About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2013
>>
[2013] ZANCHC 44
|
|
Van der Merwe v S (CA & R 62/2013) [2013] ZANCHC 44 (15 November 2013)
Bladsy
|
9
Rapporteerbaar
JA /
NEE
Sirkuleer
aan Regters
JA
/ NEE
Sirkuleer
aan Landdroste JA /
NEE
Sirkuleer
aan Streeklanddroste JA /
NEE
IN DIE HOË
HOF VAN SUID-AFRIKA
[NOORD-KAAP HOË
HOF, KIMBERLEY]
SAAKNOMMER
: CA &
R 62/2013
ANDRE RENE VAN DER MERWE
..............................................................
APPELLANT
EN
DIE STAAT
...............................................................................................
RESPONDENT
___________________________________________________________________
Datum aangehoor : 11
November 2013
Datum gelewer : 15
November 2013
Coram: : Lacock R
et
Olivier R
UITSPRAAK
OLIVIER R.
Die
appellant is in die Landdroshof te Port Nolloth skuldig bevind op
drie aanklagte dat hy sonder ‘n lisensie of magtiging
ongeslypte diamante gekoop het
1
.
Die drie aanklagte is saamgeneem en die appellant is gevonnis tot
drie jaar gevangenisstraf, waarvan een jaar voorwaardelik
opgeskort
is vir ‘n periode van drie jaar. Hy kom nou met verlof van die
verhoorhof in hoër beroep teen hierdie vonnis.
Mnr. Van Tonder, die
prokureur wat vir die appellant verskyn het in hierdie appél,
het aan die hand gedoen dat die appellant
se persoonlike
omstandighede en die erns van die misdrywe onderskeidelik onder–
en oorbeklemtoon is, dat die verhoorhof
fouteer deur nie ‘n
boetevonnis te oorweeg nie en dat die vonnis alles inaggenome
skokkend onvanpas is.
Dit is geykte reg dat ‘n
hof van appél slegs met die vonnis van ‘n verhoorhof
sal inmeng waar daar ‘n
wesenlike mistasting begaan is by die
oorweging daarvan of waar die vonnis skokkend onvanpas is.
Die omstandighede van
die misdrywe was dat die appellant by drie verskillende geleenthede
ongeslypte diamante gekoop het van ‘n
agent of lokvink van die
polisie.
4.1. Op 27 Mei 2009 het
hy te Port Nolloth drie diamante met ‘n totale massa van 7,11
karaat en ‘n totale waarde va
R41 457.00 gekoop vir
R20 000.00.
4.2. Twee weke later, op
10 June 2009, en te Springbok het die appellant vier diamante met ‘n
totale massa van 7,49 karaat
en ‘n totale waarde van R39 799.00
gekoop vir R25 000.00.
4.3. Net minder as ses
weke later, op 23 Julie 2009, en weer te Port Nolloth het hy vyf
diamante met ‘n totale massa van 9,97 karaat
en ‘n
totale waarde van R39 070.00 gekoop vir R24 500.00.
Dit beteken dat die
appellant oor ‘n bestek van net minder as twee maande in
totaal twaalf diamante met ‘n totale
massa van 24,57 karaat en
met ‘n totale waarde van R120 326.00 gekoop het vir ‘n
totale bedrag van R69 500.00.
Die
appellant is egter volgens die klagstaat eers op 13 April 2010
gearresteer, klaarblyklik toe die polisie se operasie
genaamd
“
Operasie Stonk
”
beëindig is. Die lokvalle of
optredes waarin die appellant die diamante gekoop het, was deel van
die betrokke operasie. In
die operasie was betrokke ‘n totaal
van 24 ongeslypte diamante met ‘n totale massa van
48,99 karaat en
‘n totale waarde van R235 532.00 wat
in 8 onwettige transaksies gekoop is waarin die totale koopsom ‘n
bedrag
van R152 000.00 beloop het. So beskou, blyk dit dat die
appellant se aandeel en die diamante daarby betrokke ‘n
substantiewe
deel uitgemaak het van die betrokke operasie.
Geeneen
van die diamante wat die appellant gekoop het, is teruggevind nie.
Daar is egter nie ‘n vergoedingsbevel
2
gemaak nie, want dit blyk dat die
Staat reeds ‘n aksie ingestel het teen die appellant vir
skadevergoeding.
Die appellant het,
klaarblyklik van meet af aan, as agent opgetree en hy het dus die
diamante gekoop namens sy prinsipaal. Dit
mag dus wees dat die
diamante telkens aan die prinsipaal oorhandig is, maar die appellant
het nooit openbaar wie die prinsipaal
was nie. Dit sou dit dan in
elk geval vir die Staat onmoontlik gemaak het om die diamante by die
prinsipaal te kry.
Daar was geen suggestie
dat die appellant werklik uitgelok is om iets te doen wat hy nie
andersins, indien dit nie vir die versoeking
was nie, sou gedoen het
nie.
Indien die appellant
reeds van die eerste transaksie af namens sy prinsipaal gekoop het,
impliseer dit noodwendig dat hy oop oë
en voorbereid betrokke
geraak het, en dat hy nie onverhoeds versoek is en op die ingewing
van die oomblik geswig het nie. Hy
sou dan selfs op die stadium van
die eerste transaksie alreeds vroeër ‘n mandaat aanvaar
het om vir sy prinsipaal
ongeslypte diamante te koop.
In betoog namens die
appellant in die verhoorhof is die polisie verwyt daarvoor dat hulle
agent meerdere kere diamante te koop
aangebied het aan die
appellant. Dit is gestel dat, indien hulle reeds ná die
eerste transaksie toegeslaan het en die
appellant gearresteer het,
daar geen verdere aanklagte teen of misdrywe deur die appellant sou
gewees het nie. Dit mag so wees,
maar in dieselfde trant sou daar
ook nie verdere aanklagte of misdrywe gewees het indien die
appellant nie telkens weer heeltemal
vrywillig en namens sy
prinsipaal besluit het om te koop nie.
Dit is nie openbaar
watter vergoeding die appellant gekry het vir die aankope en vir sy
dienste nie. Dit wat die misdade betref.
Die appellant het
skuldig gepleit op aldrie die aanklagte. Hy het egter nie, soos wat
‘n mens dikwels teëkom, in sy
verklaring ingevolge
art 112(2) van die Strafproseswet sy berou uitgespreek oor wat
hy gedoen het nie. Hy het ook nie getuig
ter strafversagting nie.
‘
n
Blote pleit van skuldig kan nie sondermeer gesien word as aanduidend
van berou nie
3
.
Hier het die appellant hom in die posisie bevind dat hy klaarblyklik
telkens die onderwerp was van ‘n fyn beplande optrede
van die
polisie en dit mag wees dat die oorweldigende getuienis teen hom
eintlik vir hom geen ander keuse gelaat het as om skuldig
te pleit
nie.
Dit
sou in elk geval waarskynlik maar moeilik gewees het om aan te toon
dat die appellant ware berou gehad het vir dit wat hy
by daardie
drie geleenthede gedoen het. Dit is aan die verhoorhof openbaar dat
die appellant minder as ‘n week voor die
onderhawige vonnis
opgelê is, skuldig bevind is aan ‘n soortgelyke
oortreding en dat hy toe gevonnis is tot ‘n
boete van
R10 000.00 of twee jaar gevangenisstraf, wat voorwaardelik
opgeskort is. Volgens die aanklaer se mededeling tydens
betoog
4
sou die appellant daardie misdryf
gepleeg het terwyl die onderhawige saak en aanklagte hangende was.
Die
feit dat die appellant hom ná die onderhawige misdade, maar
voor vonnisoplegging daarvoor, en terwyl hierdie saak reeds
teen hom
hangende was, weer aan so ‘n oortreding skuldig gemaak het, is
‘n faktor wat swaar teen hom weeg en wat
negatief dui op sy
persoonlikheid en op sy kanse om buite gevangenisverband te
rehabiliteer
5
.
Dit moet egter tog in
die appellant se guns ingedagte gehou word dat hy origens op die
ouderdom van 58 jaar nog geen vorige veroordelings
gehad het nie.
Die verhoorhof het ook
oorweging verleen aan die appellant se ander persoonlike
omstandighede, soos sy relatiewe swak gesondheid,
die feit dat hy sy
betrekking verloor het by ‘n onderneming wat tot ‘n
einde gekom het en die feit dat ‘n eie
onderneming wat die
appellant toe begin het, misluk het.
Verder is in ag geneem
dat die appellant tog die vooruitsig gehad het om weer in diens
geneem te word. Intussen het die appellant
egter R3 000.00 per
maand verdien deur oor naweke in ‘n kroeg te werk. Op die een
of ander wyse was die appellant
egter tog in staat om ‘n
bedrag van R25 000.00 te betaal as borggeld.
Daar
is verskeie ooreenkomste tussen die feite van die onderhawige geval
en dié in
S v
Viljoen
, ‘n
uitspraak van my kollega Lacock R wat op 4 Mei 2012 in hierdie
afdeling gelewer is
6
en waarna die landdros ook verwys
het
7
.
Die vonnis daar op appèl
opgelê, was ‘n boete van R160 000.00 of by
wanbetaling 3 jaar gevangenisstraf,
wat in geheel voorwaardelik
opgeskort is, asook ‘n verdere 1 jaar onopgeskorte en
effektiewe gevangenisstraf
Net
soos twee van die onderhawige transaksies het aldrie die transaksies
in daardie geval plaasgevind te Port Nolloth, ‘n
dorp wat in
S
v Dos Santos
8
beskryf is as “
a
hotbed of illicit diamond dealing and related activity”
.
Die aanklagte in beide
sake het voortgespruit uit optredes van die polisie wat deel gevorm
het van operasies of projekte wat daarop
gemik was om die onwettige
handeldryf in ongeslypte diamante bloot te lê, ‘n
misdaad wat baie moeilik op enige ander
wyse ontbloot kan word.
In
die
Viljoen
geval was die waarde van die
diamante, wat ook verlore was, egter net ongeveer R77 000.00.
Viljoen het ‘n
vorige veroordeling gehad, maar dit moet opgeweeg word teen dit wat
die appellant gedoen het toe hy verhoorafwagtend
was op die
onderhawige saak.
Ook
Viljoen was nie die onskuldige slagoffer van ‘n versoeking wat
oor sy pad gekom het nie. Daar is na hom verwys as ‘n
“
koper
”
nog voor die eerste transaksie. Soos
reeds gemeld moes die appellant in die onderhawige geval ook reeds
voor die eerste transaksie
met ‘n prinsipaal ooreengekom het
om teen vergoeding die diamante te koop.
‘
n
Belangrike onderskeid tussen die twee gevalle is dat Viljoen ‘n
hotel bedryf het, en dus klaarblyklik oor ‘n redelike
inkomste
beskik het. Hy het klaarblyklik oor die vermoë beskik om,
indien hy die opskortingsvoorwaarde sou verbreek, ‘n
boete te
betaal wat sou pas by sy oortredings.
Ek
moet egter sê dat daar nie tydens die onderhawige verhoor
duidelike inligting voor die landdros geplaas is om ‘n
saak
daarvoor uit te maak dat die appellant uit nood die oortredings
gepleeg het nie. Daar is volstaan met stellings, in betoog,
dat die
appellant maar, soos dit gestel is, liggaam en siel aan die gang
gehou het; vermoedelik dan toe hy die oortredings gepleeg
het. Wat
presies egter sy inkomste, uitgawes en noodsaaklike behoeftes was in
die periode toe die misdade gepleeg is, is nie
openbaar nie.
Daar is ook nie openbaar
wanneer die appellant sy werk verloor het by die onderneming wat tot
‘n einde gekom het, soos dit
namens die appellant gestel is
omdat dit teen die wet was, nie. Wanneer die appellant se eie
onderneming toe misluk het, is ook
nie openbaar nie.
Ek is nie oortuig dat
daar ‘n oor- of onderbeklemtoning begaan is van die erns van
die misdade of van die persoonlike omstandighede
wat aan die
verhoorhof voorgehou is nie.
Daar
is namens die appellant aan die verhoorhof voorgehou dat hy, omdat
hy borggeld betaal het, ‘n boete sou kon betaal.
In repliek op
die betoog van die aanklaer dat die appellant klaarblyklik nie
instaat sou wees om ‘n boete te betaal wat
in verhouding sou
wees met die erns van die geval nie, is toe namens die appellant
betoog dat “
die Hof
kan ook nie aflei dat hy nie geld het nie. Of edelagbare laat ek dit
so stel hy sal die geld in die hande kry
”
.
Waar en wanneer die
appellant die geld in die hande sou kry, en hoeveel geld hy so sou
kon bekom, is nie openbaar nie.
Die
wetgewer maak hier
9
voorsiening vir ‘n boete van
tot R250 000.00, afhangende natuurlik van die feite van elke
geval.
Die
boete van R160 000.00 wat, alhoewel as ‘n opgeskorte
vonnis bykomstig tot direkte gevangenisstraf van 1 jaar opgelê
is in die
Viljoen
saak, maak dit na my oordeel baie
duidelik dat ook in die onderhawige geval niks minder nie as ‘n
substantiewe boete geroepe
sou gewees het, veral indien dit oorweeg
sou gewees het as die primêre vorm van bestrawwing en op die
basis dat die appellant
dan gevangenisstraf heeltemal sou vryspring.
Daar was geen konkrete
of duidelik aanduiding dat die appellant ‘n boete van so ‘n
omvang sou kon betaal nie. Onder
andere in die lig hiervan kan ek
dus nie saamstem met mnr Van Tonder se betoog dat die landdros
fouteer het deur te bevind dat
‘n boetevonnis nie in hierdie
geval gepas sou gewees het nie.
Mnr.
Van Tonder het gesteun op
S
v Van Rooyen en ‘n Ander
10
en op die vonnis daar opgelê op
appél,
naamlik
R20 000.00 boete of 18 maande gevangenisstraf en ‘n
verdere 18 maande gevangenisstraf wat in geheel voorwaardelik
opgeskort is. In daardie geval was daar egter slegs een transaksie,
was die betrokke appellante eerste oortreders, is daar bevind
dat
hulle berou gehad het en was daar duidelike inligting tot die effek
dat hulle daardie enkele misdryf uit geldnood gepleeg
het.
Klaarblyklik
is daardie misdryf ook nie in die Noord-Kaap provinsie gepleeg nie
en dit is nou al meermale in howe beklemtoon dat
diamantverwante
misdade in hierdie provinsie in ‘n besonder ernstige lig
gesien word, vanweë die feit dat diamantverwante
inkomste so ‘n
groot deel van die ekonomie uitmaak in hierdie area. In
S
v Seegers
11
het die Appélhof op 511 en 512
verwys na
S v Duvenhage
,
‘n ongerapporteerde uitspraak van hierdie Hof waarin na die
diamantbedryf verwys is as die “
lewensaar
”
van hierdie provinsie.
Dit
is so dat in die
Van Rooyen
uitspraak die deur oopgelaat is vir
die oplegging van ‘n boete ook in gevalle waar daar nie
positiewe getuienis is dat die
beskuldigde dit sal kan betaal nie.
Die Appélhof het dit egter duidelik gemaak dat daar dan
steeds eers gelet moet word
op onder andere “
die
graad van sekerheid dat die beskuldigde die boete kan betaal of nie
kan betaal nie”
en
op die “
vooruitsig
dat die beskuldigde later of uit ‘n ander bron of deur uitstel
of deur afbetaling in paaiemente die boete kan
betaal”
.
Ek het reeds gewys op
die karige gegewens wat in hierdie verband by die verhoor namens die
appellant voorgehou is.
Daar was geen aanbod dat
‘n boete afbetaal sal word nie, laat staan nog ‘n
aanduiding van wat die appellant per maand
as paaiement sou kon
betaal.
Daar was ook geen
aanduiding van wat die appellant se verwagte inkomste sou wees uit
die werk waaroor daar op daardie stadium
onderhandelinge was tussen
die appellant en die eienaar van ‘n firma nie.
Uit sy inkomste met sy
naweekwerk sou die appellant nie ‘n haalbare afbetaling per
maand kon maak op so ‘n groot boete
nie; veral nie indien hy,
soos sy prokureur blykbaar betoog het, selfs met daardie inkomste
genoodsaak was om met diamante te
smokkel om liggaam en siel
bymekaar te hou nie.
Na my oordeel was die
onderhawige oortredings in elke geval gesamentlik beskou net té
ernstig om die oplegging te regverdig
van ‘n boetevonnis op
die basis dat daar dan geen effektiewe gevangenisstraf sou wees nie,
en daar was geen sprake daarvan
dat hy enige boete hoegenaamd sou
kon betaal indien hy in elk geval eers ‘n periode van
gevangenisstraf sou moes uitdien
nie.
Daar
is al in hierdie afdeling so lank terug as in
S
v Thomas and Another
12
gewaarsku dat eerste oortreders in
gepaste gevalle effektiewe gevangenisstraf opgelê sou word vir
hierdie misdaad, veral
in die Noord-Kaap provinsie.
Die feit dat Speurder
Adjudant-Offisier Bruwer getuig het dat, in die ander vervolgings
wat voortgespruit het uit hierdie operasie
en uit ander operasies
van die polisie sedert 2002, direkte gevangenisstraf nie opgelê
is nie, is nie van veel waarde sonder
die beskikbaarheid vir
oorweging van die feite en omstandighede van daardie gevalle nie.
Vergelyk
‘n mens die appellant se vonnis met dié van Viljoen is
dit so dat die onopgeskorte gedeelte van 2 jaar gevangenisstraf
van
die appellant opsigself beskou swaarder as Viljoen se 1 jaar
onopgeskorte gevangenisstraf sou wees. Dit moet egter dan in
gedagte
gehou word dat, waar die appellant dan nog ‘n opgeskorte
vonnis van net 1 jaar gevangenisstraf sou oorhê,
Viljoen
benewens sy onopgeskorte gevangenisstraf nog ‘n verdere 3 jaar
gevangenisstraf sou hê, weliswaar met die
keuse van ‘n
groot boete. By die oorweging van die gepastheid ‘n vonnis
waarvan ‘n gedeelte opgeskort is, moet
die geheel van die
vonnis oorweeg word, ook die opgeskorte gedeelte. Dit is so omdat
dit te enige tyd kan gebeur dat die opgeskorte
gedeelte van die
vonnis ook uitgedien moet word
13
.
Dieselfde benadering moet dan gevolg word wanneer die appellant en
Viljoen se vonnisse vergelyk sou word.
Die appellant se vonnis
tref my nie as skokkend onvanpas nie. Die toets is nie hier of
hierdie Hof die vonnis sou opgelê
het nie en ek sien geen
basis vir inmenging daarmee op enige van die regtens erkende
grondslae nie.
Bygevolg maak ek die
volgende bevel:
Die appél word
afgewys en die vonnis word bekragtig.
____________________
CJ
OLIVIER
REGTER
Ek stem saam.
______________________
HJ
LACOCK
REGTER
Verskyning vir appellant:
Mnr A van Tonder
In opdrag van:
Regshulpsentrum, Kimberley
Verskyning vir
respondent: Adv CG Janse van Rensburg
In opdrag van: DOV,
Kimberley
1
Ter
oortreding van die bepalings van art 20 van die
Wet op
Diamante
, 56 van 1986.
2
Ingevolge
die bepalings van artikel 300 van die
Strafproseswet
, 51 van
1977.
3
Vergelyk
S v Mashinini and Another
2012 (1) SACR 604
(SCA) para [24]
4
Welke
mededeling nie deur die appellant se prokureur betwis is nie.
5
Vergelyk
S v Theron
1986 (1) SA 884
(A) op 894
6
Onder
saaknommer CA & R 110/2011
7
Die
uitspraak is opgeneem in die webwerf SAFFLI onder die verwysing
[2012] ZANCHC 10.
8
2010
(2) SACR 382
(SCA) para [1]
9
Artikel
87 (a), gelees met artikel 82 (a) van die
Wet op Diamante
.
10
1994
(2) SACR 823
(A)
11
1970
(2) SA 506
(A)
12
1988
(1) SA 843
(NCD) op 847
13
S
v Mokoae
1997 (2) SASV 705 (O) op 709
f - j