About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2012
>>
[2012] ZAGPPHC 35
|
|
Buhrmann v Land and Agricultural Development Bank of South Africa (45190/2010) [2012] ZAGPPHC 35 (9 March 2012)
IN
DIE NOORD GAUTENG HOE HOF.
PRETORIA
/ES (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA)
SAAKNO:
45190/2010
DATUM:09/03/2012
IN
DIE SAAK TUSSEN
GIDEON
WILHELMUS
BUHRMANN
................................................................................
EISER
EN
THE
LAND AND AGRICULTURAL DEVELOPMENT
BANK
OF SOUTH
AFRICA
...............................................................................
VERWEERDER
UITSPRAAK
PRINSLOO.
R
[1]
Hierdie kort uitspraak moet gelees word saam met die "toetssaak"
van Ryton Estates (Pty) Ltd v Die Land Bank saakno
33482/2010 se
volledige uitspraak ("die hoofuitspraak").
[2]
Hierdie is een van vier kort uitsprake wat te doen het met ander eise
wat saam met die "toetssaak" verhoor is en ook
in die
hoofuitspraak vermeld is.
[3]
Die enigste onderwerp wat eie is aan drie van die vier kort uitsprake
en wat nie in die "toetssaak" onder die loep
gekom het nie,
is die spesiale pleit van verjaring.
[4]
In die kort uitspraak van Le Roux v Die Land Bank, saakno 42140/2010
is die spesiale pleit van verjaring volledig behandel.
Daardie
spesiale pleit is vir praktiese doeleindes dieselfde as die een in
hierdie saak. In Le Roux se saak is daar verwys na die
tersaaklike
beginsels. die gesag en die voorskrifte van die Verjaringswet, 68 van
1969. Ek is nie voornemens om die opmerkings
wat in hierdie verband
in Le Roux se saak gemaak is weer in hierdie kort uitspraak te
herhaal nie. Hierdie uitspraak moet saamgelees
word met die uitspraak
in Le Roux se saak.
Inleiding
[5]
Op 30 November 1983 het die eiser 'n lening van R257 000,00 by die
Land Bank bekom.
[6]
Die eiser het te alle relevante tye in die Ermelo distrik geboer op
die plaas De Emigratie.
[7]
Volgens die betoogshoofde wat namens die eiser aangebied is, het die
eiser 'n totale bedrag van R449 382,69 aan die Land Bank
terugbetaai
ter vereffening van hierdie lening. Die laaste paaiement is op 4 Mei
2004 betaal.
[8]
Aksie is in Augustus 2010 ingestel.
Die
spesiale pleit van verjaring
[9]
Soos ek reeds aangedui het, kom die pleit ooreen met die in Le Roux
se saak.
Daar
word ook gepleit dat die aksie meer as drie jaar nadat die skuld
betaalbaar geword het ingestel is en in die alternatief word
gepleit
dat die eiser, deur die uitoefening van redelike sorgsaamheid, betyds
die feite kon vasstel waarop sy eis oorsaak gebaseer
moes word soos
bedoel in artikel 12(3) van die Verjaringswet, 1969.
[10]
Die eiser se getuienis kom ook in wese ooreen met die van Le Roux.
Hy
het ook sy lening vanaf Boland Bank oorgeplaas na die Land Bank waar
hy meer gunstige rentekoerse kon beding.
[11]
Hygetuig
"...
ons het groot geword met die Land Bank as 'n waardevolle, korrekte en
konstitusionele bank wat jy ten alle tye kon vertrou
met enige van
jou onderhandelings met hulle, hetsy skriftelik of mondelings. Dit is
'n instelling wat ons as boere geweldig gerespekteer
het."
[12]
Op 'n vraag waarom hy gewag het tot 2010 voordat hy aksie ingestel
het antwoord hy
"...
omdat Land Bank 'n gerespekteerde instelling was wat absoluut vir die
boere se behoud geveg het en dit ook 'n geweldige
groot bydrae in die
platteland gedoen het, het ek nie navrae gedoen rondom die
rentekoerse tot op daardie stadium nie ..."
[13]
Hy het ook vir die eerste keer lont geruik toe hy prokureur Botha se
advertensie in die Landbouweekblad van November 2009 gelees
het. Na
die herberekening, en lank voor die drie jaar na November 2009
verstryk het, is aksie ingestel.
[14]
In kruisondervraging het hy bevestig dat die boere nie die rentekoers
van Land Bank enigsins betwyfel het nie en nie verwag
het dat dit
foutief sal wees nie.
[15]
Oor hierdie getuienis, en dat hy eers in November 2009 agtergekom het
wat gebeur het, is hy glad nie gekruisvra nie. Hy is
net gekruisvra
oor sekere dokumentasie wat hy van tyd tot tyd in die pos sou ontvang
het. Hy het wel toegegee dat hy op 'n stadium
verbaas was oor die
vermelding van 'n agterstallige administrasie fooi en 'n boete fooi
in sy state "maar omdat ek nie opgelei
is in rekenkundige
situasies nie het ek nie ag geslaan daarop nie".
[16]
Hy het ook getuig oor die inligting wat later deur die Land Bank self
openbaar is, naamlik dat daar foute gemaak is met die
rente
berekenings en dat sekere gelde aan die boere terugbetaal sou word.
Hy het bevestig dat hy, na gesprekke met me Cilliers
van die Land
Bank in Ermelo, meegedeel is dat hy ongeveer R32 000,00 terug sou kry
ten opsigte van die rekening van sy beslote
korporasie, Uitgezocht
Beleggings Bk, en ongeveer R700,00 ten opsigte van sy eie rekening.
Hy het hierdie betalings onder protes
aanvaar.
[17]
Die kontrak in terme waarvan die eiser die lening met die Land Bank
beding het, bepaal dat die rentekoers 11% per jaar beloop
"en
die lening is terugbetaalbaar met rente, gereken op die balans van
tyd tot tyd op die kapitaal uitstaande ..." Hierdie
onderwerp
het ek reeds behandel in die hoofuitspraak en die bewoordings van die
onderskeie kontrakte is ook aangehaal.
Gevolgtrekking
[18]
Soos in die saak van Le Roiix. het ek tot die gevolgtrekking geraak
dat die verweerder nie daarin geslaag het om sy bewyslas
te kwyt dat
die eis verjaar het en dat hierdie eiser, deur die uitoefening van
redelike sorg, betyds die ware omvang en besonderhede
van sy eis
oorsaak kon bepaal ten einde binne die voorgeskrewe tydperk te
dagvaar nie. Die spesiale pleit word dus van die hand
gewys.
Die
toekenning wat gemaak moet word
[19]
Volgens die oornag berekening, wat volledig in die hoofuitspraak
behandel is, en wat deur die deskundiges Whelpton en Strydom
gesamentlik bereken is, is die bedrag van R18 661,28 aan die eiser
betaalbaar. Die bedrag wat aan horn terugbetaal is, en wat afgetrek
moet word, is R714,59. Die toekenning moet dus R17 946,69 beloop.
Mora
datum
[20]
Die partye is dit eens, na aanvanklike meningsverskille, dat die mora
datum, vir die aanvang van 'n rente berekening op die
toekenning, die
datum van die betekening van die dagvaarding moet wees.
[21]
Die dagvaarding is beteken op 10 Augustus 2010.
Koste
[22]
Ek het hierdie onderwerp reeds behandel in Le Roux se saak. Vir die
redes wat daarin genoem is, is ek voornemens om die koste
van twee
advokate toe te laat.
Die
bevel
[23]
Ek maak die volgende bevel:
1.
Vonnis word toegestaan ten gunste van die eiser teen die verweerder
vir betaling van die bedrag van R17 946,69.
2.
Rente is op die vonnis bedrag betaalbaar teen 15,5% per jaar bereken
vanaf 10 Augustus 2010 tot datum van betaling.
3.
Die verweerder word gelas om die eiser se koste te betaal wat die
koste van twee advokate sal insluit, asook, waar van toepassing,
die
kwalifiserende fooie van die deskundiges Roodt en Whelpton.
WRC
PRINSLOO
REGTER
VAN DIE NOORD GAUTENG HOE HOP
45190-2010
GEHOOROP:
21 NOVEMBER TOT 12 DESEMBER 2011 (11 DAE)
VIR
DIE EISER: A F ARNOLDI SC EN C F J BRAND
IN
OPDRAG VAN: BOTHA COETZER & SMITH INGELYF
VIR
DIE VERWEERDER: T W BECKERLING SC EN M SAWYER
IN
OPDRAG VAN: VELILE TINTO EN VENNOTE ING