Andries Tobias Wiese h/a Soland Boerdery v Droogfontein Vereniging vir Gemeenskaplike Eiedom (320/2013) [2013] ZANCHC 18 (24 June 2013)

62 Reportability

Brief Summary

Interdict — Spoliation — Applicant sought urgent interdict to prevent respondent from removing cattle from his possession pending final determination of the matter — Respondent failed to file opposing affidavit or substantiate claims against applicant's possession — Court found applicant demonstrated a clear right to possession and a well-founded fear of spoliation — Interdict granted to protect applicant's possession of cattle on respondent's property.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2013
>>
[2013] ZANCHC 18
|

|

Andries Tobias Wiese h/a Soland Boerdery v Droogfontein Vereniging vir Gemeenskaplike Eiedom (320/2013) [2013] ZANCHC 18 (24 June 2013)

Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN
DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Hoë Hof, Kimberley)
Saakno: / Case number:
320 / 2013
Datum verhoor: / Date
heard:
06 / 06 / 2013
Datum gelewer: / Date
delivered:
24 / 06 / 2013
In
die aansoek van:
ANDRIES
TOBIAS WIESE
h/a
SONLAND BOERDERY
..........................................
Applikant
en
DROOGFONTEIN
VERENIGING
VIR GEMEENSKAPLIKE
EIENDOM
............................
Respondent
Coram:
Erasmus,
WnR
UITSPRAAK
ERASMUS, WnR
[1] Die applikant het
op 27 Februarie 2013 ‘n dringende aansoek geloods vir ‘n
bevel dat die respondent verbied word
om enige van die applikant se
vee wat op die plaas Droogfontein verkeer, te verwyder of enigsins
met die beeste in te meng hangende
die finale beregting van die
aansoek. ‘n Tussentydse bevel is verleen en die respondent is
opgeroep om op 12 April 2013 redes
aan te voer waarom die bevel nie
bekragtig moet word en die respondent nie gelas moet word om die
kostes van die aansoek te betaal
nie.
[2] Op 11 April 2013
het die respondent se prokureurs in hierdie aansoek ‘n
kennisgewing in terme van artikel 35(12) van die
Eenvormige Hofreëls
(‘die reëls’) geliasseer. Hierin is gevra dat die
applikant die skriftelike huurooreenkoms
en verskeie ander
ooreenkomste waarna verwys is in paragrawe 7.1 en 10.4 van die
applikant se funderende eedsverklaring, asook
die skriftelike opsie
om die skriftelike huurooreenkoms te verleng, beskikbaar stel vir
inspeksie en om die respondent toe te laat
om ‘n afskrif
daarvan te maak.
[3] Die applikant het
op 12 April 2013 ‘n kennisgewing in terme van reël
30(2)(b) van die reëls geliasseer op grond
daarvan dat die
respondent se reël 35(12) kennisgewing ‘n ‘n
onreëlmatigheid daar sou stel. Die stap is gebaseer
daarop dat
reël 35(12) ingevolge die bepalings van reël 35(13) slegs
op aansoeke van toepassing is vir sover as wat die
hof dit gemagtig
het en geen sodanige magtiging deur die hof verleen is nie.
[4] Die bevel
nisi
is op 12 April 2013, by ooreenkoms tussen die partye, verleng tot 06
Junie 2013. Die koste van die verrigtinge van 12 April 2013
het
oorgestaan vir latere beregting.
[5]
Die respondent het nie kennis gegee van sy voorneme om die
aansoek te opponeer nie en het ook nie ‘n opponerende
eedsverklaring
geliasseer nie. Die voorsitter van die respondent het
egter op 11 April 2013, saam met die kennisgewing in terme van reël
35(12), ‘n eedsverklaring geliasseer waarin aangevoer word dat
aansoek gedoen sal word om uitstel van die aansoek, hangende

voldoening aan die reël 35(12) kennisgewing.
[6] Op 29 Mei 2013,
ongeveer ‘n week voor die aansoek aangehoor sou word en ses
weke na die vorige verskyning, het die respondent
‘n
kennisgewing in terme van reël 30A geliasseer. Meneer De
Villiers, namens die respondent, het egter tydens die aanhoor
van die
aansoek toegegee dat hierdie kennisgewing fataal gebrekkig is. Ek
stem saam met hierdie toegewing en ag dit gevolglik nie
nodig om
verder hiermee te handel nie.
[7] Op 30 Mei 2013 het
die applikant ‘n aansoek op die respondent se prokureur beteken
vir die tersydestelling van die respondent
se kennisgewing in terme
van reël 35(12), as ‘n onreëlmatige stap, soos bedoel
in reël 30(1). Die applikant
het ook aansoek gedoen vir
kondonasie laat aflewering van hierdie aansoek en verlenging van die
tydperk, voorgeskryf in reël
30(2)(c), tot 31 Mei 2013. Die
respondent het nie hierdie aansoeke geopponeer nie.
[8]
Meneer Danzfuss, namens die applikant, het egter tydens die aanhoor
van die aansoek daarop gewys dat daar teenstrydige gesag
is met
betrekking tot die vraag of dit nodig is om eers die hof te nader in
aansoekverrigtinge, waar blootlegging in terme van
reël 35(12)
van die reëls gevra word. Hy het aangevoer dat, in die
omstandighede van hierdie saak en in die lig daarvan
dat die
respondent nie steun op die kennisgewing in terme van reël 30A
nie, dit nie vir my nodig is om te beslis of die reël
35(12)
kennisgewing ‘n onreëlmatige stap daarstel nie.
In
die lig hiervan ag ek dit dus ook nie nodig om te handel met die
kennisgewing in terme van reël 30(2)(b) van die reëls
en
die aansoek
vir kondonasie vir die laat
aflewering van hierdie aansoek en verlenging van die tydperk,
voorgeskryf in reël 30(2)(c) nie.
[9] Wat voor my dien is
slegs respondent se kennisgewing in terme van reël 35(12) waarin
blootlegging van sekere ooreenkomste
gevra word. Daar is nie daaraan
voldoen nie, maar daar is geen verdere regsgeldige stappe geneem om
nakoming daarvan te verseker
nie.
[10] Die doel van die
applikant se aansoek is om die respondent te verbied om die applikant
te spolieer.
[10.1]
‘n Applikant is geregtig om die hof te nader vir ‘n
interdik om ‘n ander te verbied om hom te spolieer.
Horn WR som
die posisie soos volg op in
Aussenkehr
Farms (Pty) Ltv v Walvis Bay Municipality
1
:

In
my opinion, it must be so that the applicant does not have to prove a
right to occupy, such as he would have to if he were seeking
a
declaratory order. The only
ius
possidendi
he
has to prove is a right not to be unlawfully deprived of his
possession. This, together with proof of the other necessary elements

for a final interdict, entitles him to an interdict. It would be
a strange result if applicant could not obtain an interdict

prohibiting respondent from despoiling him, but then as soon as
respondent despoiled him, he could obtain a spoliation order and
have
his possession restored. What then if the respondent again threatened
his possession? The thing could continue
ad
infinitum
as
a sort of a game of legal ping-pong and, in my view, the result
of holding that the right which the applicant has to show
in this
case is any more than a right not to be despoiled would result in
respondent being given a licence to evict applicant.
If respondent
wants such an order, it must apply for it just as, for instance,
owners of property must apply for orders to evict
squatters.”
[10.2]
Die vereistes vir ‘n finale interdik, soos neergelê in
Setlogelo
v Setlogelo
2
is dat die applikant op
‘n oorwig van waarskynlikheid moet aantoon dat hy oor ‘n
duidelike reg beskik, daar

n
inbreukmaking op
sodanige reg was of dat hy ‘n grondige vrees het dat op
sodanige reg inbreuk gemaak sal word en verder, dat
daar geen ander
bevredigende remedie in die omstandighede bestaan nie.
[10.3]
In
Yeko
v Qana
3
is
beslis dat, indien ‘n applikant in besit was, ongeag of die
besit regmatig is en hy word onregmatiglik van sy besit ontneem,
is
hy geregtig om beskerm te word teen die besitsontneming.
[11]
Meneer Danzfuss het betoog dat die applikant se reg op besit en die
plaas te okkupeer nie relevant is vir doeleindes van hierdie
aansoek
nie. Hy het in hierdie verband verwys na die saak van
Aussenkehr
Farms (Pty) Ltv v Walvis Bay Municipality
4
.
Die duidelike reg (‘clear right’) van die applikant is
die besit van die saak en blote besit is voldoende om ’n

duidelike reg daar te stel.
[12]
Die respondent het tot en met die aanhoor van die aansoek nie ‘n
opponerende eedsverklaring geliasseer nie en nie geantwoord
op die
applikant se bewerings nie. Daar is slegs die verklaring van die
voorsitter van die respondent, wat voorgee afgelê te
gewees het ter ondersteuning van die artikel 35(12) kennisgewing.
Daarin
word aangevoer dat die hoofaansoek opponeer sal word op die
basis dat die applikant nie ‘n duidelike reg aangetoon het nie

en nie die vereistes vir ‘n finale interdik bevredig het nie.
Daar word aangevoer dat die aansoek op hierdie basis alleen
van die
hand gewys behoort te word.
[13] Die respondent het
ook tot hierdie verklaring twee kontrakte aangeheg, aanhangsels ‘B’
en ‘D’. Ek ag
dit nie nodig om vir doeleindes van hierdie
uitspraak te handel met die inhoud van hierdie kontrakte nie, behalwe
insoverre dat
dit daaruit blyk dat die applikant ‘n party tot
die ooreenkomste is en dat hy wel uit hoofde daarvan beeste aanhou op
die
plaas van die respondent.
[14]
Meneer De Villiers het, met verwysing na
Plascon-Evans
Paint Ltd v Van Riebeeck Paints (Pty) Ltd
5
,
betoog dat ‘n finale interdik slegs toegestaan behoort te word
as die feite, soos aangevoer deur die respondent, tesame
met die
feite van die applikant wat erken word, dit regverdig. Hy het betoog
dat die applikant se versuim om die skriftelike huuroonkoms
te pleit
en bewys noodlottig is vir die applikant se saak, aangesien die
applikant nie bewys het dat hy ‘n duidelike reg
het nie.
[15] Die volgende feite
blyk uit die applikant se funderende eedsverklaring en die
ooreenkomste wat die respondent aangeheg het
tot voorsitter se
verklaring en word nie deur die respondent betwis nie:
[15.1] Die applikant
bedryf boerdery aktiwiteite en hou beeste aan op die eiendomme van
die respondent, bekend as die plaas Droogfontein.
Die applikant is in
besit van en okkupeer gemelde plaas deurdat sy beeste op die plaas
loop sedert einde 2008/begin 2009.
[15.2] Die respondent
het aksie ingestel teen die applikant in hierdie hof onder saaknommer
1267/2012. Daarin vra die respondent
vir ‘n bevel dat die
applikant gelas word om binne een maand sekere kampe van die plaas
Droogfontein te ontruim, tesame met
sy beeste. Die respondent vra
verder dat, by versuim om gevolg te gee aan die bevel, die balju
gemagtig en gelas word om die applikant
tesame met sy besittings te
verwyder en uit te sit van die plaas. Verder eis die respondent
betaling van die bedrag van R6 255 000.00
en koste vanaf
die applikant.
[15.3] Die applikant
verdedig bovermelde aksie. Die respondent het ook daarin ‘n
tussentydse aansoek geloods, welke aansoek
op 8 Februarie 2013 by
ooreenkoms van die rol verwyder is, hangende die afhandeling van
skikkingsonderhandelinge in die aksie.
[15.4] Die applikant se
aanspraak op sy reg in die aksie is gebaseer op skriftelike kontrakte
wat insluit ‘n huurkontrak en
‘n verskeidenheid ander
kontrakte. Sy reg om die plase te okkupeer en/of besit vorm die basis
van die dispuut in die aksie.
[15.5] Die applikant is
die eienaar van ongeveer 500 stoetbeeste wat loop op die plaas van
die respondent. Die waarde van die beeste
is ongeveer R6 miljoen.
[15.6]
Op Vrydag 22 Februarie 2013, om ongeveer 12:00, het die voorsitter
van die respondent en twee lede van die komitee van die
respondent ‘n
skrywe
6
aan
die applikant oorhandig. In hierdie skrywe word die applikant sewe
dae gegun om sy beeste van die respondent se plaas te verwyder.
Die
skrywe bepaal verder dat, indien die applikant sou versuim om op 28
Februarie 2013 om 16:00 die beeste te verwyder, die respondent
die
beeste namens die applikant sou verwyder. Die applikant word verder
meegedeel dat die respondent geen aanspreeklikheid vir
enige skade
en/of verliese sal aanvaar indien die applikant sou versuim om by die
keerdatum te hou.
[15.7] Die applikant
het nie ‘n ander heenkome vir sy vee nie. Die respondent sal
nie in staat wees om skadevergoeding tot
die bedrag van die waarde
van die vee te betaal nie.
[16] Ek is tevrede dat
die applikant aangetoon het dat hy in daadwerklike en ongestoorde
besit van die plaas was en dat sy vee het
daarop geloop. Die besit
stel ‘n duidelike reg daar. Daar is hangende litigasie tussen
die partye wat daarop gemik is om
die applikant se reg om te besit te
bepaal. Die applikant se reg op besit is vir doeleindes van hierdie
aansoek nie ter sake nie.
[17]
Die skrywe van die respondent wat op 22 Februarie 2013 aan die
applikant oorhandig is stel ‘n dreigement daar om hom
van sy
besit te ontneem en is ‘n dreigement om hom te spolieer. Ek
bevind dat die applikant aangetoon het dat hy oor ‘n
grondige
vrees beskik dat op sy reg inbreuk gemaak sal word
.
[18] Die applikant het
geen ander heenkome vir sy vee nie sal onherstelbare skade ly as die
interdik nie verleen word nie. Ek bevind
dat die applikant aangetoon
het dat hy oor geen alternatiewe remedie beskik nie.
[19] Die applikant het
dus voldoen aan die vereistes vir die aangevraagde regshulp.
[20]
Geen
argumente is aan my voorgehou waarom die onsuksesvolle party nie
gelas moet word om die koste van die suksesvolle party te
betaal nie.
Dit geld ook vir die koste wat gepaard gegaan het met die uitstel van
die aansoek op 12 April 2013.
Ek maak die volgende
bevel:
1
Die bevel
nisi
word
bekragtig.
2 Die respondent
word gelas om die koste van die applikant te betaal, welke koste sal
insluit die koste van 12 April 2013.
_________________
SL ERASMUS
WAARNEMENDE REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Vir
die Applikant:
Adv. A Danzfuss
In
opdrag van Engelsman Magabane Ing, Kimberley
Vir
die Respondent:
Adv. De Villiers
In
opdrag van Booysen-Macleod Prokureurs Kimberley
1
1996(1)
SA 180 (K) op 189D-F
2
1914
AD 221
; Sien ook
Sanachem (Pty) Ltd v Farmers
Agri-care (Pty) Ltd and Others 1995 (2) SA 781 (A) te
788 J – 790 C
3
1973
(4) SA 735 (A)
op 739E-H; Sien ook
Bon
Quelle (Edms) Bpk v Munisipaliteit van Otavi 1989(1) SA 508 (A)
4
Supra
op 189B-D
5
1984(3)
SA 623 (A) op 624D-E
6
Aanhangsel
‘A’ tot die funderende eedsverklaring en bl 19 van die
gepagineerde stukke