About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2012
>>
[2012] ZAGPPHC 36
|
|
Uitgezocht Investments BK and Another v Land and Agricultural Development Bank of South Africa (45192/2010) [2012] ZAGPPHC 36 (9 March 2012)
IN
DIE NOORD GAUTENG HOE HOF.
PRETORIA
/ES (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA)
SAAKNO:
45192/2010
DATUM:09/03/2012
IN
DIE SAAK TUSSEN
UITGEZOCHT
INVESTMENTS
BK
........................................................................
1STE EISER
GIDEON
WILHELMUS
BUHRMANN
........................................................................
2DE
EISER
EN
THE
LAND AND AGRICULTURAL DEVELOPMENT
BANK
OF SOUTH
AFRICA
...............................................................................
VERWEERDER
UITSPRAAK
PRINSLOO.
R
[1]
Hierdie kort uitspraak moet gelees word saam met die hoofuitspraak in
die "toetssaak" van Ryton Estates saakno 33482/2010
en dit
moet ook saamgelees word met die uitsprake van Le Roux, saakno
42140/2010 en Buhrmann saakno 45190/2010.
[2]
Ek is nie voornemens om alles wat reeds in daardie uitsprake gese is
te herhaal nie. Hierdie saak is saam met die ander oorweeg
in die
verhoor en in die hoofuitspraak is daar ook reeds melding van hierdie
saak gemaak, so ook in die Buhrmann uitspraak.
[3]
Waar Buhrmann se getuienis ontleed is in sy saak, geld dit ook vir
hierdie saak wat te doen het met sy beslote korporasie, Uitgezocht,
en in sy getuienis het hy ook na hierdie saak verwys.
Inleiding
[4]
Dit kom voor asof die verweerder die betrokke lening wat die
onderwerp van hierdie eis vorm aan Buhrmann en sy Bk, Uitgezocht,
gesamentlik toegestaan het. Hierdie verskynsel is nie van belang vir
doeleindes van die beregting van die saak nie.
[5]
Op 27 Oktober 1997 is 'n lening van Rl miljoen deur die Land Bank aan
die twee eisers toegestaan.
[6]
Die tersaaklike deel van die toekenningsbrief lees soos volg:
"Vir
die huidige beloop die rentekoers 17% per jaar en die lening is
terugbetaalbaar met rente, gereken vanaf die datum van
registrasie
van die verband, teen die koers van 17% per jaar op die saldo van tyd
tot tyd op die kapitaal uitstaande ..."
Die
betekenis hiervan is reeds ontleed in die hoofuitspraak.
[7]
Blykens die betoogshoofde wat namens die eisers voorgele is, het
hulle die bedrag van R2 033 483,45 aan die Land Bank terugbetaal
ten
opsigte van die lening van Rl miljoen. Die laaste betaling is op 26
April 2005 gemaak.
[8]
Aksie is ingestel in Augustus 2010.
Die
spesiale pleit van verjaring
[9]
Ek het hierdie onderwerp volledig behandel in die saak van Le Roux.
Ek het ook daarna verwys in die uitspraak in die saak van
Buhrmann.
[10]
Die spesiale pleit van verjaring kom, vir praktiese doeleindes,
ooreen met die spesiale pleite wat geliasseer is in Le Roux
en
Buhrmann. In Le Roux het ek die tersaaklike bewoording van die pleit
ook aangehaal.
[11]
In Le Roux, het ek volledig oorweging geskenk aan die gesag en die
voorskrifte van die Verjaringswet, 1969. Ek gaan dit nie
herhaal nie.
Hierdie uitspraak moet daarmee saamgelees word.
[12]
Buhrmann se getuienis, wat betrekking het op hierdie saak van
Uitgezocht, is ook in Buhrmann se saak ontleed. Soos ek daarin
gemeld
het, was daar geen kruisondervraging ten opsigte van wat myns insiens
die tersaaklike gedeeltes van daardie getuienis was
nie.
Gevolgtrekking
[13]
Vir al die redes wat genoem is, en soos die geval was in Le Roux en
Buhrmann, het ek tot die gevolgtrekking geraak dat die
verweerder nie
die bewyslas gekwyt het dat hierdie eis verjaar het nie. Ek bevind
dienooreenkomstig.
Die
mora datum
[14]
Die ooreengekome mora datum is die datum van betekening van die
dagvaarding, synde 10 Augustus 2010.
Die
koste
[15]
Soos in Le Roux en Buhrmann, is ek voornemens om die koste van twee
advokate toe te staan vir die redes wat reeds vermeld is.
Die
bedrag wat toei>eken staan te word
[16]
In terme van die oomag berekening, soos beskryf in die hoofuitspraak,
is daar 'n bedrag van Rl 19 635.59 aan hierdie eisers
betaalbaar.
[17]
Die verweerder het 'n bedrag van R32 564,18 aan die eisers
terugbetaal en nadat dit afgetrek is van die beoogde toekenning,
laat
dit 'n eind bedrag van R87 071,41
Die
bevel
[18]
Ek maak die volgende bevel:
1.
Vonnis word toegestaan ten gunste van die eisers teen die verweerder
vir betaling van die bedrag van R87 071,41.
2.
Die verweerder word gelas om rente op die genoemde bedrag te betaal
teen 15,5% per jaar bereken vanaf 10 Augustus 2010.
3.
Die verweerder word gelas om die koste te betaal wat die koste van
twee advokate sal insluit, asook, indien van toepassing, die
kwalifiserende fooie van die deskundiges Roodt en Whelpton.
W
R C PRINSLOO
REGTER
VAN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF
45192-2010
GEHOOR
OP: 21 NOVEMBER TOT 12 DESEMBER 2011 (11 DAE)
VIR
DIE EISER: A F ARNOLDI SC EN C F J BRAND
IN
OPDRAG VAN: BOTHA COETZER & SMITH INGELYF
VIR
DIE VERWEERDER: T W BECKERLING SC EN M SAWYER
IN
OPDRAG VAN: VELILE TINTO EN VENNOTE ING