About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2012
>>
[2012] ZAGPPHC 213
|
|
Bosch v Padongelukfonds (46839/2011) [2012] ZAGPPHC 213 (21 September 2012)
NEE RAPPORTEERBAAR
IN
DIE NOORD GAUTENG HOE HOF. PRETORIA /ES
(REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA)
SAAK NO: 46839/2011
DATUM:21/09/2012
IN
DIE SAAK TUSSEN
RONALD
IVOR
BOSCH
........................................................
EISER
EN
DIE
PADONGELUKFONDS
................................................
VERWEERDER
UITSPRAAK
PRINSLOO.
R
[1]
Hierdie is 'n tipiese eis om skadevergoeding in terme van die
Padongelukfondswet, Wet 56 van 1996.
[2]
Op 2 November 2009, om ongeveer 21:00, en op die N12 hoofweg tussen
Klerksdorp en Wolmaransstad, het 'n botsing plaasgevind
tussen 'n
groen Golf motor bestuur deur die eiser en 'n silwerkleurige Corsa
bakkie bestuur deur mnr Jacobs.
[3]
Die eiser het persoonlike beserings in die botsing opgedoen en hy
voer aan dat die alleen-oorsaak van die botsing die nalatigheid
van
die bestuurder van die versekerde voertuig, mnr Jacobs, was. Hy
vorder skadevergoeding van die verweerder in terme van die
tersaaklike wetgewing.
[4]
Voor my, het mnr Van den Berg vir die eiser verskyn en mnr Hattingh
vir die verweerder.
[5]
By die aanvang van die verrigtinge, het die partye gesamentlik
aansoek gedoen dat die oorweging van die quantum van die eis
geskei
word vir latere beregting in terme van die voorskrifte van reel
33(4). Ek het dienooreenkomstig gelas.
Kort
inleiding en opsomming van die geskilpunte
[6]
Die N12 is die hoof roete tussen Klerksdorp en Wolmaransstad. Voor
die botsing het beide die eiser en mnr Jacobs ("Jacobs")
vanaf Klerksdorp in die rigting van Wolmaransstad gery, te wete
rofweg van oos na wes.
[7]
Ongeveer vyf kilometer buite Klerksdorp is daar ?n groot kruising
waar voertuie vanuit die N12 noord kan draai in Buitekantstraat
in na
die Alabama woongebied en suid kan draai in Jabulanistraat in die
rigting van Jouberton. Die dwars verkeer word deur stoptekens
beheer
terwyl die voertuie op die N12 die reg van weg het. In die omgewing
van die kruising is die pad verbreed sodat daar twee
bane verkeer kan
beweeg in beide rigtings. fn Entjie ten weste van die kruising vernou
die pad weer sodat dit een baan in beide
rigtings dra.
[8]
Ten ooste van die kruising soos fn motoris van Klerksdorp af aankom
is daar 'n blinde hoogte en die kruising word sigbaar wanneer
die
motoris oor die kruin van die bult ry. Die eiser skat die kruising is
so 100 meter van die kruin van die bult af en Jacobs
skat dat dit
ongeveer 200 meter is.
[9]
Die eiser se weergawe is kortliks die volgende: hy het vroeer die
aand by familie in Flamwood in Klerksdorp gaan eet waar hy
ook een
brandewyn gedrink het. Hy ry toe op die N12 na sy huis toe in
Renosterspruit. Dit is ongeveer twintig kilometer buite (en
ten
weste) van Klerksdorp. Toe hy oor die bult kom sien hy dat daar een
of twee voertuie by die kruising staan met flikkerligte
wat aan is
wat daarop dui dat hulle regs of noord wou draai na Alabama. Hy
beweeg toe oor in die linker baan want hy wou nog reguit
aanry vir fn
klompie kilometer om by Renosterspruit aan te kom. Toe hy langs die
stilstaande voertuig of voertuie kom, maar in
die linker baan, doem
daar skielik fn onbeligte voertuig in die donker voor horn op. Hy het
skerp na links geswaai maar fn botsing
met die stilstaande voertuig
was onvermydelik. Die Golf het 'n entjie af van die pad af aan die
linker kant tot stilstand gekom.
Hy het ernstige beserings opgedoen,
oorwegend in die vorm van frakture van beide heupe. Dit was donker en
daar was geen straatligte
by die kruising nie. Daar is wel 'n jaar of
twee later straatligte aangebring. Die botsing met die stilstaande
onbeligte voertuig,
wat dan noodwendig die Corsa bakkie sou moes
gewees het, was onvermydelik.
[10]
Jacobs se weergawe, daarteenoor, was dat hy inderdaad op pad was
vanaf Klerksdorp na sy huis in Alabama. Hy ry die pad daagliks
na sy
werk by Carletonville by die Mpaneng myn en moet dan op pad terug
regs draai by die kruising in Buitekantstraat om sy huis
in Alabama
te bereik. Hy was die enigste motoris wat daar wou regs draai op
daardie stadium en het sy flikkerlig dienooreenkomstig
geaktiveer.
Daar was 'n kar wat van voor af gekom het. Hy was bewus van die ligte
van die kar wat van agter gekom het. Net nadat
die aankomende
voertuig verby is en net voordat hy kon regs draai is sy voertuig van
agter aangery deur die voertuig wat van agter
gekom het, naamlik die
Golf wat die eiser bestuur het. Hy kon niks doen om die botsing te
vermy nie. Die botsing het in die regter
baan plaasgevind en nie in
die linker baan nie. Die kruising was helder verlig deur straatligte.
[11]
Soos blyk uit die voorgaande, is hierdie dus rn geval waar die
onderskeie partye twee direk teenstrydige weergawes aanbied.
In so 'n
geval het die eiser die bewyslas om die hof te oortuig dat sy
weergawe waar is en die van die verweerder vals. Dit word
soos volg
gestel in National Employers' General Insurance v Jagers
1984 4 SA
437
(OK) op 440D-G:
"It
seems to me, with respect, that in any civil case, as in any criminal
case, the onus can ordinarily only be discharged
by adducing credible
evidence to support the case of the party on whom the onus rests. In
a civil case the onus is obviously not
as heavy as it is in a
criminal case, but nevertheless where the onus rests on the plaintiff
as in the present case, and where
there are two mutually destructive
stories, he can only succeed if he satisfies the court on a
preponderance of probabilities that
his version is true and accurate
and therefore acceptable, and that the other version advanced by the
defendant is therefore false
or mistaken and falls to be rejected. In
deciding whether that evidence is true or not the court will weigh up
and test the plaintiffs
allegations against the general
probabilities. The estimate of the credibility of the witness will
therefore be inexplicably bound
up with a consideration of the
probabilities of the case and, if the balance of probabilities
favours the plaintiff, then the court
will accept his version as
being probably true. If however the probabilities are evenly balanced
in the sense that they do not
favour the plaintiffs case anymore than
they do the defendant's, the plaintiff can only succeed if the court
nevertheless believes
him and is satisfied that his evidence is true
and that the defendant's version is false."
[12]
Ek wend my kortliks tot die getuienis.
Die
getuienis
[13]
Ronald Ivor Bosch het destyds by W L Ochse Markprodukte in Klerksdorp
gewerk. Hy het die aand by sy broer en familie gaan eet
in Flamwood
en was so teen ongeveer 20:30 of 21:00 op pad huis toe in
Renosterspruit ongeveer twintig kilometer buite Klerksdorp.
[14]
Die groen Golf wat hy bestuur het, het behoort aan die paneelklopper
wat besig was om sy eie voertuig te herstel. Bewysstuk
"B28"
is 'n reeks foto's wat die skade oorwegend aan die regter voorkant
van die Golf aantoon. Dit is erge skade. Dit
is ook te sien op "B39".
[15]
"B13" is 'n sketsplan. Die eiser weet nie wie dit opgestel
het nie. Dalk het sy broer iets daarmee te doen gehad.
Daar is geen
handtekening of naam van 'n polisie-offisier op hierdie plan of die
sleutel daartoe, "B14" te sien nie.
Dit toon drie karre wat
by die kruising wag om regs te draai en dan die groen Golf langs die
voorste kar wat wil regs draai met
die punt van botsing in die
linkerbaan. Die sleutel toon dan aan dat die Golf na die botsing vir
14,2 meter skuins na links "gegly"
het.
[16]
Die spoedbeperking by die kruising was 80kpu. Daar was geen
straatbeligting nie. Dit is nie 'n geval dat daar ligte was wat
buite
werking was nie, maar daar was geen ligte nie. 'n Jaar of twee later
is daar straatligte aangebring.
[17]
"B32" tot "B36" is 'n reeks foto's van die
kruising. Dit is in sy teenwoordigheid geneem, ongeveer drie
weke na
die botsing, en nadat hy uit die hospitaal ontslaan is.
[18]
Die kruin van die bult ten ooste van die kruising van waar die
kruising sigbaar word vir fn motoris wat vanaf Klerksdorp kom,
is na
skatting ongeveer honderd meter van die kruising af. Hy het nooit die
afstand gemeet nie.
[19]
Toe hy oor die bult kom sien hy een of twee karre met flikkerligte
aan by die kruising wat wag om regs te draai. Hy sit toe
die Golf se
ligte op domp. Hy het ongeveer 60 of 70kpu gery en toe hy die karre
sien het hy oorbeweeg na die linker baan. Toe hy
in die linkerbaan
inbeweeg sien hy 'n stilstaande kar reg voor horn sonder ligte. Dit
het na 'n donkerkleurige kar gelyk. Hy het
probeer links swaai maar
kon die botsing nie vermy nie. Hy het geen ander vermydingsaksie
geneem nie. Hy stem saam met sy deskundige,
prof Lemmer, se
getuienis, waarna ek aanstons sal verwys, dat ligte wat gedomp is 'n
voorwerp tot ongeveer vyf en veertig of vyftig
meter kan belig.
As
gevolg van die botsing het die Golf toe na links beweeg af van die
pad af en toe hy probeer uitklim het hy erge pyn ervaar. Die
mediese
personeel wat opgedaag het moes horn help. Daar was frakture aan
albei heupe. Hy is per ambulans van die toneel verwyder.
[20]
"B7" is ook 'n polisie sketsplan. Dit toon die naam en
handtekening van die opsteller daarvan en wys dat die punt
van
botsing in die regter baan was. Dit toon die Golf (voertuig "A")
aan die linkerkant af van die pad af en effens verby
die Jouberton
afdraaipad en die Corsa bakkie anderkant die kruising en regs van die
pad af. "B6" is die sleutel tot die
plan. Dit bevat ook die
handtekening en ander besonderhede van die opsteller daarvan. "B2"
tot "B5" is die
polisieverslag. Ongelukkig is die
polisieman nie as 'n getuie geroep nie en beide partye het op rekord
geplaas dat hulle die polisieman
nie in die hande kon kry nie.
[21]
Op "B32", foto's 1 tot 3, is fn oranje kegel geplaas in die
linkerbaan soos voertuie van Klerksdorp na Wolmaransstad
ry en
onmiddellik ten weste van die kegel is daar 'n lang merk wat lyk soos
'n rem merk wat min of meer parallel met die kant van
die pad loop.
Die eiser se hierdie foto's is geneem in sy teenwoordigheid ongeveer
drie tot vier weke na die botsing.
[22]
In kruisondervraging is dit aan die eiser gestel dat hy na die
botsing besope voorgekom het en na sterk drank geruik het. Hy
het
bevestig dat hy net een brandewyn by sy broer tydens die ete gedrink
het.
[23]
"B25" is 'n handgeskrewe verklaring wat sy broer, Leon
Bosch, namens die eiser geskryf het in die teenwoordigheid
van die
eiser en dit bevat die weergawe soos die eiser dit aan sy broer
oorgedra het. Die weergawe wat hierin verskyn verskil redelik
drasties van die een wat die eiser aan die hof voorgele het. 'n
Gedeelte van die verklaring lees soos volg:
"Omtrent
vier kilometer buite die dorp het ek oor fn bult gery en twee
voertuie voor my opgemerk. Die een in die regterbaan
het aangedui dat
hy regs gaan draai. Ek het toe oorbeweeg na die linkerbaan en skielik
besef dat die betrokke voertuig stilstaan.
Omdat ek nie betyds kon
stop nie het ek horn van agter getref. Let wel dat die betrokke baan
vir voertuie is wat reguit aan wil
beweeg. Hy het geen reg gehad om
daar te stop nie. Hy het later aan my bevestig dat hy ook wou regs
beweeg."
Die
eiser was nie van plan om sy broer as 'n getuie te roep nie. Die
broer was wel beskikbaar en woonagtig in Klerksdorp. Hierdie
weergawe
verskil drasties van die een wat in die hof aangehoor is. Hiervolgens
het die eiser reeds toe hy oor die bult kom die
twee karre langs
mekaar by die kruising gesien. Daar word niks gese van 'n gebrek aan
straatbeligting of dat die kar in die linker
baan nie ligte aan gehad
het nie. Die kern van die saak, volgens hierdie weergawe, was dat die
linkerkantste kar stilgestaan het
terwyl hy eintlik moes beweeg het.
Ek voeg by dat prof Lemmer, die deskundige, se opdrag namens die
eiser ook was om te bepaal
of die Corsa bakkie stilstaande was ten
tye van die botsing, wat hy wel gedoen het. Die professor is nie
gevra om 'n mening uit
te spreek oor waar die punt van botsing was
nie.
[24]
"B15" en "B16" is ook 'n getikte verklaring wat
die eiser op 6 Augustus 2010 onder eed geteken het. Ek
haal drie
tersaaklike paragrawe daaruit aan:
"6.
Soos ek die interseksie genader het was daar stilstaande voertuie in
die regterkantste baan wat verkeer in fn westelike
rigting dra, welke
verkeer regs in 'n noordelike rigting by Alabama wou indraai.
7.
Ek het my voertuig na die linkerkantste baan, dit wil se die mees
suidelike baan gestuur, om links verby hierdie stilstaande
motorvoertuie te beweeg.
8.
Die volgende oomblik het ek reg voor my fn stilstaande motorvoertuig
gesien. Hierdie motorvoertuig se ligte was nie aangeskakel
nie. Ek
het onmiddellik gerem maar was dit onmoontlik om fn botsing met
hierdie motorvoertuig te vermy."
Hier
word gese dat die eiser gerem het terwyl in die hof hy gese het dat
hy net links geswaai het. In hierdie verklaring se hy nie
dat hy
links geswaai het nie. Hy se ook nie dat die kruising geen
straatbeligting gehad het nie.
[25]
Behalwe vir die verskillende weergawes wat die eiser in die hof, in
"B15" en "B16" en in "B25"
aangebied
het, was sy getuienis ook in die volgende opsig uiters onbevredigend
en, myns insiens, ongeloofwaardig: hy het volgehou
dat daar geen
straatligte bestaan het by die kruising nie. Hy was eers verplig om
hierdie getuienis te verander toe mnr Hattingh
horn in
kruisondervraging gewys het op foto's wat te sien is op "B34"
en "B35" waar die straatlampe aan beide
kante van die pad
by die kruising duidelik uitgebeeld word. Soos die eiser self gese
het, is hierdie foto's net drie of vier weke
na die botsing geneem.
Hy moes toe toegee dat daar wel straatlampe was, maar het toe probeer
aan die hand doen dat die ligte net
nie gewerk het nie. Selfs toe dit
in kruisondervraging (voordat hy na die foto's verwys is) aan horn
gestel is dat daar op elke
hoek van die kruising 'n straatlig was het
hy gese dit is onwaar, die ligte is eers agterna opgerig. Dit is
onaanvaarbaar en onbevredigend
en duidelik valse getuienis.
[26]
Jacobs se weergawe is aan horn gestel en hy het dit betwis. Hy het
ook ontken dat hy die aand met Jacobs gepraat het terwyl
hy in "B25",
supra, wel gese het dat hy met horn gepraat het.
[27]
Vir die redes wat ek genoem het, was die eiser se getuienis
onbevredigend. Behalwe vir die aspekte wat ek uitgelig het, was
hy in
die algemeen vaag en ontwykend. In elk geval is sy weergawe inherent
onwaarskynlik. Daar is geen logiese rede waarom Jacobs
in die linker
baan sou stop as hy wou regs draai soos hy vir baie jare alreeds
gedoen het toe die botsing plaasgevind het nie.
[28]
Soos hy al vir baie jare in hierdie ho we doen, het prof Gerald
Lemmer indrukwekkende en objektiewe getuienis namens die eiser
aangebied. Soos ek reeds gese het, was sy opdrag net om te bereken of
die Corsa stilstaande was ten tye van die botsing. Sy opdrag
het niks
te doen gehad met waar die punt van botsing was nie.
Hy
is van mening dat die swart rem merk wat by die oranje kegel te sien
is niks met die botsing te doen gehad het nie. Hy is ook
van mening
dat die eiser nie net 60 tot 70kpu gery het nie maar dat hy
waarskynlik nader aan lOOkpu gery het ten tye van die botsing.
Die
getuie het gewerk op die sketsplan en sleutel wat te vinde is op "B7"
en "B6". Dit is die een wat die besonderhede
van die
polisie bevat. Daarvolgens het die twee karre ongeveer drie en vyftig
tree uit mekaar tot stilstand gekom. Die silwerkleurige
Corsa sou ook
die lig van die aankomende kar goed weerspieel het. Al was die Corsa
sonder ligte, sou die eiser dit kon waarneem,
met ligte op domp, op
'n afstand van minstens vyf en veertig meter en sou hy waarskynlik
betyds kon stop as hy net 60kpu gery het.
[29]
Die getuienis wat die verweerder sou aanbied dat die wrakstukke van
die beskadigde motors in die regterbaan in die omgewing
van die punt
van botsing gevind is, is nie noodwendig betroubaar nie maar as die
grootste konsentrasie van die wrakstukke daar
te sien was sou dit die
waarskynlikhede versterk dat die botsing daar plaasgevind het.
[30]
Isak Jacobs, die bestuurder van die Corsa, was die eerste getuie
namens die verweerder. Hy werk by die Mpaneng myn by Carletonville
en
sekere dae van die week gaan hy ook na die Ashanti Gold myn waar hy
opleiding in loodgieterwerk gee tussen 15:00 en 19:00 nadat
hy sy
werksdag van 07:00 tot 15:00 voltooi het. Die dag van die botsing het
hy ook opleiding gegee sodat hy die aand eers teruggery
het na
afhandeling van die klasse.
[31]
Die Corsa was 'n 2007 model wat hy nuut gekoop het sodat dit slegs
ongeveer twee jaar oud was ten tye van die botsing. Dit
was in fn
goeie toestand en terwyl hy in aantog was, was die hoofligte
aangeskakel en het gewerk. Hy sou nie daardie pad in die
nag sonder
ligte kon aandurf nie. Hy sou nie kon sien waar hy ry nie. Hy ry
hierdie pad al vir ongeveer dertig jaar werk toe en
terug vanaf 1981.
[32]
Hy het presies geweet waar hy moes heen gaan en waar hy moes afdraai
na Alabama en sy huis toe. Die rede hiervoor spreek vanself.
Ongeveer
vyftig meter vanaf die kruising het hy die flikkerlig na regs
geaktiveer. By die kruising het hy stilgehou. Hy moes wag
vir 'n
aankomende motor om verby te kom voordat hy na regs kon draai. Daar
was geen ander karre wat voor of agter horn stilgehou
het by die
kruising nie. Daar was ook geen stilstaande onbeligte kar links van
horn in die linkerbaan nie. Hy was bewus van die
ligte van fn kar wat
van agter aankom. Dit was nie moontlik in die nag en onder daardie
omstandighede om te skat hoe ver die aankomende
kar was nie, en hy
het nie verwag dat dit horn van agter sou aanry nie. Nadat die
aankomende kar verby is het hy net begin om die
regs draai uit te
voer toe die botsing plaasvind.
[33]
Die kruising was helder verlig. Die lamppale is duidelik te sien op
"B34" en "B35". Hy ken die kruising
al jare. Die
beligting is baie goed en die ligte Het daardie aand geskyn.
[34]
Na die botsing het die voertuie tot stilstand gekom soos dit
uitgebeeld word op "B6" en "B7".
[35]
Die punt van botsing was in die regterbaan net daar waar hy wou regs
draai. Hy het ook na die botsing gaan kyk na die plek
waar die
botsing plaasgevind het en het stukkies glas, 'n nommerplaat en fn
gedeelte van een van die karre se stamper daar sien
le. Dit is soos
dit uitgebeeld word op "B7".
[36]
Voordat hy na die hospitaal afgevoer is, het sy vrou daar op die
toneel opgedaag in die geselskap van 'n vriend, mnr James
Green.
[37]
Hierdie was 'n baie indrukwekkende getuie en ek het geen aarseling om
sy getuienis te aanvaar nie. Onder kruisondervraging
is hy geensins
gediskrediteer nie. Daar is gewag gemaak van die feit dat hy, ten
spyte van sy getuienis dat die eiser die botsing
veroorsaak het,
nooit teen laasgenoemde opgetree het deur bv fn siviele eis in te
stel nie. Hy het gese dat hy dit wel op fn stadium
oorweeg het maar
die idee toe laat vaar het. Hierdie besluit beinvloed myns insiens
nie die kwaliteit van sy getuienis of die inherente
waarskynlikhede
van die korrektheid daarvan nie. Daar was hoegenaamd geen rede waarom
hy horn in die linkerbaan sou bevind as hy
al vir baie jare presies
dieselfde pad ry en in die regterbaan moet wees om te kan regs draai
nie. Hy het ontken dat daar enigiets
aan sy maneuver om regs te draai
was wat die agtervolgende verkeer, in hierdie geval die eiser, kon
verras of in gevaar kon stel.
Hy het die heeltyd in die regterbaan
beweeg en die flikkerlig reeds op 'n afstand van ongeveer vyftig
meter geaktiveer. Hy het
geleidelik spoed verminder. Dit was
onteenseglik duidelik vir die agtervolgende verkeer dat hy sou regs
draai en dat daar ?n aankomende
kar in aantog was. Die aankomende
verkeer van agter het die voordeel van die linkerbaan gehad om aan te
ry. Hierdie getuienis word
eintlik gestaaf deur die eiser self waar
hy in "B25" se dat hy toe hy oor die bult kom die twee
karre langs mekaar by
die kruising gesien het. Natuurlik was daar, op
die oorweldigende waarskynlikhede, nie fn kar in die linkerbaan nie
maar die feit
is dat die eiser horn nooit bekla het daaroor dat hy bv
verras is of in gevaar gestel is deur 'n skielike maneuver aan die
kant
van Jacobs om onverwags na regs te draai nie.
[38]
Jan James Andrew Green is die aand deur Jacobs se vrou geskakel en
van die botsing vertel. Hy het haar na die botsingstoneel
vervoer. Hy
ken vir Jacobs. Hulle is mede-ouderlinge by die Christelike Gemeente
Internasionaal.
[39]
By die toneel het hy Jacobs langs sy bakkie aan die regterkant van
die pad sien staan. Hy is toe na die Golf waar hy die eiser
langs die
Golf sien staan het. Hy het gestaan en rook. Die deur van die Golf
was toe. Die eiser het teen die Golf geleun. Hy het
sterk na drank
geruik en dit het gelyk of hy besope is.
Sy
tong het gesleep. Die getuie kon nie werklik hoor wat die eiser se
nie. Die getuie het ook die polisie gevra of hulle die eiser
se bloed
gaan toets waarop hy meegedeel is dat die eiser in fn ernstige
toestand was en dat die bloed nie getrek kon word nie.
[40]
Die getuie het die toneel van die botsing besoek. Dit was in die
regterbaan net waar Jacobs wou regs draai. Wrakstukke het
in daardie
onmiddellike omgewing gele. Daar was 'n deel van die stamper, fn stuk
rubber en glasstukke. Daar was ook 'n nat kol
wat moontlik veroorsaak
kon gewees het as die Golf se verkoeler gebars het met die botsing as
sodanig.
[41]
Die getuie het met absolute oortuiging gese dat die straatlampe by
die kruising gebrand het en dat die beligting baie goed
was. As die
ligte nie aan was nie, sou hy kwalik die toneel kon bespied en bv kon
sien waar die karre staan en hoe dit lyk by die
punt van botsing. Hy
doen patrolliewerk namens die gemeenskap in die omgewing. As dit sou
gebeur dat die ligte nie werk nie sal
hy dit rapporteer aan die
owerhede. Hierdie betrokke aand het die ligte inderdaad gewerk en was
dit "so duidelik soos daglig".
Dit is so dat die ligte 'n
ruk later nog verder verbeter is en dat daar ook verkeersligte
aangebring is.
[42]
Ek het hierdie getuie ook indrukwekkend en geloofwaardig gevind.
[43]
Die laaste getuie namens die verdediging was Jacobs se eggenote,
Susan Patricia Jacobs. Toe sy by die'toneel aankom het sy
eers na
haar man toe gestap waar hy by die bakkie gestaan het. Hy het aan
haar verduidelik wat gebeur het. Die straatligte het
gebrand en was
baie effektief en skerp, "soos daglig". Nadat sy met haar
man gepraat het is sy na die eiser by die Golf.
Die polisie het toe
ook daar aangekom. Die eiser het onsamehangend gepraat. Sy het nader
gestap en vir horn gese hy ruik na drank
en hy lyk besope. Sy het nie
gaan kyk na die punt van botsing nie. Die ligte by die kruising was
so helder dat sy die eiser duidelik
anderkant die pad by sy kar kon
sien staan voordat sy daarheen gestap het.
[44]
Hierdie getuie was ook indrukwekkend en is nie gediskrediteer in
kruisondervraging nie.
Gevolgtrekking
[45]
Die eiser het duidelik nie daarin geslaag om die bewyslas te kwyt en
aan te toon dat sy weergawe waar is en die van die verweerder
vals
nie. Wat geloofwaardigheid betref, of die gebrek daaraan, het die
eiser ook sleg afgesteek by die getuies van die verweerder.
Daarbenewens is die inherente waarskynlikhede ook teen die eiser.
Daar is geen rede hoegenaamd waarom Jacobs horn in die linker
baan
sou bevind nie. Die eiser het nie die toets, soos beskryf in Jagers,
supra, geslaag nie.
[46]
In sy betoog, het mnr Van den Berg die gebreke in die eiser se saak,
heel korrek, toegegee. Hy het my egter gevra om 'n geringe
mate (20%
of 30%) van bydraende nalatigheid aan die kant van Jacobs te vind. Sy
betoog in hierdie verband was daarop geskoei dat
die geykte gesag
daarop dui dat fn motoris wat wil regs draai moet seker maak dat
beide die aankomende en agtervolgende verkeer
bewus is van sy beoogde
maneuver en daarop reageer. Hierdie gesag het, myns insiens,
gewoonlik te doen met die geval waar fn motoris
regs draai terwyl fn
agtervolgende voertuig besig is om horn verby te steek. Hierdie was
nie so 'n geval nie. Ek het reeds verduidelik
dat Jacobs baie
bevredigende getuienis gegee het tot die effek dat hy betyds die
flikker na regs geaktiveer het en geleidelik spoed
verminder het
totdat hy by die kruising gestop het. Daar was niks wat hy kon doen
om die botsing te vermy nie. Die linkerbaan was
tot die eiser se
beskikking. Hy het geen rede gehad om te glo dat die eiser se
voertuig sy voertuig van agter sou aanry nie. Daar
is geen aanduiding
dat die eiser verras is of in gevaar gestel is deur Jacobs se
maneuver om regs te draai nie. Trouens, hy se
self, op al die
verskillende weergawes wat hy aangebied het, dat hy reeds toe hy oor
die bult kom kon sien dat 'n kar of karre
by die kruising wou regs
draai. In hierdie geval sou dit Jacobs gewees het. Die oorwig van die
getuienis, onder andere die getuienis
van Jacobs self, is dat daar
net die een kar was wat sou regs draai.
[47]
Onder die omstandighede, het die eiser ook nie daarin geslaag om
bydraende nalatigheid aan die kant van Jacobs, op sy eie weergawe,
te
bewys nie. Die eis kan dus nie slaag nie.
Die
bevel
[48]
Ek maak die volgende bevel:
1.
Die eis word van die hand gewys.
2.
Die eiser word gelas om die koste te betaal.
W
R C PRINSLOO
REGTER VAN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF
46839-2011
GEHOOR
OP: 13 EN 14 AUGUSTUS 2012
VIR
DIE EISER: J P VAN DEN BERG IN OPDRAG VAN: ADAMS & ADAMS
VIR
DIE VERWEERDER: J H P HATTINGH
IN
OPDRAG VAN: TSEBANE MOLABA ING