About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2012
>>
[2012] ZAGPPHC 143
|
|
Stockstories 15 BK en Ander v Erf 2292, Highveld x 12 Beleggings BK (12557/2012) [2012] ZAGPPHC 143 (1 August 2012)
IN
DIE NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA
(REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA)
SAAK
No. 12557/2012
DATUM:01/08/2012
In
die saak van:
STOCKSTORIES
15
BK
........................................................................................
Eerste
Applikant
…
...............................................................................................................................
(
Eerste
Respondent in verrigtinge a quo)
o)
ARNO
PAUL
BRANDT
...........................................................................................
Tweede
Applikant
…
..............................................................................................................................
(
Tweede
Respondent in verrigtinge a quo
)
en
ERF
2292, HIGHVELD X
12
................................................................................
Respondent
BELEGGINGS
BK
..................................................................................................
(Applikant
in verrigtinge a quo)
UITSPRAAK:
AANSOEK OM VERLOF OM TE APPELLEER
Van
der Byl, Wn. R:-
[1]
In hierdie saak het ek op 6 Junie 2012, benewens die gewone
kostebevel, 'n bevel uitgereik ingevolge waarvan die Eerste Applikant
(Eerste Respondent in die verrigtinge a quo) gelas is om die
besigheidsperseel gelee te Winkels 2 en 3 Highveld Sentrum, hoek van
Logan en Charles de Gaulle Singel, Highveld Uitbreiding 12, Centurion
("d/e perseef) voor of op 1 Julie 2012 moet ontruim.
[2]
Soos blyk uit 'n Kennisgewing van Aansoek om te Appelleer gedateer 21
Junie 2012 ("die Kennisgewing"), verlang die
Eerste
Applikant verlof om teen die geheel van my uitspraak te appelleer.
[3]
Die Kennisgewing bestaan in effek uit twee dele, naamlik -
(a)
'n deel waarin daar aangevoer word dat ek met betrekking tot sekere
bevindings uiteengesit in 15 paragrawe fouteer het; en
(b)
'n deel waarin daar aangevoer word dat ek sekere bevindings
uiteengesit in 17 paragrawe moes gemaak het.
[4]
Dit is opvallend dat geen redes in enige van die paragrawe van die
Kennisgewing verstrek word op grond waarvan daar beweer word
dat ek
fouteer het soos daarin beweer word nie of waarom ek die bevindinge
moes gemaak het wat daarin aangedui word nie.
[5]
Met betrekking tot die toepassing van Reel 49(1 )(b) van die
Eenvormige Hofreels is dit gevestigde reg dat 'n party wat wens
teen
'n uitspraak of bevel te appelleer ingevolge die dwingende bepalings
van daardie Reel duidelike en bondige redes waarop die
aansoek om
verlof om te appelleer, gegrond is in sy of haar kennisgewing moet
aantoon.
In
hierdie verband het die Hof in Songomo v Minister of Law and Order
1996 (4) SA 384
(OK) op 3851 soos volg beslis:
“
It
seems to me that, by a parity of reasoning, the grounds of appeal
required under Rule 49(1 )(b) must similarly be clearly and
succinctly set out in clear and unambiguous terms so as to enable the
Court and the respondent to be fully and properly informed
of the
case which the applicant seeks to make out and which the respondent
is to meet in opposing the application for leave to
appeal."
Die
Hof gaan dan voort en beslis op 386B dat 'n kennisgewing wat nie aan
die vereistes van Reel 49(1 )(b) voldoen nie fataal gebrekkig
is.
In
Van der Walt v Abreu
1999 (4) SA 85
(W) het die geleerde Regter die
vereistes vir 'n geldige kennisgewing van appel ingevolge Reel 51 van
die Landdroshofreels op 94E
soos volg beskryf:
"(1)
It must specify the details of what is appealed against (ie the
particular findings of fact and rulings of law that are
to be
criticised on appeal as being wrong); and
(2)
it must also state the grounds of appeal (ie it must indicate why
each finding of fact and ruling of law that is to be to criticised
as
wrong is said to be wrong, for example because the finding of fact
appealed against is inconsistent with some documentary evidence
to
the contrary; or because it is inconsistent with the oral evidence of
one or more witnesses;....
Only
when both of these requirements have been set out in a notice of
appeal has a valid ground of appeal been disclosed according
to the
language of the Rule.
(Sien
ook: Tzouras v SA Wimpy (Pty) Ltd
1978 (3) SA 204
(W), 205E).
[6]
Soos ek die Kennisgewing lees, is ons heeltemal in die duister gelaat
oor wat die presiese redes is waarop elkeen van die sogenaamde
gronde
in die Kennisgewing gemaak word.
[7]
Dit kom my dus voor dat, vir sover geen redes vir die gronde vervat
in die Kennisgewing aangevoer word nie, die Kennisgewing
inderwaarheid 'n nietigheid is.
[8]
Selfs indien ek ten opsigte van my beoordeling van die geldigheid van
die Kennisgwing verkeerd is, is ek in elk geval van oordeel
dat daar
geen goeie gronde is op grond waarvan ek kan oordeel dat "n
ander Hof tot 'n ander gevolgtrekking kan kom nie.
[9]
Soos blyk uit my uitspraak, was dit, benewens die punt in limine (wat
nie nou herhaal word nie) en die submissie aangaande die
sogenaamde
"perpetuity" van die ooreenkoms (wat ook nie herhaal word
nie), die Respondent se saak hoofsaaklik daarop
gegrond dat daar
tussen die partye 'n nuwe ooreenkoms tot stand gekom het.
[10]
Nou, soos dit in argument by die aanhoor van hierdie aansoek
aangevoer is, is die Applikant se aansoek om verlof primer gegrond
op
'n standpunt dat ek fouteer het deur nie, as 'n regskwessie, bevind
het nie dat, gelet veral op klousules 2.1 en 3.1, die voortsetting
van die ooreenkoms ook aan die 21 maande beperking vervat in klousule
2.1 onderworpe is en derhalwe nie op 11 Oktober 2011 beeindig
kon
word nie.
[11]
Behalwe vir die feit dat so 'n grond nie deel van paragrawe 1 tot 15
van die Kennisgewing uitmaak nie, is dit op 'n behoorlike
vertolking
van die ooreenkoms 'n ongegronde vertolking van die ooreenkoms. 'n
Behoorlike vertolking van die ooreenkoms is eenvoudig
nie vatbaar vir
'n vertolking dat die klaousule 'n voortsetting van die bestaande
ooreenkoms beoog wat eenvoudig nie aan die aanvanklike
21 maande
tydperk onderworpe kan wees nie. Klousule 3.2 maak dit duidelik dat
die voortgesette kontrak met drie maande kennisgewing
beeindig kan
word.
[12]
Na my oordeel is daar, vir die redes wat uit my uitspraak blyk, op
enige van die "gronde", soos daar in argument
daarop
uitgewei is, geen vooruitsigte op sukses op appel is nie.
[13]
Wat betref die bewering van die totstandkoming van 'n nuwe
ooreenkoms, bestaan die aansoek uit niks anders as 'n herhaling
van
wat tydens die verrigtinge a quo geopperis. Geen nuwe argumente is
tydens die aanhoorvan hier aansoek geopper wat nuwe lig
op die saak
gewerp het nie.
[14]
Die aansoek is na my oordeel niks anders nie as 'n deursigtige poging
(deur 'n party wat, terloops, die betrokke perseel nou
al vir meer as
11 maande okkupeer sonder om enige huur te betaal) bloot om sy
onvermydelike uitsetting te vertraag.
[15]
In die vooropstelling word die aansoek om verlof om te appelieer met
koste van die hand gewys.
P
C VAN DER BYL
WAARNEMENDE
REGTER VAN DIE HOE HOF
Namens
die Applikante:ADV W WANNENBURG
In
opdrag van:OTTO KRAUSE ING
Verw:
LM du Toit/nvw/MAT8759
Tel:
011 675 2881
p/a
BARES BASSON PROKUREURS Woltemadegebou,
Grondvloer
Paul Lrugerstraat
118
PRETORIA Verw: Jako Basson
Namens
die Respondent: ADV S MENTZ
In
opdrag van:CHRISTO BEKKERING
Maraisstraat
147 Brooklyn PRETORIA Verw: C Bekker/AD/H00545
Tel:
012 346 6220
Datum
aangehoor:30 Julie 2012
Datum
uitspraak gelewer: 1 Augustus 2012