Waterboer v S (CA&R /2013) [2013] ZANCHC 33 (13 September 2013)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder and Robbery — Appellant convicted of murder and robbery — Evidence presented by witnesses conflicting regarding appellant's involvement — Appellant denied participation in robbery and infliction of injuries — Court assessed credibility of witnesses and found sufficient evidence to support convictions — Appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2013
>>
[2013] ZANCHC 33
|

|

Waterboer v S (CA&R /2013) [2013] ZANCHC 33 (13 September 2013)

Rapporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste: Ja / Nee
IN DIE Hoë HOF
VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Hoë
Hof, Kimberley)
Saak No: CA&R
/2013
Saak Aangehoor:
09/09/2013
Datum gelewer:
13/09/2013
In
die saak tussen:
Wilby
Waterboer
en
Die Staat
Coram:
Williams R et Olivier R
UITSPRAAK
Olivier R:
Die appellant, mnr
Wilby Waterboer, is skuldig bevind aan die roof met verswarende
omstandighede en moord op mnr Adriaan Calitz
(“
die
oorledene
”) en hy kom nou in hoër beroep teen beide
hierdie skuldigbevindings.
Dit is gemenesaak dat
die oorledene van sigarette beroof is en dat hy dood is as gevolg
van uitbloeding volgende op steekwonde.
Dit is ook gemenesaak dat
die appellant, sy medebeskuldigdes mnr Irwin Geldenhuys en Cecil
Brown en die getuie mnr Gordon Jansen
op die een of ander stadium
teenwoordig was op die toneel van die roof en die moord.
Dit is gemenesaak dat
daar kort voor die voorval waartydens die oorledene beroof en gedood
is, ‘n insident plaasgevind het
waartydens die appellant ‘n
ander persoon ‘n fatale steekwond toegedien het. Hy het ten
aansien van daardie voorval
ook op ‘n aanklag van moord
tereggestaan, maar is onskuldig bevind op die basis dat bevind is
dat die appellant in noodweer
opgetree het.
Die appellant se
weergawe in sy pleitverduideliking, vir soverre dit die onderhawige
aanklagte aanbetref, was dat die vier van
hulle oppad huis toe was.
Volgens hom sou hy ‘n entjie agter die ander drie geloop het.
Hy vind toe dat hulle die oorledene
beroof van sigarette.
Geldenhuys bied hom wat die appellant is toe ‘n sigaret aan
steek die oorledene met ‘n mes.
Die beskuldigde Brown steek
toe die oorledene met ‘n skroewedraaier. Die vier van hulle
hardloop toe weg. Die appellant
het ontken dat hy die oorledene
beroof of beseer het of deel van so ‘n plan was.
Namens die vervolging
is ten aansien van hierdie aanklagte die getuienis aangebied van die
gemelde Jansen, mnr Riekert De Kock,
mnr Clayton Brown en me Meriaam
Waterboer.
Jansen se getuienis in
hoof was dat al vier van hulle saam geloop het toe hulle die
oorledene teëgekom het. Die beskuldigdes
Brown en Geldenhuys
is toe na die oorledene. Brown haal toe die oorledene se sigarette
uit terwyl Geldenhuys ‘n mes uit
sy sak haal. Geldenhuys
steek toe die oorledene, en gee toe die mes vir die appellant, wat
toe ook die oorledene steek.
In kruisverhoor was
Jansen egter seker dat dit net Geldenhuys was wat die oorledene
gesteek het. Hy was ‘n swak getuie
wat homself in wesenlike
opsigte weerspreek het. Die streeklanddros het dan ook glad nie op
sy getuienis gesteun nie. Daar
is dan ook by die aanhoor van
hierdie appél namens die respondent toegegee dat daar glad
nie op Jansen se getuienis pyl
getrek kon word nie.
De Kock se getuienis
was dat al vier die persone, dit wil sê die appellant, sy
medebeskuldigdes mnre Cecil Brown en Irwan
Geldenhuys en die getuie
Jansen saam by die oorledene was toe hy geroof is. Volgens De Kock
was daar nie sprake van wapens op
daardie stadium nie. Toe die
aanvallers van die oorledene wegloop, het hy hulle gevloek. De Kock
se getuienis was dat die appellant
en Geldenhuys toe terug is na die
oorledene en dat die appellant hom toe “
een of twee keer

met ‘n mes gesteek het.
Die streeklanddros
het, in die lig van die algehele verwerping van Jansen se getuienis,
van die standpunt uitgegaan dat De Kock
se getuienis versigtig
benader moes word. Die streeklanddros het bevind dat daar wel
weersprekings was, onder meer tussen De
Kock se getuienis en die
inhoud van sy polisieverklaring, maar het bevind dat De Kock ‘n
onafhanklike getuie was en dat
sy getuienis gestaaf is deur die
onafhanklike en geloofwaardige getuienis van:
Mnr Clayton Brown dat
die appellant na afloop van hierdie voorval aan hom gesê het
dat “
hulle
” persone gesteek het en dat hy nie
weet of hulle lewe of gesterf het nie; en
Me Waterboer, die
ouma van die appellant, dat toe sy die tweede dag ná hierdie
gebeure die appellant en Geldenhuys gekonfronteer
het oor die
voorval, ‘n mes by Geldenhuys se broeksak uitgeval het. Dit
blyk duidelik dat dit die moordwapen was en
dat Geldenhuys dit by
daardie geleentheid toe in ‘n bos of heining weggegooi het.
Die appellant het ook
stawing gevind vir die getuienis van De Kock in die feit dat die
appellant en die ander beskuldigdes “
baie goeie vriende

was, wie se “
vriendskap strek verder tot kriminele
aktiwiteite
”.
Die eerste probleem
rondom die getuienis van De Kock is dat hy in sy polisieverklaring
gesê het dat hy onseker was wie van
die groep persone dit was
wat die oorledene se sigarette uit sy broeksak gehaal en gevat het.
Hy het in sy getuienis erken dat
hy dit wel vir die polisie gesê
het, en daar kan dus nie sprake wees daarvan dat hierdie deel van
die betrokke verklaring
verkeerd afgeneem is nie.
Daarteenoor het De
Kock in sy getuienis in hoof, en ook in kruisverhoor namens die
appellant se medebeskuldigde, by herhaling
dit duidelik gemaak dat
dit die appellant was wat sy hand in die oorledene se sak gesteek
het en die sigarette uitgehaal het.
Dit was ook aanvanklik sy
weergawe in kruisverhoor namens die appellant.
Toe hy egter
gekonfronteer is met sy verklaring, het De Kock sy weergawe aangepas
en getuig dat hy bloot sigarette in die appellant
se hand gesien
het, maar nie gesien het dat die appellant se hand in die oorledene
se sak was nie.
In sy verklaring het
De Kock verder gesê dat hy nie seker was of Geldenhuys ook die
oorledene gesteek het nie. Ook ten
aansien hiervan het hy erken dat
dit wel was wat hy vir die polisie gesê het.
Sy getuienis was
aanvanklik heel beslis dat slegs die appellant die oorledene
steekwonde toegedien het. Weereens gekonfronteer
met sy verklaring,
het hy sy weergawe probeer aanpas. Toe het hy eers getuig dat dit
kon wees dat Geldenhuys ook gesteek het,
en daarna weer dat dit nie
moontlik was nie.
Wat egter wesenlik was
by beoordeling van die appellant se weergawe, is nie soveel wie se
hande in die oorledene se sakke was
of wie nog, behalwe die
appellant, die oorledene gesteek het nie. Wat wesenlik was, was of
die appellant deel van die groep
persone was wat die oorledene
gekonfronteer en beroof het, en of die appellant wel self die
oorledene steekwonde toegedien het.
Die appellant het
homself, in sy opmerking teenoor mnr Clayton Brown, baie kort ná
die oorledene met die mes gesteek is,
duidelik met die res van die
groep en hulle handelinge geassosieer toe hy vir Brown gesê
het dat hulle, in die meervoud,
persone, weer in die meervoud,
gesteek het. Hy het nie met daardie opmerking slegs verwys na die
eerste voorval nie.
Met die konfrontasie
deur die appellant se ouma, is hy weer saam met die persoon wat toe
op daardie stadium toevallig dieselfde
mes by hom het waarmee die
oorlede gedood is. Die appellant assosieer hom toe weereens met die
ander, deur bloot alles te ontken.
Hy het nie van daardie
geleentheid gebruik gemaak om homself teenoor sy ouma te distansieer
van wat aan die oorledene gedoen
is deur, volgens hom, die ander
persone nie.
Die appellant se eie
weergawe was ook dat hulle almal vriende was wat onder andere saam
gesteel het, wat sou inpas by De Kock
se waarneming van hulle
optrede, as ‘n groep, by die betrokke geleentheid.
Ek kan nie saamstem
met die betoog van mnr Cloete, die advokaat vir die appellant, dat
De Kock se getuienis benader moes word
soos dié van getuies
wat getuig oor identiteit nie. Dit het nie hier oor identiteit
gegaan nie. Dit was gemenesaak dat
die appellant op die toneel was.
Die vraag was bloot wat hy daar gedoen het.
Mnr Cloete het ook De
Kock se getuienis gekritiseer op die basis dat dit volgens hom

wesenlik verskil van die mediese getuienis en nie strook
met die bevindinge in die lykskouingsverslag nie
”. Ook in
kruisverhoor namens die appellant is De Kock gevra of hy saamstem
daarmee dat daar twee steekwonde op die bors
van die oorledene was
en dat die steekwonde “
redelik ver uitmekaar

was.
Ek dink nie daar steek
enige iets in die betoog wat toe namens die appellant gevoer is dat
De Kock se getuienis nie die bestaan
van ‘n tweede steekwond
kon verduidelik nie. De Kock het reeds in sy hoofgetuienis gesê,
soos reeds gemeld, dat
die appellant die oorledene “
een of
twee keer
” gesteek het. Ook in kruisverhoor namens die
appellant, en nog voordat hy met die posisie van die twee wonde
gekonfronteer
is, het De Kock getuig dat hy nie presies kon sien of
die appellant een of twee keer gesteek het nie. Sy verduideliking
was
dat hy geskrik geraak het.
Onder hierdie
omstandighede is De Kock se toegewings in kruisverhoor namens die
appellant dat hy nie gesien het wie die onderste
van die twee wonde
toedien nie en dat hy nie geweet het dat daar ‘n tweede wond
was nie, nie van veel belang nie.
Ek dink ook nie die
wonde is so vreeslik ver uitmekaar nie. Altwee is aan die voorkant
van die oorledene se ribbekas, die een
onder die derde rib en die
ander op die onderste rand van die ribbekas. Die skets aangeheg by
die lykskouingsverslag skep ook
nie die indruk van ‘n
noemenswaardige afstand tussen hierdie twee wonde nie.
Die appellant se eie
getuienis moet ook nie uit die oog verloor word nie. Eers in
kruisverhoor kom hy vorendag met die bewering
dat die rede hoekom hy
nie by die ander sou gewees het toe hulle die oorledene teëgekom
het nie, was omdat ‘n meisie
met hom wou praat. Dit het hy
nooit in sy pleitverduideliking gemeld nie, en ook nie in sy
getuienis in hoof nie. Dit is ook
nooit gestel aan enige getuie of
aan sy medebeskuldigdes Geldenhuys en Cecil Brown toe hulle getuig
het nie. Dit was duidelik
‘n leuenagtige poging om homself op
die relevante tyd van die toneel van die roof te distansieer.
Op die appellant se
eie getuienis staan hy toe doodgerus en rook ‘n sigaret, daar
by sy makkers en by die man wat pas van
sy sigarette beroof is. Hy
beweer hy het nie geweet dat dit een van die geroofde sigarette was
wat vir hom gegee is nie, maar
skroom nie om te erken dat hy hom in
elk geval sou aanvaar het al het hy geweet dat dit die geval was
nie. Volgens hom deel
hulle alles.
Dit is geyk dat daar
nie ligtelik ingemeng word met die geloofwaardigheidsbevindinge van
‘n verhoorhof nie en hier is ek
van oordeel dat daar geen
basis vir inmenging bestaan nie.
Wat
oorbly om te oorweeg is of, op De Kock se getuienis, die roof
gepaard gegaan het met verswarende omstandighede. Hierdie begrip

word in artikel 1 van die Strafproseswet
1
gedefinieer as:

(i) die
hanteer van ‘n vuurwapen of ‘n ander gevaarlike wapen;
(ii) die toediening
van ‘n ernstige liggaamlike besering; of
(iii) ‘n
dreigement om ‘n ernstige liggaamlike besering toe te dien,
deur die oortreder
of ‘n medepligtige
by die geleentheid waarby die
misdryf gepleeg word
, hetsy voor of gedurende of na die
pleging van die misdryf
”.
Op De Kock se
getuienis was daar geen sprake hiervan voor of tydens die roof nie.
Die oorledene is bloot hou vas terwyl hy deursoek
en sy sigarette
gevat is. Eers toe die roof afgeloop was en die aanvallers besig
was om van die oorledene weg te beweeg, het
die oorledene hulle
gevloek en toe het die appellant en Geldenhuys teruggedraai en het
die appellant ‘n mes uit sy sak
gehaal. Dit is toe wat die
oorledene die steekwonde toegedien is.
Die
vraag na die bestaan van verswarende omstandighede is ‘n
feitevraag. In
Isaacs
and Another v S
2
is verskil van die houding uitgespreek deur Du Toit en Andere in
Commentary
on the Criminal Procedure Act
op
DEF 2A dat daar geen bewyslas bestaan met betrekking tot die kwessie
van verswarende omstandighede nie, en is beslis dat die
bewyslas ook
ten aansien daarvan op die vervolging rus, en wel om dit bo redelike
twyfel aan te toon.
In
S
v Sebetlele
3
het die betrokke appellant, wat een van meerdere rowers was, eers
oor ‘n heining weggevlug van die toneel van die roof
af
voordat hy ‘n mes te voorskyn gebring het en gedreig het om
die slagoffer te beseer. Daar is bevind dat, onder meer
omdat die
slagoffer steeds deur een van die ander rowers houvas is toe daardie
appellant van die slagoffer weg beweeg het en
omdat die mes kort
daarna te voorskyn gebring is, die uithaal van die mes so nou
verbond was aan die roof self dat daar ‘n
voldoende
nexus
was om te bevind dat die mes uitgehaal is “
on
the occasion when the offence (was) committed
”.
Gevolglik is bevind dat dit in daardie geval verswarende
omstandighede daargestel het.
Ek is tevrede dat ook
in die onderhawige geval daar genoegsame
nexus
was. Dit is
duidelik dat dit byna onmiddellik na die roof was wat die mes te
voorskyn gebring is en die oorledene gesteek is.
Dit is te voorskyn
gebring en gebruik as ‘n indirekte gevolg van die roof, want
die oorledene se reaksie op die roof was
om die rowers te vloek en
dit is daardie reaksie wat gelei het tot die aanval met die mes.
Dit
is nie vir doeleindes vir die beoordeling van hierdie vraag relevant
of die uithaal van die mes nodig was om die roof te voltooi
of om
weg te kom nie
4
.
Na my oordeel was die
afneem van die sigarette, die vloek en die mesaanval alles deel van
een gebeurtenis, genoegsaam so dat gesê
kan word, soos artikel
1 van die Strafproseswet vereis, dat die mes gebruik is “
by
die geleentheid waarby die misdryf gepleeg
” is.
Ek meen dus dat die
appél behoort te misluk en maak die volgende bevel hierin:
Die appél
word afgewys en die appellant se skuldigbevindings aan roof met
verswarende omstandighede soos bedoel in artikel
1 van die
Strafproseswet, 51 van 1977, en aan moord word bekragtig.
_____________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek stem saam.
______________________
C C WILLIAMS
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms Appellant: Adv P J Cloete
Namens: Regshulpraad, KIMBERLEY
Nms Respondent: Adv R Makhaga
Namens: Direkteur van Openbare
Vervolgings, KIMBERLEY
1
51 van 1977
2
[2006] 2 All SA 163
(C); ook gerapporteer as
2007 (1) SACR 43
(C)
3
2012 JDR 1095 (GNP)
4
Vergelyk
R v
Jacobs
1961 (1) SA 475
(AD) o p484-485