About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2012
>>
[2012] ZAGPPHC 81
|
|
Saaiman and Others v Saaiman and Another (70566/10) [2012] ZAGPPHC 81 (24 April 2012)
IN
DIE NOORD GAUTENG HOOGGEREGSHOF,
PRETORIA
(REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA)
SAAKN0MMER:
70566/10
DATUM:24
April 2012
MAGDALENA
ALETTA
SAAIMAN
.............................................................
EERSTE
APPLIKANT
MAGDALENA
ALETTA SAAIMAN
N.O.
...................................................
TWEEDE
APPLIKANT
MAGDALENA
ALETTA SAAIMAN
N.O.
......................................................
DERDE
APPLIKANT
JACOBUS
HENDRIK WOLMARANS
N.O.
................................................
VIERDE
APPLIKANT
V
ANETTE
ELIZABETH
SAAIMAN
.........................................................
EERSTE
RESPONDENT
ANETTE
ELIZABETH SAAIMAN
N.O.
...............................................
TWEEDE
RESPONDENT
UITSPRAAK
VORSTER
WR:
1.
Die applikante eis van die respondente die volgende:
(1)
Dat die eerste respondente gelas word om onmiddelik die bedrag van
R1
393 222,00 aan die tweede applicant te betaal, alternatiewelik aan
die derde en vierde applikante te betaal;
(2)
Dat die eerste respondent gelas word om rente op die gemelde bedrag
te betaal teen 'n koers van 15,5% per jaar, bereken vanaf
5 Desember
2007 tot datum van betaling;
(3)
Dat die tweede respondent verwyder word as 'n trustee van die Saaiman
Trust, 1T2911/95.
Daar
is geen bede vir die betaling van koste in die kennisgewing van mosie
nie. Hierdie oorsig is opgemerk deur die partye. Beide
die applikante
sowel as die respondente het geargumenteer dat 'n kostebevel gemaak
moet word ten gunste van die suksesvolle party.
2.
Die eerste applikant, Magdalena Aletta Saaiman, tree op in haar
persoonlike hoedanigheid asook die hoedanigheid van 'n medetrustee
van die Saaiman Trust en mede-eksekuteer in die boedel van wyle NJL
Saaiman. Die vierde applikant tree op in sy hoedanigheid van
mede-eksekuteer in die bestorwe boedel van wyle NJL Saaiman.
3.
Die eerste respondent is Anette Elizabeth Saaiman in haar
persoonlike hoedanigheid en sy is ook as tweede respondent gevoeg
in
haar hoedanigheid as medetrustee van die Saaiman Trust.
4.
Die eerste applikant en die eerste respondent is onderskeidelik die
oorlewende eggenote en dogter van wyle Nicolaas Johannes
Lambertus
Saaiman. Hy is oorlede op 1 November 2007.
5.
Die geskil in hierdie saak handel oor die opbrengs van 'n lewenspolis
wat uitgeneem is op die lewe van die oorlenene en waarvan
die
opbrengs uitbetaal is in 'n bankrekening van die eerste respondent.
Dit is gemene saak. Dit is ook gemene saak dat die bedrag
gevorder in
bede 1 van die kennisgewing van mosie die opbrengsbedrag van die
betrokke pons is wat aan die bankrekening van die
eerste van die
oorledene uitgeneem is op aandrang van die eerste respondent en dat
sy die premies betaalbaar ten aansien van die
polis uit haar eie
inkomste betaal het van die aanvang van die polis totdat die
oorledene gesterf het. Die polis is uitgeneem op
1 Augustus 1998. Dit
het gebeur onder die volgende omstandighede:
Die
eerste respondent het 'n erflating ontvang van 'n vriend van haar. Sy
het met (n finansiele raadgewer geskakel en is geadviseer
dat die
skepping van 'n trust die beste sou wees om die bate of geld van die
erflating te administreer tot haar voordeel. Sy het
die betrokke
trust opgerig en is *n trustee daarvan. Na aanleiding van daardie
ondervinding het sy besluit om die oorledene, haar
vader, te oorreed
om 'n trust te laat oprig en 'n lewenspolis op sy lewe te laat
uitneem sodat die lewenspolisbedrag, wanneer dit
uitbetaal word by sy
dood, kan toekom aan die trust vir die voordeel van sy
naasbestaandes. Die bevoordeelde in die polis word
aangetoon as
"Saaiman Familie Trust". Dit is gemene saak tussen die
partye dat daardie beskrywing verkeerd was en dat
die betrokke trust
wat bedoel was, die Saaiman Trust was waarvan die eerste applikant en
die eerste respondente aangestel is as
trustees. Daardie aanstelling
is aangeheg by die funderende eedsverklaring as aanhangsel MAS1. By
die verhoor het die eerste respondent
se advokaat 'n magtigingsbrief
ingehandig waarin aangetoon word dat die naam van die eerste
applikant nie meer voorkom op die skriftelike
aanstelling nie maar
wel die naam van die eerste respondent en 'n sekere Petrus Jacobus
Van Schalkwyk. Ek handel hierin later met
die implikasie van hierdie
aanstellingsbrief.
6.
Dit is ook gemene saak dat, toe die polisbedrag uitbetaal moes word
deur die versekeraar, die Saaiman Trust nie 'n bankrekening
gehad het
nie. Die polisbedrag is direk aan die eerste respondent in haar
bankrekening betaal, nadat 'n magtiging om so te doen
verkry is van
die eerste applikant. Die eerste respondent beweer dat sy op die
bedrag geregtig is en dit word betwis deur die applikante.
Die
verweer van die respondente in hierdie verband kan kortliks soos volg
gestel word:
Die
versekeringspremies is deur die eerste respondent uit haar eie sak
betaal en sy maak staat op 'n reeling of ooreenkoms met die
oorledene
dat die betrokke premies by sy oorlye, wanneer die polis uitbetaal,
aan haar terugbetaal sou word met rente. Sy het ook
ander polisse op
die lewe van die oorledene uitgeneem. Daardie polisse is uitbetaal en
dit is gemene saak dat die opbrengs daarvan
in die boedelrekening van
die bestorwe boedel van die oorledene inbetaal is. Sy het ook 'n
berekening gemaak van die premies wat
ten aansien van daardie polisse
deur haar betaal is en tesame met rente 'n totaal bereken. Die totaal
wat sy bereken het tesame
met die totaal van die premies wat sy op
die lewenspolis, waaroor hierdie saak gaan, betaal het met rente
beloop volgens haar meer
as die uitkeerbedrag van die polis.
Gevolglik is haar standpunt dat sy daarop geregtig is.
7.
Op die meriete van hierdie saak is die kernvraag of die eerste
respondent geregtig is om die premies wat sy betaal het op die
betrokke lewenspolis en rente daarop in skuldvergelyking te bring met
haar aanspreeklikheid om daardie bedrag aan die trust, synde
die
bevoordeelde ingevolge die polis te betaal. Skuldvergelyking is
alleenlik moontlik indien die skuldverhouding tussen twee persone
bestaan en daar wederkerige skulde tussen daardie twee persone direk
teenoor mekaar bestaan. Die skuld van elkeen teenoor die ander
word
afgesit teenoor die geldige eise van elkeen teenoor die ander. Die
resultaat lewer 'n bedrag wat dan by wyse van skuldvergelyking
betaalbaar word, of 'n verminderde bedrag wat betaalbaar word nadat
skuldvergelyking toegepas is. Dit is gevestigde reg. Ek is
van
oordeel dat die beroep op skuldvergelyking deur die eerste applikant
nie kan opgaan nie. Volgens haar weergawe is 'n verstandhouding
of
ooreenkoms met die oorlede bereik deur haar waar kragtens sy die
premies van die lewenspolis sou betaal en sy maak staat op
daardie
verstandhouding of ooreenkoms vir die reg om daardie premies terug te
vorder met rente wanneer die polis uitbetaal. Die
eenvoudige probleem
met daardie benadering is dat die oorledene nie geregtig sou wees op
uitbetaling van die lewenspolisbedrag
nie, maar wel die bevoordeelde
wat benoem is, naamlik die Saaiman Trust. Die oorledene was in lewe
nooit 'n trustee van die Saaiman
Trust nie. Hy was wel 'n
inkomstebegunstigde van daardie trust. Hy kon nie die Saaiman Trust
verbind tot 'n verpligting om die
lewenspolispremies terug te betaal
aan die eerste applikant nie. In elkgeval het die ooreenkoms of
verstandhouding, soos beweer
deur die eerste respondent, plaasgevind
voordat die Saaiman Trust opgerig is. Sy stel dit soos volg in
paragraaf 46.6 van die antwoordende
eedsverklaring:
"Dit
was 'n bono fide besluit wat my vader, nadat hy advies van Mnr.
Lombaard ontvang het, $eneem het om die poUsse uit te
neem en ek het
te goeder trou, onderhewig daaraan dat alle premies wat deur my
betaal word aan my terug betaal sou word, plus rente,
ingestem om dit
te betaal."
8.
Die aangehaalde bewering van die eerste respondent in haar
antwoordende
eedsverklaring bewys, na my oordeel, geen ooreenkoms
soos waarop sy staatmaak
nie, en wel vir die volgende redes: Sy
verwys na 'n bona fide besluit van die
oorledene op advies van
Mnr. Lombaard om die polisse uit te neem. Daarna gaan sy
voort om
te se:
"Ek
het te goeder trou, onderhewig daaraan dat die premies wat deur my
betaal word aan my terug betaal sou word, plus rente
ingestem om dit
te betaal."
Daar
word nerens gese dat dit 'n uitdruklike ooreenkoms of selfs *n
stilswyende ooreenkoms tussen die eerste applikant en die oorledene
was nie. Selfs al sou dit so wees, is dit nie te verklaar waarom die
eerste respondent te goeder trou sou instaan om die premies
te betaal
as daar 'n duidelike ooreenkoms was dat die premies aan haar terug
betaal sou word nie. By 'n bindende kontrak is goeder
trou nie ter
sake nie. Die kontraktuele verbintenis is dit waarop ooreengekom is
en niks meer of niks minder nie. Op die gesigswaarde
van wat die
eerste respondent beweer is die goeder trou waarop sy staatmaak dat
die premies aan haar terug betaal sou word, 'n
reservatio mentalis
wat nie duidelik gestel is en wat nie uitdruklik deel gevorm het van
die konsensus tussen haar en die oorledene
tydens die betrokke
gesprek nie. Ek bevind gevolglik dat daar geen feite geskil is op die
kardinale vraag of daar so 'n ooreenkoms
bestaan het soos waarop die
eerste respondente staat maak of nie. Al sou daar so 'n ooreenkoms
bestaan het (wat ek bevind nie die
geval was nie), sou daardie
ooreenkoms haar in elkgeval nie in staat stel om skuldvergelyking toe
te pas teenoor die trust, synde
die polis bevoordeelde en haarself
nie omdat die Saaiman Trust nooit 'n party was tot daardie ooreenkoms
soos deur haar beweer
nie.
9.
Die locus standi van die tweede applikant as trustee is deur die
respondente aangevalin paragraaf 19 van die antwoordende
eedsverklaring
se die eerste respondent dat sy
in proses was om
die eerste applikant as trustee te laat vervang deur 'n sekere Pieter
Van Schalkwyk. Tydens die verhoor is 'n magtigingsbrief
van die
Meester ingedien
waarin dit blyk dat die huidige trustees van
Saaiman Trust die eerste respondente en Petrus Johannes Van Schalkwyk
is. Dit het die
vraag laat ontstaan of die eerste
applikant in
enige van haar twee hoedanighede locus standi het om die regshulp in
die kennisgewing van mosie te vorder. Ek meen
dat sy wel daardie
locus standi het as
'n inkomste bevoordeelde van die Saaiman
Trust. Ek meen dat daar gesag is vir hierdie standpunt in die
beslissing van Gross and
Others v Pentz 1996(4) SA 617 A. Sy sou op
dieselfde gronde ook na my mening locus standi he om te vra vir die
verwydering van
die eerste applikant as trustee van die Saaiman
Trust, indien daar bewys is dat die optrede van die eerste respondent
onbehoorlik
was of neerkom op 'n belange botsing tussen haarself as
medetrustee en die trust. Ek meen dit is duidelik dat daar wel 'n
belange
botsing tussen die eerste respondent en die trust is. Hierdie
aansoek en die standpunt van die eerste respondent in haar
bestrydende
eedsverklaring is afdoende bewys daarvan. Sy ontvang die
polisgeld wat uitbetaal na die oorledene se dood in haar eie
bankrekening
terwyl die polisgeld die trust toekom en maak staat op
'n misplaasde beroep op skuldvergelyking om daardie polisgeld vir
haarself
te hou. Gevolglik bevind ek dat die eerste applikante 'n
saak uitgemaak het vir die verwydering van die eerste respondent as
trustee
van die Saaiman Trust. Wat koste aanbetref, word geen koste
gevorder in die kennisgewing van mosie nie. Dit was tydens argument
aan my meegedeel dat die partye 'n kostebevel wil he ten gunste van
die suksesvolle party in hierdie saak. Ek maak die volgende
bevel:
1.
Die eerste respondent word gelas om onmiddellik die bedrag van R1 393
222.00 aan die Saaiman Trust Nommer IT2911 /95 te betaal;
2.
Die eerste respondent word gelas om rente op die vermelde bedrag te
betaal teen 'n koers van 15,5% per jaar, bereken vanaf 5
Desember
2007 tot datum van betaling;
3.
Die tweede respondent word verwyder as trustee van die Saaiman Trust,
IT2911/95;
4.
Die eerste respondent word gelas om die applikante se koste te
betaal.
LI.
VORSTER
WAARNEMENDE
REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF
Verskyninq:
Applikant
se Prokureur: Tim du Toit Et Kie ingelyf
Applikant
se Advokaat: Adv. MP van der Merwe
Respondent
se Prokureur: Burden & Swart Prokureurs
Respondent
se Advokaat: Adv. C Erasmus
Datum
aangehoor: 17 April 2012
Datum
van Uitspraak: 24 April 2012