About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2013
>>
[2013] ZANCHC 35
|
|
van Heerden v Minister van Veiligheid en Sekuriteit en Ander (858/2009) [2013] ZANCHC 35; 2014 (2) SACR 346 (NCK) (20 September 2013)
Rapporteerbaar:
Ja
/Nee
Sirkuleer
onder Regters:
Ja
/ Nee
Sirkuleer
onder Landdroste: Ja /
Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste: Ja /
Nee
IN DIE Hoë HOF
VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Hoë
Hof, Kimberley)
Saak No: 858/2009
Saak Aangehoor:
22/08/2011
Datum gelewer: 20
/09/2013
In
die saak tussen:
J
Van Heerden
en
Minister van Veiligheid
en Sekuriteit
Nasionale Direkteur van
Openbare Vervolgings
Coram:
Olivier R
UITSPRAAK
Olivier R:
Die eiser, mnr
Johannes Van Heerden, eis van die eerste verweerder, die Minister
van Veiligheid en Sekuriteit, en die tweede verweerder,
die
Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, skadevergoeding op
grond van kwaadwillige vervolging en kwaadwillige, alternatiewelik
onregmatige, arrestasie.
INLEIDING
Die
eiser het in 1986 aangesluit by die Suid-Afrikaanse Polisiediens.
Hy het vanaf 1989 gedien as die stasiebevelvoerder van
die
Delportshoop Polisiestasie. Ten tye van hierdie gebeure en tot en
met sy bedanking uit die Suid-Afrikaanse Polisiediens,
het hy die
rang van kaptein beklee.
Gedurende
Desember 2006, volgende op beweringe
1
dat ‘n arbeider gedood is by ‘n myn van ‘n sekere
mnr Visser en dat ander arbeiders van Visser aangerand is,
is ‘n
polisie taakspan saamgestel om klagtes te ondersoek dat die polisie
versuim het om sulke beweringe en sake te ondersoek.
Kolonel
Perumal was die leier van die taakspan en Adjudant-Offisier Mogalie
was een van die polisielede wat daarop gedien het.
Verskeie
polisiebeamptes van verskillende polisiestasies in areas waar Visser
mynbedrywighede gevoer het, is toe hetsy gearresteer
of gedagvaar en
voor howe gebring. Sover dit die Delportshoop Polisiestasie
aangaan, het die taakspan onder andere ondersoek
ingestel na die
eiser se betrokkenheid in polisiedossiere rakende beweerde
aanrandings op mnr Samuel Mokgabi en mnr Peter Segame.
Die eiser is aangesê
om by die provinsiale hoofkwartier in Kimberley te rapporteer, waar
hy op 1 Februarie 2007 deur Kolonel
Perumal te woord gestaan is. Hy
is by daardie geleentheid gekonfronteer oor sy betrokkenheid in ‘n
polisiedossier oor
die beweerde aanranding deur Visser en sy seun op
mnr Segame. Volgende op hierdie konfrontasie het die eiser sy
amptelike selfoon
ingehandig by die polisiestasie te Delportshoop.
Hy was daarna met verlof, aanvanklik siekverlof en later gewone
verlof, tot
sy bedanking.
Op
28 Mei 2007 het die kantoor van die Direkteur van Openbare
Vervolgingsgesag vir hierdie Afdeling (“
die
DOV
”)
2
‘n opdrag uitgereik dat die eiser vervolg moes word op ‘n
aanklagte van statutêre meineed
3
en regsverydeling. Die besluit is geneem deur twee advokate van die
DOV, mnr Tshweu wat die adjunk DOV was en sy junior mnr Mashuga.
Die
getuienis was dat die werkswyse was dat die junior en die senior lid
in sulke gevalle gesamentlik ‘n beslissing maak.
Op
31 Mei 2007 was Perumal en Mogalie by die Delportshoop
Polisiestasie. Gedurende ‘n telefoongesprek tussen Perumal en
die eiser
4
is daar tussen hulle ooreengekom dat die eiser vir Perumal en
Mogalie sou ontmoet op ‘n grondpad buite Barkly-Wes. Toe
die
eiser vir Perumal en Mogalie ontmoet het soos afgespreek, was hulle
reeds gewapen met ‘n lasbrief vir sy arrestasie.
Die eiser,
wat daar aangekom het met ‘n bakkie en ‘n sleepwa met ‘n
siek of beseerde bees daarop, is toe gearresteer.
Mogalie het die
eiser in sy eie voertuig vergesel tot by die eiser se huis in
Barkly-Wes, waar die sleepwa en die dier gelaat
is. Die eiser is
toe deur hulle geneem na die Delportshoop Polisiestasie. Daar is sy
waarskuwingsverklaring en sy vingerafdrukke
geneem.
Die
eiser is toe in ‘n polisievoertuig vervoer na die Barkly-Wes
Landdroskantoor
5
,
waar die eiser op borg van R100.00 vrygelaat is.
Op
20 Junie 2008, aan die einde van die vervolging se saak in die
vervolging van die eiser, is hy ingevolge die bepalings van
artikel
174 van die
Strafproseswet
6
op beide die aanklagte onskuldig bevind.
Dit is op die basis
van hierdie gebeure dat die eiser die voormelde eise teen die twee
verweerders ingestel het. Die verhoor
van die
quantum
is
geskei en wat dus op hierdie stadium bereg moet word, is of enige
van die verweerders aanspreeklik is om op enige van die
eise
skadevergoeding aan die eiser te betaal.
PLEITSTUKKE
Wat die kwaadwillige
vervolging betref, is die eiser se saak dat lede van die eerste
verweerder en/of die tweede verweerder vals
aanklagte van:
regsverydeling na
bewering gepleeg gedurende ongeveer September en/of Oktober 2001
(die Segame geval); en
regsverydeling en/of
meineed na bewering gepleeg gedurende Augustus 1999 (die Mokgabi
geval)
teen hom aanhangig
gemaak het en dat hulle geen redelike gronde en/of redelike vermoede
en geen redelike en
bona fide
geloof gehad het in die waarheid
van die bewerings nie.
Die eerste verweerder
het hierdie beweringe aanvanklik bloot ontken. Op ‘n baie
laat stadium, inteendeel op die eerste
dag van die betoë en
baie lank na die afsluiting van die getuienis, is aansoek gedoen om
‘n wysiging van die verweerskrif.
Ek het dit toegestaan omdat
dit, gegewe ook die getuienis, geen nadeel vir enige van die ander
partye kon inhou nie. Die effek
daarvan was steeds so ‘n
ontkenning. Bykomstig daartoe is egter van die kant van die eerste
verweerder gepleit:
dat die eiser op 16
Augustus 1999 die misdaad van regsverydeling gepleeg het toe hy
“
attested to an
affidavit
”;
dat Mogalie ‘n
vredesbeampte soos bedoel in die
Strafproseswet
was;
dat Mogalie ‘n
vredesbeampte soos bedoel in die
Strafproseswet
was;
dat die eerste
verweerder op die basis van daardie “
affidavit
”
‘n lasbrief bekom het vir die eiser se arrestasie;
dat die eiser toe op
31 Mei 2007 behoorlik voor ‘n hof te Barkly-Wes gebring is;
en
dat die eerste
verweerder opgetree het ooreenkomstig die voorskrifte van artikel
50 van die
Strafproseswet.
Ek moet sê dat
ek die gewysigde pleit in hierdie verband vreemd vind. Die feit dat
glad nie gemeld is watter lid of werknemer
dit was wat namens die
eerste verweerder die lasbrief bekom het nie, maak dit onduidelik
waarom dit dan nodig was om in ‘n
oënskynlik
nie-verbandhoudende subparagraaf te verwys na Mogalie en na die feit
dat hy ‘n vredesbeampte was. Die bewering
dat die eerste
verweerder ooreenkomstig die bepalings van artikel 50 van die
Strafproseswet
opgetree het, lyk ook vreemd. Artikel 50 is getiteld “
Prosedure
na ‘n inhegtenisneming
”
en dit blyk glad nie uit die gewysigde verweerskrif van die tweede
verweerder hoe hierdie bewering betrekking kan hê
op die eiser
se bewering van kwaadwillige vervolging nie. Verder vreemd wat die
gewysigde verweerskrif betref, is die herhaalde
verwysings daarin na
die eiser se verklaring as synde ‘n beëdigde verklaring,
terwyl dit duidelik geblyk het uit alle
getuienis, en inderdaad
gemenesaak was, dat die betrokke verklaring nooit beëdig is
nie.
Die tweede verweerder
het in sy verweerskrif erken dat alle betrokkenes in die diens van
onderskeidelik die eerste en tweede verweerder
was, maar het alle
ander beweringe van die eiser rondom die eis van kwaadwillige
vervolging ontken. Bykomstig hiertoe het die
tweede verweerder
gepleit dat ‘n klagte van Segame gelei het tot ‘n
ondersoek deur werknemers van die eerste verweerder,
welke ondersoek
aan die lig gebring het dat die eiser die misdade gepleeg het van
meineed en regsverydeling.
Wat betref die eis van
kwaadwillige arrestasie is die saak vir die eiser, op die
pleitstukke, dat die instel van die vervolging
kwaadwillig was en
dat op 31 Mei 2007 lede van die tweede verweerder op versoek van
lede van die eerste verweerder onregmatiglik
en kwaadwilliglik
aansoek gedoen het om ‘n lasbrief vir die eiser se arrestasie.
Daar is gepleit dat die betrokke optrede
kwaadwillig was omdat die
arrestasie van die eiser “
nie
rederlikerwys noodsaaklik was ten einde sy aanwesigheid in ‘n
geregshof te verseker of om enige van die ander regtens
erkende
doeleindes van arrestasie te dien nie
”.
Verder is gepleit dat
die eiser as gevolg van hierdie optrede op 31 Mei 2007 gearresteer
is, daarna aangehou is in die teenwoordigheid
van ondergeskiktes by
die Delportshoop Polisiestasie en vandaar onder polisiebegeleiding
vervoer is na Barkly-Wes, waar hy aangehou
is in die selle by die
Landdroskantoor totdat hy in die hof verskyn het en borg vir hom
vasgestel is.
In die aanvanklike
verweerskrif het die eerste verweerder, afgesien daarvan om bloot te
erken dat die eiser gearresteer is op
31 Mei 2007, alle ander
beweringe in hierdie verband ontken. Met die voormelde wysiging het
die eerste verweerder die beweringe
ten aansien van Mogalie, die
beweerde pleeg van die regsverydeling deur die eiser op 16 Augustus
1999, die verkryging van die
lasbrief en die optrede ingevolge
artikel 50 van die
Strafproseswet
geinkorporeer by ‘n
algehele ontkenning van die eiser se beweringe van ‘n
kwaadwillige arrestasie. Die effek van
hierdie deel van die wysiging
was ook vreemd, naamlik om ook die bewering dat die eiser op 31 Mei
2007 gearresteer is te ontken,
want dit was nooit in geskil nie.
Die tweede verweerder
het rondom die eis van kwaadwillige arrestasie, afgesien daarvan om
te verwys na dit wat reeds gepleit was
ten aansien van die beweringe
van kwaadwillige vervolging, al die eiser se beweringe van ‘n
kwaadwillige arrestasie ontken.
Bykomstig daartoe het die tweede
verweerder gepleit:
dat
die eiser om 12:45
7
gearresteer is deur Perumal en Mogalie;
dat
die eiser se waarskuwingsverklaring en sy vingerafdrukke geneem is
by die Delportshoop Polisiestasie in onderskeidelik die
kantoor van
die waarnemende stasiebevelvoerder Inspekteur Sey en in die
aanklagkantoor;
dat
om ongeveer 13:00 die eiser deur Sey geneem is na die Landdroshof
te Barkly-Wes; en
dat die eiser te alle
tye in die teenwoordigheid van Sey was totdat hy om ongeveer 15:00
op borg vrygelaat is.
Die eiser het in sy
besonderhede van vordering, in die alternatief tot die beweringe van
kwaadwillige arrestasie, gepleit dat
die betrokke arrestasie
onregmatig was, omdat dit “
nie
rederlikerwys noodsaaklik was ten einde sy aanwesigheid in ‘n
geregshof te verseker of om enige van die ander regtens
erkende
doeleindes van arrestasie te dien nie
”.
Behalwe om te erken
dat die eiser gearresteer is, het die eerste verweerder al hierdie
beweringe ontken.
Die tweede verweerder
het hulle ook ontken en bloot verwys na wat reeds gepleit was ten
aansien van die beweringe van kwaadwillige
arrestasie.
MOKGABI
POLISIEDOSSIERE
‘
n Verklaring
wat Mokgabi op 12 Julie 1998 by die polisie te Wolmaransstad afgelê
het, het in kort daarop neergekom dat hy
op 9 Julie 1998, waar hy
werksaam was by ‘n delwery van Visser, deur laasgemelde
gekonfronteer is oor sy werk en aangesê
is om van diens af te
gaan en om op 11 Julie 1998 terug te keer om sy geld te gaan haal.
Met sy aankoms by die plek waar hy
en ander arbeiders gewoon het,
het hy gehoor dat dieselfde met van hulle gebeur het. Op Saterdag 11
Julie 1998 het hy en die
ander na die delwery gegaan om hulle geld
te gaan haal. Hulle is toe deur Visser en andere aangerand.
Dit blyk dat Mokgabi
toe op 12 Julie 1998 by die polisie te Wolmaransstad ‘n klagte
gelê het van aanranding met die
opset om ernstig te beseer.
Op 13 Julie 1998 is hy deur ‘n dokter ondersoek. In die
mediese verslag (J88) is verskeie
kneusings aangedui.
Die
betrokke dossier
8
is onder dekking van ‘n skrywe van 13 Julie 1998 aangestuur na
die polisie te Barkly-Wes, vanwaar dit weer na die polisie
te
Delportshoop aangestuur moes gewees het. Gedurende die periode vanaf
Augustus 1998 tot Mei 1999 is korrespondensie gewissel
tussen die
polisie te Delportshoop en dié te Wolmaransstad oor die feit
dat Mokgabi in sy verklaring om die beurt na “
Visser
”
en “
Visagie
”
verwys het as synde sy werkgewer en een van die aanranders, en oor
pogings om Mokgabi en sy kollegas opgespoor te kry.
Op 23 November
1998 is op die dekblad van die betrokke dossier aangedui dat geweier
is om te vervolg weens die feit dat Mokgabi
nie opgespoor kon word
nie.
Op
10 Januarie 1999 is ‘n verdere verklaring van Mokgabi egter in
die dossier geliasseer. Dit blyk afgelê te gewees
het in
Januarie 1999 te Wolmaransstad, waar Mokgabi woonagtig was. Die
inhoud daarvan het in breë trekke ooreengestem met
dié
van sy vroeëre verklaring, behalwe dat daar in die latere
verklaring nie meer verwarring was tussen die vanne
“
Visser
”
en “
Visagie
”
nie.
Op
20 Januarie 1999 is daar in ‘n verdere inskrywing in die
ondersoekdagboek van die dossier aangeteken dat Mokgabi die
ondersoekbeampte, Sersant Maritz van die polisie te Delportshoop,
telefonies geskakel het om te verneem na die vordering met
sy
klagte. Daarna volg verskeie inskrywings in die ondersoekdagboek,
ondermeer betreffende pogings om die persone wat saam met
Mokgabi
aangerand is, en ander getuies, op te spoor.
Insiggewend is ‘n
inskrywing wat die eiser op 9 April 1999 gemaak het toe hy die
dossier nagesien het. Hy het daarin verskeie
opdragte gegee met
betrekking tot die ondersoek, en ook dat die ondersoek bespoedig
moes word. Daarna volg verskeie inskrywings
deur Maritz, en deur
Inspekteur Human, wat klaarblyklik toe die bevelvoerder van die
speurtak te Delportshoop was en asulks in
onmiddellike beheer van
die ondersoek sou gewees het.
Die laaste van hierdie
inskrywings in die ondersoekdagboek deur Human is gedateer 24 Junie
1999. Daarin is verskeie opdragte
gegee aan Inspekteur Brace van
die betrokke speurtak, wat toe tydelik as ondersoekbeampte sou
optree in die aangeleentheid. Op
dieselfde datum het die eiser weer
‘n aantekening in die ondersoekdagboek gemaak, en wel tot die
effek dat hy die dossier
nagesien het. Die nasien van sulke
dossiere was deel van die pligte van die eiser as
stasiebevelvoerder. Hierdie keer het die
eiser egter geen opdragte
genotuleer nie, nieteenstaande die feit dat hy al so lank terug as
in April 1999 opdrag gegee het dat
die ondersoek bespoedig moes
word. Dit blyk nie uit die getuienis hoe dit gekom het dat die
dossier dadelik ná Human se
inskrywing by die eiser beland
het nie. Brace se onbetwiste getuienis was egter dat hy die dossier
op geen stadium ontvang of
hanteer het nie.
Daar het toe ‘n
periode van bykans twee maande verbygegaan voor die volgende
inskrywing op 16 Augustus 1999 om 09:30 gemaak
is. Dit was weereens
‘n inskrywing deur die eiser, en wel tot die effek dat hy ‘n
verklaring in die dossier geliasseer
het as A5.
Op dieselfde datum, om
10:00, het die eiser nog ‘n inskrywing gemaak in die
ondersoekdagboek, wat soos volg lees:
“
Nagesien:
Lê
dossier voor SA vir beslissing
”.
“
SA
”
is klaarblyklik ‘n verwysing na “
Staatsaanklaer
”
Wie dit was wat toe
die dossier aan die aanklaer voorgelê het, blyk nie uit die
dossier nie, maar die laaste inskrywing
wat gemaak is voordat die
taakspan die dossier onder hande geneem het, was deur Inspekteur Du
Preez, wat op daardie stadium die
bevelvoerder van die speurtak was.
Dit het gelui dat die dossier ontvang is vanaf die aanklaer, wat
die saak teruggetrek het
weens onvoldoende getuienis.
Die verklaring wat die
eiser as A5 geliasseer het, was een van homself. Omdat die inhoud
daarvan die onderwerp van die aanklag
van meineed sou wees, haal ek
die tersaaklike paragrawe aan:
“
3
.
Op 98.07.09
omstreeks 14:00 het ek ‘n klagte van Sameul Mokgabi en nog
ander bygewoon waar hulle gekla het dat Mnr Chris Visser
hulle
weggejaag het van die plaas af en dat hy gedreig het dat hy hulle sal
aanrand as hulle weer op die plaas Sidney on Vaal kom.
4.
Hulle wou egter net
hê dat Mnr Visser hulle geld gee sodat hulle terug kan gaan
Wolmaransstad toe. Geen persoon het egter
gemeld dat hy aangerand
was nie, net dat daar dreigemente was.
5.
Ek het ook nie
gesien dat enige een van hulle aangerand was nie. Ek het na Mnr
Visser gegaan en die persone se geld gaan kry, wat
Mnr Visser ook
betaal het. Ek het die persone betaal en hulle is terug
Wolmaransstad toe
.”
Op 16 April 2007 het
‘n tak van die polisie in die Noordwes Provinsie ‘n
e-pos gestuur na die tak van die polisie
daar wat belas was met
klagtes teen die polisie. Die inhoud daarvan lees soos volg:
“
Attached
please find a complaint against the SAPS. The Complainant is Sameul
Mokgabi and since 13-07-1998 the police did not attend
to his case.
He can be contacted at 0730921956. Please liaise with Barkly-Wes
(sic)
as to this matter
.
”
Die aanhangsel waarna
verwys is, ‘n elektroniese of digitale sogenaamde PDF dokument
wat duidelik blyk deel van die e-pos
gewees het, is nooit blootgelê
nie en is nie meer beskikbaar nie.
Die
betrokke e-pos is op dieselfde datum aangestuur na die polisie te
Barkly-Wes, en toe deur hulle na die polisie te Delportshoop.
Die
getuienis was dat die taakspan ‘n telefoonoproep van die
polisie te Delportshoop ontvang het met betrekking tot die
dossier.
Op
20 April 2007 het Perumal in die oorspronklike polisiedossier se
ondersoekdagboek opdrag gegee dat Mokgabi opgespoor moes word.
Mogalie
het op 4 Mei 2007 ‘n verklaring van homself geliasseer op ‘n
tweede dossier wat toe in die Mokgabi aangeleentheid
geopen is
9
.
In die verklaring het Mogalie die volgende stellings gemaak:
Hy
het verklaar dat die eiser se bewering
10
dat hy op 9 Julie 1998 ‘n klagte van Mokgabi bygewoon het
vals was, “
omrede
die voorval eers op 1998/07/11 om 14:30 plaasgevind het
”.
Hy het bygevoeg dat hy uit die voorvalleboek vasgestel het dat die
eiser op 9 Julie 1998 geen klagtes bygewoon het
nie
11
.
Mogalie
het verwys na die korrespondensie tussen die Delportshoop- en
Wolmaransstad polisie, die stellings gemaak dat drie van
daardie
briewe deur die eiser gestuur is en dat die eiser daarin “
die
indruk gegee het dat daar onsekerheid bestaan wie die verdagte is
”
en daarop gewys dat die eerste van daardie briewe deur die eiser
gestuur is net vier weke nadat hy volgens sy verklaring
aandag
gegee het aan ‘n klagte van Mokgabi.
Mogalie
het verder verklaar dat die eiser in sy verklaring die indruk
probeer skep het dat hy nie geweet het wie die persone
was wat saam
met die klaer was nie, terwyl volgens hom die eiser volgens sy
verklaring wel met hulle kontak gehad het en geweet
het wie hulle
was.
Verder
het Mogalie opgemerk dat die eiser ‘n waarskuwingsverklaring
van Visser geneem het “
sonder
die verteenwoordiging van die ondersoekbeampte Sers Montshiwa
”.
Mogalie het gemeld dat, volgens Montshiwa se verklaring, hy bloot
die waarskuwingsverklaring van die eiser ontvang
het van hom en
opdrag gegee is om dit te beëdig.
Verder het Mogalie
daarop gewys dat Brace nooit die oorspronklike dossier ontvang het
vir ondersoek nie.
Mogalie
het dit gestel dat die eiser “
het
ook geen redes aangevoer waarom hy die dossier by hom gehou het vir
twee maande
”
nie.
Mogalie het tot die
slotsom gekom dat die eiser “
se
optrede in hierdie saak gelei het dat die saak nie behoorlik aandag
gekry het nie
” en
veroorsaak het dat die aanklaer geweier het om te vervolg.
Op die dekblad van die
latere dossier is aangeteken dat die misdryf van regsverydeling,
alternatiewelik meineed, op 16 Augustus
1999 gepleeg sou gewees het
deur middel van ‘n “
False
Statement
” en dat die
klaer Mogalie was. Hierdie dossier is uiteindelik saam met die
oorspronklike voorgelê aan die DOV vir
beslissing in die
Mokgabi aangeleentheid.
SEGAME
POLISIEDOSSIERE
Segame
het op Saterdag 15 September 2001 by die polisie te Kimberley ‘n
klagte gelê dat Visser en sy seun hom vroeër
daardie dag
aangerand het. Hy was toe alreeds deur ‘n dokter ondersoek en
die mediese verslag (J88) is saam met sy verklaring
geliasseer op
die betrokke dossier
12
.
Dié
dossier is toe gestuur na die Campbell Polisiestasie, klaarblyklik
op die basis daarvan dat die voorval nie binne die
stasiewyk of area
van die Kimberley polisie plaasgevind het nie. Volgens ‘n
inskrywing gedateer 5 Oktober 2001 in die ondersoekdagboek
van die
dossier is dit toe deur inspekteur Boltman van die Campbell
Polisiestasie gestuur na die Delportshoop Polisiestasie,
nadat so ‘n
reëling met die eiser getref is. Dit blyk nie in geskil te wees
nie dat dit gedoen is op die basis dat
die voorval nie binne die
Campbell polisiewyk plaasgevind het nie, maar moontlik wel binne dié
van die Delportshoop Polisiestasie.
Geen inskrywing is egter in
hierdie verband gemaak in die ondersoekdagboek deur die eiser of
enige ander lid van die Delportshoop
Polisiestasie nie.
Die
volgende inskrywing in die ondersoekdagboek van dié dossier
is op 16 Oktober 2001 gemaak deur die betrokke aanklaer,
me Le Roux,
en lui as volg:
“
OB: Vervolg
vir aanranding gewoon. EVS R100.00
”
Dit is gemenesaak dat
dit ‘n opdrag van Le Roux aan die polisie was, dat die
afkorting “
OB
”
‘n verwysing was na die “
ondersoekbeampte
”
en dat die afkorting “
EVS
”
verwys het na ‘n “
erkenning
van skuld
” boete.
Op
17 Oktober 2001 het die eiser self ‘n dagvaardingvorm (J534)
13
voltooi waarin Visser senior ingelig is dat, tensy hy voor of op
19 November 2001 ‘n skulderkenningsboete van R100.000
sou
betaal, hy op ‘n latere datum in die hof moes verskyn op ‘n
aanklag van aanranding gewoon op Segame, deurdat
hy hom met ‘n
gebalde vuis aangerand het. Die boete is egter op dieselfde datum
nog, dit wil sê 17 Oktober 2001,
deur Visser betaal, en die
eiser het persoonlik die kwitansie (vorm J70) uitgereik. Die SAP69
vorm
14
,
waarvan die doel klaarblyklik is om die Nasionale Kriminele
Rekordsentrum van die veroordeling in te lig, is toe deur die eiser
as stasiebevelvoerder nagesien, sonder dat Visser se vingerafdrukke
geneem is. Sonder die vingerafdrukke sou daar geen kriminele
rekord
geskep kon word nie.
Die
volgende inskrywing in die ondersoekdagboek van dié dossier
is op 23 Oktober 2001 deur die eiser gemaak in sy hoedanigheid
as
stasiebevelvoerder. Hy het daarin genotuleer dat die saak
afgehandel was en dat die klaer in kennis gestel is. Hy het ook
aangeteken dat die SAP69 vorm voltooi is, maar dat die “
Besk
”
15
meegedeel het dat hy volgens sy prokureur nie sy vingerafdrukke hoef
te laat neem nie. Dit was die eiser se onbetwiste getuienis
dat hy
dit opgeneem het met ene Basson, klaarblyklik ‘n regsadviseur
van die polisie, wat gesê het dat Visser nie
gedwing kon word
om sy vingerafdrukke te laat neem nie.
Op
31 Januarie 2007 het lede van die taakspan hierdie dossier in die
argiewe van die Delportshoop Polisiestasie ontdek. Daar
is toe met
Segame gekontak en daar is ook in hierdie geval ‘n verdere
polisiedossier
16
geopen. Volgens die dekblad daarvan sou die misdaad van
regsverydeling in die periode tussen 16 en 23 Oktober 2007 gepleeg
gewees het deur middel van “
ONWETTIGE
OPTREDE
”
en sou die klaer en die ondersoekbeampte onderskeidelik Inspekteur
Hawkins en Mogalie gewees het.
‘
n Verklaring
van Hawkins is op die laasgemelde dossier geliasseer. Daarin het hy
die volgende stellings gemaak:
Alhoewel
die oorspronklike Segame dossier aan hom as ondersoekbeampte
uitgeboek was op die rekenaarstelsel, het hy dit nooit
ontvang vir
ondersoek nie. Hy het dus nie die geleentheid gehad om te praat
met Segame of met die verdagtes nie.
Hy
het die betrokke dossier in opdrag van die eiser op die
rekenaarstelsel geregistreer as aanranding gewoon.
Hy
het nooit die geleentheid gehad om die saak te bespreek met die
staatsaanklaer nie.
Hy
kon nie onthou dat hy die dagvaarding of die kwitansie uitgereik
het nie
17
.
Hy
het nooit die geleentheid gehad om Visser se vingerafdrukke te neem
nie.
Indien die dossier
aan hom gegee sou gewees het vir ondersoek, sou hy verseker het dat
Visser junior ook aangekla word.
Hy het die SAP69
vorm, wat aangedui het dat R100.00 boete betaal is op ‘n
aanklag van aanranding gewoon, so ingevul in
opdrag van die eiser.
Kaptein Mafa, wat ook
deel was van die taakspan, het in die tweede Segame dossier ‘n
verklaring afgelê en het daarin
verklaar dat beide die eiser
en Le Roux hulle op die volgende wyses skuldig gemaak het aan
“
onwettige
optrede
”:
Visser junior is nie
aangekla nie, alhoewel hy aan Segame bekend was.
Die eiser het nie
Visser senior se vingerafdrukke geneem nie en ook nie die SAP69
vorm aangestuur na die Nasionale Kriminele
Rekordsentrum nie.
Mafa het verklaar dat
dit uit inskrywings in die ondersoekdagboek sou blyk dat die eiser
nie die oorspronklike dossier deeglik
ondersoek het voordat hy dit
volgens Mafa met die aanklaer bespreek het nie.
Die eiser het nie
terugvoer gegee aan Segame nie, volgens Mafa omdat hy geweet het
dat Segame ontevrede sou wees.
Le Roux het nie
Segame se beserings en die feit dat ‘n instrument in die
aanranding gebruik is, in ag geneem toe sy ‘n
boete van
R100.00 vasgestel het nie.
Die eiser het versuim
om ‘n ondersoek te gelas na die verdagtes se geskiktheid om
vuurwapens te besit.
In ‘n verklaring
wat nog op 31 Januarie 2007 van Segame geneem is, het hy dit gestel
dat hy nooit terugvoer ontvang het
met betrekking tot sy klagte nie
en dat hy ontevrede was met hoe dit hanteer is.
Die twee Segame
dossiere is aan die DOV voorgelê onder dekking van ‘n
skrywe van Perumal, waarby ‘n memorandum
aangeheg was. In die
skrywe het Perumal aangevoer dat daar ‘n
prima facie
saak van regsverydeling was teen beide die eiser en Le Roux. In die
memorandum is onder andere die volgende stellings gemaak:
Dat die eiser die
saak aan Hawkins toegewys het, maar self die ondersoek daarin
gedoen het.
Dat die eiser die
saak met Le Roux bespreek het sonder om ‘n
waarskuwingsverklaring te bekom.
Dat die eiser versuim
het om Le Roux se besluit te bevraagteken, terwyl hy geweet het dat
die feite op aanranding met die opset
om ernstig te beseer
neergekom het.
Dat Le Roux nie alle
relevante feite in ag geneem het by die neem van haar besluit nie.
Dat Le Roux nagelaat
het om Visser junior te vervolg en dit nooit verduidelik het nie.
STRAFVERHOOR
Dit is gemenesaak dat
dit op sterkte van die voormelde inligting is wat die DOV die
vervolging gelas het van die eiser op aanklagte
van meineed en
regsverydeling. As deel van dieselfde beslissing is geweier om Le
Roux te vervolg.
Mnr
Namisa
18
,
die advokaat in diens van die tweede verweerder wat opdrag ontvang
het om die vervolging van die eiser te behartig, het die
aanklagte
van meineed en regsverydeling geformuleer. Dit is gemenesaak,
verstommend genoeg in die lig van die talle beweringe
in veral die
verklarings van Mogalie en Mafa in onderskeidelik die Mokgabi –
en Segame aangeleenthede, dat daar nooit kommunikasie
was tussen
Namisa en die DOV met betrekking tot die bewoording van die
aanklagte nie.
Die aanklag van
meineed het die eiser dit ten laste gelê dat die verklaring
wat hy op 16 Augustus 1999 afgelê het:
beëdig, bevestig
of plegtig geattesteer was; en
vals was in die
opsigte:
“
dat hy
op
9 Julie 1998
omtrenks (
sic
)
klagte van
Sameul
Mokgabi En Nog Ander
begewoon (
sic
)
het, waar hulle gekla het dat mnr
Chris
Visser
weggejag
(sic)
het vanaf sy delwery te Sidney En
(sic)
Vaal
,
dat hy hulle
gedreig het om hulle aan te rand as hulle weer op te
(sic)
delwery
sal kom
,
dat hulle
slegs wou he
(
sic
)
dat meneer Chris
Visser hulle geld moet gee sodat hulle kon terug kon keer
(sic)
na Walmaranstad
(sic)
,
dat hulle
gemeld het dat hulle nooit aangerand was nie
,
dat hy nie
gesien het dat enige van die klaers aangerand was nie
,
dat hy hulle
geld gegee het wat hy by meneer Chris Visser ontvang het
”.
Hierdie aanklag het
duidelik betrekking gehad op die verklaring wat die eiser in die
Mokgabi aangeleentheid gemaak het en in daardie
dossier geliasseer
het.
Die
aanklag van regsverydeling het gelui dat die eiser “
met
die opset om die verloop van die gereg te dwarsboom of te belemmer
”
gedurende September 2001 die mediese verslag (J88)
19
van Le Roux weerhou het en/of gedurende September 2001 aan Le Roux
voorgegee het dat ‘n skulderkenningsboete vasgestel
kon word
20
,
terwyl hy “
geweet
het dat die aard van die beserings nie sodanige skuld erkenning
(sic)
te
(sic)
regverdig
nie
”.
KWAADWILLIGE
VERVOLGING
In
Minister
for Justice and Constitutional Development and Others v Moleko
21
is bevestig dat om te kan slaag met so ‘n eis op ‘n
oorwig van waarskynlikhede bewys moet word:
“
(a) that the
defendants set the law in motion (instigated or instituted the
proceedings);
(b) that the
defendants acted without reasonable and probable cause;
(c) that the
defendants acted with ‘malice’ (or
animo iniurandi
);
and
(d) that
the prosecution has failed
”
22
.
In
Minister
van Polisie v Van der Vyfer
23
is
na
die eerste vereiste hierbo verwys as die “
aanstigting
”
van ‘n strafregtelike vervolging en is in paragraaf [21]
beslis dat dit eintlik bloot behels dat “
daar
‘n oorsaaklike verband moet wees tussen die verweerder se
optrede
aan
die een kant en die strafregtelike vervolging, aan die ander kant
”.
Wat
betref hierdie vereiste is die benadering wanneer dit kom by
spesifiek die polisie in die
Moleko
saak soos volg geformuleer:
“
With
regard to the liability of the police, the question is whether they
did anything more than one would expect from a police officer
in the
circumstances, namely to give a fair and honest statement of the
relevant facts to the prosecutor, leaving it to the latter
to decide
whether to prosecute or not
”
24
.
Daar
is beslis
25
dat die vereiste van “
reasonable
and probable cause
”
beteken “
an
honest belief founded on reasonable grounds that the institution of
proceedings is justified
”.
In hierdie verband is daar verder, met verwysing na
Prinsloo
and Another v Newman
26
en die werk
The
Law of South Africa
27
,
beslis dat dit die volgende behels het:
“
The concept
involves both a subjective and an objective element-
‘
Not only must
the defendant have subjectively had an honest belief in the guilt of
the plaintiff, but his belief and conduct must
have been objectively
reasonable, as would have been exercised by a person using ordinary
care and prudence’.
”
Wat
betref die geykte vereiste van “
malice
”
is in die
Moleko
saak beslis, met verwysing na onder andere
Relyant
Trading (Pty) Ltd v Shongwe and Another
28
,
dat dit bloot
animus
iniurandi
was wat bewys moes word, maar dan nie net in die sin van ‘n
opset om te benadeel nie, maar ook ‘n bewustheid van
onregmatigheid. Die verweerder moes op die minste voorsien het dat
die optrede onregmatig was en toe, ongeag die gevolge van
sodanige
optrede, daarmee voortgegaan het, dit wil sê
dolus
eventualis
.
Selfs growwe nalatigheid sou nie in hierdie verband voldoende wees
nie
29
.
Dit is op die
getuienis duidelik dat alle betrokke lede en werknemers van die
verweerders te alle relevante tye opgetree het in
die uitvoering van
hulle pligte en binne die bestek van hulle bevoegdhede. Die
vervolging het gefaal. Inteendeel, Namisa het
by sluiting van die
staatsaak self toegegee dat daar geen getuienis was op die aanklag
van regsverydeling nie.
HET DIE VERWEERDERS
DIE STRAFREGTELIKE VERVOLGING VAN DIE EISER “
AANGESTIG
”?
Wat die eerste
verweerder betref, is daar namens die eiser groot gewag gemaak van
die feit dat Segame nooit, voordat die polisie
hom gekontak het,
stappe geneem het om sy klagte verder te voer of om sy
ontevredenheid met die uitslag daarvan te kenne te gee
nie. Wat
Mokgabi betref is daar ook aangevoer, op sterkte van getuienis dat
ene Jones aangesê is om Mokgabi op te spoor,
dat dit daarop
sou dui dat die polisie Mokgabi gaan soek het.
Ek vind dit onnodig om
te beslis oor wie van Mokgabi en die polisie eerste vir wie gekontak
het in verband met sy destydse klagte
teen Visser. Selfs al sou die
taakspan ook, net soos in die geval van die oorspronklike Segame
dossier, die oorspronklik Mokgabi
dossier self opgespoor het en toe
stappe geneem het om dit met Mokgabi op te volg, sou dit na my
oordeel nie beteken dat hulle
daardeur enigiets meer gedoen het as
wat van hulle verwag is in die omstandighede en in die loop van
hulle ondersoek as taakspan
nie. Na my oordeel is daar nie gronde
vir ‘n afleiding dat, soos dit namens die eiser gestel is,
“
Mokgabi ...
opgespoor
(is)
om
te ‘kla’
”,
nie.
Ek meen ook dat dit op
die getuienis vergesog is dat, soos wat die eiser gesuggereer het,
dit alles gebeur het as uitvoering van
‘n vroeëre
beweerde dreigement van Perumal om die eiser se lewe te verwoes.
Soos wat hieronder sal blyk, was daar
inteendeel aan die kant van
die polisie tot so ‘n mate onbeholpenheid, laksheid en
nalatigheid in die ondersoek van hierdie
twee aangeleenthede, dat
dit uiters onwaarskynlik is dat die polisie die eenogige motief
gehad het om spesifiek die eiser se
vervolging te bewerkstellig. Die
blote feit dat ook ander polisiebeamptes as gevolg van die ondersoek
van die betrokke taakspan
strafregtelik vervolg is, militeer
opsigself reeds teen hierdie suggestie.
Die polisie het bloot
hier die DOV voorsien van die oorspronklike Mokgabi- en Segame
dossiere, en van meegaande dossiere waarin
die enigste relevante
bykomende inligting die verklarings van beamptes soos Mogalie,
Hawkins, Mafa en Motshiwa was. Hierdie
polisiebeamptes het in die
betrokke verklarings tot ‘n groot mate bloot die res van die
inhoud van die dossiere probeer
opsom en hulle eie gevolgtrekkings
daaruit verwoord. Vir soverre van hulle in die betrokke verklarings
inkriminerende uitlatings
mag gemaak het oor die eiser se optrede,
sou dit vir die leser van daardie dossiere, en meer spesifiek vir
kundiges soos die
advokate van die kantoor van die DOV, duidelik
gewees het dat dit daardie betrokke beamptes se interpretasies was
van die res
van die inligting.
Daar bestaan geen
getuienis hoegenaamd dat dit spesifiek hierdie verklarings was wat
gelei het tot die besluit om die eiser te
vervolg op die betrokke
aanklagte nie. Inteendeel, dit was juis die strekking van die
getuienis van Tshweu dat die inhoud van
die dossiere as ‘n
geheel oorweeg is.
Ek kan gevolglik nie
saamstem met die submissie dat die heropen van die oorspronklike
dossiere en die aflê van daardie verklarings
deur
polisiebeamptes soos Mogalie en Mafa stappe was wat verder gegaan
het as ‘n blote ondersoek met die oog op die voorlegging
van
die betrokke inligting aan die DOV vir beslissing nie.
Ek meen ook nie dat so
ver gegaan kan word as om te bevind dat Hawkins, soos wat namens die
eiser aan die hand gedoen is, “
beïnvloed
en selfs gedreig
” is
om ‘n verklaring af te lê as klaer nie. Hawkins is
opdrag gegee om so te doen op die basis dat hy in die
Segame geval
op die oog af veronderstel was om die ondersoekbeampte te gewees
het, maar nooit ‘n ondersoek kon doen nie.
Hy is wel op ‘n
vroeëre geleentheid volgens hom deur Perumal meegedeel dat hy
gearresteer sou word as hy nie die
waarheid sou praat nie, maar dit
was nie toe hy hierdie bepaalde verklaring gemaak het nie en op die
getuienis is hy beslis nie
voorgesê wat om in die verklaring
te sê nie.
Dat
die PDF digitale aanhangsel waarna reeds verwys is “
weggelaat
en/of verwyder
”
is as deel van ‘n motief om die DOV te oortuig om die eiser
aan te kla, is bespiegeling en is hoegenaamd nie bewys
nie.
Inteendeel, dit is op die oog af onwaarskynlik, want volgens die
e-posskrywe sou die dokument ‘n klagte van Mokgabi
bevat het
teen die polisie; wat op die argument namens die eiser dan presies
sou wees wat die Perumal en die taakspan sou wou
gehad het.
Dieselfde
geld vir die submissie dat die afwesigheid van ‘n sogenaamde
dossiergeskiedenis
30
in ‘n dossier ‘n bydrae sou gelewer het in die
inwerkingstelling van die regsproses teen die eiser. Daar is geen
basis vir hierdie submissie nie. Hoe sou die afwesigheid van
daardie bepaalde dossier se rekenaargeskiedenis so bygedra het?
Watter inligting daarin se weerhouding of verwydering sou ‘n
bydra gelewer het met die bou van ‘n saak teen die
eiser? Die
getuienis was in elk geval dat die rekenaaruitdruk nie normaalweg
deel van ‘n dossier is wanneer dit voorgelê
word vir
beslissing nie.
Daar
is ook in hierdie verband namens die eiser gesteun op die feit dat
die beëdigde verklaring wat volgens Mogalie gedien
het as basis
vir die aansoek om die lasbrief, en waarna ek ook weer sal
terugkeer, verdwyn het. Indien daar so ‘n verklaring
was, sou
dit opgestel gewees het nadat die DOV reeds beslis het dat die eiser
vervolg moes word en sou dit dus nooit ‘n
bydrae kon gelewer
het tot die inwerkingstelling van die regsproses teen eiser nie.
Daar is geen getuienis, of manier, dat die
betrokke verklaring voor
die DOV kon of moes gedien het toe oorweeg moes word of ‘n
kriminele vervolging teen die eiser
ingestel moes word nie.
Verder is namens die
eiser aan die hand gedoen dat die feit dat sekere verklarings nie
bekom is deur die polisie nie, ‘n
bydrae sou gelewer het tot
die inwerkingstelling van die regsproses en gesien moes word as ‘n
deel van hoe die polisie
meer gedoen het as om net inligting te
versamel ten einde “
a
fair and honest statement of the facts
”
aan die DOV voor te lê. In hierdie verband is spesifiek
verwys na die feit dat geen verklarings bekom is nie van:
Selebedi, die
polisiebeampte wat volgens die stempel op die gewraakte verklaring
van die eiser veronderstel was om die betrokke
kommissaris van ede
te gewees het; en
Le Roux, die aanklaer
wat die besluit geneem het om in die Segame geval die aanklag te
verander na een van aanranding gewoon
en ‘n
skulderkenningsboete vas te stel (en wat ook toe nie vir Visser
junior vervolg het nie).
Dit is natuurlik ‘n
noodsaaklike element van ‘n aanklag van die oortreding van
artikel 9 van die
Wet op
Vrederegters en Kommissaris van Ede
dat
die beweerde valse verklaring behoorlik beëdig, bevestig of
geattesteerd moes gewees het.
Wat die gebruiklike
“
beëdigings
”-stempel
betref, het Selebedi nie eers die moeite gedoen om daarin deur
middel van skrappings aan te toon of die verklaring
veronderstel was
om beëdig, bevestig of geattesteerd te wees nie. In die
aanhef tot die verklaring het die eiser egter
in sy eie handskrif
dit gestel dat hy die verklaring “
onder
eed
” gemaak het.
Dit is so dat dit
later geblyk het, toe Mogalie so ‘n mededeling gemaak het aan
Namisa, dat tot die wete van minstens Mogalie
die verklaring
inderdaad nie beëdig, bevestig of geattesteerd was nie, en wel
omdat Selebedi nie teenwoordig was toe die
eiser die verklaring
gemaak het nie en bloot later, in die eiser se afwesigheid, die
betrokke stempel daarop aangebring het.
Daar is geen getuienis dat
Mogalie reeds oor hierdie inligting beskik het toe die dossiere aan
die DOV voorgelê is nie.
Daar is ook nie gesuggereer dat
Selebedi, deur in wese valslik voor te gee dat hy sy pligte as
kommissaris van ede behoorlik
nagekom het, die strafregtelike
vervolging van die eiser aangestig het nie. So ‘n suggestie
sou ook vergesog gewees het,
want hy kon nooit toe ‘n
strafregtelike vervolging van die eiser voorsien het nie.
‘
n Mens sou
graag wou glo – alhoewel dit verstommend genoeg nie geredelik
toegegee is deur Namisa nie – dat, sou die
afwesigheid van
beëdiging, bevestiging en attestasie vroeër geopenbaar
gewees het deur middel van die verkryging van
‘n verklaring
van Selebedi tot hierdie effek, die vervolging op hierdie aanklag
nie sou plaasgevind het nie. Ons weet
egter nie of Mogalie dit
geweet het voordat besluit is om die eiser op hierdie aanklag te
vervolg nie. Deur nie dubbeld seker
te maak dat die verklaring
onder eed afgelê is nie (deur ‘n verklaring van Selebedi
te bekom daaroor) het die polisie
en Mogalie na my oordeel nie meer
gedoen as wat normaalweg van hulle verwag word as polisiebeamptes
nie, maar inderdaad eerder
minder.
Daar
is ook nie ‘n kousale verband tussen die voorlegging van die
eiser se verklaring (met die gebrekkige stempel daarop)
aan die DOV
en laasgemelde se besluit om die eiser te vervolg op ‘n
aanklag van meineed nie. Die tussenbeidetredende faktor
was die DOV
se eie laksheid en versuim om eers deur middel van ‘n
verklaring van Selebedi vas te stel of hierdie element
inderdaad
bewys sou kon word; veral in die lig van die afwesigheid van
skrappings in die stempel en die gevolglike vaagheid daarvan
31
,
en ook in die lig daarvan dat behoorlike beëdiging, bevestiging
of attestasie hier ‘n element van ‘n beweerde
misdaad
moes wees.
Wesenlik
dieselfde geld vir die feit dat die polisie versuim het om, tesame
met die Segame dossiere, aan die DOV ‘n verklaring
van Le Roux
voor te lê om haar deel te verduidelik in die oënskynlik
vreemde besluit wat sy in daardie geval geneem
het. Toe daar
uiteindelik met haar gekonsulteer is op die laaste dag van die
verhoor van die strafsaak en ‘n verklaring
van haar toe bekom
is, het dit uit die konsultasie en die verklaring geblyk dat sy op
geen wyse die eiser betrek het by haar
besluit nie.
Daar
is geen getuienis dat die polisie op ‘n vroeër stadium
geweet het dat dit Le Roux se weergawe sou wees nie. Hulle
versuim
om van haar ‘n verklaring te verkry voordat die Segame
dossiere aan die DOV voorgelê is, moet ook gesien
word teen
die agtergrond daarvan dat dit op daardie stadium nog hulle houding
en hulle aanbeveling was dat ook Le Roux in daardie
aangeleentheid
op ‘n aanklag van regsverydeling vervolg moes word.
Wat
die polisie in effek in die Segame aangeleentheid gedoen het in
soverre dit die eiser betref het, was om bloot die dossiere
voor te
lê op die basis van wat hulle gesien het as onbehoorlike
optrede en inmenging in die ondersoek van die kant van
die eiser.
Dit was die duidelike strekking van veral die verklaring van Mafa in
die latere Segame dossier
32
.
Nie een van Hawkins of Mafa se verklarings het ‘n noodsaak
aan ‘n verklaring van Le Roux geskep of openbaar nie.
Inteendeel, volgens Mafa het Le Roux haar ook aan onwettige optrede
skuldig gemaak en was sy dus ook ‘n verdagte.
Onder hierdie
omstandighede kan nooit gesê word dat ‘n verklaring nie
van Le Roux bekom is nie juis om die saak teen
die eiser te versterk
of om sy strafregtelike vervolging op ‘n aanklag gebaseer op
die Segame dossier te verseker nie,
of dat die vervolging op die
aanklag van regsverydeling die gevolg daarvan was nie.
Selfs al sou Le Roux
nie ook ‘n verdagte gewees het nie, en al sou sy ook beskou
kon word as ‘n noodsaaklike getuie
om Hawkins en Mafa se
beweringe te bewys (wat ek nie meen die geval is nie), sou die
versuim om haar verklaring te verkry, in
die afwesigheid van kennis
dat sy die eiser sou steun, weereens neergekom het daarop dat die
polisie eerder minder gedoen het
as wat normaalweg van die polisie
verwag sou kon gewees het, as meer as dit.
Die beweringe dat die
eiser die mediese verslag in die Segame geval van Le Roux weerhou
het en valslik aan haar voorgegee het
dat ‘n
skulderkenningsboete vasgestel kon word nie, was nooit die basis van
die polisie se ondersoek in die Segame aangeleentheid
nie en die
Segame dossiere is nooit aan die DOV voorgelê met die oog op
‘n aanklag met sulke beweringe nie.
Na my oordeel kon daar
ook nie objektief van die polisie verwag gewees het om ‘n
vervolging te voorsien op die spesifieke
beweringe rondom Le Roux
wat uiteindelik wel in die betrokke aanklag vervat is nie. Die
polisie sou na my oordeel nooit rede
gehad om te vermoed dat die
eiser die mediese verslag in die Segame geval van Le Roux sou kon
weerhou het nie, want objektief
sou verwag kon word dat hulle sou
gemerk het dat die dekblad en ondersoekdagboek van die oorspronklike
Segame dossier dit vir
Le Roux duidelik sou gemaak het dat daar wel
so ‘n mediese verslag beskikbaar moes wees.
Ek kom dus tot die
slotsom dat die eiser nie op ‘n oorwig van waarskynlikhede
bewys het dat die eerste verweerder die vervolging
op enige van die
aanklagte, of op enige ander denkbare aanklagte wat op die inligting
ter sprake mag gewees het, aangestig het
of in werking gestel het
nie. Dit maak ‘n einde aan die eiser se eis van kwaadwillige
vervolging teen die eerste verweerder.
Wat betref die tweede
verweerder en hierdie vereiste, is dit egter heeltemal ‘n
ander saak. Daar kan geen twyfel bestaan
nie dat die tweede
verweerder se besluit die direkte oorsaak van die eiser se
strafregtelike vervolging was. Die vereiste kousale
verband is dus
daar.
DIE
“
REASONABLE AND
PROBABLE CAUSE
”
VEREISTE
Dit is, wat die tweede
verweerder betref, onnodig om in hierdie verband verder te gaan as
om te kyk na die aanklagte van meineed
en regsverydeling soos wat
Namisa hulle geformuleer het en soos wat die eiser daarop
tereggestaan het.
Die rede hiervoor is
dat Tshweu se getuienis was dat dit wat Namisa in hierdie aanklagte
vervat het presies die beweringe en beskuldigings
was wat hy en
Mashuga in gedagte gehad het toe hulle besluit het om die eiser op
aanklagte van meineed en regsverydeling te vervolg.
Alhoewel hy op
‘n stadium in kruisverhoor ten aansien van een van die
aanklagte sy getuienis probeer aanpas het om te
kenne te gee dat hy
nie met Namisa se formulering saamstem nie, was sy uiteindelike
getuienis eenvoudig dat hy eerder in retrospek
besef het dat hulle
nooit die beweringe in daardie aanklagte sou kon bewys het met die
inligting wat tot hulle beskikking was.
Die feit is in elk
geval dat die vervolgingsgesag as ‘n geheel, dit wil sê
vanaf Tshweu en Mashuga wat die besluit
geneem het om die eiser te
vervolg tot by Namisa wat die aanklagte geformuleer het en die
vervolging behartig het, uiteindelik
die eiser vervolg het op die
aanklagte met sulke beweringe. Nie een van Tshweu of Namisa kon in
elk geval aantoon op watter
ander basis die inligting in die
dossiere ‘n aanklag van veral regsverydeling sou kon bewys het
nie.
Wat betref die aanklag
van meineed, en die opmerkings in Mogalie se verklaring, volstaan
ek dus daarmee dat die eiser se verklaring
nooit voorgegee het te
slaan op die gebeure van 11 Julie 1998 nie, dat die eiser se
onbetwiste getuienis was dat hy die gesprek
van 9 Julie in sy
sakboek opgeteken het en dat offisiere nie so-iets in ‘n
voorvalleboek aanteken nie, dat Mokgabi inderdaad
die vanne “
Visser
”
en “
Visagie
”
verwar het in sy eerste verklaring, dat dit op die getuienis
duidelik was dat die eiser die briewe aan die Wolmaransstad
Polisiestasie bloot as stasiebevelvoerder onderteken het, dat daar
geen rede was hoekom die eiser die name van Mokgabi se medewerkers
sou moes gehoor of onthou het nie, dat die eiser se onbetwiste
getuienis was dat Montshiwa hom gevra het om die
waarskuwingsverklaring
te neem en Montshiwa nie teenwoordig hoef te
gewees het nie en dat daar geen getuienis hoegenaamd in die dossiere
was dat die
eiser die oorspronklike Mokgabi dossier vir twee maande
by hom gehou het of veroorsaak het dat dit nie by Brace uitgekom het
nie.
Wat betref die
verklarings van Hawkins en Mafa in die Segame geval volstaan ek
daarmee dat die getuienis was dat die dossier nie
ondersoek sou word
voordat die jurisdiksie uitgeklaar is nie, en natuurlik ook nie
nadat die aanklaer dit deur ‘n beslissing
vir alle praktiese
doeleindes afgehandel het nie. Natuurlik sou Hawkins nie met Le Roux
kon praat nie, want hy was op geen stadium
in werklikheid belas met
die ondersoek nie. Sy naam is bloot vir doeleindes van rekenaar
registrasie so aangebring as dié
van ondersoekbeampte. Die
eiser se opdrag dat die dossier geregistreer word as ‘n geval
van aanranding gewoon, was bloot
deel van die uitvoering van Le Roux
se opdrag. Dat Le Roux se opdrag nie vir Visser junior ingesluit het
nie, het niks met die
eiser te doen nie. Die eiser se verduideliking
vir die feit dat Visser senior se vingerafdrukke nie geneem is nie
is reeds in
die ondersoekdagboek aangeteken. Daar was geen inligting
in die dossiere dat die eiser persoonlik aan Segame terugvoer sou
moes
gee nie en sy aantekening in die ondersoekdagboek het ook nie
noodwendig impliseer dat hy dit persoonlik gedoen het of sou doen
nie. Dit was dan ook die eiser se getuienis dat so ‘n
kennisgewing kom in die vorm van ‘n rekenaaruitdruk en dat
die
ondersoekbeampte dit dan uitstuur. Sy getuienis was dat dit hier
Hawkins se plig sou gewees het om dit uit te stuur en dat
hy onthou
dat Hawkins so ‘n kennisgewing gedruk het, maar nie weet of
dit toe gestuur is nie. Die getuienis was dat die
eiser ook as
stasiebevelvoerder behulpsaam was met take van sy ondergeskiktes en
sy persoonlike handelinge in hierdie gevalle
kan so verklaar word.
Rakende die polisie se
memorandum volstaan ek daarmee dat dit nie korrek is dat die eiser
die Segame dossier ondersoek het nie.
Voordat dit ondersoek is, het
Le Roux dit deur haar beslissing as’t ware gesluit. Die
inligting wat Hawkins op die stelsel
geregistreer het in opdrag van
die eiser was ‘n gevolg van daardie beslissing en Hawkins se
registrasie as ondersoekbeampte
bloot ‘n formaliteit.
Wat
dus oorweeg moet word, is die vraag of Tshweu, Mashuga en Namisa ‘n
eerlike geloof kon gehad het, op redelike gronde
en met die
uitoefening van “
ordinary
care and prudence
”
33
,
dat die beweringe in die twee aanklagte geregverdig was en dat daar
‘n redelike vooruitsig was dat die beweringe bewys
sou kon
word.
Wat
betref die meineed aanklag is die vraag of, selfs al sou aanvaar
word dat hulle subjektief geglo het dat bewys sou kon word
dat die
eiser se verklaring behoorlik beëdig, bevestig of geattesteerd
was, daardie geloof objektief redelik was en gegrond
was op die
standaard van sorg wat verwag kon word van advokate en aanklaers in
diens van die tweede verweerder in die neem van
beslissings (om te
vervolg) en in die hantering van vervolgings.
Dit
kan geargumenteer word dat die afwesigheid van skrappings in die
“
beëdiging
”-stempel
gedui het op navrae “
which
cried out to be made
”
34
,
naamlik die verkryging van ‘n verklaring van Selebedi om te
bevestig dat een van dié drie metodes gevolg is en,
indien
wel, watter een. So gesien, sou die subjektiewe geloof dat
behoorlike beëdiging, bevestiging of attestering bewys
kon
word, nie gebaseer gewees het op redelike gronde, en op die
uitoefening van die mate van sorg en versigtigheid wat verwag
kon
word van persone in die posisies van Tshweu, Mashuga en Namisa nie.
In
paragraaf 4
35
van die tweede verweerder se eie vervolgingsbeleid
36
is ondermeer die volgende pligte voorgeskryf wat ‘n aanklaer
wat ‘n dossier ontvang moet nakom:
“
The case
needs to be studied to make sure that it is properly investigated.
The prosecutor
should consider whether to –
•
request the
police to investigate the case further;
...............
“
Dit is duidelik dat
die beamptes van die tweede verweerder met betrekking tot die vraag
of die eiser se verklaring behoorlik beëdig,
bevestig of
geattesteerd was, nie hierdie benadering gevolg het nie.
Die
afwesigheid van “
reasonable
and probable cause
”
is nog duideliker wanneer dit kom by die ander element van die
misdaad van meineed, naamlik dat die inhoud van die verklaring
vals
moet wees. Ten tye van die neem van die besluit om die eiser op
hierdie aanklag te vervolg, met die formulering van hierdie
aanklag
deur Namisa en tot en met die afhandeling van die strafsaak, was
daar geen verklaring van Mokgabi tot die effek dat die
inhoud van
die eiser se verklaring vals was nie. Mokgabi was dan juis volgens
die eiser se verklaring een van die persone met
wie hy op 9 Julie
1998 gepraat het. Dit was net na Mokgabi wat die eiser in sy
verklaring by name verwys het en Mokgabi sou
dus ooglopend die
persoon gewees het wat sou kon gesê het of die beweringe in
die aanklag van meineed, vir soverre vervat
in die eiser se
verklaring
37
,
vals was.
Hierdie was dus
eweneens ‘n navraag wat geroep het om aangespreek te word deur
die DOV voordat besluit kon word of meineed
gepleeg is. Die getuies
vir beide die verweerders het egter telkens, wanneer hulle met
hierdie ooglopende versuim gekonfronteer
is, teruggeval op die
houding dat die inhoud van die eiser se verklaring strydig en
onversoenbaar was met dié van Mokgabi
se verklarings (waarna
ek reeds verwys het) en dat die eiser se verklaring daarom vals was.
Dit is onnodig om te beslis of dit
so is. Die fundamentele denkfout
met hierdie benadering is natuurlik dat, sou die twee persone se
verklarings wel strydig en
onversoenbaar gewees het, daar vasgestel
sou moes word watter weergawe die valse een is. As ‘n basiese
vertrekpunt sou
daar vir hierdie doeleindes ‘n verklaring
bekom moes word om vas te stel wat Mokgabi van die eiser se weergawe
gesê
het. Die versuim om so ‘n verklaring van Mokgabi
aan te vra en dit te oorweeg voordat besluit is of die eiser hom
skuldig
gemaak het aan meineed, kom na my oordeel duidelik neer op
‘n versuim om die mees elementêre sorg en versigtigheid
aan die dag te lê, en natuurlik om die voorskrifte na te kom,
en bloot op hierdie basis al is ek tevrede dat daar ook wat
die
element van valsheid betref nie “
reasonable
and probable cause
”
was nie.
Die getuies wat hulle
beroep het op die sogenaamde strydigheid van die eiser se verklaring
met Mokgabi se verklarings moes in
elk geval telkens in kruisverhoor
toegee dat, wat betref die bepaalde aspekte beweer in die meineed
aanklag, die verskille glad
nie so duidelik was nie. Dié
toegewings was hulle genoop om te maak omdat die eiser se verklaring
verwys het na en gehandel
het met ‘n gesprek met Mokgabi en
andere op 9 Julie 1998, terwyl volgens Mokgabi se verklarings die
aanranding op hom en
sy kollegas eers op 11 Julie 1998 plaasgevind
het. Tshweu was dan ook uiteindelik genoodsaak om toe te gee dat ‘n
verklaring
van Mokgabi ten aansien van die eiser se verklaring van
wesenlike belang was.
Die afwesigheid van
“reasonable and
probable caus
e“ aan
die kant van die beamptes van die tweede verweerder is die heel
duidelikste wanneer dit kom by die aanklag van regsverydeling
wat
die eiser ten laste gelê is.
Daar was net een
manier waarop bewys sou kon word dat die mediese verslag in die
Segame aangeleentheid van Le Roux weerhou is
en dat die eiser haar
mislei het, en dit was deur die getuienis van Le Roux, en dus moes
‘n verklaring van haar bekom gewees
het. Dit is nie gedoen
voor hierdie besluit geneem is nie, en ook nie voordat hierdie
aanklag geformuleer is en die eiser daarop
gepleit het nie.
Daar is geen ander
getuienis of inligting in enige van die Segame dossiere wat sou kon
gedien het as ‘n redelike grondslag
vir enige denkbare
subjektiewe geloof dat die eiser die mediese verslag van Le Roux
weerhou het of haar mislei het met betrekking
tot Segame se
beserings nie. Inteendeel, die oorspronklike Segame dossier wat aan
Le Roux voorgelê is, het dit uiters
onwaarskynlik gemaak dat
sy onbewus kon gewees het van die teenwoordigheid van ‘n
mediese verslag daarin. Daar was op
die dekblad en in die
ondersoekdagboek van daardie dossier duidelike verwysings daarna, en
na die feit dat dit veronderstel was
om in die dossier geliasseer te
wees.
Dit is totaal
ondenkbaar dat enige van Tshweu, Mashuga of Namisa op die inhoud van
die Segame dossiere die subjektiewe geloof
kon gehad het dat die
eiser die mediese verslag van Le Roux weerhou het of dat hy haar
mislei het om te glo dat die beserings
van Segame nie so ernstig was
dat ‘n skulderkenningsboete nie vasgestel kon word nie.
Inteendeel, Namisa moes uiteindelik
toegee dat Le Roux op alle
aanduidings uit die betrokke dossier wel die mediese verslag tot
haar beskikking gehad het. Dit is
dus op ‘n oorwig van
waarskynlikhede duidelik dat daar nie “
reasonable
and probable cause
”
bestaan het om die eiser op die basis van hierdie bewerings te
vervolg nie.
Namisa het in
kruisverhoor gepoog om die insluiting van hierdie bewerings as basis
vir die aanklag van regsverydeling te verduidelik
deur te beweer dat
hy hulle so geformuleer het en dat Le Roux, in ‘n
daaropvolgende gesprek tussen hulle, die betrokke
beweringe toe
bevestig het as korrek. Hierdie getuienis is so onwaarskynlik dat
ek geen huiwering het om dit te verwerp nie.
Daar is geen manier
hoe Namisa op die inligting tot sy beskikking hierdie beweringe as’t
ware sou kon geraai het nie,
en dit is heeltemal onwaarskynlik dat
sulke blatant ongefundeerde beweringe daarna heel toevallig deur Le
Roux bevestig sou gewees
het. Indien dit so maklik was om net met
Le Roux hieroor ‘n gesprek te gehad het soos wat Namisa
beweer, sou ‘n
mens verwag het dat hy met haar sou gepraat het
voordat hy besluit het watter beweringe om in hierdie aanklag te
vervat.
Inteendeel, ‘n
mens sou verwag het dat Namisa in sodanige geval eers die
formulering van die betrokke aanklag met die DOV
sou opgeneem het,
in die lig daarvan dat sulke inligting nie in die dossiere voorgekom
het nie en dit vir hom dan duidelik sou
moes gewees het dat die DOV
nie oor die betrokke inligting wat hy volgens hom so by Le Roux
bekom het, beskik het nie.
Die onwaarskynlikheid
van hierdie getuienis van Namisa word verder beklemtoon deur die
feit dat toe daar uiteindelik eers op die
laaste dag van die eiser
se strafregtelike verhoor en nadat die eiser dus reeds op hierdie
aanklag met hierdie beweringe gepleit
het, met Le Roux gekonsulteer
is en ‘n verklaring van haar geneem is, haar mededelings en
haar verklaring nie dié
beweringe bevat het nie.
Inteendeel, haar
weergawe het toe gemiliteer teen die beweringe vervat in die aanklag
van regsverydeling. Volgens haar verklaring
was sake wat na haar
gebring is vir beslissing “
gewoonlik
net die sake wat nie deur die onderskeie bevelvoerders
geïdentifiseer was as moontlik EVS of Nolle sake nie
”.
Die bewering dat die eiser, wat inderdaad so ‘n bevelvoerder
was, die Segame saak aan Le Roux geïdentifiseer
het as een waar
sy maar ‘n skulderkenningsboete kon vasstel, is hiermee
onversoenbaar. Volgens Le Roux se weergawe sou
die eiser, indien hy
van oordeel was dat die Segame geval ‘n gepaste een was vir
die vasstelling van ‘n skulderkenningsboete
(op aanranding
gewoon), nie die dossier na haar gebring het vir beslissing nie. Die
getuienis was dan ook dat die eiser, in sy
hoedanigheid as ‘n
offisier, self so ‘n boete sou kon vasgestel het. Hoekom sou
hy dan verkies het om eerder vir
Le Roux te gaan mislei om dit te
bewerkstellig?
Wat betref die verwyt
dat die eiser nie vir Le Roux gaan konfronteer het met haar besluit
om die aanklag te verander na aanranding
gewoon nie, op die argument
dat dit uit die mediese verslag vir die eiser duidelik moes gewees
het dat die aanranding op Segame
gepleeg moes gewees het met die
opset om hom ernstig te beseer, het dit egter in getuienis na vore
gekom dat beide Tshweu en
Namisa nie in staat was om die inhoud van
die mediese verslag te lees of te verstaan nie, en die inhoud
daarvan kon dus nie gedien
het as die basis vir ‘n verwyt soos
hierdie of vir ‘n besluit om die eiser op ‘n aanklag van
regsverydeling
te vervolg nie.
Dit moet ook in
gedagte gehou word dat hierdie besluit van Le Roux geneem is in ‘n
tyd toe dit juis haar taak en dié
van beamptes soos die eiser
was om die agterstand met die afhandeling van sake aan te spreek,
ondermeer deur die vasstelling
van skulderkenningsboetes.
In elk geval was die
versuim om Le Roux oor haar beslissing te konfronteer nie ‘n
bewering wat die eiser uiteindelik ten
laste gelê is nie.
Inteendeel, dit is onversoenbaar met die bewering wat hy wel ten
laste gelê is, naamlik dat hy
met die opset om die reg te
verydel juis aan haar voorgegee het dat sy maar ‘n boete kon
vasstel. As hierdie bewering waar
was, sou die eiser beslis nie vir
Le Roux oor haar besluit gaan konfronteer het nie. Dat hy nie het
nie, regverdig egter nie
die afleiding dat hy haar mislei het nie.
Daar is geen
aanduiding dat enige van die ander bewerings in die verklaring van
Hawkins en Mafa in die Segame aangeleentheid ooit
die basis gevorm
het vir die vervolging van die eiser op die aanklag van
regsverydeling soos wat dit uiteindelik daaruitgesien
het nie. Dit
is dus onnodig om te bespiegel daaroor of dit dalk ‘n aanklag
van regsverydeling op die een of ander basis
sou kon regverdig het.
ANIMUS
INIURANDI
Beide Tshweu en Namisa
het toegegee dat hulle besef het dat ‘n ongefundeerde
vervolging van die eiser hom sou benadeel,
sy
dignitas
nadelig sou raak en hom regskoste sou laat aangaan. Wat dus oorbly
om te oorweeg, is of hulle ook ‘n bewustheid gehad het
van die
onregmatigheid van hulle optrede, met ander woorde ‘n
bewustheid dat daar geen “
reasonable
and probable cause
”
bestaan het vir die strafregtelike vervolging van die eiser nie.
Ek meen dat, net soos
in die
Moleko
saak, die versuim om ooglopend noodsaaklike navrae te rig en
inligting te bekom waarop ek reeds hierbo gewys het, geen ander
afleiding kan regverdig nie as dat Tshweu, Mashuga en Namisa op die
minste inderdaad besef het dat die strafregtelike vervolging
van die
eiser op die betrokke twee aanklagte sonder “
reasonable
and probable cause
”,
en dus onregmatig, kon wees. Hulle het roekeloos en ongeag sodanige
besef daarmee voortgegaan.
Hierdie afleiding is
veral geregverdig in die geval van die aanklag van regsverydeling
waar, soos ek reeds hierbo bevind het,
geeneen van hulle eers die
subjektiewe geloof kon gehad het dat die vervolging op dié
aanklag en op die betrokke beweringe
kon slaag nie.
Mnr
Khokho, die advokaat vir die tweede verweerder, het met ‘n
beroep op die bepalings van artikel 42 van die
Wet
op die Nasionale Vervolgingsgesag
38
en
die volgende passasie uit die beslissing van
Mahlangu
and Another v Minister of Safety and Security and Others
39
aan die hand gedoen dat, wanneer dit kom by die oorweging van
hierdie vereiste, daar vir die eiser ten aansien van die tweede
verweerder ‘n ander en strenger toets moet geld as by die
eerste verweerder, en dat daar in sulke gevalle, bykomstig tot
die
normale vereistes vir ‘n eis van kwaadwillige vervolging, ook
die volgende oorweeg moet word:
“
(i) the
independence, good faith and impartiality of the prosecutorial
authority is strongly presumed and not easily dislodged;
(ii) the absence of
probable and reasonable cause and malice in any prosecution, are not
to be easily inferred on the part of prosecutors
and/or the NDPP;
(iii) negligence
in any form, even gross, on the part of the prosecutor is not
sufficient to found liability
”
40
.
Dit is natuurlik nie
korrek om te sê dat die oorweging dat enige vorm van
nalatigheid onvoldoende sal wees, ‘n bykomstige
oorweging is
nie. Dit is reeds in die
Moleko
saak bevestig dat dit die
geval is wat betref die vereiste van
animus iniurandi
. Dit
egter net terloops.
Artikel 42 van die
laasgemelde Wet lees soos volg:
“
Geen persoon
is aanspreeklik ten opsigte van enigiets wat te goeder trou kragtens
hierdie Wet gedoen is nie
”.
Makgoka
R het nie in die
Mahlangu
saak tot ‘n slotsom gekom oor hoe die bepalings van artikel 42
geinterpreteer te word nie. Daar is volstaan met die bevinding
dat
die bykomstige faktore waarna reeds hierbo in paragraaf [115]
41
verwys is, as gegewes beskou moes word wanneer besin word oor die
interpretasie van die betrokke bepalings. In hierdie verband
het
Makgoka R verder in paragraaf [31] bevind dat aanklaers immuniteit
behoort te geniet vir verkeerde besluite wat eerlik geneem
is.
Ek
kon geen ander beslissing vind waar die bepalings van artikel 42 van
die betrokke Wet al oorweeg is nie. Al wat ek kon vind,
was
beslissings waarin die begrip goeie trou of “
good
faith
”
in ander kontekse oorweeg is
42
.
Dit is ook nie oorweeg in die
Moleko
saak, waarin die vervolgingsgesag ook ‘n verweerder was, nie.
Ek is van oordeel dat
die begrip “
te
goeder trou
”
noodwendig ‘n subjektiewe element moet hê. Die
gesindheid en bedoeling waarmee die handeling begaan is, moet
noodwendig van belang wees by beoordeling van die vraag of die
betrokke aanklaer te goeder trou opgetree het.
Hier dink ek in die
eerste plek aan dieselfde subjektiewe geloof wat ter sprake is by
beoordeling van die vraag of daar “
reasonable
and probable cause
”
was vir ‘n vervolging. Ek meen dat dit net logies is om te
verwag dat ‘n aanklaer wat aanspraak maak daarop
dat te goeder
trou opgetree is, minstens darem hierdie subjektiewe geloof moes
gehad het.
Ek dink ook nie daar
kan sprake wees van goeie trou waar
animus
iniurandi
teenwoordig
was nie, met ander woorde waar die aanklaer:
bedoel het om deur
die optrede die persoon in sy
dignitas
en geldelik te
benadeel of voorsien het dat die optrede so ‘n gevolg kon hê;
en
besef het of voorsien
het dat die optrede onregmatig was deurdat daar nie “
reasonable
and probable cause
”
vir die optrede was nie.
By beoordeling van
watter afleiding op die waarskynlikhede gemaak kan word ten aansien
van ‘n aanklaer se gesindheid en
die vraag of daar
animus
iniurandi
by die aanklaer teenwoordig was, moet daar na my
oordeel ook maar gekyk word na die inligting wat tot die aanklaer se
beskikking
was en wat die aanklaer kon bekom het deur die
uitoefening van redelike sorg en versigtigheid, soos wat die Hoogste
Hof van Appél
ook in die
Moleko
saak gedoen het. In
hierdie verband, en objektief gesproke, sal ook in gedagte gehou
word dit wat volgens die tweede verweerder
se eie voorskrifte van
aanklaers verwag word by die instel en voer van vervolgings en
waarna ek reeds hierbo verwys het.
So
gesien, sal die “
te
goeder trou
”
of “
good
faith
”
toets niks meer of minder behels nie as die toets wat die Hoogste
Hof van Appél maar in elk geval net weer in die
Moleko
saak bevestig het. Daardie toets is al lank voor die
Wet
op die Nasionale Vervolgingsgesag
deur ons howe geformuleer en toegepas
43
en dit kan aanvaar word dat die wetgewer met die promulgering van
hierdie Wet in 1998 bewus sou gewees het daarvan
44
.
Ek
moet respekvol verskil van Makgoka R se beslissing in die
Mahlangu
saak dat die interpretasie van artikel 42 van die betrokke Wet
benader moet word op die basis dat daar ‘n sterk vermoede
van
goeie trou aan die kant van die aanklaer is wat nie maklik weerlê
sal word nie. Daar is in die bepalings van artikel
42 geen
aanduiding hoegenaamd van so ‘n vermoede nie en daar bestaan
geen onduidelikheid of dubbelsinnigheid wat deur die
inlees van die
vereiste van so ‘n vermoede aangespreek moet word nie. In
hierdie verband moet ook in gedagte gehou word
dat wetgewing wat
bedoel is om toegang tot die howe te beperk, soos hier waar
immuniteit geskep word, streng en beperk uitgelê
behoort te
word
45
.
Ek vind dit dus onnodig om te oorweeg of so ‘n vermoede nie ‘n
ongrondwetlike inbreukmaking op persone se reg van
toegang tot howe
en van ‘n regverdige verhoor sou uitgemaak het nie.
Ek
sien ook geen rede waarom die benadering gevolg moet word dat ‘n
afwesigheid van “
probable
and reasonable cause
”
en die teenwoordigheid van “
malice
”
nie maklik afgelei sal word nie. Daar is na my oordeel geen
noodsaak of regverdiging vir so ‘n onderskeiding wanneer
dit
kom by die vervolgingsgesag nie. Dit moet in gedagte gehou word dat,
alhoewel lede van die vervolgingsgesag (anders as lede
van die
publiek wat vervolgings inisieer) sulke besluite neem in die
uitvoering van hulle openbare pligte en in die openbare
belang
46
,
hulle (eweneens anders as lede van die publiek wat vervolgings
inisieer) hierin die bystand het van die Suid-Afrikaanse
Polisiediens
en boonop regsgeleerdes is.
Selfs
op die benadering voorgehou in die
Mahlangu
saak sou ek egter tevrede gewees het dat daar in hierdie geval aan
die kant van die tweede verweerder ‘n afwesigheid van
“
reasonable
and probable cause
”
was en ‘n aanwesigheid van
animus
iniurandi
.
Die getuienis wat hier beskikbaar was, was so ooglopend en klaaglik
ontoereikend, en die versuim om dit aan te spreek deur navrae
so
blatant, dat ek tevrede is dat geen ander afleidings op die
getuienis en die waarskynlikhede geregverdig sou wees nie.
DIE ARRESTASIE
Die
vertrekpunt hier is natuurlik dat die party wat verantwoordelik was
vir die arrestasie die bewyslas dra om aan te toon dat
dit regmatig
was
47
.
Hier
is dit die eiser se saak dat beide die verweerders aanspreeklik is
vir die feit dat die eiser gearresteer is. Die eerste
verweerder se
aandeel in die arrestasie sou geleë wees daarin dat Mogalie die
aanklaer, mnr Bakamela, genader het om aansoek
te doen
48
om ‘n lasbrief vir die arrestasie en dat Perumal en Mogalie
toe op sterkte van daardie lasbrief die eiser gearresteer het
en
aangehou het totdat hy op borg vrygelaat is.
Die
tweede verweerder se aandeel sou geleë wees in die instel van
die vervolging en in die aansoek wat gedoen is om ‘n
lasbrief,
in welke aansoek
49
Bakamela verklaar het dat hy “
op
grond van inligting onder eed redelike gronde
(gehad het)
vir verdenking teen die
(eiser)
dat hy op 16 Augustus 1999 die misdryf van regsverydeling gepleeg
het
”.
Wat betref die
bewering dat die aansoek om die lasbrief onregmatig en kwaadwillig
was, is daar nie in die besonderhede van vordering
so ver gegaan as
om uitdruklik te beweer dat die lasbrief daarom ongeldig was, en dat
die arrestasie op sterkte daarvan om daardie
rede onregmatig was,
nie.
Die
bewyslas om aan te toon dat die jurisdiksionele vereistes bestaan
het vir ‘n arrestasie, rus op hulle wat verantwoordelik
was
vir die arrestasie
50
.
Waar ‘n aanval egter gerig word op die geldigheid van ‘n
lasbrief wat deur ‘n landdros uitgereik is, sou
die bewyslas
rus op die party wat beweer dat die lasbrief inderdaad ongeldig is
51
.
Hier
gaan die eiser egter veel verder as om, byvoorbeeld, aan te voer dat
die lasbrief ongeldig is op die basis dat een van die
jurisdiksionele vereistes gestel in artikel 43 van die
Strafproseswet ontbreek het. Die eiser se aanval is nie gerig teen
die uitreiking nie, maar eerder teen die aansoek om die lasbrief.
Die eiser sê die aansoek is onregmatiglik en kwaadwilliglik
gedoen deur die tweede verweerder op versoek van die eerste
verweerder.
Die
vraag is dus nie soseer of die lasbrief uiteindelik formeel geldig
was nie. Inteendeel, hier het die jurisdiksionele vereistes
wat die
landdros moes oorweeg op die oog af wel bestaan toe die lasbrief
uitgereik is. Daar was:
‘
n skriftelike
aansoek;
deur ‘n
staatsaanklaer;
waarin verklaar is
watter misdryf na bewering gepleeg is en dat dit binne die betrokke
landdrosdistrik gepleeg is; en
waarin verklaar is
dat daar op grond van inligting onder eed ‘n redelike
verdenking was dat die verdagte die misdryf gepleeg
het.
Sover dit die tweede
verweerder betref, en vir sover die eiser se aanval wel gemik sou
gewees het op die geldigheid van die lasbrief,
sou die eiser dus
moes bewys dat daar ‘n substantiewe defek in die lasbrief was
deurdat die aanklaer nie die inligting
gehad het wat hy in die
aansoek voorgegee het nie. Dit is wel die eiser se saak dat die
aanklaer nie oor daardie inligting beskik
het nie - op die basis dat
die dossiere nie inligting tot dié effek bevat het nie, maar
dit is voorgehou as aanduidend
van die kwaadwillige verkryging van
die lasbrief, eerder as die basis vir ‘n argument dat die
lasbrief ongeldig en die
gevolglike arrestasie dus onregmatig was.
Wanneer
dit kom by die eerste verweerder se rol in die verkryging van die
lasbrief, was dieselfde polisiebeamptes wat verantwoordelik
was vir
die aansoek om die lasbrief in elk geval ook verantwoordelik vir die
arrestasie van die eiser. Sou hulle bydrae in die
verkryging van
die lasbrief onregmatig en/of kwaadwillig gewees het, sou die eerste
verweerder na my oordeel nie die lasbrief
kon voorgehou het as ‘n
verweer nie; en beslis ook nie Perumal of Mogalie in hulle
persoonlike hoedanighede (sou hulle
so aangespreek gewees het) nie
52
.
Dit
is belangrik om te let op die verskil tussen onregmatige arrestasie
en kwaadwillige arrestasie. Dit is twee heeltemal verskillende
skuldoorsake
53
.
Kwaadwillige arrestasie is nie maar bloot ‘n ernstiger
verskyningsvorm van onregmatige arrestasie nie. Onregmatige
arrestasie
dien as skuldoorsaak teen die persoon wat die arrestasie
uitvoer en op die grondslag van middellike aanspreeklikheid teen
daardie
persoon se werkgewer. Kwaadwillige arrestasie is die
skuldoorsaak wat moet bestaan om aanspreeklikheid te plaas op iemand
wat
nie daadwerklik en fisies betrokke was by die arrestasie nie en
waar “
the
interposition of a judicial act between the act of the defendant and
apprehension of the plaintiff, makes the restraint on
the
plaintiff’s freedom no longer the act of the defendant but the
act of the law
”
54
.
Omdat
“
The
arrest itself is prima facie such an odious interference with the
liberty of the citizen
”,
word
animus
iniurandi
aan die kant van die daadwerklike arresteerder vermoed, maar nie in
die geval van ‘n verweerder wat ‘n stap verwyder
is van
die daadwerklike arrestasie nie
55
.
Dit
is dan ook waarom die vereistes vir die twee skuldoorsake verskil.
In die geval van die arresteerder en die skuldoorsaak van
onregmatige arrestasie word, sodra die arrestasie bewys is, vermoed
dat dit
animo
iniurandi
geskied het en sal die arresteerder moet bewys dat die arrestasie
regmatig was
56
.
In
die geval van die persoon wat ‘n regsstap van die arrestasie
verwyder was, moet veel verder gegaan word om aanspreeklikheid
te
vestig. In so ‘n geval word
animus
iniurandi
nie vermoed nie en moet dit, tesame met ‘n afwesigheid van
“
reasonable
and probable cause
”
vir dié persoon se optrede, bewys word om kwaadwilligheid aan
te toon
57
.
Gevolglik
het die bewyslas hier op die eiser gerus wanneer dit gaan om die
vraag of die tweede verweerder aanspreeklik is vir
enige skade gely
weens die eiser se arrestasie, hetsy op die basis van ‘n
kwaadwillige stap
58
wat gely het tot die arrestasie of op die basis dat die lasbrief
ongeldig was weens foutiewe inligting wat in die aansoek daarvoor
deur die aanklaer aan die landdros voorgehou is.
Ook
vir sover die eiser die eerste verweerder vir hierdie skade
aanspreeklik sou wou hou op die grondslag van kwaadwilligheid
in ‘n
stap
59
wat deur die landdros se besluit om die lasbrief uit te reik
verwyder was van die uiteindelike arrestasie, sou die bewyslas op
die eiser gerus het om op ‘n oorwig van waarskynlikhede te
bewys dat daar geen redelike gronde bestaan het vir die polisie
se
rol in die aansoek om die lasbrief nie en dat daar by die betrokke
beampte/s daarin
animus
iniurandi
was.
DIE
LASBRIEF
Die
tweede verweerder en sy werknemers was nie betrokke by die
daadwerklike arrestasie van die eiser nie. ‘n Judisiële
stap, naamlik die uitreiking van die lasbrief deur die landdros,
skei hulle daarvan. Hulle sal dus slegs aanspreeklik kan wees
vir
skade deur die eiser gely as gevolg van sy arrestasie indien die
eiser bewys het dat daar nie “
reasonable
and probable cause
”
was vir hulle optrede nie en dat die vereiste
animus
iniurandi
teenwoordig was
60
,
in die vorm van nie net die opset om die betrokke stap/pe te neem
nie, maar ook ‘n bedoeling of besef dat dit sonder “
reasonable
and probable cause
”
was of kon wees.
Wat betref die instel
van die vervolging, het ek reeds bevind dat daar geen redelike
gronde voor was nie en dat die tweede verweerder
se werknemers
minstens voorsien het dat daardie vervolging kon lei tot ‘n
aantasting van die eiser se
dignitas
en hom vermoënskade
kon berokken.
Dit
is egter na my oordeel heeltemal ‘n ander vraag of op die
getuienis bevind kan word dat die tweede verweerder se werknemers,
en meer spesifiek dan Tshweu en Mashuga wat die besluit geneem het
dat die eiser strafregtelik vervolg moes word, met die neem
van dié
besluit bedoel of voorsien het dat die eiser as ‘n gevolg
daarvan gearresteer kon word. Ek meen dat die
antwoord hierop
ontkennend moet wees. Inteendeel, Tshweu was verbaas om tydens die
telefoonoproep van Bakamela te verneem dat
die eiser gearresteer is.
Van die ander polisiebeamptes wat vervolg is na aanleiding van die
taakspan se ondersoek, is dan ook
bloot gedagvaar. Die misdryf wat
later in die aansoekvorm vir die lasbrief vervat is, was nie eers
een van dié waarop
die DOV besluit het die eiser vervolg moes
word nie.
Die
enigste optrede van die kant van die tweede verweerder wat dan
oorsaaklik verbind kan word met die arrestasie is die aanklaer
Bakamela se rol in die verkryging van die lasbrief. Die getuienis
van Bakamela is nie aangebied nie, en van die kant van die
tweede
verweerder is geen ander getuienis aangebied met betrekking tot die
aansoek om die lasbrief nie.
Die
enigste getuienis wat daar aangebied is met betrekking tot die
proses van die aansoek om die lasbrief van die kant van enige
van
die verweerders was die getuienis van Perumal en Mogalie namens die
eerste verweerder.
Mogalie
se getuienis was dat hy en Perumal eers na die polisiestasie te
Barkly-Wes is waar hy ‘n verklaring afgelê
het (“
die
lasbrief verklaring
”)
wat sou dien as basis vir die aanklaer se aansoek om die lasbrief,
en dat hy daar by die polisiestasie ook die aansoekvorm
61
vir die lasbrief in sy eie handskrif voltooi het.
Hy
het opsetlik in die betrokke vorm, by die inskryf van die eiser se
naam en van, die feit dat die eiser ‘n polisie-offisier
was,
verswyg. As rede hiervoor het hy eers aangevoer dat dit irrelevante
inligting sou gewees het, en later dat hy bang was
dat die landdros,
wat volgens hom die eiser geken het, die aansoek om die lasbrief
sou weier. Die erkenning dat hy hierdie
feit opsetlik verswyg het,
het eers gekom nadat hy herhaaldelik die vraag probeer ontwyk het.
Volgens Mogalie het
Perumal die lasbrief verklaring beëdig.
Perumal en Mogalie is
na die landdroskantoor te Barkly-Wes. Daar het Perumal in die
voertuig bly sit en is Mogalie alleen na
Bakamela. Volgens Mogalie
is die lasbrief verklaring aan Bakamela voorgehou en was dit op
sterkte daarvan dat Bakamela aansoek
gedoen het om die lasbrief.
Mogalie se getuienis was verder dat hy wel alvier die dossiere ook
by hom gehad het, maar dat hy
nie geweet het of Bakamela in enige
van hulle insae geneem het nie.
Volgens
Mogalie het hy in die lasbrief verklaring gesê dat die eiser
‘n verdagte was op twee aanklagte van regsverydeling.
Volgens
hom sou hy daarin verklaar het dat die eiser ‘n vals
verklaring afgelê het tot die effek dat hy die klaers
62
gesien het en geld aan hulle betaal het, terwyl volgens Mogalie die
eiser hulle nooit gesien het nie. Mogalie se aanvanklike
weergawe in
kruisverhoor namens die eiser was dat hy dié stelling in die
lasbrief verklaring, en ook die aantekening op
die lasbriefvorm dat
daar inligting onder eed was dat die eiser op 16 Augustus 1999
regsverydeling gepleeg het, gegrond het op
‘n verklaring van
Kaptein Lottering. Toe dit aan hom uitgewys is dat Lottering se
verklaring slaan op die Segame geval
en niks te doen het met die
verklaring wat die eiser gemaak het nie, het Mogalie sy weergawe
aangepas en beweer dat hy eintlik
die verklaring van Mafa in gedagte
gehad het.
Gekonfronteer daarmee
dat Mafa se enigste verklaring niks hoegenaamd te doen het met
enigiets wat die eiser op 16 Augustus 1999
sou gedoen het nie, val
Mogalie toe daarop terug dat hy wel die DOV se opdrag by hom gehad
het. Dié opdrag sou natuurlik
nie getuienis onder eed
daargestel het nie en het boonop nie gelui dat die eiser op twee
aanklagte van regsverydeling vervolg
moes word nie; beslis dan ook
nie een wat op 16 Augustus 1999 gepleeg sou gewees het nie.
Die
inhoud van die Mokgabi dossiere kon ook nie getuienis onder eed
daargestel het daarvan dat die eiser nie inderdaad op 9 Julie
1998
vir Mokgabi en sy kollegas gesien het en geld aan hulle betaal het
nie. Selfs al sou dit ook geargumenteer word dat dit
kon
63
,
en al sou ook bloot op dié basis aanvaar kon word dat die
eiser se weergawe van die gebeure van 9 Julie 1998 die vals
weergawe
van die twee was
64
,
sou die blote feit van die aflê van ‘n valse verklaring
nog nie opsigself getuienis kon gewees het van ‘n
opset om die
reg te verydel, of van die daadwerklike belemmering van die reg,
nie. Die betrokke aanklaer se verklaring is nooit
bekom met
betrekking tot waarom by dié geleentheid geweier is om te
vervolg nie. Die eiser se getuienis was dat hy die
verklaring gemaak
het omdat hy besef het dat die klaer Mokgabi dieselfde persoon was
wat twee dae voor die beweerde aanranding
van 11 Julie 1998 by hom
was oor geld wat sy werkgewer Visser hom geskuld het, hy opgemerk
het dat daar in Mokgabi se verklaring
verwarring was tussen die
vanne “
Visser
”
en “
Visagie
”
en hy besef het dat Visser die werkgewer moes wees waarna Mokgabi
bedoel het om te bewys. Nòg die polisie nòg
die DOV
het die moeite gedoen om op enige stadium voor die eiser se
arrestasie hom die geleentheid te bied om by wyse van ‘n
waarskuwingsverklaring die maak van die verklaring te verduidelik.
Volgens
Mogalie het hy ‘n afskrif van die lasbrief verklaring gehou en
toe die oorspronklike in een van die vier dossiere
geplaas. Hy het
egter nooit in daardie dossier se ondersoekdagboek aangeteken dat hy
so ‘n verklaring daarop geliasseer
het nie; iets wat
standaard praktyk is by die liassering van stukke in ‘n
dossier.
Hy
verklaar die afwesigheid van so ‘n verklaring in enige van die
dossiere deur te beweer dat hy dit op ‘n later stadium
uit die
betrokke dossier verwyder het en in ‘n spesiale ondersoeklêer
geplaas het. Ná afhandeling van die
strafsaak teen die eiser
is daardie lêer volgens Mogalie vernietig omdat dit inligting
met betrekking tot beriggewers bevat
het, en daarmee saam toe ook
sommer die beweerde lasbrief verklaring. Daar is geen bevredigende
verduideliking vir wat dan van
Mogalie se afskrif van die lasbrief
verklaring geword het nie.
Ek moet nou reeds
opmerk dat Mogalie ‘n uiters swak indruk as getuie gemaak het.
Sy getuienis in kruisverhoor namens die
eiser is gekenmerk deur
lang stiltes. Hy het by meerdere geleenthede vrae probeer ontwyk.
Mogalie se getuienis
oor die beweerde lasbrief verklaring is ook deur Perumal weerspreek.
Perumal het ontken dat hulle na die
Barkly-Wes Polisiestasie is
voordat hulle na die Landdroskantoor is en hy het ontken dat hy
enigiets van so ‘n verklaring
weet of dit beëdig het. Op
die waarskynlikhede bestaan daar dus ernstige twyfel of daar ooit so
‘n lasbrief verklaring
bestaan het en of so ‘n
verklaring ooit deur Mogalie voor Bakamela geplaas is.
Mogalie
se getuienis was soos reeds gemeld dat hy nie weet of Bakamela die
dossiere gelees het nie. Daar is ook geen ander getuienis
dat
Bakamela insae geneem het in enige van die dossiere nie. Selfs al
het hy ook, kon hy nie op grond van die inligting daarin
die mening
gevorm het dat die eiser deur die maak van die verklaring van 16
Augustus 1999 regsverydeling gepleeg het nie. Die
eiser se
getuienis oor die verklaring was tog duidelik, en desnieteenstaande
is Bakamela se getuienis nie aangebied om te verduidelik
watter
inligting onder eed hy dan tot hierdie effek gehad het nie.
In
die omstandighede en op die waarskynlikhede is daar net een
afleiding wat gemaak kan word, en dit is dat nòg Mogalie
nòg
Bakamela op 31 Mei 2007 insae gehad het in inligting onder eed dat
die eiser met die maak van die verklaring op 16
Augustus 1999
regsverydeling gepleeg het.
Dit
is egter heeltemal ‘n ander vraag of daar op die
waarskynlikhede gesê kan word dat Bakamela as ‘n feit
geweet het, of minstens voorsien het, dat daar nie sulke inligting
onder eed bestaan het nie. Ook hierop moet die antwoord na
my
oordeel ontkennend wees, veral waar daar geen getuienis is dat hy
insae geneem het in die dossiere nie. Om bloot op die voorstelling
65
van Mogalie te aanvaar het dat daar sulke inligting bestaan het, sou
grof nalatig van Bakamela gewees het. Ek kan egter nie op
die
getuienis en die waarskynlikhede bevind dat dit gedoen is met enige
vorm van
animus
iniurandi
nie.
Mogalie het inligting
oor die eiser se identiteit verswyg omdat hy besorg was dat dit sou
veroorsaak dat hy nie sy lasbrief kry
nie. Hy het op sy eie
weergawe besef dat hierdie inligting relevant sou wees by die
oorweging van die aansoek om ‘n lasbrief
en besluit om dit te
verswyg. Ek kan egter nie bevind dat die aanklaer ook aandadig was
aan die weerhouding van hierdie inligting
nie. Indien geen beëdigde
verklaring voor die aanklaer geplaas is nie en hy nie eers insae
geneem het in die dossiere nie,
is dit moontlik dat hy werklik nie
sou besef het dat die aansoek gaan oor die eiser, vir wie hy nog die
vorige dag in sy kantoor
gesien het, nie. Die feit dat Bakamela nie
geroep is om te getuig nie, kan nie die afleiding regverdig dat hy
ook aandadig was
aan die verswyging van die identiteit van die
verdagte teenoor die landdros indien so ‘n afleiding nie op
die beskikbare
getuienis geregverdig sou wees nie. Dit kan wees dat
Mogalie die aanklaer ook in die donker gehou het oor wie eintlik die
verdagte
was.
Opsommenderwys, wat
die lasbrief betref, meen ek dus dat die tweede verweerder se rol in
die verkryging daarvan sonder “
reasonable
and probable cause
”
was, maar dat daar nie op ‘n oorwig van waarskynlikhede bewys
is dat dit
animo
iniurandi
was nie.
Inteendeel, op die getuienis van Mogalie sou die DOV se opdrag heel
moontlik aan Bakamela openbaar gewees het. Daarin
is nie aangedui op
watter datum se gebeure die aanklag van regsverydeling moes slaan
nie. Die inhoud van die opdrag mag bygedra
het tot ‘n
subjektiewe geloof aan die kant van Bakamela dat daar wel inligting
onder eed was vir die bewys van regsverydeling
gepleeg op 16
Augustus 1999. Die tweede verweerder kan dus nie op die basis van
kwaadwillige arrestasie aanspreeklik gehou word
vir die eiser se
skade nie.
Ook wat die eerste
verweerder betref, is dit so dat Perumal en Mogalie op daardie
stadium sou geweet het dat die DOV besluit het
dat daar getuienis
onder eed was om die misdaad van regsverydeling te bewys. Die DOV se
opdrag het nie aangedui watter optrede
van die eiser die grondslag
vir daardie aanklag moes vorm nie. Perumal en Mogalie is nie
regsgeleerdes nie en ek dink nie daar
kan op die getuienis en onder
hierdie omstandighede op ‘n oorwig van waarskynlikhede bevind
word dat hulle nietemin besef
het dat die DOV se aanklag van
regsverydeling nie beoog was om op die verklaring van 16 Augustus
1999 te slaan nie. As so ‘n
besef ontbreek het, sou daar ook
nie ‘n besef kon gewees het dat die verkryging van die
lasbrief op daardie bewering onregmatig
kon wees nie en sou
animus
iniurandi
ontbreek het. Ook ten aansien van die eerste
verweerder kan ek dus nie bevind dat kwaadwillige arrestasie, in die
sin van ‘n
bydrae tot die uitreiking van die lasbrief wat
gelei het tot die arrestasie, bewys is nie.
DISKRESIE
Die
eiser se bewering dat sy arrestasie nie nodig was om hom voor ‘n
hof te bring of vir enige ander regtens erkende doel
nie, is ‘n
duidelike aanval op die diskresie wat Perumal en Mogalie sou gehad
het om die eiser op sterkte van die lasbrief
te arresteer aldan nie.
Die lasbrief was immers bloot ‘n magtiging om te arresteer en
nie ‘n lasgewing nie
66
.
Anders as wat die geval is met betrekking tot regmatigheid in die
konteks van die vraag of die jurisdiksionele vereistes vir
‘n
regmatige arrestasie bestaan het, was die bewyslas op die eiser om
aan te toon dat die arrestasie onnodig was en ‘n
ongeregverdigde inbreukmaking op sy grondwetlike regte daargestel
het. Om hom hiervan te kwyt, sou die eiser moes aantoon dat
die
besluit om hom te arresteer irrasioneel was
67
.
Die
doel van arrestasie moet altyd wees om die persoon voor ‘n hof
te bring. Die blote feit dat ‘n ander metode,
soos
dagvaarding, ook die persoon voor ‘n hof sou gekry het,
beteken egter nie dat die uitvoering van die diskresie bloot
daarom
irrasioneel, arbitrêr of op ‘n ander grond aanvegbaar
was nie
68
.
In dieselfde asem moet
egter onthou word
“
...that
arrest, being the most drastic method to secure a person’s
attendance at his trial, ‘ought to be confined to
serious
cases’, that is, it should be confined to cases where such
person faces a relatively serious charge.
”
69
In
die onderhawige geval was regsverydeling byvoorbeeld nie ‘n
misdaad waarvoor die eiser sonder ‘n lasbrief gearresteer
sou
kon word nie
70
.
Die vernaamste rede
wat namens die eerste verweerder aangevoer is vir die besluit om die
eiser te arresteer was dat die eiser
moeilik opspoorbaar of
onopspoorbaar sou gewees het.
Ek begin by die eiser
se getuienis in hierdie verband. Volgens hom was sy privaat selfoon
se nommer en ander telefoonnommers
op ‘n lys by die
Delportshoop Polisiestasie. Hy is ook in die periode nadat hy aan
die begin van Februarie 2007 van diens
is en tot met sy arrestasie
gereeld so gekontak deur van sy kollegas daar. Inteendeel, hy was
nog op 30 Mei 2007 as ‘n
getuie by die Barkly-Wes Landdroshof,
nadat hy telefonies deur sersant (v) Du Preez gekontak is om te gaan
getuig. Hy het nog
by daardie geleentheid vir Bakamela gegroet.
Geeneen van die
verweerders het die getuienis van Du Preez of Bakamela aangebied om
hierdie getuienis te probeer weerlê
nie. Ander polisielede
van die Delportshoop Polisiestasie wat namens die eerste verweerder
geroep is, soos Brace en Hawkins,
het nooit getuig dat hulle nie
geweet het waar om die eiser in dié tyd in die hande te kry
of dat hulle hom onsuksesvol
gesoek het nie. Ek handel later met
die getuienis van Sey.
Hawkins het egter wel
getuig dat daar inderdaad by die Delportshoop Polisiestasie so ‘n
lys was. Dit was op meerdere plekke
in die polisiestasie
beskikbaar. Dit het lede se adresse en telefoonnommers bevat. Die
telefoonnommers was meestal selfoonnommers,
indien die betrokke lid
‘n selfoon gehad het.
Dit
bring my by Mogalie en Perumal se getuienis in hierdie verband.
Perumal se getuienis was dat Mogalie hom al die middag van
30 Mei
2007 geskakel het en meegedeel het hy daardie dag in Delportshoop
was en onsuksesvol gesoek het na die eiser en dat niemand
by die
betrokke polisiestasie geweet het waar die eiser was nie. Volgens
Perumal was dit juis die rede waarom hy op 31 Mei 2007
saam met
Mogalie na Delportshoop is, want sy houding was dat die
stasiebevelvoerder
71
te alle tye moes geweet het waar ‘n lid met verlof was.
Volgens Perumal het Mogalie reeds tydens hulle gesprek op 30 Mei
2007 gesê dat hy van voorneme was om die eiser te arresteer.
Mogalie het ontken dat
hy op 30 Mei 2007 in Delportshoop was. Mogalie se getuienis was dat
hy nie op 30 Mei daarheen sou gegaan
het nie, omdat volgens hom die
dossiere op daardie stadium nog nie terugontvang was van die DOV
nie. Volgens hom sou Perumal
die een wees wat die dossiere vanaf
die DOV ontvang het. Perumal se getuienis was egter dat Mogalie met
hulle gesprek op 30
Mei reeds die dossiere in sy besit gehad het.
By die borgverrigtinge
op 31 Mei 2007 het die aanklaer die landdros meegedeel dat volgens
Mogalie “
het hulle
die Beskuldigde lankal gesoek en hy kon hom nie opspoor nie
”.
Op Mogalie se ontkenning dat hy op 30 Mei na die eiser gaan soek
het, sou daardie mededeling aan die aanklaer dan vals
gewees het.
Die landdros se
reaksie was insiggewend:
“
Ag nee
meneer, probeer nog een. Want ek sal vir u sê die Kaptein bly
in die dorp. Ek sien hom gereeld ry.
”
Hierdie het gevolg
nadat die landdros ontevrede was dat die aanklaer ‘n bedrag van
R5 000,00 borggeld vir die eiser vasgestel
wou hê, maar
volgens die landdros “
vir
verkragting en vir moord stel julle R200,00 borg vas
”.
Dit egter net terloops.
Mogalie se getuienis
by die borgaansoek was verder dat, wat betref Sey en Perumal, hulle
die eiser die vorige dag, dit wil sê
die 30ste Mei, begin soek
het. Om dit te bevestig, is hy kort daarna gevra: “
En
u sê gister het julle hom begin soek?
”,
waarop Mogalie geantwoord het: “
Ja
ons het gister
”. Toe
Mogalie hier in kruisverhoor namens die eiser met dié
gedeelte van die transkripsie van die borgverrigtinge
gekonfronteer
is, het hy aangevoer dat die transkripsie foutief is. Dit sou dan
beteken dat nie net sy aanvanklike getuienis
daar verkeerd
getranskribeer moes gewees het nie, maar ook beide die latere vraag
en die antwoord met dieselfde strekking kort
daarna.
Mogalie het ook getuig
dat toe hy en Perumal op 31 Mei 2007 die eerste keer by die
Delportshoop Polisiestasie was, niemand daar
‘n telefoonnommer
van die eiser gehad het nie, niemand geweet het waar die eiser was
nie en die administratiewe beampte
me Human gesê het dat sy
nie weet waar die eiser is nie. Volgens hom is hulle toe na
Barkly-Wes waar hulle met ‘n
sogenaamde agent gepraat het,
maar dié het ook nie geweet waar die eiser was nie. Omdat hy
wat Mogalie is gemeen het
dat die polisielede by die Delportshoop
Polisiestasie inligting van hulle weerhou, is hulle toe terug na die
betrokke polisiestasie.
Human het toe gesê sy het die
telefoonnommer van die eiser se meisie. Dié nommer is toe
geskakel en die eiser
se meisie het die telefoon aan die eiser
oorhandig. Daar het toe ‘n telefoniese gesprek plaasgevind
tussen Perumal en
die eiser, waarna ek sal terugkeer.
Human is eweneens
nooit as ‘n getuie geroep nie. Daar is nooit aangedui dat sy
nie beskikbaar was nie. Die uitlating wat
Mogalie aan haar toegedig
het, naamlik dat sy nie geweet het waar die eiser was nie, is dus
hoorsê en word buite rekening
gelaat.
In elk geval is
Mogalie se getuienis in hierdie verband inherent strydig. ‘n
Mens kan nie inligting weerhou wat jy nie
het nie. Die lede kon nie
tegelykertyd geen inligting hê oor waar die eiser was nie en
dan tog sulke inligting weerhou
het nie. Indien Mogalie werklik
geglo het dat die lede sulke inligting opsetlik weerhou het, het hy
met die borgaansoek die
aanklaer en die hof mislei toe hy gesê
het dat lede by die Delportshoop Polisiestasie al vir twee maande
nie geweet het
waar die eiser was nie, hom gesoek het en hom nie in
die hande kon kry nie.
In kruisverhoor namens
die eiser is Mogalie gevra na watter ander lede van die Delportshoop
Polisiestasie hy verwys het as persone
wat sou gesê het dat
hulle nie weet waar die eiser is nie, en het Mogalie gesê dat
dit Sey, Hawkins en Sey se vrou
was.
Soos reeds gemeld, is
geen getuienis van Hawkins tot hierdie effek aangebied nie. Daar was
geen getuienis van Sey se eggenote
nie. Mededelings van dié
aard wat aan hulle toegedig is, sou dus ontoelaatbare hoorsê
getuienis wees.
Mogalie het ook by die
borgaansoek getuig dat die stasiebevelvoerder, duidelik verwysende
na Sey, ook nie die eiser in die hande
kon kry nie. Sey het hier dié
bewering betwis. Sy getuienis was dat hy nooit van sy kant in
daardie periode na die eiser
gesoek het nie, en daar kon dus nie
sprake daarvan gewees het dat hy die eiser nie in die hande kon kry
nie. Sey het verder
getuig dat, sou hy die eiser in die hande wou
gekry het, dit so maklik sou gewees het as om met die eiser se
vriendin te praat
en Sey het geweet waar om haar in die hande te
kry. Net so insiggewend, en direk strydig met Mogalie se getuienis
by die borgaansoek
en in hierdie verhoor, is die feit dat volgens
Sey geen lid van die Delportshoop Polisiestasie onsuksesvol gepoog
het om die
eiser in die hande te kry nie. Sy getuienis was dat hy
as stasiebevelvoerder daarvan sou geweet het.
Ook
interessant is dat Mogalie tydens die borgaansoek getuig het dat,
voordat die eiser gekontak is deur middel van sy vriendin
se
telefoonnommer, daar gepoog is om hom op ‘n selfoon te kontak,
maar dat dié afgeskakel was. Dit kon tog nie
na die amptelik
selfoon gewees het wat hulle probeer bel het nie. Dié het
die eiser al aan die begin van Februarie 2007
ingehandig. Mogalie
se getuienis tydens hierdie verhoor was dan ook dat die enigste
selfoonnommer wat hulle gehad het dié
van die amptelike
selfoon was en dat hulle gevolglik nie eers probeer bel het nie,
juis omdat daardie selfoon by die Delportshoop
Polisiestasie was.
Gekonfronteer hiermee, het Mogalie toe beweer dat hy nooit tydens
die borgaansoek getuig het dat hulle probeer
het om die eiser op ‘n
selfoon te skakel nie. So het hy in ‘n verdere opsig sy
getuienis by die borgverrigtinge
weerspreek
72
.
Perumal
het ook Mogalie se getuienis dat hulle soveel moeite gehad het om
vas te stel waar om die eiser te kry dat hulle eers
Barkly-Wes toe
is om die agent te spreek en toe weer terug is na die Delportshoop
Polisiestasie, weerspreek. Op Mogalie se weergawe
was hulle dus twee
keer by die Delportshoop Polisiestasie voordat hulle na Barkly-Wes
is om die lasbrief te bekom en om die eiser
te ontmoet, en volgens
Perumal net een keer. Op Perumal se weergawe is daar dus ook nie
ruimte vir die beweerde onsuksesvolle
navrae by ‘n agent nie.
Mogalie het homself ook hieroor weerspreek.
Hierdie weersprekings
is wesenlik, want hulle slaan op die eiser se beweerde
onopspoorbaarheid, wat as rede voorgehou is vir die
verkryging van
die lasbrief en vir die besluit om die eiser te arresteer.
‘
n Verdere
wesenlike weerspreking is dat Mogalie hier op ‘n stadium
getuig het dat dit juis met die beweerde besoek aan
Barkly-Wes was,
met ander woorde voordat hulle volgens hom die tweede keer na die
Delportshoop Polisiestasie is, dat die lasbrief
verkry is. Indien
dit waar sou wees, sou dit beteken dat hulle reeds die lasbrief in
hulle besit gehad het toe Perumal die eiser
versoek het om hulle te
ontmoet. Dit sou ook beteken dat Mogalie reeds met daardie besoek
aan Barkly-Wes al ‘n adres van
die eiser gehad het, want hy
het dit tog in sy eie handskrif ingevul op die aansoekvorm vir die
lasbrief. Perumal het hierdie
getuienis van Mogalie weerspreek.
Volgens hom het hulle die lasbrief eers verkry ná sy gesprek
met die eiser. Perumal
het beweer dat hy egter wel vir die eiser in
daardie gesprek gesê het dat hy gearresteer gaan word. Hoe
sou hy dit vir
die eiser kon gesê het as hulle, op sy
weergawe, toe nog nie eers ‘n lasbrief bekom het nie? Dit
bots ook totaal
met die eiser se onbetwiste getuienis dat Perumal
vir hom gesê het dat hulle met hom wou praat. Dit bots ook
met Mogalie
se weergawe van die betrokke gesprek. Dit druis ook in
teen die waarskynlikhede, want waarom sou die eiser met sy voertuig
en
‘n sleepwa met ‘n bees daarop, en geklee in ‘n
kortbroek en kortmouhemp, ry na ‘n afspraak waar hy weet
hy
gaan gearresteer word? Ek verwerp sonder huiwering hierdie bewering
van Perumal. Hy was in elk geval ook ‘n getuie
wat ‘n
swak indruk gemaak het. Sy getuienis is gekenmerk deur stiltes. Hy
het vrae probeer ontduik. Hy het gepoog om
ooglopende toegewings te
vermy.
Op watter een van
Mogalie of Perumal se weergawes ookal gewerk word, sou hulle egter
tydens die telefoniese gesprek met die eiser
geweet het dat die plan
was om hom te arresteer wanneer hy hulle op die grondpad ontmoet;
al sou dit dan op een van die weergawes
afhanklik wees van van ‘n
lasbrief wat toe nog verkry moes word. Op Perumal se eie weergawe
het Mogalie al die vorige dag
vir hom gesê hy gaan die eiser
arresteer. Op Perumal se weergawe dat hulle eers ná die
telefoniese gesprek na die
Barkly-Wes Landdroskantoor is om die
lasbrief te bekom, het hy dan toe in elk geval ook geen probleem
daarmee gehad dat Mogalie
stappe neem om so ‘n lasbrief te
verkry nie. So ‘n reaksie, of gebrek daaraan, sou perfek
inpas by ‘n opset,
deurgaans en ook van Perumal se kant af,
dat die eiser gearresteer moes word.
Die eiser is valslik
onder die indruk gebring dat hulle net met hom wou praat. Dit
terwyl Perumal al op 3 Februarie 2007 ‘n
oproep gehad het van
‘n advokaat wat wou weet of die eiser gearresteer gaan word,
en hy toe ontkennend geantwoord het op
daardie vraag. Perumal het
dus geweet dat, indien die eiser sou geweet het dat hy gearresteer
gaan word, hy sy regsverteenwoordiger
sou kontak.
Teen hierdie
agtergrond was die opsetlike verswyging van die plan om die eiser te
arresteer na my oordeel kwaadwillig. Dit was
daarop gemik om hom
niksvermoedend en sonder regsverteenwoordiging te laat opdaag vir
die ontmoeting. Indien dit nie die beweegrede
was nie, kon hulle
mos maar die eiser aangesê het om hulle by die Delportshoop
Polisiestasie te ontmoet, waar hulle in
elk geval sy arrestasie sou
moes prosesseer en sy vingerafdrukke sou moes neem.
Mogalie
het ná die eiser se arrestasie in ‘n vorm
73
aangeteken dat die eiser ‘n vaste adres gehad het en dat hy
“
easy
to trace
”
was. Dit strook nie met Mogalie se getuienis dat hulle, en selfs
die eiser se kollegas, gesukkel het om die eiser op
te spoor nie.
Mogalie het ook beweer
dat hulle na die eiser gaan soek het by sy huis te Barkly-Wes. Op
sy weergawe kon dit maar net op 31 Mei
gewees het. Hulle moes dus
op daardie stadium al minstens daardie adres gehad het. Mogalie se
getuienis dat hy die naam van
die plaas Klein Vlakfontein vir die
eerste keer tydens sy getuienis in hierdie verhoor gehoor het, is
duidelik vals. Hy het
dié naam reeds op 31 Mei 2007 in sy
eie handskrif geskryf op die aansoekvorm om die lasbrief en het die
naam op alle aanduidings
by Human gekry.
Nòg Perumal nòg
Mogalie het ooit die moeite gedoen om op die eiser se personeellêer
te kyk vir kontakbesonderhede.
Sey se getuienis was dat hulle so
maklik die nodige inligting sou bekom het.
Na my oordeel blyk dit
uit die getuienis as ‘n geheel op ‘n oorwig van
waarskynlikhede dat onopspoorbaarheid nooit
die rede was vir die
besluit om die eiser te arresteer nie.
Ander redes wat
Mogalie probeer aanvoer het vir die eiser se arrestasie, en sommige
waarvan hy volgens hom in sy beweerde lasbrief
verklaring sou
vermeld het, was dat gevrees is dat die eiser gewelddadig kon raak,
dat die grondpad en die omgewing waar hulle
die eiser moes ontmoet
onbekend was, dat hy en Perumal op die punt was om met verlof te
gaan en nie onafgehandelde werk wou los
nie, dat die DOV opdrag
gegee het dat die eiser gearresteer moes word en laastens omdat daar
‘n
prima facie
saak teen die eiser was.
Die rede vir hulle
vrees dat die eiser gewelddadig kon raak, was volgens Mogalie se
aanvanklike getuienis inligting wat hulle
by ‘n beriggewer
gekry het. Later het hy egter beweer dat dit gegrond was daarop dat
hulle die eiser in die geselskap
van Visser by ‘n restaurant
gesien het en geweet het dat Visser gewelddadig was. Volgens
Perumal was die eiser egter nie
in die restaurant in Visser se
geselskap nie en het die eiser by ‘n tafel tussen die
polisiebeamptes se tafel en dié
van die Visser geselskap
gesit. Dit is in elk geval duister hoe ‘n lasbrief sou help
om ‘n geweldadige persoon te
beheer en hoekom Perumal en
Mogalie dan nie versterkings sou saamgeneem het vir die arrestasie
nie. Perumal het ook nooit melding
gemaak daarvan dat hulle rede
sou gehad het om geweld van die kant van die eiser te vrees nie.
Hierdie is duidelik ‘n
versinsel van Mogalie. Dit is ook
nooit aan die eiser gestel in kruisverhoor nie.
Dit is ook nie
duidelik hoe die lasbrief en die arrestasie, eerder as byvoorbeeld
die bystand van polisiebeamptes van daardie
omgewing, sou gehelp het
met die hantering van die beweerde probleem met die feit dat die
ontmoeting op ‘n grondpad en
in ‘n onbekende omgewing
sou plaasvind nie.
Mogalie het ook op ‘n
stadium getuig dat hulle maar net die lasbrief gekry het omdat hulle
volgens hom so gesukkel het om
die eiser in die hande te kry (wat
duidelik op die getuienis nie waar was nie) en dat die plan was om,
indien die eiser nie vir
die afspraak sou opdaag nie, die lasbrief
by die polisie te Barkly-Wes te laat vir die arrestasie van die
eiser deur hulle.
Indien dit werklik waar is, waarom het Perumal en
Mogalie, toe die eiser wel opdaag, steeds die lasbrief uitgevoer en
hom gearresteer?
Permumal het ontken
dat hulle verlof enigiets met die besluit om die eiser te arresteer
te doen gehad het, of kon gehad het.
Dit sou dan ook absurd en
kwaadwillig gewees het om die eiser te arresteer net omdat daar nie
onafgehandelde werk moes wees met
die aanvang van hulle verlof nie.
Wat meer is, Perumal het getuig dat hy ten tye van die eiser se
arrestasie reeds met verlof
was en juis weer op 1 Junie 2007 sou
begin werk. Vir soverre hierdie egter wel Mogalie se motief en rede
was, sou dit hoegenaamd
nie ‘n rasionele rede daargestel het
vir die arrestasie nie.
Die DOV het nooit
opdrag gegee dat die eiser gearresteer moes word nie. Die DOV se
sperdatum vir terugvoer deur die aanklaer was
meer as tien weke na
die DOV se opdrag van 28 Mei 2007 en die strafverhoor het meer as ‘n
jaar na die arrestasie eers plaasgevind.
Dit maak die haastige
stappe om die eiser te arresteer nog meer onverstaanbaar. Perumal
het dan ook toegegee dat daar geen dringendheid
was in die bring van
die eiser voor ‘n hof nie.
Dat daar ‘n
prima facie
saak teen die eiser sou gewees het, kon nooit
deurslaggewend gewees het in die keuse tussen arrestasie en
dagvaarding as metodes
om ‘n verdagte voor die hof te kry nie.
Dit is dus op ‘n
oorwig van waarskynlikhede ewe duidelik dat ook nie een van hierdie
faktore die rede was vir die eiser
se arrestasie nie, of enige rol
kon gespeel het in die besluit om hom deur middel van arrestasie
voor die hof te bring nie.
Die eiser se
onbetwiste getuienis was dat hy daar op die grondpad aangebied het
om self hof toe te gaan. Sy pleidooi het op dowe
ore geval. Sy
getuienis was ook dat hy tydens die oproep vir Perumal gesê
het dat hy dringend oppad was na ‘n veearts
met ‘n
beseerde bees. Die dier moes by egter weens Perumal en Mogalie se
houding by die eiser se huis in Barkly-Wes gelaat
word en hy is in
sy kortbroek en kortmouhemp ten aanskoue van sy juniors as verdagte
geprosesseer. Daarna moes hy in daardie
klere voor ‘n hof
verskyn; iets wat hy volgens Sey nooit andersins sou gedoen het
nie.
By
die Landdroshof is die houding deur die polisie ingeneem dat die
eiser R5 000,00 borggeld moes betaal; iets wat die landdros
geskok het. Mogalie se getuienis dat die eiser vooraf hierdie
bedrag aangebied het, was moeilik versoenbaar met sy latere
getuienis dat dit heel toevallig sommer ook die bedrag was wat die
ander polisiebeamptes betaal het wat gearresteer is. Dit is
ook dan
vreemd dat die eiser, nadat hy so ‘n aanbod gemaak het, by die
borgaansoek sou aandui dat dit te veel was en vir
hom ‘n
regsverteenwoordiger sou reël. Tydens sy daaropvolgende
getuienis het Mogalie sake verder vir die eiser probeer
bemoeilik
deur te versoek dat ‘n voorwaarde opgelê word dat die
eiser by ‘n polisiestasie rapporteer hangende
sy strafsaak,
terwyl Mogalie in die voormelde vorm aangedui het dat die oplegging
van voorwaardes onnodig sou wees.
Op
die getuienis as ‘n geheel bestaan daar eenvoudig geen
rasionele verband tussen die omstandighede van die eiser en van
hierdie bepaalde geval
74
,
aan die een kant, en die eiser se arrestasie, aan die ander kant,
nie. Die besluit om die eiser in hierdie besondere geval
deur
middel van arrestasie (met die gevolglike vernedering wat dit vir
hom as ‘n bekende polisieoffisier en leier ingehou
het) voor
die hof te bring, was “
unreasonable
in the sense that it is beyond the range of responses open to a
reasonable decision-maker
”
75
.
Die besluit om hier arrestasie te gebruik as ‘n metode om die
eiser voor die hof te bring, was na my oordeel arbitrêr
en nie
in goeie trou of rasioneel nie
76
.
Dit was gemenesaak dat polisiebeamptes wat vervolg word normaalweg,
en veral dan op minder ernstige aanklagte, by wyse van dagvaarding
voor die hof gebring word. Dit kan natuurlik nooit die reël
wees nie, maar dien tog hier as ‘n belangrike faktor vir
oorweging.
Indien Mogalie wel
reeds op 30 Mei 2007 sy diskresie uitgeoefen het ten gunste van
arrestasie, soos wat Perumal getuig het, weet
ons glad nie op watter
gronde hy so gedoen het nie. Hy is deur die eiser se beweringe en
getuienis gedaag en die geleentheid
gebied om die bewering dat die
diskresie kwaadwilliglik en onregmatiglik uitgeoefen is, te weerlê
deur ‘n rasionele
rede vir sy besluit aan te toon. Die
onbetwiste getuienis van die eiser oor homself en oor die
omstandighede het
prima facie
daarop gedui dat die diskresie
om hom te arresteer minstens onbehoorlik uitgeoefen is en Mogalie se
getuienis het dit hoegenaamd
nie weerlê nie. Nie Mogalie of
Perumal se getuienis het dit ook bewerkstellig vir soverre die
diskresie eers op 31 Mei
2007, en bloot op die inligting wat op
daardie dag beskikbaar was, uitgeoefen is nie. Nie ‘n enkele
een van die faktore
waarop Mogalie gesteun het, sou rasioneel tot sy
besluit verbind kon wees nie.
Perumal, op sy beurt,
het homself heeltemal probeer distansieer van die uitoefening van
enige diskresie. Hy het beweer dat die
besluit om ‘n lasbrief
te bekom en om die eiser te arresteer slegs dié van Mogalie
was, omdat hy die ondersoekbeampte
was. Ek moet sê dat dit
vreemd klink, gegewe dat Perumal nie alleen Mogalie se senior was
nie, maar ook die projekleier.
Mogalie het dan ook nie verbasend nie
op ‘n stadium getuig dat die besluit om die eiser te arresteer
hulle gesamentlike
besluit was. By ander geleenthede het hy egter
dikvellig gestaan daarby dat dit die uitoefening van sy eie
diskresie was om
die eiser te arresteer.
Die eiser se weereens
onbetwiste getuienis was dat dit Perumal was wat hom daar op die
grondpad gekonfronteer het met sy verklaring
en met die lasbrief, en
wat vir Mogalie aangesê het om die eiser in sy voertuig te
vergesel na sy huis. Daar het Perumal
dus beslis die leidende rol
gespeel, wat moeilik versoenbaar is met iemand wie se houding dit
was dat die arrestasie van die
eiser niks met hom te doen gehad het
nie.
Perumal moes, na
herhaalde pogings om die vraag te ontduik, in kruisverhoor toegee
dat daar na sy oordeel geen rede was vir die
besluit om eerder te
arresteer as te dagvaar nie. Indien hy so gevoel het op 31 Mei
2007, sou hy as senior ingegryp het as Mogalie
eensydiglik ‘n
ooglopend onregverdigbare arrestasie wou uitvoer; tensy natuurlik hy
van die begin af deel was van die besluit
en plan om die eiser te
arresteer.
Ek meen dat dit op ‘n
oorwig van waarskynlikhede hier duidelik is dat Perumal en Mogalie,
as werknemers van die eerste verweerder,
sonder enige rasionele rede
en arbitrêr saam besluit het om die eiser te arresteer.
Daar is geen getuienis
dat die tweede verweerder iets met die uitoefening van hierdie
diskresie te doen gehad het nie. Met die
borgaansoek het Bakamela
klaarblyklik ook bloot gehandel op dit wat Mogalie hom meegedeel
het. Tshweu het, nieteenstaande die
feit dat hy verbaas was om op
31 Mei 2007 tydens ‘n telefoongesprek van Bakamela te verneem
dat die eiser gearresteer
is, nie op die getuienis werklik rede
gehad om in te gryp in die polisie se aanbeveling dat ‘n
bedrag van R5 000,00
borggeld vasgestel moes word nie. Hy, nes
Bakamela, was waarskynlik oorgelaat aan Mogalie se vals beweringe
met betrekking tot
die eiser se opspoorbaarheid.
ABSOLUSIE VAN DIE
INSTANSIE
By die sluiting van
die eiser se saak is daar namens die eerste verweerder aansoek
gedoen om absolusie van die instansie op die
arrestasie eis (Eis 2),
terwyl daar namens die tweede verweerder aansoek gedoen is om
absolusie ten aansien van die kwaadwillige
vervolging eis (Eis 1).
Na die aanhoor van betoë het ek beide die aansoeke met koste
afgewys. Wat volg, is die redes vir
daardie bevinding.
Die
toets wat toegepas word by oorweging van so ʼn aansoek, is om te
oorweeg of die getuienis van so ‘n aard is “
that
a reasonable person
could
or
might
decide in favour of the plaintiff
”
77
.
Waar
daar meer as een verweerder is, word ʼn spesiale benadering
vereis en sal die hof versigtig wees om absolusie toe te
staan waar
daar getuienis is op grond waarvan die hof teen enige een van die
verweerders kan bevind, maar daar tog ‘n mate
van twyfel
bestaan oor watter van die verweerders aanspreeklik sou kon wees
78
.
EERSTE
VERWEERDER: DIE ARRESTASIE
By sluiting van die
eiser se saak was daar van sy kant ten aansien van die lasbrief
getuienis wat ondermeer daarop gedui het:
dat, alhoewel die
lasbrief verkry is op grond van ‘n bewering dat hy op 16
Augustus 1999 regsverydeling gepleeg het, hy
nooit van so ‘n
misdaad aangekla is nie;
dat die DOV se opdrag
en daarmee saam die dossiere volgens ‘n stempel op die skrywe
van die DOV eers ná sy arrestasie
deur die aanklaer ontvang
is en dat die aanklaer dus nie met die aansoek om die lasbrief
insae kon gehad het in inligting onder
eed wat daarop gedui het dat
die eiser enige misdryf hoegenaamd gepleeg het nie en dat, al sou
die aanklaer reeds op daardie
stadium insae in die dossiere kon
gehad het, die inhoud van die dossiere nie inligting onder eed
daargestel het dat die eiser
hom op die betrokke datum aan
regsverydeling skuldig gemaak het nie.
Op
grond van watter, indien enige, inligting Bakamela dus aansoek
gedoen het om die lasbrief sou dus, wat die eerste verweerder
betref, geval het binne die uitsluitlike kennis van die
polisiebeampte/s van die eerste verweerder wat vir Bakamela genader
het.
Mnr
Motloung het ook in sy aansoek om absolusie namens die eerste
verweerder, en met verwysing na die beslissing van
Groenewald
v Minister van Justisie
79
,
geargumenteer dat die landdros se besluit om die lasbrief uit te
reik, nie aanvegbaar was nie. Die eiser se aanval en beweringe
was
egter nie gemik teen die landdros en die uitoefening van sy
diskresie om die lasbrief uit te reik nie, maar teen die verweerders
en hulle optrede en besluit om aansoek te doen om die lasbrief.
Ek
het reeds hierbo gehandel met die argument dat die lasbrief ‘n
volkome of absolute verweer vir Perumal en Mogalie sou
uitgemaak
het, wat ook deur mnr Motloung aangevoer is by die aansoek om
absolusie. Die beskerming van die lasbrief sou slegs
geld vir ‘n
polisiebeampte wat nie weet van die formele of substantiewe defek
rondom die betrokke lasbrief nie, en ook
nie eers vir die werkgewer
van so ‘n polisiebeampte nie
80
.
Sover dit betref die
arrestasie self, het die eiser se getuienis, wanneer oorweeg saam
met alle ander inligting wat teen daardie
stadium voor my geplaas
is, op onder andere die volgende gedui:
Hy was ‘n
polisiebeampte wat al die rang van kaptein beklee het, wat al meer
as twintig jaar diens gehad het, wat die
stasiebevelvoerder was van
die Delportshoop Polisiestasie en wat ‘n bekende was.
In die periode wat
die eiser van diens was met verlof het lede van die Delportshoop
Polisiestasie gereeld met hom kontak gehad.
Hulle het sy
telefoonnommers gehad en geweet waar om hom te kry. Die eiser was
nog die dag voor sy arrestasie juis na aanleiding
van so ‘n
oproep by die Barkly-Wes Landdroskantoor om te getuig as
polisiebeampte.
Hy het uit sy eie
gery na waar hy Perumal en Mogalie ontmoet het, nadat hy deur
Perumal onder die indruk gebring is dat hulle
bloot met hom wou
praat. Sy versoek om self hof toe te gaan, is sonder rede afgewys.
Die
inligting wat Mogalie op die vorm
81
vir die aanklaer aangebring het, het Mogalie se getuienis by die
borgaansoek dat die eiser moeilik opspoorbaar was, weerspreek;
en
daarmee saam die regverdiging vir die besluit om die eiser te
arresteer. Daar is op die betrokke vorm ook aangedui dat
die eiser
‘n vaste adres gehad het.
Die
eiser se getuienis is grotendeels onbetwis gelaat en, in die
afwesigheid van ‘n verduideliking van Perumal of Mogalie,
sou
die besluit om hom onder daardie omstandighede te arresteer reeds op
die getuienis op daardie stadium voor my, rederlikerwys
as
irrasioneel beskou kon gewees het. Slegs hulle sou kon verduidelik
waarom daar teen hierdie agtergrond besluit is om die
eiser te
arresteer.
Die
submissies en beweringe rondom die verkryging van die lasbrief was
in elk geval so ineengestrengel met die beweringe wat
ten grondslag
gelê het van die eerste eis, naamlik dié van
kwaadwillige vervolging, dat dit na my oordeel ook om
daardie rede
ongewens sou gewees het om ten aansien van die eis gegrond op die
arrestasie aan die eerste verweerder absolusie
van die instansie te
verleen
82
.
TWEEDE VERWEERDER:
KWAADWILLIGE VERVOLGING
Wat betref die aanklag
van regsverydeling was dit reeds op die getuienis by sluiting van
die eiser se saak duidelik dat die DOV
‘n vervolging op
hierdie aanklag gelas het sonder enige inligting of verklaring van
Le Roux met betrekking tot of die eiser
die mediese verslag van haar
weerhou het en of hy haar mislei het soos wat in die aanklag beweer
is. Toe haar kommentaar eers
op die laaste dag van die strafverhoor
bekom is, het dit nie hierdie beweringe gesteun nie. Inteendeel, sy
het dit effektiewelik
weerspreek en die objektiewe aanduidings uit
die dekblad en die ondersoekdagboek van die betrokke dossier was ook
dat die eiser
nooit die dossier soos beweer aan haar sou kon
voorgelê het en tog die bestaan van die mediese verslag van
haar sou kon
weggesteek het nie.
Ek was van oordeel dat
op hierdie getuienis, en in die afwesigheid van enige verduideliking
van die kant van die tweede verweerder
hiervoor, daar redelike
gronde bestaan het vir ‘n afleiding dat daar geen redelike
gronde vir hierdie besluit was nie dat
die besluit
animo
iniurandi
geneem is. Dat die tweede verweerder die vervolging
ingestel het en dat dit gefaal het, was duidelik.
‘
n Bevinding
soos hierdie ten aansien van die aanklag van regsverydeling, sou
beteken het dat die vervolging op minstens die een
aanklag bevind
kon word kwaadwillig te gewees het. Ek volstaan dus, wat betref
redes vir die afwysing van hierdie aansoek om
absolusie en vir
soverre dit betref die aanklag van meineed, met die opmerking dat
die voorlegging en bewys van die inhoud van
die dossiere, en van die
afwesigheid daarin van ‘n beëdigde verklaring van Mokgabi
tot die effek dat die weergawe
in die eiser se verklaring oor die
gebeure van 9 Julie 1998 vals was,
prima facie
aangetoon het
dat daar nooit ‘n verklaring van Mokgabi was tot die effek dat
die eiser se verklaring vals was nie. Die
afleiding van ‘n
kwaadwillige vervolging op hierdie aanklag sou bloot op hierdie
basis al gemaak kon word, in die afwesigheid
van getuienis van die
kant van die tweede verweerder.
KOSTE
Bevindinge dat die
tweede verweerder aanspreeklik is vir skade weens kwaadwillige
vervolging, maar nie vir skade weens die arrestasie
nie, en dat die
eerste verweerder aanspreeklik is vir skade weens die arrestasie,
maar nie vir skade weens kwaadwillige vervolging
nie, sou beteken
dat die eiser substantief suksesvol was.
Daar is nie namens
enige verweerder geargumenteer dat die normale benadering nie gevolg
moet word waar koste die uitslag volg
nie en ek sien ook geen rede
vir enige ander benadering in hierdie geval nie.
BEVINDINGE EN
BEVELE
Die volgende
bevindinge en bevel word gemaak:
Die tweede
verweerder sal enige skade wat die eiser weens die kwaadwillige
vervolging mag gely het, betaal.
Die eiser se eis
dat die eerste verweerder skade betaal weens die kwaadwillige
vervolging, word afgewys.
Die eerste
verweerder sal enige skade wat die eiser weens die arrestasie mag
gely het, betaal.
Die eiser se eis
dat die tweede verweerder skade betaal weens die arrestasie, word
afgewys.
Die verweerders is
gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik om die eiser se koste te
betaal.
_____________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms Eiser: Adv S L Erasmus
Namens: Engelsman Magabane Ing,
Kimberley
Nms Eerste Respondent: Adv S E
Motloung
Namens: Staatsprokureur,
Kimberley
Nms Tweede Respondent: Adv N D
Khokho
Nms: Staatsprokureur, Kimberley
1
Onder andere by ‘n vergadering van die
gemeenskap te Wolmaransstad.
2
Soos bedoel in artikel 6 van die
Wet
op die Nasionale Vervolgingsgesag
, 32
van 1998.
3
Ter oortreding van artikel 9 van die
Wet
op Vrederegters en Kommissarisse van Ede
,
16 van 1963.
4
Wat op daardie stadium op ‘n nabygeleë
plaas was.
5
Delportshoop het nie oor ‘n voltydse
Landdroshof beskik nie.
6
51 van 1977
7
Alhoewel dit nie so gepleit is nie, aanvaar ek dat hiermee verwys is
na die datum van 31 Mei 2007.
8
Bewysstuk A
9
Bewysstuk D
10
In sy verklaring.
11
Die
woord
“
bygewoon
”
word klaarblyklik gebruik as ‘n verwysing na die ondersoek van
‘n klagte, en nie soseer na ‘n besoek
aan ‘n plek
weg van die polisiestasie nie.
12
Bewysstuk B
13
B10 in bewysstuk B.
14
A3 in bewysstuk B.
15
Duidelik ‘n verwysing na Visser senior.
16
Bewysstuk C.
17
Dit was, soos reeds hierbo sou geblyk het,
gemenesaak dat die eiser self so gedoen het.
18
Verkeerdelik getranskribeer as “
Malisa
”.
19
Verwysende na die J88 in die Segame
aangeleentheid.
20
Steeds verwysende na die Segame aangeleentheid.
21
2009 (2) SACR 585
(SCA) para [8]
22
Sien ook
Rudolph and
Others v Minister of Safety and Security and Another
2009 (5) SA 94
(SCA) (Ook gerapporteer as
2009 (2) SACR 271
(SCA))
para [16]
23
2013 JDR 0634 (SCA)
24
Minister for Justice and Constitutional
Development and Others v Moleko, supra
,
para [11]
25
Ibid
, para [20]
26
1975 (1) SA 481
(AD) op 495
27
Joubert,
2de uitgawe, vol 15, deel 2, para 323
28
[2007] 1 All SA 375(SCA)
29
Minister for Justice and Constitutional
Development and Others v Moleko, supra
,
paras [61] – [64]; Vergelyk ook
Rudolph
and Others v Minister of Safety and Security and Another, supra
,
para [18]
30
Wat ‘n verwysing is na ‘n uitdruk
vanaf die rekenaarstelsel wat die proses in die hantering van ‘n
dossier weerspieël
vanaf die registrasie van die dossier op die
stelsel tot die registrasie van die finale uitslag in die betrokke
aangeleentheid.
31
Vergelyk
Caldwell v
Chelcourt Ltd
1965 (1) SA 304
(N);
Nkondo v Minister of Police and Another
1980 (2) SA 362 (O)
32
Bewysstuk C
33
Minister for Justice and Constitutional
Development and Others v Moleko, supra
,
para [20]
34
Ibid
, para [65]
35
Getiteld
“
CRITERIA
GOVERNING THE DECISION TO PROSECUTE
”
36
Soos bedoel in artikel 21 van die
Wet
op die Nasionale Vervolgingsgesag
, 32
van 1998 en uitgevaardig met die publikasie van die Nasionale
Vervolgingsgesag se gedragskode in Goewermentskennisgewing
R1257 in
Staatskoerant 33907 van 29 Desember 2010.
37
Die bewering dat die eiser in sy verklaring sou
gesê het dat Mokgabi en die ander “
gemeld
het dat hulle nooit aangerand was nie” kom natuurlik nooit
eers in die eiser se verklaring voor nie.
38
32 van 1998
39
‘n Ongerapporteerde beslissing van Makgoka
R in die Noord-Gauteng Hoë Hof onder saaknommers 18593 en 18598
van 2010,
gelewer op 26 Augustus 2011.
40
Ibid
, para [32]
41
En in paragraaf [32] van daardie beslissing
42
Vergelyk
KOPM
Logistics (Pty) Ltd v Premier, Gauteng Province, and Others
2013 (3) SA 105
(GNP);
Silent Pond
Investments CC v Woolworths (Pty) Ltd and Another
2011 (6) SA 343
(D);
S v Reeding and
Another
[2005] ZAWCHC 13
;
2005 (2) SACR 631
(C) op
638-639;
KT t/a Nel v Commissioner
for South African Revenue Services
2013 JDR 0546, bl 12;
Tshishonga v
Minister of Justice and Constitutional Development and Another
2007 (4) SA 135
(LC) paras [202] –[205]
43
Vergelyk byvoorbeeld die beslissing van
Prinsloo
and Another v Newman
,
supra
,
op 491H-492C, wat al in 1975 gerapporteer is.
44
Road Accident Fund v Monjane
2010 (3) SA 641
(SCA) para [12]
45
Vergelyk
Benning v
Union Government (Minister of Finance)
1914 AD 180
op 185;
Du Plooy v
Ackerman
1962 (2) SA 581
(A) op 588;
Avex Air (Pty) Ltd v Borough of
Vryheid
1973 (1) SA 614
(A) op 621
46
Mahlangu and Another v Minister of Safety
and Security and Others, supra
(vtn 39), para [31]
47
Minister of Law and Order v Hurley and
Another
1986 (3) SA 586
(A) op 589E-F
48
In terme van artikel 43 van die
Strafproseswet
.
49
Sien A9 in bewysstuk D
50
Vergelyk
Brand v
Minister of Justice and Another
1959
(4) SA 712
(A) op 714G-H;
Minister of
Law and Order and Others v Hurley and Another, supra
op 587H to 588C
51
Groenewald v Minister van Justisie
1973 (3) SA 877
(AA) op 883-884
52
Vergelyk
Prinsloo
and Another v Newman
1975 (1) SA 481
(A) op 500A;
Minister of Safety and
Security v Kruger
2011 (1) SACR 529
(SCA) paras [14] tot [20]
53
Hlathi v City of Johannesburg Metropolitan Council and Others
[2011] JOL 27726
(GSJ) (2011 JDR 1060 (GSJ) para [5];
Stambolie v
Commissioner of Police
1990 (2) SA 369
(ZS) op 376 I-377 B;
Grundling v Minister of Law and Order and Another
1987 (1) SA
627
(SE) op 631-632
54
Relyant Trading (Pty) Ltd v Shongwe and
another,
supra
(vtn 25), para [4]; Sien ook
The Law
of South Africa
,
supra
(vtn 24), para 353;
Thompson and
Another v Minister of Police and Another
1971 (1) SA 371
(E) op 374G-375A
55
Thompson and Another v Minister of Police and
Another, supra,
op 374H
56
Tödt v Ipser
[1993] 2 All SA 303
(A) (
1993 (3) SA 577
(A) ) op 309-311
57
Thompson and Another v Minister of Police and
Another, supra,
op 374F-G;
Minister
of Justice, Police and Prisons, Ciskei, and Another v Ntliziwana
1889 (2) SA 549
(CkA) op 553-554
58
Hier die aansoek om die lasbrief.
59
Ibid
60
Thompson and Another v Minister of Police and
Another, supra,
op 375A;
Tödt
v Ipser, supra
, op 310
61
Vorm J50: A9 in bewysstuk D
62
Oënskynlik ‘n verwysing na Mokgabi en
sy medewerkers
63
Op die argument dat so ‘n stelling strydig
sou wees met die inhoud van Mokgabi se verklarings.
64
Wat ek reeds bevind het nie aanvaar kon word nie.
65
Deur minstens die bewering wat hy in die
lasbriefvorm ingevul het dat die eiser op 16 Augustus 1999
regsverydeling gepleeg het.
66
Minister of Safety and Security v Sekhoto
and Another
2011 (5) SA 367
(SCA) para
[28]
67
Ibid,
paras
[45]-[53]
68
Ibid
,
paras [30], [44] ;
National Commissioner of Police v Coetzee
2013 (1) SACR 358
(SCA) para [13]
69
National Commissioner of Police v Coetzee, supra
, para [13]
70
Sien artikel 40 (1) en bylae 1 van die
Strafproseswet
en
Areff v Minister van Polisie
1977 (2) SA 900
(A)
71
Sey het op daardie stadium waargeneem as
stasiebevelvoerder.
72
Bewysstuk F4.
73
A11 in bewysstuk D.
74
Vergelyk
Prinsloo
and Another
v
Newman
,
supra
,
op 501A
75
Minister of Safety and Security v Sekhoto
and Another, supra
, para [37]
76
Ibid,
para [38]
77
Law of Evidence
, Schmidt & Rademeyer, 3-16; Vergelyk
egter ook
Gordon Lloyd Page & Associates v
River and Another
2001 (1) SA 88
(SCA) op 92-93
78
Ardecor (Pty) Ltd v Quality Caterers (Pty) Ltd
and Others
1978 (3) SA 1073
(NDP) op
1076-1077;
K&S Dry Cleaning
Equipment (Pty) Ltd and Another v South African Eagle Insurance Co
Ltd and Another
1998 (4) SA 456
(WLD)
op 460-461
79
Supra
, vtn 48
80
Minister of Safety and Security v Kruger,
supra (
vtn
52), paras [14] tot [20]
81
A11 in bewysstuk D.
82
Atlantic Continental Assurance Co of SA v
Vermaak
1973 (2) SA 525
E op 526H-I