Van Rooyen en Ander v Whelpton (34485/2007) [2012] ZAGPPHC 92 (5 June 2012)

62 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Loan agreement — Specific performance — Plaintiffs sought repayment of R10 million each under a written loan agreement with the defendant, who had failed to provide funds as promised due to the non-implementation of a health program in Swaziland — Defendant raised defences including that the agreement was void for vagueness and based on a common assumption of future events — Court held that the absence of a specific repayment date did not render the agreement void, and the repayment was due within a reasonable time after the acceptance of the new constitution by the Swazi parliament — Defendant's defences dismissed, and plaintiffs entitled to specific performance of the loan agreement.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2012
>>
[2012] ZAGPPHC 92
|

|

Van Rooyen en Ander v Whelpton (34485/2007) [2012] ZAGPPHC 92 (5 June 2012)

NOT
REPORTABLE
IN
DIE NOORD GAUTENG HOE HOF.
PRETORIA
/ES (REPUBLIEK VAN SUTD-AFRIKA)
SAAKNO:
34485/2007
DATUM:05/06/2012
IN
DIE SAAK TUSSEN:
REYNHARDT
VAN
ROOYEN
.................................................................................
1STE
EISER
JOHANNES
KOK
......................................................................................................
2DE
EISER
EN
F
P v R
WHELPTON
.........................................................................................
VERWEERDER
UITSPRAAK
JW
LOUW.R
[1]
Die eisers se eerste eis teen die verweerder is vir betaling van die
bedrag van RIOmiljoen elk ingevolge 'n skriftelike leningsooreenkoms

wat op 22Januarie 2004 aangegaan is en ingevolge waarvan die
verweerder onderneem het om aan elk van die eisers 'n rentevrye
lening
vir die gemelde bedrag toe te staan. Die eisers se tweede eis
teen die verweerder is vir betaling van skadevergoeding
voortspruitend
uit sekere beweerde wanvoorstellings wat die
verweerder ten aansien van 'n beoogde gesondheidsorg
ontwikkelingsprogram in Swaziland
aan die eisers sou gemaak het
[2]
Beide eisers het gedurende 2003 as spesialis interniste in Pretoria
in assosiasie met mekaar gepraktiseer. Die verweerder was
'n
professor in gewoontereg aan die Universiteit van Suid-Afrika.
Gedurende Julie 2003 het die verweerder, wat 'n pasient van die

tweede eiser was, die tweede eiser vir 'n mediese ondersoek besoek.
Gedurende hierdie besoek het die verweerder die tweede eiser

meegedeel dat Swaziland beoog het om 'n gesondheidsorg
ontwikkelingsprogram ("die program") te implementeer en dat
hy
aangestel was om die beplanning en implementering van die program
te behartig. Hy het navraag gedoen of die eisers ^ belang sou
stel om
in die projek betrokke te raak. Die koning van Swaziland en sy
familielede was op daardie stadium pasiente van die eerste
eiser, en
die verweerder was daarvan bewus. Die verweerder was van mening dat
dit gunstig sou wees indien die eisers by die projek
betrokke sou
wees.
[3]
Verskeie samesprekings het gedurende Julie en Augustus 2003 tussen
die eisers en die verweerder plaasgevind. Gedurende hierdie
tyd het
die verweerder aan die eisers afskrifte van verskeie briewe
oorhandig, onder andere briewe wat deur prins Mangaliso Dlamini
van
Swaziland onderteken is in sy hoedanigheid as projekbestuurder van
die program, om die eisers tevrede te stel dat die program
fn
realiteit was en geimplementeer sou word. Hy het die eisers ook
meegedeel dat fn bedrag van R3,2biljoen vir hierdie doel aan

Swaziland beskikbaar gestel is uit sekere donateursfondse, dat die
bedrag in Swaziland se sentrale bank gedeponeer is en vrygestel
sou
word wanneer Swaziland se nuwe beoogde Grondwet deur die Swazilandse
parlement aanvaar is. Die verweerder het die eisers verder
meegedeel
dat as vergoeding vir die dienste wat hulle sou lewer met betrekking
tot die beplanning, koordinering en ontwikkeling
van die program,
hulle gesamentlik betaling van 5% van die bedrag van R3,2biljoen, dit
wil se R160miljoen, oor 'n tydperk van ongeveer
drie jaar gedurende
die implementering van die program sou ontvang.
[4]
Die eisers het die inligting wat die verweerder aan hulle oorgedra
het geglo en aanvaar, en het ingestem om betrokke te raak
en om die
verweerder by te staan in die beplanning, koordinering en
implementering van die program. Hulle het vroeg in September
2003 fn
voorlegging van 'n voorgestelde struktuur vir die program aan die
verweerder en prins Dlamini in Pretoria gemaak, waarna
hulle op 8
September 2003 'n brief van prins Dlamini ontvang het waarin hulle
aangestel is om die verweerder en prins Dlamini in
die aktivering van
die program by te staan.
[5]
Die eisers het daarna hulle voorgestelde beplanning van die program
gefinaliseer en dit op 31 Oktober 2003 by die Royal Swazi
Sun hotel
in die vorm van 'n sogenaamde "power-point" aanbieding aan
die verweerder en prins Dlamini voorgehou. 'nHarde
kopie daarvan is
ook aan die verweerder en die prins oorhandig.
[6]
Later dieselfde dag het die eisers en die verweerder die koning
ontmoet, wat die eisers se betrokkenheid in die program goedgekeur

het. Die koning het die eisers verseker dat die nuwe Grondwet teen
Maart 2004 gefinaliseer en aanvaar behoort te wees, waarna die

skenkersfondse wat vir die implementering van die program nodig sou
wees, vrygestel sou word.
[7]
In die verwagting dat die fondse teen die einde van April 2004
beskikbaar sou wees vir die implementering van die program, het
die
eisers aan die einde van 2003 begin om hulle mediese praktyke af te
skaal met die oog daarop om hul praktyke te staak ten einde
na April
2004 voltyds betrokke te wees in die uitvoering van die program.
[8]
Gedurende Januarie 2004, terwyl die eisers in die proses was om hul
praktyke af te sluit en hul pasiente aan ander spesialiste
te
oorhandig, was daar nog geen geld beskikbaar uit die skenkersfondse
nie aangesien die parlement van Swaziland nog nie geopen
het nie en
die Grondwet nog nie aanvaar was nie. Die verweerder wou verseker dat
die eisers nie sou skade ly weens die sluiting
van hulle praktyke
indien die program nie na aanvaarding van die Grondwet geimplementeer
sou word nie, en het aan die eisers voorgestel
dat hy aan hulle
elkeen fn bedrag van RIOmiljoen sou leen. Die verweerder het nie op
daardie stadium die geld beskikbaar gehad
nie en sou dit aan hulle
betaal uit die geld wat hy verwag het om te ontvang as vergoeding vir
werk wat hy vir die Swazi regering
gedoen het. Die betaling sou aan
horn gemaak word nadat die nuwe Grondwet deur die Swazi parlement
aanvaar is. Die verweerder het
blykbaar oor 'n tydperk van vyftien
jaar navorsing gedoen oor Swazi gewoontereg en het dit gekodifiseer.
Die kodifikasie sou in
die nuwe Grondwet gelntegreer of verwerk word,
en hy sou 'n bedrag van VSA $100miljoen vir sy werk van die Verenigde
Nasies ontvang.
Op daardie stadium was dit verwag dat die Grondwet
gedurende April 2004 aanvaar sou word en dat dit drie of vier maande
daarna
sou neem voordat die verweerder sy geld sou ontvang.
[9]
Daar is toe op 22 Januarie 2004 'n skriftelike leningsooreenkoms deur
die eisers en die verweerder onderteken met die volgende
inhoud:
"Hiermee
word ooreengekom tussen bogenoemde partye die volgende:
F
P v R Whelpton ondemeem om aan onderskeidelik J Kok en R van Rooyen
'n langtermyn rentevrye lening toe te staan. Die lening sal

terugbetaalbaar wees indien en wanneer die voorgestelde
gesondheidsprogram in Swaziland suksesvol geimplementeer is.
Die
leningsbedrag beloop RI0 000 000-00 (tien miljoen rand) aan elke
party soos hierbo verwys."
[10]
Die nuwe Grondwet is toe nie in April 2004 deur die parlement aanvaar
nie. Die verweerder het die eisers by verskeie geleenthede
verseker
dat hy alternatiewe bronne gehad het wat sou realiseer en dat hy die
leningsbedrae uit daardie bronne sou betaal indien
hy nie die
betaling waarop hy gewag het vir die werk wat hy gedoen het sou
ontvang nie. Niks het daarvan gekom nie.
[11]
Die Grondwet is uiteindelik eers in Julie 2005 deur die parlement
aanvaar. Die eisers het hul praktyke in die laaste kwartaal
van 2005
hervat omdat hulle toe nog geen betaling ontvang het en besef het dat
hulle nie so kon voortgaan nie.
[12]
Ten spyte van stellings wat in kruisverhoor aan die eisers gemaak is
oor wat die verweerder sou kom getuig, het die verweerder
nie getuig
nie en is sy saak gesluit na sluiting van die eisers se saak.
[13]
Die sluiting van die leningsooreenkoms was gemeensaak op die
pleitstukke. Die eisers eis spesifieke nakoming van die ooreenkoms.

Die verweerder het drie verwere teen hierdie eis geopper. Die eerste
verweer was dat die ooreenkoms 'n gesimuleerde ooreenkoms
was
aangesien dit opgestel is om die eisers in staat te stel om dit aan
potensiele finansierders voor te le ten einde finansiering
te bekom.
Adv Ellis SC, wat namens die verweerder verskyn het, het nie met
hierdie verweer volhard nie.
[14]
Die tweede verweer wat gepleit is, is dat die ooreenkoms nietig is
weens vaagheid. Die argument namens die verweerder in hierdie
verband
was dat die ooreenkoms nie 'n datum vir betaling van die lening
stipuleer nie en dat die bewoording "indien en wanneer
die
voorgestelde gesondheidsprogram suksesvol geimplementeer is" die
terugbetaling van die lening afhanklik maak van 'n onsekere

gebeurtenis, die plaasvind waarvan binne die beheer van die eisers
was en dat die eisers kon besluit om die gesondheidsprogram
te
implementeer of om dit nie te implementeer nie.
[15]
Dit is so dat die ooreenkoms nie 'n datum vir betaling van die lening
stipuleer nie. Dit het nie tot gevolg dat die ooreenkoms
nietig is
weens vaagheid nie. In die afwesigheid van 'n vasgestelde datum in
die ooreenkoms vir betaling van die lening, is dit
onmiddelik
opeisbaar tensy die afdwingbaarheid daarvan afhanklik is van 'n
tydsbepaling. Sien Johannesburg City Counci v Norven
Investments
(Pty) Ltd,
1993 (1) SA 627
(A) 633 C-E. Die eisers beweer in hul
besonderhede van vordering dat dit cn stilswyende bepaling van die
ooreenkoms was dat betaling
van die lening binne 'n redelike tyd moes
geskied. Dit word gestaaf deur die eisers se getuienis in par. [8]
hierbo uiteengesit.
Die kontraktuele betaaldatum vir die lening was
dus 'n redelike tyd na aanvaarding van die nuwe Grondwet deur die
Swazi parlement.
[16]
Die argument dat die leningsooreenkoms nietig is weens vaagheid omdat
die terugbetaling van die lening binne die eisers se
beheer was, word
nie deur die getuienis gestaaf nie. Die eisers is aangestel om die
verweerder en prins Dlamini by te staan in
die implementering van die
program. Die besluit om met die program voort te gaan of nie, was nie
binne die eisers se beheer nie.
Die verweer dat die ooreenkoms nietig
is weens vaagheid kan dus nie slaag nie.
[16]
Die derde verweer wat deur die verweerder gepleit is, is dat die
eisers en die verweerder die leningsooreenkoms onderteken
het op die
gemeenskaplike veronderstelling dat die regering van Swaziland die
program sou implementeer waaruit die partye substansiele
bedrae geld
sou ontvang, dat die program nooit 'n aanvang geneem het of
geimplementeer is nie en dat die ooreenkoms gevolglik nietig
is as
gevolg van 'n gemeenskaplike dwaling, alternatiewelik as gevolg van
die mislukking van die gemeenskaplike veronderstelling
("failure
of the common assumption").
[17]
Die gemeenskaplike dwaling en die mislukking van die gemeenskaplike
veronderstelling waarop die verweerder steun, slaan op
'n toekomstige
gebeurtenis. Adv N GD Maritz SC, wat namens die eisers verskyn het,
het tereg betoog dat 'n veronderstelling omtrent
die toekoms 'n
uitdruklike of stilswyende bepaling of voorwaarde van 'n ooreenkoms
moet wees ten einde enige effek te he. Sien
in hierdie verband Van
Reenen Steel (Pty) Ltd v Smith
2002 4 SA 264
(SCA) 268F-H; Transnet
Ltd v Rubenstein 2005[3] All SA 424 (SCA) 433c-h; Christie The Law of
Contract in South Africa, 7e uitg.,
341.
[18]
Mnr Ellis het betoog dat die gemeenskaplike veronderstelling waarop
die verweerder steun, nie op 'n gebeurtenis in die toekoms
geslaan
het nie aangesien dit fn gemeenskaplike veronderstelling van die
partye was ten tye van die aangaan van die kontrak. Na
my mening is
daar nie meriete in hierdie argument nie. fn Gemeenskaplike
veronderstelling oor 'n toekomstige gebeurtenis is juis
'n
veronderstelling wat deur die partye gehou word ten tye van
kontraksluiting. Indien daar so 'n veronderstelling was, moes dit

gepleit gewees het as 'n uitdruklike of stilswyende term of
voorwaarde van die kontrak. Daar is geen so 'n term of voorwaarde
deur die verweerder gepleit nie. Wat meer is, die eisers het in hul
getuienis uitdruklik ontken dat daar so 'n gemeenskaplike
veronderstelling
was en die verweerder, op wie die bewyslas in
hierdie verband gerus het, het nie getuig nie. Hierdie verweer kan
dus ook nie slaag
nie.
[19]
Die verweerder het verder 'n spesiale pleit van verjaring geopper.
Die bewerings in die verweerder se verweerskrif is dat die
betaling
van die lening opeisbaar geword het op 22 Januarie 2004, die datum
waarop die ooreenkoms onderteken is, alternatiewelik
binne 'n
redelike tyd daarna, wat nie meer as dertig dae is nie, en dat die
eisers se dagvaarding gedurende Julie 2007 op die verweerder
beteken
is, wat meer as drie jaar is na die datum waarop die eisers se eis
opeisbaar geword het.
[20]
Ek het reeds hierbo bevind dat die kontraktuele betaaldatum 'n
redelike tyd na die aanvaarding van die nuwe grondwet deur die
Swazi
parlement is. Wat dus bepaal moet word, is wat daardie redelike tyd
is. Die eisers se getuienis was dat dit ten tye van ondertekening
van
die leningsooreenkoms deur die partye voorsien was dat die nuwe
Grondwet gedurende April 2004 deur die parlement van Swaziland

aanvaar sou word en dat dit 'n aantal maande daarna sou neem voordat
die verweerder die betaling waarop hy geregtig sou word, sou
ontvang.
Daar is ten tye van kontraksluiting gepraat oor fn tydperk van
ongeveer ses maande vanaf sluiting van die leningsooreenkoms
wat dit
sou neem voordat die verweerder sy geld sou ontvang. Die tweede eiser
se getuienis was dat daar ook gepraat is van 'n tydperk
van drie tot
vier maande na aanvaarding van die Grondwet voordat die verweerder sy
geld sou ontvang. Die eisers se getuienis is
nie in kruisverhoor
betwis nie.
[21]
Mnr Ellis het betoog dat die dagvaarding op 27 Julie 2007 beteken is,
en dat dit meer as ses maande was na sluiting van die

leningsooreenkoms. Hierdie betoog word nie deur die eisers se
getuienis gesteun nie. Vier maande na April 2004 is Augustus 2004.

Die verweerder, op wie die bewyslas om verjaring te bewys rus, het
nie getuig nie.
[22]
Ek is in elk geval van mening dat die meer korrekte benadering is om
te kyk na die datum wanneer die nuwe Grondwet wel goedgekeur
is,
aangesien dit die datum was waarvan die betaling van die
leningsbedrae afhanklik was. Die datum van April 2004 was net 'n
verwagting wat die partye gehad het en waaroor daar geen sekerheid
bestaan het nie. Die getuienis van die eisers was dat die nuwe
Grondwet
uiteindelik gedurende Julie 2005 deur die parlement van Swaziland
aanvaar is. Hierdie getuienis was onbetwis. fn Tydperk
van minder as
drie jaar het verloop na goedkeuring van die Grondwet totdat die
dagvaarding beteken is.
[23]
Dit volg uit die voorgaande dat die eisers se eis nie verjaar het op
die datum waarop die dagvaarding beteken is nie.
[24]
Die gevolgtrekking is dat die eisers elk geregtig is op betaling van
die bedrag wat die verweerder ingevolge die leningsooreenkoms

onderneem het om aan hulle te betaal tesame met rente daarop. Mnr
Maritz het aangedui dat die eisers slegs vra vir betaling van
rente
vanaf 1 Augustus 2007. Soos hierbo gemeld, is die dagvaarding op 25
Julie 2007 beteken.
[25]
Mnr Maritz het verder aangedui dat, indien dit bevind sou word dat
die eisers geregtig is op betaling van die bedrae soos ooreengekom
in
die leningsooreenkoms, die eisers nie ook vir betaling van die
skadevergoeding wat in die eisers se tweede eis gevorder word,
vra
nie.
[26]
In die lig van die voorgaande, word die volgende bevel gemaak:
1.
Die verweerder word gelas om aan die eerste eiser die bedrag van R10
miljoen te betaal tesame met rente daarop teen 15,5% per
jaar vanaf 1
Augustus 2007 tot datum van betaling.
2.
Die verweerder word gelas om aan die tweede eiser die bedrag van RIO
miljoen te betaal tesame met rente daarop teen 15,5% per
jaar vanaf 1
Augustus 2007 tot datum van betaling.
3.
Die verweerder word gelas om die eisers se koste van die aksie te
betaal, welke koste die koste van 'n senior advokaat sal insluit.
JW
LOUW
REGTER
VAN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF
34485-2007
GEHOOR
OP: 7 - 9 Mei 2012
VIR
DIE EISERS: ADV N G D MARITZ SC
IN
OPDRAG VAN: COUZYN HERTZOG EN HORAK, PRETORIA
VERW:
JSTERK VIR DIE VERWEERDER: ADV P ELLIS SC I
N
OPDRAG VAN: ROESTOFF VENTER & KRUSE, PRETORIA
VERW:
RF KRUSE