About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2012
>>
[2012] ZAGPPHC 161
|
|
Smith v Lamprecht (67917/2010) [2012] ZAGPPHC 161 (14 August 2012)
NOT
REPORTABLE
IN
DIE NOORD GAUTENG HOOGEREGSHOF,
PRETORIA
(REPUBLIC VAN SUID AFRIKA)
DATUM:
14 AUGUSTUS 2012
SAAK
NO: 67917/2010
In
die saak tussen:
PIETER
MILES
SMITH
.....................................................................
EISER
DANIEL
COENRAAD
LAMPRECHT
.............................................
VERWEERDER
UITSPRAAK
LI
VORSTER (WR)
[1]
Die eiser eis van die verweerder betaling van die bedrag van R500
000,00 tesame met rente en koste. Die verweerder bestry die
aksie.
Die verweerder het ook 'n spesiale pleit van bevrydende verjaring
gelisasseer. Tydens die verhoor is daardie spesiale pleit
deur die
verweerder geabandoneer. Gevolglik is die meriete van hierdie saak in
geskil tussen die partye.
[2]
Dit is gemene saak tussen die partye dat daar gedurende Maart 2002 en
te Potchefstrrom xn mondelinge kontrak gesluit is waar
tydens die
eiser sowel as die verweerder asook xn ouditeur Mr Jonker teenwoordig
was. Dit is ook gemeensaak dat Jonker nie aan
daardie gesprek deel
geneem het nie, maar dat hy eenkant gesit het terwyl die eiser en die
verweerder met mekaar gesprek voer waar
tydends die kontrak tot stand
gekom het.
[3]
Die agtergrond wat gelei het tot die samekoms van die eiser en die
verweerder en Jonker op die betrokke dag in Maart 2002 te
Potchefstroom kan kortliks soos volg saamgevat word:
[3.1]
Jonker is die ouditeur van die Eiser asook die Beslote Korporasies en
Maatskapye waarin die eiser 'n belang het. Jonker was
ook bekend met
die eggenote van die verweerder. Sy het gewerk vir 'n besigheid of
instansie waarvoor Jonker ook as ouditeur werk
gedoen het en hulle
het mekaar op daardie wyse leer ken.
[3.2]
Verweerder was woonagtig te Brits en werksaam as werknemer by 'n
pluimvee onderneming, genaamd Sangiro. Op 21 September 2001
het die
verweerder, handelende namens 'n maatskappy wat nog gestig staan te
word, met Greater Brits Investment Group Trust, 'n
skriftelike
ooreenkoms gesluit. Waarin GBIG onderneem het om aan die Verweerder
('n Maatskappy nog gestig te word, dienste te lewer
met die oog op
die voorgenome werksaamhede vang gasveredeling, verspreiding en
verkope, wat deur die verweerder in die vooruitsig
gestel is. Op 27
Februarie 2002 het Hemic Ferrochome (Pty) aan GBIG 'n skriftelike
opsie verleen om die ekonomiese haalbaarheid
van produktiewe gebruik
van uitlaat gas by GBIG te bevestig en infrastuktuur daaromtrent te
vestig vir die verpakking en vespreiding
en filtrasie daarvan.
Hierdie fiete blyk duidelik uit die bundel wat by ooreenkoms tussen
die partye ingehandig is en bepaaldelik
bladsye 34-57 daarvan.
[4]
Die voormelde feite het klaarblyklik tot die kennis van die
verweerder gekom. Hy het geen tyd verspil nie en 'n bestaande
Maatskappy
Envigas(Pty) Ltd oorgeneem, by die bestaande direkteur en
alleen aandeelhouer daarvan, ene Louise De Beer. Sy het 16 Januarie
2002
bedank as Direkteur en die Verweerder is op dieselfde datum
aangestel as nuwe direkteur van die Maatskappy. Dit blyk uit bladsye
14 en 15 van die bundel. Die verweerder het klaarblyklik die
potensiaal van die groot rykdom gesien indien sy maatskappy Envigas
(Pty)Ltd die kontrak met GBIG wat hy reeds bevestig het tot
volvoering kan bring veral in lig van die opsie wat Hemic Ferrochrome
aan GBIG verleen het vir die daadwerklike ontwikkeling en bemarking
van die produk. Die verweerder het nie geld gehad nie, Hy het
geen
eiendom op sy naam gehad nie en is enkele jare vantevore (1989) deur
xn egskeiding. Hy het ten einde raad met Jonker, wat
hy van tevore
deur middel van sy gewese egenote ontmoet het, geskakel. Die
verweerder was opsoek na iemand wat bereid was om kapitaal
te
voorsien. Jonker het gedink aan die Eiser as 'n moontlike kandidaat
wat moontlik geintreseerd mag wees om betrokke te raak in
die projek.
Op daardie manier is die eiser en die verweerder, wat mekaar glad nie
geken het nie, na Potchefstroom gedurende Maart
2002 waar hulle ook
vir Jonker ontmoet het en saam by O'Hagans pub bymekaar gekom het die
betrokke dag in Maart 2002.
[5]
Die partye is hemelsbreed uitmekaar oor die inhoud van die mondelinge
ooreenkoms wat hulle gesluit het. Die eiser se weergawe
van die
ooreenkoms is dat hy het xn bedrag van R500 000.00 aan die verweerder
beskikbaar stel as xn rente vrye lening wat aangewend
sou word deur
die verweerder om die maatskappy Envigas (Pty) Ltd te finasier in die
projek ten opsigte waarvan daardie Maatskappy
'n opsie gehad het van
Henric Ferrochrome (Pty)Ltd.
Indien
die projek suksusvol sou wees en Envigas handel begin dryf sou die
eiser xn 10% belang in daardie maatskappy verkry en sou
die R500
000,00 op daardie stadium aan die eiser terug betaal word. Indien die
projek nie sou suksesvol sou wees nie sou die verweerder
die bedrag
van R500 000.00 aan die eiser terugbetaal.
[6]
Die verweerder het die bestaan van xn mondelinge ooreenkoms erken,
maar die terme daarvan soos beweer deur die eiser betwis.
Volgens die
Verweerder was die ooreenkoms dat die eiser die bedrag van R500
000.00 aan die maatskappy Envigas (Pty) Ltd leen as
waagkapitaal.
Indien daardie maatskappy binne xn redelike tyd 'n wins toon sou die
eiser 10 % van die aandele van Envigas bekom
sonder enige verdere
teen prestasie en sou die eiser se lening van R500 000.00 as sodanig
weerspieel word en Envigas se rekords.
Die lening sou terugbetaal
baar word sodra Envigas (Pty) Ltd se finasieele posisie dit sou
toelaat.
[7]
Soos blyk uit die voorgaande is die kern geskil punte tussen die
partye die vraag of die kontrak tussen die eiser en die Verweerder
persoonlik tot stand gekom het, dan wel of die kontrak tussen die
eiser en die Maatskappy Envigas (pty) Ltd tot stand gekom het.
Dit is
gemeensaak dat die eiser aan die verweerder persoonlik die bedrag van
R500 000.00 betaal het. Die bedrag is nie in een betaling
oorbetaal
aan die verweerder nie, maar in verskeie paaiemente wat uiteindelik
'n total van R500 000.00 beloop. Dit is ook gemene
saak dat die
projek nooit van die grond af gekom het nie. Dit het duidelik geword
gedurende Maart - April 2009.
[8]
Dit is nie nodig om in die besonderhede integaan oor die redes waarom
die projek misluk het nie. Dit is voldoende om te se dat
die eiser
terugbetaling van die geld van die verweerder per epos gevra het by
meerdere geleenthede sedert begin 2009. Die verweerder
het daardie
versoek van die eiser nooit reguit geantwoord nie. Telkens het die
verweerder die eiser se eis vir terugbetaling ontduik
deur te verwys
na gesprekke wat hy gehad het met Henric ferocrome asook X-strata myn
groep. Dit is vir my duidelik uit die bundel
dokumente wat voor die
hof geplaas is dat die verweerder nie kon vrede maak met die feit dat
die projek geen kans meer op sukses
gehad het nie en dit ten alle
koste aan die lewe wou hou. Daardie feit is na my oordeel ook die
sleutel tot die interpretasie van
die getuienis wat die verweerder in
die hof gelewer het. Ek handel hieronder meer volledig daarmee.
[9]
Die verweerder het my nie as getuie beindruk nie. Daarmee se ek nie
dat hy 'n leunagtige getuie was nie. Hy was egter 'n onbetroubare
getuie. Ek grond daardie bevinding op die volgende:
[9.1]
Hy het in sy getuienis afgewyk van die ooreenkoms wat deur horn
gepleit is in die verweerskrif. Toe hy gekonfronteer word
dat die
bedrag van R500 000.00 deur die eiser aan horn persoonlik betaal is,
en nie aan die Maatskappy Envigas (Pty) Ltd nie, en
dat dit daarom 'n
persoonlik lening aan horn was, het hy getuig dat die bedrag wel aan
horn betaal is en dat hy dit moes aanwend
in die belang van die
projek waarby die Maatskappy en nie hyself nie, betrokke was.
Alleenlik indien hy daardie geld nie vir daardie
doel sou bestee nie,
sou die bedrag aan die eiser terugbetaalbaar wees volgens sy
getuienis. Hy kon nie verduidelik waarom hy nooit
aan die eiser 'n
uiteensetting verskaf het van die wyse waarop die bedrae deur horn
gespandeer is ten einde, op sy eie weergawe,
aanspreeklikheid van die
terugbetaling te vermy nie.
[9.2]
Die verweerder kon nie verduidelik waarom die bedrag van R500 000.00
nooit in die boeke van Envigas (Pty) Ltd getoon is nie.
Hy het
daardie probleem probeer afskuif op Jonker, wat die ouditeur van die
Maatskappy was. Jonker het op sy beurt getuig dat hy
by meerdere
geleenthede dokumentasie van die verweerder gevra het ten einde die
boeke van die Maatskappy op datum en in orde te
hou en dat daardie
dokumentasie nooit aan horn verskaf is nie.
[9.3]
Die eiser het in sy hoof getuienis getuig dat die transaksie xn
persoonlike lening is tussen horn en die Verweerder wat ten
doel het
vir die verweerder in staat te stel om uitgawes te betaal wat nodig
is om die projek lewensvatbaar te maak. Hy het vir
die verweerder
gevra wat sou gebuer as die projek platval. Die Verweerder het
volgens sy getuienis geandwoord dat hy dan sy Toyota
Prado sou
verkoop en die geld aan die eiser terugbetaal. Hierdie getuienis,
naamlik die verwysing na die Toyota Prado en die terugbetaling
van
die lening is deur Jonker in sy getuienis bevestig. Die verweerder
het dit ook nie ontken nie, behalwe dat hy gese het die
voertuig was
nie 'n Pajero, nie maar wel 'n Prado. Die verweerder kon nie
verduidelik waarom hy in persoonlike hoedanigheid desnoods
sy
voertuig sou verkoop om die skuld terug te betaal aan die eiser as
die lening aan die maatskappy plaasgevind het soos dit gepleit
is
nie. Dit het horn genoop om te se dat die geld wel persoonlik aan
horn oorbetaal is, maar dat hy slegs aanspreeklik sou wees
teenoor
die eiser indien die geld nie vir die bevordering van die projek deur
horn bestee is nie. Dit is klaarblyklik na my oordeel
xn
onsuksesvolle poging van die verweerder om die feit dat hy die geld
verskuldig is aan die eiser te rasionasliseer op 'n wyse
wat daarop
neerkom dat hy nie aanspreeklik is nie.
[10]
Hierdie verskynsel van rasionalisering deur die verweerder loop soos
'n goue draad deur die dokumente bundel wat ingehandig
is. Ek het
reeds daarna verwys dat, toe die eiser aangespreek is vir
terugbetaling, hy nie die eis vir terugebetaling pertinent
aangespreek het nie maar telkens verwys het na verwikkelinge,
gesprekke en moontlikhede wat, as dit sou materialiseer, die projek
xn dawerende sukses sou maak. Dit sou na my oordeel die verweerder
min geskeel net tydens die gesprek met die eiser gedurende Maart
2002
te Potchefstroom of die geld wat hy wou he aan horn persoonlik voor
geskiet word by wyse van 'n lening, dan wel of dit aan
die maatskappy
Envigas (Pty) Ltd voorgeskiet sou word. Die verkryging van die
gevraagde bedrag was, horn aanbetref, 'n laaste hindernis
wat in die
weg gestaan het van 'n waarskeinlike dawerende ekonomiese sukses.
[11]
Aan die ander kant is daar die weergawe van die eiser. Die eiser het
my beindruk as getuie. Hy was saaklik en op die punt af.
En het
homself in geen opsig weerspreek nie. Gevolglik en vir redes hierbo
genome aanvaar ek die weergawe van die eiser en verwerp
ek die
weergawe van die verweerder waar dit strydig is met die weergawe van
die eiser.
[12]
Dit volg dat die eiser se eise soos vervat in die besonderhede van
vordering moet slaag.
[13]
Wat die eis vir moratore rente aanbetref is ek verwys na die feit dat
die betekening van 'n formele kennisgewing waarin die
eis bedrag
geeis is, plaasgevind het op die verweerder op 22 July 2010.
[14]
Ek maak gevolglik die volgende bevel.
[14.1]
Vonnis vir die eiser in die bedrag van R 500 000.00 tesame met rente
daarop bereken teen 15,5% per jaar gereken vanaf 22
July 2010 tot
datum van betaling;
[14.2]
Koste van die geding.
LI
VORSTER
WAARNEMENDE
REGTER VAN DIE HOGGEREGSHOF
DATUM
VAN VERHOOR:8 AUGUSTUS 2012 DATUM VAN UITSPRAAK : 14 AUGUSTUS 2012