Prokureursorde van die Noordelike Provinsies v Botha en Ander (41168/2008) [2012] ZAGPPHC 47 (24 February 2012)

60 Reportability
Legal Practice

Brief Summary

Legal Profession — Disciplinary proceedings — Application for suspension of attorney — Applicant seeking suspension of first respondent pending proof of fitness to practice — First respondent previously suspended due to substance abuse and failure to comply with regulatory requirements — Court finding serious misconduct including trust account deficiencies and failure to account to clients — First respondent's claims of rehabilitation insufficient to negate serious allegations — Court concluding first respondent not a suitable person to practice as an attorney and ordering suspension.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2012
>>
[2012] ZAGPPHC 47
|

|

Prokureursorde van die Noordelike Provinsies v Botha en Ander (41168/2008) [2012] ZAGPPHC 47 (24 February 2012)

NOT
REPORTABLE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)
Datum:
2012-02-24
Saaknommer:
41168/2008
In
die saak tussen:
DIE
PROKUREURSORDE VAN DIE NOORDELIKE
PROVINSIES
...............................................................................................................
Applikant
en
CHARL
BOTHA
...............................................................................................
1
ste Respondent
SAMUEL
JACOBUS
BOTHA
..........................................................................
2de
Respondent
UITSPRAAK
SOUTHWOOD
R
[1]
Die applikant, die Prokureursorde van die Noordelike Provinsies, doen
aansoek in terme van artikel 22(1 )(d) van die Wet op
Prokureurs 53
of 1979 ('die Wet') vir
l
n
bevel dat die eerste respondent in sy praktyk as prokureur en
aktevervaardiger geskors word totdat hy die hof kan oortuig dat
hy 'n
geskikte en gepaste persoon is om weer te kan praktiseer as 'n
prokureur. Die applikant steun vir hierdie regshulp op
A
v Law Society of the Cape of Good Hope
1989
(1) SA 849
(A)
Hierdie hof het reeds op 17
Desember 2008 'n tussentydse bevel
gemaak
ingevolge waarvan die eerste respondent in sy praktyk as prokureur en
aktevervaardiger geskors is hangende die finale afhandeling
van die
aansoek vir sy skorsing. Daardie tussentydse regshuip is in die
afwesigheid van die eerste respondent of 'n opponerende

eedsverklaring van die eerste respondent verleen.
[2]
Voordat die tussentydse regshuip verleen is het die applikant op 3
November 2008 'n resolusie aangeneem dat die eerste respondent
se
naam van die lys van die prokureurs en aktevervaardigers geskrap
behoort te word. Die applikant se standpunt het egter verander
nadat
sy vader, die tweede respondent, 'n opponerende eedsverklaring
geliasseer het waarin hy beweer het dat die eerste respondent:-
(1)
dwelms gebruik het;
(2)
van dwelmmiddels afhanklik was; en
(3)
sedert September 2007 onder behandeiing was van 'n sielkundige en
psigiater vir afhanklikheid van dwelmmiddels.
Die
tweede respondent het voorgestel dat die hof die eerste respondent
vir ses maande in sy praktyk skors en dat hy (daarna) weer
toegelaat
word om te praktiseer op sekere voorwaardes.
[3]
Die eerste respondent het op 'n baie laat stadium kennis gegee van sy
voorneme om die aansoek te bestry. Dit was nadat die applikant
'n
kennisgewing van plasing van Deel B van die kennisgewing van mosie
(d.w.s. vir sy skorsing) op horn beteken het. Op 15 November
2011 is
die aansoek op die eerste respondent se versoek na 24 Februarie 2012
uitgestel en die eerste respondent is geias om sy
opponerende
eedsverklaring voor of op 23 Desember 2011 te liasseer. Die eerste
respondent het op 22 Desember 2011 sy opponerende
eedsverklaring
afgelewer.
[4]
In sy beantwoordende eedsverklaring handel die eerste respondent
hoofsaaklik met sy verval in sy dwelmafhanklikheid en sy herstel
en
rehabilitasie daarvan. In die lig hiervan doen hy aan die hand dat hy
'n geskikte en gepaste persoon is om weer as prokureur
te praktiseer.
Die applikant stem nie daarmee saam nie.
[5]
Die eerste respondent se persoonlike omstandighede kan soos volg
saamgevat word: die eerste respondent is op 7 Februarie 2002
as 'n
prokureur toegelaat en op 12 August 2003 as 'n aktevervaardiger.
Gedurende die tersaaklike tydperk was hy betrokke by drie
praktyke.
Vanaf 2005 tot 17 September 2008 was hy 'n direkteur saam met die
tweede respondent van S & C Botha Ingelyf. In daardie
praktyk het
hy al die aktes en padongelukkefonds eise hanteer. Vanaf Januarie
2007 tot ongeveer Julie 2008 was hy saam met Martin
Lombard 'n
direkteur van Botha Lombard Ingelyf. Die praktyk het uitsluitlik
aktes gedoen.
Die
eerste respondent het ook die aktes gedoen van CD Terblanche Ingelyf
wat uitsluitlik 'n aktespraktyk was. As gevolg van sy betrokkenheid

by hierdie drie praktyke het die eerste respondent baie lang ure
gewerk en 'n hoe vlak van stres ervaar en het hy dwelms soos CAT
en
kokai'en begin gebruik om die stres te hanteer. Naderhand het hy aan
die dwelms verslaaf geraak en kon nie meer sy werk effektief
doen
nie. Die werksure, stres en dwelmgebruik het klaarblyklik ook 'n rol
gespeel in die verbrokkeling van sy eerste huwelik. Gedurende
die
tydperk Julie tot September 2008 het die eerste respondent sy
betrokkenheid by hierdie praktyke beeindig en met sy rehabilitasie

begin. Hy is by tye gehospitaliseer en is hy behandel deur twee
kliniese sielkundiges, Dr. Johan Beuster en Dr. Wilna Coetzee,
en 'n
psigiater, Dr. J.P. Roux. Die eerste respondent is nog onder
behandeling en sal wees tot 2014. Die presiese aard van die

behandeling blyk nie uit sy opponerende eedsverklaring nie. Vanaf die
einde 2009 het die eerste respondent weer begin werk. Hy
was eers 'n
industriele verhoudingskonsultant by Landbounet (Edms) Beperk. Daarna
was hy by Nosmesa waar hy arbeidswerk gedoen
het en vanaf November
2011 het hy as 'n arbeidskonsultant gewerk by Saneo Labour (Pty) Ltd
'n maatskappy wat hy en Roy Stewart
en Dean Whiteley gestig het. Die
eerste respondent is ook 'n lektor by die Lyceum College in
Johannesburg waar hy kursusse skryf
en lesings gee in verskeie
regsvakke. Volgens die opponerende eedsverklaring ervaar die eerste
respondent geen probleme om al sy
werksverpligtinge na te kom en
betyds af te handel nie.
[6]
Die eerste respondent se persoonlike !ewe het ook herstel. Hy is van
sy eerste vrou geskei maar hy is weer getroud en hy het
reeds 'n
gesin begin. Hy se hy het berou oor die probleme, ongerief en
finansiele verlies wat sy destydse optrede veroorsaak het
maar
hierdie is net 'n algemene stelling. Hy se nie watter probleme,
ongerief en finansiele verlies hy versoorsaak het of hoe hy
dit
gedoen het nie.
[7]
Die eerste respondent heg by sy eedsverklaring aan 'n onbeedigde
verslag van Dr. Roux en verklarings van Roy Stewart en Andre
Roets.
Wilson en Roets is albei van mening dat die eerste respondent weens
sy werksverrigting 'n geskikte persoon is om as prokureur
te
praktiseer. Dit blyk nie uit hulle eedsverklarings wat hulle
kwalifikasies en ervaring is en hoekom hulle bevoeg is om so 'n

mening uit te spreek nie. Dit is opvallend dat die eerste respondent
nie (n verklaring van enige van die twee sielkundiges aangeheg
het
nie. Hulle getuienis sou relevant wees tot die vraag of hy sodanig
van sy probleme herstel het dat gevind kan word dat hy in
staat is om
'n prokureur se praktyk te hanteer.
[8]
Die eerste respondent het versuim om die meriete van die applikant se
aansoek aan te spreek. Die probleme wat die eerste respondent
nie
aangespreek het nie kan as gevolg saamgevat word:
(1)
Hy (en die tweede respondent) het sedert 1 Januarie 2008 gepraktiseer
sonder dat hulle in besit was van getrouheidsfondssertifikate;
(2)
Hy (en die tweede respondent) het onreelmatige ouditeurverslae vir
die tydperk eindigende 28 Februarie 2006 en 28 Februarie
2007 by die
applikant ingedien. Ten spyte van die feit dat die applikant hulle in
kennis gestel het dat die ouditeursversiae onreelmatig
was is hierdie
situasie nie reggeste! nie;
(3)
Hy het versuim om op 6 Mei 2008 voor 'n dissiplinere komitee van die
applikant se raad op verskeie klagtes te verskyn;
(4)
Hy het versuim om 'n openingsouditeursverslag ten aansien van Botha
Lombard Ingelyf by die applikant in te dien nadat die firma
op 1
Maart 2007 geopen is;
(5)
Hy het versuim om enige verdere ouditeursverslag in die jaar 2007 by
die applikant in te dien. Vanwee hierdie versuim is 'n

getrouheidsfondssertifikaat nie aan die eerste respondent uitgereik
nie en het hy sedert 1 Januarie 2008, totdat hy hierdie praktyk

geabandoneer het, sonder 'n getrouheidsfondssertifikaat gepraktiseer;
(6)
Hy het nie met die applikant se verteenwoordiger saamgewerk om insae
te gee in S & C Botha \nge\yi se rekeningkundige aantekeninge

nie;
(7)
Hy het nie met die applikant se verteenwoordiger saamgewerk om insae
te gee in Botha Lombard Ingelyf se rekeningkundige aantekeninge
nie;
(8)
Hy het die praktyk van Botha Lombard Ingelyf geabandoneer en nie ln
afsluitingsouditeursverslag by die applikant ingedien nie;
(9)
Sy versuim om ongeveer R116 000 aan sy klient, W.T. Mnguni, na
afhandeling van 'n oordrag van Mnguni aan ene Khumalo oor te
betaal
aan sy klient te verreken;
(10)
Sy versuim om te verreken aan Cheryl Ann Gaw Agencies en Daniel Loots
in yerband met die oordrag wat hy moes hanteer namens
Loots en die
deposito van R170 000 wat hy in sy trustbankrekening ontvang het. Hy
het versuim om uitvoering te gee aan die oordrag
van die eiendom en
hy het versuim om aan die klient te verreken ten aansien van die
deposito wat hy ontvang het;
(11)
Hy het instruksies ontvang van Michael Salomon & Associates om 'n
oordrag van 'n onroerende eiendom vir Mnr. J.S.
Francisesco
te hanteer en hy het sekere gelde in die firma se trustbankrekening
ontvang. Hy het versuim om uitvoering te gee aan
sy opdrag en om aan
die klient ten aansien van die gelde ontvang in sy trustrekening te
verreken;
(12)
Mev. Ria Homan het namens die erfgename in boedel wyle J.J. Slabbert
aan die eerste respondent opdrag gegee om toe te sien
tot die oordrag
en registrasie van 'n onroerende eiendom van die boedel aan die
koper. Die koopprys was R668 000 en die eerste
respondent moes ten
aansien van hierdie bedrag aan die erfgename verreken. Die eerste
respondent het sekere gelde aan die erfgename
oorbetaal maar daar was
'n bedrag van R409 000 aan die erfgename verskuldig. Die eerste
respondent het versuim om aan die erfgename
te verreken ten aansien
van die bedrag wat in sy trustrekening oorgebly het;
(13)
Sy oortredings van die Wet en reels; en
(14)
Die trusttekort in sy trustbankrekening.
[9]
Hierdie versuim om met die applikant se klagtes te handel is
kommerwekkend. Dit is duidelik in stryd met die prokureur se plig
om
al die tersaaklike feite voor die hof te plaas sodat die hof die saak
behoorlik kan oorweeg - sien Prokureursorde van Tranvaal
v Kieynhans
1995 (1) SA 839
(T) te 853G-H. Die eerste respondent moes die
applikant se funderende en aanvullende eedsverkiarings gelees het -
hy se hy het
die stukke op 13 Oktober 2011 ontvang - en moes besef
het dat hy daarop moet antwoord. Indien nie het hy n gebrek aan die
insig
wat van 'n prokureur verwag word. Hy het die klagtes geensins
in verband gebring met sy sielkundige en/of dwelmprobleem nie. Dit
is
opvallend dat die eerste respondent erken dat sy optrede finansiele
verlies veroorsaak het sonder om die detail daarvan te voorsien.
Die
afleiding waartoe ek gedwing word is dat die eerste respondent nie in
staat is om 'n bevredigende antwoord of verduideliking
vir sy optrede
te gee nie en gevolglik word bevind dat hierdie klagtes wel bewys is.
[10]
In die lig daarvan moet die hof nou die oorblywende ondersoeke doen
wat in sulke gevaile van 'n hof verwag word: naamlik -
(1)
besluit, in die uitoefening van sy diskresie, of die eerste
respondent nie 'n geskikte en gepaste persoon is om voort te gaan
om
as prokureur te praktiseer. Dit verg 'n waardeoordeel: en, indien nie
-
(2)
besluit of, in die omstandighede, die eerste respondent van die rol
van prokureurs verwyder moet word of 'n bevel wat horn vir
ln
bepaalde tydperk in sy praktyk skors voldoende sal wees.
Sien
Jassat v Natal Law Society
2000 (3) SA 44
(HHA) te 51B-I; Malan and
Another v Law Society of the Northern Provinces 2009 (1)SA216(HHA)
te219B-D.
[11]
Geneem as 'n geheei is die klagtes teen die eerste respondent baie
ernstig. Maar die klagtes dat daar trusttekorte was en dat
hy versuim
het om groot bedrae in sy trustrekening aan kliente oor te betaal en
aan hulle te verreken ten aansien van bedrae in
sy trustbankrekening
is opsigself ernstig en regverdig normaaiweg :n bevinding dat die
eerste respondent nie 'n geskikte en gepaste
persoon is om voort te
gaan om as 'n prokureur te praktiseer nie - sien Summerley v Law
Society, Northern Provinces
2006 (5) SA 613
(HHA) para 21. Die feit
dat die eerste respondent nie goedgedink het om hierdie oortredings
te verduidelik is erg verswarend en
regverdig 'n bevinding dat hy nie
voldoende insig in 'n prokureur se pligte en verantwoordelikhede het
om toegelaat te word om
as prokureur te praktiseer nie. Ek bevind dat
die eerste respondent nie ln geskikte en gepaste persoon is om
toegelaat te word
om voort te gaan om as prokureur te praktiseer nie.
[12]
Wat die derde ondersoek betref moet bevind word dat in die lig van
die eerste respondent se optrede in verband met sy trustbankrekening

en sy versuim om aan kliente te verreken en bedrae aan hulle
verskuldig aan hulle oor te betaal en sy versuim om instruksies uit

te voer die publiek teen horn beskerm moet word. Daar is geen rede om
die eerste respondent nie van die rol verwyder nie soos normaalweg

sou gebeur wanneer 'n praktisyn trustgeide steel of wanaanwend of
ander ernstige oortredings begaan. Voordat die eerste respondent
weer
as prokureur kan praktiseer sal hy moet bewys dat hy ten voile
herstel het van sy sielkundige en dwelmafhanklikheidsprobleme
en dat
hy homself ten voile gerehabiliteer het wat betref sy vermoe om
trustgeide behoorlik te hanteer, opdragte uit te voer en
die Wet en
die reels van die Prokureursorde na te kom. In die lig van die
getuienis kan ek nie bevind dat die eerste respondent
nie sy vorige
optrede sal herhaal nie. Gevolglik kan ek nie met die applikant
saamstem dat skorsing vanpas is nie. Na my mening
is die gepaste
bevel skrapping van die rol van prokureurs - sien Malan and Another v
Law Society, Northern Provinces supra paragrawe
8 en 11.
[13]
Dit is geykte reg dat die eerste respondent die koste van die aansoek
op die skaal soos tussen prokureur en klient moet betaal
- sien
Prokureursorde v LancteaaM
993 (4) SA 807
(T) te 816A-D.
[14]
Die volgende bevel word gemaak:
Die
konsepbevel soos gewysig (p242-243 van die oorkonde) word 'n bevel
van die hof gemaak.
B.R.
SOUTHWOOD
REGTER
VAN DIE HOOGGEREGSHOF
Ek
stem saam
RG.
TOLMAY
REGTERVAN
DIE HOOGGEREGSHOF
SAAK
NR: 41168/08
DATUM
VAN VERHOOR: 24 Februarie 2012
NAMENS
DIE APPLIKANT: MNR. AT. LAMEY
IN
OPDRAG VAN: Rooth Wessels Maluleke Ing.
NAMENS
DIE EERSTE RESPONDENT: ADV. M. JOUBERT
IN
OPDRAG VAN: SJ Botha Prokureurs
DATUM
VAN UITSPRAAK: 24 Februarie 2012