About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2012
>>
[2012] ZAGPPHC 34
|
|
Ryton Estates (Edms) Bpk en Anders v Land en Landbou Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika (33482/2010) [2012] ZAGPPHC 34 (9 March 2012)
NEE
RAPPORTEERBAAR
IN
DIE NOORD GAUTENG HOE HOF.
PRETORIA
IBS (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA)
SAAKNO:
33482/2010
DATUM:09/03/2012
IN
DIE SAAK TUSSEN
RYTON
ESTATES (EDMS)
BPK
.............................................................................
1STE
EISER
TWIGGY
TIMBER (EDMS)
BPK
...............................................................................
2DE
EISER
BORK
ESTATES (EDMS)
BPK
.................................................................................
3DE
EISER
EN
DIE
LAND EN LANDBOU ONTWIKKELINGSBANK
VAN
SUID-AFRIKA
............................................................................................
VERWEERDER
UITSPRAAK
PRINSLOO.
R
[1]
Hierdie dispuut het voor my gedien as 'n sogenaamde "toetssaak".
Inleiding
[2]
Breedweg kan gese word dat 'rt aantal boere oor 'n sekere tyd onthuts
geraak het toe hulle met die indruk gelaat is dat die
verweerder
(waarna ek ook soms sal verwys as "die Land Bank") hulle
lang- en medium termyn lenings onreelmatiglik met
te veel rente
gedebiteer het.
[3]
Die pleitstukke sal hieronder van nader beskou word, maar
opsommenderwys kan gese word dat die klagtes van die boere daarop
neerkom dat die verweerder hulle rekenings met saamgestelde rente
gedebiteer het in plaas van met enkelvoudige rente en ook
verkeerdelik
administratiewe en ander koste gehef het en daarop ook
saamgestelde rente gevra het terwyl die leningskontrakte wat die
boere met
die verweerder aangegaan het, volgens die boere, nie vir
sulke debiete voorsiening gemaak het nie.
[4]
Dit is ook gemene saak dat die verhoudings tussen die eisers en die
Land Bank verder gereguleer word deur die bepalings van
die vorige
Landbankwet, Wet 13 van 1944 ("die Wet"). Die partye is dit
eens dat die Wet van toepassing is op hulle verhouding
alhoewel die
Wet herroep is en vervang is deur die Land en Landbou
Ontwikkelingsbank Wet 15 van 2002 ("die nuwe Wet").
[5]
In sy pleit voer die verweerder aan dat hy rente behoorlik gehef het
in terme van die leningskontrak en die voorskrifte van
die Wet,
alhoewel hy sekere toegewings maak onder andere dat hy nie geregtig
was om die eisers se rekening met administrasiekoste
en ander diverse
koste te debiteer nie nog minder was hy geregtig om rente daarop te
hef. Hy het 'n herberekening gemaak waarkragtens
hy sekere gelde aan
die eisers verskuldig is en onder andere ook. in terme van die
herberekening, enkelvoudige rente bereken maar
daar is 'n verskil
tussen sy berekening en die van die eisers wat eintlik een van die
hoof geskilpunte tussen die partye verteenwoordig.
Ek sal aanstons in
meer besonderhede na die verweerder se verweer verwys.
[6]
Benewens die drie eisers wie se gesamentlike eis in hierdie uitspraak
behandel word, is nog vier sake voor my geplaas vir beregting
as deel
van die "toetssaak" waarna ek verwys het.
Die
vorderings van hierdie eisers is aansienlik kleiner as die van die
drie eisers wat tans onder bespreking is maar die geskilpunte
tussen
die partye is in wese dieselfde. In van die ander eise opper die
verweerder egter ook 'n verdere verweer van verjaring.
Dit is nie
doenlik om al die eise in een uitspraak te behandel nie, en ek sal.
na oorleg met die advokate, in die ander sake kort
uitsprake lewer
waarin die pleite van verjaring onder die loep sal kom en wat origens
saamgelees moet word met hierdie uitspraak.
[7]
Die ander sake is die volgende:
eiser
J F N
Brits
.....................................................................
saak no 42146/2010
eisers
Uitgezocht Investments Bk en G W Buhrmann
...........
saak
no 45192/2010
eiser
G W
Buhrmann
..............................................................
saak
no 45190/2010
eiser
GleRoux
.........................................................................
saak
no 42140/2010
[8]
Al die eisers het herberekenings van hulle rekenings laat doen op 'n
basis wat volgens hulle van meet af deur die verweerder
aangewend
moes gewees het. Die deskundige wat hierdie diens vir hulle gelewer
het was mnr Petrus Paulus Whelpton (" Whelpton")
wat ook
voor my getuig het.
[9]
Al die eisers het reeds hulle lenings ten voile afgelos voordat hulle
op sterkte van hierdie herberekenings aksie ingestel het
teen die
verweerder vir terugbetaling van die gelde wat volgens hulle neerkom
op oorbetalings vanwec' die verweerder se beweerde
inkorrekte
berekenings-metodes. Die aksies is gebaseer op die beweerde
onregmatige verryking in hierdie opsig van die verweerder
ten koste
van die eisers. Die condictio indebiti is as verrykingsaksie
ingespan.
[10]
Die herberekenings van die verweerder is gedoen deur mnr Petrus
Jacobus Strydom ("Strydom") wie se dienste vir hierdie
doel
aangewend is. Strydom het ook getuig. Strydom en Whelpton het
bymekaar gekom en 'n gesamentlike notule voorberei wat die
ooreenkomste en geskilpunte tussen hulle boekstaaf.
[11]
Wat die historiese aanloop tot hierdie saak betref. kan gese word dat
die verweerder reeds oor 'n tydperk 'n groot aantal regstellings
aan
sy rekenings aangebring het en aansienlike bedrae aan benadeelde
boere terugbetaal het. In 'n brief wat hy in die Landbouweekblad
van
30 April 2010 laat publiseer het, skryf ene mnr Wolf Meyer,
finansiele hoof van die Land Bank onder andere die volgende:
"Die
bank het reeds meer as 1130 rekenings sedert September 2009
herbereken en sowat Rl 1,4 miljoen se regstellings aangebring.
Sowat
600 rekenings is ook reeds op die bank se stelsel reggestel. Die"
regstellingsproses sal voortduur tot alle rekenings
wat geraak was,
reggestel is."
Uit
ander getuienis en dokumentasie wat voor my geplaas is, blyk dit dat
die Land Bank reeds ongeveer R25 miljoen terugbetaal het.
Baie van
hierdie terugbetalings het egter geskied as gevolg van skikkings wat
aangegaan is tussen die boere, oorwegend verteenwoordig
deur Whelpton
en hulle huidige prokureur van rekord, en amptenare van die Land
Bank.
Ek
het reeds daarop gewys dat in hierdie sake wat voor my gedien het,
die Land Bank ook herberekenings gedoen het en erken het dat
sekere
bedrae aan die eisers verskuldig is. Trouens, aan somrnige van die
eisers is sekere gelde reeds terugbetaal.
Die
twee wesenlike geskilpunte. naamlik die wat wentel om die koerse wat
die Land Bank oor die jare toegepas het en die metode waarvoigens
die
rente bereken is, is nie bygele nie, en moet nou onder die loep kom
vir oorweging.
[12]
Voor my het mnr Arnoldi SC bygestaan deur mnr Brand vir die eisers
verskyn en mnr Beckerling SC bygestaan deur mnr Sawyer vir
die
verweerder.
Die
pleitstukke
(i)
Die besonderhede van eis
[13]
Die drie eiser-maatskappye het die aksie gesamentlik ingestei. Hulle
is onder dieselfde bestuur. Hulle het ook gesamentlik
aansoek gedoen
vir die betrokke lening by die Land Bank en hulle het gesamentlik 'n
verband uitgeneem om die nodige sekuriteit
aan die Land Bank te
verskaf.
Die
feit dat daar drie eisers is. is nie van belang vir doeleindes van
hierdie saak nie.
[14]
Van die bewerings in die besonderhede van eis word hieronder opgesom.
Waar nodig, word die bewerings, wat in Engels gemaak
is, aangehaal.
[15]
Die betrokke gesamentlike lening is op 30 November 1998 beskryf en
toegestaan in 'n sogenaamde "toekenningsbrief, soos
dit in die
verrigtinge voor my bekend gestaan het, wat die verweerder aan die
eisers geskryf het.
[16]
Die lening het R9 339 000,00 beloop. In die toekenningsbrief word die
volgende gese oor die rente wat betaalbaar is:
"At
present the rate of interest is 20% per annum and the loan is
repayable with interest, reckoned from the date of registration
of
the bond, at the rate of 20% per annum on the balance capital
outstanding from time to time in 19 equal yearly installments
of Rl
917 825,00 each and a final installment consisting of the balance
capital then owing together with the interest thereon.
The aforesaid
installments are payable yearly in arrear. the first installment
being payable one year after registration of the
bond. The bank
reserves the right to increase the rate of interest at any time
without your consent in which event the abovementioned
terms of
repayment shall be adjusted accordingly.
On
receipt of the requirements stated in the annexure hereto,
registration of the bond will receive immediate attention. Yours
faithfully" (Ek onderstreep.)
[17]
Die voorwaardes wat by die toekenningsbrief aangeheg is sluit die
volgende bepaling in:
"12.
That the Second Schedule of the Land Bank Act, 1944 (Act 13 of 1944)
shall be applicable namely:
(a)
that the mortgagor shall pay the principal sum mentioned in the
mortgage bond, with interest thereon in accordance with the
provisions of the Land Bank Act, 1944 and at the due dates thereof."
[18]
Die verbandakte, wat ook 'n aanhangsel tot die dagvaarding is, bevat
ook die volgende bepaling:
"2.
The mortgagors hereby promises and undertakes to repay to the Bank,
its successors or assigns, at its office in Pretoria
in the Republic
of South Africa, with interest, reckoned from the date (inclusive) of
this bond, at the rate to be fixed by the
Bank from time to time, on
such dates and upon such conditions as the Bank may determine;
provided that the Bank shall have the
right to revise and to increase
the rate of interest at any time without the consent of the
mortgagors as long as an amount is
still due under this bond."
Die
verband is op 5 Julie 1999 geregistreer.
[19]
Dit is doenlik om paragrawe 9 tot 13 van die besonderhede van eis aan
te haal:
9.
It
was a tacit, alternatively implied term of the loan agreement and the
mortgage bond that the right of the defendant to vary and,
more
specifically, to increase the rate of interest payable by the
plaintiff on all amounts owing to or claimable by the defendant
in
terms of the loan agreement and the mortgage bond, should be
exercised in a reasonable manner, ie arbitrium boni viri (my nota:
in
die Drietalige Regswoordeboek, 2de uitgawe, van Hiemstra en Gonin
word hierdie stelreel soos volg vertaal: 'beslissing (oordeel)
van 'n
goeie man/decision (judgment) of a good man').
10.
The
defendant:
10.1
opened an account in the name of the plaintiffs in its books in
pursuance of the loan agreement;
10.2
assigned account no 49030 to the account;
10.3
advanced the capital amount of R9,339,000.00 on the account to the
plaintiffs in pursuance of the loan agreement and the mortgage
bond;
10.4
debited interest to the account.
11.
During
the period 5 July 1999 to 20 June 2008, the defendant, in breach of
the terms of the loan agreement and the mortgage bond:
11.1
calculated and debited compound interest to the account;
11.2
since 5 July 1999, calculated the compound interest debited to the
plaintiffs' account, on a monthly basis;
11.3
from time to time unilaterally, and to the detriment of the
plaintiffs, varied the interest rate on the plaintiffs' account
in an
unreasonable manner and, in pursuance thereof, debited the
plaintiffs' account with such unreasonable interest;
11.4
debited the plaintiffs' account with administration and diverse
costs;
11.5
calculated and debited compound interest on the administration and
diverse costs referred to in subparagraph 11.4.
12.
The
breach referred to in paragraph 11 above resulted in the plaintiffs'
account being debited and overcharged in an amount of R6,099,496.40,
such amount being calculated as set out in annexure 'C hereto, .
13.
13.1
During the period 31 August 2000 to 20 June 2008 the plaintiffs made
payments totaling R22,051,135.27, as more fully set out
in annexure
'C hereto, to the plaintiffs' account.
13.2
The payments were made by the plaintiffs under the bona fide and
reasonable, but mistaken, belief that the total amount of
the
payments was due, owing and payable by the plaintiff to the defendant
in pursuance of the loan agreement and the mortgage bond.
13.3
The total amount of the payments was not due, owing and payable to
the defendant as a result of the defendant's breach of the
loan
agreement and the mortgage bond referred to in paragraph 11 above.
13.4
The defendant nevertheless appropriated the total amount of the
payments received from the plaintiffs, thus resulting in:
13.4.1
the plaintiffs being impoverished in the amount of R6,099,496.40 as
calculated in annexure 'C hereto;
13.4.2
the defendant being enriched in the said amount of R6,099,496.40."
[20]
Hierdie beweerde verskuldigde bedrag van ongeveer R6.099 miljoen word
dan gevorder tesame met rente vanaf 20 Junie 2008 synde
die datum
waarop die lening afgelos is. Koste word ook gevorder op 'n skaal
soos tussen prokureur en klient.
[21]
Aanhangsel "C" tot die besonderhede van eis is Whelpton se
herberekening wat aandui dat die eisers die bedrag wat
hulle vorder
te veel betaal het.
(ii)
Die pleit
[22]
Die eerste ses paragrawe van die eis word erken. Dit het te doen met
die beskrywing van die partye en ook die bepalings van
die verband en
die registrasie daarvan.
[23]
Die korrektheid van die bewerings en inhoud soos vervat in die
toekenningsbrief word ook erken.
[24]
Wat die inhoud van die toekenningsbrief betref word die volgende ook
gepleit:
"4.3
It was an express, alternatively tacit, further alternatively implied
term of the agreement that:
4.3.1
the plaintiff would pay each installment annually in arrears,
commencing with the first installment one year after registration
of
the relevant bond and thereafter yearly payments on the anniversary
of the registration date; (dit strook met wat in die toekenningsbrief
staan)
4.3.2
should the plaintiff fail to pay any annual installment on due date,
the defendant would be entitled to claim from the plaintiff
interest
at the annual rate as stipulated in the loan agreement on any amount
outstanding in terms of the agreement, including
but not limited to
unpaid overdue interest."
(Hierdie
is 'n wesenlike aspek waaroor die partye verskil.)
[25]
Dit is gerieflik om paragrawe 6, 7 en 8 van die pleit aan te haal
aangesien dit aangebied is in antwoord op paragrawe 9 tot
12 van die
besonderhede van vordering wat ek reeds aangehaal het:
6.
Ad
paragraph 9 and 10 thereof:
6.1The
allegations herein are denied.
6.2
In amplification of the denial relating specifically to paragraph 9
thereof the defendant pleads as follows:
6.2.1
the defendant is a statutory body and as such is a creature of
statute, and was administered and managed as provided for in
the Land
Bank Act 13 of 1944 (section 3(2)). Accordingly:
6.2.2
it was entrusted with public funds (section 19(l)(d));
6.2.3
it was empowered to provide financial services to farmers and the
agricultural sector under the authority of the Minister
for
Agriculture and Land Affairs and integrated into the Department of
Agriculture Affairs;
6.2.4
the Board is entitled to determine the conditions of any advance/loan
as it deems fit as well as the interest rate from time
to time
(section 24(1));
6.2.5
specially with regard to the rate of interest payable to the
defendant in respect of advances made, the Board shall prescribe
same
from time to time and the rate so prescribed shall be sufficient to
ensure that the defendant is not worked at a loss (section
51(1));
6.2.6
having regard to the above relevant considerations, the defendant is
sui generis and is institutionally and operationally
distinguishable
from any commercial bank which is susceptible to the interest rate
policy of the South African Reserve Bank;
6.2.7
as such, any discretion vested in the Board is a wide discretion;
6.2.8
the defendant's conduct referred to in paragraphs 7.1.1 to 7.1.3
below was in accordance with the terms of the Land Bank Act
13 of
1944 and was not in breach of the agreement of loan or the bond.
7.
Ad
paragraph 11 thereof:
7.1
the defendant admits:
7.1.1
that prior to 1 July 1999, it calculated and debited compound
interest to the plaintiffs' account on an annual basis;
7.1.2
that since 1 July 1999 it calculated and debited compound interest to
the plaintiffs' account on a monthly basis;
7.1.3
that it varied the interest rate applicable to the plaintiffs'
account from time to time;
7.1.4
that it debited the plaintiffs' account with administration and
diverse costs and that it charged compound interest on such
administration and diverse costs.
7.2
Save as aforesaid, the allegations herein are denied.
Ad
paragraph 12 thereof:
8.1
The defendant admits erroneously debiting the plaintiffs' account
with administration and diverse costs.
8.2
The defendant has recalculated the charges and interest debited to
the plaintiffs' account no 49030 and attaches such recalculation
hereto, marked 'XT.
8.3
The interest recalculation is based on the following:
8.3.1
simple interest is accumulated for a year;
8.3.2
due but unpaid simple interest, which forms part of the relevant
unpaid installment, is regarded as interest in default (default
interest);
8.3.3
default interest is transferred to a separate and specific column
which caters for default and payable interest;
8.3.4
interest on default interest ie
mora
interest, is then
calculated on the balance of the default interest, to the extent that
it remains unpaid;
8.3.5
the interest rate used to calculate interest on default interest is
the same rate as the rate used to calculate interest
on the capital
balance outstanding, an alternative method would (be?) the
mora
rate of interest, being 15,5%;
8.3.6
interest on default interest is accumulated in a separate column;
8.3.7
interest on interest ie compound interest, on default interest is not
calculated;
8.3.8
on payment of an installment, allocation is first made to interest on
default interest, then to default interest and then
to capital.
The
interest recalculation by the defendant is based on the following
interest rates:
8.4.1
the defendant reduced the interest rate it charged on the
plaintiffs' account
(contractual rate)
from 30 June 1999 to
compensate for compounding of interest on a monthly basis from that
date;
8.4.2
to put the plaintiff in the same position as he would have been had
the defendant not commenced charging monthly compound
interest and
reduced the contractual rate as in paragraph 8.4.1 above. From 30
June 1999 the defendant adjusted the monthly compounded
interest rate
back to an annual compounded interest rate.
8.5
Save to the extent admitted herein, the allegations are denied."
[26]
In paragraaf 9 van die pleit word daar bloot erken dat die eisers.
tussen 31 Augustus 2000 en 20 Junie 2008, 'n totaal van
R22 051
135,27 aan die verweerder op rekening bctaal het. Dit is gemene saak
dat die totale rekening op hierdie laasgenoemde datum
afgelos is.
[27]
"XI" waarna verwys word in 8.2 van die pleit. is Strydom
se herberekening wat daarop dui dat die verweerder 'n bedrag
van Rl
008 423,45 aan die eisers moet terugbetaal. Hierdie bedrag is later
deur Whclpton en Strydom, vir doeleindes van hulle gesamentlike
notule, verfyn na 'n bedrag van Rl 008 422,95. Dit is gemene saak dat
daar vir minstens hierdie bedrag vonnis toegestaan moet word
teen die
verweerder. Betaling van hierdie bedrag is nie in die pleit of in
terme van enige ander hofreSl aan die eisers getender
nie. Ek is
meegedeel dat die verweerder horn van 'n tender weerhou het omdat dit
'n "toetssaak" is.
[28]
Enkele opmerkings oor die pleit en ook oor die eisers se versoek vir
besonderhede in terme van reel 21 (21. en die verweerder
se antwoord
daarop Die verweerder het oor 'n tydperk vier pleite geliasseer,
naamlik gedateer 2 Augustus 2010, 30 Mei 2011, 28
Julie 2011 en die
jongste een, waaruit ek aangehaal het, van 20 Oktober 2011.
[29]
Ek aanvaar dat 'n litigant se saak normaalweg beoordeel word aan die
hand van sy jongste pleitstuk en doen dit ook so in hierdie
geval.
Nietemin, waar daar verskille bestaan tussen die partye oor die
gepaste berekeningsmetode ten opsigte van agterstallige
rente,
naamlik of daar gewerk moet word op saamgestelde altematiewelik
enkelvoudige rente en, wat ook al die antwoord op daardie
vraag. hoe
die rente bereken moet word, meen ek dit is doenlik om kortliks te
verwys na van die vorige pleitstukke asook die vrae
en antwoorde wat
aangebied is in terme van reel 21(2), ten einde die agtergrond van
hierdie verskille tussen die partye te probeer
illustreer.
[30]
In die pleit van Augustus 2010 word die volgende beweer:
"7.2
The defendant pleads that the loan agreement was amended pursuant to
a written notice which the defendant sent to the
plaintiff, which
amendment was tacitly accepted by the plaintiff, alternatively by his
conduct.
7.3
The defendant pleads that, in terms of the amended loan agreement,
the defendant was entitled to charge the plaintiff monthly
compounded
interest on the outstanding balance of the loan account from 1 July
1999.
7.5
In the alternative to paragraphs 7.2 and 7.3 above, and only in the
event that the honourable court finds that the loan agreement
was not
amended, the defendant pleads as follows:
7.5.1
as at 1 July 1999, the applicable simple interest rate was 19% per
annum, which rate was not thereafter changed:
7.5.2
in the premises, the defendant was entitled to charge the plaintiff
simple interest at the rate of 19% per annum from 1 July
1999 to date
of final payment;
7.5.3
the defendant was further entitled to charge the plaintiff compounded
interest at the rate of 19% per annum on the unpaid
interest from
time to time."
[31]
Soos blyk uit latere wysigings van die pleit het die verweerder nie
voortgegaan
met
sy saak dat die ooreenkoms gewysig is nie.
Dit
blyk egter uit die 2010 pleit dat die verweerder in die alternatief
hom daarop beroep het dat hy geregtig was om enkelvoudige
rente te
hef maar hierdie benadering het hy in 'n sin getemper deur aan die
hand te doen dat hy geregtig was om saamgestelde rente
te hef in die
vorm van rente op die agterstallige rente. Soos blyk nit die
aanhaling hierbo uit die jongste pleit, en meer in besonder
paragraaf
8.3 daarvan, het die verweerder volstaan met hierdie benadering deur
enkelvoudige rente te hef op die kapitaal maar aan
te dring daarop om
rente te hef op die agterstallige rente.
[32]
In die eisers se versoek om besonderhede vir verhoor in terme van
regl 21(2) en die verweerder se antwoorde daarop verskyn,
onder
andere, die volgende vrae en antwoorde:
"4.1.5
On what grounds did the defendant, prior to 1 July 1999, calculate
and debit interest on a compound basis to the account?
4.1.6
On what grounds did the defendant, prior to 1 July 1999, calculate
and debit interest on a compound annual basis to the account?
4.2.1
On what grounds did the defendant, since 1 July 1999. calculate and
debit interest on a compound basis to the account? Full
particulars
are required.
4.2.2
On what grounds did the defendant, since 1 July 1999, calculate and
debit interest on a compound monthly basis to the account?
Full
particulars are required."
(Die
onderstreping is die van die eisers.)
Die
volgende antwoorde word verskaf:
"15.
Ad paragraph 4.1.5 and 4.1.6
The
plaintiffs are referred to the defendant's notice of intention to
amend and the annexure thereto.
16.
Ad paragraph 4.2
The
evidence sought herein is irrelevant as the defendant is not
persisting with claiming
compound
interest."
(Ek
onderstreep.)
[33]
Alhoewel hierdie vrae en antwoorde uitgeruil is voordat die laaste
pleit die lig gesien het. is die pleitstukke in hierdie
verband nie
gewysig nie. Ek het ook daarna verwys tydens die verrigtinge voor my.
[34]
Teen hierdie agtergrond. en waar dit ook blyk uit Strydom se
getuienis, wat ek aanstons sal behandel, dat hy, minstens wat
die
kapitaal betref, enkelvoudige rente bereken het, is dit moeilik om
die volgende bewerings in die jongste pleit, wat ek aangehaal
het, te
begryp:
(a)
in 6.2.8 word beweer dat die verweerder se optrede soos beskryf in
7.1.1 en 7.1.2 (naamlik dat hy saamgestelde rente gehef
het voor 1
Julie 1999 op 'n jaarlikse basis en na 1 Julie 1999 op 'n maandelikse
basis) korrek is en strook met die bepalings van
die Wet en die
bepalings van die toekenningsbrief ("die kontrak");
(b)
die bewering in 8.4.2 waar die verweerder aanvoer dat: "From 30
June 1999 the defendant adjusted the monthly
compounded
interest rate back to the annual
compounded
interest rate."
(Ek onderstreep.)
Die
gesamentlike notule van Whelpton en Strydom en wat daaruit voortvloei
in terme van ooreenkomste en geskilpunte
[35]
Die deskundiges het besonderhede van hulle onderskeie herberekenings
ten opsigte van die vyf sake (nege rekenings word verteenwoordig)
uitgeruil en onderling bespreek.
[36]
Daar is ooreengekom dat die herberekenings van beide kante vanaf 30
Junie 1999 gedoen sou word en dat "prima koers"
die prima
koers gebruik deur die Eerste Nasionale Bank van tyd tot tyd sou
beteken. Die getuienis het getoon dat dit vir praktiese
doeleindes
dieselfde is as die prima koers van al die ander handelsbanke.
[37]
Daar is ooreengekom dat beide stelle berekenings tegnies en
rekenkundig korrek gedoen is gebaseer op die verskillende aannames
deur die twee deskundiges en hulle het oor en weer die korrektheid
van die herberekenings aanvaar.
[38]
Die eisbedrae van die onderskeie eisers in die onderskeie rekenings,
soos deur Whelpton herbereken, is behoorlik getabuleer
en die
berekenings wat Whelpton in elke geval gedoen het is aangeheg by die
gesamentlike notule. Vir doeleindes van hierdie uitspraak
sal ek net
verwys na die bedrag soos bepaal ten opsigte van die huidige eisers
en die ander bedrae sal genoem word wanneer die
ander uitsprake
voorberei word. Al die bedrae is bereken soos op die datum van
afbetaling van die lening. In die geval van die
huidige eisers is die
bedrag R6 099 496,40 en die afbetalingsdatum is 20 Junie 2008.
[39]
Die eisers se vordering wat deur die verweerder toegegee word in
terme van Strydom se herberekening soos op die datum van
terugbetaling is Rl 008 422,95.
[40]
Soos ek reeds genoem het, het die verweerder ondertussen sekere
terugbetalings aan sekere van die eisers gedoen. Hierdie
terugbetalings
en die datums daarvan is ook deur die deskundiges
geboekstaaf. In die geval van die huidige eisers is geen
terugbetaling nog gedoen
nie.
[41]
Die toepaslike prima koerse soos op die datum van die kontrak
("toekenningsbrief') in elke geval is ook tesame met die
marge
(verskil) tussen die rentekoers wat in terme van die kontrak in elke
geval sou geld en die prima koers soos op daardie datum
geboekstaaf.
In die geval van die eisers. was die ooreengekome koers bv 20% terwyl
prima op daardie stadium 23,5% was sodat die
lening toegestaan is
teen 3.5% onder prima.
Aanhangsel
"A" tot die gesamentlike notule is 'n skedule wat 'n
vergelyking toon tussen prima vanaf 30 Junie 1999 (die
begindatum van
die herberekenings) tot in Mei 2009 toe die laaste rekening (die van
Brits) terugbetaal is, en die koerse wat die
Land Bank van tyd tot
tyd vasgemaak het ten opsigte van elk van die rekenings. So bv was
prima 18% op 30 Junie 1999 en die Land
Bank koers vir die eisers
16,52%. Vanaf ongeveer Augustus 2003 tot Desember 2003 was prima en
die koers wat die Land Bank vir die
eisers bepaal het dieselfde en
vanaf Augustus 2004 het die Land Bank koers vir die eisers prima
begin oorskry. Op daardie stadium
was prima 11% en die koers wat die
Land Bank vir die eisers vas gemaak het 11.25%. Tot 20 Junie 2008 toe
die eisers hulle lening
afbetaal het, het die Land Bank koers prima
deurgaans oorskry. Breedweg kan gese word dat dieselfde lot die ander
eisers getref
het (hulle koers hoer as prima) vanaf ongeveer Augustus
2004. In sommige gevalle het die oorskryding vroeer plaasgevind.
[42]
Soos daar reeds aangetoon is toe paragraaf 7 van die pleit aangehaal
is, supra, is al die rekenings voor Julie 1999 met saamgestelde
rente
gedebiteer op 'n jaarlikse basis ("nominal annual compounded
annually" of "NACA"). Vanaf 1 Julie 1999
het die
verweerder dit goedgedink om die rente op 'n maandelikse saamgestelde
basis te bereken en te debiteer ("nominal annual
compounded
monthly" of "NACM").
Soos
blyk uit 8.4 van die pleit, supra, het die verweerder eers die
rentekoers verminder vanaf 30 Junie 1999 om die nadelige effek
van 'n
maandelikse kapitalisering teen te werk, en later, vir doeleindes van
die herberekening in hierdie saak, is die maandelikse
berekening weer
terug verander na die jaarlikse berekening.
In
hierdie verband het die deskundiges ooreengekom, blykens hulle
gesamentlike notule, dat Strydom die oorskakeling waarna ek verwys
het korrek gedoen het uit 'n rekenkundige oogpunt.
[43]
Die totale bedrag (met 'n klein uitsondering ten opsigte van verband
kansellasie koste), wat verkeerdelik gedebiteer is ten
opsigte van
administrasie koste en ander diverse gelde, is weggelaat uit die
berekenings van beide die deskundiges.
[44]
Die deskundiges het ooreengekom dat, indien die verweerder se
benadering dat rente op agterstallige rente gehef kon word korrek
is,
betalings wat gemaak is eers toegedeel sou word aan die rente op die
agterstallige rente, daarna aan die agterstallige rente
en daarna aan
die kapitaal.
[45]
Paragraaf 14 van die gesamentlike notule beskryf die verskille
tussen die twee deskundiges wat betref die beginsels wat hulle
toegepas het vir doeleindes van hulle herberekenings.
[46]
Die verskille tussen die twee deskundiges is gesetel in twee
onderwerpe:
(i)
die sogenaamde "koersdebat" soos die verweerder se advokate
dit genoem het.
Dit
is die verskil tussen die rentekoerse wat Whelpton gebruik het vir
doeleindes van sy herberekening en die rentekoerse wat Strydom
gebruik het vir doeleindes van sy herberekening.
Whelpton
het die marge tussen die Land Bank koers en die prima koers soos dit
gegeld het op datum van die toekenningsbrief (in hierdie
geval, soos
ek aangetoon het, 3!4% naamlik die toekenningsbrief bepaal die eisers
se rentekoers wat hulle moet betaal op 20% terwyl
prima op daardie
stadium 23'/2% was). Soos die prima koers van tyd tot tyd verander
het, het Whelpton eenvoudig, vir doeleindes
van sy herberekening, die
koers van die eisers se rekening vasgepen op 3'/2% minder sodat hy
die marge konstant gehou het vir die
"leeftyd" van die
lening totdat dit afbetaal is.
Strydom
het vir doeleindes van sy herberekening die ware Land Bank koerse
gebruik soos dit van tyd tot tyd gegeld het en soos dit
uiteengesit
word in aanhangsel "A" tot die gesamentlike notule waarna
ek reeds verwys het. Strydom het ook die "NACM"
berekeningsmetode omskep in die "NACA" metode soos ek
beskryf het.
(ii)
Die sogenaamde "berekeningsdebat" soos die verweerder se
advokate ook daarna verwys het. Dit het te doen met die
metode waarop
die rente bereken is. Whelpton het deurgaans rente op 'n enkelvoudige
basis op die daaglikse kapitaal balans bereken.
Hy het nie enige
kapitalisering of samestelling van die rente toegelaat nie.
Strydom
het rente bereken op die daaglikse kapitaal balans op die NACA basis
en die rente laat oploop tot by die datum waarop 'n
paaiement
betaalbaar was. By wanbetaling van 'n paaiement het Strydom rente
bereken op die onbetaalde rente komponent van die paaiement
teen
dieselfde koers as die geldende Land Bank koers. Hy het nie weer
rente bereken op die rente wat hy op die agterstallige rente
bereken
het nie.
[47]
Na al die ooreenkomste wat die deskundiges bereik het, is dit hierdie
twee onderwerpe wat oorweeg moet word en waaroor besin
moet word vir
doeleindes van die beregting van hierdie saak.
Die
koersdebat
(i)
Die eisers se saak
[48]
Die eisers gee erkenning aan die feit dat alhoewel 'n bepaling in 'n
leningskontrak wat die lener die uitsluitlike diskresie
gee om die
rentekoers van tyd tot tyd te verander, en dit eensydiglik te doen
sonder om die lener daarin te ken. afdwingbaar is,
so 'n koers
verandering nie onaanvegbaar is nie: dit moet redelikerwys {arbitrio
boni viri) gedoen word. Sien Absa Bank Ltd v Lombard
2005 5 SA 350
(HHA) op 353B-D.
[49]
In die huidige geval bevat die toekenningsbrief (die kontrak) wat ek
reeds gedeeltelik aangehaal het, die volgende klousule:
"The
bank reserves the right to increase the rate of interest at any time
without your consent in which event the abovementioned
terms of
repayment shall be adjusted accordingly."
[50]
In terme van die Wet word die Land Bank ook met so 'n diskresie
beklee om die rentekoerse eensydiglik te wysig. Artikel 24(1
)(b)
lees soos volg:
"24.
Voorwaardes waarop voorskotte verleen word en tydperk van
terugbetaling. - (1) Voorskotte kan verstrek word op die voorwaardes
wat die Raad goedvind, en die Raad kan gelas-
(a)
dat so 'n voorskot terugbetaal moet word in die paaiemente en binne
die tydperk. maar hoogstens veertig jaar; en
(b)
dat op die bedrag wat van tyd tot tyd op so 'n voorskot uitstaande
is. rente betaal moet word, op die tye en teen die koers.
wat die
Raad mag bepaal."
[51]
In Lombard sou die lener (die respondent) 15.55% per jaar rente op
die lening betaal en sou die handelsbank (die appellant)
ook die
uitsluitlike reg he om die koers van tyd tot tyd vas te stel. Daar
was 'n alternatiewe klousule in die vorm wat die respondent
ingevul
het om die lening te bekom, wat die koers sou koppel aan die bank se
prima koers plus 'n sekere persentasie. Hierdie klousule
is
deurgehaal. Dit het geblyk dat die 15.55% neergekom het op 3.05% hoer
as die bank se prima koers op die datum toe die lening
toegestaan is.
Soos prima aanvanklik gestyg het vir 'n aantal jare (van 12,5% in
1988 tot 20,25% in 1991) het die bank die respondent
se koers ook
verhoog, en die marge was soms hoer as 3,05% bo prima en by tye sells
iaer. In 1992 het die prima begin daal maar
die bank het nie die
respondent se koers dienooreenkomstig laat daal nie.
Die
Appelhof het bevind dat in die lig van die respondent se getuienis
(dat hy 'n verband ten gunste van die bank laat registreer
het, 'n
versekeringspolis uitgeneem het as verdere sekuriteit en ook sekere
eise wat hy teen sekere skuldenaars gehad het aan die
bank gesedeer
het en nooit 'n risiko vir die bank was nie) dit prima facie
onredelik van die bank was om nie die respondent se
koers ook te laat
daal toe prima begin val het nie. Dit was ook gemeensaak tussen die
partye dat, indien die marge van 3,05% deurentyd
behoue sou bly, die
skuld reeds in Januarie 1998 afbetaal sou gewees het.
Die
bank (appellant) het geen getuienis aangebied om die prima facie
saak. supra, te weerle nie. Geen verduideliking is aangebied
vir die
besluit van die bank om nie die leners se rentekoers
dienooreenkomstig te laat daal soos ek beskryf het nie.
[52]
In
Lombard
, het die respondent, as eiser a quo, 'n bedrag
deur middel van die condictio indebiti teruggeeis verteenwoordigend
van die verskil
tussen wat hy uiteindelik betaal het en wat hy sou
betaal het as die rentekoers nooit aangepas is nie. Hy het dit gedoen
omdat
hy aangevoer het dat die klousule in terme waarvan die bank in
sy diskresie die koers kon aanpas ongeldig was. Toe die Appelhof
egter in 'n ander saak bevind dat so 'n klousule wel afdwingbaar was,
het die respondent sy eis teruggetrek. Sien Lombard op 353B-D
waar
verwys word na die saak van NBS Bolartd Bank Ltd v One Berg River
Drive CC and Others; Deeb and Another v Absa Bank Ltd: Friedman
v
Standard Bank of South Africa Ltd
1999 4 SA 928
(HHA).
Al
wat oorgebly het was die appellant (Absa Bank) se teeneis. Die bank
het aangevoer dat daar nog steeds 'n gedeelte van die kapitaal
uitstaande was op die respondent se lening. Die Appelhof het bevind
dat die hof a quo korrek was deur die teeneis van die hand
te wys.
Die geleerde regter van appel se die volgende op 3S6H-J:
"If
the appellant or its predecessor had unreasonably exercised their
discretion before that date, by charging interest at
a rate of more
than 3,05% above prime where the risk had not changed, as the
respondent alleges, then some of the money purportedly
allocated to
the payment of interest should and would have gone to the payment of
capital ..."
Op
357A-B word die volgende gese:
"It
is accordingly necessary to consider whether the appellant and its
predecessor exercised the discretion conferred by the
interest rate
provision in the agreement in a reasonable way. As I have stated
earlier a consideration of this question leads to
the conclusion,
based on the fact that the prima facie case referred to was not
rebutted, and the discretion in question was not
exercised
reasonably."
[53]
Myns insiens kan die volgende opmerkings gemaak word oor die
uitspraak in Lombard, waarop die eisers swaar steun:
(a)
die Appelhof het 'n duidelike verband getrek tussen die prima koers
en die koers wat die respondent moes betaal;
(b)
die fe-it dat die appellant die prima facie saak nie weerle het nie,
het swaar geweeg by die Appelhof ten einde tot die gevolgtrekking
te
geraak dat die diskresie onredelikerwys uitgeoefen is;
(c)
waar die respondent se eis nooit onder die loep gekom het nie, is
geen maatstaf of riglyne neergele om aan te dui hoe 'n verrykings
eis, soos die onderhawige, synde 'n condictio indebiti met inagneming
van die geldigheid van die diskresionere rente klousule,
bereken
behoort te word nie,
[54]
In die huidige saak gee die eisers inderdaad erkenning aan die
geldigheid van die rentekoers klousule en steun die eisers
ook op die
arhitrio boni viri beginsel. Hulle voer ook aan dat die Land Bank die
rentekoers onredelikerwys verhoog het. Hulle doen
'n herberekening,
en eis 'n bedrag van ongeveer R6,09miijoen in terme van die condictio
indebiti.
[55]
Teen hierdie agtergrond, is dit moontlik gerieflik om 'n paar
vergelykende opmerkings te maak aan die hand van Lombard:
(a)
Die toekenningsbrief maak geen melding hoegenaamd van die prima koers
nie. Dit is gemene saak dat die Land Bank, wat nie 'n
handelsbank is
nie, nie, soos die handelsbanke, sy uitleen koers koppel aan
skommelinge in die Reserwe Bank se repo koers nie.
Die Land Bank
praat ook nie van 'n prima koers nie. In die praktyk pas die
handelsbanke noodwendig hulle prima uitleenkoerse aan
by stygings en
dalings in die repo koers. As ek die getuienis reg verstaan het. is
die prima koerse van die handelsbanke gewoonlik
ongeveer drie
persentasiepunte hoSr as die repo koers. Die Land Bank volg nie
hierdie praktyk slaafs na nie. Dit gebeur wel in
die praktyk dat die
Land Bank koerse wissel saam met die prima koerse, maar dit is nie 'n
gegewe nie.
Ek
het reeds verwys na aanhangsel "A" Lot die gesamentlike
notule van Whelpton en Strydom. Daaruit blyk dit duidelik dat
die
Land Bank, histories, nie sy koerse streng koppei aan 'n vaste marge
tussen prima en sy eie koers nie. In die geval van die
eisers was dit
bv, soos ek reeds genoem het, prima minus 3.5% toe die lening in
November 1998 toegestaan is. Teen Junie 1999 was
dit prima minus
ongeveer 1.5%. Op daardie stadium was meeste van die ander eisers, na
wie ek sal verwys, se koerse net ongeveer
,5% onder prima. Een van
Brits se rekenings was toe reeds hoSr as prima. In Februarie 2000 was
die eisers se koers net 1.5% onder
prima, daarna was dit vir 'n
tydperk 2% onder prima en teen September 2003 was dit gelyk aan
prima. Dit het so sebly tot ongeveer
Augustus 2004 toe dit prima
begin oorskry het. Baie van die ander eisers se koerse was reeds teen
ongeveer Oktober 1999 gelyk aan
prima, sommige selfs hoer.
Waar
die kontrak duidelik bepaal dat die Land Bank die koerse kan verander
in sy uitsluitlike diskresie sonder die toestemming van
die eisers,
en waar 'n soortgelyke voorskrif te vinde is in artikel 24(1 )(b),
supra, van die wet, kan ek me sien hoe hierdie benadering
en
historiese variasie van die koerse, ook duidelik sonder 'n bepaalde
verbintenis tot prima, regtens aanvegbaar kan wees nie.
[56]
Vir dieselfde redes is daar myns insiens in hierdie geval ook nie
ruimte vir 'n bevinding, soos in Lombard, dat die Land Bank
onredelik
opgetree het deur nie bv sy kliente se koerse te laat daal saam met
prima nie (Lombard op 354H-J, supra). Verder is daar
ook nie ruimte.
soos in Lombard, om die huidige eisers ter wille te wees met 'n
bevinding van onredelikheid aan die kant van die
Land Bank omdat die
eisers nie hog risiko gevalle is nie. Dit is gemene saak dat hierdie
eisers van tyd tot tyd versuim het om
hulle paaiemente stiptelik te
betaal.
(b)
Waar, soos ek aangedui het. daar in Lombard geen maatstaf of riglyne
neergele is vir die bepaling van die omvang van 'n eis
van hierdie
aard nie het die huidige eisers 'n riglyn gevolg wat te vinde is in
die herberekening van Whelpton: hy het naamlik
bereken wat die eisers
sou (en moes) betaal het indien die aanvanklike marge, met die
toekenningsbrief, van 3.5% onder prima, deurgaans
gehandhaaf is vir
die leeftyd van die lening. Die lening is in November 1998 toegestaan
en is eers bykans tien jaar later, in Junie
2008, afbetaal.
Hierdie
benadering van Whelpton is soos volg aangestip in paragraaf 14 van
die gesamentlike notule met Strydom:
"The
difference between the interest rate initially agreed in the grant
letter ('toekenningsbrief) and the prime rate at that
time has been
kept constant whenever the prime rate varied from time to time."
Daarteenoor
het Strydom die volgende gedoen:
"The
Land Bank rate for the specific accounts as set out in annexure 'A',
has varied from time to time (NACM rate) converted
to a NACA rate."
Waar
mark toestandc drasties sou verander en wissel in hierdie dekade, en
waar die Land Bank die uitsluitlike reg gehad het, beide
in terme van
die Wet en die kontrak, om koerse na goeddunke te varieer, en,
boonop, waar die kontrak nie 'n woord rep oor die prima
koers nie wat
nog 'n verpligting om te hou by die aanvanklike marge tussen die Land
Bank koers en prima, kan ek geen regverdiging
vind vir die metode wat
Whelpton toegepas het nie.
[57]
Ek meen dus dat Whelpton se benadering regtens onafdwingbaar is. Vir
daardie rede alleen, kan die eis bedrag van ongeveer R6,09
miljoen
nie toegeken word
nie.
Benewens die feit dat die metode regtens onafdwingbaar is. is dit ook
onhoudbaar uit 'n praktiese oogpunt. Ter illustrasie
kan genoem word
dat een van die ander eisers, Le Roux, se een rekening wat hy in
April 1984 geopen het destyds toegestaan is teen
10% onder prima. Die
koers wat hy gekry het was 11% en prima was 21%. Die rekening is eers
afgelos, twaalf jaar later, in Mei 2006.
Op daardie stadium was prima
10,5%, en op Whelpton se benadering sou Le Roux dan slegs 'n half
persent rente betaal het. Dit is
onseker wat sou gebeur het as prima
onder 10% sou gedaal het. Dit het inderdaad gebeur in September 2010.
(c)
'n Verdere vergelykende opmerking wat gemaak kan word met verwysing
na Lombard, is die feit dat in laasgenoemde geval die hof
van appel
kennelik waarde geheg het aan die feit dat die appellant nie die
respondent se getuienis oor die onredelikheid van die
versuim om die
koerse te laat daal weerspreek het nie, ten einde te bevind dat daar
'n prima facie saak van onredelikheid bewys
is. In die huidige geval
het die verweerder 'n uiterste poging aangewend. by monde van Strydom
en 'n ander getuie, dr Jacobs, om
die koersverhogings wat die Land
Bank van tyd tot tyd toegepas het te regverdig. Ek sal aanstons
kortliks na hierdie getuienis
verwys asook na die getuienis van 'n
ander deskundige wat deur die eisers geroep is, mnr Roodt.
[58]
Vir al hierdie redes kan ek nie sien hoe die beslissing in Lombard
op hierdie betrokke feite tot voordeel van die eisers uitgele
kan
word nie.
[59]
Dawid Daniel Roodt is 'n bekende ekonoom wat omvattende getuienis
namens die eisers gelewer het. Hy is ook lank en deurtastend
gekruisvra.
[60]
Ek het Roodt beskou as 'n eerlike en indrukwekkende getuie. Ek is
egter van mening dat sy breedvoerige getuienis nie so direk
verband
hou met die koersdebat en die berekeningsdebat dat dit noodwendig van
deurslaggewende belang vir die eisers kan wees nie.
[61]
Ek is nie voornemens om die massa getuienis wat Roodt aangebied het
en waaroor hy gekruisvra is vir doeleindes van hierdie
uitspraak te
behandel nie. Dit gaan oor ingewikkelde ekonomiese beginsels, mark
kragte en dies meer.
[62]
Die crux van Roodt se getuienis. vir doeleindes van die beregting
van die geskilpunte wat voor my dien. as ek dit reg verstaan
het. was
om die eisers se saak te ondersteun dat die verweerder se rentekoerse
onredelikerwys aangepas het, veral toe die koerse
prima begin oorskry
het en dat die verweerder dus nie arbitrio boni viri opgetree het
nie.
[63]
Om Roodt se getuienis in hierdie verband te illustreer. is dit
gerieflik om te verwys na die opsomming van sy deskundige getuienis
wat aangebied is in terme van reel 36(9).
[64]
Roodt illustreer die onderskeid tussen die Land Bank en ander
handelsbanke en kom tot die gevolgtrekking dat die Land Bank
onder
andere sy fondse en reserwes goedkoper as handelsbanke kan bekom en
vir verskeie ander redes in 'n beter posisie as handelsbanke
is. met
die gevolg dat sy uitleen koerse ook meer billik behoort te wees. Dit
word soos volg gestel in die opsomming:
"The
Land Bank is distinguishable from commercial banks in that the cost
of the Land Bank's funds should be lower, if managed
properly, than
the .cost of funds of commercial banks.
The
fact that the Land Bank doesn't have to comply with the same capital
adequacy ratio requirements as commercial banks makes it
different
from commercial banks and therefore implies a cost benefit to the
Land Bank. (My nota: dit is gemene saak dat die Land
Bank nie
onderhewig is aan bv die voorskrifte van die Bankwet, 94 van 1990
nie.)
The
Land Bank only has one shareholder namely the State, while commercial
banks are in many cases publicly listed companies with
a large number
of shareholders to whom dividends are paid from time to time. The
Land Bank doesn't pay dividends.
Commercial
banks' shareholders are not usually required to contribute to its
capital. The Land Bank's only shareholder, the State,
has however,
contributed to its capital several times in the past, and is still
doing so.
(Nota:
in die opsomming haal Roodt aan uit die 2007 begrotings debat van die
Nasionale Tesourie waar 'n aankondiging gemaak is van
'n kontant
inspuiting deur die staat vir die Land Bank ten bedrae van R3,5
miljard. Dit sou geskied in 'paaiemente1 van R750 miljoen
tot in die
2011/12 boekjaarenRl miljard in die 2012/13 boekjaar.)
The
Land Bank doesn't have depositors like commercial banks do. but it
borrows in the same markets that commercial banks borrow
in and
therefore is mostly, as far as the cost of funds are concerned, in
the same or better position field than commercial banks
in this
regard."
[65]
Die getuie voer aan dat Land Bank koerse oor die j are lacr as prima
was (daar was 'n kort tydperk in 1986 toe dit hoer was).
In ongeveer
Maart 1999. toe die Land Bank oorgeslaan het na die praktyk om rente
maandeliks in plaas van jaarliks te kapitaliseer
(soos beskryf toe
die pleit behandel is) het die Land Bank koerse prima begin oorskry.
Die getuie het handige grafieke by sy opsomming
aangeheg wat hierdie
feite boekstaaf. Blykens aanhangsel "A" tot die
gesamentlike notule van Whelpton en Strydom, het
hierdie lot die
eisers egter eers in ongeveer Augustus 2003 begin tref.
Die
getuie stel dit soos volg:
"After
the implementation of the new method of calculation, the Land Bank
interest rate was in most of the instances above
the prime rate. See
graph 4 in annexure 'C.
In our opinion, this apparent differentail
between the Land Bank rates and prime rate is a clear contradiction
to the goals of the
Land Bank to support agriculture development in
South Africa
." (My onderstreping.)
Die
getuie se opsomming van die doelstellings van die Land Bank is in
wese korrek. In Strydom v Die Land- en Landbou Bank van SA
1972 1 SA
801
(A) word die volgende gese op 814F-G:
"Dit
is duidelik uit. onder meer, die bepalings van artikels 19 en 21 van
die Landbankwet dat die Landbank statuter ingestel
is om by wyse van
geldelike steun uit. onder meer, openbare fondse, die landbou in
Suid-Afrika in die algemeen te bevorder. Dit
is geen handelsbank wat
vir eie gewin sake doen nie, en artikel 3 van die Wet bepaal
uitdruklik dat die Landbank sy bevoegdhede
'onderworpe aan die
bepalings van hierdie Wet' uitoefen."
[66]
Die getuie het ook die rekening van die eisers asook van die ander
eisers wat betrokke is by hierdie saak ontleed en die opmerking
gemaak dat hy geen mark verwante rede kon vind vir die feit dat al
die rekenings op 'n stadium teen 'n koers hoer as prima deur
die Land
Bank bedryf is nie.
[67]
Uit die beskikbare data het die getuie tot die gevolgtrekking geraak
dat daar 'n drastiese afname was. sedert 2000, in die
kapitaal en
reserwes van die Land Bank.
Roodt
se die volgende in sy verslag:
"In
a situation such as this, one would expect that the fixed costs would
also be managed downwards to avoid unsustainable
pressure on the
profitability of the Bank. From the reports by Deloilte, Mckinsey,
Scopa and the annual reports and financials
of the Land Bank, it is
clear that the decline in the Bank's profits can most likely be
blamed on negligent and inefficient management.
Findings
in the Scopa report refer to cases of risky lending, write-off of
loans, a weakening credit book and increases in bad debt
at the Bank.
This report confirms government intervention in order to prevent the
Bank from defaulting on its loans. This suggests
a questionable
management at the Bank and lead us to believe that the Land Bank
focused on interest rate increases to enhance revenue
as a means of
covering up poor management performance.
The
Fitch report of 2007 confirms that the relatively high credit rating
allocated to the Land Bank was done solely on the basis
that there is
a high perceived level of conviction that it would receive support
from the state should it need assistance. There
is also reference to
the deterioration in the Bank's financial situation (cost/income
ratio at 73%) and the increase in a number
of risky clients on the
books of the Bank."
[68]
Die gevolgtrekking van die getuie. aldus sy verslag, lees so:
"Based
on research done on market related interest rate changes within South
Africa, we found no market related reason why
the Land Bank interest
rates should have deviated from the prime/repo rate trend.
The
only compelling reason why Land Bank's interest rates deviated from
its expected and historic trend has to be linked to the
profitability
of the Land Bank, emanating from alleged mismanagement and corruption
within the operations of the bank as per the
Deloitte report."
[69]
Die verslae waarna die getuie verwys maak deel uit van die stukke in
die saak voor my. Die inhoud van die verslae het nie veel
aandag
gekry tydens die verrigtinge nie en daar is bloot oppervlakkig daarna
verwys. Dit is egter duidelik dat die getuie Roodt
die inhoud van die
-verslae in wese korrek vertolk. Die twee getuies namens die
verweerder, Strydom. en Jacobs, het nooit die feit
betwis dat
korrupsie en swak bestuur by die Land Bank teenwoordig was nie. Soos
aanstons sal blyk, het hulle egter aangevoer dat
daar ander. en
belangriker. oorsake was vir die penarie waarin die Land Bank hom
bevind het en vir sy besluit om rentekoerse te
verhoog.
Die
verweerder se saak
[70]
Ek het reeds aangedui dat ek nie die koerse wat Whelpton gebruik het
vir doeleindes van sy herberekenings van die onderskeie
rekenings kan
aanvaar nie.
[71]
Ek het ook aangedui dat Strydom die Land Bank se ware koerse soos dit
van tyd tot tyd toegepas is gebruik het vir doeleindes
van sy
herberekenings.
[72]
Op die aanvaarding dat 'n hof. in 'n gepaste geval. kan inmeng, soos
in Lombard. as daar bevind word dat die bank nie sy diskresie
om die
rentekoerse aan te pas redelikerwys of arbitrio boni viri uitgeoefen
het nie moet hierdie vraag verder ondersoek word aan
die hand van die
getuienis wat die verweerder aangebied het.
[73]
Die onus is op die eisers om te bewys dat die verweerder nie sy
diskresie om die koerse aan te pas redelikerwys uitgeoefen
het nie.
[74]
Dr Albertus Stefanus Jacobs het hierdie jaar afgetree by die Land
Bank. Hy het 'n doktorsgraad in ekonomie verwerf. Hy is reeds
84 jaar
oud. Ek het horn ervaar as 'n indrukwekkende en eerlike getuie.
Hy
het baie wye ervaring. Hy was onder andere hoof-ekonoom van die ou
Volkskas Bank en in 1971 het hy by die Reserwe Bank aangesluit
as 'n
adviseur. In 1978 het hy die algemene hoofbestuurder van die Reserwe
Bank geword en later senior adjunk president. In 1978
is hy ook
aangestel as die voorsitter van 'n komitee om die ekonomiese
omstandighede van boere en landboufinansiering in die algemeen
te
ondersoek. Dit het bekend gestaan as die Jacobs komitee.
[75]
In 1990 is die getuie aangestel as voorsitter van die Ekonomiese en
FinansiSle Komitee van die Land Bank. Hy het ook van 1994
af gedien
as ekonomiese adviseur van die destydse adjunk-president De Klerk en
vanaf 1995 het hy op 'n meer voltydse grondslag
by die Land Bank
gewerk as lid van die ekonomiese navorsings eenheid daarvan.
[76]
Die getuie het ook gedien op die Land Bank se Rentekoers Komitee
("Interest Rate Committee"). Notules van hierdie
komitee se
vergaderings maak deel uit van die stukke. Wanneer koers aanpassings
ter sprake gekom het, het die komitee 'n veeltal
faktore in ag
geneem. Koerse is nie lukraak aangepas nie. Koers veranderings het
ook nie afgehang van die Reserwe Bank se eie koers
aanpassings nie.
[77]
Die getuie het ook getuig oor die besluit om vanaf Junie of Julie
1999 rente op 'n maandelikse basis in plaas van 'n jaarlikse
basis te
kapitaliseer. Een van die redes hiervoor was dat die Land Bank wou
rekenariseer en die bank wou ook die prosedure wat
handelsbanke
gevolg het aanvaar.
[78]Van
ongeveer die middel 90's af het groot veranderings plaasgevind in die
regulatoriese en mark omstandighede waarin die landbou
moes
funksioneer.
Van
die veranderde omstandighede het voortgevloei uit die deregulering
van die internasionale markte soos vervat in die Marakesh
Verdrag van
1994 wat die republiek ook onderteken het, Ingevolge daarvan het die
beskerming wat die landbou sektor geniet het ingevolge
die vorige
bemarkingsraad stelsel weggeval en moes tariewe ingestel word om
beskerming te gee aan landbou bedrywe. Die Bemarkingswet
van 1968 is
ook in die middel 90's afgeskaf en in die plek daarvan. het 'n ander
bedeling gekom wat beteken het dat die ou bemarkingsrade
wat daar
bestaan het se magte weggeneem is en landbou pryse is bepaal deur
vraag en aanbod. "Elke boer kon sy produk verkoop
soos hy wou
teen die prys wat hy kon beding. En dit beteken natuurlik dat jou
riskantheid van die landbou het ontsettend toegeneem
met die
afskaffing van daardie wet."
[79]
Die getuie het ook gepraat van die sogenaamde BEE program vir
opkomende boere wat nie na wense ontwikkel is nie. Daar was
nie 'n
behoorlike beleids raamwerk en ondersteunings maatreeis nie. Die
Landbou Kredietraad wat voorheen gehelp het met die befondsing
van
opkomende boere is afgeskaf. Risiko's het in die proses vir die Land
Bank verhoog wanneer dit kom by lenings aan hierdie boere.
[80]
By die vasstelling van rentekoers aanpassings is 'n aantal faktore in
ag geneem insluitende verandering in monetere beleid
by die Reserwe
Bank en veranderings in die repo koers. Sulke veranderings is egter
nie slaafs nagevolg nie.
"Nee
oris het 'n eie siening gehad oor ons boek se groei, sy
winsgewendheid en sy rol wat hy in die landbou speel, met die
gevolg
dat ons het 'n verskeidenheid faktore in ag geneem as ons 'n
rentekoers besluit neem ..."
[81].
Die getuie het skerp verskil van Roodt se benadering dat die Land
Bank sy fondse goedkoper kan of behoort te kry as ander
handelsbanke.
Die getuie het sy houding in hierdie verband volledig gemotiveer. Ek
vind dit nie nodig om verder daaroor uit te
wei nie.
[82]
Die getuie het ook getuig oor die krimping van die leningsboek wat
die winsgewendheid van die Land Bank geraak het. Een van
die oorsake
was dat die Land Bank aanvanklik mielie voorrade en koring voorrade
van die kooperasies gcfinansier het. Hierdie bedryf
het weggeval toe
die kooperasies omskep is in maatskappye. Die rente wat daaruit
voortgevloei het, het ook weggeval. Dit het die
leningsboek laat
krimp. 'n Ander rede vir die krimping van die leningsboek was dat
boere, met die regeringsverandering, hulle verbande
verskuif het na
handelsbanke want hulle was bang dat hulle plase nie meer veilig is
nie.
[83]
Onder hierdie negatiewe toestande moes die Rentekoers Komitee van die
Land Bank ook gedurig die voorskrifte van artikel 51(1)
van die Wet
in ag neem. Dit lees soos volg:
"(1)
Die koers waarteen rente aan die bank betaalbaar is op voorskotte.
word van tyd tot tyd deur die raad voorgeskryf, en
die aldus
voorgeskrewe koers moet voldoende wees om te verseker dat die bank
nie teen rn verlies bestuur word nie."
[84]
Die wisselkoers van die rand teenoor ander geld eenhede het ook die
landbou sektor by tye nadelig bei'nvloed.
[85]
Die getuie het nie betwis dat daar swak bestuur en korrupsie by die
Land Bank was nie maar hy het getuig dat hierdie faktore
nie primer
aanleiding gegee het tot die finansiele verknorsing van die Land Bank
en die feit dat die regering kontant-inspuitings
moes gee nie. Een
van die probleme was dat die Land Bank 'n ontwikkelingsfonds geskep
het. Die ontwikkelingsfonds is gebruik om
'n ontwikkelingsboek te
finansier maar daar is gevind dat die Land Bank nie genoeg wins maak
om dit te kan doen nie en na aanleiding
daarvan het die fonds in duie
gestort.
[86]
Die getuie het by herhaling Roodt se stelling betwis dat die Land
Bank sover dit die koste van fondse aangaan in 'n beter posisie
as
handelsbanke is. Hy het sy houding in hierdie verband gemotiveer. Ek
vind dit nie nodig om verder daaroor uit te wei nie.
[87]
Die getuie het ook verskil van Roodt se benadering dat die enigste
dwingende rede hoekom die Land Bank se rentekoerse afgewyk
het van
die verwagte en historiese tendens is dat dit gekoppel moet wees aan
die gebreke aan winsgewendheid van die Land Bank wat
voortspruit uit
beweerde wanbestuur en korrupsie binne die Land Bank soos in die
Daloittc verslag uiteengesit. Volgens die getuie
is hierdie nie 'n
rede wat deur die Rentekoers Komitee in ag geneem is toe aanpassings
van die koerse in werking gestel is nie.
[88]
Ek sluit die ontleding van dr Jacobs se getuienis af met die volgende
aanhaiing uit sy kruisondervraging:
"So
die milieu, ek wil net die punt maak die milieu die struktuur. dje
omstandighede wat die Land Bank bedryf het se bv. ek
wil net die punt
maak. as die ou bedeling gebly het, en hulle moes hierdie
veranderings hanteer, sou dit [onduidelik]
Sou
hulle dieselfde probleme ervaar het? — Ja hulle sal presies
dieselfde. Hoekom se u dit? Omdat die Wet verander het? —
Nee,
die hele stelsel hetverander. Als het verander."
[89]
Petrus Jakobus Strydom ("Strydom") was die tweede en laaste
getuie vir die verweerder.
[90]
Soos die ander deskundiges, het hy my beindruk as 'n eerlike en 'n
bekwame getuie.
[91]
Die getuie het 'n indrukwekkende curriculum vitae en baie ervaring as
'n geoktrooieerde rekenmeester en ook in die bankwese.
Besonderhede
hiervan is op rekord en ek is nie van voorneme om dit te herhaal nie.
Strydom het in 2009 uitgetree as 'n vennoot
van 'n groot en bekende
ouditeursfirma.
Tans
hou hy horn besig deur onder andere die Land Bank te adviseer ten
opsigte van hierdie rente eise wat nou onder die loep kom.
[92]
Ek bepaal my voorlopig by Strydom se getuienis oor die koersdebat.
Wanneer die berekeningsdebat oorweeg word, sal ek weer
verwys na
Strydom se getuienis oor daardie onderwerp.
Daar
is ook twee opsommings op rekord ten opsigte van Strydom se
deskundige getuienis oor die twee onderwerpe. Hierdie opsommings
is
tydens die verrigtinge beskryf as "Strydom 1" en "Strydom
2".
[93]
"Strydom 1" het te doen met die koersdebat.
[94]
Strydom was ook van tyd tot tyd direk betrokke by die oudit van die
Land Bank. Sy firma is bv tussen 2004 en 2008 deur die
ouditeur
generaal aangestel om betrokke te wees by die oudit. In 2004 was hy
die sogenaamde "afteken vennoot" van die
finale oudit en
tussen 2005 en 2008 het hy die "afteken vennoot" met die
oudit bygestaan. Hierdie ervarings sou hom ook
dieper kennis van die
Land Bank se sake laat bekom.
[95]
Ek vind dit gerieflik om 'n paar uittreksels uit Strydom 1 aan te
haal:
"26.
Historically the Land Bank lending interest rate (over all of its
lending portfolios) was an independent interest rate
set in terms of
its own strategic objectives (to support agriculture in the country)
and its risk/return evaluation for each of
its different lending
products.
27.
Although lending rates of the Land Bank, since 1999 to the plaintiffs
were generally equal to or above the prime rate, this
was the result
of the unsustainability of cushioning borrowers (the Land Bank at
times cushioned agriculture from large interest
rate movements
experienced by the rest of the economy) from market rates by the Land
Bank in the high risk environment-of agriculture.
30.
Although the Land Bank attempted as far as possible to use and match
long term borrowing with long term lending, this was not
always
possible in which event the shortfall has to be financed with short
term borrowings. As indicated above, funds sourced in
the short term
market carries relatively higher rates than that which generally
prevails in the long term markets. In certain market
conditions with
rapidly declining interest rates it also happened that the Land Bank
was locked into long term instruments issued
at rates higher than the
prevailing interest rates.
31.
Historically the cost of funding of the Land Bank was certainly not
lower than 'other' financial institutions as a consequence
of Land
Bank bills qualifying as prescribed liquid assets for purposes of the
Reserve Bank requirements as stipulated in the Banks
Act 94 of
1990...
32.
There was no requirement for the Land Bank to strictly (if at all)
track the prime overdraft rate (as illustrated by instances
where the
Land Bank did not raise its interest rates commensurate with
increases in prime or overdraft rates).
33.
... The interest rate increase on 1 February 2005 was effected after
the Land Bank showed disasterous results which can easily
be
demonstrated by an analysis of the financial statements. These
disasterous results were as a result of:
33.1
removal of institutional support mechanisms to augment its services,
including
(a)
the Agriculture Marketing Act of 1936, which was promulgated to
promote price stability, regulate agricultural imports and reduce
risks for financing agriculture;
(b)
the Farmers Assistance Board of 1962; and
(c)
the Agriculture Credit Board, which was a statutory creature
established in terms of Act 28 of 1966.
33.2
All relief schemes to farmers terminated from approximately 1993;
33.3
section 34 of the Act being declared unconstitutional, thereby
removing a speedy and cost effective mechanism for the recovery
of
bad debts.
The
absence of the above support systems changed the dynamics in which
the Land Bank operated completely, increasing the risk profile
of
agricultural loans given by the Land Bank. Taking all of this into
consideration, Strydom is of the view that the interest rate
charged
on the accounts of the plaintiffs by the Land Bank was not
unreasonable,"
[96]
Die verwysing na artikel 34 van die Wet wat ongrondwetlik verklaar
is, het te doen met die beslissing in Chief Lesapo v North
West
Agricultural Bank and Another
2000 1 SA 409
(CC). In daardie saak het
die Konstitusionele Hof die bepalings van artikel 38(2) van die North
West Agricultural Bank Act 14 van
1981 ongrondwetlik verklaar. In
terme van daardie subartikel kon die betrokke Land Bank 'n skuldenaar
se bates op 'n openbare veiling
verkoop sonder geregtelike proses.
Dit
kom ooreen met die bewoording van artikel 34(3)(b) van die Wet wat
soos volg lees:
"(b)
Na verstryking van sewe dae nadat terugbetaling van die voorskot per
aangetekende brief gevorder is, gerig na die adres
van die skuldenaar
wat in die vorm van aansoek om die voorskot aangegee is, sonder
geregtelike proses 'n balju of enige ander persoon
deur die raad vir
die doel aangewys. aanse om soveel van die roerende goed van die
skuldenaar in beslag te neem en ... by openbare
veiling te verkoop as
wat nodig is om die bedrag te delg wat ten opsigte van die voorskot,
tesame met rente en koste ten aansien
daarvan. verskuldig is ..."
Voor
Chief Lesapo was hierdie effektiewe en vinnige manier van skuld
invordering, of parade executie in gepaste gevalle toelaatbaar
soos
byvoorbeeld waar dit by wetgewing, soos in hierdie geval, gemagtig
was ten gunste van die Land Bank. Sien Wille's Principles
of South
African Law 8ste uitgawe p340 en 349.
[97]
Aanhangsel "B" tot Strydom 1 is 'n ontleding deur Strydom
van die Land Bank se finansiele state vir die tydperk
1990 tot 2010.
Dit is 'n bondige opsomming van hierdie state wat ongeveer 1 600
bladsye in beslag neem.
[98]
'n Voorbeeld van een van die uittreksels uit die state het te doen
met die voorsittersverslag van 2003:
"AFS
(dit staan vir 'annual financial statements') 2003 page 11 chairman's
report - reason for bad debt consolidation
Although
Land Bank's underlying operations for the period delivered a
comendable profit before the provision of R574 million (2001:
R485
million), the impact of the decision to make a special provision of
Rl.77 billion for historical bad debts adversely affected
Land Bank's
financial performance for the period under review, resulting in a net
loss of Rl 429 million being reported for the
year. This significant
once-off provision is mainly attributable to:
*
inadequate historical provisioning;
*
the past practice of consolidating the interest and principal of
non-performing loans;
a
significant increase in insolvencies, as creditors acted against Land
Bank clients in the light of uncertainty created by the
challenge in
the Constitutional Court of certain provisions of the previous Land
Bank Act of 1944; change in section 34 challenges,
which created
uncertainty after the Constitutional Court case and gave rise to
significant arrears; deficiencies in the bank's
loan module system,
which previously prevented a thorough and detailed examination of the
book."
[99]
Ek haal ook aan wat gese is in die 2008 state:
"AFS
2008 page 23 - understanding challenges.
To
understand the challenges facing the Land Bank, it is important to
consider the dramatic changes in South African agriculture
since the
advent of democracy. Prior to 1994. the Land Bank primarily financed
medium to large commercial farmers. These farmers
were supported by
control boards, and the government provided subsidies, established
quotas and set price controls, which had the
effect of stabilising a
highly volatile sector. After 1994, South Africa began integrating
into world markets and the controls
were lifted. The Agricultural
Credit Board, to which the Land Bank transferred bad debts, was
abolished in 1998.
These
changes, along with a shift in emphasis towards supporting emerging
farmers, affected the Land Bank's loan portfolio, leading
to lower
profitability and riskier lending. More recently, the growing role of
private sector finance in the agricultural sector
has increased
competition."
[100]
Uit die voorgaande is dit duidelik dat Strydom, in wese, die
getuienis van dr Jacobs ondersteun het. Laasgenoemde se getuienis
word ook gestaaf deur wat in die jaarverslae te vinde is.
[101]
Strydom het toegegee dat daar korrupsie en wanbestuur was. maar het
dit nie aangestip as die hoof oorsaak van die Land Bank
se penarie
nie. Die hoof oorsake wat hy uitgelig het, het ek reeds na verwys. In
hierdie opsigte het Strydom se getuienis verskil
van die van Roodt,
wat nie die voordeel gehad het van 'n volledige ontleding van die
jaarstate soos wat Strydom kon doen nie.
(iii)
Gevolgtrekking
[102]
Die bewyslas is op die eisers om te bewys dat die verweerder nie sy
diskresie om die rentekoerse aan te pas arbitrio boni
viri uitgeoefen
het nie.
[103]
Uit hoofde van die ontleding van die getuienis, en ander opmerkings
wat ek gemaak het, het ek tot die gevolgtrekking geraak
dat die
oorwig van die getuienis daarop dm dat diepgaande en wesenlike
veranderings in die landbou 'n groot impak gehad het op
die
werksaamhede van die Land Bank en sy vermoe om sy tradisionele rol as
beskermer van die landbouers te vervul. Besonderhede
hiervan is
genoem.
[104]
Ek vind geen basis om die getuienis van dr Jacobs te verwerp dat sy
Rentekoers Komitee telkens voor 'n koers aanpassing deeglik
daaroor
besin het en verskeie faktore in ag geneem het nie.
[105]
Alhoewel daar duidelike aanduidings van korrupsie en wanbestuur
gemeld word in die verslae van Deloitle en andere, kan ek
nie bevind
dat dit die hoof rede was vir die Land Bank se besluite, van tyd tot
tyd, om sy koerse aan te pas nie. Trouens, Strydom
het getuig dat van
die meer drastiese koers aanpassings plaasgevind het voordat
besonderhede van die korrupsie en wanbestuur ragbaar
geword het.
[106]
In hulle betoogshoofde, het beide partye my verwys na die saak van
NBS Boland Bank Ltd v One Berg River Drive CC and Others,
supra, waar
bevind is dat 'n klousule soos die onderhawige, wat aan die bank die
uitsluitlike diskresie gee om die rentekoerse
aan te pas. aldwingbaar
is. Die uitoefening van die diskresie is egter nie onaanvegbaar nie:
"All
this does not mean that an exercise of such a contractual discretion
is necessarily unassailable. It may be voidable at
the instance of
the other party. It is, I think, a rule of our common law that unless
a contractual discretionary power was clearly
intended to be
completely unfettered, an exercise of such a discretion must be made
arbilrio boni viri." - Sien die uitspraak
op 937A-C. Hierdie
gedeelte het ek reeds vroeer aangehaal, maar ek vind dit gerieflik om
dit weer te doen.
[107]
Ek is ook verwys na wat gese is op 937G-I:
"The
question whether in cases such as these appeals a determination does
not comply with the above requirement if it Is merely
unjust, or
whether it must be manifestly unjust need not be answered (cf Voet
18.1.23 and Gane's note (h) in volume 3 at 278 in
regard to the
determination of a price by a third party)."
Die
advokate van die eiser het hierdie passasie uit Voet soos Gane dit
vertaal het aangehaal en ook gemeld dat Gane in die betrokke
voetnota
die volgende si:
"It
is clear from the passage cited in note 7 that this means an award
that is manifestly unfair." ("Manifest"
is "clear
or obvious to the eye or mind" -South African Concise Oxford
Dictionary p707.)
[108]
Namens die eiser is betoog dat die rente skommelings (met of sonder
verwysing na die prima-uitleenkoers) so ooglopend "manifestly
unfair" is, dat ek op grond van die genoemde gesag geroepe is om
in te gryp en 'n regstelling in redelikheid en billikheid
te doen.
[109]
Met hierdie submissie kan ek nie saamstem nie. Ek is van mening dat
die eisers nie daarin geslaag het om die bewyslas te kwyt
dat die
uitoefening van die diskresie om die rentekoerse in hierdie betrokke
saak aan te pas onredelik was nie, nog minder is bewys
dat dit
ooglopend ("manifestly") onredelik was.
In
hierdie verband is ek van mening dat die bepalings van artikel 51(1)
van die Wet, supra, dat die rentekoers wat die bank voorskryf
voldoende moet wees om te verseker dat die bank nie teen 'n verlies
bestuur word nie, ook in ag geneem moet word. Dr Jacobs het
getuig
dat sy komitee deurgaans gedagtig was aan hierdie bepaling. Alhoewel
dr Jacobs getuig het dat die bank horn daarvoor beywer
het om teen 'n
wins bedryf te word, kan dit nie gese word, op sy getuienis as
geheel, dat hy gepraat het van die gewone kommersiele
motief van
winsbejag wat tuishoort by handelsbanke nie.
[110]
Ek voeg by, dat al sou ek bevind dat die koers aanpassings nie
redelik was nie, dit steeds op die weg van die eisers gele
het om die
quantum van die oorbetaling of die verryking aan die kant van die
bank te bewys.
Ek
het reeds bevind dat die quantum van die eis soos deur Whelpton
beraam nie aanvaarbaar is nie.
Die
eisers het wel ter elfder ure 'n verdere berekening deur Whelpton as
alternatief voorgestel. naamlik gebaseer op die aanvanklike
marge
tussen die toekennings koers en die prima koers tot 31 Maart 2003 en
daarna teen Land Bank koerse. Volgens die eisers moes
die Land Bank
koerse inskop in Maart 2003 toe die bank teen 'n verlies begin werk
het. minstens tot 2006 toe hy weer 'n wins gemaak
het.
Ek
vind geen aanvaarbare basis vir so 'n berekening nie. Soos ek reeds
vroeer aangedui het. vind ek geen regverdiging vir enige
berekening
wat 'n deurlopende handhawing van die aanvanklike verskil tussen
prima en die rentekoers wat toegeken is (3.5%) slaafs
toepas nie, al
is dit net vir 'n aantal jare. Die redes hiervoor het ek genoem.
[111]
In elk geval, vanweS die bevinding dat daar nie bewys is dat die
verweerder nie arbitrio boni viri opgetree het nie, is hierdie
debat
oor 'n verdere berekening eintlik akademies. Die feit bly egter dat
die quantum, myns insiens: ook nie bewys is nie.
[112]
Uit hoofde van die voorgaande word die koersdebat ten gunste van die
verweerder beslis.
[113]
Wat oorbly is die oorweging van die berekeningsdebat.
Die
berekeningsdebat
(I)
Bedrae wat reeds toegegee is en wat bv ooreenkoms aan die eisers
verskuldig is
[114]
Ek het reeds aangedui dat Strydom, toe hy sy herberekening gedoen
het. Bevind het dat sekere bedrae aan al die eisers verskuldig
is.
[115]
Aan die eisers in hierdie betrokke saak. is daar, by ooreenkoms. 'n
bedrag van Rl 008 422,95 verskuldig.
Bedrae
is ook toegegee ten opsigte van sekere van die ander eisers waarna ek
sal verwys wanneer kort uitsprake in daardie gevalle
voorberei word.
(ii)
Terugbetalings is ook in sekere gevalle gedoen
[116]
Ek het reeds na hierdie terugbetalings verwys, en dit sal behandel
word in die ander uitsprake. In die geval van die huidige
eisers is
geen terugbetalings gemaak nie.
(iii)
Die omvang van die verskille tussen Whelpton en Strydom en die
begrippe saamgestelde ("compounded"') en enkelvoudige
("simple")
rente
[117]
Vir saamgestelde rente word die uitdrukkings "gekapitaliseerde"
of "capitalised" soms losweg gebruik.
Ek
is deur Strydom gedurende sy getuienis meegedeel dat die verskillende
begrippe dieselfde betekenis het.
[118]
Ander begrippe wat gereeld hulle verskyning maak in die stukke is
"Nominal Annual Compounded Monthly" ("NACM")
en
"Nominal Annual Compounded Annually" ("NACA").
Ek
het reeds vroeer daarop gewys dat die verweerder in Junie of Julie
1999 begin het om rente maandeliks te kapitaliseer ("NACM")
waar dit voorheen jaarliks gekapitaliseer is ("NACA"). Dit
is gemene saak dat die maandelikse kapitalisering nadelig
inwerk op
die boer of lener se posisie. met die gevolg dat die rentekoers
(destyds van ongeveer 19%) met twee punte (na ongeveer
17%) verminder
is om die nadelige effek van die maandelikse kapitalisering teen te
werk.
Toe
Strydom sy herberekening doen vir doeleindes van hierdie saak het hy
toe weer oorgeslaan vanaf NACM na NACA. Hierdie boodskap
word ook
blykbaar vervat in 8.4.2 van die pleit wat ek aangehaal het. 8.4.2 is
lomp bewoord en grammatikaal gebrekkig en ook in
'n mate onakkuraat.
Dit is nietemin die boodskap wat ek daaruit verstaan.
[119]
Dieselfde boodskap verskyn ook in paragraaf 11 van die gesamentlike
notule waarin Strydom en Whelpton ooreenkom dat Strydom
rekenkundig
korrek te werk gegaan het om weer oor te skakel na NACA vanaf NACM en
daar word gese "... is the correct mathematical
method to
convert an annual compounded nominal rate to a monthly compounded
nominal rate. Hence it is agreed that the NACM rate
compounded
monthly, equals the NACA rate compounded annually, as set out in
annexure A' hereto, and that Strydom used the NACA
rate in his
calculation." (Ek onderstreep.)
Wat
duidelik hieruit blyk, benewens die ooreenkoms wat die deskundiges
bereik het. is dat Strydom steeds 'n "compounded"
metode
gevolg het of 'n saamgestelde metode. In paragraaf 14 waar die
verskille tussen die twee partye uiteengesit word, word ook
gese
onder Strydom se benadering dat "Interest is calculated on the
daily capital balance at the NACA rate and accumulated
up to
installment date. If the installment was not paid interest on overdue
interest (ie interest in default) is calculated from
installment date
to date of payment of overdue interest. Interest on overdue interest
is not compounded."
Soos
ek dit verstaan, beteken dit dat Strydom nie ook verder rente op die
rente op die agterstallige rente gehef het nie. Waar hy
in hierdie
verband se "interest on overdue interest is not compounded",
beteken dit egter myns insiens dat hy toegee
dat die rente op die
rente inderdaad "compounded" of saamgestel is.
[120]
Waar Whelpton in sy reel 36(9) opsomming van deskundige getuienis
kommentaar lewer op die Strydom herberekening wat aangeheg
is by die
gesamentlike notule se hy die volgende:
"11.1
To justify the fact that the defendant compounded interest monthly
contrary to the agreements, the defendant converted
his 'debit
interest rate NACM' to a 'interest rate NACA'; 11.2 the conversion
from a lower NACM rate to a higher NACA rate has
the same effect as
monthly capitalisation by the defendant due to the fact that the
nominal interest rate (NACA) is equal to the
effective interest rate
(NACM) in the defendant's recalculation, the result being that the
defendant still gets the monthly compounded
interest it wanted on the
NACM rate.
11.3
Effectively all unpaid interest from month to month on the NACM rate
is capitalised by using the converted NACA rate;
11.4
the only real difference between the actual interest charges
reflected on the plaintiffs statements and the recalculation of
Strydom, is the penalty interest and administration cost charges that
were agreed to be incorrectly charged. The rest of the recalculation
comes to the equivalent of what the defendant has done on the
statements sent to its clients.
Interest
on unpaid interest
12.1
In the recalculations Strydom calculated interest on unpaid interest
from the date of installment every year, called mora
interest.
12.2
With the statement method there would have been no issue of mora
interest as interest were (sic) charged on interest and capitalised
monthly, the recalculation method calculates interest on the NACA
(inflated) rate on the capital balance and interest on unpaid
interest also at the NACA rate from date of installment due, which
interest is not capitalised.
12.3
As explained above the interest rate NACA already includes interest
on interest from month to month at the NACM rate. Additional
interest
on unpaid interest therefore constitutes a further capitalisation of
interest on unpaid interest, giving the same result
as monthly
capitalisation on the NACM rate."
(Ek
onderstreep.)
[121]
Toe Strydom getuig het, het ek hom breedvoerig uitgevra oor hoe hy te
werk gegaan het om rente op agterstallige rente te hef
vir doeleindes
van sy berekening. Hierdie getuienis verskyn rofweg tussen bladsye
896 en 905 van die huidige getikte oorkonde.
Ek is nie voornemens om
alles te herhaal nie.
[122]
Dit is miskien handig om grepe aan te haal uit die ondervraging vanaf
bl 899: "... Edele kan ek 'n ander manier probeer.
HOT:
Ek sal dit verkies met respek teenoor mnr Beckerling? — Ons
begin hierdie persoon het Rl 00,00 by die Landbank gel een.
En vir
gemak is die rente daarop R10.00, 10%.
By
die eerste verjaarsdag? — By die eerste verjaarsdag is hy
R10.00. Daardie R10,00 word dan verstek rente en daarop word
rente
bereken. (Ek onderstreep: dit is gemene saak dat hierdie rente gehef
is teen dieselfde Land Bank koerse wat van tyd tot tyd
op die lening
van toepassing was.)
Ja?
— Nou edele, nou hierdie ou betaal die volgende jaar weer nie,
weer 'n keer is daar R10,00 se rente vir die tweede jaar.
Is
dit nou om die kapitaal dieselfde gebly het? — Die kapitaal het
dieselfde gebly edele, hy het mos niks betaal nie.
Ja?
— Nou word die verstek rente mos nie meer net 10 nie maar word
nou 20.
Ja?
— Nou word verstek rente, ag rente op verstek rente bereken op
20. (Ek onderstreep: dit is weer teen die normale Land
Bank koerse.)
Ja? — Kom ons gaan nou 'n jaar aan edele. Nou nog 'n jaar
betaal hierdie bogger nie. (My nota: dit lyk asof
die getuie teen
hierdie tyd ongeduldig begin raak het met die wanbetaler!)
Wat
het u gese? — Weer 'n keer edele. daar is weer R10.00 rente op
die kapitaal want hy het weer 'n keer niks betaal nie.
Nou word die
verstek rente 30. En van dan af bereken ons rente op verstek rente op
30. (Ek onderstreep.) Nou al hierdie rente op
verstek rente word net
bymekaar getel. Daar word nie verdere rente bereken op die rente op
verstek rente nie."
('n
Mens sou so hoop! Maar dit is blykbaar presies wat die Land Bank
gedoen het tot 1999, "Die Land Bank het tot 1999 die voile
NACA
metode gevolg ..." en na die middel van 1999 het die Land Bank
natuurlik die NACM metode gevolg wat nog 'n swaarder las
op die boere
sou laat rus want dit is toe maandeliks gekapitaliseer maar om dit
teen te werk. soos ek verduidelik het, is die rentekoers
toe met
ongeveer twee punte verlaag. Volgens Whelpton, soos ek verduidelik
het, het dit die boere nie veel gehelp nie en Roodt
het ook gese dat
vanaf die oorskakeling na NACM die boere effektiewelik meer betaal
het. Dit is gemene saak, soos ek reeds aangetoon
het, dat, vir
doeleindes van die herberekening, Strydom toe weer oorgeskakel het
vanaf NACM na NACA.)
[123]
Strydom distansieer hom dan soos volg van die NACA metode:
"Nog
iets? — U edele, die verskil tussen my manier, dit is my
manier. Die verskil is in die as ons s5 ons stel saam jaarliks
NACA,
dan sal ons u edele, na die eerste jaar was daar verstek rente van 10
en daar is rente bereken vir 'n jaar.
Net
'n oomblik. Met ander woorde as dit die ou saamgestelde die NACA was?
— Ja edele.
Waarop
rente inderdaad gehef is? — Ja edele.
Dan
sou wat gebeur het op NACA? — Dan edele. by die tweede jaar,
toe die verstek rente 20 geword het. sou by daardie 20, sou
die rente
op verstek rente vir 'n jaar op die R10,00 een ook bygetel geword
het. Net 'n oomblik. Met ander woorde u sou nie net
aangegaan het met
rente op die 20 nie. U sou die rente wat jy die vorige jaar op die 10
gehef het ook by die bedrag getel het?
— Ja edele.
En
daarop rente gehef het? — Absoluut edele, Kom ons se daardie
rente op die Rl 0,00 was Rl .00 vir daardie jaar. Dan sou
van daardie
datum nie op R20.00 rente bereken word nie. maar op R21.00. Maar daar
sou ook nie 'n aparte kolom gewees het vir die
rente wat op die
eerste 10 gehef is nie? — Nee edele, dan gaan almal. almal gaan
dan bymekaar. Na 'n jaar word al die agterstallige
rente wat die
verstek rente is plus die rente op die verstek rente word net alles
bymekaar getel. Maar die aparte rente op die
eerste 10 wat nou vir 'n
jaar bereken is, en wat u nou nie by gooi nie? — Op my manier.
U
hou dit apart? — Ek hou dit apart op my manier.
En
wat doen u uiteindelik daarmee? — As dit betaal word edele, dan
gaan
enige
betaling eerste af teen daardie apart gehoude kolom.
En
nadat dit uitgewis is, dan word die rente? — Die verstek rente
eers ...
[tussenbei]
Ook
uitgewis en dan 'n deel van die kapitaal? — Ja edele.
Wou
u nog uitgebrei het oor hoe dit daaruit sien as u NACA sou toegepas-
het, of is die punt? — Die punt is edele, die twee
is nie
presies dieselfde nie.
Is
die uiteindelike resultaat nie dieselfde nie, want die rente op die
10 word nou by die 20 gevoeg in terme van NACA? — By
NACA word
dit bygetel, my manier word dit nie bygetel nie.
Maar
by NACA is daar dan nie 'n aparte kolommetjie met die eerste jaar se
verstek rente nie? — Nee edele, Hy word na die eerste
jaar word
hy by die verstek rente getel en dan word daar rente daarop bereken.
So
die effek is, dit sou hoer resultaat is op u sommetjie? —
Absoluut reg edele.
Kan
ek vra wat Whelpton doen wat u van verskil, ek noem hom nou maar
Whelpton, nie uit disrespek nie maar omdat dit vinniger is?
—
Ja, mnr Whelpton bereken rente op die kapitaal.
So,
hy kom ook op die R10,00 uit aan die einde van die eerste jaar? —
Absoluut edele. Maar dan doen hy niks met daardie R.10,00
nie. Hy
bereken nie rente op die R 10,00 nie.
MNR
BECKERLING: Of die R10,00 betaal word en of dit agterstallig is, is
glad nie 'n aspek wat hy hoegenaamd in sy berekening in
ag neem nie.
HOF: Hou hy dit ook apart in 'n verdere kolom? — Aparte kolom
edele. Maar hy bereken nie rente op daardie verstek
rente nie? —
Nee edele. En wis hy dit ook uit soos die betalings inkom? —
Soos die betalings inkom, edele, wend hy
dit eerstens aan teen
hierdie rente kolom van hom. En as daar by 'n tweede jaar weer
verstek is, dan vat hy weer net RIO,00? —
Hy vat net Rl0,00.
En
sit dit in 'n aparte kolom sonder om rente daarop ook te hef? —
Ja
edele.
Edele die som wat laasnag vir u gedoen is, is op hierdie manier
gedoen. Die Whelpton (?) manier.
Ja
dit is in terme van my versoek gister? — Ja edele.
MNR
BECKERLING: En die enigste verskil tussen daardie som en dit is op bl
62 (Dl) en 62a in die ry 3, in ry 2 is die feit dat mnr
Whelpton nie
rente
bereken op enige agterstallige en uitstaande rente nie. Dit is die
enigste verskil tussen u som en die een wat sy edele aangevra
het? —
Ja edele.
HOF:
Dit is nou die derde kolom op 62(a)?
MNR
BECKERLING: Dit is die derde ry, is die een wat u edele aangevra het
en die tweede rytjie is mnr Strydom se som. Die enigste
verskil
tussen 2 en 3 is dat 3 nie enige rente op uitstaande agterstallige
rente in ag neem nie. Dit is die enigste verskil …"
[124]
Die berekening wat ek aangevra het, en wat hier na verwys word,
verteenwoordig 'n berekening op die Whelpton manier van enkelvoudige
rente maar met toepassing van die ware rentekoerse wat die Land Bank
van tyd tot tyd teen die eisers se lening gehef het. Ek het
dus die
deskundiges gevra om af te sien van Whelpton se aanvanklike
benadering om deurgaans. vir die leeftyd van die lening, rente
te
bereken op die basis van die aanvanklike marge (314%) wat die
destydse rentekoers minder was as die destydse prima. Ek het reeds
aangedui waarom ek geen regverdiging kan vind vir laasgenoemde
benadering nie. In die verrigtinge voor my het hierdie metode om
vas
te skop met die aanvanklike marge vir die leeftyd van die lening
bekend geword as "die treinspoor benadering".
[125]
Die berekening wat ek aangevra het (gerieflikheidshalwe, "die
oornag berekening") is deur beide die deskundiges
nagegaan en
die resultaat is deur beide bevestig. In monetere terme beteken dit
dat die verweerder die eisers ongeveer R3,265 miljoen
moet betaal in
plaas van die ongeveer R1.008 miljoen wat die verweerder reeds
toegegee het. Dit kan gesien word op 62a van bundel
D1.
[126]
Whelpton het getuig voordat ek die oornag berekening aangevra het.
maar ek meen dat die volledige aanhaling uit Strydom se
getuienis die
verskil in benadering tussen Whelpton en Strydom illustreer en, in
die proses, die omvang van die dispuut tussen
die partye vir
doeleindes van die berekeningsdebat.
[127]
Ek meen dit is korrek om te se dat Whelpton hom bepaal het by suiwer
enkelvoudige rente terwyl Strydom minstens 'n vorm van
saamgestelde
rente toegepas het, Strydom het bv telkens, by wanbetaling van 'n
paaiement, die verstek rente van die vorige jaar
by die verstek rente
van die tweede en selfs die derde jaar getel en op die gesamentlike
bedrag rente gehef. Hy het dus rente op
opgehoopte verstek rente
gehef. Die feit dat hy, volgens hom, nie nog rente op daardie rente
op die opgehoopte rente gehef het
nie doen myns insiens nie afbreuk
aan die feit dat hy saamgestelde rente gehef het nie.
[128]
Ek vind dit ook ietwat vreemd dat Strydom hom gedistansieer het van
die NACA koers benadering, soos blyk uit die aanhalings
uit die
rekord, want in paragraaf 14 van die gesamentlike notule wat die
verskillende benaderings van die twee deskundiges beskryf,
word gese
dat Strydom se berekening daarop neerkom dat "interest is
calculated on the daily capital balance at the NACA rate
and
accumulated up to installment date" (ek onderstreep). Hierdie
bewering word gemaak direk bo Strydom se handtekening. Ek
het alreeds
aangehaal uit Whelpton se reel 36(9) opsomming (paragrawe 12.1, 12.2
en 12.3 daarvan) waar hy kommentaar lewer op die
NACA koers
benadering en die mening uitspreek dat "additional interest on
unpaid interest therefore constitutes the further
capitalisation of
interest on unpaid interest, giving the same result as monthly
capitalisation on the NACM rate".
(iv)
Maak die kontrak voorsiening vir saamgestelde of enkelvoudige rente?
[129]
Ek het reeds aangehaal uit die kontrak ("toekenningsbrief) maar
die tersaaklike gedeelte. vir die huidige doeleindes,
lees soos volg:
"At
present the rate of interest is 20% per annum and the loan is
repayable with interest, reckoned from the date of registration
of
the bond, at the rate of 20% per annum on the balance capital
outstanding from time to time
(Ek
onderstreep.)
[130]
Volledigheidshalwe voeg ek by dat soortgelyke bepalings te vinde is
in die kontrakte van die ander eisers wat ook by hierdie
toetssaak
betrokke is. Voorbeelde van die bewoordings in daardie kontrakte is
deur die eisers se advokate in hulle betoogshoofde
behandel. Bv in
die geval van Le Roux lui die kontrak "teen die koers van x
persent per jaar op die balans van tyd tot tyd
op die kapitaal
uitstaande" (ek onderstreep).
In
die gevai van Brits word bv gese "Rente teen die huidige koers
van 22,25% per jaar word bereken op die saldo van die kapitaal
soos
van tyd tot tyd uitstaande" (ek onderstreep).
In
Buhrmann se geval word gepraat van "vir die huidige beloop die
rentekoers 11% per jaar en die lening is terugbetaalbaar
met rente,
gereken op die balans van tyd tot tyd op die kapitaal uitstaande."
(Ek onderstreep.)
[131]
Whelpton is hieroor uitgevra:
"Is
dit nou reg of verkeerd mnr Whelpton, reg of verkeerd u se dat jy kan
nie kapitaliseer nie? Kry jy dit in die ooreenkoms
uit wat u betref?
— Ek kry dit uit die ooreenkoms wat my betref u edele. Die
Landbank het verskillende sootte ooreenkomste
gehad. In hierdie geval
het die leningsooreenkomste en ek gee toe ek is nie 'n regsgeleerde
nie en ek probeer my dit ook nie voorhou
nie. maar wat ek lees is dat
hierdie ooreenkomste se rente word bereken op uitstaande kapitaal.
Dan is daar ander Landbank ooreenkomste
waar gese word rente word
jaarliks bygevoeg.
Nou
dit het ek verstaan as rente word jaarliks gekapitaliseer. —
Dan is daar ander ooreenkomste u edele waarin Landbank se
rente word
maandeliks gekapitaliseer."
[132]
Ek haal 'n paar ander grepe uit Whelpton se getuienis aan:
"HOF:
Ek wil weet wat is die term kapitaliseer vir doeleindes van hierdie
saak. Wat beteken dit? — Dit beteken om rente
op rente of om
rente by te voeg tot by die kapitaal en daarop ook rente te bereken."
"Maar
kom ons vat nou die teenkant van dieselfde syfers maar op
enkelvoudig. 'n Man Ieen Rl 000 000, 10% en na 'n jaar skuld
hy Rl
000 000,00 plus R100 000,00 se rente. — Dit is korrek. Dit is
ook Rl. 1. — Dit is ook 1.1 u edele.
Maar
as hy dan nie betaal nie, dan moet jy 10% rente beraam verder op net
die Rl 000 000,00 en nie op die R100 000,00 rente nie.
— Dit is
reg. Dit is enkelvoudig. — Dit is enkelvoudig u edele."
[133]
ed, maar omdat hy nou nie betaal nie, betaal hy die kapitaal nie maar
hy betaal ook nie die rente wat hy moes betaal het tot
by die
volgende oesjaar nie. — Wei hy het dit nie betaal nie, so dan
staan sy saldo in ons geval op Rl.l miljoen wat bestaan
uit 'n Rl
miijoen se kapitaal en R100 000,00 se rente.
Maar
loop rente dan op daardie onbetaalde deel van die rente? — Wei
die oomblik as ek dit doen. as ek rente op die rente bereken.
dan
bereken ek nie meer rente op kapitaal nie. Dan is ek buite mv mandaat
om te se bereken rente op die uitstaande kapitaal want
dan bereken ek
rente op rente, want alhoewel dit kapitaliseer genoem word, word daar
gese dat rente kan nooit kapitaal word nie.
so rente bly rente en
kapitaal bly kapitaal, so hulle noem die term kapitaliseer omdat die
bank dit byvoeg by die saldo en dan
kry jy 'n uitstaande saldo in
plaas van 'n uitstaande kapitaal saldo en 'n uitstaande rente saldo.
So hulle bereken op die uitstaande
saldo die rente en in hierdie
geval is my mandaat bereken rente op die uitstaande kapitaal. Dan kan
ek tog nooit dit op die rente
ook bereken nie want dan doen ek nie
wat my instruksies is nie." (Ek onderstreep.)
[134]
Whelpton bevestig wat Strydom gese het, naamlik dat die korrekte
benadering as dit kom by enkelvoudige rente is om elke keer
wanneer
die lener in verstek is die rente op die kapitaal opsy te sit en dan
weer van voor af rente op die kapitaal te bereken
teen die
voorgeskrewe koers.
"...
So die bank kry nog steeds die voordeel van hy kry sy rente op sy
kapitaal wat hy wou gehad het, en wanneer die betaling
kom word
kapitaal nie gedelg voordat rente eers gedelg is nie."
[135]
Ek voeg by dat dit gemene saak is dat die Land Bank op 'n latere
stadium sy kontrakte so bewoord het dat dit uitdruklik voorsiening
maak vir saamgestelde rente. In Strydom se kruisondervraging, het mnr
Arnoldi hom uitdruklik verwys na 'n Land Bank kontrak wat
bepaal:
"Vir die huidige beloop die nominale jaarlikse rentekoers 13,50%
saamgestel maandeliks." Die gesprek met Strydom
verloop dan so:
"Daardie
kontrak praat van saamgestelde rente. — U edele moet onthou dat
die Land Bank het besluit om van die lste Julie
1999 rente saam te
stel maandeliks. So ooreenkomste wat gesluit is na 1 Julie 1999 het
voorsiening dan gemaak vir die samestelling
maandeliks."
[136]
Die volgende stelling van mnr Arnoldi aan Strydom is nie werklik
beantwoord nie maar is ook nie betwis nie:
"Maar
'n kontrak wat praat van enkelvoudig sal u bitter min in die
handelsverkeer sien. Een van die redes is dat as hy swyg
dan is dit
enkelvoudig. As hy swyg oor saamgestel. dan is dit enkelvoudig. Dit
is die een rede. Die ander rede is dat banke het
al hulle lesse
geleer, Hulle bepaal saamgestel. want hulle verstaan dat dit in 'n
kontrak moet staan ..."
[137]
Met hierdie benadering stem ek saam. Onder al die omstandighede is ek
van mening dat die kontrak duidelik voorsiening maak
vir enkelvoudige
rente en nie vir saamgestelde rente nie.
[138]
Ek voeg by dat Strydom, in "Strydom 1" die volgende handige
defmisies vir enkelvoudige en saamgestelde rente verskaf:
"Simple
interest is the charge which is calculated on the sum loaned only
(Oxford Dictionary of Accounting).
Compound
interest is the charge which is calculated on the sum loaned plus any
interest that has accrued in previous periods (Oxford
Dictionary of
Accounting)."
[139]
In die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal ("HAT')
5de uitgawe p965 word die volgende gese:
"Saamgestelde
rente, rente op kapitaal, plus reeds bygerekende rente."
[140]
Teen hierdie agtergrond vind ek sekere grepe uit Strydom se
kruisondervraging ook insiggewend:
"Mnr
Strydom, nou met groot belangstelling geluister na u getuienis, veral
oor die rente. Weet u wat is enkelvoudige rente?
— Ja edele.
Wat
is dit? — Rente word bereken op kapitaal en dan word daar nooit
weer rente daarop gehef nie, dit word in 'n aparte. apart
gehou.
HOF:
Ekskuus. ek het nie mooi die antwoord. rente word op die kapitaal
gehef? — En daar word nooit rente op die rente gehef
nie.
MNR
ARNOLDI: So, kan ons aanvaar dat 'n beginsel van enkelvoudige rente
is dat jy nooit rente op rente hef nie? — Ja edele."
[141]
Dit blyk uit Strydom se getuienis dat hy rente op die verstek rente
gehef het na aanleiding van regs opinies wat van advokate
verkry is.
[142]
Die volgende blyk ook uit die kruisondervraging:
"Mnr
Strydom. ek wil net weet hoekom vra u nie rente op daardie rente wat
u vra op die rente van die .. [tussenbei]. HOF: Verstek
rente nie.
MNR
ARNOLDI: Op die verstek rente nie. Hoekom stop u daar? — U
edele. dit was die regs opinie.
Ja.
— Die regs opinie mag gebaseer wees - die aanvanklike regs
opinie was gebaseer op 'n mora koers en 'n mora koers stel
jy nie
weer 'n keer saam nie. Maar u edele, ek kan nie 'n opinie daaroor
lewer nie. Ek het gewerk op regs opinies.
Is
die rede dalk dat bv enkelvoudige rente mens nie rente op rente kan
verdien nie? — U edele. enkelvoudige rente in my boek
beteken
dat daar word nie — dit i s die definisie van enkelvoudige
rente, daar word nie rente op rente gehef nie. Dit is
die definisie
in my boek van enkelvoudige rente."
(Ek
onderstreep.)
[143]
Nog 'n insiggewende aspek van Strydom se getuienis. as ek dit reg
verstaan het, is dat hy toegegee het dat die metode om rente
op
verstek rente te hef daarop gemik was om op te maak vir die "verlies"
wat sou intree met die afskaffing van bv die
saamgestelde NACM of
NACA metode.
Die
kruisondervraging hieroor verloop soos volg:
"Wei,
kom ons wees prakties, wat u gedoen het, u het nou hierdie rente op
verstek rente gaan bepaal om in die plek te kom van
die samestelling
wat aanvanklik gedoen is deur Land Bank.
HOF:
Is die stelling die rente op die verstek rente?
MNR
ARNOLDI: Die rente op die verstek rente.
HOF:
Is wat mee gedoen?
MNR
ARNOLDI: Is maar gehef - word nou gehef in u berekening om op te maak
vir die verlies aan samestelling soos wat Land Bank aanvanklik
gedoen
het op die rekenaars. — U edele ek sou nie se - mnr Arnoldi
gebruik die verlies, ek sou se dit vervang presies dieselfde
ding.
Ja.
— Dit word net op 'n verskillende manier bereken. Goed, ons se
maar dieselfde.
HOF:
Net 'n oomblik. As u se dit vervang dieselfde ding, wat is dit? Die
verlies aan samestelling? — Die rente - die rente
wat
saamgestel was, dit is op een manier saamgestel. Nou al wat ons se
ons stel rente op 'n ander manier saam, maar ons stel steeds
rente
saam. Saam rente - die samestelling is nou - word vervang deur rente
op agterstallige rente, 'n mora rente. So die samestelling
wat gedoen
is maand tot maand deur die Land Bank word nou vervang met rente op
agterstallig - net op agterstallige rente.
MNR
ARNOLDI: Dis maar net 'n ander manier om rente saam te stel. —
In
effek u edele.
Natuurlik."
[144]
Na my mening is minstens die voigende twee afleidings uit Strydom se
getuienis onvermydelik: eerstens dat hy rente saamgestel
of
gekapitaliseer het vir doeleindes van sy herberekening. en tweedens
dat daar. volgens hom. by enkelvoudige rente geen ruimte
is vir 'n
berekening van rente op rente nie.
[145]
Die direkteur van die eisers wat namens hulle getuig het, Gary Lanswa
George Watson (ek is nie seker van die spelling van
die tweede naam
nie) het nie getuig oor sy uitleg van die kontrak nie en hy is ook
nie daaroor gekruisvra nie. In sy getuienis
is daar niks gese oor die
vraag of die kontrak voorsiening maak vir enkelvoudige of
saamgestelde rente nie.
[146]
Beide Strydom en dr Jacobs het hulle ook daarvan weerhou om die
kontrak te probeer uitle.
(v)
Bepalings van die Wet wat moontlik relevant mag wees tot hierdie
ondersoek Artikel 24(1) van die Wet lees soos volg:
"24.
Voorwaardes waarop voorskotte verleen word en tydperk van
terugbetaling. -
(1)
Voorskotte kan verstrek word op die voorwaardes wat die raad
goedvind, en die raad kan gelas-
(a)
dat so 'n voorskot terugbetaal moet word in die paaiemente en binne
die tydperk, maar hoogstens veertig jaar; en
(b)
dat op die bedrag wat van tyd tot tyd op so 'n voorskot uitstaande
is. rente betaal moet word, op die tye en teen die koers,
wat die
raad mag bepaal." (Ek onderstreep.)
Die
Engelse teks van artikel 24(1 )(b) lees:
"(b)
that interest be paid on the balance of such advance outstanding from
time to time, at such intervals and at such rates,
as the board may
determine."
[147]
Daar is nie woordomskrywings in die Wet vir "voorskot" of
"advance" nie.
[148]
Die bewoording van artikel 24(1 )(b) kom myns insiens ooreen met die
bewoording van die kontrak, supra, dat rente betaalbaar
is "...
on the balance capital outstanding from time to time".
Daar
is geen melding in of die Wet. of die kontrak, van saamgestelde rente
of bv 'n hefting van rente op rente nie. Dit is-duidelik
dat die Land
Bank op 'n latere stadium (na 1999 volgens die getuienis van Strydom,
supra, in sy kruisondervraging) kontrakte so
begin bewoord het dat
dit uitdruklik voorsiening gemaak het vir saamgestelde rente.
[149]
Ek is van mening dat hierdie subartikel van die Wet nie so uitgele
kan word dat dit voorsiening maak vir saamgestelde rente
nie. As die
gewone betekenis van die woorde in ag geneem word, soos dit hoort,
dan maak dit net voorsiening vir rente op die voorskot
of die
kapitaal wat, by ontstentenis aan enige ander bepaling ten opsigte
van bv saamgestelde rente, uitgele behoort te word as
'n verwysing na
enkelvoudige rente.
[150]
Die Wet verwys net na rente op die voorskot, en die kontrak na rente
op die "balance capital outstanding".
Volgens
die HAT, supra, bl 1343, word "voorskot" beskryf as "iets
(gewoonlik geld) wat voorgeskjet is; gedeeltelike
vergoeding in
afwagting van 'n agterskot wat nog moet volg; boere ontvang
voorskotte op hulle graan oeste. 'n Voorskot op jou outeursgeld
kry
voor jou boek op die mark is".
Volgens
die HAT, bl 527, word "kapitaal" (soos in "capital")
omskryf as "geldsom wat bele is om rente te
verdien: kapitaal en
rente. Rente op kapitaal. Plasing van kapitaal teen hoe rente."
[151]
In die lig hiervan kan ek nie sien hoe daar 'n bepaling in of die Wet
of die kontrak ingelees kan word dat rente ook op die
rente gehef kan
word nie. Dit is ook wat Whelpton, supra, gese het en hy is 'n
deskundige wat hom al vir meer as twintig jaar bemoei
met
herberekening van rente wat gehef is op bankrekenings. Ek is gedagtig
daaraan dat Whelpton nie 'n regsgeleerde is nie, maar
ek meen dat ek
by magte is om kennis te neem van sy opinie in hierdie verband.
[152]
Ek meen dat die bepalings van artikel 51(1) ook met hierdie uitleg
versoenbaar is: "51. Rente op voorskotte - (1) Die
koers
waarteen rente aan die bank betaalbaar is op voorskotte. word van tyd
tot tyd deur die raad voorgeskryf, en die aldus voorgeskrewe
koers
moet voldoende wees om te verseker dat die bank nie teen 'n verlies
bestuur word nie." (Ek onderstreep.)
Daar
word net verwys na die koers en nie na die metode van berekening nie.
Die rente is betaalbaar op die voorskot en niks anders
nie.
[153]
Ek herhaal dat ek met respek saamstem met mnr Arnoldi se stelling aan
Strydom in kruisondervraging. supra, dat, by ontstentenis
aan 'n
spesifieke bepaling tot die teendeel, 'n kontrak uitgele moet word as
synde voorsiening te maak slegs vir enkelvoudige rente.
Hier is dit
die geval. Myns insiens strook so 'n uitleg ook met die bepalings in
die Wet waarna ek verwys het. Meer nog, by enkelvoudige
rente is daar
nie ruimte vir rente op rente nie, aldus Strydom self.
[154]
Indien dit betoog kan word dat die kontrak onduidelik of dubbelsinnig
is, (wat myns insiens nie die geval is nie) behoort
die mees gunstige
uitleg vir die eisers of leners (in hierdie geval enkelvoudige rente)
gevolg te word in terme van die contra
proferentem konstruksie. Die
verweerder was immers die outeur van die kontrak. Sien Christie's The
Law of Contract in South Africa
6de uitgawe bl 232-234.
Waar
die kontrak swyg oor wat gebeur indien die lener (eisers) in verstek
sou wees om 'n paaiement te betaal, moet dieselfde konstruksie
gevolg
word en moet die uitleg ten gunste van die eisers wees.
[155]
Laastens is ek van mening dat die gees van die Wet, naamlik om die
landbou in die algemeen en boere in die besonder ter wille
te wees en
te ondersteun, in harmonie is met 'n uitleg dat die wetgewer (veral
destyds, in 1944) slegs enkelvoudige rente in gedagte
gehad het.
In
hierdie verband is daar namens die verweerder betoog dat dit
onhoudbaar sou wees, uit 'n kommersigle oogpunt, vir die bank om
nie
rente op agterstallige rente (wat lank uitstaande mag wees) te kan
hef nie. Die teen-argument wat namens die eisers aangebied
is, is dat
die bank altyd die remedie gehad het om die verband op te roep of om
ander en gunstiger terme te beding, soos bv saamgestelde
rente. Op
die relevante stadium toe hierdie kontrakte aangegaan is, is Chief
Lesapo, supra, ook nog nie beslis nie en was die proses
van paratie
execulie, supra, ook nog tot die bank se beskikking.
vi)
Gesag waarop die verweerder steun vir sy argument dat rente op
agterstallige rente gehef kan word
[156]
In Davehill (Pty) Ltd v Community Development Board
1988 1 SA 290
(A)
is die. appellante se grond onteien in terme van die Onteieningswet
63 van 1975.
In
terme van artikel 12(3) van die betrokke Wet moes die respondent
rente op die vergoedingsbedrag betaal vanaf die datum van besitname
van die grond. Die geleerde appelregter beskryf dit soos volg op
295G-I:
"In
terms of section 12(3) (of the Act) the respondent was obliged to pay
interest to the appellants from the date of taking
possession of the
properties on any outstanding portion of the compensation payable in
respect thereof. It will be convenient to
refer to such interest as
'statutory interest'."
Dit
blyk dat die appellante toe aksie ingestel het vir betaling van die
agterstallige statutere rente. Dit het reeds in 1986 gebeur.
Die
laaste paaiement statutere rente is eers in Januarie 1987 betaal. Die
appellante het ook gevra vir moratore rente op die agterstallige
statutere rente. Dit is nie toegestaan in die hof a quo nie.
Op
298G-J behandel die geleerde appelregter 'n submissie namens die
respondent waarin die vraag geopper word of rente op rente gehef
kan
word in die afwesigheid van 'n ooreenkoms tot daardie effek. In die
uitspraak word bevestig dat rente op rente ("compound
interest")
nie in die Romeinse en Romeins-Hollandse Reg gehef kon word nie. Die
gesag word aangehaal. Die geleerde regter
gaan dan voort:
"...
in our modern law this principle has become obsolete, having been
abbrogated by disuse (Wessels (op cit at 192 note 107);
Natal Bank v
RKuranda; A Kuranda v Natal Bank
1907 TH 155
at 169-171.) Compound
interest may be expressly stipulated for by agreement, is common
place today in commercial and financial
dealings and has been
sanctioned by our courts for many years. In principle there appears
to be no reason why the right to claim
interest on interest should be
confined to instances regulated by agreement, and why it should not
extend to the right to claim
mora
interest (which is a species
of damages) on unpaid interest which is due and payable. To the
extent that Strobe! v Strobel1973
2 SA 137
(T) at 139F-H is in
conflict with this broad principle it cannot be supported. The
problem which arose in Strobe I's case at 139F
would today be dealt
with under the provisions of
section 2
of the
Prescribed Rate of
Interest Act 55 of 1975
."
In
Strobel se saak het die partye ooreengekom dat saamgestelde rente
betaalbaar sou wees op 'n skulderkenning. Die kapitaal was
ongeveer
Rll 000.00 en uiteindelik het die rente meer as Rl2 000.00 beloop.
Soos ek die uitspraak verstaan, wou die geleerde regter-president
nie
rente toestaan (by verstek) wat die kapitaal oorskry het nie. Hy het
ook rente op die kapitaal toegestaan teen 10% per jaar
met dien
verstande dat die bedrag van die onbetaalde rente nie die bedrag van
die kapitaal te bowe gaan nie.
In
Davehill gaan die geleerde regter dan voort om die volgende te se op
299A-B: "Subject to what has been said above, it is
not
necessary in this judgment to attempt to define under what
circumstances and within what limits a claim for interest on interest
will lie. Suffice it to sav that in principle there can be no
objection to a claim for mora interest on outstanding statutory
interest, bearing in mind that statutory interest is. in essence,
compensation for loss of possession and fruits." (Ek
onderstreep.)
In
die huidige geval het ons nie te doen met statutere rente nie maar
met rente wat in terme van 'n kontrak op 'n enkelvoudige basis
bereken moet word. Sodanige rente is ook nie "compensation for
loss of possession and fruits" nie. Dit is rente wat ex
contractu verhaalbaar is en, inderdaad, ten voile betaal is. Soos
Whelpton, supra, getuig het, kry die bank uiteindelik al die
rente
waarvoor hy gekontrakteer het. In hierdie geval, soos blyk uit die
besonderhede van vordering en die pleit, supra, het die
eisers
uiteindelik R22,051 miljoen betaal op die aanvanklike lening van
ongeveer R6,099 miljoen.
Soos
ek die geleerde appelregter verstaan het hy nie bevind dat daar altyd
rente op rente gehef kan word ten spyte van 'n kdntraksbepaling
tot
die teendeel nie. Hy het bloot bevind dat daar in 'n gepaste geval
(soos met statutere rente) rente op rente gehef kan word
al is dit
nie so bepaal of gestipuleer in 'n kontrak nie. In Davehill was daar
nie sprake van 'n kontrak nie, nog minder die vraag
of daar beding is
vir enkelvoudige of saamgestelde rente. Die rente wat ter sprake
gekom het kon gehef word in terme van artikel
12(3) van die betrokke
Wet.
[157]
Ek meen dus dat Davehill onderskei kan word van die huidige saak, en
dat die verweerder nie op Davehill kan steun vir sy betoog
dat hy in
die onderhawige geval rente op rente kan hef nie.
[158]
Die ander saak waarop die verweerder steun is Mitchell v
Beheerliggaam RNS Mansions
2010 5 SA 75
(GNP).
Hierdie
saak het ook te doen met statutere rente wat gehef kan word in terme
van die bestuursreSls van 'n beheerliggaam soos bepaal
in die Wet op
Deeltitels 95 van 1986. Dit het niks te doen met 'n kontrak en die
vraag of die kontrak stipuleer dat enkelvoudige
of saamgestelde rente
gehef mag word nie. Ek meen dus nie dat hierdie beslissing toepassing
vind op die onderhawige geval nie.
(vii)
Gevolgtrekkings
[159]
Uit hoofde van die voorgaande het ek tot die volgende gevolgtrekkings
geraak:
1.
Die kontrak maak voorsiening vir enkelvoudige rente, wat nie ruimte
laat vir rente op rente nie. (Die verweerder se ook in paragraaf
16
van sy antwoord op die eisers se versoek om besonderhede in terme van
reel 21(2) dat "... the defendant is not persisting
with
claiming compound interest").
2.
Waar die koersdebat reeds ten gunste van die verweerder beslis is,
beteken dit dat die herberekening gedoen moet word teen die
koerse
wat die Land Bank inderdaad deurgaans gehef het maar op die basis van
enkelvoudige rente. Dit is die oornag berekening wat
deur beide
Whelpton en Strydom nagegaan en goedgekeur is.
3.
Die toekenning moet dus R3 265 054,91 beloop.
Die
mora datum
[160]
Daar was 'n geskil tussen die partye oor die datum waarop die loop
van rente op die toekenning 'n aanvang moet neem.
[161]
Die geskil is bygele, en die partye is dit eens dat hierdie datum die
datum van betekening van die dagvaarding moet wees,
naamlik 10 Junie
2010.
Koste
[162]
Die partye was dit eens voor my dat die saak die koste van twee
advokate regverdig. Dit geld ook die sake van die ander eisers
wat ek
sal behandel in aparte kort uitsprake.
[163]
Ek is van mening dat die eisers substansieel geslaag het met hulle
vordering en gevolglik geregtig is op koste.
Die
bevel
[164]
Ek maak die volgende bevel:
1.
Vonnis word toegestaan teen die verweerder ten gunste van die eisers
vir:
1.1
betaling van die bedrag van R3 265 054,91;
1.2
rente op die genoemde bedrag bereken teen 15,5% per jaar vanaf 10
Junie 2010 tot datum van betaling;
1.3
koste van die geding wat sal insluit:
1.3.1
die koste van twee advokate;
1.3.2
die koste van die deskundiges Whelpton en Roodt: hulle word as
noodsaaklike getuies verklaar en hulle koste sal insluit
voorbereiding,
konsultasies met mekaar en verweerder se deskundiges.
sowel as eisers se regsverteenwoordigers, kwalifiserings fooie,
reserverings
fooie en bywoning van die hofverrigtinge.
2.
Dit word verklaar dat:
2.1
die Land Bank (tensy die teendeel blyk uit die tersaaklike kontrak of
daar anders met die lener beding is) nie geregtig is daarop
om
saamgestelde rente te hef op voorskotte of lenings wat toegestaan is
ingevolge Wet 13 van 1944 nie; en
2.2
die Land Bank nie geregtig is daarop om administrasie koste, boetes
of enige diverse debiete te hef ten opsigte van voorskotte
of lenings
wat dit toegestaan het ingevolge Wet 13 van 1944 nie.
W
R C PRINSLOO
REGTER
VAN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF
33482-2010
GEHOOR
OP: 21-25 November, 28-30 November. 6-7 Desember en 12 Desember 2011
VIR
DIE EISERS: A F ARNOLDI SC EN C F J BRAND
IN
OPDRAG VAN: BOTHA COETZER SMITH PROKUREURS
VIR
DIE VERWEERDER: T W BECKERLING SC EN M SAWYER
IN
OPDRAG VAN: VELILE TINTO EN VENNOTE