About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2012
>>
[2012] ZAGPPHC 38
|
|
Le Roux v Land and Agricultural Development Bank of South Africa (42140/2010) [2012] ZAGPPHC 38 (9 March 2012)
IN
DIE NOORD GAUTENG HOE HOF.
PRETORIA
/ES (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA)
SAAKNO:
42140/2010
DATUM:09/03/2012
IN
DIE SAAK TUSSEN
GERHARDUS
LE
ROUX
.................................................................................................
EISER
EN
THE
LAND AND AGRICULTURAL DEVELOPMENT
BANK
OF SOUTH
AFRICA
...............................................................................
VERWEERDER
UITSPRAAK
PRINSLOO.
R
[1]
Hierdie uitspraak moet saamgelees word met die volledige uitspraak in
die sogenaamde "toetssaak" van Ryton Estates
(Edms) Bpk en
twee ander v Die Land Bank, saak no 33482/2010. In daardie uitspraak
het ek reeds verwys na 'n paar kort uitsprake
wat daarop sou volg wat
te doen het met soortgelyke eise van boere teen die Land Bank. Ek sal
na die uitspraak in die "toetssaak"
verwys as "die
hoofuitspraak".
[2]
In die hoofuitspraak het ek my reeds uitgelaat oor die sogenaamde
"koersdehat" en "berekeningsdebat". Uit
die aard
van die saak is ek nie voornemens om enige van daardie onderwerpe
weer, vir doeleindes van hierdie kort uitsprake, onder
die loep te
neem nie.
[3]
Die enigste addisionele onderwerp wat 'n bespreking behoef en wat nie
in die hoofuitspraak te berde gekom het nie, is die Land
Bank se
pleit van verjaring. Dit geld hierdie eis van Le Roux asook die eise
van Buhrmann en Uitgezocht Beleggings Bk wat apart
behandel word. In
die oorblywende geval van Brits, word verjaring nie geopper nie.
[4]
Al die sake is in die "toetssaak" se verhoor behandel. Mnr
Le Roux, die huidige eiser, het ook daar voor my getuig.
[5]
Die gelde wat aan die onderskeie eisers betaalbaar is, afhangende van
die scenario waarop ek sou besluit, is ook bereken en
getabuleer in
die "toetssaak". Die betrokke herberekenings maak deel uit
van die rekord in daardie saak.
Inleiding
[6]
Tussen 1984 en 1989 het die eiser, wat naby die plekkie Muden, in die
Weenen distrik in Natal geboer het, drie lenings by die
Land Bank
aangegaan: R100 000,00 op 13 April 1984 onder rekening no 21481; R45
000.00 op 11 Oktober 1985 rekening no 21482; en
R220 200,00 op 14
Junie 1989 rekening no 21483.
[7]
Die eerste lening was om die plaas Mooidraai in die Weenen distrik te
koop, die tweede lening om 'n huis daarop te bou en die
derde lening
om 'n naburige plaas te koop.
[8]
Die eiser het daar geboer vanaf 1984 tot 2006. Volgens sy getuienis
is sy plaas. asook naburige plase, deur "Land Affairs"
uitgekoop. Hy was toe "omsingel gewees deur onvriendelike
gemeenskap". Misdaad was aan die orde van die dag en sy produkte
is gesteel. Dit het horn genoop om sy plase te verkoop en met die
opbrengs is die drie lenings, almal op 3 Mei 2006, afgelos.
Volgens
die betoogshoofde wat die advokate van die eisers voorberei het, is
dit gemene saak dat die eiser die volgende bedrae uiteindelik
ten
opsigte van die drie lenings betaal het:
op'die
R220 200,00 het hy R542 931.30 betaal; op die R45 000,00 het hy R72
206,51 betaal; en op die R100 000,00 het hy R223 481,77
betaal.
Die
spesiale pleit van verjaring
[9]
Daar is 'n spesiale pleit ten opsigte van elk van die drie eise
geliasseer. Die verwere is op dieselfde grondslae gebaseer.
[10]
Dit is gerieflik om die tersaaklike paragrawe van die spesiale pleit
ten opsigte van die eerste eis aan te haal:
"2.
On 3 May 2006 the plaintiff elected to effect the repayment on his
account in respect of the full outstanding balance as
calculated by
the defendant, including the default interest and other charges.
3.
By that date (3 May 2006), the plaintiff had knowledge of the
identity of the debtor and of the facts from which the debt upon
which his claim against the defendant is based arose, such debt
having arisen by then.
4.
Accordingly, in terms of section 12(3) of the Prescription Act 68 of
1969 (the Act) the debt in question became due and prescription
commenced running on the debt on which the plaintiff sues on the said
date.
5.
Alternatively to paragraphs 1 to 4 above the plaintiff could, with
the exercise of reasonable care, have acquired knowledge of
the
identity of the debtor and of the facts from which the debt (upon
which his claim is based) arose by virtue of the following:
5.1
as from May 2003 the defendant dispatched to the plaintiff
quarterly
bank statements and/or reminders and/or letters,
which:
(a)
on a proper consideration thereof, the plaintiff would or ought to
have become aware that the defendant calculated and debited
compound
interest to the account;
(b)
on a proper perusal thereof, the plaintiff would or ought to have
become aware that the defendant levied administration fees
contrary
to the loan agreement which did not make provision therefore;
5.2
the plaintiff also, and in any event, deducted. the administration
fees levied by the defendant for tax purposes as from May
2003;
5.3
on 3 May 2006 the plaintiff settled his account in full with the
defendant;
5.4
accordingly, any claim by the plaintiff for the repayment of monies
became due and prescription commenced running on the debt
on which
the plaintiff sues on 3 May 2006 and certainly prior to 23 July 2010.
6.
The relevant period of prescription is three years in terms of
section 11 (d) of the Act.
7.
The summons was served on the defendant on 23 July 2010, which is
more than three years after the debt became due.
8.
In the premises the plaintiffs claim has become extinguished by
prescription in terms of the Act.
Wherefore
the defendant prays that the plaintiffs claim be dismissed with
costs."
[11]
Artikel 12 van die Verjaringswet 68 van 1969 (die Engelse teks) is
gepromulgeer onder die opskriffie "when prescription
begins to
run" en artikels 12(1) en 12(3) lees soos volg:
"(1)
Subject to the provisions of subsections (2), (3), and (4),
prescription shall commence to run as soon.as the debt is
due.
(3)
A debt shall not be deemed to be due until the creditor has knowledge
of the identity of the debtor and of the facts from which
the debt
arises: Provided that a creditor shall be deemed to have such
knowledge if he could have acquired it by exercising reasonable
care."
[12]
Ek neem aan dat die Land Bank pleit dat die skuld opeisbaar en
betaalbaar geword het op 3 Mei 2006, toe die laaste gelde betaal
is,
omdat die eis gebaseer is op die condictio indebiti, soos ek
verduidelik het in die hoofuitspraak. Al die eisers voer aan dat
hulle verkeerdelik, maar ter goeder trou, te veel rente aan die Land
Bank betaal het en daarom geregtig is op 'n terugbetaling.
Omdat
daar eers gedagvaar is meer as drie jaar na Mei 2006. word aangevoer
dat die eis verjaar het.
[13]
In die alternatief word gepleit, met verwysing na artikel 12(3), dat
die eiser, deur die uitoefening van redelike sorgsaamheid,
betyds die
feite waarop hy sy eis kon baseer, kon vasgestel het en daardeur kon
verhoed het dat die eis verjaar. Ter ondersteuning
van hierdie pleit
voer die verweerder aan dat hy gereeld aanmanings en kennisgewings
aan die eiser gestuur het waaruit laasgenoemde
sou moes kon vasstel
dat saamgestelde rente gehef word en ook dat sekere administrasie
koste en boetes gehef word waarop die verweerder
nie geregtig is nie.
[14]
Die eiser het getuig dat hy van beroep 'n boer was. Hy is nie 'n
rekenkundige nie. Hy het by die Land Bank aangeklop vir lenings
omdat
laasgenoemde se rentekoers op daardie stadium baie meer gunstig was
as die van handelsbanke. "Hulle was ook meer simpatiek
teenoor
voornemende boere gewees om eiendom te bekom." Volgens horn was
dit eintlik die boere se bank.
Hy
antwoord soos volg op 'n vraag in hoof getuienis:
"Kon
u vroeer in u lewe aksie ingestel het teen Land Bank? — Ek het
nooit die kennis gehad of die vermoede gehad dat
Land Bank tot so
iets in staat was. Ek het hulle ten voile vertrou." Oor hierdie
getuienis is die eiser glad nie gekruisvra
nie.
[15]
In November 2009 het die eiser 'n artikel in die Landbouweekblad
"raakgelees" wat daarop dui dat die Land Bank te
veel rente
hef teen boere en daar was 'n advertensie wat boere uitnooi om
herberekenings te laat doen.
Hierdie
advertensie het ek reeds na verwys in die hoofuitspraak. Dit is
geplaas deur die eisers se prokureur van rekord, met die
toestemming
van die Prokureursorde. Dit het vir die eerste keer in
Landbouweekblad van 6 November 2009 verskyn. Hierdie feit het
die
opdraggewende prokureur, wat ook voor my getuig het, bevestig.
Die
tersaaklike deel van die advertensie lees soos volg:
"Land
Bank het enorme foute gemaak met hulle berekeninge van rentes en
kostes wat teen leningsrekenings debiteer is en het
dit ook reeds in
die media toegegee.
Indien
u 'n bestaandc lening het of reeds 'n lening terugbetaal het, kan ons
u help om oorverhaalde bedrae van Land Bank terug te
vorder nadat ons
u rekening(s) herbereken het.
Daar
is reeds ongeveer R25 miljoen terugverhaal."
Laasgenoemde
feit het die prokureur, mnr Botha, ook in getuienis bevestig.
[16]
Oor al hierdie getuienis, en dat die eiser eers in November 2009 vir
die eerste keer besef het dat hy moontlik 'n eis teen
die Land Bank
het, is hy glad nie gekruisvra nie. Tot hierdie mate is sy getuienis
onbetwis.
[17]
In Evins v Shield Insurance Co Ltd
1980 2 SA 814
(A), waar verjaring
ter sprake gekom het, word die ontstaan van die eisoorsaak, vir
doeleindes van berekening van verjaring, behandel
op 838D-H. Die
geleerde Appelregter verwys na die saak van Abrahamse & Sons v SA
Railways and Harbours
1933 CPD 626
, as
"A
case concerning the prescription of a claim against the Railway
Administration, which turned on the question as to when
the
plaintiffs cause of action arose ..." waar die geleerde regter
die volgende gese het:
"The
proper legal meaning of the expression 'cause of action' is the
entire set of facts which gives rise to an enforceable
claim and
includes every fact which is material to be proved to entitle a
plaintiff to succeed in his claim. It includes all that
a plaintiff
must set out in his declaration in order to disclose a cause of
action. Such cause of action does not 'arise' or 'accrue'
until the
occurrence of the last of such facts and consequently the last of
such facts is sometimes loosely spoken of as the cause
of action."
[18]
In hierdie geval is dit myns insiens duidelik dat die eiser nie die
feite waarop hy kon dagvaar geken het alvorens die herberekening
gedoen is nie. Die dagvaarding is gerieflik binne drie jaar na
daardie tydstip beteken.
[19]
Namens die eisers is daar. lereg na my mening, betoog dat 'n
skuldeiser eers verwyt kan word dat hy nie redelike sorg aan die
dag
gele het nie indien daar vroeer aanduidings was wat 'n redelike
persoon in die omstandighede van hierdie boere sou iaat onraad
vermoed het en laat optree het.
In
die huidige geval het nie een van die eisers rekenkundige kennis
gehad nie. Dit is selfs moontlik dat die Land Bank selfs eers
op 'n
latere stadium besef het dat daar foute gemaak is, veral met die
debitering van boetes en administrasie koste. Dit was eers
toe die
polemiek oor die rente wat die Land Bank gehef het in die
Landbouweekblad te berde gekom het dat daar aanduidings was dat
sake
moontlik nie pluis was nie.
Dit
is dus duidelik dat hierdie eiser (en die ander) nie voor 2009 bewus
was van die feite wat die skuldoorsake ten grondslag kon
le nie en
dat hulle nie geag kan word om sodanige kennis te gehad het omdat
hulle nie die nodige sorg aan die dag gele het nie.
Soos ek reeds
gese het, is hierdie eiser (en die andere) nie hieroor gekruisvra
nie.
[20]
In Gericke v Sack
1978 1 SA 821
(A) op 827H - 828C is beslis dat die
skuldenaar (in hierdie geval die Land Bank) die bewyslas dra om aan
te toon dat die eiser
die nodige kennis gehad net ten opsigte van sy
skuldoorsaak om betyds te kon dagvaar.
[21]
Na my mening het die verweerder nie daarin geslaag om hierdie
bewyslas te kwyt nie. Die feit dat die eiser in kruisondervraging
erken het dat hy gereeld kennisgewings van die verweerder ontvang
het, bv van die besluit om oor te skakel na maandelikse heffings
van
saamgestelde rente, en die heffing van administrasie koste en boetes,
beteken nie dat hy. as 'n leek, besef het dat die bank
besig is om
onreelmatig op te tree en dat daar 'n eis oorsaak teen die bank
ontstaan het nie. Sien ook Olpin v Administrator, Cape
1995 4 SA 850
(CPD) op 862B-E.
[22]
Onder hierdie omstandighede is ek van mening dat die spesiale pleit
van verjaring nie gehandhaaf kan word nie. Dit word afgewys.
Die
pleit on die meriete
[23]
Soos in die geval van die "toetssaak" is die pleit ook op
'n laat stadium gewysig. Die jongste weergawe van die pleit
het eers
in September 2011 die lig gesien. Dit kom in 'n groot mate ooreen met
die laaste pleit in die "toetssaak". Ek
het reeds daarme
gehandel in die hoofuitspraak en is nie voornemens om verdere
oorweging daaraan te gee vir doeleindes van hierdie
uitspraak nie.
[24]
Ek voeg by dat die verweerder geen getuienis van enige aard aangebied
het, benewens Strydom se herberekenings waarna verwys
is in die
hoofuitspraak, ten opsigte van die besonderhede van hierdie betrokke
eis nie.
Gevolgtrekkings
en bedrae wat betaalbaar is
[25]
In die hoofuitspraak het ek verwys na die gesamentlike notule van die
deskundiges Whelpton en Strydom.
Ek
het ook verwys na die feit dat die verweerder toegegee het dat hy in
sekere opsigte die rente verkeerd bereken en gehef het en
dat daar
gelde aan al die eisers verskuldig is.
[26]
Ek het ook reeds daarop gewys dat dit gemene saak is dat die
verweerder reeds sekere terugbetalings aan sekere eisers gemaak
het.
Hierdie terugbetalings moet in verrekening gebring word by berekening
van die eisers se toekennings. In die geval van hierdie
eiser, Le
Roux, is geen terugbetalings gemaak nie.
[27]
In terme van die "oornag berekening" waarna in die
hoofuitspraak verwys is, en
waarop die toekennings myns insiens
bereken moet word, is die volgende gelde
aan hierdie eiser
betaalbaar:
rekening 21481 R9 418,90
rekening
21482 R2 480,41
rekening
21483 R19 996,36
Die
koste
[28]
Voor my was dit nie emstig in geskil dat die koste van twee advokate
toegelaat behoort te word nie.
[29]
Al hierdie sake het in die "toetssaak" onder die loep
gekom. Die verhoor het elf dae geduur. Aan beide kante is die
dienste
van twee advokate ingespan. Ek meen nie dit sou billik wees om, wat
die koste van twee advokate betref, te onderskei tussen
die "kleiner"
sake en die Ryton saak nie.
Die
mora datum
[30]
Aanvanklik was daar 'n geskil oor die datum van wanneer rente bereken
moet word op hierdie toekennings.
[31]
Uiteindelik was die partye dit eens dat rente bereken moet word vanaf
datum van betekening van die dagvaarding, wat in hierdie
geval 23
Julie 2010 is.
Die
bevel
[32]
Ek maak die volgende bevel:
1.
Vonnis word toegestaan ten gunste van die eiser teen die verweerder
in die bedrae van R9 418,90, R2 480,41 en R19 996,36 onderskeidelik.
2.
Die verweerder word gelas om rente op bogenoemde bedrae te betaal
teen 15,5% per jaar bereken vanaf 23 Julie 2010 tot datum
van
betaling.
3.
Die verweerder word gelas om die koste te betaal, wat die koste van
twee advokate sal insluit asook die kwalifiserende fooie,
waar van
toepassing, ten opsigte van die deskundiges Roodt en Whelpton.
WRC
PRINSLOO
REGTER
VAN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF
42140-2010
GEHOOR
OP: 21 NOVEMBER TOT 12 DESEMBER 2011 (11 DAE)
VIR
DIE EISER: A F ARNOLDI SC EN C F J BRAND
IN
OPDRAG VAN: BOTHA COETZER & SMITH INGELYF
VIR
DIE VERWEERDER: T W BECKERLING SC EN M SAW'YER
IN
OPDRAG VAN: VELILE TINTO EN VENNOTE