Buitendach v South Vereeniging Properties (Edms) Bpk (12942/2007) [2012] ZAGPPHC 78 (13 April 2012)

55 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Nullity of contract — Knowledge of nullity for purposes of prescription — Plaintiff entered into a purchase agreement on behalf of a non-existent trust and later sought repayment after being advised of the contract's nullity — Defendant raised a special plea of prescription, arguing that the claim had lapsed — Court held that the plaintiff's awareness of the contract's nullity did not affect the start of prescription, which commenced upon the payments made — Plaintiff's claim for repayment was barred by prescription, and the defendant's plea succeeded.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2012
>>
[2012] ZAGPPHC 78
|

|

Buitendach v South Vereeniging Properties (Edms) Bpk (12942/2007) [2012] ZAGPPHC 78 (13 April 2012)

RAPPORTERTEERBAAR
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(NOORD
GAUTENG, PRETORIA)
Saaknommer:
12942/2007
Datum
aangehoor: 07/03/2012
Datum
van uitspraak: 13/04/2012
In
die saak tussen:
Riaan
Buitendach
................................................................................................................
Eiser
en
South
Vereeniging Properties (EDMS)
Bpk
...............................................................
Verweerder
UITSPRAAK
DU
PLESSIS:
Hierdie
is 'n gestelde saak. Die vraag voor die hof is of die grootste deel
van die eiser se eis verjaar het.
Op
2 Junie 2003 het die eiser namens 'n trust wat gestig sou word 'n
koopkontrak onderteken waarvolgens die trust 'n plaas en implemente

van die verweerder sou koop. Ter betaling van die koopprys het die
eiser op 3 Junie 2003 R400 000, op 17 Februarie 2004 R100 000
en op 1
Junie 2004 R75 000 aan die verweerder betaal.
In
April 2006 is die eiser deur sy prokureur geadviseer dat die
koopkontrak nietig is. Hy het op grond van die advies aksie ingestel

vir terugbetaling van die geld wat hy ingevolge die kontrak betaal
het.
Die
saak is in 2009 vir verhoor geplaas en die partye het destyds
ooreengekom dat die hof op daardie stadium slegs gevra sou word
om te
beslis of die koopkontrak inderdaad nietig is. Hierdie hof het beslis
dat die kontrak nietig is omdat die eiser nie persoonlik
opgetree het
nie maar as agent vir 'n nie-bestaande prinsipaal
1
:
die trust het ten tye van die sluiting van die kontrak nie bestaan
nie
2
.
Voorts is bevind dat die eiser nie persoonlik aanspreeklik is nie
omdat hy nie die bestaan van sy volmag gewaarborg het nie.
Die
verweerder pleit dat die eiser se eis vir terugbetaling van die R400
000 wat op 3 Junie 2003 betaal is en van die R100 000 wat
op 17
Februarie 2004 betaal is, verjaar het. Ingevolge reel 33(4) van die
hooggeregshofreels is dit slegs daardie pleit van verjaring
wat nou
beslis moet word en dit is vir daardie doel dat die partye 'n
gestelde saak opgestel het.
Die
toepasiike verjaringstermyn is drie jaar.
3
Ingevolge artikel 15(1) van die Verjaringswet word verjaring gestuit
deur die betekening van 'n dagvaarding waarvolgens die betrokke
skuld
opgeeis word. Dagvaarding is op 24 April 2007 op die verweerder
beteken. Die geskil tussen die partye is wanneer verjaring
ten
opsigte van die betalings van 3 Junie 2003 en 17 Februarie 2004 begin
loop het.
Volgens
artikel 12(1) van die Verjaringswet, 68 van 1969 begin, met sekere
uitsonderings, verjaring van 'n skuld loop "sodra
die skuld
opeisbaar is". Artikel 12(3) bepaal: '"n Skuld word nie
geag opeisbaar te wees voordat die skuldeiser... van
die feite
waaruit die skuld ontstaan, kennis dra nie Luidens die gestelde saak
was die eiser, toe hy die koopkontrak geteken het,
daarvan bewus dat
hy dit namens h trust wat gestig sou word, teken. Hy het ook bedoei
om dit in daardie hoedanigheid te teken.
Die eiser het dus, so is in
die gestelde saak ooreengekom, sedert kontraksluiting kennis gedra
van die feite wat die kontrak se
nietigheid tot gevolg gehad het. Die
eiser was egter, steeds luidens die gestelde saak, nie bewus daarvan
dat daardie feite tot
gevolg het dat die kontrak nietig is nie.
Daarvan het hy eers in April 2006 bewus geword nadat hy met sy
prokureur gekonsuiteer
het. Van die betalings wat hy gemaak het, was
die eiser natuurlik elke keer bewus op die datum waarop hy dit betaal
het.
Die
eiser voer aan dat hy nie kragtens artikel 12(3) van al die ter
saaklike feite bewus was voordat hy nie in April 2006 geadviseer
is
dat die kontrak nietig is nie. Die verweerder voer aan die kennis dat
die kontrak nietig is nie vir doeleindes van artikel 12(3)
ter sake
is nie. Gevolglik het verjaring ten aansien van elke betaling begin
loop op die datum waarop die betaling gemaak is.
Die
vraag wat beslis moet word, is dus die volgende: Is die eiser se
kennis dat die kontrak regtens nietig is een van die "feite

waaruit die skuld ontstaan" soos bedoei in artikel 12(3) van die
Verjaringswet?
In
Van Staden v Fourie
1989 (2) SA 200
(A) op 216G het die appelhof
uitdruklik geen mening uitgespreek "oor die moontltkheid dat die
nietigheid van 'n kontrak in
'n gepaste geval 'n feit vir doeleindes
van artike! 12(3) van die Verjaringswet kan wees nie".
In
Claasen v Bester 2011 JDR 1588 (SCA)
4
het die eiser die koopprys ontvang en grond getransporteer ingevolge
'n nietige koopkontrak
5
.
Hy het aksie ingestel vir 'n verklarende bevel dat die kontrak nietig
of vernietigbaar is en hy het, teen terugbetaling van die
koopprys,
terugtransportering van die grond geeis. Verjaring is geopper en die
vraag was of die feit dat die eiser onbewus daarvan
was dat die
kontrak nietig is, 'n feit is vir doeleindes van artikel 12(3).
In
paragrawe 13 tot 16 van die Claasen-saak het die hof bevind dat ander
beslissings van die Hoogste Hof van Appel nie die vraag
oopgelaat het
wat in die Van Staden-saak oopgelaat is nie. Met eerbied het die
vraag egter nie in daardie ander beslissings pertinent
ter sprake
gekom nie: Wat daar ter sprake was, was die vraag of Yi eiser wat van
al die feite wat 'n skuldoorsaak uitmaak bewus
is, ook bewus moet
wees dat daardie feite regtens 'n eis fundeer.
6
Hoe
dit ook al sy, in paragraaf 16 van die die Claasen-saak is pertinent
beslis dat die feit dat die eiser gemeen het die kontrak
is
afdwingbaar, nie ter sake is vir doeleindes van verjaring nie. Die
advokate het hierdie saak benader op die basis dat die Claasen-saak

bindende gesag is vir die stelling dat die nietigheid van 'n kontrak
nooit'n feit kan wees vir doeleindes van artikel 12(3) nie.
Die
uitspraak kan so verstaan word, maar "nooit" is in die
konteks van die presedente-leer 'n groot woord. 'n Algemene
stelling
wat wyer gaan as wat die feite van 'n bepaalde saak vereis, is selde
(nie nooit nie) van toepassing op elke denkbare geval
wat voor 'n hof
kan dien.
Byvoorbeeld,
om te slaag met 'n verrykingseis gegrond op die conditctio indebiti
moet 'n eiser wat aanvoer dat hy ingevolge 'n nietige
kontrak
presteer het, bewys dat hy presteer het onder die foutiewe maar
redelike indruk, of die verskoonbare indruk, dat die kontrak
regtens
geldig is. Hy moet ook beweer en bewys dat die kontrak inderdaad
regtens nietig is. Met eerbied kan 'n te wye toepassing
van die
Claasen-saak tot gevolg he dat die reg vereis dat 'n eiser moet bewys
dat hy op 'n bepaalde dag onbewus was daarvan dat
'n kontrak nietig
is maar dat die reg terselfdertyd aanvaar dat hy op of voor daardie
dag geweet het die kontrak is nietig. Verder,
die appeihof het reeds
bevind dat, vir doeleindes van die condictio indebiti, daar geen
beginselverskil tussen feitedwalings en
regsdwalings is nie.
7
Dit wil dus met respek voorkom asof'n regskonklusie dat die kontrak
nietig is soms wel een van die feite kan wees waaruit die skuld

ontstaan. Vir redes wat volg gaan ek nie verder op die vraag in nie
en oorweeg ek nie die wisselwerking tussen die Claasen-saak
en die
gesag vermeld in voetnoot 7 nie. Luidens die ooreengekome feite was
die eiser, toe hy betaal het, bewus daarvan dat hy namens
h trust
gekontrakteer het. Dit volg onomwonde dat, toe hy persoonlik betaal
het, hy geweet het hy is nie die geld verskuldig nie.
In hierdie saak
is die nietigheid al dan nie van die kontrak dus nie as 'n feit ter
sake vir doeleindes van verjaring nie. Dit
staan vas dat die eiser op
datum van betaling geweet het die betaling is onverskuldig al het hy
nie geweet die kontrak is nietig
nie.
Dit
volg dat die verweerder se spesiale pleit van verjaring moet siaag.
Die eiser se eis vir terugbetaling van die betalings wat
hy op 3
Junie 2003 en op 17 Februarie 2004 gemaak het, is deur verjaring
uitgewis.
Ooreenkomstig
die partye se gestelde saak word die volgende bevel dus gemaak:
1.
Ten aansien van die eiser se eise vir terugbetaling van die bedrag
van R400 000 wat op 3 Junie 2003 betaal is en die bedrag van
R100 000
wat op 17 Februarie 2004 betaal is, slaag die verweerder se spesiale
pleit van verjaring.
2.
Die eiser word gelas om die koste verbonde aan die verjaringspleit,
insluitende die koste van die verhoor daarvan, te betaal.
B.R.
du Plessis Regter van die Hooggeregshof
Namens
die eiser: Jasper Van Der Westhuizen & Bodenstein Ing.
Kerkstraat
887 Arcadia Pretoria
Adv.P.M.
Van Ryneveld
Namens
die Verweerder:Van Zyl Le Roux & Hurler ing.
Eerste
Vioer
Monument
Office Park, Blok 3 HA/ Steenbokiaan & Elephantstraat
Monumentpark Pretoria
Adv.
L. De Koning SC
1
Die
trust wat gestig sou word.
2
Dit
b!yk nie onomvonde lift die gestelde saak nie, maar dit wil voorkom
asof die trust nooit tot stand gekom het nie.
3
Artikel 11(d) van die Verjaringswet.
4
(872/10)
[2011 ] 197 ZASCA (23 November 2011).
5
Vir
redes wat nie nou ter sake is nie, het die reel wat uit
Wilken
v Kohler
1913 AD
135
blyk, nie ter sprake gekom nie.
6
Vgl.
Truter
v Deysel
[2006] ZASCA 16
;
2006 (4) SA 168
(SCA)
te
paragraaf 20;
Minister
of Finance v Gore
2007 (1) SA 111
(SCA)
te
paragraaf
1
7;
Yellow Star Properties v MEC, Department of Planning and Local
Government
[2009| 3 All SA 475
(SCA)
te
paragraaf
37.
7
Willis
Faber Einthoven (Pty) Ltd v Receiver of Revenue and Another
[1991] ZASCA 163
;
1992 (4)
SA 202
(A)
op
224B tot C.