About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2012
>>
[2012] ZAGPPHC 23
|
|
Davel NO and Others v KTSD Training Centre and Others (A479/09) [2012] ZAGPPHC 23 (15 February 2012)
IN
DIE NOORD GAUTENG HOe HOF.,
PRETORIA
(REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA)
SAAKNR.
A479/09
DATUM:15/02/2012
In
die saak tussen:
MICHAEL
HENDRIK DAVEL
N.O.
.................................................................
1STE APPLIKANT
THEA
CHRISTINA LOURENS
N.O.
................................................................
2DE APPLIKANT
RYNETTE
PIETERS
........................................................................................
3DE
APPLIKANT
en
KTSD
TRAINING
CENTRE
.......................................................................
1STE
RESPONDENT
REGNR.
2002/017346/03
MICHAEL
NCHAZENI
KHUMALO
..............................................................
2DE
RESPONDENT
LUITENANT
GENERAAL MAMELA MORETI MOTAU.
..............................
3DE
RESPONDENT
DIE
MINISTER VAN
VERDEDIGING
.........................................................
4DE RESPONDENT
UITSPRAAK
UVORSTER
WR
[1]
Die Appeilante appelleer na hierdie Hof met verlof van die Hof a quo
teen die gehele uitspraaken bevel van die Hof a quo (Pretorius
R)
gelewer op 12 Desember 2010 ingevolge waarvan die Applikante se
aansoek van die hand gewys is met koste. Die Appeilante in hierdie
appel was ook die Applikante in die Hof a quo en die Respondente in
hierdie appel was ook die Respondente in die Hof a quo.
[2]
Die Appeilante het in hulle hoedanighede van likwidateurs van die
insolvente boedel van Sonel Personeel BK (in likwidasie) aansoek
gedoen vir bevele waarkragtens geldbedrae gevorder is van die
Respondente. Die regsgrondslag van daardie vorderings is die
onregmatige
uitbetaling van geld deur of namens Sonel Personeel BK en
onregmatige vervreemding van bates van Sonel Personeel BK aan die
Respondente.
[3]
Die feite soos vervat in die funderende eedsverklaring en bestrydende
eedsverklarings wat voor die Hof a quo gedien het, was
in alle
wesenlike opsigte gemenesaak. Die dispuut tussen die partye het
gegaan oor die toepassing van die reel plus valet quod
agitur quam
quod simulate concipitur asook die vraag of dit 'n gepaste saak is
waarin die korporatiewe kleed deurpriem moes word
ten einde die
funksionarisse en ampsdraers van die voormaltge beslote korporasie
(Sonel Personeel BK) persoonlik aanspreeklik te
stel vir die eise van
die Appeilante. Dit was gemenesaak tussen die partye dat Sonel
Personeel BK befonds is deur die Departement
van Verdediging en
gebruik is as 'n front vir die bedryf van koverte bedrywjghede deur
of in samewerking met die Direktoraat Miiitere
Inligting. Die Hof a
quo het bevind dat die feite 'n gepaste geval daarstel vir die
aanwending van die regsmeganisme van deurprieming
van die
korporatiewe kleed en gevolglik dat die eise van die Appeilante nie
kan slaag nie en gevolglik die eise van die hand gewys
met koste. Ons
is van oordeel dat die bevinding dat die eise nie kan slaag nie, en
op grond van die aanwending van die regsmeganisme
van deurprieming
van die korporatiewe kleed, aanvegbaar is, en dat die
gevolgliktrekking van die Hof a quo waarskynlik eerder korrek
is op
grond van die toepassing van die plus valet-ree\ waarna hierbo verwys
is. Dit is egter nie nodig om in besonderhede daarop
in te gaan nie,
vir die redes wat hieronder sal volg.
[4]
Sedert die saak voor die Hof a quo geargumenteer en beslis is, het
daar die volgende plaasgevind, wat grotendeels die debat
tussen die
partye voor ons in beslaggeneem het:
4.1
Dit is vasgestel dat Sonel Personeel BK op 24 Februarie 2011
gederegistreer is. Die deregistrasie is aangeteken in die rekords
van
die Registrateur van Maatskappye en Beslote Korporasies en op
dieselfde datum is 'n publikasie in die Staatskoerant gedoen
kragtens
Artikel 26(3) van die Wet op Beslote Korporasies, Nr 69 van 1984. Die
Respondente het hierdie feite by wyse van ln eedsverklaring
deur
Jacobus Smith Erasmus voor ons geplaas.
4.2
Na aanleiding van die eedsverklaring van Erasmus, waarna verwys is in
die Respondente se hoofde van betoog het die Appellante
'n
eedsverklaring deur Andries Gerhardus de Villiers beteken en
liasseer. Daarin word gese dat Erasmus navraag gedoen het by die
Companies and Intellectual Property Commission se kantore en dat hy
daar met 'n sekere Emily gepraat het en aan haar die finale
likwidasiebevel van Sone! Personeel BK getoon het. Sy het horn na
bewering meegedeel dat daar geen aanduiding op die rekords van
die
Kommissie was tot die effek dat die beslote korporasie voorheen
gelikwideer was nie en dat dit volgens haar klaarbiyklik 'n
fout was
dat die deregistrasie van die beslote korporasie plaasgevind het en
dat dit reggestel sou word. Die Kommissie is die
regsopvolger-in-titel van die voormalige Registrateurvan
Maatskappyeen Beslote Korporasies, welke regsopvolging plaasgevind
het
vanwee die bepalings van die Maatskappyewet, Nr 71 van 2008.
[5]
Die Respondente se betoog is dat, vanwee die deregistrasie van Sonel
Personeel BK, die Appellante (Applikante in die Hof a quo)
hulle
locus standi verloor het om as likwidateurs in die insolvente boedel
van die betrokke beslote korporasie op te tree en enige
handelinge as
sodanig te verrig, ondermeer die invordering van skulde wat na
bewering verskuldig is aan die beslote korporasie.
Die Appellante het
hierdie standpunt heftig betwis. Beide die Appellante, aan die een
kant, en die
Respondente
aan die ander kant, het staatgemaak op ln analise van bepahngs van
die Wet op Beslote Korporasies en die nuwe Maatskappyewei
van 2008
ora hulle standpunte te regverdig. Dit is nie nodig vir doeleindes
van 'n beslissing van die vraag of die Appeilante hulle
locus standi
verloor het by deregistrasie van die beslote korporasie, om 'n
oordee! te fel ten aansien van die geldigheid van die
deregistrasie
nie. Ons rede vir daardie gevolgtrekking is soos hieronder
uiteengesit.
[6]
By deregistrasie van die beslote korporasie, soos ook in die geval
van !n maatskappy, hou die beslote korporasie of maatskappy
regtens
op om te bestaan en vestig a\le bates daarvan in die Staat as bona
vacantia. Vgi. Rainbow Diamonds (Edmsl Bpk & andere
v
Suid-Afrikaanse Nasionale L e wc ny-a33u?anaiam aatskapkv 1984(3) SA
1 (A); Waiker Engineering CC t/a Atiaptjc Steam Services
v First
Garment Rerifcaf (Pty) Ltd (Cape)
2011 (5) BA 14
(WCC).
[7]
Die betoog voor ons narnens die Appeilante is dat die deregistrasie
van Sonel Personeel BK foutiewelik geskied het en dat dit
daarom nie
'n beletse! sou wees vir die locus standi van die Appeilante om hulle
werk te doen as likwidateurs van die insdvente
beslote korporasie
nie> kan na ons mening die Appeilante nie help nie. Dit is
gevestigde reg dat ongeldige administratiewe handelinge
asook
handelinge wat geneern word gegrond op daardie ongeldige
administratiewe handelinge, regskrag het tot tyd en wyl die ongeldige
administratiewe handelinge tersyde gestel word. Vgl. Oudekraal
Estates fPtv) Ltd v City of Cape Town & others 2004(6) SA 222
(SCA) op 224 I - 225 A. Die deregistrasie van Sonel Personeel BK het
as 'n feit plaasgevind en die vestiging van die bates van
die beslote
korporasie in die Staat as bona vacantia is noodwendig regsgevolge
wat ipso iure plaasgevind het na aanleiding van
die feit van
deregistrasie van die beslote korporasie. Dit is, in die belang van
regsekerheid, die resultaat wat bestaan en sal
voortbestaan tot tyd
en wy! die deregistrasie tersyde gestel word in 'n Hof, indien dit
sou blyk dat die deregistrasie verkeerdelik
plaasgevind het.
Gevolglik is die posisie op hierdie stadium dat die noodwendige
gevolgtrekking is dat die Appellante nie die nodige
locus standi het
nie. Dit volg dat die Appellante in dieselfde posisie verkeer as wat
Eisers in aksieprosedure verkeer in omstandighedewaar'n
bevel van
absolusie van die instansie die aangewese bevel sou wees. Die
Appellante het hulle locus standi verfoor nadat die saak
oorspronklik
ingestel en uiteindelik geargumenteer is voor die Hof a quo en nadat
uitspraak in daardie Hof gegee is. Op hierdie
stadium is daar
gevolglik nie rede om enigsins in te meng met die beslissing van die
Hof a quo nie. Ons maak gevolglik die volgende
bevel:
a)
Die appel word van die rol geskrap;
b)
Die Appellante word beveel om die Respondente se koste van die appel
te betas! de bonis propriis, welke koste die koste van twee
advokate
insluit.
LI
VORSTER WR
Ek
stem saam.
RABIE
R
Ek
stem saam.
THLAPI
R