Botha v S (CA&R 14/2013) [2013] ZANCHC 34 (13 September 2013)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Appeal against conviction and sentence — Appellant found guilty of rape and sentenced to life imprisonment — Appellant contended that the trial court erred in its credibility assessments and in finding corroboration for the complainant's testimony — Evidence presented included testimony from the complainant, her friend, and a medical report — Appellant's version contradicted the complainant's account, asserting consensual relations — Trial court's reliance on the complainant's credibility and supporting evidence upheld — Appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2013
>>
[2013] ZANCHC 34
|

|

Botha v S (CA&R 14/2013) [2013] ZANCHC 34 (13 September 2013)

Rapporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste: Ja / Nee
IN DIE Hoë HOF
VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Hoë
Hof, Kimberley)
Saak No: CA&R
14/2013
Saak Aangehoor:
09/09/2013
Datum gelewer:
13/09/2013
In
die saak tussen:
R
Botha
en
Die Staat
Coram:
Williams R et Olivier R
UITSPRAAK
Olivier R:
Die appellant is in
die streekhof skuldig bevind daaraan dat hy die klaagster verkrag
het en in die proses ernstige liggaamlike
leed toegedien het en hy
is, nadat daar bevind is dat daar geen ruimte was vir ‘n
afwyking van die voorgeskrewe vonnis
nie, gevonnis tot lewenslange
gevangenisstraf. Die appél is gerig teen beide sy
skuldigbevinding en vonnis.
Wat
die skuldigbevinding betref, is dit geykte reg dat ‘n Hof van
appél nie ligtelik sal inmeng met ‘n verhoorhof
se
geloofwaardigheidsbevindinge nie
1
.
Waar hulle egter duidelik verkeerd is, sal dit die Hof van appél
se plig wees om in te gryp
2
.
Dit sal meer geredelik gedoen word waar die bevinding gebaseer is
op feite, afleidings en waarskynlikhede
3
.
Namens die vervolging
is die getuienis aangebied van die klaagster en haar vriendin me
Muldred Tshume. Verder is die medieseverslag
na aanleiding van ‘n
ondersoek op die klaagster by ooreenkoms voor die Hof geplaas, en
ook sekere foto’s met ‘n
sleutel daartoe. Die appellant
was die enigste getuie in sy saak.
Die volgende was
gemenesaak:
Die klaagster en die
appellant was baie goed aan mekaar bekend.
Alhoewel nie in
mekaar se geselskap nie, het hulle altwee die betrokke aand by ‘n
taverne gekuier en gedrink. Altwee
was onder die invloed van drank
toe hulle na middernag te voet daar weg is.
Toe die klaagster
oppad huis toe was, het die appellant haar geroep en toenadering
gesoek met die oog op gemeenskap. Die klaagster
het toe vir hom
gesê dat sy nie belangstel nie en ook nie belangstel in mans
nie.
Die klaagster het
aangeloop huis toe, met die appellant by haar. Die appellant het
haar by die donker huis in gevolg.
Terwyl hulle in die
klaagster se kamer was, het twee mans kom soek na ‘n vriendin
van die klaagster.
Na die vertrek van
die twee mans, is die deur van die kamer (wat ook gedien het as een
van die deure van die huis) toegetrek,
maar nie gesluit nie.
Daar het gemeenskap
plaasgevind tussen die appellant en die klaagster.
Op ‘n stadium
en in die betrokke kamer het die appellant die klaagster
gekonfronteer oor sy selfoon wat hy volgens hom
toe vermis het.
Die appellant het die klaagster toe aangerand.
Die appellant en die
klaagster het die nag in haar kamer deurgebring.
Vroeg die volgende
oggend het Tshume en haar man daar opgedaag. Die klaagster het toe
dadelik die appellant van verkragting
beskuldig.
Die appellant het toe
vertrek en hulle meegedeel dat hy oppad werk toe was.
Die klaagster is toe
na die polisie. Die polisie het later die dag die appellant se
selfoon aan hom oorhandig.
In die loop van
daardie dag is die klaagster deur ‘n dokter ondersoek. In sy
verslag is die volgende relevante aantekeninge:

Allegedly
sexually assaulted last night at 00h00”

Bruising
around right eye. Fresh blue bruising and swelling. Conjunctival
bleed (bleeding in membrane covering eye). No
signs of trauma on
arms, legs or trunk
”.
............................................................................

Evidence of
recent blunt trauma to the eye.
No other signs of
trauma
”.

No
clinical evidence of forced virginal penetration.”
Soos
reeds uit die voorgaande sou geblyk het, was die klaagster ‘n
enkel getuie ten aansien van die gebeure in daardie kamer.
Ten
aansien van dit wat nie gemenesaak was nie, sou haar getuienis dus
versigtig benader moes word
4
.
Die streeklanddros was beïndruk deur die klaagster as getuie,
maar het in elk geval bevind dat daar stawing was vir die
klaagster
se weergawe in die getuienis van Tshume
5
en in die mediese verslag.
Die klaagster se
getuienis was, in baie breë trekke, dat sy nie die vrede
vertrou het nie en agterdogtig was toe die appellant
nieteenstaande
haar afwysing van sy toenadering saam met haar huis toe geloop het.
Die rede hiervoor was omdat die appellant
eintlik volgens haar van
die “
high society mense
” en sy van die “
low
class
” mense was en omdat die appellant ‘n reputasie
gehad het as ‘n “
moeilikheidmaker
” met
vrouens. Volgens die klaagster was vrouens skrikkerig vir die
appellant, sou hulle nie alleen saam met hom wou wees
in die nag nie
en was daar dikwels gerigte dat die appellant vrouens aangerand en
verkrag of probeer verkrag het. Sy het egter
op daardie stadium
volgens haar veilig gevoel vanweë die teenwoordigheid van huis
en mense in die omgewing.
By die hek van haar
huis het die appellant volgens die klaagster haar vir vuurhoutjies
gevra om ‘n sigaret aan te steek.
Hulle is toe saam die erf
binne. Toe sy die deur van haar kamer en van die huis oopsluit, het
sy die appellant versoek om daar
te wag en het sy ingegaan, deur
haar kamer na die kombuis, om vuurhoutjies te kry. Die
ligskakelaar, ook vir die lig in haar
kamer, was in die kombuis,
maar sy het dit nie aangeskakel nie. Met haar terugkoms in die
kamer het sy gevind dat die appellant
nie buite gewag het soos wat
sy hom versoek het om te doen nie en dat hy in haar kamer gestaan
het.
Die appellant begin
toe soek na sigarette. In daardie proses skop die klaagster toe
haar skoene uit en gaan sit sy toe solank
op die bed met haar rug
teen die muur en met haar bene en voete onder ‘n kombers, in
die steeds donker huis.
Ook tydens die
appellant se soektog na sigarette kom die twee mans toe aan wat die
klaagster se vriendin soek. Volgens die klaagster
was die twee mans
daarna skaars by die hek van die betrokke erf toe die appellant die
kamerdeur toegedruk het en haar beskuldig
het dat sy die mans gehuur
het om hom van sy selfoon te beroof. Sy het, waar sy steeds so met
haar bene onder die kombers gesit
het en met haar selfoon in haar
hand, dit ontken.
Die appellant het haar
toe gewurg. Hy het gesê dat hy haar gaan verkrag oor sy
selfoon. Hy het haar herhaaldelik met die
vuis in haar gesig
geslaan. Toe sy haar selfoon vir hom aangebied het, het hy dit
gevat en by sy agtersak ingedruk, maar gesê
hy gaan haar
steeds verkrag. Sy het haar teëgesit en hulle het gestoei,
maar die appellant het met sy een hand om haar
keel haar en homself
met die ander hand ontklee. Sy het geskree vir die buurvrou, maar
daar was geen reaksie nie.
Volgens die klaagster
het sy ook op ‘n stadium vir die appellant gesê dat
hulle ‘n kondoom moes gebruik, wat
sy in ‘n laai gehad
het. Volgens haar wou sy kyk of sy nie so kon wegkom nie. Die
appellant het haar egter na die laai
vergesel, met sy hand oor haar
keel. Nadat sy die kondome uitgehaal het, het sy probeer om die
appellant weg te stamp, maar
dit het gelei tot verdere aanranding op
haar.
Sy het toe opgehou om
haar teë te sit. Die appellant het toe in die loop van die nag
vyf tot ses keer met haar gemeenskap
gehou. Hy het die hele tyd,
ook tussendeur, op haar bly lê en sy kon nooit onder hom
uitkom nie.
Sy kon egter wel
daarin slaag toe Tshume en haar man die oggend daar opgedaag het.
Die appellant het toe
met hulle aankoms sy kop met die kombers toegetrek. Tshume het
volgens die klaagster toe vir die appellant
gevra:

.... hoe gaan
jy so, wil jy nie hoor nie? Hoe lank moet die mense praat met jou?

Volgens die klaagster
was die appellant se reaksie om te sê dat hulle maar kon maak
wat hulle wou, en dat as hulle hom sou
soek hulle hom by die werk
sou vind.
Dit was die klaagster
se getuienis dat die appellant in daardie proses sy baadjie agter
haar deur opgehang het. Sy het ook getuig
dat toe Tshume die
appellant gevra het waar die klaagster se selfoon was, die appellant
dit by sy agtersak uitgehaal het en op
die spieëlkas neergesit
het.
Die klaagster se
getuienis was laastens dat, toe sy na die polisie is, sy die
betrokke baadjie saamgeneem het. Daar wou die polisie
by haar weet
waar die appellant se selfoon was. Hulle het toe die baadjie
deursoek en die selfoon in die sak daarvan gevind.
Die appellant se
weergawe was kortliks dat hy, nadat die klaagster aanvanklik sy
toenadering afgewys het, aangehou het om druk
op haar toe te pas
deur haar te soebat om in te willig om met hom gemeenskap te hou.
Volgens die appellant was haar vrees dat
sy nie wou hê mense
moes weet dat sy met hom verkeer het nie, omdat hy getroud was. Hy
het die klaagster uiteindelik oorreed
om met hom gemeenskap te hê,
en dit was op daardie basis dat die twee van hulle saam in haar
donker kamer beland het, en
nie omdat hy ‘n vuurhoutjie gevra
het nie.
Sy getuienis was dat
die klaagster self die deur toegemaak het nadat die twee mans wat na
haar vriendin kom soek het, vertrek
het. Die appellant het toe sy
selfoon langs die klaagster se bed neergesit en hulle het eenkeer
gemeenskap gehad.
Toe hy gedurende die
nag wakker geword het, het hy ontdek dat sy selfoon weg was. Hy het
die klaagster daaroor gekonfronteer.
Sy het geweier om die lig aan
te skakel en enige kennis van die selfoon ontken. Sy het gesê
sy hou nie die appellant
se selfoon dop nie en het begin vloek. Die
appellant het haar toe geklap. Sy het opgevlieg van die bed af en
toe het daar ‘n
bakleiery begin tussen hulle, waartydens die
appellant haar hard geklap het en sy hand op haar keel gehad het.
Die appellant het op
‘n stadium gevoel hy is moeg en het besluit hy sal die
volgende oggend sy selfoon verder soek. Hy
het toe teruggeklim in
die bed en volgens hom het die klaagster kort daarna ook kom
inkruip.
Toe hulle die oggend
wakker word, het die klaagster teen hom gelê. Sy het op sy
versoek toegestem om weer met hom gemeenskap
te hê, maar op
daardie oomblik het die klop aan die deur gevolg en het Tshume en
haar man ingekom. Die appellant het opgestaan,
sy baadjie aangetrek
en hulle meegedeel dat wanneer hy van die werk terugkom, hy sy
selfoon wou hê.
Daar is na my oordeel
verskeie teenstrydighede in die klaagster se getuienis, tussen haar
getuienis en dié van Tshume en
ook onwaarskynlikhede, nie een
waarvan deur die streeklanddros in haar uitspraak vermeld is nie.
Hoekom los die
klaagster die deur oop en vertrou dat die appellant op haar versoek
buite sal wag as hy so ‘n reputasie gehad
het soos wat sy
beweer? En hoekom los sy die huis se ligte af terwyl sy weet sy
moet nou na hom gaan om die vuurhoutjies vir
hom te gee? Dan gaan
sit sy in die donker kamer ewe gerus op die bed, met haar bene en
voete onder die kombers, terwyl sy alleen
daar in die donker is saam
met dié man waarvoor sy en ander vrouens so bang is.
Toe die appellant die
deur volgens die klaagster toedruk en haar beskuldig van ‘n
komplot saam met die twee mans om sy selfoon
te vat, roep sy nie om
hulp na hulle nie.
Die streeklanddros het
dit ook onwaarskynlik gevind dat die klaagster ná die twis
oor die selfoon en die aanranding nog
in dieselfde bed saam met die
appellant sou geslaap het en dat sy dan nog die volgende oggend
bereid sou gewees het om weer met
hom gemeenskap te hê.
Hierdie benadering het uit die oog verloor dat hulle albei onder die
invloed van drank was toe hulle
in die nagtelike ure by die
klaagster se kamer aangekom het.
Daar is ook nie
oorweging verleen aan die waarskynlikheid van die klaagster se
weergawe van op watter stadium die twis oor die
selfoon dan
plaasgevind het nie. op haar weergawe het die appellant nog by die
kassie gestaan en vroetel agter ‘n sigaret
aan toe hy ewe
skielik die beskuldiging gemaak het dat sy met die twee mans sou
gereël het dat hulle haar selfoon roof.
Hoe sou die appellant
ooit op die klaagster se weergawe kon gedink het dat die twee mans
sy selfoon geneem het? Volgens die
klaagster het een van hulle
bloot ingeloer by die oop deur. Sou die appellant nie dan dadelik
wou geweet het wie hulle was of
agter hulle aangegaan het nie?
Die mediese verslag
maak geen melding daarvan dat, soos die klaagster getuig het, haar
neus ook getref is, dat haar ander oog
ook toegeswel was en dat sy
kneusmerke aan haar nek gehad het nie. Inteendeel, nie alleen swyg
die medieseverslag oor ander
beserings as die kneusing aan die een
oog nie, maar dit gaan verder en dit word uitdruklik daarin gestel
dat daar geen ander
tekens van trauma was nie. Kortom, die inhoud
van die medieseverslag is glad nie versoenbaar met ‘n
aanranding soos deur
die klaagster beskryf nie.
Die klaagster se
weergawe van gedwonge vaginale penetrasie is op die oog af moeilik
te versoen met die bevinding dat daar geen
kliniese tekens van was
nie; nog meer so waar sy beweer dat sy vyf tot ses keer die nag
verkrag is. Die opmerking van die betrokke
dokter dat die klaagster
om “
00h00
” na bewering seksueel aangerand is, lyk
ook nie of dit versoenbaar sou wees met ‘n rapport aan hom dat
sy oor ‘n
periode van ure tussen middernag en dagbreek nie een
keer nie, maar tussen vyf en ses keer, verkrag is.
Die klaagster en
Tshume verskil wesenlik van wat laasgemelde vir die appellant sou
gesê het met haar aankoms. Volgens Tshume
het sy herhaaldelik
vir die appellant gesê dat sy nie dit van hom verwag het nie.
Dit is ook toevallig die appellant se
weergawe van wat sy gesê
het. Hoe sou Tshume so ‘n opmerking gemaak het van ‘n
man van wie ‘n mens daardie
tipe optrede teenoor ‘n vrou
juis sou verwag?
Die streeklanddros het
bevind dat Tshume die klaagster se getuienis gestaaf het dat die
appellant met sy vertrek arrogant opgemerk
het dat die klaagster en
Tshume kon maak wat hulle wil. Tshume se getuienis was ‘n
bietjie anders. Volgens haar het die
klaagster gedreig dat sy die
appellant gaan aankla, en het die appellant toe gesê “
al
kan jy my loop aankla, ek gaan jou wys
”. Dit moet nie uit
die oog verloor word nie dat die appellant sy selfoon wou terughê.
Volgens die
streeklanddros sou dit vreemd op die oor val dat die polisie tog
later die appellant se selfoon aan hom oorhandig
het. Wat egter
baie vreemder is, is hoe die selfoon volgens die klaagster in die
hande van die polisie beland het. Volgens
haar het sy toe daardie
baadjie saam met haar na die polisie geneem en het hulle dit
deursoek en in die sak daarvan die appellant
se selfoon ontdek.
Sy beweer dit was toe
al die tyd in die sak van die baadjie wat die appellant die oggend
met sy vertrek agter die deur van haar
kamer opgehang het.
Hoekom sou die
appellant sy baadjie daar gelos het as hy die klaagster deur die nag
herhaaldelik verkrag het en geweet het dat sy
hom gaan aankla?
Hoekom het die appellant, indien hierdie getuienis van die klaagster
waar sou wees, dan nie ook die baadjie,
en nie net die selfoon nie,
van die polisie terugontvang nie?
Tshume het getuig dat
die appellant met sy vertrek sy baadjie agter die deur afgehaal het;
nie dat hy dit opgehang het nie. Sy
het inteendeel op vrae van die
streeklanddros self ontken dat enige kledingstuk van die appellant
agter gebly het toe hy daar weg
is. Dit sou beteken dat die
klaagster met die appellant se selfoon in haar besit na die polisie
is en dat sy die storie van die
baadjie opgemaak het as ‘n
verduideliking vir waar die selfoon toe uitgekom het.
Die klaagster en
Tshume verskil ook in hulle getuienis oor die klaagster se eie
selfoon. Volgens die klaagster het die appellant
haar selfoon die
oggend, nadat Tshume reeds daar opgedaag het, uit sy agtersak gehaal
en op die spieëlkas neergesit. Volgens
Tshume het hy dit egter
uit sy baadjie se sak gehaal.
Ek
weet nie in watter opsig Tshume volgens die streeklanddros die
klaagster sou gestaaf het nie. Dit moet onthou word dat getuienis

moet slaan op ‘n wesenlike aspek wat in geskil is om te kan
dien as stawing, en nie op aspekte wat ontersaaklik, gemenesaak
of
nie in geskil is nie
6
.
Dat die klaagster dadelik ‘n rapport van verkragting gemaak
het, was byvoorbeeld nie in geskil nie en al was dit ook,
sou dié
getuienis van Tshume nie as stawing kon dien vir die klaagster se
bewering dat sy nie toegestem het tot gemeenskap
nie
7
.
Nog minder kan ek sien
in watter opsig die inhoud van die medieseverslag die klaagster se
getuienis, vir soverre dit sou slaan
op aspekte in geskil, sou
staaf. Soos reeds gemeld, militeer dit eerder teen die klaagster se
getuienis.
Me van Heerden, die
advokaat vir die respondent, het in haar betoogshoofde aan die hand
gedoen dat die streeklanddros “
tereg stawing vir die
betroubaarheid van die klaagster se getuienis in die medieseverslag

gevind het. Sy moes egter toegee dat die mediese verslag hoogstens
as stawing kon dien vir die getuienis dat die appellant
die
klaagster ‘n blouoog toegedien het; iets wat in elk geval nie
in geskil was nie. Me Van Heerden kon nie verduidelik
hoe die
uitdruklike bevinding van ‘n afwesigheid van enige ander
beserings inpas by die aanranding deur die klaagster beskryf
nie en
hoe die afwesigheid van kliniese tekens van enige geforseerde
vaginale penetrasie hoegenaamd, inpas by die klaagster se
verhaal
van herhaalde volledige verkragtings regdeur die nag nie.
Die streeklanddros het
dit klaarblyklik onwaarskynlik gevind dat die appellant, waaruit dit
deur langdradige kruisverhoor getrek
is dat hy die klaagster se
drinkgewoontes afgekeer het, die klaagster sou gesoebat het om met
hom gemeenskap te hê. Me
van Heerden ondersteun hierdie
bevinding. Die appellant se verduideliking hiervoor, naamlik “
As
ek dalk nie gedrink het nie, sou dit nie gebeur het nie
”,
is oënskynlik deur beide van hulle uit die oog verloor. Die
aanklaer se kommentaar op hierdie getuienis van die
appellant,
naamlik “
Ag Meneer, kom asseblief. Weet jy wat my kwaad
maak, verskriklik boos maak, is as ‘n mens drank vir alles in
die lewe blameer
”, sou moontlik beïndruk het as dit
nie was vir die feit dat, soos wat al dikwels in ons howe bevind is,
menslike ervaring
lankal geleer het dat drank mense se optrede en
besluite wel beïnvloed nie.
Beide die
streeklanddros en me Van Heerden vind dit onwaarskynlik dat, indien
die klaagster nie wou gehad het dat mense moes weet
hulle was saam
in die bed nie, die klaagster met die aankoms van Tshume en haar man
die teenwoordigheid van die appellant sou
openbaar. Die
streeklanddros het op hierdie basis bevind dat die appellant se
getuienis oor die klaagster se houding ‘n
versinsel was.
Indien die klaagster egter die appellant wou beskuldig van
verkragting, byvoorbeeld omdat hy haar vroeër
aangerand het,
sou sy nie eintlik anders kon as om sy teenwoordigheid en identiteit
te openbaar nie.
Dit moet nie uit die
oog verloor word nie dat daar geen bewyslas op die appellant gerus
het nie. Sy weergawe moes bloot redelik
moontlik waar gewees het en
in die omstandighede meen ek dat dit beslis die geval was.
Ek meen dus dat die
appél teen die skuldigbevinding behoort te slaag. In die lig
hiervan ag ek dit onnodig om my uit te
laat oor die bevinding dat
dit ‘n verkragting was waarby ernstige liggaamlike leed
toegedien is of oor die vonnis.
Ek maak dus die
volgende bevel hierin:
Die appél teen
die skuldigbevinding slaag en die skuldigbevinding en vonnis word ter
syde gestel.
_____________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek stem saam.
______________________
C C WILLIAMS
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms Appellant: Adv P J Cloete
Namens: Regshulpraad, KIMBERLEY
Nms Respondent: Adv A H Van
Heerden
Namens: Direkteur van Openbare
Vervolgings, KIMBERLEY
1
[2012] 2 All SA 125
(SCA)
2
2006 (1) SASV 135 (HHA) para [40];
2007 (1)
SACR 461
(SCA) op 470
3
[2010] 1 All SA 126
(SCA)
4
S v Mahlangu and Another
2011 (2) SACR 164
(SCA) para [21]
5
Alhoewel die streeklanddros nie gespesifiseer het
in welke opsigte die getuienis van Tshume dié van die
klaagster sou staaf
nie
6
..
………………………………………………………………………………………………………………
…………………………………………………………………………………………………………………
7
……………………………………………………………………………………………………………….