Brits v Land and Agricultural Development Bank of South Africa (42146/2010) [2012] ZAGPPHC 37 (9 March 2012)

55 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Condictio indebiti — Claim for repayment of interest — Plaintiff sought recovery of interest erroneously charged by the defendant, the Land and Agricultural Development Bank — Three loans were granted to the plaintiff, all of which were repaid — Court awarded amounts due on each claim, with interest calculated from the date of service of summons — Defendant ordered to pay costs, including those of two advocates.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2012
>>
[2012] ZAGPPHC 37
|

|

Brits v Land and Agricultural Development Bank of South Africa (42146/2010) [2012] ZAGPPHC 37 (9 March 2012)

IN
DIE NOORD GAUTENG HOE HOF.
PRETORIA
/ES (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA')
SAAKNO:
42146/2010
DATUM:09/03/2012
IN
DIE SAAK TUSSEN
JAN
FREDERIK NELL
BRITS
..........................................................................................
EISER
EN
THE
LAND AND AGRICULTURAL DEVELOPMENT
BANK
OF SOUTH
AFRICA
................................................................................
VERWEERDER
UITSPRAAK
PRINSLOO,
R
[1]
Hierdie uitspraak moet gelees word saam met die hoofuitspraak in die
saak van Ryton Estates saakno 33482/2010 asook saam met
die uitsprake
in Le Roux, saakno 42140/2010, Buhrmann saakno 45190/2010 en
Uitgezocht saakno 45192/2010.
[2]
Ek is nie voornemens om opmerkings wat reeds in die ander uitsprake
gemaak is te herhaal nie.
[3]
In hierdie saak van Brits, het die verweerder nie 'n spesiale pleit
van verjaring geopper nie, sodat daardie onderwerp glad
nie ter
sprake kom nie.
lnleiding
[4]
Die eiser het drie eise ingestel op grond van die condictio indebiti
vir terugbetaling van rente wat verkeerdelik deur die verweerder

gehef is.
[5]
Die lening ten opsigte van die eerste eis is op 13 Januarie 1998
toegestaan in die bedrag van R200 000,00. Daar is ook ooreengekom
dat
rente terugbetaalbaar sou wees en bereken sou wees op die saldo van
tyd tot tyd op die kapitaal uitstaande.
Die
totale bedrag wat die eiser op die lening van R200 000,00 terugbetaal
het teen Junie 2010 het R752 291,56 beloop.
[6]
Wat die tweede eis betref, is dit op 13 Januarie 1998 toegestaan in
die bedrag van R200 000,00. Daar is ook bepaal dat rente
bereken sou
word op die saldo van die kapitaal wat van tyd tot tyd uitstaande
was.
Op
hierdie lening van R200 000,00 het die eiser tot 29 Junie 2010 'n
bedrag van R534 838,76 terugbetaal.
[7]
Die derde lening is op 14 April 1999 aan die eiser toegestaan deur
die Land Bank in die bedrag van R300 000,00. Daar is ook
ooreengekom
dat die rente bereken word op die saldo kapitaal.
[8]
Op hierdie lening van R300 000,00 het die eiser teen 29 Junie 2010 'n
bedrag van R559 831,02 terugbetaal.
[9]
Dit is gemene saak dat al drie die lenings afgelos is.
[10]
Die pleit kom grootliks ooreen met die pleit in die "toetssaak"
van Ryton Estates wat ek in die hoofuitspraak ontleed
het.
[11]
Waar daar nie 'n spesiale pleit van verjaring is nie, gaan ek daartoe
oor om die toekennings wat gemaak moet word uiteen te
sit.
Die
toekennings wat gemaak moet word
[12]
Ten opsigte van die eerste eis bepaal die oornag berekening dat 'n
bedrag van R212 962,19 aan die eiser betaalbaar is. Die
bedrag van Rl
14 367,27 is reeds terugbetaal, sodat die toekenning R98 594,92 moet
beloop.
[13]
Ten opsigte van die tweede eis toon die oornag berekening dat die
bedrag van R69 660,35 aan die eiser betaalbaar is. Die bedrag
van R15
955,02 is reeds aan horn terugbetaal sodat die toekenning R53 705,33
moet beloop.
[14]
Ten opsigte van die derde eis toon die oornag berekening dat die
bedrag van R53 257,47 aan die eiser betaalbaar is. R6 780,85
is reeds
aan horn terugbetaal sodat die toekenning R46 476,62 moet beloop.
[15]
In die ander uitsprake het ek reeds daarop gewys dat die oornag
berekening (asook hierdie aftrekkings) deur die deskundiges
Whelpton
en Strydom gesamentlik bereken en geboekstaaf is.
Die
mora datum
[16]
Die ooreengekome mora datum vir berekening van rente op die
toekenning is die datum van betekening van die dagvaarding, naamlik

23 Julie 2010.
Koste
[17]
Ek het reeds aangedui waarom ek van mening is dat die koste van twee
advokate in al hierdie sake toegestaan behoort te word.
Ek sal
dieselfde doen in hierdie saak.
Die
bevel
[18]
Ek maak die volgende bevel:
1.
Ten opsigte van die eerste eis word vonnis teen die verweerder ten
gunste van die eiser toegestaan in die bedrag van R98 594,92.
2.
Ten opsigte van die tweede eis word vonnis teen die verweerder
toegestaan ten gunste van die eiser in die bedrag van R53 705,33.
3.
Ten opsigte van die derde eis word vonnis teen die verweerder
toegestaan ten gunste van die eiser in die bedrag van R46 476,62.
4.
Die verweerder word gelas om rente op al die vonnis bedrae te betaal
teen 15,5% per jaar bereken vanaf 23 Julie 2010.
5.
Die verweerder word gelas om die koste te betaal wat die koste van
twee advokate sal insluit asook, waar van toepassing, die

kwalifiserende fooie van die deskundiges Whelpton en Roodt.
W
R C PRINSLOO
REGTER
VAN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF
42146-2010
GEHOOR
OP: 21 NOVEMBER TOT 12 DESEMBER 2011 (11 DAE)
VIR
DIE EISER: A F ARNOLDI SC EN C F J BRAND
IN
OPDRAG VAN: BOTHA COETZER & SMITH INGELYF
VIR
DIE VERWEERDER: T W BECKERLING SC EN M SAWYER
IN
OPDRAG VAN: VELILE TINTO EN VENNOTE ING