About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2013
>>
[2013] ZANCHC 37
|
|
Maluleka v S (CA&R 34/2013) [2013] ZANCHC 37 (1 November 2013)
Rapporteerbaar:
Ja /
Nee
Sirkuleer
onder Regters:
Ja
/ Nee
Sirkuleer
onder Landdroste: Ja /
Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste: Ja /
Nee
IN DIE HOË HOF
VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Hoë
Hof, Kimberley)
Saak No: CA&R
34/2013
Saak Aangehoor:
28/10/2013
Datum gelewer:
01/11/2013
In
die saak tussen:
Fumani
Elias Maluleka
...............................................................................
Appellant
en
Die Staat
................................................................................................
Respondent
Coram: Williams R et
Olivier R
UITSPRAAK
Olivier R:
Die appellant, mnr
Fumani Elias Maluleka, is in die Streekhof skuldig bevind aan moord
en aanranding met die opset om ernstig
te beseer en is 15 jaar
gevangenisstraf opgelê op die twee aanklagte tesame. Hy kom
met verlof van daardie hof in hoër
beroep teen die
skuldigbevindings sowel as die vonnis.
Die appél teen
die skuldigbevindings is basies gerig teen die feite- en
geloofwaardigheidsbevindinge van die streeklanddros
en dit is geykte
reg dat ‘n hof van appél nie ligtelik daarmee sal
inmeng nie.
Dit was gemenesaak, of
minstens nie wesenlik in dispuut nie, dat daar die betrokke nag ‘n
insident plaasgevind het tussen
mnr S M Sebale ( ook bekend as
Speaks ) en, ondermeer, die oorledene mnr Clement Mabote ( ook
bekend as Thabang). Dit het blykbaar
gegaan oor ‘n meisie.
Sebale het in die insident onder andere ‘n besering aan sy kop
opgedoen wat gebloei het.
Dit was in daardie
toestand wat sy vriend, mnr Peace Selebogo, vir Sebale by sy huis
aangetref het, nadat laasgemelde vir Selebogo
gebel het waar hy by
‘n taverne gekuier het.
Me Lele Letse, die
meisie van Selebogo, het ook daar opgedaag en sy het vir Sebale
gehelp om die bloed van sy kop af te was, waar
hy buite sy huis
gesit het.
Die oorledene was
buite die betrokke perseel. Hy het gevloek en vir Sebale uitgedaag
om uit die perseel te kom en met hom te baklei.
Letse het iemand
gestuur om die oorledene se moeder, me M F Mabote, te gaan roep. Die
moeder het opgedaag en met die oorledene
gepraat om hom te kalmeer.
Op haar en Letse se weergawes het sy ook daarin geslaag.
Selebogo is terug na
die taverne en het toe na die toneel teruggekeer in ‘n bakkie,
bestuur deur mnr Matumi, en ook vergesel
van die appellant en twee
ander persone.
Die oorledene het toe
ondermeer ‘n steekwond in die bors opgedoen waaraan hy, nadat
hy daarna na sy ouerhuis gehardloop
het, beswyk het.
Afgesien van Dr Surtie
wat getuig het oor sy bevindinge by die geregtelike lykskouing op
die liggaam van die oorledene, het Mabote,
Letse en Selebogo namens
die vervolging getuig. Die appellant het in sy saak getuig, en so
ook Sebale.
Die saak vir die
vervolging is basies dat die appellant die ongewapende oorledene met
‘n mes aangeval het en hom die gemelde
wond toegedien het.
Verder was die vervolging se saak dat, toe die appellant probeer het
om die oorledene verder met die mes
te steek, hy vir Mabote
raakgesteek het op ‘n stadium toe die oorledene om haar gevlug
het en probeer wegkom het van die
appellant; vandaar die aanklag van
aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Afgesien hiervan was
Letse se getuienis dat die appellant haar ook ‘n besering met
die mes toegedien het, skynbaar in die
skouer.
Die appellant se
weergawe was dat die oorledene hom met ‘n mes aangeval het. Hy
het die oorledene se hand vasgegryp. Daar
het toe ‘n stoeiery
tussen hulle twee plaasgevind, waartydens hulle heen en weer beweeg
het. Uiteindelik het hulle op die
grond geval. Beide van hulle het
toe opgestaan en in verskillende rigtings weggehardloop. Die
appellant het ontken dat hy die
oorledene of enigiemand anders met
‘n mes gesteek het. Hy het volgens hom nie geweet of die
oorledene dalk die fatale wond
opgedoen het toe hulle gestoei en
geval het nie.
Dit is ewe geyk dat
die appellant geen bewyslas gedra het nie. Die enigste vraag was of
sy weergawe redelik moontlik waar was.
Die oorledene se
moeder was die enigste staatsgetuie wat aangevoer het dat sy die
gebeure tussen die oorledene en die appellant
gesien het. Letse se
getuienis was dat, alhoewel sy in die onmiddellike omgewing van die
oorledene en die appellant daar buite
die perseel was, sy op daardie
stadium besig was om te kyk na ‘n bakleiery tussen twee
vrouens, skynbaar op dieselfde toneel.
Selebogo se getuienis, op sy
beurt, was dat hy vir Sebale na die bakkie geneem het om hom
hospitaal toe te vat. Terwyl hy toe
besig was om die twee bakleiende
vrouens uitmekaar te maak, het hy gehoor dat Letse roep dat die
appellant hulle met ‘n
mes gesteek het. Hy het toe net gesien
hoe die appellant en die oorledene weghardloop.
Aan die kant van die
verdediging was dit ook slegs die appellant wat getuig het oor wat
tussen hom en die oorledene gebeur het.
Sebale se getuienis was dat
sy kop op daardie stadium onder ‘n handdoek was wat Letse
daaroor geplaas het.
Die moeder van die
oorledene se getuienis is op die oog af moeilik versoenbaar met die
bevindinge by die lykskouing. Volgens haar
het die appellant die
oorledene twee keer op sy bors gesteek en nooit op sy rug nie. Daar
was egter slegs een steekwond op die
oorledene se bors, en daar was
wel ‘n snywond van ongeveer 12 mm omtrent in die middel van
die oorledene se rug.
Onder kruisverhoor was
Mabote se verklaring vir die enkele steekwond op die bors van die
oorledene dat sy vermoed het dat altwee
steekhoue na die bors
dieselfde plek mag getref het en sodoende net een wond veroorsaak
het. Dr Surtie is ongelukkig nooit uitgevra
oor die moontlikheid of
waarskynlikheid hiervan nie. Ek moet sê dat dit met so ‘n
bewegende toneel nie baie waarskynlik
klink nie.
Op Mabote se getuienis
is daar geen verklaring vir die snywond aan die oorledene se rug
nie. Dr Surtie is nie, byvoorbeeld, uitgevra
oor die moontlikheid of
die waarskynlikheid dat die wond op die rug veroorsaak is deur
dieselfde wapen wat die wond op die bors
veroorsaak het nie. Daar is
ook nie getuienis oor die diepte van die betrokke wond nie.
Van belang is egter
dat Dr Surtie die wond op die rug beskryf het as ‘n klein
snywond. Alhoewel dit nie pertinent asulks
voorgehou is nie, mag
daar ‘n verklaring vir hierdie wond wees, dit wil sê
anders as dat dit ook deur die appellant
en met ‘n mes
toegedien is.
Letse se getuienis was
dat Matumi die oorledene teen die heining van die perseel vasgedruk
het. Volgens haar het die oorledene
agtertoe teen die heining
geleun.
Sebale se getuienis
was dat hy, in die aanval deur die oorledene en andere, geretireer
het en toe “
stabbed
” of “
pricked
”
is deur ‘n heining. Toe hy daarin geslaag het om van die
heining weg te kom, is hy volgens hom in sy erf in. Dit
kom dus voor
ook die heining van sy erf te gewees het waarna hy verwys het.
Die vraag is of die
oorledene nie dalk die besering aan sy rug opgedoen het toe hy op sy
beurt met sy rug teen dieselfde heining
vasgedruk is nie.
Die feit dat Mabote
nie ‘n steekhou gesien het na die rug van die oorledene nie,
terwyl daar wel ‘n snywond is, is
dus nie noodwendig ‘n
aanduiding dat haar weergawe ongeloofwaardig was nie.
Inteendeel, op die
appellant se eie weergawe is dit ook uiters onwaarskynlik dat die
oorledene in die stoeiery en val nie alleen
‘n steekwond in
die bors opgedoen het nie, maar ook ‘n snywond op sy rug. Daar
is geen suggestie hoegenaamd dat enigiemand
anders die oorledene
enige van daardie twee beserings met ‘n mes toegedien het nie.
Wat betref die feit
dat Mabote twee steekhoue na die bors van die oorledene gesien het,
moet in gedagte gehou word dat dit redelik
donker was en dat dit
volgens haar baie vinnig gebeur het. Ek meen dit is byvoorbeeld net
so moontlik dat een steekhou nie getref
het nie. Ek sien nie hierdie
as aanduidend van ongeloofwaardigheid aan haar kant nie.
Aan die anderkant het
Dr Surtie toegegee dat die steekwond op die bors van die oorledene
wel opgedoen kon gewees het tydens ‘n
stoeiery en ‘n val
soos beskryf deur die appellant. Bloot hierop genome, en bloot
medies gesproke, sou die appellant se
weergawe dus redelik moontlik
waar wees. Daar sal egter later gehandel word met die appellant se
getuienis, veral onder kruisverhoor,
in hierdie verband.
Die vraag is dan of
dit redelik moontlik is dat die oorledene met ‘n mes gewapen
kon gewees het.
Sy moeder het ontken
dat hy ‘n mes gehad het en ook dat hy ooit tevore ‘n mes
in sy besit gehad het.
Volgens Letse het die
oorledene op die oog af geen wapen in sy besit gehad toe hy daar
buite die perseel op Sebale staan en skel
het nie. Dit sou egter nie
die moontlikheid uitsluit dat die oorledene later, toe hy deur die
appellant genader is, ‘n
mes uit sy sak kon gehaal het nie;
soos wat die appellant getuig het.
Op die weergawes van
Selebogo en Letse sou Sebale vir Letse vertel het dat die oorledene
hom met ‘n klip gegooi het.
Op beide Selebogo en
Letse se weergawes sou Sebale om die een of ander rede hierdie
mededeling nie aan Selebogo wou maak nie,
maar het hy dit tog wel
vir Letse vertel.
Volgens Selebogo se
verklaring sou hy vir die polisie gesê het dat Sebale hom
meegedeel het dat “
so ‘n ander laaitie het hom toe
geslaan en gesteek
”. Hierdie sou in twee opsigte strydig
wees met Selebogo se getuienis, naamlik indien eerstens in dié
sin dat Sebale
hom wel vertel het wat gebeur het en tweedens dat
Sebale inderdaad ook wel vertel het dat hy gesteek is, en nie dat hy
met ‘n
klip gegooi is nie.
Selebogo se eerste
reaksie toe hy hiermee gekonfronteer is, was dat hy dit inderdaad
vir die polisie gesê het. Later in
kruisverhoor het hy egter
teruggekeer na die posisie dat Sebale hom niks gesê het nie en
dat Sebale volgens Letse se mededeling
bloot vir haar gesê het
dat hy met ‘n klip geslaan is.
Die streeklanddros het
hierdie afgemaak op die basis dat die verklaring nie afgeneem is in
Selebogo se moedertaal nie en dat polisieverklarings
nie so
gedetaileerd is soos getuienis in ‘n hof nie.
Hierin het die
streeklanddros na my oordeel fouteer. Eerstens is oënskynlik
uit die oog verloor dat die inhoud van die verklaring
voor die
verhoor nie alleen weer deur die aanklaer aan die getuie voorgelees
is nie, maar ook daarna in sy moedertaal aan hom
verduidelik is. Hy
was tevrede dat dit korrek was.
Tweedens het dit nie
hier gegaan oor die afwesigheid van detail nie. Dit het hier gegaan
oor strydige detail.
Derdens het die
streeklanddros vermoedelik uit die oog verloor die getuienis van
Sebale self dat hy wel met ‘n mes gesteek
is en dat hy dit so
oorgedra het aan beide Letse en Selebogo. Dit sou inpas by die
inhoud van Selebogo se verklaring. Hierdie
getuienis van Sebale is
glad nie deur die aanklaer aangeval in kruisverhoor nie. Die
streeklanddros het nie Sebale se getuienis
in die uitspraak bespreek
nie, en dit is beslis ook nie verwerp nie.
Vierdens het die
streeklanddros ook nie gehandel met die onwaarskynlikheid daarvan
dat Sebale aangeval en beseer word, en dan
vir Selebogo vra om hulp
te kry, maar dan weier om vir Selebogo te vertel wat gebeur het nie.
Tog vertel hy dan toe volgens Letse
vir haar. Wat sou die rede vir
sulke vreemde optrede gewees het? Ook hieroor is Sebale nooit
gekruisverhoor deur die aanklaer
nie.
Hierdie tipe getuienis
van staatsweë sou nie naastenby genoeg gewees het om die
redelike moontlikheid uit te sluit dat die
oorledene met ‘n
mes gewapen kon gewees het nie.
Aan die ander kant sou
die inhoud van Selebogo se verklaring ook nie kon dien as bewys dat
die oorledene inderdaad wel ‘n
mes in sy besit gehad het nie.
Ek vind dit egter baie
onwaarskynlik dat die oorledene so uitdagend sou opgetree het buite
die perseel indien hy ongewapen was.
Selfs al sou egter
aanvaar word dat die oorledene wel in besit van ‘n mes was,
sou dit nie opsigself beteken dat hy die
mes ook uit sy sak gehaal
het en die appellant daarmee aangeval het nie.
Selfs toe die
oorledene deur Matumi teen die heining vasgedruk is, het hy op Letse
se getuienis die mes dan nie tevoorskyn gebring
nie. Inteendeel, die
onbetwiste getuienis van staatsweë is dat die oorledene op
daardie stadium bedaar het en die toneel
wou verlaat. Wat sou dan
gemaak het dat die oorledene wel die mes uit sy sak gehaal het toe
hy deur die appellant genader is,
en dat hy toe die beweerdelik
ongewapende appellant daarmee sou aangeval het?
Volgens die appellant
het hy bloot die oorledene genader om hom te vra om te gaan, sodat
hulle Selebogo veilig by die perseel
kon uitneem om hom hospitaal
toe te neem.
Dit is vreemd dat
Selebogo tevrede sou wees dat hulle hom hospitaal toe neem, as hy
kort tevore juis nie wou hê dat ‘n
ambulans vir hierdie
doeleindes gereël word nie. Dit net terloops.
Letse se getuienis dat
Matumi, saam met wie die appellant in die bakkie gery het na die
toneel, juis die oorledene teen die heining
vasgedruk het om te
verhoed dat hy weggaan, is nie betwis nie. Afgesien daarvan dat die
appellant se beweerde begeerte dat die
oorledene moes weggaan nie
met hierdie optrede van Matumi sou rym nie, kon die oorledene in elk
geval ook nie onder daardie omstandighede
juis meer ‘n
probleem gewees het as hulle Selebogo by die erf wou uitneem nie.
Selebogo self was nie
te bekommerd daaroor nie, want hy het vir Sebale eenvoudig
uitgeneem. Hy het nie, byvoorbeeld, gewag dat
die appellant eers ‘n
plan maak met die oorledene nie.
Vyf van hulle het
opgedaag om bloot vir Sebale hospitaal toe te neem. Afgesien daarvan
dat dit onduidelik is hoekom soveel van
hulle daarvoor nodig was,
kon die oorledene alleen tog nie vir hulle plan ‘n
struikelblok gewees het nie.
Ek vind die appellant
se verduideliking vir hoe hy buite die perseel by die oorledene
beland het, dus uiters onwaarskynlik.
Wat
betref die geloofwaardigheid van die suggestie
1
dat
die oorledene die fatale wond kon opgedoen het tydens die stoeiery
of die val, meen ek dat mnr Hollander, die advokaat vir
die
respondent, korrek was in sy submissie dat die appellant sy weergawe
in hierdie verband aangepas het. Afgesien van verskille
oor of dit
een of beide hande van die oorledene was wat hy sou vasgegryp het,
was die stellings aan Mabote en die appellant se
getuienis in
hoofverhoor ook bloot tot die effek dat hy en die oorledene gestoei
het, dat hulle geval het en dat hy (die appellant)
toe weggehardloop
het.
In sy getuienis in
kruisverhoor, en nadat dit geblyk het dat die appellant se weergawe
daarop neergekom het dat hy en die oorledene
langs mekaar op hulle
sye te lande gekom het met die val, het die appellant vir die eerste
keer beweer dat hy toe, voordat hy
opgestaan het en gevlug het, die
oorledene se hande teruggedruk het. Indien hulle so geval het, bloot
langs en frontende na mekaar
(en nie byvoorbeeld die een op die
ander nie) en terwyl die oorledene se meshand deurgaans steeds bloot
vasgehou is, sou so ‘n
diep penetrerende wond hoog op die bors
moeilik so verduidelik kon word. Die aksie van die wegdruk van die
hand/e waarin die
mes deur die oorledene vasgehou is, met ander
woorde weg van die appellant na die oorledene, sou moontlik meer
geredelik ‘n
per abuis toediening van die wond kon
verduidelik; en vandaar na my oordeel die aanpassing. Volgens dr
Surtie sou ‘n redelike
hoeveelheid geweld nodig gewees het om
hierdie wond toe te dien.
Dan is daar die
beserings aan Mabote en Letse. Dit is so dat Mabote eers twee dae
later ‘n dokter gaan spreek het. Die feit
is egter dat die
dokter ‘n laserasie aangetref het op haar voorarm en dus op
die plek waar sy getuig het die appellant
haar raakgesteek het. Dat
die dokter se gevolgtrekking in die verslag, aangeteken is as
“
common assault
” beteken hoegenaamd nie dat die
wond nie twee dae tevore met ‘n mes veroorsaak kon gewees het
nie.
Hoewel Letse se
getuienis onduidelik was met betrekking tot of dit ‘n
doelbewuste steekhou was wat haar getref het, is dit
onbetwis dat sy
onmiddellik daar, en as ‘n deel van die gebeure wat die
onderwerp was van haar uitlating, aan Selebogo
‘n besering
getoon het.
Dat Selebogo die
betrokke besering as ‘n “
scratch
” beskryf
het, doen hieraan geen afbreuk nie. Dit militeer nie teen Letse se
getuienis dat die wond deur die appellant se
mes veroorsaak is nie.
Dat Letse nie na
aanleiding daarvan ‘n klagte teen die appellant aanhangig
gemaak het nie, beteken ook glad nie dat dit
nie gebeur het nie.
Op die appellant se
weergawe is daar geen ruimte vir beserings wat hetsy Mabote of Letse
tydens die voorval kon opgedoen het nie.
Die suggestie namens
die appellant dat hulle daardie beserings kon opgedoen het toe hulle
naby ‘n stoeiery was tussen mense
met ‘n mes, is
blatante spekulasie. Daar is nie van staatsweë getuienis dat
hulle naby so ‘n stoeiery was nie
en die appellant het ook nie
van sy kant ooit gesuggereer dat nie alleen die oorledene nie, maar
ook twee ander persone, dalk
in die beweerde stoeiery tussen hom en
die oorledene beseer kon gewees het nie.
Alles inaggenome, en
wanneer die benadering van ‘n hof van appél ten aansien
van feite- en geloofwaardigheidsbevindinge
in gedagte gehou word,
meen ek dat hier nie ruimte is vir inmenging met die streeklanddros
se bevindinge in hierdie verband nie.
Ek
meen ook nie dat daar, soos aangevoer namens die appellant, ‘n
nadelige afleiding teen die vervolging gemaak moet word
vir die feit
dat Matumi se getuienis nie aangebied is nie. Dit is so dat, volgens
Mabote se getuienis, Matumi die aanval van
die appellant op die
oorledene sou gesien het. Matumi is by sluiting van die staatsaak as
getuie beskikbaar gestel aan die verdediging.
Dit is so dat daar
geen bewyslas op die appellant gerus het nie, maar ek kan nie sien
hoe die appellant kan verwag dat, indien
hy self die getuie kon
geroep het en verkies het om nie so te doen nie, daar nou
gespekuleer moet word dat die getuie se getuienis
strydig sou gewees
het met die vervolging se saak
2
.
Mnr
Nel, die advokaat vir die appellant, het ook aangevoer dat die
streeklanddros in hierdie geval ‘n plig gehad het, ingevolge
die bepalings van artikel 186 van die Strafproseswet, om Matumi as
getuie te roep toe nie een van die partye dit gedoen het nie.
Ek kan
nie hiermee saamstem nie. Matumi is tog tot die streeklanddros se
kennis tot die beskikking gestel van die verdediging,
wat toe net
soos die aanklaer besluit het om hom nie te roep nie. Dit moet ook
in gedagte gehou word dat Mabote, net soos ten
aansien van Matumi,
onder die indruk was dat Letse die aanval op die oorledene gesien
het. Dit het egter uit die getuienis van
Letse geblyk nie die geval
te gewees het nie. Dit was in elk geval nie asof daar geen getuienis
van staatsweë was oor die
aanval en asof Matumi die enigste
persoon sou wees wat daaroor sou kon getuig nie. Die getuienis van
Mabote was daar. Die blote
feit dat daar slegs haar getuienis van
die kant van die vervolging was, kon tog nie so ‘n plig op die
streeklanddros gelê
het nie. Die verdediging het ook nooit die
streeklanddros versoek om vir Matumi te roep nie
3
.
Dit sou dit moontlik gemaak het om dan vir Matumi te kruisverhoor
oor enige gedeelte van sy getuienis wat na verwagting vir
die
appellant ongunstig kon wees.
Wat die vonnis betref,
is dit eweneens geykte reg dat ‘n hof van appél slegs
sal inmeng indien dit skokkend onvanpas
is of indien daar ‘n
wesenlike mistasting begaan is in die oorweging daarvan; nie bloot
omdat die hof van appél
nie self die betrokke vonnis sou
opgelê het nie.
Die streeklanddros het
bevind, wat die moord betref, dat daar nie wesenlike en dwingende
omstandighede was wat ‘n afwyking
sou regverdig van die
voorgeskrewe vonnis van 15 jaar gevangenisstraf nie.
Dit sou
vanselfsprekend moreel afkeuringswaardig wees dat die appellant die
oorledene aangeval en gedood het in omstandighede
waar die oorledene
vir hom geen bedreiging ingehou het nie en oënskynlik in
reaksie op die feit dat die oorledene vroeër
die appellant se
vriend Sebale beseer het.
Daarteenoor is daar
geen getuienis dat dit ‘n beplande aanval van die kant van die
appellant was nie.
Dat die oorledene
steeds daar was en die beseerde vriend van die appellant gevloek het
en uitgedaag het, sou heel waarskynlik
die appellant geprovokeer
het. Dit het duidelik die ander vriend van Sebale, Matumi,
geprovokeer.
Dit moet hiermee saam
nie uit die oog verloor word nie dat die appellant en die ander
vriende van Sebale by ‘n taverne gekuier
het toe hulle van die
aanval op Sebale verneem het en na hom is.
Die appellant het op
die ouderdom van 31 jaar nog nooit voorheen enige misdaad gepleeg
nie. Dit, tesame met sy uiters gunstige
persoonlike omstandighede –
veral met verwysing na sy bestendige werksgeskiedenis, is na my
oordeel sterk aanduidend van
die rehabiliteerbaarheid van die
appellant.
Daar
is oënskynlik bevind dat die appellant nie die direkte opset
gehad het om die oorledene te dood nie. Dit word gereeld
as
versagtende faktor in aanmerking geneem
4
.
Na my oordeel sou ‘n
vonnis van 15 jaar gevangenisstraf op die aanklag van moord wel ‘n
ongeregtigheid daarstel in
hierdie omstandighede en het die
streeklanddros fouteer deur nie op grond van die voormelde faktore
te bevind dat daar wesenlike
en dwingende omstandighede was wat ‘n
mindere vonnis regverdig het nie.
Dit bring mee dat
hierdie hof opnuut vonnis kan oorweeg. Ek meen dat die toediening
van die besering van die oorledene se moeder
tot so ‘n mate
deel was van die gebeure tussen die appellant en die oorledene dat
die twee aanklagte steeds saamgeneem
behoort te word vir doeleindes
van vonnis.
Ek is verder van
oordeel dat dit, gegewe die appellant se uiters gunstige persoonlike
omstandighede en sy duidelike rehabiliteerbaarheid,
gepas sal wees
om ‘n gedeelte van die vonnis op te skort en om so aan die
appellant die geleentheid te bied om gedeeltelik
buite
gevangenisverband te rehabiliteer.
Geen ander vonnis as
een van direkte gevangenisstraf sal egter gepas wees nie,
nieteenstaande die ooglopende nadeel wat dit gaan
inhou vir die
appellant se vrou en kinders, en selfs ook vir sy suster, wie se
kollegegelde hy goedgunstiglik betaal.
In die omstandighede
word die volgende bevele gemaak:
Die appél
teen die skuldigbevindings word afgewys en beide skuldigbevindings
word bekragtig.
Die appél
teen die vonnis slaag en dit word tersyde gestel en vervang met die
volgende vonnis:
“
12
jaar gevangenisstraf op beide aanklagte saamgeneem, waarvan 4 jaar
voorwaardelik opgeskort word vir ‘n periode van 5 jaar
op
voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan ‘n
misdryf waarvan aanranding op die persoon van ‘n ander
‘n
element is, waarvoor die beskuldigde gevonnis word tot onopgeskorte
gevangenisstraf van meer as 1 jaar sonder die keuse
van ‘n
boete en wat gepleeg is gedurende die opskortingstermyn nie.”
Die voormelde
vonnis word teruggedateer tot 28 Mei 2013.
_____________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek stem saam.
______________________
C C WILLIAMS
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Namens Appellant: Adv I J Nel, in
opdrag van Towell & Groenewaldt Prokureurs, Kimberley.
Nms Respondent: Adv Q H
Hollander, Kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolgings,
Kimberley.
1
Want
die appellant se getuienis in hierdie verband kan as niks meer as
dit bestempel word nie.
2
Vergelyk
S v Motsepa en ‘n Ander
1991 (2) SACR 462
(A) op 468I-469B;
S
v Teixeira
1980 (3) SA 755
(AD) op
763G-764B
3
Hiemstra’s
Criminal Procedure
, Kruger, 23-15
4
S
v Radebe
2011 JDR 0926 (FB) para [63]