in spesifieke
opsigte gebrekkig was, en dat die bedrag van R3 600 wat op die regmaak van die
gebreke betrekking het, soos volg saamgestel was:"72 werkure teen R10 per uur ten
einde die eerste 16 blokke reg te stel en R2 880 synde die redelike koste verbonde
daaraan om die tweede stel blokke reg te stel."
Aan die einde van die eerste dag se verhoor, toe Groot nog besig was met sy
hoofgetuienis namens eiser, het die Verhoorregter 'n aanmerking daaroor gemaak
dat die partye nie oor voor-die-hand-liggende kwessies ooreengekom het nie, bv
watter tekortkominge daar in die eiser se werk was. As gevolg hiervan is nog
dieselfde middag 'n "voorverhoor-konferensie" gehou en die resultate soos volg
genotuleer:
"1.Plaintiff maintains that there are no defects in either consignment.
This is denied by defendant.
2. According to defendant the work done by plaintiff was defective in the
following aspects:
A. First consignment
(i)All three radii were seven millimetres instead of eight mm.
(ii)The base of the triangle was not flat and was curved.
This relates to all 16 cavities.
B.Second consignment
(i)The radii on all three corners were five mm instead of eight mm.
1979 (1) SA p406
(ii)The angle between two sides of the triangle varied between 61ø and
65ø instead of 60ø.
(iii)The bases of the triangles were not flat.
(iv)The sides of the triangles were not properly curved. (It is the same
as saying that the radii on the sides of the triangles were not 30 mm.)
3.In all respects it is agreed that if these defects are found to have existed,
then it would mean that cavities were too small and that same could have
been rectified by enlarging them.
4.The above defects save for B (iv) above are stated in exh A17 (Paulstra se
inspeksieverslag) under items 22, 21, and 15. Items 6 and 5 of that report
have no bearing on the dispute between the parties.
5.Plaintiff alleges that the agreed tolerance on this contract was0,5 mm
where as defendant denies that there was such an agreement and states that
internationally including South Africa the tolerance allowed is 0,1 mm for
toolmaking.
6.The parties are not able to agree on the tariff costs and time to remedy the
defects if any."
Die notule is die volgende oggend met die hervatting van Groot se getuienis by die
Hof ingedien. Dit is opvallend dat volgens para 1 daarvan die eiser nog steeds
daarop aangedring het dat "there are no defects in either consignment".
Om die standpunt van die eiser te verstaan is dit egter nodig om die volgende in
aanmerking te neem. Aanvanklik in sy hoofgetuienis die vorige dat het Groot,
verwysende na 12 Augustus toe Borsboom die tweede stel blokke kom haal het, die
volgende gesê:
"Op daardie dag het mnr Borsboom - hy het ons die vorige dag gebel om te
vra hoe ver is ons. Ons het hom gesê ons is nog nie klaar nie en gaan nog 'n
dag of wat neem. Toe het hy gesê hy gaan môre-oggend kom kyk hoe ver is
ons, dit was nou die 12de gewees. Nou toe kom hy vroeg in die môre in, ek
kan nie presies onthou nie, so 8-uur se kant dink ek en toe het ons hom gesê
kyk, ons is nog nie klaar nie, ons kan nou nog nie die stel aflewer nie.
Nou daar in die oggend toe hy ingekom het, wat was u besig om te doen? -
Ek was besig om 'n bietjie slypwerk op hom te doen.
Nou, met die hand, of...? - Met die hand.
Of met 'n masjien? - Met die hand.
Was die masjienwerk alreeds gedoen? - Ja, die masjienwerk was klaar.
Ja? - So hy het weggegaan, hy het Vereeniging toe gegaan en hy het die
middag 12-uur, ek dink omtrent 12-uur het hy weer gekom, toe was ons nog
steeds besig en ons was nog nie klaar nie, ons het hom ook gesê kyk, ons is
nog nie reg nie. Toe het hy die saak bekyk en hy het gesê kyk, hy is
heeltemal tevrede so ver soos wat ons is, hy sal hom self nou finaliseer. En
hy het toe gekyk na die stel, die stel het oop gelê, die 5 blokke het oop gelê
op ons 'service' tafel en hierdie model, wat ons gewoonlik inpas, het gelê in...
(tussenbei).
U verwys nou na bew 4A? - A, het bygestaan en hy het die saak bekyk, hy het
hier en daar geïnspekteer en hy het gesê nee wat, dit lyk goed. Hy het my net
'n paar... twee plekkies gewys op hierdie skuinste wat 'n bietjie bol was wat hy
so met die vinger kon gevoel het en hy het gesê: 'polish' net hierdie 'n bietjie
uit en dan vat ek dit en dan is ek weg.
Ja... was die twee van u alleen gewees toe dit nou alles gebeur het...? - Nee,
Michael Rosewall was eintlik die heeltyd by.
Ja? - Toe het hy die stel gevat, en ons het die afleweringsnota gaan teken in
my kantoor."
Die Rosewall waarna Groot hier verwys, was 'n direkteur van die eiser,
1979 (1) SA p407
en hy was ook die eiser se eerste getuie wat net voor Groot getuig het. Sy
hoofgetuienis oor wat op 12 Augustus 1974 geskied het, sluit heeltemal aan by
Groot:
"Now, what happened on that day as far as you can remember and as far as
you saw and hear yourself? - Well, Mr Borsboom came to me early in the
morning to the office and he asked if he could... if the moulds were finished so
I informed him they were not quite complete he must come back later in the
afternoon at about half past three, four o'clock. He came back, he returned
earlier, about 12 o'clock he came to us and we took him through to the moulds
and we said we are not quite finished with the work, we are still busy polishing
the moulds to size and he came and he inspected it and he asked Mr Groot
just to polish away one or two little marks there and then he is happy with the
job and he will take it like that because it looks a hundred per cent.
Yes. Now was anything done about... and id he take them then? - Yes, then
we went through to the office to where I wrote out the delivery note."
Die duidelike indruk hier deur Groot en Rosewall geskep, is dat hulle dié oggend
verwag het om die blokke gedurende die loop van die dag te voltooi, en dat toe
Borsboom hul geneem het, daar hoogstens 'n mate van poleerwerk oorgebly het. Dit
is dus verstaanbaar dat Groot nie kon of wou erken dat daar wel meer as dit
verkeerd was met die blokke nie. Toe die gebreke uiteengesit in die verdere
besonderhede, Paulstra se verslag, en uiteindelik die notule van die "voorverhoor" -
konferensie gehou die middag van die eerste dag van die verhoor, aan hom in
hoofgetuienis gestel is, het hy nie die aanwesigheid van daardie gebreke erken nie.
Vrae oor die wyse en koste om sodanige gebreke te herstel het hy op 'n hipotetiese
basis beantwoord - indien hulle aanwesig was. In teenstelling hiermee was hy baie
beslis dat daar geen gebreke was in die eerste stel wat hy op 19 Junie 1974 gelewer
het nie. Dié sou hy dan behoorlik getoets het, oa deur gipsgietsels daarmee te maak
en dié te meet. Die stel van 14 Augustus 1974 sou hy dan nie aldus getoets het nie,
oa omdat Borsboom dit te gou weggeneem het en tevrede was. Later sou hy egter
onder kruisverhoort toegee wat die tweede stel betref; eers dat daar 'n moontlikheid
bestaan dat die blokke nie volgens spesifikasies was nie omdat "ons het nooit die
kans gekry om dit wel vas te stel nie"; en later dat dit wel "baie duidelik" was dat hy
nie die werk volgens "die oorspronklike kontrak en die spesifikasies" voltooi het nie.
Toe die inhoud van para 5 van eiser se deklarasie daarna aan hom gestel is
("Plaintiff has duly performed its obligations in terms of the said agreement"), het hy
gesê:
"Ek het nie die dagvaarding opgestel nie (albei praat tegelyk). As dit daar
staan dan kan ek dit nie betwis nie.
In ander woorde, u kom nou met 'n ander storie dat die kontrak inderdaad
miskien nie volgens... u het self gesê dit is nie voltooi nie, die kontrak is nie
voltooi nie dit is wat u gesê het. Dit is so, dit is wat u nou net gesê het, stem u
saam? - Nee, ek kan nie saam stem nie. 'n Kontrak is voltooi as beide...
altwee partye tevrede is met die gelewerde produk, dan is die kontrak sover
dit ons aangaan afgehandel. As daar agterna klagte is is ons bereid om dit te
oorweeg, heeltemal."
Dit is klaarblyklik op grond hiervan oa, en die latere getuienis namens die
verweerder, dat net nadat die verweerder se saak gesluit is, die eiser se advokaat
aansoek gedoen het om wysiging van die deklarasie deur die toevoeging van 'n
alternatief tot para 5 daarvan, soos volg:"Alternatively, as far as the second set of
block is concerned, plaintiff alleges that this set was delivered to defendant on 12
August 1974 to defendant's satisfaction and that defendant approved of and
accepted the set and/or that the second set of blocks was removed by defendant
1979 (1) SA p408
On 12 August 1974 and that completion thereof was rendered impossible by
defendant's wrongful refusal to allow plaintiff to complete it."
Dié aansoek is namens die verweerder teengestaan en uiteindelik het eiser se
advokaat, volgens die notule, die aansoek om wysiging teruggetrek "nadat hy
instruksies geneem in (het ?) in die saak".
Ondanks Groot se onbereidwilligheid deurgaans om die bestaan van enige gebreke
in die tweede stel blokke te erken, het hy, soos reeds genoem, tog onder
kruisverhoor toegegee dat sy werk nie volgens spesifikasie was nie. Aan die einde
van die saak, na aflê van al die getuienis, was dit dus gemene saak dat die kontrak
nie presies nagekom is wat die tweede stel blokke betref nie. Daar was egter nog
etlike ander geskilpunte oor, sommige waarvan betrekking gehad het op teensprake
tussen getuies. Namens die eiser het Rosewall, Groot en Auret getuig, asook ene
Pronk, wat in 1974 vir die verweerder gewerk het, en prokureur Steyn (oor die
telefoongesprek met Borsboom van 21 Augustus 1974); namens die verweerder was
dit Borsboom en Jonqueres, asook ene Harwood, 'n ingenieur en gereedskapmaker
(oor redelike koste van herstel), Daniel D'Oliviera, 'n werknemer van die verweerder
(oor beweerde gebreke in die eerste stel blokke) en prokureur Mills, verweerder se
prokureur (oor 'n beweerde vorige verklaring van Auret oor die billikheld van 'n
bedrag van R2 880 vir die herstel van gebreke in die tweede stel blokke). Waar dit
kom by teensprake tussen Borsboom en Groot, en tussen Borsboom en Auret, het
die Verhoorregter Borsboom se getuienis verwerp en dié van Groot en Auret
aanvaar; so ook het die Hof Steyn se getuienis bo dié van Borsboom verkies. Van
Groot het die Verhoorregter
"deurgaans die indruk gekry dat sy getuienis logies inpas met sy relaas en het
ek deurgaans die indruk gekry dat hy vir my soos hy sy weergawe gegee het,
die waarheid gepraat het".
Hierteenoor wat Borsboom betref,
"is hy telke male voor die posisie gestel dat hy sy optrede moes verduidelik.
Sy optrede het nie ingepas by die stellings wat hy in die Hof gemaak het nie".
Die Verhoorregter som dit as volg op:
"Die eiser (Groot) het 'n baie better indruk op my gemaak as die verweerder.
Sy getuienis het vir my eg geklink en het ingepas by sy optrede gedurende
die relevante tydperk. Die verweerder (Borsboom) aan die ander kant moes
telke male sy optrede probeer verduidelik het; sy optrede het vir my dikwels
as onwaarskynlik voorgekom gemeet aan sy getuienis in die Hof".
Wat Auret betref, sê hy:
"Hy is gekruisverhoor en geen van die vrae of antwoorde wat hy gegee het
het my laat betwyfel oor die egtheid van sy antwoorde nie...
In die lig van al die feite aanvaar ek Auret se getuienis. Hy kom my voor as 'n
eerlike getuie, hy het nie 'n belang by die saak nie en, as ek dit aanvaar, dan
is dit na my mening duidelik dat daar valse bewerings gemaak is deur die
verweerder Borsboom en ek bestempel sy getuienis as vals."
Wat Pronk en D'Oliviera betref, hulle word aldus aangeslaan:
"Vanweë my indrukke van beide Pronk en D'Oliviera is ek van mening dat
daar nie werklik op hulle getuienis peil getrek kan word nie."
Oor die orige getuies is niks uitdruklik gesê nie.
Gesien die Verhoorregter se beskouing van die saak as geheel, was dit vir hom
egter onnodig om oor alle teensprake en geskille wat uit die getuienis en pleitstukke
blyk, uitsluitsel te gee. Sy konklusies word soos volg saamgevat:
"Na opweeg van al die getuienis is die Hof van mening dat die eerste stel
gietblokke behoorlik volgens spesifikasie voltooi en aan die verweerder
afgelewer is. Wat die
1979 (1) SA p409
JANSEN AR
tweede stel blokke betref dat die verweerder hulle aanvaar het op 'n stadium
toe hulle nog nie afgewerk was nie en dat hy tevrede was met die werk wat
deur die eiser tot op daardie stadium verrig is en dit as voldoende prestasie
aanvaar het. Gevolglik, indien die werk nie behoorlik voltooi was nie, kan die
verweerder nie die werk deur iemand anders of deur homself ten koste van
die eiser laat doen nie, sonder om die eiser ten minste 'n kans te bied om die
werk self te voltooi nie. Ek is verwys na die volgende passasie in Reid v
Springs Motor Metal Works (Pty) Ltd 1943 TPD 154 te 158 waar
GREENBERG RP die volgende sê:
'There is nothing to suggest that there is any custom which requires a
motor car owner to bring back his motor car repeatedly, or even once
to have a repair done properly which has not been done properly in the
first instance, and the basis of the decisions in Theunissen v Burns and
Wessels v Kemp therefore falls away; in Theunissen v Burns it is
based on custom; in Wessels v Kemp it is based on an implied
undertaking by the patron or the customer.'
Na my mening het die beginsel nie betrekking op die huidige saak nie weens
my feitebevinding. Indien bevind word dat die eiser nie sy werk behoorlik
voltooi het nie, dan is ek nogtans van mening dat die werk wat die eiser moes
doen nie verskil van dié waaroor dit gegaan het in Theunissen v Burns 14
CTR 606 en Wessels v Kemp 1921 OPD 58 nie.
In die lig hiervan is ek van mening dat die eiser geregtig is op betaling van die
volle bedrag waarvoor hy gekontrakteer het, nl R4 880.
Vonnis word aan die eiser toegestaan ten bedrae van R3 600 met koste en
die eiser word gemagtig om die bedrag van R1 200 wat inbetaal is by die Hof
te neem."
Die Verhoorregter het dus nakoming deur die verweerder gelas, nl betaling van die
volle kontrakprys. In die lig van sy benadering was dit dan ook nie nodig om
uitsluitsel te gee oor oa die kwessie van toleransie, die presiese omvang van die
tekortkominge in die tweede stel blokke, of wat die redelike koste sou wees om dié
blokke in die toestand te bring wat die kontrak beoog nie (vgl die verweerder se
besonderhede vir verhoor waarin beweer word dat dit R2 880 sou beloop.)
Elkeen van die Verhoorregter se bevindings, asook sy beskouings oor die getuies
se geloofwaardigheid, word nou namens die verweerder op appèl aangeveg.
Namens die eiser word die uitspraak ten volle gesteun; in besonderheid stel sy
betoogshoofde die volgende:
"(1) alhoewel daar toegegee word dat die tweede stel nie voldoen het aan die
spesifikasies nie, word betoog dat die appellant die stel aanvaar het as
voldoende prestasie;
(2) andersins voer die respondent aan dat die appellant dit vir hom onmoontlik
gemaak het om die tweede stel te voltooi deur - (a) dit te verwyder voor dit
afgewerk was; (b) te weier om dit aan die respondent vir voltooiing terug te
besorg";
en alternatiewelik,
"(3) indien daar bevind word dat daar nie behoorlike prestasie was nie, word
daar betoog dat quantum meruit ter sprake kom. Sien Hauman v Nortje 1914
AD 293 te 301 en 302; Breslin v Hichens 1914 AD 312 te 315."
Dit is opvallend dat kontensies (1) en (2) ooreenstem met die wysiging van sy
pleitstukke wat die eiser aan die einde van die verweerder se saak aangevra het
maar toe as gevolg van teenstand teruggetrek het. Ook moet daarop gewys word dat
terwyl die Verhoorregter bevind het dat die aanvaarding "as voldoende prestasie" as
gevolg gehad het dat
"die verweerder nie die werk deur iemand anders of deur homself ten koste
van die eiser (kon) laat doen nie, sonder om die eiser ten minste 'n kans te
bied om die werk self te voltooi nie",
nou aangevoer word dat die aanvaarding as kwyting van eiser se verbintenis
aangemerk moet word.
Dit kan nie juis betwyfel word dat die eiser wel kontensie (1) (aanvaarding) en
kontensie (2) (verhindering deur die verweerder) moes gepleit het nie. Die eis is om
nakoming (betaling van die kontrakprys) en
1979 (1) SA p410
JANSEN AR
dit berus oa op die eiser se bewering in para 5 van sy deklarasie dat hy sy eie
verpligtinge ingevolge die kontrak nagekom het. In wese beroep hy hom op gronde
om sy eie onvolledige prestasie te verskoon. In beginsel sou hy die
verontskuldigingsgronde moes pleit en bewys het. Die eiser se regsadviseurs het
skynbaar dit dan ook self so aangevoel en daarom die wysiging in dier voege aan
die einde van die eiser se saak aangevra. Aangesien die aansoek toe egter as
gevolg van teenstand teruggetrek is, is dit wel 'n vraag of die eiser sedertdien
hoegenaamd op hierdie verontskuldigingsgronde staat sou kon maak. Maar hoe dit
ook al sy, nadat die verweerder sy saak eers gesluit het, sou 'n beroep op hierdie
gronde nie kon geskied tensy dit duidelik is dat dié kwessies tog behoorlik uitgepluis
was nie (Shill v Milner 1937 AD 101 te 105).
Die gebruik van die woord "aanvaarding" ("acceptance") in verband met "prestasie"
is dubbelsinnig (vgl Mackeurtan Sale of Goods 3de uitg te 319 - 320, 4de uitg s 364;
Corbin on Contracts band 3A, s 711 te 346, wys daarop dat "acceptance is a slippery
term"). Daar moet in alle gevalle gelet word op wat presies bedoel word. In die geval
van 'n verbintenis om te gee kan "aanvaarding" bloot slaan op die feitelike in-
ontvangs-neem van die verskuldigde saak deur die skuldeiser. Maar daarbenewens
kan ander faktore ook betrek word, nl die bedoeling van die skuldeiser met die
aanname, of die regsgevolge daarvan op die verdere werking van die verbintenis. So
kan in die geval van 'n prestasie wat in een of ander opsig te kort skiet, die
"aanvaarding" daarvan die verlies meebring van een of meer van die volgende regte
van die skuldeiser: die reg om behoorlike nakoming te eis, die reg om
skadevergoeding te eis; en by wederkerige verbintenisse, ook die reg van die
skuldeiser om terug te tree of die reg om sy eie prestasie te weerhou totdat die
teenprestasie behoorlik geskied het ('n reg wat later uitvoerig bespreek sal word). In
die reël sal die regsgevolg van die "aanvaarding" afhang van die bedoeling van die
skuldeiser, maar dit is denkbaar dat die leerstukke van estoppel en eleksie moontlik
ook 'n rol kan speel. In die onderhawige geval skyn dit duidelik te wees dat beide in
die uitspraak van die Verhoorhof en volgens die eiser se kontensie nou, met
aanvaarding "as voldoende prestasie" bedoel word 'n aanvaarding wat neerkom op
'n afstanddoening deur die verweerder van alle regte ingevolge enige tekortkominge
in die eiser se werk, maw dat die aanvaarding kwyting van die eiser se verbintenis
meegebring het. Wesenlik sou dit daarop neerkom dat die partye ooreengekom het
om 'n ander prestasie in die plek van die oorspronklike prestasie te stel (vgl De Groot
Inleiding 3.42.5; Van der Walt v Minnaar1954 (3) SA 932 (O) te 939A - B; Gouws NO
and Another v Montesse Township and Investment Corporation (Pty) Ltd and
Another; Montesse Township and Investment Corporation (Pty) Ltd v Standard Bank
of South Africa Ltd and Another1964 (3) SA 221 (T) te 227B - C).
Dit is allermins duidelik of die moontlikheid van sodanige ooreenkoms (uitdruklik of
stilswyend) na behore ondersoek is. Neem bv die telefoongesprek tussen Borsboom
en prokureur Steyn op 21 Augustus 1974. Die beweerde belofte (deur Borsboom
ontken) om die tweede stel blokke te aanvaar en die volle kontrakprys te betaal, is
heel ter sake in hierdie verband. Tog is dit nie as sodanig deur die eiser gepleit nie.
Trouens, dit is nie duidelik wat presies die eiser beoog het deur dit te opper nie,
tensy
1979 (1) SA p411
JANSEN AR
dit was om Borsboom se geloofwaardigheid te ondermyn. Die kruisverhoor van
Steyn (deur die eiser as getuie geroep) begin soos volg:
"Kruisondervraging deur mnr Claassen: Mnr Steyn, ek neem aan hierdie brief
van die 21ste, A25, word nie ingehandig as bewys van die ooreenkoms wat...
waarop hier gedagvaar word nie, is dit so? - Nee.
U maak nie staat op hierdie brief met betrekking tot hierdie dagvaarding in
hierdie saak nie? - Nee.
Wat is die doel daarvan om dit in te handig? - U Edele, om te toon dat die
verweerder vir die tweede keer onderneem het om te bet aal, eerstens aan
my kliënt toe hy 'n vooruitgedateerde promesse gegee het en tweedens aan
my per telefoon en ondanks sy twee ondernemings om te betaal weier hy nog
steeds.
Indien die werk gebrekkig is, is hy nie verplig om te betaal nie, is dit korrek? -
Wel, my kliënt was heeltemal bereid om die werk te herstel indien die werk
wel defektief was.
Antwoord net my vraag asseblief: Indien die werk defektief is, is hy nie verplig
om te betaal nie, korrek? - Wel, dit sal die Hof seker besluit."
Hierna is die kruisverhoor beperk tot die stel aan Steyn van die getuienis wat
Borsboom oor die gesprek sou gee. Die kwessie bv of Steyn die beweerde belofte
deur Borsboom as 'n afstanddoening van regte verstaan het, word nie verder
aangeroer nie. Ongetwyfeld sou die kruisverhoor dieper gegaan het as die
pleitstukke belang aan hierdie gesprek geheg het. Dit is in elk geval opvallend dat in
sy brief van 30 Augustus 1974 Steyn nog steeds die volgende aanbod maak:
"Indien daar moontlik enige gebreke is in die tweede stel vorms, is ons kliënt
bereid om die gebreke onmiddellik te herstel op hulle koste".
Dit is onversoenbaar met enige reeds aanvaarde ooreenkoms dat Borsboom afstand
doen van alle regte voortvloeiende uit enige tekortkominge in die tweede stel blokke.
As aanvaarding deur die verweerder behoorlik gepleit was, sou hierdie kwessies
sekerlik verder uitgepluis gewees het.
Maar in ieder geval lewer die getuienis soos dit staan probleme vir die eiser in
hierdie verband op. Al sou ook die onderhawige geval bloot op die getuienis namens
die eiser beoordeel word, kan bv die getuienis van Groot en Rosewall nie 'n afleiding
regverdig nie dat Borsboom, toe hy die tweede stel blokke (die verweerder se
eiendom) afgehaal het, afstand gedoen het van alle regte om hoegenaamd enige
beswaar teen, of verhaal ten opsigte van, enige tekortkoming in die eiser se werk te
opper. Al sou hy gesê het dat hy tevrede is en al het hy 'n promesse vir R4 800
afgegee, is dit kwalik denkbaar dat hy kon bedoel het om alle regte tov
tekortkominge af te staan - selfs ook tov dié waarvan hy nie bewus was nie, of dat
Groot hom in daardie sin kon verstaan het. Bowendien sou enige ooreenkoms
(uitdruklik of stilswyend) aangegaan, noodwendig op die veronderstelling gewees het
dat daar geen noemenswaardige tekortkominge aanwesig was nie (vgl De Wet en
Yeats Kontraktereg 4de uitg te 138 - 140). Wat ook die presiese omvang van die
tekortkominge was, is dit minstens duidelik (soos later sal blyk) dat hul van veel
groter omvang was as wat die partye veronderstel het of wat òf Borsbcom òf Groot,
as lg te goeder trou was, besef het. Dit volg dat daar geen afstanddoening deur
Borsboom van enige regte ten opsigte hiervan kon geskied het nie.
Die kontensie dat die verweerder die verhinder het om volledig te presteer gaan van
die veronderstelling uit dat die medewerking van die verweerder tot die prestasie
nodig was. Dat aanvanklik dit wel die geval was, is duidelik. Om die eiser in staat te
stel om die uitholwerk te doen, moes die verweerder die blokke aan hom beskikbaar
stel, en dit het die
1979 (1) SA p412
JANSEN AR
verweerder dan ook gedoen. Daarna neem die verweerder die blokke terug omdat
hy onder die indruk verkeer dat die werk naastenby klaar is. Daar blyk dan meer
ongedaan te wees, en die eiser vra die blokke terug om die werk te voltooi. Die
verweerder weier om die blokke te gee. Dit is duidelik dat as hy op grond van die
eiser se wanprestasie geldiglik teruggetree het, daar geen verdere verpligting op
hom sou rus om die blokke terug te gee nie; maar as hy nie teruggetree het nie, sou
die verpligting om die blokke beskikbaar te stel bly voortbestaan het. Die kwessie
van terugtrede is dus van wesenlike belang. Dit volg dat aangesien die eiser nie
verhindering deur die verweerder in sy pleitstukke geopper het nie, hy hom nie nou
op sodanige wanprestasie kan beroep nie tensy die kwessie van terugtrede ook
behoorlik by die verhoor uitgepluis was nie. Dit is sekerlik nie bewustelik toe gedoen
nie en dit is twyfelagtig of daar in ieder geval nou genoeg materiaal is waarop
uitsluitsel oor terugtrede gegee kan word. Maar al sou nou ook beslis kon word dat
die verweerder nie geregtig was om terug te tree nie, sou dit die eiser se saak nie
veel verder voer nie. Hy vorder nakoming, nl die volle kontrakprys, en daarop is hy
nie sonder meer geregtig nie.
Daar is etlike gewysdes insake wederkerige kontrakte waarbye sonder meer die
volle kontrakprys aan 'n eiser toegeken is, ondanks onvolledigheid van sy eie
teenprestasie, op grond daarvan dat die verweerder sonder geldige terugtrede sy
nodige verpligte medewerking tot voltooiing van die eiser se teenprestasie weerhou
het (vgl Theunissen v Burns 14 CTR 606 en 21 SC 421; Wessels v Kemp 1921 OPD
58; Kruger v Boltman 1933 (1) PH A3; Shiels v Minister of Health 1974 (3) SA 276
(RA)). Dit is 'n erkenning van die eiser se steeds voortdurende reg op nakoming in
sodanige omstandighede (vgl De Wet en Yeats aw te 159), en hiervoor kan 'n
aanknopingspunt by D 19.2.38 gevind word (vgl Kerr The Principles of the Law of
Contract 2de uitg te 385 voetnoot 4; Wessels Law of Contract 2de uitg para 3499).
Om egter sonder meer in alle gevalle die eiser volle nakoming toe te ken (dws in die
gevalle hierbo die volle kontrakprys) sou moontlik die gevolg hê om die eiser in 'n
beter posisie te plaas as dié waarin hy sou verkeer het as beide partye reëlmatig die
kontrak nagekom het. In Reid v Springs Motor Metal Works (Pty) Ltd 1943 TPD 154
te 158 wys GREENBERG RP (BARRY R concurrente) hierop:
"What does not appear to have been considered in the cases in the Cape
Supreme Court and in the Orange Free State Court - and I say this with all
deference - is the question whether the plaintiff's remedy was the correct one
- whether he was entitled to claim the contract price as if the contract had
been fulfilled. A difficulty suggests itself: it may be that the alterations which
would have to be effected by the tailor or portrait painter or the dentist would
involve a considerable amount of expense; if the parton or client carried out
what is held to be his obligation and returned the article, the other party would
not be able to recover the contract price until he had involved himself in this
expense, and the effect of these decisions is that the craftsman is put in a
better position through failure of the other party to the contract to do what he
is supposed to do: he gets the full purchase price or contract price
notwithstanding the fact that he has not done the full work and has not been
involved in expense which the doing of the full work would require him to do. It
is not necessary, however, to do more than make this comment without
deciding that the correct claim in a case of that kind is not a claim for the
contract price but is a claim for the contract price but is a claim for damages
based on defendant's failure to carry out his contract and so to enable plaintiff
to become entitled to the full contract price."
Dat die juiste reël is dat die eiser se vordering met sy bespaarde koste
1979 (1) SA p413
JANSEN AR
verminder moet word, skyn onteenseglik ooreenkomstig die grondbeginsels van ons
reg te wees en dit word trouens ook deur hedendaagse skrywers soos De Wet en
Yeats aw te 122 en Wessels aw paras 3499, 3500 aanvaar. Volgens die laaste sin in
die aanhaling uit die Reid - saak hierbo sou die vordering moontlik eerder as 'n eis
om skadevergoeding beskou word - trouens aan die hand van sekere Engelse sake
is dit wel wat Wessels tap doen - maar ddt skyn tog eerder ooreenkomstig ons
grondbeginsels te wees om die eis as een om nakoming te beskou, onderhewig aan
aftrekking van die bespaarde koste. In 'n handboek oor die Nederlandse reg, 'n
aanverwante stelsel, word die posisie soos volg gestel:
"Indien met betrekking tot een wederkerige overeenkomst een der
contractanten niet aan zijn verplichting kan voldoen door het uitblijven van de
onmisbare medewerking van de ander, behoudt hij niettemin zijn recht op de
tegenprestatie............
Door de schuldenaar bespaarde kosten moeten op de tegenprestatie in
mindering worden gebracht.
Bij wederkerige overeenkomsten dus behoudt de schuldenaar ten volle recht
op de tegenprestatie. Indien evenwel zijn eigen prestatie geheel of
gedeeltelijk niet meer kan worden verricht, bijvoorbeeld omdat zij slechts
binnen een bepaalde tijd kon geschieden welke verlopen is (boven blz 285),
worden de schuldenaar wellicht kosten bespaard die hij anders zou hebben
moeten maken. De arbeider die van zijn patroon geen werk krijgt, bespaart
zich tramgeld; de pensionhouder spaart kosten voor voeding ed uit, indien zijn
gast niet komt. Deze uitgespaarde kosten nu moeten op de tegenprestatie in
mindering worden gebracht. De schuldenaar behoeft immers geen voordeel
van het verzuim van zijn schuldeiser te hebben."
(Mr C Asser Handleiding tot de Beoefening van het Nederlands Burgerlijk Recht 3de
deel - Verbintenissenrecht - Eerste Stuk - De Verbintenis. Bewerkt door Mr P A J
Losecaat Vermeer en Mr L E H Rutten 3de druk (1967) te 296 - 7).
Art 324 van die Duitse Burgerlike Wetboek (vertaling van Chung Hui Wang (1907))
bepaal die volgende:
"If the performance due from one party under a mutual contract becomes
impossible in consequence of a circumstance for which the other party is
responsible, he retains his claim for counter-performance. He must, however,
deduct what he saves in consequence of release from the performance, or
what he acquires or maliciously omits to acquire by a different application of
his faculties."
Dit is insiggewend om te vind dat Corbin aw band 3A para 767 te 540 - 3 die
volgende skryf:
"One who unjustly prevents the performance or the happening of a condition
of his own promissory duty thereby eliminates it as such a condition. He will
not be permitted to take advantage of his own wrong, and to escape from
liability for not rendering his promised performance by preventing the
happening of the condition on which it was promised............
If the defendant's prevention has saved some expenditure on the plaintiff's
part, the amount of that saving must be deducted from the full contract price.
It is only the balance to which judgment will be given as damages for
defendant's breach."
Elders sê Corbin aw band 4 para 947 te 815, na aanleiding van 'n boukontrak, die
volgende:
"Exclusion from the premises is a breach of contract by the owner; and this is
so whether the action is accompanied by an express repudiation or not. Its
legal effect is the same as that of repudiation. It is a total breach; and the
contractor can get judgment for the contract price, less what he saves by not
having to do the rest of the work (the cost of completion). He is prevented
from performing the full equivalent and therefore he is not entitled to the full
contract price."
Hier egter word die verminderde kontrakprys skynbaar as skadevergoeding
toegeken en dit word skynbaar aanvaar dat die eiser teruggetree het, maar dit is
onnodig om in besonderhede hierop in te gaan. Daar kan nog net
1979 (1) SA p414
JANSEN AR
genoem word dat in die Engelse reg daar ook nog sprake van 'n alternatiewe eis
deur die aannemer kan wees, nl om 'n quantum meruit tov die onvoltooide werk deur
hom reeds gedoen op die tydstip wanneer hy deur die opdraggewer (aanbesteder)
verhinder word om te voltooi. (Sien Hudson Building and Engineering Contracts
10de uitg te 347, 601.) By wyse van quantum meruit verhaal hy dan 'n redelike prys
vir die werk wat hy gedoen het - wat meer kan wees as vergoeding bereken
ooreenkomstig die kontrakprys of - tarief.
Op grond van die voorgaande moet dus aanvaar word dat wanneer 'n skuldeiser by
'n wederkerige kontrak deur die uitbly van die wederparty se onmisbare
medewerking verhinder word om ten volle sy eie teenprestasie te verrig, hy ondanks
sy eie onvolledige prestasie nakoming deur die wederparty kan eis, maar, soos
basies ook in ander regstelsels, onderhewig aan vermindering van die gevorderde
prestasie, nl met die koste wat die skuldeiser bespaar deurdat hy nie sy eie
teenprestasie ten volle hoef te verrig nie. (Aanverwante probleme soos of die
skuldeiser ook skadevergoeding kan eis, of die vermindering meer as bespaarde
koste kan behels, of die afwesigheid van die wederparty se medewerking aan skuld
te wyte moet wees, ens, is nie nou ter sake nie.) Dit volg dus dat in dié mate wat
vorige gewysdes die kwessie van vermindering verontagsaam het, hulle as onjuis
bestempel moet word. In 'n saak soos Muller v Crawley 1907 ORC 12 is wel minder
as die kontrakprys deur die Hof toegeken. Die bedrag is aan 'n quantum meruit
bestempel, maar uit die Hofverslag blyk dit nie wat presies hiermee bedoel word nie,
en dié saak kan dus buite rekening gelaat word.
Word nou hierdie beginsels op die feite van die onderhawige geval toegepas, is dit
duidelik dat op grond van 'n weiering deur die verweerder om die tweede stel blokke
vir voltooiing aan die eiser beskikbaar te stel, die eiser nie sonder meer op die volle
kontrakprys geregtig kan wees nie - die eiser se bespaarde koste, indien enige, moet
eers in aanmerking kom. Die kwessie van die bespaarde koste is nooit ondersoek
nie en dit volg dat nòg die Verhoorhof nòg hierdie Hof op appèl by magte was en is
om buite die pleitstukke om op grond van sodanige weiering die volle kontrakprys
aan die eiser toe te ken.
Al wat dus van die eiser se kontensies tov die tweede stel blokke oorbly, is die
aanspraak op 'n sg quantum meruit. Wat die eerste stel betref, is die betoog op 'n
ander basis: daar word aangevoer dat die eiser op R2 400 geregtig is, dws die
kontrakprys tov die eerste stel, as die hele transaksie tussen die eiser en die
verweerder beskou word as uit twee afsonderlike kontrakte, elk tov een stel blokke,
te bestaan. Daar word aangevoer dat die transaksie òf van die begin af aldus
verdeeld was òf dat dit op 19 Junie (toe die eiser die eerste stel ontvang het) aldus
deur ooreenkoms verdeel is. Sonder om op die besonderhede in te gaan kan
aanvaar word dat die oorspronklike opdrag om die 32 vorms uit te hol 'n
"ondeelbare" verbintenis daargestel het, en dat die eiser gevolglik eers op betaling
geregtig sou word wanneer al 32 voltooi is. Maar die betoog oor die latere verdeling
moet gelyk gegee word. Die bepaling in die afleweringsnota (hierbo aangehaal) deur
Borsboom op 19 Junie onderteken, nl "Payment will be made one week after receipt
of moulds", kom in die omstandighede neer op verdeling van die oorspronklike
kontrak, met die gevolg dat
1979 (1) SA p415
JANSEN AR
betaling vir die eerste stel opeis baar sou word selfs voordat die tweede stel voltooi
is. Dit is die betekenis van die afleweringsnota as geheel gelees, en dit is die sin
waarin Groot dit ook verstaan het. Borsboom wou weliswaar in sy getuienis ook die
tweede stel blokke by die woorde "receipt of moulds" betrek, maar in die
omstandighede is dit onaanneemlik. Al sou hy ook die geskrif as gevolg van die druk
van omstandighede, of van Groot, onderteken het, sou dit uiters 'n geval van coactus
voluit, sonder vernietigbaarheid as gevolg, wees; Borsboom sou hom ook nie op
enige reservatio mentalis kon beroep nie. Die kontensie dat die kontrak toe verdeel
is, moet dus aanvaar word, en as die Verhoorhof reg was dat daar geen
tekortkominge in die eerste stel blokke was nie, sou dit volg dat die eiser op die
eerste R2 400 geregtig is.
Dit sal gerieflik wees om vervolgens eers die geval van die tweede stel blokke en die
aanspraak van die eiser op 'n quantum meruit te bespreek, en eers daarna die vraag
of die aanval deur die verweerder op die Verhoorhof se bevinding dat die eerste stel
blokke geen tekortkominge gehad het nie, gegrond is al dan nie.
Wat die quantum meruit betref, beroep die eiser hom op Hauman v Nortje 1914 AD
293 en Breslin v Hichens 1914 AD 312. Hierby is dit gepas om ook Van Rensburg v
Straughan 1914 AD 317 te voeg. Hierdie drie ske, wat op één dag uitgewys is en
nou al oor die 60 jaar toegepas word, het al heelwat bespreking - soms uiters krities
- uitgelok (vgl H S Chanock "Quantum Meruit " 1935 SA Law Times; D G John 'n
Oorsig van Onregverdige Verryking as Gedingsoorsaak in die Suid-Afrikaanse Reg
te 119 ev; J C de Wet "Die Sogenaamde Exceptio non Adimpleti Contractus in die
Praktyk van Vandag" 1945 THRHR te 239 ev; De Wet Yeats aw te 183 ev; W de Vos
Verrykingsaanspreeklikheid in die Suid-Afrikaanse Reg 2de uitg te 237 ev; A J Kerr
aw te 384 ev). Die polemiek is al in die Howe geopper (vgl Badenhorst v
Prinsloo1967 (1) SA 212 (O) te 216G - H) en selfs regterlike kritiek het nie uitgebly
nie (vgl B & P Foundry Engineers v Cilliers1950 (1) SA 257 (O) te 260 - 2; Dominion
Earthworks (Pty) Ltd v M J Greeff Electrical Contractors (Pty) Ltd1970 (1) SA 228 (A)
te 236 - 7). Aangesien sekere aspekte van die polemiek ook op die onderhawige
geval betrekking kan hê, is dit nodig om die beginsels in die genoemde drie
toonaangewende sake vasgelê, met presiesheid te bepaal. Maar vir 'n behoorlike
begrip daarvan, moet eers na die gemeenregtelike agtergrond gekyk word, nl met
betrekking tot die verweer wat seker al sedert die 14de eeu as die exceptio non
adimpleti contractus bekend staan en wat deur die verweerder in para 3 van sy pleit
geopper word met sy ontkenning dat die eiser "has duly performed its obligations".
Die grondslag van hierdie verweer is die erkenning daarvan dat by sommige
kontrakte (wederkerige kontrakte) waaruit wedersydse verpligtinge voortvloei, daar
wesenlik 'n uitruiling van prestasies beoog word, met oa die gevolg dat die een party
nie verplig is om sy prestasie te verrig nie alvorens die ander op sy beurt sy
teenprestasie verrig. Hierin lê dan die reg opgesluit van die een party om sy eie
prestasie te weerhou totdat die ander presteer. Gerieflikheidshalwe sal voortaan in
hierdie uitspraak van die "wederkerigheidsbeginsel" gepraat word, terwyl die reg om
'n prestasie as uitvloeisel daarvan terug te hou die "weerhoudingsreg" genoem sal
word, en die verweer wat lg bied as die party deur die wederparty aangespreek
1979 (1) SA p416
JANSEN AR
gespreek word, die "exceptio " (dws non adimpleti contractus). 'n Insiggewende
oorsig van die ontwikkeling van die wederkerigheidsbeginsel by die regstelsels wat
in die Romeinse reg ontspring, kan in Williston on Contracts (revised ed chap XXXI:
Dependency of Mutual Promises in the Civil Law paras 895 ev; 3de uitg paras 893
ev) gevind word, en daar sal dus hier net op 'n paar aspekte, met aanknoping by ons
eie ou skrywers, gewys word.
'n Vroeë spoor van die wederkerigheidsbeginsel word reeds in Gaius se handboek
vir regstudente van die 2de eeu na Christus (Institutiones 4.126 a) gevind, maar dit
is veral sekere passasies in die Corpus Juris wat sowat 1 000 jaar later, vanafdie
Glossatore, 'n rol in die ontwikkeling van die beginsel sou speel. Hiervan kan
genoem word: D 19.1.13.8; D 18.4.22; C 8.44.5 - wat gaan oor die koopkontrak, en
waaruit sou blyk dat die verkoper nie hoef te lewer alvorens die koper betaal nie en
die koper nie hoef te betaal nie en die koper nie hoef te betaal alvorens die verkoper
lewer nie. Die eerste van die drie genoemde passasies lees soos volg:
"Offeri pretium ab emptore debet, cum ex empto agitur, et ideo etsi pretii
partem offerat nondum est ex empto actio: venditor enim quasi pignus
retinere potest eam rem quam vendidit."
Die vergelyking van die weerhouding van die verkoopte saak met die hou van 'n
pand, is treffend en sal weer op teruggekom word.
Die Glossatore, waaronder Placentinus, Azo, Bassanius en Accursius, hou hul veral
met dle kwessie van die volgorde van die prestasies by die koopkontrak besig: wie
moet eerste presteer? Die gedagte kom na vore dat hy wat eerste eis, moet eerste
aanbied om te presteer, en dat as die partye mekaar nie vertrou nie, die eiser sy eie
prestasie, met instemming van die wederparty of ingevolge regterlike bevel, aan 'n
derde in bewaring kan gee. Hier word gepraat van 'n exceptio as verweer,
beskikbaar vir koper of verkoper, maar daar is nog geen algemene
wederkerigheidsbeginsel, ook op ander kontrakte van toepassing, bespeurbaar nie
(vgl H W J Bosch De Exceptio non Adimpleti Contractus proefskrif Leiden 1936 te 19
- 21). By Bartolus (1314 - 1357) egter word reeds 'n algemene stelling gevind:
"Contractu ultro citroque obligatorio non potest effectualiter agi, nisi ab eo, qui
effectualiter totum contractum ex parte sua impleverit."
(Ad D 19.1.13.8.) Hiertoe het ook die kanonieke reg bygedra met die stelreël non
servanti fidem non est fides servanda, wat later geword het frustra sibi fidem quis ab
eo servari postulat, cui fidem a se praestitam servari recusat.
Daar kan weinig twyfel bestaan dat die algemene wederkerigheidsbeginsel, soos
deur Bartolus geformuleer, van vroeg af in Holland geresipieer moes gewees het. In
regsopinies van die 17de eeu word dit, soms byna letterlik soos deur hom gestel, as
geykte reg toegepas. (Vgl Utrechtse Consultatien 3.62.3, 3.114.3; Van den Berg
Nederlands Advysboek 1.76, 77 en 78; Bellum Juridicum cas 3). Aan die einde van
die 17de eeu noem Johannes Voet die beginsel by die locatio conductio operis (ad
Pandectas 19.2.40), pas dit op die koopkontrak toe en bespreek die exceptio non
adimpleti contractus (aw 19.1.23). Voet word nog met klaarblyklike goedkeuring
ongeveer 'n honderd jaar later deur Van der Keessel aangehaal (Praelectiones, ad
Gr 3.15.3). Ook ons eie regspraak verkondig herhaaldelik die algemene
wederkerigheidsbeginsel (met die gepaardgaande exceptio).
1979 (1) SA p417
JANSEN AR
Dit is ook in Duitsland geresipieer - Glück meld die wederkerigheidsbeginsel en die
meegaande exceptio klaarblyklik as geykte reg in 1815 (ad D 19.1 para 1043 band
17 te 227 ev). In 1900 word die beginsel en exceptio (alhoewel nie by name nie) in
art 320 van die Duitse Burgerlike Wetboek vasgelê. Wat Frankryk betref, sê Williston
aw revised ed para 896B:
"A peculiar development took place in France where, in the 16th century,
under the leadership of Cujas, the humanistic - philological school of Roman
law studies came to be a dominating influence. These jurists, desirous to
return to the 'pure' Roman law of the Corpus Juris and even earlier sources,
discarded many of the doctrines of the mediaeval school of the Bartolists,
among them the doctrine of the exceptio non adimpleti contractus, which from
that time disappeared almost completely from the writings of the jurists. Only
those applications were retained for which special references could be found
in the Corpus Juris. Hence, the Napoleonic Code being based largely on the
works of the pre-revolutionary jurists, especially of Pothier, does not contain
any general theory of exceptio non adimpleti contractus, but only the
traditional right of a seller to withhold delivery until payment of the price. The
buyer, however, is granted a corresponding right only in the particular
instance of his having good reason for fearing that he will be troubled by an
action upon a mortgage or upon a third party's paramount title. It was not
before very recent times that, upon the model of the new German Civil Code,
the French jurists and Courts rediscovered the exceptio non adimpleti
contractus as a general remedy in synallagmatic contracts of any kind."
In sy Contract de Louage stel Pothier (1699 - 1772) egter tog die algemene
wederkerigheidsbeginsel en pas dit oa op die koopkontrak en die huurkontrak toe
(vgl para 474 - wat gevind word in die "appendice"; para 406 - vgl vertaling Mulligan
te 151). Met verwysing tot die kodifikasie in die Nederlande skryf Bosch (aw te 40 -
41):
"Het beginsel van de gelijktijdige praestatie wordt in onze wet niet uitdrukkelijk
als algemeen leerstuk genoemd, wel is dit het geval in art 2297 van het
ontwerp 1820, dat gelijk is aan art 2618 in de derde afdeeling van den derden
titel van het derde boek van het ontwerp 1816. Dit laatste artikel bepaalt, dat
men slechts dan een vordering uit een bilaterale overeenkomst in kan stellen,
indien men zijnerzijds aan zijn verplichtingen voldaan heeft. In de ontwerpen
1824 en 1833 komt dit artikel echter niet meer voor.
De samestellers van het ontwerp 1824, dat toch hoofdzakelijk een vertaling is
van den Code Napoléon hebben althans in dit opzicht in het geheel niet meer
aan de beide voorgaande ontwerpen gedacht; de vraag, of overbrenging van
het oude art 2297 al dan niet wenschelijk was, is waarschijnlijk in het geheel
niet overwogen. Nergens blijkt tenminste iets van eenige gedachte aan dit
artikel."
Skynbaar erken die regspraak dientengevolge nie die algemene toepaslikheid van
die exceptio nie, alhoewel in die meer onlangse regsliteratuur dit wel verkondig word
dat dit die geval behoort te wees. (Vgl Mr C Assers Handleiding... derde deel
Verbintenissenrecht tweede stuk De Ooreenkomst en de Verbintenis uit de Wet
bewerkt door Mr L E H Rutten (1952) te 374 - 381; Dr L C Hofmann Het Nederlands
Verbintenissenrecht - De Algemene Leer der Verbintenissen eerste gedeelte (art
1269 - 1387 BW) bewerkt door Mr S N van Opstall 8ste druk (1959) te 162 - 169.) In
die Ontwerp Nieuw Burgerlijk Wetboek word die exceptio uitdruklik opgeneem
(6.5.4.2).
Dit blyk dus dat die wederkerigheidsbeginsel, met sy meeganger, die exceptio, by
die klassieke Romeinse reg ontspring het, deur die Glossatore geformuleer is, in
Europa geresipieer is en in die onderskeie nasionale regstelsels opgegaan het, en
aldus vanuit Holland ook by ons uitgekom het. Gesien die gemeenskaplike
oorsprong kan met vrug, wat ons reg betref, ook na die aanverwante stelsels gekyk
word. Dit moet egter genoem word dat 'n ander newewerking van die beginsel ook
op die Vasteland ontwikkel
1979 (1) SA p418
JANSEN AR
het, nl die reg tot ontbinding (terugtrede, kansellasie) op grond van die wederparty
se wanprestasie. By ons word sodanige reg ook erken, maar veral na aanleiding van
die Engelse reg, en gevolglik is Engelse presedente heel dikwels in hierdie verband
in die verlede aangehaal. Dit volg egter nie dat Engelsregtelike presedente van
toepassing moet wees by die oplossing van probleme ivm die exceptio non adimpleti
contractus nie.
Teen hierdie agtergrond is dit dienlik om nou 'n paar aspekte van die
wederkerigheidsbeginsel en sy toepassing by wyse van die exceptio non adimpleti
contractus te noem:
1.By kontrakte wat oor en weer regte en verpligtinge skep, is dit basies 'n
kwessie van uitleg of die verbintenisse so nou saamhang dat die
wederkerigheidsbeginsel geld. (Vgl, bv, W Pauw Observationes Tumultuariae
Novae band 2 te 774; Ese Financial Services (Pty) Ltd v Cramer1973 (2) SA
805 (K) te 809H - 811A; Rich and Others v Lagerwey1974 (4) SA 748 (A) te
761E - 762A.) As daar egter geen ander bedoeling blyk nie, geld volgens
regsreël die beginsel by sekere welbekende kontrakte soos bv die
koopkontrak en locatio conductio operis.
2.Die volgorde van prestasie en teenprestasie hang ook van die kontraktuele
bepalings af. As 'n ander bedoeling egter nie blyk nie, moet bv by locatio
conductio operis die aannemer eerste presteer: vgl De Groot Inleiding
3.19.11:
"die een werck heeft aenghenomen te doen, mag gheen loon eisschen
voor de volmaking ende opneeming van't werck..."
(Skynbaar as gevolg van De Groot se foutiewe, of altans onvolledige stelling
wat die koopkontrak betref - Inleiding 3.15.3 - geniet die volgorde van
prestasie by hierdie kontrak besondere aandag by ons ou skrywers: vgl die
kommentaar van Groenewegen, Schorer en Van der Keessel Praelectiones
op hierdie passasie: sien ook Voet 19.1.23; Schrassert Observationes Obs
137 en andere.)
3.Op grond daarvan dat reeds in die Corpus Juris die weerhouding van die
verkoopte saak as analoog aan die hou van 'n pand beskou word, sou 'n
mens verwag dat die exceptio slegs as verweer geld totdat inderdaad
nagekom is. Die verwagting word uit verskeie oorde bevestig. J Macintosh
The Roman Law of Sale ad D 18.1.78.3 te 130 wys daarop dat die koper
"could plead non-implement by the seller, not as a bar to the action, but
as a bar to judgment; the plea could be met in the BSordinary case by
the pursuer offering delivery in the course of the process..."
Willistonaw revised ed para 897 stel dit soos volg:
"The exceptio non adimpleti contractus, as it was gradually developed, gave a
party to a synallagmatic contract no more than a temporary defense by
entitling him to withhold his counter-performance as long as the other party
did not perform though able to perform. It virtually resulted in discharging a
party permanently, if the performance due by the other party actually became
impossible."
Asser - Rutten aw te 376 vermeld:
"De contractant, die de exceptio non adimpleti contractus opwerpt, doet
immers geen beroep op een verval van zijn verplichting, maar op een
opschorting daarvan. De exceptie kan beschouwd worden als een dilatoireH."
In ons bronne word dieselfde gedagtegang gevind ten opsigte van 'n verkoper wat
met die exceptio afgeweer word as hy die koopprys eis: hy sou
1979 (1) SA p419
JANSEN AR
"hangende het proces het goet noch mogen leveren, ende also het proces
goet maken, om den koper tot betalinge te obligeren"
(Wassenaar Praxis Judiciaria Cap XII 33 - met 'n beroep op Menochius De Arbitr Jud
Q16 n6; Voet 19.1.23; Schorer ad Gr 3.15.3). Wesenlik is die weerhoudingsreg (die
teenhanger van die exceptio) dus 'n middel om die teenprestasie af te dwing. Dit kan
'n funksie soortgelyk aan retensiegelde by 'n boukontrak vervul. Aan die ander kant
volg dit ook dat solank die prestasie moontlik bly en die kontrak nie gekanselleer is
nie, die wederparty nog steeds kan presteer. (Vgl Leviseur v Scott 1922 OPD 138;
Inrybelange (Edms) Bpk v Pretorius en 'n Ander1966 (2) SA 416 (A) te 427B - E.)
Trouens, dié moontlikheid moet met ons leerstuk van mora en purgatio morae in
verband gebring word. (Selfs in die Amerikaanse reg is 'n verbeterde aanbod om te
presteer nie onbekend nie: Williston aw 3de uitg para 1298; Restatement, Contracts
para 323 (2), veraldie "Commentary" en die voorbeelde.)
4.As die weerhoudingsreg as analoog aan die hou van 'n pand beskou word, sou dit
meebring dat die eie prestasie weerhou kan word totdat die teenprestasie volledig
verrig is. Bartolus altans stel dit dat nie ge-eis kan word nie
"nisi ab eo qui effectualiter totum ex parte sua impleverit,"
en in 'n terugblik op sekere Duitse skrywers, na aanleiding van 'n bespreking van
die bewyslas, sê Glück aw para 1043 in 1815 dat dié skrywers merendeels
eenstemmig is dat:
"Exceptio implementi non secuti cum ipsi actori, tum heredi eius, potest tam
diu opponi, quamdiu aliquid adhuc praestandum superest, etiamsi in minima
parte contractus non sit impletus, aut implementum tantum in accidentalibus
secutum non sit, quia is tantum cum effectu agere potest, qui conventa et
promissa ex asse, sive, ut practici loquuntur, totaliter implevit."
(Solank as iets nog oorbly wat gepresteer moet word, kan die eksepsie dat vervulling
nie gevolg het nie, teen beide die eiser self en sy erfgenaam geopper word - selfs as
die kleinste deel van die kontrak nie vervul is nie of die nie-vervulling slegs op
accidentalia betrekking het. Want alleen hy wat die bedinge en beloftes in die geheel
(ex asse), of soos die practici dit stel, volkome (totaliter) vervul het, kan met goeie
gevolg 'n aksie instel.)
Daar skyn geen rede te wees om te vermoed dat die algemene reël in Holland
anders was nie In die geval van locatio conductio operis is dit te meer die geval dat
die aannemer volledig moet presteer alvorens hy op die kontrakprys geregtig word.
Met opus word bedoel ex opere facto corpus aliquod perfectum (D 50.16.5.1).
Anders gestel, die opus is ondeelbaar (vgl Pothier Verbintenissen para 291 vert Van
der Linden 1ste deel te 317 ev).
5.Volgens Voet 19.1.23 is die bewyslas op die eiser om, wanneer die exceptio teen
hom opgewerp word, te bewys dat hy sy deel van die kontrak wel nagekom het. Dit
is skynbaar sedertdien nog nooit, wat ons reg betref, betwyfel nie. (In Duitsland het
die kwessie besondere aandag geniet: vgl Glück aw para 1043; Windscheid para
321).
Van besondere belang in die onderhawige geval is aspek 4 hierbo genoem, nl dat
die eie prestasie weerhou kan word totdat die teenprestasie
1979 (1) SA p420
JANSEN AR
volledig geskied het. Aanvaar kan word dat as enige onvolledigheid van die
teenprestasie onder die de minimis - beginsel tuisgebring kan word, die exceptio nie
sal geld nie - maar uit die aard van die saak laat hierdie uitsondering nie veel speling
nie. Dit is dus denkbaar dat die konsekwente toepassing van die beginsel van
wederkerigheid tot onbillikheid kan lei. Waar bv in die geval van 'n locatio conductio
operis die opdraggewer (aanbesteder) as gevolg van accessio gaandeweg baat trek
en die aannemer nie in staat is om sy prestasie behoorlik te voltooi nie - as hy dit wel
kan voltooi, is die remedie in sy eie hande, nl om wel behoorlik te presteer - kan die
posisie bereik word dat die opdraggewer ten koste van die aannemer bevoordeel
word terwyl die aannemer geen verhaal het nie. Stel die aannemer bv 'n aksie op
grond van die kontrak in, word hy onbepaald met die exceptio afgeweer.
Klaarblyklik moet Voet, in 'n welbekende passasie (ad Pandectas 19.2.40), hierdie
tipe geval van onbillikheid in gedagte hê waar hy, na aanleiding van 'n passasie in
Colerus, 'n uitsondering op die wederkerigheidsbeginsel erken. Sy weergawe van
Colerus se standpunt laat sekere vrae beantwoord (ongelukkig is hierdie werk nie vir
ons beskikbaar nie) en sy eie oplossing is ook nie in alle opsigte duidelik nie.
Skrywers soos De Wet en Yeats en De Vos moet egter gelyk gegee word dat Voet
nie bedoel dat die aannemer 'n verrykingsaksie kan instel nie, maar wel 'n
kontraktuele aksie, nl om 'n verminderde kontrakprys. Maar behalwe in hierdie opsig
(waarop weer teruggekom sal word) is dit miskien nou van minder belang wat die
presiese vereistes vir Voet se uitsondering op die wederkerigheidsbeginsel was,
aangesien in die genoemde drie Appèlhofsake (Hauman v Nortje, Breslin v Hichens
en Van Rensburg v Straughan) sekere bepaalde interpretasies op die passasie in
Voet geplaas is.
Dit is duidelik dat, ondanks onderlinge verskille, elk van die lede van hierdie
Regbank wat hul standpunte motiveer van die gemeenskaplike veronderstelling
uitgaan dat op grond van algemene beginsels die opdraggewer 'n weerhoudingsreg
het ten opsigte van sy eie prestasie totdat die aannemer sy teenprestasie stiptelik en
volledig verrig het. 'n Paar aanhalings (met my kursivering) sal dit illustreer. Lord DE
VILLIERS HR praat van
"... the general principle that one party to a bilateral contract cannot call upon
the other party to perform his contract without himself performing his part to
the letter "
(Hauman - saak tap te 298); INNES AR sê dat Voet
"could never have meant to question the right of the building owner to insist
upon the due performance of the contract and to refuse to take over the work
or to pay for it until that happened"
(Hauman - saak tap te 303) - en elders blyk dit dat hy bedoel dat by ontstentenis van
"an acceptance or utlization of the work" is die opdraggewer geregtig "to demand...
an exact performance of the agreement (Breslin - saak tap te 317); J DE VILLIERS A
AR meld dat
"the plaintiff (nl die aannemer) to be entitled to succeed must as a general rule
prove that he has fully performed his contract"
(Hauman - saak tap te 306); C G MAASDORP A AR gaan uit van die rël dat
"where... the only question before the Court is with respect to the rights of the
parties under the contract, the terms of the contract must be strictly enforced"
(Van Rensburg - saak tap te 328); A F S MAASDORP WN A AR sê
"The general rule applicable to cases of this sort undoubtedly is that a
contractor
1979 (1) SA p421
JANSEN AR
cannot sue for the remuneration stipulated for by him until he has completed
the work he has undertaken to do"
(Van Rensburg- saak tap te 334). Oor hierdie aspek is daar dus eenstemmigheid.
Daar is ook eenstemmigheid dat op grond van billikheidsoorwegings 'n aannemer
soms, ondanks die wederkerigheidsbeginsel (in die sin hierbo bespreek), toegelaat
moet word om tog vergoeding vir 'n onvolkome prestasie te eis. Aangesien dit
daarop kan neerkom dat aan die opdraggewer se reg op stiptelike nakoming
afgedoen word, is dit uiters belangrik om te bepaal wanneer die opdraggewer, by
wyse van uitsondering, nie meer op sy weerhoudingsreg geregtig is nie. Hieroor is
daar egter nie eenstemmigheid tussen die betrokke Appèlregters nie. In die
genoemde drie sake is daar minstens drie prinsipieel uiteenlopende standpunte te
vinde:
1.Die uitsondering tree in as (a) die opdraggewer die gebrekkige prestasie tot
sy voordeel aangewend het ("the employer enjoys the benefit of the work and
labour done"), dws dit benut het, en (b) die aannemer ten tyde van die
instelling van sy aksie te goeder trou glo dat hy behoorlik gepresteer het
("the contractor honestly believes that he has performed his part of the
contract... the contractor institutes his action in good faith...there is a bona fide
dispute)".
Dit is die standpunt van Lord DE VILLIERS HR.
Dit is opvallend dat die geleerde HOOFREGTER klaarblyklik vir vereiste (a)
dit onvoldoende ag dat deur accessio verryking van die opdraggewer geskied
het-hy verg'n handeling deur die opdraggewer. So word in die Hauman- saak
beklemtoon dat die opdraggewer
"took possession of the building although he disapproved of some portion of
the work"
(te 296) en in die Breslin- saak dat die opdraggewer
"never accepted the work as satisfactory nor did he even attempt to utilize it"
(te 314). Uit die vereiste van goeie trou volg dit natuurlik dat die uitsondering
nie geld nie as bv die aannemer sy werk abandoneer voor voltooiing, of hy
geen eerlike bedoeling het om sy prestasie te voltooi nie, of as hy opsetlik
(sonder toestemming van die opdraggewer) afwyk van die bepalings van die
kontrak.
Dit is verder opvallend dat hier geen melding gemaak word van enige
diskresie van die Hof om die uitsondering toe te pas al dan nie. Trouens, dit is
moeilik om in te sien hoe sodanige diskresie by hierdie standpunt sou inpas.
Dit is egter duidelik dat die HOOFREGTER die kwessie van koste wel aan die
diskresie van die Hof oorlaat (Hauman- saak te 299).
2.Die uitsondering kan intree as die opdraggewer die gebrekkige prestasie tot
sy voordeel aangewend het, dws dit benut het:
"took steps to enrich himself at the expense of the contractor by
utilising the fruits of the contract without paying for them. This he might
do by taking over and using the work, or by disposing of the land upon
which it stood, or possibly in other ways... an owner under a building
contract for a lump sum who complains of defective performance may
refuse to take over or utilise the work and may refuse to pay for it till
complete... But if he takes possession or in any way utilises the work
as done, then even though the work may not be in accordance with the
contract he may be ordered by the court to pay..."
1979 (1) SA p422
JANSEN AR
(Hauman- saak te 304) dan het die Hof 'n diskresie om die uitsondering te
erken al dan nie (Hauman- saak te 305). Dit is die standpunt van INNES AR.
Dit is opvallend dat ook hier verryking deur accessio onvoldoende is - daar
moet 'n handeling deur die opdraggewer geskied, 'n aanwending van die
onvolkome prestasie, 'n benutting daarvan. As dit eers geskied het, dan het
die diskresie vrye teuels:
"... the result of such action would be to bring him (die opdraggewer)
within the operation of the equitable doctrine referred to. In that case
the Court would have regard... to the actual fact that he was taking
advantage of the results..."
(Hauman- saak te 304). Geen vereiste van 'n bona fide geskil word gestel nie
alhoewel die geleerde Regter die vermoede uitspreek dat bedrog deur die
aannemer teen hom sal geld (Hauman- saak te 305).
Wat koste betref, word die posisie aldus gestel:
"The practical effect would be that an owner who utilised the work as
done would be placing himself in the position of having to tender a
reasonable amount when sued, with the risk of being cast in costs if the
tender proved insufficient"
(Hauman- saak te 304).
3.Die uitsondering tree in:
"... where the parties have arrived at such a pass that the terms of the
contract cannot any longer be strictly carried out or enforced (Van
Rensburg- saak te 329)... the Court will have to ascertain... whether the
employer has acted in such a manner that it is no longer open to him to
insist upon the contractor continuing or resuming the work."
As dit die geval is (Van Rensburg- saak te 331),
"it would seem that if that which is built upon the land remains there
and is of such nature that advantage can be derived from it by the
owner, the contractor is entitled to some remuneration, such
remuneration depending upon the value of the advantage derived by
the owner"
(Van Rensburg- saak te 331).
Volgens al drie standpunte (1 - 3 hierbo) word die vergoeding aan die opdraggewer
betaalbaar gewoonlik met verwysing na die kontrakprys bepaal - dit is 'n
verminderde kontrakprys wat aan die aannemer toegeken word. Maar in die geval
van die derde standpunt hierbo is dit duidelik dat dit basies gaan om die werklike
verryking van die opdraggewer maar
"this question of the actual enrichment of the owner is a matter of such
difficulty that justice is generally done between the parties by reference to the
contract price and the portion of the work that has been left incomplete"
(Van Rensburg- saak te 333). Regter MAASDORP sê dan ook uitdruklik:
"This is not done on the understanding that the contract is still enforced..."
(ibid). Om die mate van verryking aldus te bepaal kan vir kritiek vatbaar wees (vgl
Hitchins v Breslin 1913 TPA 677 te 685 per WESSELS R), maar nietemin is dit heel
duidelik dat die geleerde Regter 'n verrykingsaksie voor oë het.
In die geval van die ander twee standpunte is die posisie nie so duidelik nie.
Telkens word die terminologie van verryking gebruik, maar tog blyk dit dat verryking
as sodanig nie die deurslaggewende faktor is nie. Dit word aanvaar dat die
aannemer op 'n verminderde kontrakprys geregtig kan wees - die omvang van die
werklike verryking is nie ter sprake nie. Die feit van accessio as sodanig is
onbelangrik, terwyl die aandag op 'n handeling deur die opdraggewer toegespits
word. By ontleding blyk dit dat in werklikheid dié twee standpunte wesenlik 'n
kontraktuele eis beoogen dit is in ooreenstemming met Voet se benadering, soos
hierbo verduidelik. Dit sou wenslik wees om in die toekoms in hierdie verband
1979 (1) SA p423
JANSEN AR
eenvoudig van 'n (kontraktuele) eis om 'n verminderde kontrakprys te praat, en
benamings soos quantum meruit en die taal van verrykingsaanspreeklikheid te
vermy. Dit sou tot minder verwarring en groter helderheid lei. Dit sou ook daarby
inpas dat in die normale geval die bedrag waarmee die kontrakprys verminder word,
gelyk is aan
"such sum as would enable the employer to complete the work in exact
accordance with the contract"
(volgens Lord DE VILLIERS HR, Hauman- saak te 299), of, anders gestel, "the cost
of remedying the defects" (INNES AR, Hauman- saak te 305). Die strekking van 'n
prysvermindering op hierdie basis is juis om die opdraggewer in staat te stel om, op
rekening van die aannemer, self volledige nakoming van die aannemer se
verbintenis te bewerkstellig. Aldus is die vermindering van die kontrakprys steeds op
volledige vervulling van die aannemer se verbintenis gerig. Dit is opvallend dat in die
Nederlandse reg, volgens art 1277 BW, die skuldeiser deur die hof gemagtig kan
word om 'n verbintenis om te doen self na te kom of te laat nakom op koste van die
skuldenaar, en dat dit beskou word as 'n wyse van direkte reële eksekusie (Asser-
Rutten te 165 ev). Die mate van ooreenkoms met die reëling in Pothier Louage art
426 is ook opvallend.
In die verbygaan moet egter genoem word dat selfs ingevolge die standpunte van
Lord DE VILLIERS HR en INNES AR die herstel - of voltooiingskoste nie altyd die
bedrag sal wees waarmee die kontrakprys verminder word nie. Volgens Regter
INNES se standpunt geskied aftrekking van die herstelkoste "as a general (though
not an invariable) rule" (Hauman- saak te 304); en in die Van Rensburg- saak is ook
inderdaad 'n ander basis vir die vermindering aanvaar. Vermoedelik kan dwingende
oorwegings van doelmatigheid, billikheid en redelikheid afwyking van die gewone
reël regverdig. In die Engelse en Amerikaanse reg, in die geval van 'n eis om
skadevergoeding op grond van tekortkominge in die bouwerk, is die herstel - of
voltooiingskoste die gewone maatstaf vir die skadevergoeding wat aan die
opdraggewer toegeken word. McGregor on Damages 13de uitg para 822 stel egter
die volgende uitsondering:"If, however, the cost of remedying the defect is
disproportionate to the end to be attained, the damages fall to be measured by the
value of the building had it been built as required by the contract less its value as it
stands."
Hudson Building and Engineering Contracts 10de uitg te 585 - 590 behandel die
algemene maatstaf, asook die moontlike alternatiewe, en die oorwegings wat by die
keuse van maatstaf behoort te geld. Corbin aw band 5 para 1089 ev stel die reël
soos volg:
"For a breach by defective construction, whether it is partial or total, and for a
total breach by refusal and failure to complete the work, the injured party can
get a judgment for damages measured by the reasonable cost of
reconstruction and completion in accordance with the contract, if this is
possible and does not involve unreasonable economic waste. Sometimes the
defects in a structure cannot be physically remedied without tearing down and
rebuilding. In many such cases, the structure as it exists, even though it is not
exactly in accordance with the contract requirements, is such that it will render
substantially all the service that the structure contracted for would have
rendered; and reconstruction and completion in accordance with the contract
may be possible only at a cost that would be imprudent and unreasonable.
The law does not require damages to be measured by a method involving
such economic waste."
Of soortgelyke oorwegings in ons reg by die keuse van maatstaf vir vermindering
van die kontrakprys geld, hoef egter nie nou bespreek te word nie. Dit moet wel
onthou word dat Regter INNES die herstelkoste nie as
1979 (1) SA p424
JANSEN AR"skadevergoeding" bestempel nie. Hy noem wel die moontliheid van 'n
verdere aftrekking benewens die herstelkoste, nl "a deduction for any damage found
to have been sustained" (Hauman- saak te 304), maar uit die aard van die saak kan
dit slegs 'n verwysing wees na gevolgskade wat reeds uit die gebreke voortgevloei
het en skade as gevolg van die mora van die aannemer.
Watter van die genoemde drie standpunte die juiste is, is 'n vraag waaroor hierdie
Hof blykbaar nog geen uitsluitsel gegee het nie. Die betreklik onlangse bespreking
van die betrokke sake in Nortje en 'n Ander v Pool NO1966 (3) SA 96 (A) te 137E -
138E kan nie as beslissend ten opsigte van die onderhawige kwessies beskou word
nie. Dit is dus nodig om die aangeleentheid aan die hand van grondbeginsels te
oorweeg.
As uitgangspunt moet die gevalle waar die opdraggewer geldiglik op grond van die
aannemer se wanprestasie teruggetree het en die gevalle waar geen sodanige
terugtrede geskied het nie, onderskei word. Verrykingsaanspreeklikheid skyn meer
gepas te wees by die eersgenoemde as by laasgenoemde, terwyl kontraktuele
aanspreeklikheid, wat strek tot nakoming van die verbintenis, by laasgenoemde
tuishoort.
Of daar wel 'n oorvleueling kan wees - in dié sin dat ook waar nie teruggetree is nie
daar 'n verrykingsaksie beskikbaar kan wees - sal grootliks afhang van wat onder die
begrip "ongeregverdigde" verryking verstaan word. Volgens De Vos is dit
ongeregverdig
"wanneer daar geen afdoende regsgrond vir die verskuiwing of vir die
voortduring van die verskuiwing van waarde van een boedel na die ander een
is nie"
(aw te 308) en hy meen dat
"wanneer daar as gevolg van kontrakbreuk op 'n gegewe tydstip verryking
bestaan, kan dit nie as sine causa beskou word solank die kontrak nog
voortduur nie"
(aw te 310). Hy aanvaar dus dat slegs na terugtrede daar sprake van
verrykingsaanspreeklikheid kan wees, en dié aanspreeklikheid beperk hy dan ook tot
dié gevalle waar
"die onskuldige party na terugtrede met voordele bly sit wat nie teruggegee
kan word nie"
(te 310).
"Waar teruggawe volgens die aard van die prestasie moontlik en prakties is"
meen hy dat die verpligting om terug te gee daaraan toegeskryf moet word dat
"die terugtrede ook aan die skuldige die reg (gee) om terug te eis wat hy
gegee het",
en nie aan verrykingsaanspreeklikheid nie (aw te 143). Hierdie beskouings opper
verskeie beginselkwessies. Oa kan genoem word dat hulle skynbaar ten dele op die
gedagte berus dat as gevolg van terugtrede 'n kontrak ab initio verval (behalwe vir 'n
eis om skadevergoeding); tans is daar 'n neiging om te aanvaar dat die verval slegs
in futuro geld. (Vgl bv Radiotronics (Pty) Ltd v Scott, Lindberg & Co Ltd1951 (1) SA
312 (K) te 319 ev; Crest Enterprises (Pty) Ltd v Rycklof Beleggings (Edms) Bpk1972
(2) SA 863 (A); A J Kerr aw te 232 - 3; Cheshire and Fifoot Law of Contract 9de uitg
te 576, 579; Goff and Jones Law of Restitution lste uitg te 341.) Op dié en verwante
probleme kan nie nou ingegaan word nie. Vir doeleindes van die onderhawige saak
sal dit voldoende wees om slegs in die algemeen te aanvaar, sonder dat die
skeidslyn al te diep en onwrikbaar getrek word, dat die standpunt van Regter
MAASDORP meer by gevalle van terugtrede tuis hoort terwyl dié van Lord DE
VILLIERS en Regter INNES op gevalle waar nie teruggetree is nie, toepaslik is.
Weliswaar was daar in die
1979 (1) SA p425
JANSEN AR
Van Rensburg- saak blykbaar geen geldige terugtrede nie, maar klaarblyklik het
Regter MAASDORP die geval as ietwat analoog beskou. Die saak van Ambrose and
Aitken v Johnson and Fletcher 1917 AD 327, 'n geval van locatio conductio operis,
moet beskou word as 'n voorbeeld van geldige terugtrede deur die opdraggewer
waar 'n verrykingsaksie misluk het omdat die opdraggewer van die verryking (deur
accessio) afstand gedoen het. In Spencer v Gostelow 1920 AD 617 'n geval van
locatio conductio operarum waar die werkgewer geldiglik teruggetree het, slaag 'n
verrykingsaksie deur die werknemer egter (vgl De Vos aw te 243 - 5). Weliswaar is
in hierdie geval 'n pro rata gedeelte van die loon toegestaan, maar dit is nie
noodwendig so in alle gevalle nie:
"The measure of the master's benefit will not necessarily, but for practical
purposes will generally, be the rate of the stipulated wage calculated for the
period served."
(Spencer v Gostelow te 631 per Regter INNES, toe Hoofregter). Die gebruik van die
ooreengekome loon as verrykingsmaatstaf is wel steeds vir kritiek vatbaar (vgl De
Wet en Yeats aw te 188), maar aan die ander kant kan dit moontlik tog in hierdie
soort geval as 'n aanduiding van bespaarde uitgawes geregverdig word (vgl De Vos
aw te 253 - 4).
Of daar in hierdie verband vir verrykingsaanspreeklikheid 'n vereiste bestaan dat die
wanpresteerder te goeder trou moes gewees het, is nie duidelik nie. In Spencer v
Gostelow (supra te 635 - 6) het MASON WN A AR aanvaar dat die verwysings in die
Hauman -, Breslin - en Van Rensburg- sake na bona fides en 'n vereiste dat die
wanpresteerder nie iemand moet wees "who has wilfully broken the terms of his
contract", nie van toepassing is in die geval van
"the owner or master who has had the benefit of a contract which he has
rightly terminated in consequence of a breach by the other party";
INNES HR het verkies
"to guard myself now - as I did in Hauman v Nortje - from expressing any
opinion as to the extent, if any, to which the mental attitude of a contractor or
a servant would affect his claim to equitable relief"
(te 632). Aangesien in ons reg selfs 'n mala fide besitter bv 'n verrykingsaksie teen
die eienaar het, is dit miskien moeilik om in te sien hoe 'n vereiste van bona fides in
die onderhawige soort geval gestel kan word. Maar die bestaan van 'n
verrykingsaksie is ook aan beleidsoorwegings onderhewig (vgl De Vos se vyfde
vereiste supra te 315 - 7) en in kontraktuele verband kan besondere
beleidsoorwegings moontlik die benadering beïnvloed. Wat die Amerikaanse reg
betref, stel Williston aw 3de uitg para 1473 die posisie soos volg:
"Few questions in the law have given rise to more discussion and difference
of opinion than that concerning the right of one who has materially broken his
contract without legal excuse to recover for such benefit as he may have
conferred on the other party by part performance of an indivisible contract or
by the performance of an indivisible fraction of a divisible portion of a contract.
A satisfactory solution is not easy, for two fundamental legal policies seem
here to come in conflict. On the one hand, it seems a violation of the terms of
a contract to allow a plaintiff in default to recover - to allow a party to stop
when he pleases and sell his part performance at a value fixed by the jury to
the defendant whose only agreement is to pay for full performance.
On the other hand, to deny recovery often gives the defendant more than fair
compensation for the injury he has sustained and imposes a forfeiture (which
the law generally abhors) on the plaintiff. The mores of the time and place will
often determine which policy will be followed.
But the second of these opposing policies has steadily increased in favour
and probably
1979 (1) SA p426
JANSEN AR
represents the weight of authority. Except where the obliquity of the defective
performance is of a sort that indicates moral obliquity, and where, therefore,
the Courts feel that the one who is in default may properly be penalized, the
tendency is to grant him restitution if a substantial net benefit has accrued to
the defendant by partial performance."
(Vgl ook Corbin aw band 5A paras 1122 ev); Restatement, Contracts para 357; Goff
and Jones aw te 356). Dit is egter nie nodig om in die onderhawige geval enige
uitsluitsel oor ons reg in hierdie verband te gee nie of om enige mening uit te spreek
oor die vraag of 'n werknemer in sekere gevalle 'n verrykingsaksie verbeur nie.
As die opdraggewer nie op grond van die aannemer se wanprestasie geldiglik
teruggetree het nie, is daar dus volgens die standpunte van Lord DE VILLIERS en
Regter INNES, soos hierbo vertolk, 'n moontlikheid dat die aannemer, ondanks die
onvolledigheid van sy eie prestasie, tog 'n kontraktuele eis om 'n verminderde
kontrakprys kan instel. Soos reeds verduidelik is daar egter wesenlike verskille in die
vereistes wat elk van die twee standpunte stel: Lord DE VILLIERS verg bv 'n bona
fide geskil en goeie trou aan die kant van die aannemer as voorvereiste, en hy maak
geen melding daarvan dat die aannemer hom hier op 'n diskresionêre ingryping deur
die Hof sou beroep nie; daarenteen beklemtoon Regter INNES die diskresie van die
Hof en is bona fides geen voorvereiste nie, maar hoogstens 'n faktor wat by die
uitoefening van die diskresie in aanmerking geneem word. Soos reeds genoem, het
hierdie Hof blykbaar nog nie uitgemaak watter die juiste standpunt is nie. In die saak
van Koenig v Johnson & Co Ltd 1935 AD 262 is daar egter dicta wat met
aanvaarding van Regter INNES se standpunt te rym is. Hoofregter WESSELS sê op
276:
"It is an elementary principle of law and pleading that if a pl aintiff claims
money on a contract he must aver and prove that he has performed his part of
the contract. If there is an obligation to perform two separate acts (here the
delivery of the old patent and the 'new patent'), then unless he has performed
both acts he cannot succeed in the action - Hauman v Nortje 1914 AD 293 at
300. But like all general principles of law there are exceptions. When a case
has been fought out and all the facts are ascertained the Court will consider
whether it will adopt a modification of it under the circumstances revealed in
the whole case. That the Court can and ought to deviate from the general
principle if in its discretion it thinks it ought to do so was decided in the above
case."
Op 281 - 2 en 283 sê STRATFORD AR:
"The decision in Hauman v Nortje 1914 AD 293 is a clear affirmation by this
Court of the principle of our law which my Brother DE VILLIERS has stated,
namely that in bilateral contracts the party who calls upon the other party to
perform his contract should himself perform his part. The exception to the
rule, allowed in that case, was due not only to its being in conflict with the
doctrine of enrichment but also to the special facts of the case, not one of
which is present in the case before us. It will be observed that stress is laid in
the judgments that there is a bona fide dispute between the parties as to the
completion of the work and that the plaintiff honestly believed he had
completed it"...
"Again it was emphasized in Hauman's case that to allow relaxation of the rule
was a matter of judicial discretion (discretion of the trial Court not of the
Appeal Court)..."
Die verwysing na bona fides is blykbaar nie as voorvereiste nie, maar as faktor wat
by uitoefening van die diskresie in aanmerking kom. In die laer Howe is egter al
dikwels met bona fides as voorvereiste gewerk (vgl bv Kam NO v Udwin 1940 WLD
137 te 140 - 1) of gesê dat as 'n aannemer sy werk abandoneer, hy nie kan slaag nie
(vgl bv Jansen v Rosenbaum1948 (1) SA 578 (T)), en is aldus by implikasie Lord DE
VILLIERS se standpunt aanvaar. Dit skyn egter nie te laat te wees vir hierdie Hof om
desnoods Regter INNES se standpunt te handhaaf nie.
1979 (1) SA p427
JANSEN AR
Die hele grondslag vir die verslapping van die wederkerigheidsbeginsel en die
erkenning van die moontlikheid om 'n eis om 'n verminderde kontrakprys in te stel,
berus op billikheidsoorwegings. En hierdie oorwegings kan klaarblyklik in bepaalde
omstandighede voorskryf dat die aannemer tog vergoed moet word, selfs al weet hy
dat hy sy verpligtinge nie ten volle nagekom het nie. As billikheidsoplossing is die
standpunt van Lord DE VILLIERS te eng en bied die standpunt van Regter INNES 'n
veel soepeler en meer bevredigende oplossing. As sodanig moet lg voortaan
aanvaar en toegepas word. Dit is opvallend dat die posisie in ons reg aldus groot
ooreenstemming sou toon met dié wat op die Vasteland toegepas word. So stel
Asser Nederlands Burgerlijk Recht 3de deel tweede stuk eerste gedeelte 1952 uitg
te 377 - 8 die posisie in die Nederlande:
"Indien een contractant, die nakoming vordert, zelf slechts ten aanzien van
een gedeelte zijner verplichtingen wanpraestatie heeft gepleegd, moet naar
het beginsel van de goede trouw worden beoordeeld, of, en zo ja, in welke
mate aan de tot nakoming aangesprokene een beroep op de exceptie
toekomt... Van geval tot geval zal moeten worden beoordeeld, of, en zo ja, in
welke ma te de tot nakoming aangesproken contractant een beroep op de
exceptie toekomt."
Dit is van die exceptio non adimpleti contractus wat hier gepraat word. Die posisie is
ook soortgelyk volgens die BGB, art 320:
"A person who is bound by a mutual contract may refuse to perform his part
until the other party has performed his part, unless the former is bound to
perform his part first... If one party has partially performed his part, counter-
performance may not be refused if the refusal under the circumstances, eg on
account of the relative insignificance of the part not performed, would
constitute bad faith."
(Vertaling Chung Hui Wang). Die verwysing na die goeie trou in hierdie opsig
herinner sterk aan die feit dat in die Romeinse reg die erkende wederkerige
kontrakte as bonae fidei beskou is. Wat egter veral treffend is, wat die onderhawige
bespreking betref, is dat in die Nederlandse Ontwerp Nieuw Burgerlijk Wetboek
(Meyers) die volgende opgeneem word (6.5.4.2):
"1.Komt een der partijen haar verbintenis in het geheel niet na, dan kan de
wederpartij de nakoming van de daartegenover staande verplichtingen
opschorten, tenzij dit in strijd zou zijn met redelijkheid en billijkheid.
2.Wordt een verbintenis slechts gedeeltelijk of niet behoorlijk nagekomen, dan
kan de wederpartij de nakoming van de daartegenover staande verplichtingen
opschorten voor zover redelijkheid en billijkheid dit rechtvaardigen."
Die deurslaggewende rol van "redelikheid en billikheid" is opmerklik.
Dit moet beklemtoon word dat volgens Regter INNES se standpunt die ontstaan van
die bevoegdheid om volgens diskresie die wederkerigheidsbeginsel te verslap
hoegenaamd nie met die mate van tekortkoming van die onvolledige prestasie
verband hou nie. Die beslissende feit vir die ontstaan daarvan is dat die
opdraggewer die onvolkome prestasie benut - of die tekortkoming nou groot of klein
is. Die omvang van die tekortkoming is hoogstens een van die omstandighede wat
by die billikheidsoordeel wat met die uitoefening van die diskresie gepaard gaan,
opgeweeg kan word. In dié opsig, oa, verskil ons reg van die Engelse en die
Amerikaanse reg.
Die algemene onderlinge afhanklikheid (mutual dependency) van die wederkerige
verbintenisse by wederkerige kontrakte is blykbaar eers teen die einde van die 18de
eeu in die Engelse reg aanvaar (deur Lord MANSFIELD: Williston 3de uitg para
817). Daarna is die wederkerigheidsbeginsel soms streng toegepas, soos blyk uit 'n
saak soos Sumpter v Hedges (1898)
1979 (1) SA p428
JANSEN AR
1 QB 673 ('n geval van 'n bouer wat sy werk net gedeeltelik gedoen het en toe die
kontrak geabandoneer het: hy kon niks verhaal ten opsigte van die werk wat hy
reeds gedoen het nie). Dié saak word bv deur Regter J DE VILLIERS in die
Hauman- saak genoem (te 307) en uit sy bespreking van die Engelse reg blyk dat
"the English decisions hold parties strictly to their legal rights". Sedertdien het 'n
kentering egter in Engeland plaasgevind en word 'n bouer nie altyd so streng
behandel nie (vgl bv Dakin & Co Ltd v Lee (1916) 1 KB 566; Hoenig v Isaacs (1952)
2 All ER 176). Cheshire and Fifoot Law of Contract 9de uitg te 528 noem, oa, hierdie
twee sake onder die hoof "The Doctrine of Substantial Performance". Daar word
gestel dat
"the present rule is that 'so long as there is substantial performance the
contractor is entitled to the stipulated price, subject only to a cross-action or
counter-claim for the omissions or defects in execution'."
Blykbaar het "substantial performance" geskied as die tekortkominge nie sodanig is
dat die opdraggewer kan terugtree nie. Vir die oningewyde is die posisie egter nie in
elke opsig duidelik nie. Vermoedelik is daar in die afgelope jare 'n evolusie in
juridiese denke aan die gang.
In die eerste uitgawe van hul werk (1945) skryf Cheshire and Fifoot bv oor hierdie
leerstuk (te 352) dat dit:
"has somewhat relaxed the requirements of exact and precise performance of
entire contracts... Despite a minute and trifling variation from the exact terms
by which he is bound, the promisor is permitted to sue on the contract, though
he is of course liable in damages for his partial non-performance. The scope
of the doctrine is not altogether clear, but it certainly applies to building
contracts...
Subject to the insignificant modification effected by the doctrine of substantial
performance there are only two cases in which a party to an entire contract
can recover compensation for work done short of complete performance.
First, where it is defendant's fault that the work is incomplete...
Secondly, where the inference to be drawn from the circumstances is that the
parties have entered into a fresh agreement that payment shall be made for
the work already done. Here the plaintiff sues on a quantum meruit to recover
remuneration proportionate to the benefit conferred upon the defendant..."
(Die eerste uitsondering beoog 'n quasi- kontraktuele vordering; die eiser het
teruggetree. Vgl te 424 - 5.) Dit is opvallend hoe hierdie uiteensetting verskil van dié
in die 9de uitgawe (1976) waaruit hierbo aangehaal is. In sy Law of Contract 3de uitg
1970 skryf G H Treitel nog die volgende:
"The law relating to the effects of failure to perform is hard to state; and parts
of it are still harder to justify. Attention has already been drawn to a number of
distinctions which seem to have no rational or practical basis. 82... The third
main defect in the law is the rule in Sumpter v Hedges, 87 under which a party
who has partially or defectively performed may have no rights at all against
the other party to the contract. It seems that this rule goes further than
necessary for the protection of the latter party and that he should normally 88
be liable to make some payment for any benefit which he has received as a
result of the partial or defective performance. 89
82 See especially the distinction between quantitative and qualitative defects
in contracts for the sale of goods (ante at 685); and the distinctions between
the various rights of a party who has failed to perform, under the limitations on
the right to rescind (ante at 715 - 716).
87 (1898) 1 QB 673: ante at 713.
88 It is arguable that he should not be liable in cases of deliberate breach;
and that, where he can still return the benefit, he should be given the option of
doing this.
89 The measure of liability should probably be a reasonable sum: not the
contract price less damages nor payment at the contract rate."
(Hierdie voetnoot (89) verskyn egter nie in die 4de uitgawe nie, te 566.)
1979 (1) SA p429
JANSEN AR
Een van die gevalle waar die wanpresteerder in die algemeen nie op enige
vergoeding geregtig is nie, is waar sy prestasie minder as "substantial" is. In hierdie
verband staan Glanville Williams (1941 LQR te 511) hervorming voor, nl:
"... a provision that a party who has partly performed an entire contract (or an
entire part of a divisible contract) shall have a right of action in quasi- contract
for benefit conferred on the other side, subject to (a) any agreement to the
contrary, (b) the restriction upon the measure of recovery already suggested,
(c) the possibility of a counterclaim for breach of contract if there is one, and
(d) to a rule like that in the Apportionment Act preventing acceleration of the
date for payment."
In die algemeen sê Goff and Jones aw te 355 - 6 die volgende:
"A party in breach, who renders services or supplies goods in part
performance of his obligations under an entire contract, is in a precarious
position. The doctrine of entire contracts arbitrarily assumes that, because a
party has promised to perform in full, if he fails to do so he can obtain no
recompense for services rendered or goods supplied to the innocent party.
The courts have been aware of the severity of the doctrine but their attempts
to mitigate its rigour have been tentative and piecemeal in character, and, in
the limited cases where the courts have granted relief, they have, as we have
seen, generally found it necessary to ground it on contract.
In our view there is, as a general rule, no reason why the innocent party
should retain, without giving recompense, the windfall of the benefits
conferred by the party in breach. The development of the law would have
been more satisfactory if the English Courts had allowed the party in breach
to be recompensed to the extent of the unjust enrichment of the innocent
party, who would be adequately protected by his action for damages for
breach of contract. This solution, which is substantially the rule of English law
in the cases where the party in breach has recovered a part payment, has
been adopted as a general rule in many countries, including Scotland, where
the authority of Sumpter v Hedges has been rejected.
'For if (a party) perform a part and then fail in completing the contract, I
shall be bound in equity to allow him credit to the extent to which I am
lucratus by his materials and labour, but no further; and if I am not
lucratus at all, I shall be entitled to restitution of the whole advance (I
have made) however great his expenditure and consequent loss may
have been'.
There should, however, be two limitations to such restitutionary relief. No
relief should generally be given if the party in breach has contracted out of his
right of restitution. Secondly, there is much to be said for the view that,
because it is undesirable to allow a party to break his contracts with impunity,
wilful breaches of contract should bar restitutionary relief. It is true that, in
some cases, it will not be easy to determine if a particular breach is innocent
or wilful, but the American experience suggests that this limit on the plaintiff's
restitutionary right works conveniently and justly in practice."
Soms word die indruk gewek dat "acceptance" 'n beslissende rol by "substantial
performance" speel, maar Hudson Building and Engineering Contracts 10de uitg te
376 - 7 verkondig die teendeel.
Skynbaar het 'n leerstuk van "substantial performance" reeds vroeër in die
Amerikaanse reg posgevat. In die Hauman- saak word die Amerikaanse saak
Hayward v Leonard genoem (te 301, 307) en Regter J DE VILLIERS sê die volgende
(te 308 - 9):
"The decision in Hayward v Leonard which, where it is followed, seems now to
be confined only to cases where, in the language of the American Courts,
there has been 'substantial performance' on the part of the plaintiff... has not
been invariably followed in America... I do not know that it is necessary in this
case to say anything about the doctrine of 'substantial performance', as it can
hardly be said that the contract has been substantially performed when the
defects amount to 10 out of a total contract price of 60. The doctrine seems to
be of American origin where it was introduced to mitigate the hardship of
keeping a man strictly to his contract. By 'substantial performance' ALLEN J
(in Sinclair v Talmage 35 Farb 602) understands performance which is not
strictly according to the terms of the contract, but, where the omissions or
defects are merely technical, inadvertent, or unimportant, he adds:
1979 (1) SA p430
JANSEN AR
The question in each case will of course be an open one where defects exist
whether they are substantial or technical and unimportant. This is a question
of fact.'"
'n Verwysing na onlangse literatuur skep egter die indruk dat sedertdien heelwat
ontwikkeling in denke plaasgevind het. (Vgl bv Corbin aw deel 3A hoofstuk 36:
"Substantial Performance, its Character and Effect"; 17 Am Jur 2d "Contracts" paras
375 et seq; 13 Am Jur 2d "Building, etc Contracts" paras 41 et seq, 110; 66 Am Jur
2d "Restitution and Implied Contracts" paras 70 et seq). Skynbaar word die
onderskeid tussen 'n kontraktuele aksie en 'n verrykingsaksie duidelik deur die
skrywers ingesien en word in die praktyk van die een of die ander gebruik gemaak
om in bepaalde omstandighede 'n aannemer bv te hulp te kom. Die Restatement
(Contracts para 268 (2)) stel die kontraktuele posisie in die algemeen soos volg:
"If a party has received all or substantially all the agreed exchange for a
performance promised by him, his duty to render that performance is not
conditional upon any further performance by the other party except when it is
expressly so provided."
In die kommentaar hierop word oa gesê:
"The duty never was conditional upon the rendition of the comparatively small
and immaterial remainder."
Die aanvullende quasi- kontraktuele reëling word skynbaar in para 357 gevind. Dit is
egter duidelik dat die kwessies hier te berde nie in al die jurisdiksies op presies
dielselfde manier gehanteer word nie. Derhalwe is dit insiggewend om na te gaan
hoe Williston 3de uitg die posisie besien.
Williston se gebruik van 'n terminologie grootliks aan ons reg vreemd, vergemaklik
nie die saak vir die oningewyde leser nie, maar sy standpunt skyn op die volgende
neer te kom. Aan die wederkerigheidsbeginsel word voldoen deur "substantial
performance", met ander woorde, ondanks die feit dat 'n party se eie prestasie nie
volkome is nie, kan hy die teenprestasie ingevolge die kontrak opeis en die
wederparty moet maar by wyse van 'n eis om skadevergoeding aanvulling van die
onvolkome prestasie verkry (para 805). Hy wys daarop dat hierdie beginsel soms
selfs tot die vervulling van uitdruklike "voorwaardes" uitgebrei word. Samevattend sê
hy in para 842:
"The principle of part performance in dependent promises may be expressed
either by saying that a breach which is material, or which goes to the root of
the matter or essence of the contract, is fatal to the plaintiff's case in spite of
his part performance; or it may be expressed by that a plaintiff who has
substantially performed is entitled to recover, although he has failed in some
particular to comply with his agreement.
The latter mode of expression is especially common in building contracts...
Even where the promise of the owner is qualified by an express condition
which has not been complied with, the contractor is frequently allowed to
recover if his breach of contract is not very great and is not wilful. Such
authorities show. a fortiori, that a contractor may recover where there is no
such expressed condition, and the owner's only defence is a comparatively
slight breach of the builder's dependent promise.............
The same principles which are applicable to building contracts must be
applicable to other contracts where there is part performance of which the
benefit enures to the defendant............
Although the wilfulness of the breach, if it exists, is an important element in
the case, good faith will not justify recovery on a contract by a plaintiff who
has committed a material breach."
Williston self sou egter die uitbreiding tot uitdruklike voorwaardes op 'n quasi-
kontraktuele basis wou stel (para 805 te 844 ev):
"............The obvious reason for enforcing the defendant's promise (where that
is done) in spite of the plaintiff's failure to comply with an express condition is
to avoid
1979 (1) SA p431
JANSEN AR
the forfeiture of the plaintiff's labour and materials which would be caused by
a strict enforcement of the condition.............
It seems better to avoid hardship of this sort by allowing recovery on a
quantum meruit on the theory of quasi contract than to set aside an
agreement of the parties, since, when confessedly enforcing an obligation
imposed by law, the court may fairly fix such boundaries as justice requires.
............
Sometimes an attempt is made to avoid the difficulties of the situation by
applying doctrines of waiver or election. But merely taking or keeping
possession of one's own real estate is not necessarily a surrender of any
rights, though such conduct involves deriving benefit from a builder's work.
There is no doubt that the basis of recovery is much confused in the
law.............
Where the rule of substantial performance prevails it is essential that the
plaintiff's default should not have been wilful; and the defects must not be so
serious as to deprive the property of its value for the intended use nor so
pervade the whole work that a deduction in damages will not be fair
compensation."
In die geval waar 'n party 'n "material breach" begaan het (dws sy prestasie is nie
"substantial" nie) staan Williston ook 'n quasi- kontraktuele remedie voor en sê (para
1473 te 222 - 4):
"Except where the obliquity of the defective performance is of a sort that
indicates moral obliquity, and where, therefore, the courts feel that the one
who is in default may properly be penalized, the tendency is to grant him
restitution if a substantial net benefit has accrued to the defendant by partial
performance."
Williston lê ook klem op die verskil in die berekening van die toekenning ingevolge
die kontrakteuele vordering en dié ingevolge die quasi- kontraktuele vordering (paras
1478 - 1485). Die volgende aanmerking (para 1482 te 292 - 4) kan miskien net
genoem word:
"The tests which are most commonly applied, and which have been criticised
in the preceding section, in reality allow the plaintiff to recover on the contract.
For a court to assert that a plaintiff cannot recover on the contract but must
sue on a quantum meruit, and then to apply in an action based on a quantum
meruit the identical rule of damages applicable to an action on the contract is
an anomaly."
Uit die voorgaande behoort die reeds vroeër genoemde teenstelling tussen die
Engelse en Amerikaanse benadering en dié van Regter INNES, heel duidelik te
wees: volgens eg ontstaan die kontraktuele eis om die teenprestasie sodra
"substantial performance" van die eie prestasie geskied het; volgens lg ontstaan
geen sodanige eis nie tensy òf die eie prestasie volledig geskied het òf die Hof in die
uitoefening van sy diskresie 'n verslapping van die strenge wederkerigheidsbeginsel
toelaat - en dié diskresie ontstaan eers as die wederparty die gedeeltelike prestasie
benut. Dit volg dat die dikwels gewraakte beslissing in Kam NO v Udwin 1939 WLD
339 as korrek beskou moet word. Tensy 'n bouer wat die teenprestasie eis, beweer
dat hy self ten volle presteer het, is sy pleitstuk vatbaar vir eksepsie. As hy op die
diskresie van die Hof wil staatmaak, moet hy minstens beweer dat die wederparty
die onvolledige prestasie benut, asook dié feite wat die Hof kan beïnvloed om die
diskresie ten gunste van hom uit te oefen.
Daar is egter in ons regspraak dicta wat op die teendeel dui en van die
veronderstelling uitgaan dat ook in ons reg die weerhoudingsreg verval sodra
"substantial performance" geskied het. In bv B & P Foundry Engineers v Cilliers1950
(1) SA 257 (O) te 261 konstateer DE BEER RP (BRINK R concurrente) dat
"waar die gelewerde of aangebode prestasie gebrekkig is kan eiser nogtans 'n
eis vorder tensy verweerder mag terugtree omdat daar nie wesenlike
vervulling (substantial performance) was nie...";
en ook in Anastasopoulos v Gelderblom1970 (2) SA 631 (N) keur 'n Volle
1979 (1) SA p432
JANSEN AR
Bank (JAMES RP, HENNING en LEON RR) op appèl die volgende st elling
(aangehaal te 636A) van FANNIN R oor die exceptio non adimpleti contractus goed:
"It is clear that it is not available when the breach relied upon to support the
defence constitutes an unimportant deviation from the terms of the contract,
for it must be a breach of an 'essential' or a 'vital' term of the contract, or, as it
has also been put, of a term which 'goes to the root of the contract', all of
which means, as HIEMSTRA J put it (in Swartz & Sons (Pty) Ltd v
Wolmaransstad Town Council1960 (2) SA 1 (T) at 4):
'... that the breach must be so serious that it cannot reasonably be
expected of the other party that he should continue with the contract...'
a statement which I, most respectfully, adopt..."
Ook van ons skrywers is hierdie mening toegedaan (De Wet en Yeats aw te 183 - 4,
gelees met 162); De Vos aw te 241; vgl ook H J Chanock "The Doctrine of
Substantial Performance" 1935 SA Law Times te 162 ev).
Met alle eerbied skyn hierdie standpunt egter met die gemeenregtelike begrip van
die exceptio strydig te wees, asook met die benadering van hierdie Hof in Hauman v
Nortje tap en die verwante sake in hierdie Hof. Weliswaar berus dit in 'n mate op
sekere vroeë dicta in ons regspraak, maar dit wil tog voorkom asof hierdie dicta nie
as deurslaggewend beskou kan word nie, of as sodanig beskou behoort te word nie.
In Hitchins v Breslin 1913 TPD 676 bv kom in die uitspraak van WESSELS R
sinsnedes soos die volgende voor: "fails in substantially carrying out this
undertaking", "a substantial difference in kind", "a material and important deviation",
en "material deviations from the terms of the contract". Dit is egter te betwyfel of die
geleerde Regter hier hoegenaamd die leerstuk van "substantial performance", soos
dit later in die Engelse reg bekend sou word, in gedagte gehad het. Op 682 - 3 sê
hy:
"... But where the price is a lump sum, if the contractor has not yet completed
his contract, he cannot sue for the contract price. There are, however,
exceptions to this proposition, and an important one occurs where the
contractor has completed the work except as regards some minor details. In
such a case the maxim, 'de minimis non curat lex' applies and the law will not
deprive a man of his money merely because he has omitted some
insignificant details...
In order to judge whether the defect is small or great we must consider the
nature and object of the contract. If there is some trifling omission in a
contract to build a house the Court may hold that the building contract has
been substantially carried out and award to the contractor the money due
under the contract."
Klaarblyklik word "substantial" hier besien as die teenhanger van "insignificant", lg
synde feitlik een van die minima waarvan die reg nie kennis neem nie. Bowendien
dui die woorde deur my in hierdie aanhaling gekursiveer daarop dat eintlik, as 'n
kwessie van interpretasie van die kontrak, bepaal moet word hoeveel speling
toelaatbaar is. Dit pas in by wat op 684 gesê word:
"The above are defects in structure and are material deviations from the terms
of the agreement and a failure to carry them out properly is a failure to
complete the contract as contemplated by the parties."
(My kursivering). Dieselfde gedagtegang is agt jaar later skynbaar die basis van
Regter WESSELS (toe RP) se benadering van 'n genus- koop van 400 sakke mielies
in Cedarmount Store v Webster & Co 1922 TPD 106. Vir doeleindes van die saak is
aanvaar dat die feite daarop neerkom dat 40 sakke te min gelewer is. Die geleerde
Regter (te 110) sê:
"Now although the law regards a contract to deliver 400 bags of mealies as an
entire contract, yet it takes cognizance of the difficulty in commercial matters
of meticulously
1979 (1) SA p433
JANSEN AR
carrying out such an arrangement. All that the law requires therefore is a
substantial performance of the contract - such a performance as commercial
men could have reasonably expected when they entered into the contract..."
Hy kom tot die gevolgtrekking dat 'n tekort van 10 persent te groot is (te 111):
"I think a difference of 10 per cent is too great to enable us to say that a
contract for a definite amount of goods has been substantially performed
when there is a shortage of 10 per cent between the amount contracted for
and the amount delivered."
Hierdie gedagte van 'n moontlike speling word oa aan Baudry Lacantinerie en
Saignat Vente para 325 ontleen. Dit is opvallend dat dié skrywers slegs van 'n klein
verskil praat en die uitsondering op die algemene reël dat presies gelewer moet
word, tot "les usages commerciaux " beperk. (Vandag speel wetgewing moontlik by
ons ook 'n rol. Vgl Wet 13 van 1958.) Dit is ver verwyder van 'n algemene leerstuk
van "substantial performance". Dit is ook opvallend dat GREGOROWSKI R nie praat
van enige moontlike speling nie (te 113):
"When unascertained goods of a certain description are sold as here, it is the
duty of the seller to select the goods answering the description and to tender
delivery to the buyer. He must tender the exact quality and quantity in terms of
the contract."
Met enkele uitsonderings (vgl, bv, die geval van die verkoop van 'n bepaalde
grondstuk met vermelding van maat, waar soms 'n speling wat grootte betref,
toelaatbaar is, met aanpassing van die koopprys: Welgemoed en Andere v
Sauer1974 (4) SA 1 (A)) is die algemene strekking van ons reg dat verbintenisse
stiptelik (en spesifiek) nagekom moet word. Dit kan gestel word dat die verbintenis
primêr op (spesifieke) nakoming gerig is. Die skuldenaar is nie geregtig om ter eie
keuse skadevergoeding as surrogaat van die prestasie aan te bied nie (Farmers Co-
operative Society v Berry 1912 AD 343 te 350; Shill v Milner 1937 AD 101 te 106 - 7;
Haynes v Kingwilliamstown Municipality1951 (2) SA 371 (A) te 378D - F). Ondanks
enige twyfel wat eens daaroor mag bestaan het (vgl H de Groot Inl 3.3.41; Voet
46.3.10, 19.1.14), is dit duidelik dat hierdie reël ook op obligationes faciendi van
toepassing is (vgl, oa, die aantekening van Groenewegen op die genoemde
passasie in De Groot, asook dié van Fockema Andreae en Apeldoorn; en ook Van
der Keessel se Praelectiones oor De Groot 3.3.41, en ook sy Theses Selectae 512;
Wessels aw 2de uitg paras 3089 - 3103; De Wet en Yeats aw te 188 - 192; Kerr aw
te 334 - 342). Om 'n moontlike eis om skadevergoeding vry te spring moet die
nakoming stiptelik wees. In besonder is die skuldenaar nie geregtig om sy
verbintenis by
gedeeltes te kwyt nie - selfs al is die prestasie van aard deelbaar, bv die betaling
van geld (D 22.1.41.1; H de Groot Inl 3.39.9; Bernitz v Euvrard 1943 AD 595 te 602;
Moosa v Robert Shaw & Co Ltd1948 (4) SA 914 (T) te 917; Wessels aw para 2237).
Hy is ook nie geregtig (behalwe in die geval van 'n fakultatiewe verbintenis) om iets
anders as die verskuldigde prestasie aan te bied nie: aliud pro alio invito creditori
solvi non potest, D 12.1.2.1 (vgl C 8.42(43).16; I van den Berg Nederlands Advys-
Boek 1.122 (geld + rentebrief nie gelyk aan geld); Celliers v Papenfus en Rooth 1904
TS 73 (onverdeelde aandeel van ongeveer 70 morg grond van 'n plaas nie gelyk aan
verdeelde aandeel van 62 morg van daardie plaas nie); Hochmetals Africa (Pty) Ltd
v Otavi Mining Co (Pty) Ltd1968 (1) SA 571 (A) te 579B - F, 583B - C (gedeeltelike
betaling + inbetaling van saldo by Hof nie gelyk aan volle betaling in geld nie); Van
Diggelen v De Bruin and Another1954 (1) SA 188 (SWA)). Bowendien as by die
wederkerige kontrak die prestasie wat eerste verrig moet word,
1979 (1) SA p434
JANSEN AR
as 'n voorwaarde vir die opeisbaarheid van die teenprestasie gekonstrueer sou word,
dan geld hier ook 'n vereiste van stiptelike vervulling. Tensy 'n ander bedoeling blyk,
moet vervulling van 'n voorwaarde stiptelik en volledig geskied, dws in forma
specifica en nie per aequipollens nie (Wessels aw para 1337; Hanomag SA (Pty) Ltd
v Otto 1940 CPD 437).
Teen hierdie agtergrond sou dit ietwat bevreemdend voorkom as by 'n wederkerige
kontrak 'n skuldenaar op grond van sy eie onvolkome prestasie altyd die
teenprestasie kan opeis - mits net die tekortkominge in sy eie prestasie nie ernstig is
nie. Dit sou daarop neerkom dat die wederparty aldus sy reg op nakoming en 'n
middel tot afdwinging daarvan, nl die exceptio, ontsê word, en dat hy slegs met
aanvullende skadevergoeding tevrede moet wees - die omvang waarvan hy nog
bowendien in 'n teeneis moet bewys. Dit is om aan die skuldenaar die geleentheid te
gee om ter eie keuse die skuldeiser te verplig om ten dele skadevergoeding te
aanvaar. Dit is 'n gans ander geval as die wederparty normaalweg sy exceptio kan
opper en as dit onbillikheid meebring, die Hof 'n diskresie sou hê om die posisie reg
te stel, en dit is wesenlik die benadering van Regter INNES soos hierbo verduidelik
en aanvaar.
Beslissings en dicta teenstrydig met die standpunt van Regter INNES behoort nie
meer gevolg te word nie. Ook die volgende passasie in MASON AAR se uitspraak in
Spencer v Gostelow (supra te 636) moet dan in die lig van daardie standpunt besien
word:
"The present case is that of the owner or master who has had the benefit of a
contract which he has rightly terminated in consequence of a breach by the
other party. Where, however, the owner or master demands in respect of
some substantial matter the performance of the contract or the remedy of the
breach, the Court may well be justified in declining to come to the relief of the
contractor until he has himself performed a portion of the bargain which it was
his duty and is within his power to complete."
Die feit dat 'n opdraggewer steeds verg dat die aannemer sy prestasie voltooi, dws
dat hy steeds nakoming wil afdwing, is weleen van die faktore wat deur die Hof by
die uitoefening van sy diskresie in aanmerking geneem sal word. Die tekortkoming
waaroor dit gaan hoef egter nie noodwendig "substantial" in die besondere tegniese
sin te wees nie.
Daar moet nog iets oor die bewyslas gesê word. Soos hierbo aangetoon, is reeds
vroeg in ons reg aanvaar dat as die exceptio geopper word, die eiser moet bewys
dat hy sy eie prestasie wel voltooi het. Maar wat as hy nie daarin slaag nie en hy dan
op 'n aanspraak op 'n verminderde kontrakprys moet terugval? Maw, wat is die
reëling van die bewyslas as hy nou die uitoefening van 'n diskresie ten gunste van
hom aanvra? Sekerlik sal hy die Hof moet oortuig dat dit billik is om die
wederkerigheidsbeginsel te verslap, en minstens sedert 1946 word in ons regspraak
aanvaar dat, as die aannemer nie daarin slaag om die afwesigheid van
tekortkominge in sy prestasie te bewys nie en hy dan tog 'n quantum meruit wil
verkry, "he must prove how much it would cost to remedy the defects" (per NESER
R in Wegerle v Pretoria Machinery Sales 1946 TPD 319 te 324). Sommige van die
daaropvolgende beslissing word in Sifris en 'n Ander NNO v Vermeulen Broers1974
(2) SA 218 (T) te 223D - G genoem, en daarby kan ook nog gevoeg word:
Badenhorst v Prinsloo1967 (1) SA 212 (O) te 216C - E. Word hierdie benadering nou
op Regter INNES se standpunt toegepas, kom dit op die volgende neer: as die
ondernemer nie daarin slaag om die Hof te oortuig dat hy sy deel ten volle nagekom
het nie,
1979 (1) SA p435
JANSEN AR
en hy wil dan op 'n verminderde kontrakprys aanspraak maak, sal hy moet bewys: (i)
dat die opdraggewer die onvolledige prestasie benut, (ii) dat daar omstandighede
bestaan wat dit billik maak dat die Hof sy diskresie ten gunste van hom uitoefen, en
(iii) wat die verminderde kontrakprys moet wees, dws wat die koste sal wees om sy
prestasie in orde te bring teneinde te bepaal met hoeveel die kontrakprys verminder
moet word. In Dominion Earthworks (Pty) Ltd v M J Greeff Electrical Contractors
(Pty) Ltd1970 (1) SA 228 (A) te 237F - H het RUMPFF AR twyfel uitgespreek
"as to the correctness of placing the onus to prove the costs of repair of the
defects alleged by the owner and found to exist, on the contractor".
Maar met alle eerbied skyn hierdie twyfel op 'n verkeerde uitgangspunt te berus. Die
geleerde Appèlregter sê:
"... on the strength of Hauman's case and other cases, it must be assumed
that the contractor is not permitted without the owner's consent to repair such
defects as are found by the Court to exist. The contractor must allow the
owner to repair the defects or to have it done by somebody else."
Soos gepoog is om hierbo aan te toon veronderstel die aanwending van die exceptio
gewoonlik juis die voortbestaan van die kontrak en die moontlikheid dat volle
prestasie nog kan geskied. Gevolglik is dit die aannemer se kontraktuele reg om sy
prestasie reg te stel. As nou om een of ander rede hy dit nie wil of kan doen nie (die
posisie by objektiewe onmoontlikheid buite rekening gelaat) maar tog deel van die
kontrakprys wil hê, skyn dit nie onredelik te wees dat hy moet aantoon waarop hy
inderdaad geregtig is nie. Trouens, hy as deskundige is hiervoor beter toegerus as
die opdraggewer. Daar skyn dus geen genoegsame rede te wees om van die reeks
beslissings wat die bewyslas op die aannemer plaas, af te wyk nie. (Dit is interessant
om te bemerk dat in die Verenigde State die kwessie van die bewyslas ook
aanleiding tot verskil van mening gee. Vgl Corbin aw band 3A para 710.)
Die uitsprake in die Hauman- saak aanvaar egter ook dat die kontrakprys verder
verminder moet word met die skadevergoeding waarop die opdraggewer as gevolg
van die wanprestasie geregtig mag wees. Uit die aard van die saak, soos reeds
genoem, slaan dit op moontlike gevolgskade (veroorsaak deur die tekortkoming)
reeds gely en moontlike skade as gevolg van die mora van die aannemer. Op grond
van algemene beginsels sal, wat dit betref, die bewyslas steeds op die opdraggewer
moet rus. Waarskynlik sal die opdraggewer noodwendig 'n teeneis moet instel, maar
op hierdie kwessie van prosedure hoef nie nou ingegaan te word nie.
Wat die koste betref, wek die uitspraak van Regter INNES in Hauman v Nortje
(supra te 304) moontlik die indruk dat as die opdraggewer die aannemer se
onvolledige prestasie benut, en hy om die kontrakprys aangespreek word, hy
noodwendig 'n voldoende bedrag moet aanbied vir die geval dat die aannemer met
'n aanspraak op 'n verminderde kontrakprys slaag - ten einde 'n bevel dat hy die
aannemer se koste moet betaal mis te loop. Maar dit skyn 'n kwessie te wees wat
geheel en al van die omstandighede moet afhang. Dit is bv denkbaar dat die
opdraggewer die gedeeltelike prestasie benut en eis dat voltooiing nog moet geskied
en dat dit nie redelikerwys geverg kan word dat hy voorsorg moet tref teen die
moontlikheid dat die Hof 'n verminderde kontrakprys sal toestaan nie.
1979 (1) SA p436
JANSEN AR
Alvorens die voorgaande beginsels op die feite van die onderhawige geval toe te
pas, is dit nodig om nog 'n paar algemene opmerkings te maak.
Uit die oorsig van die Engelse en Amerikaanse reg hierbo gegee, blyk dit dat eg,
ondanks die leerstuk van "substantial performance", nie voldoende voorsiening
maak vir die uitskakeling van alle gevalle van onbillikheid as gevolg van die
toepassing van die wederkerigheidsbeginsel nie, terwyl lg skynbaar dit wel doen met
behulp van die leerstuk van "substantial performance", aangevul waar nodig met die
verlening van 'n verrykingsaksie. Wat ons reg betref, is daar wel, in die lig van wat
hierbo aanvaar is, voldoende voorsiening vir alle gevalle waar 'n opdraggewer die
onvolkome prestasie benut of waar hy die kontrak gekanselleer het. In eg geval het
die aannemer 'n kontraktuele eis, onderhewig aan die diskresie van die Hof; in lg
geval, 'n verrykingsaksie. Die enigste geval waarvoor daar nie 'n voor-die-hand-
liggende regsmiddel blyk nie, is waar die wederparty nòg die onvolkome prestasie
benut. Of sodanige geval veel sal voorkom met onbillikheid as gevolg as daar nie 'n
regsmiddel bestaan nie - vera as die onvolkome prestasie waardevol is (dan sal die
opdraggew er dit seker liewer benut) of as die aannemer nog in staat is om behoorlik
te presteer (wanneer hy seker maar liewer behoorlik sal nakom), is nie duidelik nie.
Maar hoe dit ook al sy, Kerr aw te 389 - 90 staan die ekenning van 'n diskresionêre
kontraktuele remedie voor wat ook hierdie soort geval sou dek. Sodanige resultaat
sou binne die raamwerk van die standpunt hierbo verkondig bereik kon word deur af
te sien van die vereiste van benutting vir die ontstaan van die diskresie. Of dit nou,
as gevolg van die volle aanvaarding daarvan dat Regter INNES se oplossing
wesenlik 'n kontraktuele remedie verleen, moontlik is om van hierdie vereiste af te
sien (of dit altans te kwalifiseer) en nader aan die Vastelandse beskouing te beweeg,
is 'n kwessie wat miskien later oorweeg sal moet word. 'n Ander moontlikheid sou
miskien wees om, op die grondslag van Regter MAASDORP se standpunt, in
sodanige gevalle in sekere omstandighede tog, ondanks die voortbestaan van die
kontrak, 'n verrykingsaksie te erken. Of dit met die gedagte dat die verryking sine
causa (ongeregverdig) moet wees, versoen kan word en of dit sou strook met
beleidsoorwegings, is kwessies wat moontlik ook later te berde kan kom.
Weliswaar sou hierdie probleem van 'n gepaste regsmiddel hom miskien minder
voordoen as aanvaar sou word dat die vereistes vir die bestaan van die reg om 'n
prestasie te verwerp, vir die bestaan van 'n terugtredingsreg en vir die bestaan van
die weerhoudingsreg (exceptio) basies dieselfde is. (Vgl, bv, De Wet en Yeats aw te
180 - 1 en 183 gelees met 162 - 3; De Vos aw te 241 - 2.) Sodra die prestasie (verrig
of aangebied) "substansieel" is (dws die tekortkoming is nie ernstig nie), is daar geen
reg tot verwerping, terugtrede of die terughou van die teenprestasie nie. Nogtans, as
die prestasie nie "substansieel" is nie en die opdraggewer verwerp die prestasie
maar hy tree nie terug nie en eis nog nakoming (skynbaar die enigste geval waar,
volgens hierdie benadering, die exceptio kan geld (De Vos aw te 241 n 16)), sal die
probleem tog weer eens ontstaan. Bowendien, soos blyk uit die voorgaande, sou 'n
toets van hierdie aard vir die bestaan van die weerhoudingsreg strydig wees met die
historiese ontwikkeling van ons reg, strydig met die standpunt van hierdie Hof in
1979 (1) SA p437
JANSEN AR
Hauman v Nortje tap en aanverwante sake, en sou dit afdoen aan die opdraggewer
se reg op (spesifieke) nakoming. Maar afgesien hiervan laat dié simmetriese
oplossing tog ook sekere probleem-areas. Dit is bv nie heeltemal duidelik nie of
daarvolgens "verwerping" van die prestasie insluit die aanname en behoud van 'n
gedeeltelike prestasie - maar met 'n meegaande aandrang op volledige nakoming en
'n verwagting dat die prestasie voltooi sal word. Selfs die Restatement (Contracts)
aanvaar dat para 357 nie in alle sodanige gevalle geld nie. In die kommentaar op
sub-art (1) word oa geseê:
"(b) The rules stated in the present section are applicable only in those cases
where the defendant refuses to perform as he promised and is justified in so
doing by the plaintiff's breach or non-performance. The contract may be such
that the defendant still has a right to specific performance in full by the
plaintiff; and if he insists thereon, remaining able and willing to perform his
part, he may keep whatever he has received and maintain suit for the balance
that is unpaid."
Die toepassing in die algemeen van die maatstaf van 'n "ernstige" tekortkoming,
soos dit geld wat die reg tot terugtrede betref, by beantwoording van die vraag of die
skuldeiser die aangebode prestasie kan afwys of die exceptio opper, is ook nie altyd
bevorderlik tot helderheid en eenvoud nie. Die begrip "ernstig" kan bv van graad
varieer na gelang van omstandighede. Corbin aw band 3A para 711 sê oa die
volgende:
"If the performance rendered by the plaintiff is of a kind that has not been
incorporated into the property of the defendant, and the values that have been
created can as readily be realized by the plaintiff himself as by the defendant,
it is believed that smaller errors and omissions will be held to go to the
essence than in the cases where the facts are otherwise. It is for similar
reasons that a breach in limine, on the threshhold of performance, may justify
repudiation by the defendant even though the same kind of breach after a part
performance would not.
Suppose that a contractor agrees to build a house for the defendant on land
still belonging to the contractor himself, either for a subsequent sale to the
defendant or for his use and occupancy. A departure from plans and
specifications is more likely to go to the essence. The defective building
belongs to the contractor; and depriving him of the contract price does not
deprive him of his value of his labour and materials. Similar results are
reached in contracts for the sale or manufacture of goods; before any part of
the goods has been received, and while the seller can realize their market
value himself, defects in quality, kind, or amount are more likely to justify the
buyer in refusing to accept the goods. In such cases, the actual receipt and
retention of the goods is all the more likely to be held acceptance or waiver; it
is at least evidence that performance has been 'substantial'............ "
(Vgl Williston aw 3de uitg para 842). Bowendien is dit bv nie ondenkbaar nie dat
soms as die skuldenaar 'n termyn gegee is waarbinne hy kan presteer, die
skuldeiser 'n prestasie wat binne die termyn aangebied word, mag afwys op grond
van tekortkomings maar tog nie geregtig sou wees om terug te tree alvorens die
termyn verstryk het nie en dit slegs as teen daardie tyd nog nie behoorlik presteer is
nie.
Vervolgens kan na die feite van die onderhawige geval teruggekeer word, en, soos
by die aanvang van die bespreking van quantum meruit in die vooruitsig gestel is, sal
met die geval van die tweede stel blokke begin word. Dit sal onthou word dat die
oorspronklike ondeelbare kontrak op 19 Junie 1974 in twee verdeel is toe die
verweerder die eerste stel blokke by Groot kom haal het, en dat die oorblywende
tweede stel blokke op 12 Augustus 1974 afgehaal is. Aangesien dit vasstaan dat die
eiser se werk aan die tweede stel tekortkominge gehad het, het die verweerder tereg
die exceptio geopper en kan die eiser nie met sy eis om volle nakoming, nl
1979 (1) SA p438
JANSEN AR
betaling van dié deel van die kontrakprys wat op die tweede stel betrekking het (dws
R2 400), slaag nie. Deur 'n bevel tot s odanige nakoming toe te staan, het die
Verhoorhof dus fouteer.
Die vraag bly egter oor of die Verhoorhof nie 'n verminderde kontrakprys aan die
eiser behoort toe te geken het nie. Dit is nie as 'n alternatief in die dagvaarding of
deklarasie aangevra nie, maar sodanige aanspraak kon sekerlik nie die verweerder
onverhoeds betrap het nie. Die verweerder het klaarblyklik die moontlikheid van
sodanige aanspraak voorsien - vandaar die inbetaling deur hom van R1 200 by die
Hof. Dit staan wel vas dat die verweerder die gebrekkige prestasie benut het, maar,
soos hierbo aangetoon, moet die eiser die Hof van die billikheid om die
wederkerigheidsbeginsel te verslap oortuig, en die las rus op hom om te bewys
hoeveel dit sou kos om die tekortkominge in die prestasie uit die weg te ruim. Dit sal
gerieflik wees om die kwessie van die herstelkoste eerste te bespreek, en daarna die
uitoefening van die diskresie.
Groot het, soos reeds genoem, in die getuiebank erken dat sy werk aan die tweede
stel blokke nie heeltemal volgens spesifikasie was nie. Vir doeleindes van hierdie
appèl aanvaar die eiser die korrektheid van die verslag afkomstig van Paulstra oor
die gebreke in die rubber gietsels (en derhalwe in die holtes van die blokke) en ook
dat dienooreenkomstig nog werk gedoen moes word om die tweede stel blokke in
ooreenstemming met die spesifikasies te bring. In die beoordeling van die getuienis
oor die omvang en koste van die nodige werk, is die omstrede kwessie van die
toleransie nou van minder belang, aangesien die strekking van die getuienis (as dit
noukeurig beskou word) meer oor die volgende gaan: die koste om die blokke, met
die gebreke wat uit die Paulstra-verslag blyk, vir Paulstra aanneemlik te maak. Aldus
gestel, maak die werklike speling in die kontrak tussen die eiser en verweerder
toegelaat nie juis saak nie en speel dit nie enige noemenswaardige rol nie.
[Die geleerde Regter het die getuienis ontleed en soos volg voortgegaan.] Op die
keper beskou is al wat die eiser dan oor hierdie aspek van die saak bewys het, die
feit dat die verweerder met Auret 'n kontrak aangegaan het om die blokke teen R45
per volledige holte te voltooi. Dit blyk nie dat die verweerder onredelik opgetree het
om sodanige kontrak te sluit nie. (Sou die verweerder die kontrakprys as
skadevergoeding geeëis het, sou die las om te bewys dat die verweèrder sy skade
kon verminder het, op die eiser gerus het; die onderhawige posisie skyn hier analoog
te wees.) Trouens, gesien die kwotasie van Harwood, kan eerder gesê word dat die
verweerder wel redelik gehandel het.
Is die bewys van slegs hierdie bedrag egter voldoende vir die bepaling van die
bedrag waarmee die kontrakprys, waarop eiser en verweerder ooreengekom het,
verminder moet word? In beginsel skyn 'n verweerder in hierdie omstandighede nie
op 'n groter prysvermindering geregtig te wees as die werklike koste wat hy
aangegaan het om die onvolledige prestasie in orde te bring nie. Alhoewel die
prysvermindering in die algemeen op die redelike herstelkoste sal neerkom, sal die
verweerder, as die gebrekkige prestasie ingevolge 'n besonder voordelige kontrak
met 'n derde aangevul word, egter nie 'n bedrag groter as dié in sodanige kontrak
bepaal, in verrekening kan bring nie. Dat in die onderhawige geval Auret nie die werk
voltooi het nie, dat Borsboom bv hom bowendien
1979 (1) SA p439
JANSEN AR
gehelp het met dié deel wat hy wel gedoen het, verander nie die posisie nie. Volgens
Auret - en sy getuienis moet, soos reeds verduidelik, vir doeleindes van hierdie appèl
aanvaar word - het Borsboom dit ongevraagd gedoen en het hy bowendien Auret
verhinder om die werk te voltooi deur die blokke weg te neem. Was dit dus nie vir
Borsboom se eie optrede nie, sou die tekortkominge in die blokke teen 'n koste van
R720 aangevul gewees het. Dit volg dat die eiser in die onderhawige geval
voldoende bewys gelewer het van die bedrag waarmee die kontrakprys verminder
moet word as die Hof sou besluit om sy diskresie ten gunste van die eiser uit te
oefen en die toepassing van die wederkerigheidsbeginsel te verslap.
Soos reeds beklemtoon, moet die Hof by die uitoefening van sy diskresie al die
omstandighede in ag neem. 'n Faktor wat oa teen die eiser tel is dat hy so lank
volhard het in sy bewering dat hy die kontrak ten volle nagekom het. Soos onthou sal
word, het hy selfs tydens die "voorverhoorkonferensie" wat aan die einde van die
eerste dag van die verhoor gehou is, nog daarin volhard dat daar geen gebreke in
die blokke was nie - alhoewel hy reeds voor uitreiking van dagvaarding op 20
September 1974 moes geweet het dat die maatskappy aan wie verweerder moes
lewer (Paulstra) die blokke verwerp het. Maar wat egter in die besondere
omstandighede van die onderhawige geval deurslaggewend ten gunste van die eiser
geld, is dat in Steyn se brief van 30 Augustus 1974 daar nog steeds 'n aanbod
gemaak word om enige gebreke te herstel, en dat verweerder dit nie aanvaar het
nie, maar so opgetree het dat ten tye van die verhoor dit ook nie meer vir die eiser
moontlik sou gewees het om sodanige gebreke te herstel nie, aangesien die werk
toe reeds deur ander gedoen was.
Dit volg dat tov die tweede stel blokke aan die eiser 'n verminderde kontrakprys
toegeken moet word, nl R1 680 (R2 400 - R720).
Wat die eerste stel blokke betref, is die posisie ietwat anders. Volgens Borsboom het
hy 'n paar dae nadat hy die eerste stel op 19 Junie 1974 afgehaal het, agtergekom
dat daar fout is met die holtes, dat nie voldoende metaal verwyder was nie. Hy en
D'Oliviera het toe saam aan hulle gewerk om hulle in orde te bring - hulle het 'n
gewone freesbank (milling machine) en 'n handslyper gebruik. Saam het hulle
ongeveer 72 uur daaraan bestee. D'Oliviera bevestig dit in sy getuienis, maar hy
meen dat hulle ongeveer 70 uur gewerk het. Borsboom sê ook dat sy gewone tarief
sou R10 per uur gewees het, en dat hy aan Groot die aanwesigheid van die foute
genoem het nadat lg van die buiteland teruggekom het. Hy gee toe dat:
"as die tweede stel korrek was gewees, dan sou ek die reparasie wat ek aan
die eerste stel gedoen het, op die koop toe geneem het. Die skade was
toentertyd nie so groot nie."
Hierteenoor staan die getuienis van Groot, Rosewall en Pronk. Groot ontken dat
daar enigiets met die eerste stel blokke geskort het - hy het gipsgietsels met hulle
gemaak en dié getoets en daar was niks verkeerd nie. Bowendien het Borsboom
nooit teenoor hom oor die eerste stel blokke gekla nie. Rosewall, wat skynbaar altyd
by besprekings tussen Borsboom en Groot aanwesig was, sê ook dat Borsboom
geen klagte tov die eerste stel geopper het nie. Pronk was destyds werksaam by
Borsboom en hy ontken ook dat aan die blokke gewerk is soos deur Borsboom en
D'Oliviera beskryf. Borsboom sê Pronk moes daarvan bewus gewees het, as hy sy
oë gebruik het.
Die Verhoorhof het, soos aanvanklik genoem is, Groot se getuienis
1979 (1) SA p440
JANSEN AR
aanvaar en Borsboom s'n verwerp, en het gevolglik bevind dat daar geen fout met
die eerste stel blokke was nie. Die Hof is nòg deur D'Oliviera nòg deur Pronk
beïndruk. Aangesien Borsboom reeds teenoor Auret ongeloofwaardig bevind is en
dat in sy prokureur se brief van 27 Augustus 1974 geen melding hoegenaamd van
foute in die eerste stel blokke gemaak word nie - skynbaar word dié kwessie eers by
die aansoek om summiere vonnis in die antwoordende verklaring geopper - kan
nouliks bevind word dat die Hof hier fouteer het, veral in die lig van die baie
definitiewe indrukke wat die Hof van die getuies verkry het. Ook is dit uiters
onwaarskynlik dat Borsboom teenoor Groot of Rosewall, na hul terugkoms uit die
buiteland, die kwessie van gebreke in die eerste stel blokke sou geopper het. Op
daardie stadium was Borsboom daarop ingestel om hulle te oorreed om òf die
tweede stel (waaraan nog skaars gewerk was) aan hom terug te gee òf met die werk
aan die tweede stel voort te gaan. Melding van gebreke sou sake net verder
vertroebel het.
Dit volg dat die appèl, wat die eerste stel blokke betref, nie kan slaag nie; wat die
tweede stel betref, slaag die appèl ten dele deurdat die kontrakprys met R720
verminder moet word. Dié gedeeltelike welslae is egter substansieel en is voldoende
om die koste van appèl aan die appellant te laat toekom. Wat die verhoorkoste
betref, moet die bevel van die Hof a quo gehandhaaf word.
Die volgende bevel word uitgereik:
(a)Die appèl slaag ten dele; die respondent moet die koste van appèl betaal;
(b)para 1 van die Verhoorhof se bevel word dienooreenkomstig gewysig, met die
gevolg dat die bevel nou soos volg sal lui:
"1.Vonnis vir die eiser ten bedrae van R2 880 met koste;
2.Die eiser kan die bedrag van R1 200 wat by die Griffier inbetaal is, in
ontvangs neem;
3.Elke party dra sy eie koste aangegaan op 15 en 16 Maart 1976."

KOTZÉ AR, DIEMONT AR, KLOPPER WN AR en TRENGOVE WN AR het
saamgestem.

Appellant se Prokureurs: Couzyn, Hertzog & Horak, Pretoria; Naudé & Naudé, Van
de Wall en Vennote, Bloemfontein. Respondent se Prokureurs: Vorster & Prinsloo;
Pretoria; Siebert & Honey, Bloemfontein.

SAFLII Note: This case was originally published by Juta and Company (Pty) Ltd. Juta retains copyright
as far as it subsists.