Van der Merwe NO and Others v Kriegler NO and Others (23140/12) [2012] ZAGPPHC 272 (13 November 2012)

55 Reportability
Arbitration Law

Brief Summary

Arbitration — Appeal tribunal — Jurisdiction and powers of appeal tribunal — Applicants sought a declaratory order that the awards made by the appeal tribunal were null and void ab initio — The appeal tribunal had been appointed to adjudicate an appeal against an arbitration award — Applicants contended that the appeal tribunal exceeded its powers by not only setting aside the arbitrator's award but replacing it with a new award — Court held that the appeal tribunal acted within its jurisdiction as per the arbitration agreement, which granted it the authority to amend the arbitrator's award.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2012
>>
[2012] ZAGPPHC 272
|

|

Van der Merwe NO and Others v Kriegler NO and Others (23140/12) [2012] ZAGPPHC 272 (13 November 2012)

NEE
PAPPORTEERBAAR
IN
THE HOOGGEREGSHOF VAN SUID
AFRIKA
(NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA)
Saak
Nommer: 23140/12
Datum:13/11/2012
In
die saak tussen:
ESTELLE
KATHLEEN VAN DER MERWE N. O.
.......................................
1
ST APPLIKANT
CORNELIS
JANSEN VAN DER MERWE N.
O.
..........................................
2DE
APPLIKANT
ESTELLE
KATHLEEN VAN DER MERWE N.
O.
.......................................
3DE
APPLIKANT
GERHARDUS
FRANCOIS ROSSOUW N.
O.
.............................................
4DE
APPLIKANT
ESTELLE
KATHLEEN VAN DER MERWE N.
O.
.......................................
5DE
APPLIKANT
CORNELIS
JANSEN VAN DER MERWE N. O.
….....................................
6DE
APPLIKANT
en
J.
C. KRIEGLER N.
O.
....................................................................................
1st
RESPONDENT
K.
VAN DIJKHORST N.
O.
…........................................................................
2DE
RESPONDENT
P.
A. SOLOMON SC. N.
O.
…........................................................................
3DE
RESPONDENT
DESERT
KNIGHT MARKETING (PTY)
LTD
.................................................
4DE
RESPONDENT
UITSPRAAK
Gelewer
op: 13 November 2012
POTTERILL
J,
1.
Die ses applikante doen aansoek vir 'n verklarende bevel dat die
toekennings wat die Eerste, Tweede en Derde Respondente gemaak
het as
Arbitrasie Appel tribunaal op 28 April 2010 nietig is ab initiio.
Daar is ook 'n alternatiewe bede dat die Appeltribunaal
se toekenning
vanaf die woorde..."en vervang met die toekenning in paragraaf
28 hierbo uiteengesit "in paragraaf 3 van
die Appeltribunaal se
toekenning op Appel gedateer 28 April 2010 nietig en onafdwingbaar
is.
2.
Die Appeltoekenning het gevolg op die die volgende gebeure:
2.1
Die Vierde Respondent het die Applikante gedagvaar in die
Hooggeregshof en die aksie was reeds geplaas vir verhoor op 15 Mei

2009. Die Applikante het in die pleitstukke 'n teeneis ingestel teen
die Vierde Respondent. Die Vierde Respondent het 'n eksepsie

geliasseer teen die teeneis.
2.2
Op 13 Mei 2009 sluit die Applikante en die Vierde Respondent n
arbitrasieooreenkoms. By ooreenkoms word bepaalde geskilpunte
apart
bereg in die arbitrasie.
2.3
Die Arbiter maak ln toekennig in die guns van die Applikante. Die
Arbiter is ook in terme van artikel 20 van die Arbitrasiewet,
Wet 42
van 1965,[ Arbitrasie Wet] op aansoek versoek om die eksepsie na die
hof te verwys vir ln opinie. Southwoord R het bevind
dat die Vierde
Respondent se eksepsie teen die teeneis in geheel gehandhaaf moet
word.
2.4
Die Vierde Respondent het 'n kennisgewing van appel afgelewer teen
die arbiter se toekenning.
2.5
Die Eerste. Tweede en Derde Respondente is aangestel om die appel te
bereg.
2.6
Die Appeltribunaal maak op 28 April 201 die volgende bevel:
1.
"Die appel slaag met koste op die Hooggeregshofskaal.
2.
Die koste sluit in die koste van die appeltribunaal, die appellant,
die oorkonde,die arbitrasielokaal en die opname. Die gelde
van twee
advokate word gemagtig. Indlen die partye nie kan ooreenkom oor die
koste nie, word die Takseermeester van die Hooggeregshof
in Pretoria
versoek om die koste te takseer.
3.
Die toekenning van die arbiter word ter syde gestel en vervang met
toekenning in paragraaf 28 hierbo uiteengesit."
3.
Die kruks van die Applikante se aansoek word uiteengesit in paragraaf
14 van die aansoek wat as volg lui:
"Die
appeltribunaal het bygevolg geen bevoegdheid om benewens
tersydestelling van die toekenning, verklarende bevele uit te
reik of
om die tersyde gestelde toekenning te vervang met n ander toekenning
nie, soos wat gedoen is nie. Die toekenning is dus
ab initio nietig."
In
die repliserende verklaring volhard die Applikante dat die
Appeltribunaal nie net die bevel van die Arbiter "gewysig"

het nie maar dit 'ter syde gestel" het en vervang het met 'n
nuwe bevel.
4.
Die drie lede van die Appeltribunal het uiteraard nie opponeer nie.
Die Vierde Respondent het in die opponering van die aansoek

uiteengesit dat met 'n vergelyking van die toekenning tussen die
Arbiter en die Appeltribunaal die Appeltribunaal niks meer gedoen
het
as om die toekenning van die Arbiter te wysig nie. In terme van
klousule 11.3 van die arbitrasie ooreenkoms was die Appeltribunaal
by
magte om die Aribiter se bevel te wysig
5.
In die Aribtrasie Ooreenkoms kan die klousules relevant tot die
geding voor my as volg opgesom word:
5.1.
Die dispute is na arbitrasie verwys ingevolge die bepalings van die
Arbitrasiewet.[Klousule 1]
5.2.
Dat die Suid-Afrikaanse reg by die arbitrasie voormeld van toepassing
sal wees en die prosedure beheer word deur die Hooggeregshofpraktyk

en die Hooggeregshofreels behalwe in soverre anders ooreengekom word.
[Klousule 4]
5.3.
Dat die arbiter al die bevoegdhede van 'n Regter van die
Hooggeregshof het vir doeleindes van die beslissing van alle
interlokutere
aansoeke en die reel van prosedure.[Klousule 5]
5.4.
u'n Party ontevrede met die arbiter se beslissing en toekenning sal
V? reg van appel he na 'n appeltribunaal bestaande uit
sy Edele
Regter Kriegler en Van
Dijkhorst
(beide afgetree) en Peter Solomon SC. tndien enigeen van die paneel
nie beskikbaar sou wees nie sal die partye op ln vervangende
lid van
die paneel ooreenkom en by versuim om ooreenkoms te bereik binne 10
dae sal die oorblywende lede van die paneel die vervangende
lid
aanwys." [Klousule 11.1]
5.5.
"Die Hooggeregshofreels en praktyk sal op so appel van
toepassing wees met die kwalifikasie dat verlof om te appelleer
nie
vereis sal word nie, maar wel 'n kennisgewing van appel wat binne
twee (2) weke na die arbiter se toekenning afgelewer moet
word.
[Klousule 11.2]
5.6.
"D/e appeltribunaal sal die bevoegdhede he van 'n Hot van Appel
van die Hooggeregshof om die toekenning te bekragtig,
te wysig of
tersyde te stel en om 'n gepaste koste bevel te maak. [11.3]
6.
Die toekenning van die arbiter het as volg gelui:
"149.
Geen skriftelike kredietooreenkoms uit hoode van aanhangsel "XV
en "V het tussen die Eiser en die PJS Familietrust
tot stand
gekom nie.
150.
Geen skriftelike borgstelling uit hoofde van aanhangsel "Y"
ingevolge waarvan die Sesde Verweerder aanspreeklik is
as borg en
medehoofskuldenaar vir die skulde van die PJS Familietrust teenoor
die Eiser het tot stand gekom nie.
151.
Die standaardterme en - voorwaardes op die agterkant van die
afleweringsnotas ten aansien van goedere deur die PJS Familietrust
by
die Eiser aangekoop en aan horn gelewer, deur of namens die Eiser, is
nie van toepassing op sodanige aankope nie.
152.
Die PJS Familietrust is geregtig op 'n korting van 5% op goedere wat
by die Eiser aangekoop is.
153.
Die krediet ten aansien van die gif deur PJS Familietrust aan die
Eiser gelewer beloop die bedrag van R1,090.020.00.
154.
Die bedrag van R540,000.00 deur die PJS Familietrust aan die Eiser
betaal. is betaal ter afkorting van die PJS Familietrust
se
produksierekening met die Eiser vir die 2004/2005 seisoen en nie die
oorlaatskuld nie.
155.
Die Eiser se eis, uitgeslote die aankoopprys van die High Flyer
mieliesaad, beloop die bedrag van R5,678,672.55.
156.
Die aankoopprys van die High Flyer saad beloop die bedrag van
R2.072,980.00.
157.
Dit was 'n term van die kontrak vir die aankoop van die High Flyer
mieliesaad dat die saad bestand sou wees teen Noordelike
Blaarskroei.
158.
Die Eiser het ten alle tye voorgegee aan die PJS Familietrust en die
publiek dat hy 'r? deskundige handelaar is met kennis
ten aansien van
saad en die werking daarvan.
159.
Die Eiser het ten alle relevante tye opgetree en himself aan die
publiek voorgehou as deskundige saadhandelaar wat oor die
deskundige
kennis van saad en die saad de gehalte en eienskappe beskik.
160.
Dit was ten alle tye binne die kontemplasie van die partye dat.
indien die saad wat deur die Eiser verkoop word, nie bestand
is teen
Noordelike
Blaarskroei
nie, die PJS Familietrust se oes beskadig en benadeel sou word en
diePJS Familietust skade sal ly".
Die
toekenning van die Appeltribunaal soos uiteengesit in paragraaf 28
lui soos volg:
"28.
Die toekenning van die arbiter met gevotglik tersyde gestel en
vetvang word met die volgende:
149.
'n Skriftelike kredietooreenkoms het uit hoofde van Aanhangsels X1 en
Y tot die dagvaardiging tot stand gekom tussen Eiser
en die PJS
Familie Trust ("die trust").
150.
'n Skriftelike borgstelling het uit hoofde van Aanhangsel Y tot stand
gekom ingevolge waarvan Cornells Jansen van der Merwe
(6de
verweerder) aanspreeklik is as borg en medehoofskuldenaar teenoor die
eiser en die skulde van die trust.
151.
Die standaard terme en - voorwaardes op die agterkant van die
afleweringsnotas ten aansien van die goedere deur die trust by
die
eiser aangekoop en aan horn gelewer deur of namens die eiser. is van
toepassing op sodaninge aankope slegs in soverre die terme
en
voorwaardes ooreenstem met die vervat in aanhangsels X1 en Y.
152.
Die trust is nie geregtig op korting op goedere wat by die eiser
aangekoop is nie.
153.
Die krediet ten aansien van die gif deur die trust aan die eiser
gelewer beloop R628 000-00.
154.
Die bedrag van R540 000-00 deur Paul Jan Stoffel Famiiie Trust aan
die eiser betaai, is betaal ten aansien van die trust se

produksierekening by die eiser vir die 2004/5 seisoen en nie die
oorlaatskuld nie.
155.
Die eiser se eis beloop R8 547 971-11. Dit sluit die aankoop prys van
die saad in.
156.
Die aankoopprys van die High Flyer Saad beloop R2 072 980-00.
157.
Dit was nie 'n term van die kontrak vir die aankoop van die High
Flyer mieliesaad en daar was geen voorstelling deur die eiser
dat die
saad bestand sou wees teen Noordelike Blaarskroei (witroes) nie.
158
en 159 is tans irrelevant.
160.
Die partye het nie gekontempieer dat die saad teen Noordelike
Blaarskroei (witroes) bestand sou wees nie.
161.
Die verweerdes moet gesamentlik an afsonderlik die koste van die
arbitrasie betaal soos tussen party en party op die
Hooggeregshofskaal.
Die koste sluit in die arbiter se koste; die
koste van die eiser se tweede advokate en prokureur; die huur van die
arbitrasielokaal;
die koste van die opname en transkribering van die
oorkonde. Indien die partye nie oor die koste ooreenkom nie word die
Takseermeester
van die Hooggeregshof te Pretoria versoek om die koste
te takseer".
8.1
Daar is namens die Applikante betoog dat die Tribunaal se bevoegdhede
voortvloei uit die arbitrasie ooreenkoms en dus kontraktueel

ooreengekom is. Die tribunaal het dus geen inherente bevoegdhede nie.
Die tribunaal het egter buite-om klousule 11.3 hul die bevoegheid

toegeien om die toekenning nie net ter syde te stel nie, maar te
vervang met 'n nuwe toekenning.
8.2
Indien n hot nie jurisdiksie het om 'n saak te bereg nie kan die
uitspraak straffeloos verontagsaam word. As gesag vir hierdie

stelling is ek verwys na The Master of the High Court (North Gauteng
High Court), Pretoria v Motala NO And Others 2012(3) SA 325
waarin
verwys is na:
"[12]
As long ago as 1883 Connor CJ stated in Willis v Cauvin
4 NLR 97
at
98-99:
The
general rule seems to be that a judgment, without jurisdiction in the
Judge pronouncing it. is ineffectual and null....
[14]
In my view, as I have demonstrated, Kruger AJ was not empowered to
issue, and therefore it was incompetent for him to have
issued, the
order that he did. The learned judge had usurped for himself a power
that he did not have. That power had been expressly
left to the
Master by the Act. His order was therefore a nullity...Being a
nullity a pronouncement to that effect was unnecessary.
Nor did it
first have to be set aside by a court of equal standing. For as
Coetzee J observed in Trade Fairs and Promotions (Pty)
Ltd v Thomson
and Another 1984(4) SA 177 (W) at 183E:
'It
would be incongruous if parties were to be bound by a decision which
is a nullity until a Court of an equal number of Judges
has to be
constituted specially to hear this point and make such declaration."
8.3
Hierdie beginsel is ook van toepassing op arbitrasies waarin
toekennings gemaak is buite om die verwysingsraamwerk en magte
en
bevoegdhede van die arbiter. Estate Milne v Donohoe Investments (Pty)
Ltd and Others 1967(2) SA 359 AD op 373H
8.4
Alhoewel die Applikante dus nie hierdie aansoek hoef te bring nie
weens die gesag supra dat dit straffeloos geinoreer kan word;
extra
territorium jus deicenti inpune non paretur, voel hul genope om die
aansoek te bring omdat die Vierde Respondent 'n hof sal
nader om die
toekenning van die Tribunaal 'n bevel van die hof te maak vir
eksekusie daarvan.
8.5
As verdere steun vir hierdie standpunt is ek ook verwys na artikel 22
(b) van die Wet op Hoogeregshof 59 van 1959[Hooggeregshofwet]
wat as
volg lees:
"om
die uitspraak of bevel wat die onderwerp van die appel is, te
bevestig. te wysig of tersyde te stel. en om enige uitspraak
te gee
of bevel uit te vaardig wat die omstandighede vereis. [My
beklemtoning],
Ter
ondersteuning van die beklemtoonde gedeelte het die Applikante sterk
gesteun op die beslissing in Neethling v Weekly Mail And
Others
1995(1) SA 292 AD. Op p297 C bevind die hof as volg:
"In
what follows reference will be made to the words emphasised in para
(b) in the above quotation as the auxiliary provision
[my
beklemtoning supra]'. In the instant case the trial Court decided
that the appellant was not entitled to damages. In consequence
there
was no judgment or order in regard to damages which was the subject
of appeal' which could be confirmed, amended or set aside
by this
Court on appeal. What now falls to be decided is whether in the
present situation the auxiliary provision invests this
Court with the
competence itself to determine the amounts of damages to be awarded
to the appellant. If as a matter of substantive
law, this Court does
indeed have such competence then it is bound to remit the matter to
the trial Court for damages to be fixed
by it. If, on the other hand,
this Court does indeed have such competence, then the further
question arises whether in all the
circumstances of the case it
should exercise the power rather than remit the matter."
In
Klousule 11.3 was daar nie gekontrakteer dat die Tribunaal "enige
uitspraak [kon] gee of bevel uit te vaardig wat die omstandighede

vereis nie" en het die Tribunaal hul jurisdiskie oorskry en moet
die toekenning in paragraaf 28 op die beste vir die Vierde
Respondent
ter syde gestel word.
8.6
Die Tribunaal het nie bloot die toekenning gewysig nie maar in hul
eie bewoording dit "tersyde gestel" er\ vervang
met 'n nuwe
bevel.
9.1
Daar is namens die Respondent aangevoer dat die aribtrasie verwys is
in terme van die bepalings van die Arbitrasie Wet en dat
die
Applikante die aansoek moes geloods het in terme van artikel 33 van
die Wet. Ingevolge artikel 33(2) moet n aansoek om hersiening
teen 'n
arbitrasiebevel binne 6 weke na die bekendmaking van die toekenning
gemaak word. Dit is gemeensaak dat vanaf die bekendmaking
van die
toekenning tot die loods van hierdie aansoek daar 19 maande verloop
het. Die Applikante het geen aansoek om kondonasie
gebring nie en
gevolglik moet die aansoek op hierdie basis alleen van die hand gewys
word, 'n Hersieningsaansoek moet in terme
van artikel 33(1 )(b)
gebring word wanneer 'n party beweer dat 'n Arbitrasiehof horn aan
growwe onreelmatigheid skuldig gemaak
het in die voer van die
verrigtinge of sy bevoedgheid oorskry het. Die Applikante beweer dat
die Appeltribunaal hul magte oorskry
het en die aansoek moes in terme
van Artikel 33 van die Arbitrasie Wet geloods gewees het.
9.2
Die verdere argument namens die Respondent was dat die Appeltribunaal
se toekenning niks anders as 'n wysiging van die Arbiter
se bevel was
nie. Die Arbiter het elke geskilpunt soos ooreengekom tussen die
partye beslis. Die Vierde Respondent het appel aangeteken
teen die
bevindings op die geskilpunte. Indien 'n vergelyking gedoen word
tussen die toekennings van die Appeltribunaal en die
Arbiter het die
Appeltribunaal niks meer gedoen as om die toekenning van die Arbiter
te wysig nie.
9.3
Die Appeltribunaal het nie ultra vires hul magte soos vervat in
klousule 11.3 opgetree nie Gewysdes soos Hos+med Medical Aid
Scheme v
Thebe Ya Bopelo Healthcare 2008(2) SA 608 (SCA), Gutche Family
Invetments (Pty) Ltd v Mettle Equity Group 2007(5) SA 491
en
Steeldale Cladding (Pty) Ltd v Parsons N.O. and Another 2001(2) SA
663 (D& CLD) toon welke situasies en handelinge ultra
vires
optrede van 'n Arbiter of Appeltribunaal daarstel. Dit is duidelik
onderskeibaar van die toekenning van die Appeltribunaal
wat beslis
het op die geskilpunte soos voor die Arbiter en die spesifieke
toekeninngs van die Arbiter gewysig het.
10.1
Die Applikante is dominus litis en het die keuse uitgeoefen om n
verklarende bevel te versoek in terme van die stelreel extra

territorium jus deicenti inpune non paretu. "n Verklarende bevel
is nie n onbevoegde uitspraak al is daar 'n ander remedie
vir die
applikante beskikbaar in Artikel 33 van die Arbitrasie Wet; Munn
Publishing (Pvt) Ltd v Zimbabwe Broadcasting Corporation
1995(4) SA
675 (ZSC) at 680 C. Daar is 'n geskil tussen die partye wat nie bloot
akademies is nie en ek kan gevolglik die aansoek
aanhoor.
10.2
Klousule 11.3 van die Arbitrasie ooreenkoms gee aan die
Appeltribunaal uitdruklik die bevoegdhede van n Hof van Appel van die

Hoggeregshof om n toekennig te bekragtig, te wysig of tersyde te
stel.
Die
Appeltribunaal bevind dat die appel slaag, maak n kostebevel en
beveel dat "die toekenning van die arbiter word ter syde
gestel
en vevang met die toekenning in paragraaf 28 hierbo aangehaal."
Dit
is nie die saak van die Applikante dat die inhoud van paragraaf 28
buite die ooreengekome geskilpunte is nie. Dit is ook nie
die saak
van die Applikante dat die Appeltribunaal buite om die toekennigs van
die Arbiter toekennigs gemaak het nie. Hul saak
is eenvoudig dat die
Appeltribunaal bloot die bevoegdheid gehad het om reg te spreek deur
te veklaar dat hul die Arbiter se toekenning
bekragtig, wysig of
tersyde stel. Die Appeltribunaal het self verklaar dat hul die
toekennigs "tersydesteF en vang met nuwe
toekennnigs; hul het
dus buite om klousule 11.3 een stap verder gegaan en mero motu nuwe
toekennigs gemaak.
10.3
Die "bevoegdhede van 'n Hof van Appel van die Hooggeregshof
[11.3] hou in dat die Appeltribunaal 'n uitspraak of bevel
kan wysig.
Wanneer 'n Hof die bevoedheid van wysiging uitoefoen kan die Hof
slegs gedeeltes van 'n uitspraak of bevel verander,
of die hele bevel
verander.
Wanneer
dit by tersydestelling kom kan gedeeltes van 'n bevel of uitspraak
tersyde gestel word, of die hele bevel kan tersyde gestel
word. As
die hele uitspraak of bevel, of dele, tersyde gestel word verg bykans
alle appelle voor die Hof van Appel dat die Hof
'n verdere bevel ter
vervanging van dit wat tersyde gestel is moet beveel. 'n
Tersydestelling verg van die Hof van Appel 'n verdere
bevel om
regsekerheid daar te stel, want 'n tersydestelling van 'n bevel laat
gewoonlik 'n vakuum; die bevel is weggeneem. Geen
Hof van Appel gaan
bloot bevind:" "Bevel ter syde gestel nie." Die Hof
sal in terme van sy bevoegdhede die bevel
tersydestel en vervang met
n plaasvervangende bevel. Die vereiste is natuurlik dat die
vervangende bevel die onderwerp van die
appel moet aanspreek. Die
viva voce getuienis of eedsverklarings en argument voor die Hof a qou
moet die onderwerp van appel wees
voor die Hof van Appel. [Uiteraard
word die uitsonderlike gevalle waar nuwe of verdere getuienis voor
die Hof van Appel geplaas
word nie nou aangespreek nie.] Die
vervangende bevel of bevele moet dus aanspreek wat die onderwerp van
die appel was. Hierdie
funksie van die Hof van Appel word nie
uitgeoefen in terme van die laaste deel van die bewoording van
artikel 22(b) "en om
enige uitspraak te gee of bevel uit te
vaardig wat die omstandighede vereis" nie. Dit vind plaas in die
uitoefening van die
Hof van Appel se bevoegdheid om 'n bevel tersyde
te stel of te wysig.
10.4
Die Neethling-saak supra is heeltemal onderskeibaar van die
aangeleentheid in casu en illustreer juis die onderskeid soos getrek

in par 10.3 supra. Dit word by monde van Hoexter JA in die
Neethling-saak self die beste op P297 C-E verwoord:
"In
the instant case the trial Court decided that the appellant was not
entitled to damages. In consequence there was no judgment
or order in
regard to damages which was the subject of appeal, "[my
beklemtoning] Die Hof moes toe besluit of in terme van
die laaste
gedeelte van Artikel 22(b) die Hof van Appel die skade kon vasstel.
Die hof het bevind dat in die omstandighede voor
hulle die saak terug
verwys moet word sodat die hof a quo die skade moes vasstel. In casu
het die Appeltribunaal net beslis op
dit wat wel die onderwerp van
die appel was. Die Appeltribunaal hoef dus nie staat te maak op die
tweede gedeelte van artikel 22(b)
nie, want hul het binne hul magte
opgetree om ter syde te stel of te wysig.
10.5
Die Appeltribunaal het die toekennings in paragrawe
149,150,151,152,157en 160 bloot in dieselfde woorde van die Arbiter,
of
so naby as moontlik daaraan. van 'n positiewe bevinding na 'n
negatiewe bevinding verander. Die bedrae in toekennings 153 en 155
is
gewysig en die toekennings in 154 en 156 is onaangeraak. Die
bevindings in 158 en 159 is irrelevant vir doeleindes van hierdie

aansoek. Die argument van die respondent is dus korrek, die
Appeltribunaal het 'n wysiging van die bestaande bevele bewerkstellig

deur 'n streep deur daardie bevele te trek, maar elkeen aan te spreek
deur daaraan te verander. Of die Appeltribunaal nou die bevele

gewysig het, of dit tersyde gestel het, hul het dit binne die
bevoegdhede soos deur die Arbitrasie ooreenkoms aan hul verleen
uitgeoefen.
11.1
Die Applikante het betoog dat die koste van twee advokate vir die
respondente nie redelike koste daarstel nie. Die aansoek
se
opponenring verg nie twee advokate se kostes nie.
11.2
Die Respondent versoek dat die koste van die aansoek afgewys word op
die skaal soos tussen prokureur en klient. Die rede is
dat die
aansoek niks anders is as 'n misbruik van die hofprosedure nie en
bloot 'n kwelsugtige poging is om die toekenning van
die
Appeltribunaal aan bande te le. Daar is geen meriete in die aansoek
nie en die Hof behoort sy misnoe met die optrede van die
applikante
te kenne gee met sodanige kostebevel.
11.3
Die aansoek word gebring 19 maande na die toekennings bekend gemaak
is met die doel om die geldigheid van die bevel te toets
voor die
onafwendbare eksekusie daarvan. Die aansoek moet afgewys word, maar
was argumenteerbaar; soveel so dat die respondente
twee advokate
aangestel het.
11.4
Ek is die mening toegedaan dat die aansoek weens die feit dat dit
argumenteerbaar was nie 'n prokuruer en klient koste bevel
regverdig
nie. Die aansoek was egter ook nie so ingewikkeld dat die repondent
geregtig is op die koste van twee advokate nie.
12.
Ek maak gevolglik die volgende bevel:
12.1
Die aansoek word van die hand gewys met koste, slegs die koste van
een advokaat van die respondent word gelas.
S.
Potterill Regter van die Hooggeregshof
Aangehoor
op: 25 October 2012
Gelewer
op: 13 November 2012
Prokureur
vir Applikante: JACQUES VAN DER MERWE
PROKUREURS
Park Straat
719
Clydesdale
Pretoria.
Tel:
012 343 5331
(Verwysings:
J VD MERWE/pvA/49/2012)
Prokureur
vir die 4de Respondent: CLIFFE DEKKER & HOFMEYR PROKUREURS p/a
SAVAGE JOOSTE & ADAMS INC.
Boshoff
Straat
141
New Muckleneuk
Pretoria
Tel:
012 452 8200
(Verwysings:
MNR. FORRESTER/TB/BD/WS712)