Voogt NO and Another v Pienaar (35634/2010) [2012] ZAGPPHC 90 (4 June 2012)

Trusts and Estates

Brief Summary

Succession — Claims against estate — Claim for repayment of debt — Eiseresse, as executrix and in personal capacity, sought repayment from the defendant, the deceased's son, for a vehicle purchase and a loan — The defendant claimed the purchase was cancelled and the loan was a gift — Court held that the evidence supported the existence of a valid sale agreement and loan, with the deceased having acknowledged the debts in a document signed shortly before death, thus entitling the eiseresse to repayment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2012
>>
[2012] ZAGPPHC 90
|

|

Voogt NO and Another v Pienaar (35634/2010) [2012] ZAGPPHC 90 (4 June 2012)

IN
DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-GAUTENG,
PRETORIA)
Saaknommer:
35634/2010
DATUM:04/06/2012
In
die saak tussen:
STOFFELINA
SUSANNA VOOGT
N.O.
......................................................
EERSTE EISERES
ALETTA
MARIA
PIENAAR
.............................................................................
MEV
PIENAAR
en
DAWID
JOHANNES
PIENAAR
.....................................................................
VERWEERDER
UITSPRAAK
HIEMSTRA
WR
[1]
Die eerste eiseres, in haar hoedanigheid as eksekutrise van die
boedel van wyle Willem Francois Pienaar (die oorledene), en
die
tweede eiseres in haar persoonlike hoedanigheid, het twee eise
ingestel teen die verweerder vir terugbetaling van gelde wat
die
verweerder na bewering aan die oorledene verskuldig was. Die
verweerder is die seun van die tweede eiseres en die oorledene.
Die
oorledene is op 6 Junie 2009 oorlede. Gerieflikheidswyse sal ek na
die tweede eiseres verwys as mev Pienaar.
[2]
Die oorledene en mev Pienaar was buite gemeenskap van goedere
getroud. Ingevolge fn gesamentlike testament erf mev Pienaar die

restant van die boedel van die oorledene na cn bemaking van belange
in twee beslote korporasies aan een van die seuns van die egpaar.
[3]
Ten opsigte van die eerste eis beweer die eiseresse dat die
verweerder 'n 2003 Mercedes Benz E270 met registrasienommer PRM
753
GP van die oorledene ge-koop het vir cn bedrag van R150 000 en dat hy
weier of versuim om die koopprys aan die boedel van die
oorledene of
aan mev Pienaar te betaal.
[4]
Die tweede eis is gegrond op 'n beweerde lening van R27 000 wat die
oorledene aan die verweerder gemaak het om 5 elande te koop,
welke
lening die verweerder weier of versuim om terug te betaal.
[5]
Mev Pienaar het getuig dat die Mercedes Benz die eiendom van die
oorledene was en dat hy die voertuig wou verkoop. Die voertuig
is by
'n handelaar in Vander-bijlpark ingehandig om verkoop te word. Die
voorgestelde koopprys was R180 000. Nadat die motor vir
ongeveer tjen
dae by die handelaar gestaan het, het die ver-weerder aan die
oorledene gemeld dat hy die voertuig wou koop. Die
oorledene het
ingestem en aan die verweerder gese dat hy die dit teen R175 000 kon
koop. Een van die ander seuns, Danie Pienaar,
het die voertuig by die
handelaar gaan haal en gebring na die woning van die oorledene en mev
Pienaar. Die verweerder het saam
met sy eggenote die voertuig kom
haal en is daarmee weg na hulle wildplaas naby Fochville.
[6]
Daarna het die verweerder vir die oorledene gese dat dit nodig is om
vier nuwe bande aan die motor te sit en dat die koopprys
daarom
verminder moet word tot R170 000. Nog later het die verweerder aan
die oorledene gese dat die voertuig cn nuwe ratkas benodig
teen byna
R20 000. Die oorledene het ingestem en daar is ooreengekom dat die
koopprys daarom verminder sou word tot R150 000.
[7]
Volgens mev Pienaar het die verweerder na 'n paar dae aan die
oorledene gese dat hy nie meer die voertuig wil koop nie, maar
dat hy
sal sorg dat dit verkoop word. Geeneen van die advokate het mev
Pienaar verder oor hierdie stelling ondervra. Die verdere
getuienis
van mev Pienaar kom daarop neer dat die kooptransaksie nie
gekanselleer is nie, maar dat die verweerder en die oorledene

voortgegaan het asof die verkoping wel deurgegaan het.
[8]
Die verweerder is gedurende ongeveer Maart 2009 in die hospitaal
opgeneem. Mev Pienaar het getuig dat die verweerder by twee

geleenthede, terwyl die oorle-dene in die hospitaal was, vir haar
gese het dat hy die geld sou inbetaal sodra sy daarvoor vra.
Mnr
Danie Pienaar, soos vermeld 'n ander seun van die oorledene en mev
Pie-naar, het bevestig dat die verweerder aan sy moeder
eenmaal by
die hospi-taal en eenmaal tydens 'n ontbyt by 'n Wimpy-restaurant
gese het dat sodra sy dit benodig, hy die geld vir
die motor sou
inbetaal. Sy het aan horn gese hy kan wag tot sy vader gesond is.
[9]
Die eiseresse steun verder op 'n dokument met die titel "TOEVOEGING
TOT TESTAMENT", gedateer 25 Mei 2009. Hierdie
dokument bevat fn
handtekening wat voorgee die van die oorledene te wees. Mev Pienaar
en haar suster, mev M. Eramus, het albei
getuig dat die oorledene dit
in sy hospitaalbed in hulle teen-woordigheid onderteken het en dat
hulle daar en dan as getuies geteken
het. Hulle het ook getuig dat
mnr Francois Pienaar, die seun van die verweerder, die dokument ook
by dieslefde geleentheid by die
oorledene se hospitaalbed onderteken
het. Mnr Francois Pienaar het egter in sy getuienis namens die
verweerder getuig dat hy die
dokument onderteken het by die kantoor
van mnr Danie Pienaar. Hoewel hy nie sy oupa se handtekening ken nie,
het hy gese dat hy
aanvaar dat die handtekening bo-kant die oorledene
se naam die van die oorledene is. Hy het gese dat mev Pienaar en mev
Erasmus
teenwoording was in Danie Pienaar se kantoor toe hy dit
onderteken het. Volgens horn was aldrie die ander handtekeninge reeds
op
die dokument. Hy weet nie waar en wanneer die handtekeninge
aangebring is nie.
[10]
Die betrokke dokument lui onder die titel "TOEVOEGING TOT
TESTAMENT" as volg:
"Hiermee
bevestig ek Willem Francois Pienaar Id no 3906115021086 dat my seuns
soos hier onder benoem geld by my geleen het.
1.
Dawid Johannes Pienaar
2.
Cornelius Petrus Johannes Pienaar
Die
geld geleen word soos volg uiteenqesit DJ Pienaar
1.
Mercedes Benz
.........................
R150
000
2.
Elande gekoop
.................... ….
R27
000 TOTAAL R177 000 CPJ Pienaar
1.
Bokke aangekoop 3/3/04
….
R32
000
2.
Bokke aangekoop
...................
R62
000
3.
Geld geleen 16/11/05
..............
R248
000
TOTAAL
......................................
R342
000
My
versoek is dat hulle indien ek iets oorkom die geld binne 30 dae aan
my eggenoot Aletta Maria Pienaa ID Nr 4309130046080 sal
betaal.
Ek
versoek ook dat die geboue Delfos no 10,11,12 Delfos straat
Vanderbijlpark NW7 nou aan my seun Jacobus Daniel Pienaar bemaak

word.
Geteken
op 25 Mei 2009 WF Pienaar"
[11]
In die verweerskrif word beweer dat die verweerder geen kennis dra
van die egt-heid van die dokument nie en plaas die eiseresse
tot die
bewys daarvan. Daar word verder gepleit dat indien die dokument wel
deur die oorledene onderteken is, dit nie 'n toevoeging
tot die
testament daarstel nie aangesien die oorledene nie by magte was om cn
betaalverpligting aan die verweerder op te le nie.
Hy pleit
vervolgens dat insoverre die dokument voorgee om 'n
betalingsverpligting op die verweerder op te le, dit ongeldig is en

dat dit geen aanspreeklikheid daarstel nie.
[12]
Die verweerder se verweerskrif, soos geformuleer, gaan egter van 'n
foutiewe vooropstelling uit, naamlik dat die eiseresse
se eise op
hierdie dokument gegrond is. Die eise is gegrond op die beweerde
koopooreenkoms tussen die oorledene en die verweerder
en £n
geldlening. Die dokument is aangebied as stawende getuienis vir die
koopooreenkoms en lening. Of dit aan die formaliteite
van 'n geldige
kodisil of addendum tot 'n testament voldoen, is nie ter sake nie.
Die hof moet op 'n konspek-tus van al die getuienis
bepaal of die
oorledene sy Mercedes Benz aan die ver-weerder vir R150 000 verkoop
het en of hy R27 000 aan horn geleen het.
[13]
Die verweerder se getuienis is dat.hy aanvanklik die voertuig van die
oorledene wou koop vir sy eggenote se gebruik. Hy beweer
daisy ouers
die voertuig na sy plaas toe gebring het. Volgens horn het die
oorledene vir horn gese dat hy dit vir 12 tot 14 dae
moet bestuur en
dan besluit of hy dit wil koop. Sy eggenote het die motor vir 'n paar
dae gebruik en toe vir die verweerder gese
dat hy nie goed trek nie
en dat daar 'n klapgeluid in die enjin is. Hy het dit self bestuur en
bevestig dat dit so is. Hy het toe
die oorledene geskakel en gese dat
hy nie meer die motor wou koop nie, maar dat hy sou sorg dat hy
verkoop word. Hy het daarna
die voertuig oorhanding aan Unicus
Motors, n saak van £n baie goeie vriend. Daar kon nie
onmiddellik fn ko-per gevind word
nie, en die oorledene het "op
sy nek gele" oor die verkoop. Uiteinde-lik is cn koper gevind,
maar die koper het aangedring
dat vier nuwe bande opgesit word en dat
die ratkas vervang word. Hy het die oorledene dienooreenkomstig
ingelig en die oorledene
het ingestem tot die vervanging van die
bande en ratkas. Dit het die prys afgebring tot R150 000. Unicus
Motors is egter gelikwideer
voordat die koopprys betaal is.
[14]
Die verweerder se verweer ten opsigte van die beweerde lening vir die
koop van die elande is volgens die verweerskrif dat die
oorledene die
geld aan horn geskenk-het. Sy getuienis in hierdie verband verskil
egter hemelsbreed van sy verweerskfrif. Hy het
getuig dat hy en sy
vader op die verweerder se plaas op 'n wildbesigtigingsrit was toe 'n
wildhandelaar die verweerder op sy selfoon
geskakel het. Die
handelaar het gese dat hy tien elande op 'n voertuig het wat hy
dringend wil verkoop en het hulle aangebied vir
R54 000. Die
verweerder het die aanbod van die hand gewys. Die oorledene het egter
voorgestel dat hulle elkeen vyf elande koop
wat dan almal op die
verweerder se plaas sou loop. Al die aanteel sou aan die verweerder
toekom. In mil daarvoor moes die verweerder
elke jaar aan die
oorledene 'n geslagte eland le-wer vir die res van die oorledene se
lewe. Hy het ingestem en die wildhandelaar
geskakel en die transaksie
beklink. Volgens die verweerder het hy een geslagte eland aan die
oorledene gelewer voor sy dood. Na
die oorledene se dood het hy geen
elande aan mev Pienaar gelewer nie. Mev Pienaar het ten sterkste
ontken dat die verweerder ooit
'n geslagte eland aan die oorledene
gelewer het en sy weet niks van so 'n ooreenkoms nie.
[15]
Hier is twee onversoenbare weergawes en dit is die taak van die hof
om hulle op te weeg. Die bewyslas rus op die eiseresse.
[16]
Dit blyk uit die getuienis dat daar 'n besonder bitter familietwis
bestaan het tus-sen die verweerder en sy een broer, mnr
C.P.J.
Pienaar aan die een kant, en die oorledene, mev Pienaar en Mnr Danie
Pienaar aan die ander kant. Die twis tussen die verweerder
en mev
Pienaar duur skynbaar steeds voort. Die verweerder het sedert die
begrafnis nog geen woord met haar gepraat nie. Mnr Danie
Pienaar het
getuig dat die verweerder en sy broer, C.P.J. Pienaar, by hulle vader
se begrafnis in die kerk aangekondig het dat
hulle weier om as draers
van die kis op te tree. Hierdie familietwis is egter hoegenaamd nie
gedurende die verhoor uitgepluis nie,
en geeneen van die partye het
die twis voorgehou as 'n motief vir die een of die ander om
leuenagtige getuienis te lewer nie. Ek
is egter bewus daarvan dat die
voile ver-haal nie in die hof geopenbaar is en dat die getuienis
gestroop is van emosies en nuanses.
BEOORDELING
VAN DIE GETUIENIS
[17]
Adv. H. Kriel, wat namens die verweerder opgetree het, het op grond
van mev Pienaar se getuienis betoog dat die kooptransaksie

gekanselleer is. Soos gemeld, het mev Pienaar getuig dat 'n paar dae
nadat die voertuig aan die verweerder gele­wer is, hy
die
oorledene meegedeel het dat hy nie meer die voertuig wil koop nie.
Dit stem tot 'n groot mate ooreen met die verweerder se
getuienis.
Adv. H.C. Bothma, namens die eiseresse, het egter betoog dat die koop
teen daardie tyd reeds perfecta was. Dit skyn
ook die mening van die
oorledene te gewees het, want op 25 Mei 2009 het hy op skrif verklaar
dat die verweerder horn R150 000 skuld
vir die motor. Mev Pienaar het
getuig dat die oorledene baie ongelukkig was daaroor dat die
verweerder horn nie betaal nie.
[18]
Die sogenaamde toevoeging tot die testament bied sterk ondersteuning
vir die saak van die eiseresse. Dit is getuienis dat op
25 Mei 2009
die oorledene van mening was dat die verweerder aan horn R177 000
verskuldig was op grond van die verkoop van die motorvoertuig
en die
lening vir die aankoop van elande. Hoewel dit aan mev Pienaar in
kruisverhoor gesuggureer is dat die oorledene tydens sy
siekte by tye
nie by sy voile positiewe was nie, is daar geen sodanige getuienis
nie. Mev Pienaar, asook Danie Pienaar, het dit
ten sterkste ontken.
Buitendien het die verweerder die oorledene vir die laaste twee
maande voor sy oorlye gladnie besoek nie.
[19]
Omdat dit 'n uitwerking op my beslissing ten opsigte van die Mercedes
Benz het, handel ek eers met die beweerde lening vir
die elande. Ek
het geen huiwering om die verweerder se getuienis in hierdie opsig te
verwerp nie. Sy getuienis hou geen ver-band
met sy verweerskrif nie.
Dit is duidelik dat hy sy regsverteenwoordiger van cn ander weergawe
voorsien het vir die doeleindes van
die opstel van die verweerskrif
as die wat hy aan die hof voorgehou het. Mnr Kriel het betoog dat
word "skenking" losweg
in die verweerskrif gebruik is, en
dat die verweerskrif andersins met die verweerder se getuienis
strook. Dit kan hoegenaamd nie
aanvaar word nie. (n Verweerskrif. is
'n pleitstuk wat deur 'n regsgeleerde opgestel word met die doel om
die geskille duidelik
en noukeurig te formuleer. Daar is geen ruimte
vir die los gebruik van terme nie. Indien die opsteller van die
verweerskrif sulke
los taal gebruik het, is hy skuldig aan ernstige
pligsversuim.
[20]
Mnr Bothma het gesag aan my voorgele tot die effek dat daar £n
vermoede bestaan teen 'n skenking. Ek neem kennis daarvan,
maar weens
die weerspreking tussen die verweerder se verweerskrif en sy
getuienis, verwerp ek sy getuienis, en is dit nie nodig
om op 'n
vermoede te steun nie.
[21]
Die waarskynlikhede ten opsigte van die Mercedes Benz is op 'n
mespunt ge-balanseer. Die skaal swaai egter in die guns van
die
eiseresse weens die klaarblyk-like leuenagtigheid van die verweerder
ten opsigte van die elande. Sy geloofwaar-digheid in geheel
is
hierdeur ernstig besoedel.
GEVOLGTREKKING
[22]
Ek bevind derhalwe op 'n oorwig van waarskynlikhede dat die eiseresse
hulle van hulle bewyslas gekwyt het ten opsigte van beide
eise.
Gevolglik
maak ek die volgende bevel:
1.
Die verweerder word gelas om aan die eerste eiseres in haar
hoedanigheid as
eksekutrise van die boedel van wyle Willem
Francois Pienaar die volgende te betaal:
1.1
Ten opsiqte van Eis 1:
1.1.1
R150 000;
1.1.2
Rente op die bedrag van R150 000 vanaf 7 Julie 2009 tot datum van
betaling teen 15,5% per annum.
1.2
Ten opsiqte van Eis 2:
1.2.1 R27000;
1.2.1
Rente op die bedrag van R27 000 vanaf 7 Julie 2009 tot datum van
betaling teen 15,5% per annum.
2.
Koste van die geding.
J.
HIEMSTRA
WAARNEMENDE
REGTER VAN DIE HOE HOF
Datum
van verhoor: 31 Mei 2012
Datum
van uitspraak: 1Junie2012
Advokaat
vir die eiser:Adv. H.C. Bothma
Prokureur
vir die eiser:Tim du Toit & Kle Ing.
Advokaat
vir die verweerder: Adv. H. Kriel
Prokureur
vir die verweerder: PSN Inc, c/o Van der Merwe & du Toit