Hammond v Protea Coin Group (Assests in Transit and Armed Reaction (Pty) Ltd and Another (21482/2011) [2012] ZAGPPHC 167 (15 August 2012)

45 Reportability

Brief Summary

Tort — Actio iniuriarum — Assault — Plaintiff assaulted by employee of security company while attempting to pass an ATM — Employee claimed actions were in self-defense while performing duties — Plaintiff's inconsistent testimonies and lack of corroborating evidence led to a finding in favor of the defendant — Court held that the employee's actions were justified and not unlawful.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2012
>>
[2012] ZAGPPHC 167
|

|

Hammond v Protea Coin Group (Assests in Transit and Armed Reaction (Pty) Ltd and Another (21482/2011) [2012] ZAGPPHC 167 (15 August 2012)

NOT
REPORTABLE
IN
DIE NOORD GAUTENG HOe HOF
VAN
SUID-AFRIKA (PRETORIA AFDELING)
SAAKNO:
21482/2011
DATUM:15/08/2012
IN
DIE SAAK TUSSEN:
CEDRIC
HAMMOND
......................................................................
EISER
EN
PROTEA
COIN GROUP (ASSESTS IN TRANSIT
......................
TWEEDE
VERWEERDER
AND
ARMED REACTION (PTY) Ltd
BEN
MODISE
...............................................................................
VIERDE VERWEERDER
UITSPRAAK
[1]
Die eiser het inter alia aksie ingestel teen tweede en vierde
verweerder gegrond op die actio iniuriarum. Die aksie teen eerste
en
derde verweerder is teruggetrek. Vierde verweerder is 'n werknemer
van tweede verweerder wat
te
alle relevante tye opgetree het in sy hoedanigheid as werknemer en
binne die raamwerk van sy uitoefening van sy pligte as werknemer
van
tweede verweerder.
[2]
Die partye het by ooreenkoms quantum en meriete geskei en ek handel
net met die meriete van die saak op hierdie stadium.
[3]
Die eis spruit voort uit 'n insident wat plaasgevind het op 7
Februarie 2011. Tweede verweerder is 'n sekuriteitsmaatskappy
wat
onder andere OTM tellers van finansiele instellings diens. Op die
datum was vierde verweerder een van 'n span van tweede verweerder
se
werknemers wat besig was om 'n OTM teller by 'n winkelsentrum in
Eerste Rus te diens namens tweede verweerder.
[4]
Volgens eiser wou hy op die stoep van die sentrum verby die OTM
teller loop. Tweede verweerder se voertuig was voor die OTM
teller
geparkeer en vierde verweerder het op die stoep gestaan. Hy is
gekonfronteer deur vierde verweerder wat aangedui het met
handseine
dat eiser af van die stoep en voor die voertuig van tweede verweerder
moes verby loop. Vierde verweerder wou dus nie
toelaat dat eiser op
die stoep tussen die OTM teller en die sekuriteitsvoertuig verby loop
nie. Vierde verweerder was gewapen met
'n semi outomatiese wapen.
Eiser het navrae gerig oor waarom hy nie toegang kon verkry nie en sy
navrae het daartoe gelei dat vierde
verweerder horn 3 keer met die
kolf van sy geweer geslaan het. Eiser het geval, waarop vierde
verweerder horn geskop en getrap
het. Toe eiser opstaan het 'n
verdere konfrontasie en woordewisseling ontstaan wat daartoe gelei
het dat vierde verweerder sy vuurwapen
op horn gerig het en horn weer
geslaan het met die kolf. Volgens eiser het hy weer geval en is weer
getrap en geskop deur vierde
verweerder. Die polisie het opgedaag,
maar wou die eiser nie behulpsaam wees nie en het volgens horn geen
ag op sy klagtes geslaan
nie. Hy is later na die polisiestasie toe en
die polisie het uiteindelik op 8 en 9 Februarie 2011 verklarings by
sy huis kom afneem.
Hy is ook na die distriksgeneesheer en 'n J88 is
ingehandig wat verskeie beserings aantoon. Die dokter het egter nie
getuig nie.
[5]
Vierde verweerder ontken die aanranding. Hy voer aan dat hy besig was
met sy taak om die terrein, gepanserde paneelwa en OTM
te beskerm. Hy
het met handbewegings aan lede van die publiek aangetoon dat hulle om
die tweede verweerder se voertuig moes loop,
videomateriaal wat
tydens die verhoor vertoon is toon aan dat ten minste 10 ander
persone gehoor gegee het aan die handseine. Eiser
het egter nie
gehoor gegee nie en 'n konfrontasie het ontstaan. Volgens tweede
verweerder het eiser tydens die konfrontasie 'n
handbeweging gemaak
wat deur vierde verweerder ge'interpreteer is as 'n poging van eiser
om sy vuurwapen af te neem. Volgens vierde
verweerder het hy eiser
geskouer met die doel om homself te beveilig. Eiser het gestruikel by
die kant van die stoep en het geval.
Volgens horn het eiser vinnig
opgestaan en het hy horn geskel en wou vierde verweerder aanval.
Vierde verweerder het ook 'n dreigende
houding ingeneem. Vierde
verweerder se kollega, Mnr Mabunda wat intussen uit die voertuig
geklim het en die situasie probeer ontlont
het, het hulle egter
uitmekaar gehou. Mnr Mabunda wat in die voertuig was toe die
konfrontasie begin het, kon glo as gevolg van
'n mikrofoon in die
voertuig hoor wat buite aangaan. Vierde verweerder het 'n verklaring
in opdrag van Mnr Snyman, sy werkgewer
afgele wat later aan die
polisie oorhandig is. Hierdie verklaring is volgens horn deur 'n
vriend opgestel en hy het dit nooit gelees
voordat hy dit aan sy
werkgewer oorhandig is nie. Hierdie verklaring strook dus nie in alle
opsigte met sy weergawe nie. Mnr Snyman
het bevestig dat die
verklaring op sy versoek opgestel is.
[6]
Die eiser het 2 verklarings afgelS na die insident. Hierdie
verklarings verskil van mekaar en van eiser se getuienis in verskeie

opsigte.
6.1
Die eiser meld in beide sy eerste verklaring (8 Februarie 2011) en in
sy tweede verklaring (9 Februarie 2011) dat vierde verweerder
'n
vuurwapen op horn gerig het terwyl hy op die plaveisel die vierde
verweerder genader het. Tydens kruisondervraging gee hy egter
toe dat
hierdie nie die geval was nie. Sy verduideliking hiervoor is dat daar
in gedagte gehou moet word dat hy die verklaring
afgelS het voordat
hy kans gehad het om die videomateriaal te sien. Die videomateriaal
weerspreek duidelik die eiser se verklaring
dat 'n vuurwapen op horn
gerig was, op daardie stadium.
6.2
Eiser meld in sy getuienis in hoof dat hy as gevolg van die houe met
die kolf gesteier het, neergeval het en toe bewus geword
het van die
feit dat hy deur vierde verweerder geskop, getrap en geslaan word.
Hierna stop die aanval. Eiser kon in sy getuienis
egter nie 'n
verduideliking bied oor hoe die aanval gestop is nie. Hierdie
getuienis is nie versoenbaar met sy eerste verklaring
waarin hy meld
dat die aanval gestop is deur Mnr Mabunda, die vierde verweerder se
kollega nie.
6.3
Volgens eiser se getuienis het hy na die aanval opgestaan en in kru
taal aan die vierde verweerder gevra hoekom die horn aanrand.
Hierdie
getuienis word weerspreek deur eiser se eerste verklaing waarin hy
meld dat hy aan Mnr Mabunda sou vra hoe dit dan sou
kom dat hy deur
die vierde verweerder aangerand is.
6.4
Eieser meld dat hy eers bewus geword het van die teenwoordigheid van
die tweede sekuriteitswag, Mnr Mabunda, nadat hy alreeds
die vierde
verweerder gaan konfronteer het en di6 'n geweer gespan het en op
eiser gerig het. Hierdie getuienis is egter onversoenbaar
met die
videomateriaal wat daarop dui dat eiser en Mnr Mabunda vir ongeveer
22 sekondes agter die voertuig is alvorens vierde verweerder
by hulle
aansluit. Eiser kon geen verduideliking gee van wat gebeur het in
hierdie periode en waarom hy nie bewus sou gewees het
van die
teenwoordigheid van Mnr Mabunda (wie getuig het dat hy besig was om
eiser en die vierde verweerder uitmekaar te hou) nie.
6.5
Eiser meld dat die tweede aanval gestop het toe 'n onbekende dame
verby geloop het en die vierde verweerder gekonfronteer het.
Die
videomateriaal toon egter geen sodanige konfrontasie nie. Eiser meld
in sy getuienis egter dat die tweede aanval gestop is
toe die mense
van die nabygelee winkelkompleks rondom hulle opgedam het en horn kom
red het. Hierdie weergawe word herhaal in sy
tweede eedsverklaring.
Later tydens kruisondervraging meld hy egter dat hy nie deur die
skare gered is nie, maar dat 'n paar lede
van die publiek op die
wagte geskree het wat die aanval gestop het. Die videomateriaal staaf
egter nie sodanige optrede van lede
van die publiek nie.
6.6
Eiser se weergawe in hoof was dat hy hierna in 'n hewige rusie
betrokke was met die wagte aangesien hy graag die agterste
registrasienommer
van die voertuig wou neerskryf. Volgens eiser het
die wagte horn verhinder om dit te doen. In sy tweede verklaring meld
hy egter
dat die sekuriteitswag horn beveel het om die agterste
registrasienommer neer te skryf. Die eiser se verduideliking in die
verband
is dat sy geheue horn seker in die steek gelaat het.
[7]
Die eiser het 'n sekere Mnr Johnson geroep om te getuig. Mnr Johnson
het 'n gekondenseerde weergawe oor die gebeure aan die
Hot voorgehou
synde die totaliteit van gebeure wat hy raakgesien het. Sy weergawe
van gebeure strook glad nie met die van die eiser
nie. Hy is op
herhaalde geleenthede daarop gewys dat sy getuienis verskil met die
van eiser en was sy antwoord telke male dat hy
maar net getuig wat hy
gesien het. Ernstige weersprekings sluit in die volgende:
7.1
Dat eiser onmiddelik na die aanval opgespring het en aan die mense
rondom horn sy wonde gewys het;
7.2
Dat eiser 3 maal met die geweerkolf geslaan is en onmiddelik
platgeval het waarna die aanval van die vierde verweerder voortgegaan

het by wyse van skop en trap.
7.3
Mnr Johnson kon geen verduideliking gee van wat gebeur het in die 22
sekondes toe eiser en vierde verweerder agter die voertuig
in mekaar
se teenwoordigheid was nie.
7.4
Die tweede aanval wat deur eiser beskryf is, word glad nie deur Mnr
Johnson genoem nie.
[8]
Alhoewel 4 persone in die pleitstukke genoem word, wat na bewering
die insident aanskou het, is net een, Mnr Johnson geroep
om te
getuig. Eiser het ook in sy getuienis verwys na Mnr Raymond Smith en
Dorris Jones wat die insident gesien het, verklarings
van hulle was
in die bundel wat voor my geplaas is en ek is ook meegedeel dat hulle
by die Hot teenwoordig was, maar nie aan die
verweerders beskikbaar
gestel is nie. Verweerders het my versoek om 'n nadelige afleiding
hieruit te maak. Ek glo dat sodanige
negatiewe afleiding geregverdig
is, aangesien geen verduideliking vir die versuim gegee word nie.
[9]
Die J88 wat ingehandig is toon dat die eiser verskeie beserings
opgedoen het, maar omdat die geneesheer nie getuig het nie weet
ek
nie of hierdie beserings onversoenbaar is met die weergawe van die
vierde verweerder nie. Die verweerder se advokaat het ook
nie erken
dat die beserings wel tydends die insident opgedoen is nie. Die
distriksgeneesheer was ook teenwoordig by die Hof, maar
is vir redes
onbekend aan my, nie geroep nie.
[10]
Die vierde verweerder se weergawe word in alle wesenlike opsigte
gestaaf deur Mnr Mabunda, sy kollega, wat teenwoordig was
tydends die
insident. Mnr Mabunda getuig dat hy van binne die voertuig bewus
geword het van die konfrontasie en uitgeklim het.
Hy het getuig dat
hy gesien het toe die eiser geskouer word deur vierde verweerder en
geval het. Hy staaf die vierde verweerder
se weergawe. Ek aanvaar dat
Mnr Mabunda nie as 'n totale onafhanklike getuie beskou kan word nie,
maar hy het 'n baie goeie indruk
geskep en sy getuienis was
grotendeels gesteun deur die videomateriaal wat voor my geplaas is.
Daar is ook opsigte waar hy van
die vierde verweerder verskil, dit is
egter nie wesenlik nie en dui volgens my daarop dat hy geloofwaardig
is.
[11]
Die verweerder het ook getuienis aangebied van Mnr Terblance wat
opleiding van wagte doen en wat verduidelik het hoe wagte
moet optree
om situasies te beveilig. Hy het ook getuig oor hoe wagte opgelei
word om op te let na sekere situasies wat moontlik
potensieel
gevaarlik kan wees. Hy het bevestig wat vierde verweerder in die
verband ges6 het en bevestig dat wagte ook op die uitkyk
moet wees
vir mense wat daarop uit is om hulle aandag af te trek.
DIE
REGSPOSISIE
[12]
Die eiser se eis is gebaseer op die action inuriarum.
[13]
Om te slaag met die actio iniuriarum moet die volgende bewys word:
13.1.1
'n liggaamlike ingryping wat nie van 'n beuselagtige aard moet
wees
nie;
13.1.2
Die ingryp moet onregmatig wees;
13.1.3
Die handeling moet verrig word animo iniuriandi
1
;
[14]
As aanvaar word dat die liggaamlike integriteit van 'n persoon
aangetas is, is die volgende vraag of die skending geregverdig
is.
Indien die eiser se weergawe aanvaar word, moet eiser slaag in sy
eis. Indien vierde verweerder se weergawe aanvaar word, dat
hy die
eiser geskouer het om horn self te beveilig, moet dan voorgestel word
of sy optrede geregverdig was onder die omstandighede.
[15]
In die lig van die weerspreking in eiser se getuienis en verklarings,
sowel as die feit dat sy getuie Mnr Johnson se weergawe
verskil van
eiser se getuienis kan ek nie eiser se weergawe aanvaar as bewys op
'n oorwig van waanskynlikhede nie. Hierdie posisie
word versterk deur
die feit dat die eiser gekies het om nie beskikbare getuies wat die
insident waargeneem het te roep nie.
[16]
Indien vierde verweerder se weergawe aanvaar word, wat ek in die lig
van bogenoemde moet doen, moet dan besluit word of vierde
verweerder
se optrede redelik was.Ten einde dit te bepaal, moet die besonderse
aard en gevare inherent aan die verweerders se werk
in aggeneem word.
In die verband is die volgende getuienis wat namens die verweerder
aangebied is van belang.
[17]
Vierde verweerder se taak is om die area te beveilig.
[18]
Die hanteerder van die geld het reeds homself in die bank toegesluit
toe die eiser opgedaag het en was Mnr Mabunda in die
sekuriteitsvoertuig by die geld. Daar was dus 'n potensieel
gevaarlike situasie.
[19]
Vierde verweerder het op ten minste 10 geleenthede aan die publiek
handseine gegee om die voorkant van die voertuig te gebruik
eerder as
die agterkant en het hulle op al hierdie geleenthede positief daarop
gerageer.
[20]
Vierde verweerder het opleiding ontvang om op die uitkyk te wees vir
suspisieuse persone, byvoorbeeld persone wat probeer om
met horn in
'n rusie betrokke te raak, soos wat die eiser gedoen het.
[21]
Die eiser het volgens vierde verweerder al die karaktertrekke vertoon
van 'n persoon wat daarop uit was om vierde verweerder
se aandag af
te lei. Al het eiser dit nie besef nie, het sy optrede veroorsaak dat
vierde verweerder op sy hoede was.
[22]
Die eiser het 'n skielike beweging met sy hand na links gemaak wat
vierde verweerder onder die indruk gebring het dat hy dalk
sy wapen
wou vasgryp. In die lig van al die omstandighede aanvaar ek dat eiser
se handbeweging redelikerwys so interpreteer kon
word.
[23]
Vierde verweerder het die minimum geweld gebruik om die eiser weg te
stamp en die situasie te beveilig.
[24]
Vierde verweerder se bedoeling was nie om die eiser aan te rand nie,
maar om die situasie te beveilig.
[25]
Daar moet in gedagte gehou word dat die verweerders 'n uiters
gevaarlike werk verrig, soos gestel deur Du Plessis R
2
:
"The
defendants were engaged in a notoriously dangerous job where
pre-emptive action could mean the difference between life
and death.
The plaintiff, in turn was engaged in a lawful activity that entailed
covertly following and watching the truck. As
it turned out, the
second to fourth defendants observed the plaintiff following them,
speaking in his cellular phone and photographing
them. They did not
know and could not know that he was doing so lawfully. In the
circumstances the plaintiff's actions caused reasonable
suspicion on
the part of the defendants and it called for pre-emptive action. The
entry of the BMW into the parking lot heightened
these suspicions and
the need for swift and effective pre-emptive action."
[26]
In die lig van die omstandighede was dit redelik van vierde
verweerder om met die minimum geweld die situasie te probeer
beveilig.
[27]
Daar moet ook deurgaans in gedagte gehou word dat die eiser om te
slaag in sy eis opset moet bewys, nie eens growwe nalatigheid
sal
voldoende wees nie. Onder die omstandighede het die eiser nie daarin
geslaag om sodanige opset te bewys nie en kan die eis
dus nie slaag
nie.
[28]
Soos wat Du Plessis R, supra ges§ het:
"Some
may reason that the defendant's actions were not appropriate reaction
to lawful but suspicious conduct but rather a reaction
to a danger
that did not really exist Such reasoning will lead thereto that the
defendant's actions constituted putative self defence
and that,
because the plaintiff acted lawfully, the defendants acted
unlawfully. On that basis the defendants can in my view still
not be
held liable because they did not act with the required intent to
injure the plaintiff. The defendants' actions were aimed
at dealing
with a suspicious situation that could, from their point of view,
have been dangerous to the point of life threatening.
Their intent
was to defuse the situation."
[29]
In die lig van voormelde kan die eiser se eis nie slaag nie,
aangesien hy nie in sy bewyslas geslaag het nie en gevolglik behoort

absolusie van die instansie toegestaan te word.
[30]
Gevolglik maak ek die volgende bevel:
1.
Absolusie van die instansie word toegestaan.
2.
Eiser word gelas om die koste te betaal.
R
G TOLMAY
REGTER
VAN DIE HOe HOF
CEDRIC
HAMMOND V
PROTEA
COIN GROUP AND ANOTHER
CASE
NO: 21482/2011
JUDGE:
TOLMAY
DATE
OF HEARING: 26 - 31 JULY 2012
DATE
OF JDUGMENT: 15 AUGUST 2012
ATTORNEY
FOR PLAINTIFF: WEAVIND & WEAVIND ATTORNEYS
ADVOCATE
FOR PLAINITFF: ADV F GROBLER
ATTORNEY
FOR DEFENDANTS: ENGELA & GIBBENS ATTORNEYS
ADVOCATE
FOR DEFENDANTS: ADV B BOOT
1
Mentor
v Union Government
1927 CPD 11
op 13; Esterhuizen v Administrator
Transvaal 1957(3) SA 710 (TPD) op 722; Moses v Minister of Law and
Order 1995(2) SA 518 (C)
op 525
2
Anthony
Church Makitla v SBV Services (Pty) Ltd and Others, Case No:
54731/2009 Date heard: 08-02-2012, Date of Judgment: 22-02-2012

(ongerapporteerde beslissing)